Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)




Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2022 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 10 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 227.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
• Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien
nie, tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute
moet wel aangetoon word.)
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit
korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele reeks,
word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die
vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
• Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1 Dinosourusse en mammoete √ 1
1.2 Dit was ongeveer dieselfde tyd toe die piramide van Giza gebou is /
In terme van die bestaan van die aarde is 4 000 jaar min. √ 1
1.3 As selle van ʼn mammoet gekweek word, verwag ʼn mens dat dit uit ʼn
groot dier sou kom, maar ʼn muis is ʼn klein dier. √ 1
Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie aanbied vir EEN punt.
1.4 Die sin skep die indruk dat dit ʼn realiteit kan wees om mammoete te sien,
terwyl prof. Shapiro glo dis vergesog / sy dink dis onwaarskynlik. √ 1
1.5.1 Hulle sal nie hul pogings om mammoete te laat herlewe, kan deurvoer
nie. √ 1
1.5.2 Sy is ʼn professor (in ewolusionêre biologie) / is ʼn kenner /
het reeds ʼn boek oor dié onderwerp geskryf. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN van bogenoemde antwoorde vir EEN punt
aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
1.6.1 Sy wil nie ʼn presiese mening lug nie / sy twyfel oor die vraag: of ons
mammoete moet laat herlewe. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.6.2 Dit betrek die leser /
Dit laat die leser nadink oor die vraag /
Dit dui op die spreker se skeptisisme. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE van bogenoemde antwoorde vir EEN punt
elk aan.
1.7 Die eindproduk lyk soos ʼn mammoet, maar is nie werklik ʼn mammoet nie /
Die mammoet sal eerder soos ʼn olifant optree. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.8 Om hulle moontlik te sien √
om hulle te bestudeer √
om met hulle te boer √
om geld uit hulle te maak. √ 4
1.9 Ja, dis ʼn goeie idee.
Mense raak so lief vir diere dat hulle hul troeteldier kan ‘vervang’.
OF
Nee, dis ʼn slegte idee
Die koste is te hoog / Daar is te veel etiese kwessies rondom kloning. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.10 Ja
Daar word bewys dat die bison vandag soveel kleiner is.
OF
Nee
Die manipulasie met die bison was onwillekeurig / dus nie opsetlik
beplan soos vandag se mammoete nie. √ 1
1.11 Mening – Daar word genoem dat hulle ‘waarskynlik’ aurogs gevang het. √ 1
1.12.1 Die Amerikaanse regulatoriese owerhede het addisionele genetiese
materiaal gevind /
Daar was ander (ongenoemde) tegniese bekommernisse /
Daar was negatiewe sensasie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE van bogenoemde antwoorde vir EEN punt
elk aan.
1.12.2 uitdagings / bekommernisse / stopgesit √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.13.1 Boere wat met beeste boer, sal benadeel word wanneer beesvelle nie 1
meer nodig vir leer is nie. √
1.13.2 Vegetariese burgers proe al soos die “gewone”. √
Leer word vervaardig sonder om ʼn bees te slag. √ 2
1.14 Dit is moontlik, want genetiese manipulasie is ʼn realiteit.
OF
Dis nie moontlik nie, want volgens prof. Shapiro is pogings om
mammoete te laat herlewe, vergesog / tans nog onmoontlik. √ 1
1.15 Nee, sy oë is toe / hy toon geen reaksie / die hond slaap. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN van bogenoemde antwoorde vir EEN punt
aan.
1.16 Die vraagteken bokant haar kop /
haar wenkbroue /
haar oë wat groot is /
Sy hou op vee. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE van bogenoemde antwoorde vir EEN
punt elk aan.
1.17 Dié man moet tog nie gekloon word nie /
Hy hou glad nie van die persoon nie. √ 1
1.18 Indien iemand gekloon word van wie die boer nie hou nie, voel hy nie dat
die wêreld ʼn beter plek gemaak word nie. √ 1
1.19 In TEKS A word slegs verwys na die manipulering van die menslike
genoom (en sekere eienskappe van die mens);
in TEKS B word na die volledige kloning van mense / soogdiere verwys. √ 1
Die kandidaat moet beide kante aanbied vir EEN punt.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
AFDELING B:
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
• Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante
feite in die teks wat met die vraag ooreenstem.
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn
opskrif/titel te voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
word die eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 wenke (1 punt vir elke wenk)
o 3 punte vir taal
o Totaal: 10
• Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks
aangehaal het nie:
o 1–3 wenke korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 wenke korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 wenke korrek: ken 3 punte toe
• Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal
het:
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
o 4–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
o 2–3 direkte aanhalings: ken 2 punte vir taal toe
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
Moontlike antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM
aangebied word.
Praat met ʼn sielkundige oor jou probleme. Luister na musiek. Volg ʼn Mediter-
reense dieet. Vermy alkohol en dwelms. Kry genoeg slaap in. Sorg dat jy nie ʼn
vinnige lewenstempo handhaaf nie. Hou jou besig met positiewe denke.
[Getal woorde: 37]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AANHALINGS UIT DIE TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
• “…om met ʼn kenner soos ʼn Praat met ʼn sielkundige oor jou
sielkundige oor angs en depressie te probleme.
praat.”
• “Dit is ook aan te beveel om na Luister na musiek.
musiek te luister, …”
• “Dit is goed om ʼn Mediterreense dieet Volg ʼn Mediterreense dieet.
… te volg …”
• “… en alkohol en dwelms te vermy.” Vermy alkohol en dwelms.
• “… die toestand vererger word indien Kry genoeg slaap.
ʼn mens nie genoeg slaap inkry
nie, …”
• “ʼn Baie vinnige lewenstempo kan ook Sorg dat jy nie ʼn vinnige lewens-
net help om die situasie te vererger.” tempo handhaaf nie.
• “Positiewe denke is ʼn wonderlike Gebruik positiewe denke om Covid-
teenmiddel om Covid-brein teen te brein teen te werk.
staan, …”
(Getal woorde: 37)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek
nie, tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling
die aspek is wat geassesseer word.
o Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
soos in die instruksie aangedui.
• By meervoudige keusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die
antwoord wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3
Vraag Antwoord Punt
3.1 Die drankie is ʼn vinnige, maklike en smaaklike drankie. √ 1
3.2.1 Dit trek die leser se aandag /
Dit laat die leser op die advertensie fokus /
Dit laat die leser wonder waaroor die advertensie handel /
Die leser sien die advertensie dadelik raak. √ 1
3.2.2 Ja.
Dit ondersteun die drankie wat vinnig, maklik en smaaklik is om te
geniet /
Dit staan uit tussen die ander teks /
Dit is ʼn ander lettertipe as die ander. √
OF
Nee.
Die woorde staan teen ʼn ander agtergrond wat dit onnodig maak om nog
ʼn keer uit te hef. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortegelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.3 Deur die gebruik van die woord “ons” /
Die woord “ons” dui op gemeensaamheid. √ 1
3.4 Dis om aan te sluit by die woorde “tussenin-oomblikke” /
Dis om die leser te manipuleer / oorreed om wel die drankie te probeer
in jou besige lewe se tussenin-oomblikke. /
Dis om die leser te oortuig / oorreed. √ 1
3.5 Die meisie hou die drankie op die voorgrond – asof sy wil sê: “Hier, vat” /
Die meisie hou die drankie op só ʼn manier dat die naam duidelik wys. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.6 Dit beklemtoon dat ʼn mens slegs Super M benodig /
Die adverteerder gebruik ʼn uitroepteken om te beklemtoon dat Super M al
is wat jy benodig /
Deur vetgedrukte woorde te gebruik. √ 1
3.7.1 In die namiddag kan ʼn mens maklik ʼn tekort aan energie / lus vir verdere
take hê en dit is dan wanneer Super M tot die redding kom. √ 1
3.7.2 opkikker / opkikkering / hulp / bate / verbetering / voordeel / groei /
bonus √ 1
3.8 nm. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
Vraag Antwoord Punt
4.1 Dit is die troetelnaam vir die ma /
Dit dui op liefde vir die ma /
Emotiewe taal dui liefde aan. √ 1
4.2 In raampie 1 vind hy die sêgoed humoristies / gee ʼn normale / matige
laggie;
in raampie 3 oordryf hy / is sy lag hewiger / lag hy harder / gee hy sy
afkeur / misnoeë (oor sy pa se voorstel) te kenne. √ 1
Die kandidaat moet BEIDE kante aanbied vir EEN punt.
4.3 C – sarkasties √ 1
4.4 Hulle is lui om skottelgoed te was. √ 1
4.5 Die ander bestanddele word nie genoem nie omdat dit so baie is /
Die kelnerin word onderbreek deur Jeremy wat antwoord.√ 1
4.6 Sy is geskok / verbaas / oor Jeremy se eetvermoë / teleurgesteld in /
skepties oor sy arrogansie om nog van haar kos ook te vra.√ 1
4.7 ʼn Mens sou verwag dat iemand wat reeds so baie geëet het, nie nog wil
hê nie /
ʼn mens verwag dat iemand wat baie geëet het, nie sal bedel by iemand
wat min geëet het nie. √
Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie aanbied vir EEN punt. 1
4.8 daarvan √ 1
4.9 oordrywing: Daar word oordryf met die grootte van die burger / hóé baie
Jeremy eet / hoe min die meisie eet. √
stereotipering: Seuns eet baie. / Meisies eet min. √ 2
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
Vraag Antwoord Punt
5.1.1 Hy neem ʼn dreigende houding in. /
Hy stap dreigend verby die persoon wat hom kwaad maak. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke voorbeelde aan.
5.1.2 byvoeglike naamwoord (dreigende houding) /
bywoord (stap dreigend) √ 1
5.2 lewensbelangrik √ 1
5.3 As ons hulle nie bewaar nie, kan hulle uitsterf. √
Die komma skei twee gesegdes. √ 2
5.4 Een dag – nie twee nie – is nodig om die werk te voltooi.√ 1
5.5 Ja
Die leser se aandag word gevestig op die klein hoeveelheid
swartrenosters wat nog bestaan.
OF
Nee
Die getal is reeds beklemtoon deur die grootte van die syfers. √ 1
5.6 D – samestellende afleiding √ 1
5.7 menslike √ 1
5.8 Voed(t) – sel – ke – ting √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper