Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 


_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)


View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 296.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout
Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse)-foute Trek ʼn x bo-oor die verkeerde
x
woord
Regmerkie bo goeie taalgebruik,
Erkenning van taaljuweeltjies √
idees of uitdrukkings
ʃ (in die
Onduidelik/Onverstaanbaar Kronkelstreep
kantlyn)
Punktuasie O Omkring
Neem taalvariëteit in ag.
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S= K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplannings-
gedeelte te wees).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie
as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1 As ek toe geweet het wat ek nou weet, sou ek ...
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn
verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vanuit ʼn
agternaperspektief vertel. Die fokus sal wees op hoe die kandidaat anders
sou optree. Die fokus is op huidige kennis wat ʼn verandering in die verloop
van ʼn situasie sou hê indien hierdie inligting vroeër bekend was. Die optrede
na die verkryging van hierdie inligting kan positief of negatief wees. ʼn
Verskeidenheid interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die
gebeure kan ernstig, spannend of humoristies wees. [50]
1.2 Almal verdien om met respek behandel te word.
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/bespiegelende/
argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende opstel kan
die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin daar gebeure plaasgevind het waarin
hy/sy met respek behandel is/nie behandel is nie. In ʼn bespiegelende opstel
kan die kandidaat bespiegel of mense met respek behandel word al dan nie.
Daar kan uitgebrei word op die redes wat hiertoe aanleiding gee. In ʼn
argumenterende opstel kan die kandidaat argumente voorhou waarom mense
met respek behandel word/moet word al dan nie. In ʼn beredeneerde opstel
kan die kandidaat redeneer of daar respek verdien word al dan nie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.3 ʼn Gebrek aan kennis lei tot ʼn donker toekoms.
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/bespiegelende/
argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende/ beskrywende
opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin die gebrek aan kennis in
daardie situasie negatiewe gevolge gehad het. In ʼn bespiegelende opstel kan
die kandidaat bespiegel of die gebrek aan kennis werklik ʼn negatiewe impak
het of hoe dit ʼn mens kan beïnvloed. Boekkennis kan hier met vaardighede
vergelyk word. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumente
voorhou waarom kennis benodig word om ʼn positiewe toekoms te verseker.
Die kandidaat kan ook argumente voorhou oor watter negatiewe impak die
gebrek aan kennis op jou toekoms het. Die fokus kan op matriekleerders en hul
toekoms wees. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer of die
gebrek aan kennis op sekere terreine wel ʼn negatiewe impak op die toekoms
het al dan nie. [50]
1.4 Die liefde vergaan nooit nie.
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van ʼn situasie wees. Die
kandidaat kan ʼn spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of enige
ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar gefokus word op
die liefde wat ewigdurend is of altyd oorwin. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel of die liefde werklik ewigdurend is. In ʼn argumenterende
opstel kan redes voorgehou word waarom die liefde nie vergaan nie terwyl ʼn
beredeneerde opstel redeneer dat dit wel so is, maar dat daar uitsonderings
kan wees. Die kandidaat kan ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat die
liefde tog verganklik is. [50]
1.5 Op daardie oomblik was sy/hy die held.
Die kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Die fokus van die verhaal is op ʼn situasie waarin ʼn sentrale figuur tot
die redding van ʼn persoon of situasie gekom het en dus as die held beskou
word. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die persoon
werklik as die held in die situasie beskou kan word. In ʼn argumenterende opstel
kan die kandidaat argumente voorhou waarom die persoon as die held beskou
kan word. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat die
persoon nie as die held voorkom nie, maar wel een is. Die teendeel hiervan
kan ook beredeneer word. [50]
1.6 1.6.1 Figuur op die rots
Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende,
argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ʼn
verhalende/beskrywende opstel skryf waarin ʼn kruin bereik word. Dit
kan letterlik of figuurlik wees. Die opstel kan ook handel oor iemand wat
vryheid ervaar. Die fokus kan ook op die beskrywing van ʼn natuurramp,
die herstel van die natuur of dankbaarheid vir byvoorbeeld welkome
reën wees. Daar kan ook op die bewaring van die natuur of aarde
gefokus word. Daar kan ook op die bewondering van die natuur gefokus
word. Die figuur kan enige geslag of ras verteenwoordig. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.6.2 Kop in die hande
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/
bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin daar ʼn
gebeurtenis/gebeure plaasgevind het wat tot innerlike konflik lei. In ʼn
beskrywende opstel kan die gedagtes beskryf word waarmee die
kandidaat worstel. ʼn Argumenterende opstel kan argumente voorhou
waarom innerlike konflik tot nadeel van die persoon se fisiese en/of
geestelike welstand strek. ʼn Beredeneerde opstel kan die voor- en
nadele van ʼn besluit/saak opweeg. [50]
1.6.3 Die verskillende sportsoorte
In ʼn verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport
beoefen, vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te
word nie aangesien daar ʼn verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld
word. Die verhaal kan vertel word hoe sport iemand se lewe verander
het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman of
sportvrou beskryf. Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ʼn
argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer sport is
noodsaaklik vir die mens se welstand. Daar kan ook geargumenteer
word dat gesonde wedywering in sport goed is. In ʼn beredeneerde
opstel kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se karakter bou
en ander kere weer iemand se lelike kant uitbring. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
SOORT OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ʼn Treffende inleiding boei die leser.
• ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
Hou die volgende in gedagte:
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of
wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
• ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die fokus van die brief is tweeledig. In die brief wens die kandidaat sy
oupa/ouma geluk met sy/ haar verjaarsdag. Die skrywer kan in sy/haar brief
na sy oupa as sy pa of na sy ouma as sy ma verwys. Daar moet ook
genoem en uitgebrei word wat die planne vir die eerskomende vakansie is.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die gelukwense,
asook die uitbreiding van die vakansieplanne.
• Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
• Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel
uiteengesit te word.
• Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
• Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet
in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14)
gegee word.
• Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
• Die brief behoort informeel afgesluit te word.
• Die formaat van die brief is belangrik. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS
Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee rondom die inenting
teen Covid-19. Die briefskrywer kan ten gunste daarvan wees of daarteen
gekant wees. Die skrywer kan ook bloot lig op die voor- en nadele daarvan
werp. Dit moet duidelik blyk dat die skrywer kennis van hierdie saak het. Die
brief moet op die inenting fokus.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
direkte taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word
op die inenting teen Covid-19.
• Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
• Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
• Die afsluiting is formeel en korrek. [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan die leerder wat in ʼn motorongeluk oorlede is. Die leerder
kon die bestuurder van die motor of ʼn passasier gewees het. Indien die
leerder ʼn voetganger was of die ongeluk met ʼn motorfiets was, neem dit
waarde van die skryfstuk weg.
Hou die volgende in gedagte:
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
dood behoort gegee te word.
• Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus behoort te wees op dit wat die leerder vir die skool,
medeskoliere en gemeenskap beteken het.
• Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van
die huldeblyk.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Eufemismes kan gebruik word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.4 TYDSKRIFARTIKEL
Die artikel word vir ʼn tienertydskrif geskryf en handel oor tieners wat nie meer
veilig in hul omgewing voel nie. Die omgewing kan na hul huis, woonbuurt,
skool, dorp of land verwys.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit wat hulle onveilig laat voel, moet beklemtoon word.
• Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel.
• Die bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
• Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ʼn
tienertydskrif.
• Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
• Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
• Aanhalings kan gebruik word.
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
• Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die
wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
• Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos
van toepassing.
• Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
gegee.
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25]
2.5 TOESPRAAK
Die fokus van die toespraak is op die aanvaarding van die liggaam.
• Die klem van die toespraak is die aanvaarding van die eie liggaam.
• Die styl is informeel.
• Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie en wat.
• Die inleiding moet belangstelling wek.
• Ontwikkel weldeurdagte idees
• Kort sinne met eenvoudige idees en voorbeelde word gebruik.
• Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.
• Die slot hoef nie noodwendig ʼn samevatting van die toespraak te wees
nie. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.6 ONDERHOUD
Die onderhoud moet met die rolmodel gevoer word. Die fokus moet op die
redes vir die sukses wees.
Hou die volgende in gedagte:
• Die onderhoud mag as ʼn artikel of dialoog aangebied word.
• Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
• Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
• Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
• ʼn Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk
toe te voeg.
• In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ʼn
rolmodel wat sy/haar suksesresep deel.
• In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud
saamgevat te word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
Hoë vlak
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Hoë vlak
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraaf- - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief.
ontwikkeling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper