Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V1
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 14 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
Jurassic Park vir Robbeneiland
Dinosourusse en mammoete* – genetiese manipulasie ál
groter deel van ons lewe
1 Drie navorsingsgroepe werk tans aan ʼn plan om mammoete te laat herlewe.
2 Mammoete – daardie olifantagtige gediertes in Disney se Ice Age-fliekreeks –
het 4 000 jaar gelede uitgesterf. Dis nie te lank gelede nie; daar was nog
mammoete in Siberië toe die Egiptenare die groot piramide van Giza gebou
het! 5
3 Maar net miskien is ons generasie bevoorreg genoeg om weer mammoete in
lewende lywe te sien. Dit, ten minste, is wat die nuutste tegnologie beloof, en
wat drie navorsingspanne dryf. Elke span gebruik ʼn ander tegniek. Suid-
Koreaanse span is op soek na lewendige mammoetselle in die Siberiese
ontvriesde ys. ʼn Japannese span wil molekulêre biologie gebruik om 10
mammoetselle in muise te kweek en die Amerikaners wil deur kloning Asiese
olifante transformeer in mammoete.
4 Maar volgens Beth Shapiro, professor in ewolusionêre biologie in Kalifornië en
skrywer van Life as We Made It, is al drie pogings redelik vergesog*. Al hierdie
spanne het ʼn verkeerde perd opgesaal. Dis baie onwaarskynlik, verduidelik sy, 15
dat lewendige selle in die Siberiese ys sou voortleef. En Asiatiese olifante en
mammoete se DNS het byna 1 miljoen verskille. Dit gaan bitter lank vat om
van Asiatiese olifant-DNS na mammoet-DNS in ʼn lewendige sel te beweeg.
5 Kom ons aanvaar dis tegnies moontlik. Die vraag is: Moet ons? Shapiro is
versigtig. Sy skryf: “Terwyl wetenskaplikes eendag ʼn olifantgenoom kan 20
verander in ʼn mammoetgenoom, en dan daardie sel kloon met olifantma om ʼn
dier te kry wat soos ʼn mammoet lyk, is dit werklik ʼn mammoet?”
6 Ons almal weet dat ʼn identiese tweeling dieselfde lyk, maar as die een in ʼn
ander omgewing grootword, is hulle werklik dieselfde? “Sal die baba-
mammoet, blootgestel aan olifantkos en -gedrag, soos ʼn mammoet of soos ʼn 25
olifant optree?”
7 ʼn Meer filosofiese vraag is seker: Hoekom wil ons mammoete – of enige ander
uitgestorwe dier – terugbring? Is dit net om hulle weer te sien? Is dit om hulle
te bestudeer? Of om met hulle te boer? Of dalk om geld uit hulle te maak? In
Asië kan jy reeds jou troeteldier kloon teen ʼn geniepsige $100 000, natuurlik. 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
8 Genetiese manipulasie hou geweldige moontlikhede vir die toekoms in, vir
mens en dier. Haar eie navorsing, oor die bison van Amerika, wys hoe die
mens oor duisende jare reeds die genetika van hierdie diere onwillekeurig
gemanipuleer het: die bison is vandag baie kleiner as voorheen. Daar is
natuurlik baie ander voorbeelde in die diereryk, byvoorbeeld beeste wat 10 500 35
jaar gelede selektief geteel is vanaf aurogs. Soos mense al hoe meer op een
plek begin bly het, het hulle waarskynlik wilde aurogs gevang en dan net die
mins aggressiewe bulle gekies om mee te teel. Oor honderde generasies het
nuwe spesies ontstaan.
9 Wat nuut is, is die spoed waarteen ons vandag nuwe spesies kan skep. 40
Tegnologie soos CRISPR – ontwikkel deur Jennifer Doudna en Emmanuelle
Charpentier in 2012 – laat wetenskaplikes toe om binne een generasie ʼn dier
se eienskappe te selekteer. Shapiro beskryf so ʼn eksperiment – die poging
van die biotegnologiemaatskappy, Recombinetics, om horinglose holstein-
bees te ontwikkel. In 2015 is Buri en Spotigy gebore uit embrio’s wat 45
gemanipuleer is. Albei het nie horings gehad nie. Sukses!
10 Maar daar was ook uitdagings. Een was dat die Amerikaanse regulatoriese*
owerhede addisionele genetiese materiaal gevind het. Daar was ook ander
tegniese bekommernisse, wat veral slegte en onregverdige sensasionele
persdekking in Amerika gekry het. Die hele eksperiment, ten spyte van die 50
sukses, is stopgesit.
11 ʼn Mens kan produkte met ʼn swaar las op die omgewing vervang. Die
maatskappy, Impossible Foods, is besig om vegetariese burgers met laer
vetinhoud te maak wat soos die ware Jakob proe. Hul geheime bestanddeel?
Plantbloed vervaardig deur geneties-gemanipuleerde gis. Gis is ʼn wonder- 55
middel. Die maatskappy, Bolt Threds, manipuleer gis vir tekstielware. Die
maatskappy, Modern Meadow, manipuleer gis om leer te vervaardig. Let wel,
dit is nie kunsmatige leer nie, dis ware leer, behalwe dat mens nie dier
daarvoor hoef te slag nie. Soos die koste van manipulasie en vervaardiging
daal, gaan die ekonomiese moontlikhede toeneem. Boere sal moet wakker 60
slaap.
12 Die volgende stap is die manipulasie van die menslike genoom. Hoewel die
meeste van ons manipulasie van plante en diere aanvaar, is ons minder
opgewonde oor die selektering van spesifieke eienskappe in babas. Ek weet
nie of ek my kind se karaktereienskappe op ʼn spyskaart wil kan uitkies nie. 65
13 Daar is geen twyfel dat genetiese manipulasie deel van ons toekoms sal wees
nie. Daar is groot mediese, regulatoriese en etiese kwessies wat uitgeklaar
sal moet word.
14 Maar daar is ook die moontlikheid, soos Shapiro verduidelik, om die wêreld ʼn
beter plek te maak. Jurassic Park op Robbeneiland? Dalk nie so onwerklik 70
soos dit klink nie.
*mammoete – prehistoriese, behaarde olifantsoort
*regulatoriese – wat bepaal of voorskrifte nagekom word
*vergesog – wat nie in noue verband met die onderwerp staan nie
[Verwerk uit Rapport, 9 Januarie 2022]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
TEKS B: VISUELE TEKS
7 Maart 1997, sowat ʼn jaar ná Dolly, ʼn Skotse skaap, die eerste soogdier is wat suksesvol
van ʼn volwasse sel gekloon is, bespiegel wetenskaplikes en genetici oor die
lewensvatbaarheid van mense kloon.
[Uit Landbouweekblad, 1 Mei 2019]
VRAE: TEKS A
1.1 Haal DRIE opeenvolgende woorde uit die subopskrif aan wat by die
hoofopskrif aansluit. (1)
1.2 Waarom beskou die skrywer 4 000 jaar gelede nie as lank gelede nie? (1)
1.3 Waarom word die poging van die Japannese span om mammoete te laat
herleef as ironies beskou? (1)
1.4 Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 3 en die volledige paragraaf 4.
Hoe weerspreek die onderstreepte sin in paragraaf 3 Beth Shapiro se
sienings? (1)
1.5 Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 4.
1.5.1 Verduidelik die betekenis van die uitdrukking binne die konteks
waarin dit hiér gebruik word. (1)
1.5.2 Sê waarom Beth Shapiro se mening oor die mense se pogings om
mammoete te probeer ‘skep’ as geloofwaardig beskou kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.6 Herlees paragraaf 5.
1.6.1 Wat word geïmpliseer met die woorde: ‘Shapiro is versigtig’? (1)
1.6.2 Gee TWEE redes waarom ʼn retoriese vraag gebruik word om
paragraaf 5 af te sluit. (2)
1.7 Sê in EEN volsin wat die kritiek is op die skepping van ʼn mammoet. (1)
1.8 Noem VIER redes waarom mense moontlik die mammoet wil laat herleef. (4)
1.9 Verduidelik waarom die kloning van ʼn troeteldier, volgens jou, as ʼn goeie of
slegte idee beskou kan word. (1)
1.10 Herlees paragraaf 8.
Stem jy saam met prof. Shapiro se stelling oor die bison as gemanipuleerde
dier? (1)
1.11 Is die voorlaaste sin in paragraaf 8 ʼn feit of ʼn mening? Motiveer jou antwoord.
1.12 Herlees paragraaf 10. (1)
1.12.1 Gee TWEE redes waarom die pogings om ʼn horinglose bees te
ontwikkel gestaak is, hoewel dit suksesvol aangepak is. (2)
1.12.2 Skryf ʼn woord uit paragraaf 10 neer wat ʼn direkte teenstelling van
die laaste woord in paragraaf 9 is. (1)
1.13 Herlees paragraaf 11.
1.13.1 Bespreek waarom die manipulasie van gis vir tekstielware nie nét
voordeel vir die mensdom inhou nie. (1)
1.13.2 Noem TWEE voordele wat die manipulasie van gis vir die mens
inhou. (2)
1.14 Evalueer die moontlikheid om werklik van Robbeneiland ʼn Jurassic Park te
maak, na aanleiding van die inhoud van TEKS A. (1)
VRAE: TEKS B
1.15 Dink jy die hond is geïnteresseerd in die man se woorde? Motiveer. (1)
1.16 Gee TWEE visuele bewyse dat die vrou verward is ná sy haar man se
woorde gehoor het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
VRAAG: TEKS A en TEKS B
1.17 Wat impliseer die man met die koerant met sy woorde rakende die man wat
herhaaldelik in sy gedagtes voorkom? (1)
1.18 Waarom kan ʼn mens sê dat die boer se reaksie in TEKS B ʼn kontras vorm,
met die onderstreepte sinsdeel in die laaste paragraaf van TEKS A? (1)
1.19 Bespreek hoe die verwysing na genetiese manipulasie in TEKS A,
paragraaf 12, verskil van die genetiese manipulasie in die sin direk onder
die spotprent (TEKS B). (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE wenke om ‘Covid-brein’
teen te werk.
LET WEL:
1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
COVID-BREIN
Covid-brein is ʼn skrikwekkende ervaring wat veroorsaak dat selfs jongmense dink
dat hulle Alzheimersiekte ná die virus het. Dit veroorsaak dat jy mense se name
vergeet, onbewus is wat jy vroeër gedoen het en take wil herhaal. Die ergste wat
kan gebeur, is dat jy ʼn neuroloog besoek om hom mee te deel dat jy Covid-19 gehad
het, maar dan vergeet jy hoekom jy daar is.
Aangesien hierdie ervaring nuut is, weet mense nie wat om te doen nie en volg
moontlik verkeerde raad. Die beste raad is om met ʼn kenner soos ʼn sielkundige oor
angs en depressie te praat. Dit bly ʼn vorm van terapie vir die siel as jy van jou laste
kan ontslae raak deur daaroor te praat. Soms voel jy ná so ʼn sessie of daar ʼn
massiewe las van jou skouers afgegooi is. Dit is ook aan te beveel om na musiek te
luister, want dit bring kalmte in jou gemoed en verbeter breingesondheid.
Dit is goed om ʼn Mediterreense dieet wat uit groente, vrugte, neute, bone, volgraan-
produkte, onversadigde vette en suiwelprodukte bestaan te volg en alkohol en
dwelms te vermy. Wat ʼn mens inneem, het tog ʼn groot impak op jou gemoed.
Kenners reken ook dat die toestand vererger word indien ʼn mens nie genoeg slaap
inkry nie, want dit is ʼn bewys dat ʼn brein wat genoeg rus kry, gouer herstel. Baie
volwassenes glo dat net groeiende kinders ag uur of meer per nag se slaap moet
inkry, maar dit is beslis nie ʼn reël slegs vir kinders nie.
ʼn Baie vinnige lewenstempo kan ook net meehelp om die situasie te vererger. ʼn
Lewenstempo wat te hoog is, plaas eenvoudig net te veel druk op jou as mens.
Positiewe denke is ʼn wonderlike teenmiddel om Covid-brein teen te staan, want
wanneer jy aan positiewe dinge dink, word jou gemoed onmiddellik gelig en dit kan
kort- en langtermynvoordele vir jou inhou.
Dis ʼn ongelooflik frustrerende gevoel as jy skielik iemand bekend se naam vergeet
het of maklike woorde wat jy wil uitspreek, nie kan onthou nie
[Verwerk uit rooirose, Januarie 2022]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
Super M
1 JOU GRYP-EN-
2 GENIET-DRANKIE
3 VIR DIE TUSSENIN
4 OOMBLIKKE
5 In ons besige lewens
6 kan jy nie elke
7 dingetjie beheer nie,
8 maar jy kan dit
9 geniet.
10 Al wat jy nodig het,
11 is M!
12 Het jy ʼn hupstoot in die namiddag nodig?
13 Super M sal jou dag maak!
14 Al wat jy
15 nodig het
[Verwerk uit Tuis, Febr./Maart 2021.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.1 Watter boodskap wil die adverteerder met reël 1 en 2 oordra? (1)
3.2 Verwys na die groter letters en lettertipes in reël 1 tot 4.
3.2.1 Hoe beïnvloed die groter letters in reël 1 tot 4 die leser? (1)
3.2.2 Sal jy die gebruik van dié tipe letters as funksioneel beskou?
Verduidelik jou antwoord kortliks. (1)
3.3 Hoe word die leser in reël 5 betrek? (1)
3.4 Waarom maak die adverteerder van die woorde ‘besige lewens’ in reël 5
gebruik? (1)
3.5 Hoe ondersteun die foto die boodskap van die advertensie? (1)
3.6 Watter oorredingstegniek gebruik die adverteerder in reël 10 en 11? (1)
3.7 3.7.1 Waarom is die gebruik van die woord hupstoot in reël 12 na jou
mening gepas? (1)
3.7.2 Verskaf ʼn sinoniem vir die woord hupstoot in reël 12. (1)
3.8 Gee die afkorting van die onderstreepte woord in reël 12. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
ZITS 1
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
… en toe sê Dit was pret om saam
Ons moet dit
Moederlief: “Ja, dit met jou skottelgoed te
meer gereeld
is so.” was, Jeremy.
doen.
ZITS 2
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 RAAMPIE 7
Hier het ek een … en droë
trippelhamburger blaarslaai met Kan ek
met ekstra kaas, suurlemoen. ʼn
sous, tjips… Seuns…
happie
van dit
Vir my kry?
[Verwerk uit https://www.comicskingdom.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
TEKS E
4.1 Waarom is die onderstreepte woord in RAAMPIE 1 na jou mening gepas? (1)
4.2 Wat is die rede waarom Jeremy se lag in RAAMPIE 3 anders uitgebeeld
word, as sy lag in RAAMPIE 1? (1)
4.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.3) en die letter
(A–D) neer.
In RAAMPIE 3 is Jeremy ...
A teleurgesteld.
B gefrustreerd.
C sarkasties.
D gelukkig. (1)
4.4 Watter stereotipering van seuns word in RAAMPIES 1–3 uitgebeeld? (1)
4.5 Wat is die funksie van die ellips in RAAMPIE 4 binne die konteks van die
strokie? (1)
4.6 Verklaar die rede vir die meisie se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 7. (1)
4.7 Verduidelik watter ironie is in Jeremy se woorde in RAAMPIE 7 opgesluit. (1)
4.8 Verskaf ʼn gepaste voornaamwoord in die plek van die onderstreepte woorde
in RAAMPIE 7. (1)
4.9 Dui ʼn vorm van oordrywing én stereotipering wat in RAAMPIES 4–7 voorkom,
afsonderlik aan. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
(5.1) BEDREIGDE DIERESPESIES
1 Diere is (5.2) belangrik in die werking van die natuur, maar baie van hulle
word bedreig. As ons hulle nie bewaar nie kan hulle (5.4) eendag uitsterf.
2 Plaaslike diere op die Rooi Lys:
Swartrenoster 3 142 ((5.5) Dís hoeveel volwassenes oor is.
Danksy ingryping neem die getalle toe, maar dit word steeds bedreig.)
3 Meer as 40 000 (5.6) dierespesies word deur uitsterwing bedreig.
4 Wat bedreig diere se bestaan?
Baie diere word onwettig gejag vir ornamente of om as medisyne gebruik te
word. Renosters se horings en ietermagô’s se huidskubbe word
byvoorbeeld gebruik as medisyne, want sommige kulture glo dit het magiese
genesings- eienskappe.
5 Ander (5.7) (mens) aktiwiteite wat diere se voortbestaan in gevaar stel, is die
vernietiging van hul habitatte. Hul habitatte word besoedel, verwoes deur
middel van ontbossing, aardverwarming en die bou van omgewings vir
mense om te bly.
6 Hoekom maak diere saak?
Wanneer diere uitsterf, beïnvloed dit ekostelsels. Die balans tussen die
spesies, en daarom ook die gehalte van die (5.8) voedselketting neem af.
[Verwerk uit Kuier, 3 Maart 2022]
VRAE: TEKS F
5.1 5.1.1 Gebruik die stam van die onderstreepte woord in die opskrif om ʼn
teenwoordige deelwoord te vorm. Gebruik nou hierdie teenwoordige
deelwoord in ʼn verklarende sin. (1)
5.1.2 Benoem watter woordsoort dit nou is. (1)
5.2 Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in paragraaf 1. (1)
5.3 Verbeter die leestekenfout in paragraaf 1 deur die sin korrek neer te skryf
en noem ook die funksie van die leesteken. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
5.4 Gebruik die donkergedrukte woord in paragraaf 1 as twee woorde in ʼn
verklarende sin. (1)
5.5 In paragraaf 2 word ʼn akuut gebruik ter wille van beklemtoning. (Dís)
sê of dit, volgens jou mening, nodig is om hierdie woord hier te beklemtoon. (1)
5.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.6) en die letter
neer.
In paragraaf 3 is die onderstreepte woord ʼn ...
A simpleks.
B afleiding.
C samestelling.
D samestellende afleiding. (1)
5.7 Maak gebruik van afleiding om die woord tussen hakies in die korrekte vorm
te verbuig. Skryf slegs die woord neer. (1)
5.8 Verdeel die onderstreepte woord in klankgrepe. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper