Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2022 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202233 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 33 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 33 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 2 NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyn nagesien. 6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Opstelvrae: As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. 11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL “Reaksie” – Vernon February Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Die stemming is hoofsaaklik een van misnoegdheid en van minagting. • Die verkleining van die woord Ghwar, nl. Ghwarrie en die feit dat daar na bekering as daai ding gewys word, dui hierop. • Tog is daar ook ʼn stukkie spot wanneer daar na Ghwarrie se bekering met hart en siel verwys word. • In reël 8 verander die minagting na moedeloosheid wanneer hy die uitroep, maar ai gee. • Die stemming van minagting word voortgesit wanneer Ghwarrie se taalgebruik gelykgestel word aan die seurtjie s’n. Weereens word die verkleining gebruik om die minagting aan te toon. • Die verontwaardige stemming word verder gevoer wanneer hy bevestig hy sien geen love and charity vanaf Ghwarrie nie. • Die kontras van hoe Gwarrie was teenoor hoe hy nou is, kom baie duidelik na vore. • Hy was vantevore nie bekeerd nie en ʼn aanhanger van die hotnotsriel. Nou glo hy met hart en siel en is hy die vyand van die hotnotsriel. • Sy voorkoms het ook verander. Hy loop nou die hele dag met sy newwies en beste sjute. Daarby het hy nou ʼn Sunday-go-to-meeting-face. • ʼn Verdere kontras kom voor tussen wat Ghwarrie predik – justice love, and tjêrritie – teenoor dit wat die spreker ervaar – hate and insults. • Die slot van die gedig staan ook in kontras wanneer die spreker vir sy bottel jien vra teenoor Ghwarrie se Sunday-go-to-meeting-face. • Die gebruik van Kaaps Afrikaans is funksioneel aangesien dit die gedig binne ʼn bepaalde milieu plaas en dit so baie meer geloofwaardig maak. • Kaaps Afrikaans kan gesien word in die gebruik van die Engelse woorde, bv. sjute, Sunday-go-to-meeting-face; justice love, and tjêrritie; hate and insults. • Die palatalisasie van die j-klank tot ʼn tj-klank soos in tjy en tjou. • Die weglating van konsonante aan die einde van woorde: ma; waa soema. • Weglating of elisie van klanke in die middel: wa’om • Verlaging van vokale: gloe in plaas van glo; oek in plaas van ook • Assimilasie kom ook voor: oppie Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 4 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG “ʼn Brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach Vraag Antwoord Punt 2.1 Voorplasing / met ʼn hoofletter geskryf / herhaling. √ 1 Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan. 2.2 2.2.1 Polisindeton/Hiperbool √ 1 2.2.2 Dit beklemtoon elke ding wat die spreker se pa doen / afsonderlik genoem. / Dit skep die indruk dat sy pa ten spyte van sy 60 jaar nog steeds sterk is. /Dui bewondering vir sy pa aan. √ 1 2.3 kwatryn / kwatryne √ 1 2.4 2.4.1 Vergelyking √ 1 Dit is geslaagd, net soos die kapok vinnig (en sonder keuse in die son) smelt, net so is die familie besig om te sterf. / Dit dui op hoe vinnig die aftakelingsproses plaasvind – so vinnig soos die kapok in die son smelt. √ 1 Beide kante van die twee aspekte wat vergelyk word, moet gegee word vir een punt. 2.4.2 Net soos die kapok uitgelewer is aan die son en nie dit kan verhoed om te smelt nie – net so is die is mens uitgelewer aan die dood, niks of niemand kan jou daarvan red nie / Net soos die kapok nie die smeltproses kan keer nie, net so takel die ouderdom ʼn mens af en verganklikheid is vir almal ʼn 1 onvermydelike realiteit. √ Kandidaat moet by die tema uitkom. 2.5 Die spreker se pa het te veel begin drink. / suggereer verganklikheid / hy kruip al hoe meer in sy dop. √ 1 2.6 Dit bewerk eenheid in die gedig/Beklemtoon dat die spreker treur. √ 1 Weemoedig/hartseer/treurig. √ 1 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG “Twee kleuters in die Vondelpark” – Elisabeth Eybers Vraag Antwoord Punt 3.1 Dit beklemtoon die illusie van die werklikheid. √ 1 3.2 p- en s-alliterasie /alliterasie √ 1 “ewewig” √ 1 3.3 Versreël word tipografies alleen geplaas./ Die alleenplasing van r.12 / Alleenplasing. √ 1 3.4 3.4.1 Die wiel is ʼn simbool van realisme die harde werklikheid / Statussimbool van die man / Dui op die wêreld van prestasie / Geen plek vir drome in die wêreld van materialisme nie. √ 1 Ja, promosie behoort te lei tot positiewe groei, maar hier word hy tot verbeeldingloosheid bevorder. / die seun se wêreld word 1 geestelik kleiner. √ NEE word nie as antwoord aanvaar nie. 3.4.2 Ja, dit vertel die leser wat die man sal konstateer / bevestig / dit hef die inhoud van die statussimbool uit. / Dit beklemtoon wat die man se statussimbool is. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 3.5 “kollektiewe Lilliput” √ 1 Dit is gepas, want daar word beklemtoon dat alle mans eendag net deel sal word van die kleinlike massas/ alle mans is net geestelike dwerge. √ OF Dit is nie gepas nie, want dit is ʼn verskriklike veralgemening nie alle mans is kleinlik en belangrik in hulle eie oë nie / Nie alle mans is geestelik arm nie. √ 1 3.6 Dit gaan oor die ontwikkelingsproses van jeug tot volwassenheid / ʼn Proses waarin die mens deur die tyd gevorm en vervorm word en sekere lewenswaardes aankweek. Die skoonheid, idealisme en ewige waardes sal altyd bly. / Die navraag na vooruitgang veroorsaak dat mense hulle vermoë om verwondering te ervaar verloor. √ 1 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 6 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG “Vincent van Gogh” – D.J. Opperman Vraag Antwoord Punt 4.1 Paarrym √ 1 4.2 “ellende”/“onreg”/“krotte”/“agtergebuurtes” √ 1 Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan. 4.3 Polisindeton √ 1 Dit is geslaagd, want dit hef al die verskillende kleure wat in die skildery gebruik is, doeltreffend uit. √ 1 4.4 4.4.1 In deel 1 is daar ʼn gevoel van gejaagdheid/angstigheid, maar in deel 2 is die tempo rustiger. √ 1 4.4.2 Ja, Van Gogh se gejaagdheid het verander na rustigheid, want hy het sy ware roeping gevind. √ 1 NEE as antwoord word nie aanvaar nie. 4.5 Metafoor, √ Van Gogh ervaar verlossing terwyl hy die sipresse skilder. √ 2 4.6 4.6.1 Deurlopende gedagte is Vincent van Gogh se lewe en stryd. √ 1 4.6.2 Dit verwys na die kunstenaar / Van Gogh se taak op aarde wat volbring is/God se skeppingsplan in Van Gogh se lewe is voltooi. √ 1 [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG “Man wat doof word” – Peter Blum Vraag Antwoord Punt 5.1 “word” √ 1 5.2 personifikasie √ 1 Die kraan klink of dit soos ʼn mens fluister. / Die spreker se gehoor is moontlik al so sleg, dat selfs ʼn kraan wat loop – soos ʼn fluister klink. √ 1 5.3 Dit skep afwagting dat hy dit wel kan hoor. / Dit is asof die leser saam met die spreker asem ophou in die nag / Hy hoop dit is ʼn kraan wat “fluister” / Hy kan darem nou nog hoor. √ 1 5.4 5.4.1 Tersine √ 1 5.4.2 Net soos die spreker al hoe minder kan hoor, raak die versreëls al hoe minder / Net soos die woorde wat die spreker nie meer kan hoor nie, val die versreëls ook weg. √ 1 5.5 5.5.1 Tipografiese wit. / weglating van woorde in die versreël. √ 1 5.5.2 Ja dit is gepas, want net soos die laaste klanke wat die man kan hoor eendag sal ‘wegval’, so val ʼn deel van die versreël weg/ Die persoon wat nie kan hoor nie hoor net ʼn deel van die gesprek en in hierdie geval, die helfte van die versreël. / Die wit gedeelte dui op die stiltes wat nou die spreker se lewe vul. √√ 2 NEE as antwoord is verkeerd. Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan. 5.6 Ek dink die spreker is besig om sy gehoor te verloor / Ek dink die spreker wantrou sy vriende en dink hulle skinder oor hom, omdat hy nie hulle gesprekke kan hoor nie. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 8 AFDELING B: ROMAN VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien. LET WEL: • Dit is ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Iris is nie die tradisionele heldin wat in ʼn liefdesverhaal aangetref word nie, want as ʼn onsekere karakter en bly sy deurentyd op soek na ʼn geleentheid om haar volle potensiaal te bereik. • Iris is nie ʼn gewone, selfversekerde meisie nie, maar voel eerder dat niemand na haar luister nie. • Iris is nie ʼn entoesiastiese meisie wat opgewonde is oor haar doen en late nie, want sy glo alles wat haar susters doen is opwindender en interessanter. • Iris se familie wil dink dat sy nie in mans belangstel nie en sy smeek haar ma om van Riekie ontslae te raak. • Iris se knieë knak nie voor enige aantreklike man nie en daarom beïndruk Frederik se plakkaatvoorkoms haar maar min. • Iris verkies om die hede te ontduik deur in haar verbeeldingswêreld te leef, want dit bied baie meer opwinding. • Aangesien Iris nie tevrede is met alles wat die werklikheid bied nie, skep sy verbeeldingsvlugte en ʼn Engel sodat sy kan ontsnap na ʼn interessanter wêreld. • Sy hanteer verhoudings nie soos die tipiese meisie wat ʼn emosionele ervaring wil hê nie, maar verkies om slegs fisiek betrokke te raak. • Iris is nie beroepsgerig en gedrewe nie, maar verkies om eerder by dokter Anders te werk omdat sy nie wil hê die werklikheid moet haar verbeeldingsvlugte onderbreek nie. • Iris stel alles in haar lewe ondergeskik aan die een groot blomoomblik in haar lewe, want sy glo dat ʼn mens net een kans op ware geluk het. • Els is nie die konvensionele ma wat haar dogters liefdevol grootmaak nie, maar hierdie taak word grootliks aan Johanna oorgelaat. • Els word eerder deur haar kinders grootgemaak, want hul wys haar op baie dinge wat sy moet doen. • Els is nie die tipiese ma wat ʼn goeie kok is nie en is eintlik dankbaar wanneer die aandete aan die gaar raak was. • Els verkies dit om tyd in die tuin deur te bring eerder as om die tradisionele take van ʼn ma te verrig. • Els maak haar kinders ietwat liberaal groot aangesien sy nie in hul pad staan wanneer hul op jong ouderdomme verhoudings aanknoop nie. • Els tob nie oor haar dogters se sedes nie en deur stil te bly of hul nie aan te spreek nie, aanvaar sy hul optrede. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 ʼn Dief het by Iris-hulle ingebreek. / ʼn Dief het die televisie probeer steel. √ 1 7.2 Verstrooid √ 1 Ma het die amptenare by Binnelandse Sake deurmekaar gehad met die inligting omtrent Johanna vir die pas wat sy moes dra. √ 1 7.3 Eerstepersoonsverteller √ 1 Die verteller laat die leser besef dat Iris ʼn storie so gemaklik/lekker vertel dat sy maklik afdwaal van wat sy eintlik wil sê. / Die leser besef dat Iris se gedagtes afdwaal terwyl sy ʼn storie vertel. / Dit word vir die leser beklemtoon dat Iris se gedagtes rondspring/nie altyd georden is nie. √ 1 7.4. 7.4.1 Claude is nie-blank/swart. √ 1 7.4.2 Rassisme √ 1 7.4.3 Ma ignoreer die pas wat Johanna moet dra met vaagheid./ Iris verwys spottend na Suid-Afrikaners as rassiste./ Johanna waarsku Iris teen die Negers in die VSA./ Iris se gesin het geen vooroordeel teen anderskleuriges nie./ Iris is nie bang om saam met Billy te ry nie./ Billy, ʼn nie-blanke, is die eerste persoon wat werklik na Iris luister. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan. 7.5 (Hiper) prakties √ 1 Ja, toe sy ʼn drieling verwag, het sy haar praktiese ingesteldheid effe verslap./ Haar huis was later ook deurmekaar. √ 1 Die kandidaat bied enige EEN motivering uit die roman aan. 7.6 Hannes sê wat moontlik tot ʼn probleem in Kara en Claude se verhouding kan lei, maar hy knoop self later ʼn buite-egtelike/onbehoorlike verhouding met ʼn student aan. / veroorsaak ook probleme in sy eie huwelik. √ 1 Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt. 7.7 7.7.1 Iris is baie jonger as haar twee susters. √ 1 7.7.2 Iris se ma beskou haar by geboorte al as anders./ Iris se ma is by haar geboorte onseker of sy haar hoor skree het./ Iris voel dat niemand in die gesin na haar luister nie./ Iris hoor sy was eintlik ʼn glips./ Iris het nie soos haar susters ʼn familienaam nie./ Iris voel soos die Aspoestertjie in haar gesin./ Iris se pa was nie by toe sy gebore is nie. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 10 7.8 Vermont / Iris en Peter se slaapkamer in die houthuis in Vermont. √ 1 7.9 7.9.1 Die fiktiewe Peter bied aan Iris die moontlikheid om van die werklikheid te ontsnap./help Iris om deur fantasie vraagstukke vir haarself uit te werk./laat Iris dinge doen wat sy nog nie in die werklike lewe gedoen het nie. √ 1 7.9.2 Die werklike Peter bied aan Iris die moontlikheid om van haar fantasiewêreld afstand te doen en die werklikheid te geniet./ Anker Iris se werklikheid vir haar./laat Iris besef dat daar nie slegs een groot blomoomblik in die lewe hoef te wees nie. √ 1 Dit is Peter se teenwoordigheid in Iris se lewe wat haar laat besef dat die lekker van die hier en die nou nie durf ignoreer word nie./Peter laat Iris afstand doen van haar hunkering na een groot droomoomblik deur met haar te trou. √ 1 7.10 Ek sou hom by die realiteit plaas, want hy beskerm Iris./sy kan met hom praat./sy kan hom sien./sy sê vir haarself is hy die werklikheid. OF Ek sou hom by haar verbeeldingsvlugte/fantasie plaas, want die motto sê reeds dat ʼn mens baie dinge in die roman met ʼn knippie sout moet neem. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke motivering vir EEN punt aan. 7.11 7.11.1 Die motto help dat die leser die humor in die onderstreepte gedeelte raaksien. / dat die leser besef om nie alles ernstig op te neem nie. √ 1 7.11.2 Beskermengel/Geselsgenoot/Raadgewer/Gee Irisse selfvertroue ʼn hupstoot/ Tree as Iris se gewete op/Hy help haar om tot belangrike insigte te kom. √ 1 7.11.3 Die Engel het Iris gehelp om nou aan die werklikheid te dink/in die werklikheid te leef. √ 1 7.12 Die Engel se hand √ 1 Die Engel het Iris kom roep omdat Bettie siek is./kwansuis gif gedrink het. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dit is ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Ouma Essie dwing oral respek af vanweë haar uitgesproke getuienis as Christen, want sy het selfs op Riekert, die diamantsmokkelaar, ʼn invloed./Bv. bl. 133: “As daar nou een swarte is wat reguit hemel toe sal gaan, is dit sy.” • Ouma Essie se integriteit en vreeslose vashou aan wat reg is, maak dat mense haar gehoorsaam, want sy oortuig mnr. Kebbey om Baas gratis na die hospitaal te vervoer./ oortuig selfs vir Baas om die sendelinge te help om ʼn blyplek by die kerk in te rig./Bv. bl. 47: “Toe! Loop nou na jou huis toe en gaan haal die sleutels.”/Bl. 118: Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ʼn dak oor julle koppe te kry.''/Bl. 118: ''Tot daar weer ʼn kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees. • Ouma Essie glo dat ʼn Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy huisvesting aan ʼn wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./daarom kan sy met oortuiging praat van Baas as Christen op grond van sy dade./ Bv. bl. 74: ''Daar het al op ʼn tyd ʼn wit mens by ons geslaap. Hy het ʼn week daar gebly.''/Bl. 74: “Daar is ook plek in my huis, muluti. Tibelelo se hut staan leeg.” Bl. 43: “Sy is ook die een wat gesê het sy weet meneer Baas is ʼn Christen.” • Ouma Essie stel deurgaans die voorbeeld van wat eg/ goed/ aanvaarbaar/ korrek is, want sy duld nie dat die khuta Grace inloop nie./vir Baas finansieel uitroei nie./volhard met verkeerde gebruike nie./ Bv. bl. 165: “Die mens met wie daar gepraat moet word oor die salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.”/ Bl. 167: ''..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering nie meer met ʼn gebed oopgemaak word ...''/Bl. 166: “En het iemand al gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?”/Bl. 170: ''Daarom is dit ʼn goeie ding dat julle die man wat wit is, weggejaag het met julle gierigheid.''/Bl. 170: “Ek sal aanhou praat in die taal wat hierdie vrou wat wit is, kan verstaan, want wat julle oor die man wat wit is, besluit, is ook julle besluit oor die sendelinge.” • Ouma Essie gee betekenis aan die teenwoordigheid van die sendelinge, want sy sorg vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie organiseer en vir almal take gee./ Bv. bl. 118: “Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ʼn dak oor julle koppe te kry.”/Bl. 119: “Die meubels wat nog op die lorrie is, kan nou by die kerk afgelaai word.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 12 • Sy staan op vir die Here/staan by haar Christelike beginsels/skroom nie om mense wat die pad byster raak, aan te spreek nie omdat sy die khuta oor hul afdwaling van die godsdiens berispe./sy die khuta aanval omdat hulle die kerk se eiendom steel./Bv. bl. 167: “..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering nie meer met ʼn gebed oopgemaak word ...”/Bl. 166: “En het iemand al gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?” • Ouma Essie bewaar die geloof op Manaka omdat sy ʼn oortuigde Christen is./glo sy moet haar oorlede man se werk voortsit./glo dat elke ding met ʼn doel gebeur./dit deur God so beskik word./ Bv. bl. 71: “Die bril en die kierie en die Woord. En die skape wat die Here my gegee het om op te pas.”/Bl. 77: ''Jy wat uit ʼn geslag kom van mense wat in die Here glo! Het jy gedink Satang los jou sommerso as jy eers jou hand vir hom gegee het?''/Bl. 116: ''Die enigste pa en ma wat ek ooit geken het, was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en mevrou Bessie.''/Bl. 210: In Whitey se Bybel lees hy die tekste wat ouma Essie vir hom gegee het toe sy hom kom roep het ./ Bl. 203: ''Dis nie ons wat jou pla nie ... Dit is die Here, jongman,'' sê sy ... • Ouma Essie is die Profeet van die Bybel wat haar beywer vir die uitbreiding van geloof op Manaka, want die Induna is dood./Bv. bl. 71 ''Die bril en die kierie en die Woord. En die skape wat die Here my gegee het om op te pas.''/Bl. 71: “Dis ʼn Woord wat lyk of hy al deur diep waters gegaan het, ouma Essie.” • Ouma Essie aanvaar die verantwoordelikheid vir die voortsetting/uitbreiding van geloof op Manaka/herstel van die sendingstasie, want sy is ʼn oortuigde Christen vanweë haar kinderjare by eerwaarde Phil Kruger-hulle./haar studie en opleiding./Bv. bl. 70: “Julle kan maar huil,” sê sy. “Ek het ook gehuil oor ons kerk.”/Bl. 116: ''..., het hulle dit reggekry om my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te skryf. Ek was die eerste swart meisie wat ooit daar toegelaat is.'' • Ouma Essie begin met die herstelwerk van die sendingstasie omdat sy God se woord wil versprei./want die herstel van die sendingstasie is vir haar ʼn prioriteit./want sy glo dat Baas met ʼn doel na Manaka gestuur is./Bv. bl. 43: “My ouma Essie is die een wat die mense die Profeet van die Bybel noem. Sy is ook die een wat gesê het sy weet meneer Baas is ʼn Christen.”/Bl. 105: “Dit is om kos te gee vir die baie mense wat die Here na jou toe gestuur het.”/Bl.118: “Tot daar weer ʼn kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees ...''/Bl. 112: “Daar was altyd bankies onder die worsboom.” • Op Manaka voer ouma Essie, as Christen, die stryd teen die bose/die ongeloof/die tradisionele bygeloof/die plaaslike bevolking se geloof in die toordokter, want sy verdryf meneer Chisupo./sy berispe mnr. Kebbey wat aan Chisupo onderdanig is./Bv. bl. 77: “Jy wat uit ʼn geslag kom van mense wat in die Here glo! Het jy gedink Satang los jou sommerso as jy eers jou hand vir hom gegee het? Het jou gierigheid jou nou al so ver gevat dat jy vir ʼn mal man bang moet wees?”/Bl. 148: Sy klap sy hand weg en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: “Hy is nie van die Here nie. Hy hoort nie hier nie.” • Ouma Essie se onwrikbare geloof in Baas as ʼn gestuurde/geestelike leier ontketen by Baas (die hoofkarakter) innerlike konflik oor wat Christenskap se aard en wese is, want sy skroom nie om vir Baas te sê dat hy met ʼn doel na Manaka gestuur is nie./Bv. bl. 202: ''Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman.''/Bl. 203: ''Dis nie ons wat jou pla nie. Ke Modimo, leogana. Dit is die Here, jongman.''/Bl. 203: Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee om te droom, het sy daardie dag gesê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 • Ouma Essie tree as tussenganger tussen Baas en die sendelinge/die khuta op omdat die uitdra van die Woord op Manaka vir haar lewensbelangrik is./want sy glo dat Baas na Manaka gestuur is om die sendingwerk voort te sit./Bv. bl. 170: “Sonder meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” /Bl. 118: “En hoekom sal die Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?” • Ouma Essie help die hoofkarakter in sy soeke na antwoorde m.b.t. sy godsdiensstryd, want sy verskaf die antwoorde./wys hom op bepaalde plekke in die Bybel wat hy moet lees./sien sy innerlike worsteling raak en tree met liefde en empatie op om hom te help./Bv. bl. 202: ''Jou reg om ʼn Christen te wees, maak van jou ʼn Christen. Weet jy dit dan nie?''/Bl. 202: ''Jy kan mos lees. Romeine 10 vers 20.''/Bl. 202: “Het jy ʼn Bybel?'” • Ouma Essie glo in die toekoms van Manaka onder Baas se geestelike sorg/weet dat Baas gaan aanbly as die nuwe geestelike leier, want sy bring vir hom ʼn nuwe hondjie nadat sy hond dood is./weet dat hy op Manaka gaan bly./Bv. bl. 234: ''Die duiwel het sy eie vuur gemaak,'' sê ouma Essie vir die kruis op die graf. ''Ons sal sy as saam met die as van die brand met ʼn besem van skoon takke wegvee voor ons weer begin bou.''/Bl. 239: “Dit is ʼn hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,” sê Grace ... • By haar siekbed gee Ouma Essie aan Baas die geleentheid om sy geestelike groei ten toon te stel/sy keuse vir ʼn lewe in die voetspore van sy oupagrootjie met die daad te bewys, want by haar siekbed bid hy in die openbaar./neem hy die rol van die geestelike leier in./suggereer hy dat die kerk se herstel deur hom gedoen gaan word./Bv. bl. 243: “Dankie, Here. Amen.” sê Baas./Bl. 244: “Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom,” sê Baas. Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 14 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Hulle voel baie onwelkom op Manaka./Baas maak dit duidelik dat hy hulle nie daar wil hê nie./ Baas en Grace het ʼn woordewisseling./uiterlike konflik./ Baas struikel oor die hoop hout en kan nie self opstaan nie./maar weier dat hulle hom help. √√ 2 9.2 Baas doen van nature goed aan ander mense./tree van nature met respek teenoor ander op./is inherent ʼn Christen. √ 1 9.3 Ja Sy is ʼn oortuigde Christen./leef haar Christelike godsdiens uit./ Haar dade bevestig haar geloof./bewys dat sy omgee vir ander in nood./is ʼn bewys dat sy volgens die Ubuntu-beginsel van naastediens leef. √ 1 EN Grace moet ʼn ekstra inkomste genereer omdat daar groot armoede en ellende heers./daar baie mense is wat honger ly./sy ʼn opgeleide verpleegster is wat ʼn bydrae kan lewer./geld kan verdien. √ 1 9.4 9.4.1 Baas is geweldig ontsteld oor haar versoek m.b.t. ʼn werk./wil haar nie help nie. √ 1 Hy wil nie die sendelinge op Manaka hê nie. √ 1 9.4.2 Baas weet dat Grace eintlik die waarheid praat./Hy is nog baie siek a.g.v. die malaria./die nagevolge van die hospitaalbehandeling/ medikasie./het nie krag vir baklei nie./ Haar verwysing na die man wat Manaka begin het, prikkel sy nuuskierigheid./ Hy wil nie weer ʼn gedoente maak sodat Nanna en oom Scholtzie naderkom nie. √ 1 9.5 Ja Sy help hom in sy siek toestand om regop te kom./sy maak vir hom ʼn belt/lyf-band/gordel sodat sy broek nie afval nie./sy neem die goed wat vir hom belangrik/waardevol is (soos die foto) in ag. √ 1 9.6 Die lyfband wat ouma Essie vir hom gebring het./muluti Joseph se lyfband √ 1 9.7 9.7.1 Dis sy oupagrootjie./Hy is die ou man/sendeling se agterkleinseun. √ 1 9.7.2 Hy wil graag soos dit die ou man se droom was, ʼn boot op die Zambezi kry (om toeriste te vervoer), maar hy het nie meer geld om dit te doen nie./hy moes al sy geld op welsynswerk uitgee. √ Hy bevind hom op die sendeling se sendingstasie, maar hy wil niks met godsdiens/Christenskap te make hê nie./ontken dat hy ʼn Christen is./wil nie eers die sendelinge daar ontvang nie. √ 2 9.8 Grace √ 1 9.9 Innerlike konflik √ 1 Baas het oorgegee./die weddenskap verloor om die skoenlapper te vang. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 9.10 Die verteller is objektief in sy beskrywing van Baas se gelate aanvaarding van die einde van sy droom. √ 1 Die verteller dra inligting oor/beskryf wat op verskillende plekke gebeur (onder die Land Rover sowel as in die hoofpad)./is gelyktydig op verskillende plekke teenwoordig. √ 1 9.11 9.11.1 Chisupo √ 1 9.11.2 Whitey kom haal vir Sitali om die boot te gaan soek./laat Sitali in ʼn boom klim om te kyk waar die boot is. √ 1 9.11.3 Ja Whitey het kort voor hierdie gebeure agtergekom dat hy en Baas agterkleinneefs is./dieselfde oupagrootjie het./familie is./ Omgee vir ander loop in die Chipmans se bloed en dis wat Whitey hier bewys. √ 1 9.12 9.12.1 Hy skryf sy naam in die boomstam onder sy oupagrootjie se naam./herstel die bankies./sendingstasie. √ 1 Hy kap Morena se kop/horings teen die naambord vas. √ 1 9.12.2 Grace √ (Leerders kan enige gepaste karakter kies) 1 9.12.3 Nadat Baas besluit het om weg te gaan/hy (vir sy oupagrootjie) gesê het: “Jy wen, Baas Dennis,” sê Grace vir hom die ou man sê R5 is te min vir sy drome./ Grace beïnvloed hom om te bly./herinner hom aan sy drome om in sy oupagrootjie se voetspore te volg. √ 1 Die kandidaat gee sy/haar eie motivering vir enige een van die karakters wat hy/sy kies. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 16 VATMAAR – AHM Scholtz VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat verskaf ʼn gepaste inleiding. • George Lewis en Ruth se liefde strek oor rasse- en klassegrense. George is ʼn Engelsman terwyl Ruth ʼn Tswana-meisie is./Bv. bl. 12: I don’t see her blackness, you know. • George Lewis en Ruth se liefde strek oor die grense van geletterdheid, want Ruth se ongeletterdheid staan nie in die pad van George, ʼn geletterde man, se liefde nie./Bv. bl. 19: Ek en George het die papiere geteken en Ruth en haar oom het elkeen ʼn kruisie gemaak. • George se liefde vir Ruth strek oor kultuurgrense heen, want hy is lief genoeg vir Ruth om volgens haar tradisie bogadie vir haar te betaal om met haar te trou./Bv. bl. 18: Hy was ʼn gelukkige man toe hy die naweek voor die troue van die tweeperdkarretjie afklim met die ekstra groot driebeenpot en twee twintig-gelling- dromme vir die pap • George en Chai se vriendskap verteenwoordig liefde/omgee oor rasgrense, want Chai is ʼn Afrikaanssprekende bruinman en George Lewis is ʼn Brit./Bv. bl. 12: Toe sit hy sy hand op my knie en sê: Charlie, you are the only friend I have. • George neem Chai, sy vriend, in sy vertroue as hy hom van sy liefde vir Ruth wat oor rasgrense heen strek, vertel./Bv. bl. 11: Die Corporal het vertel dat hy ʼn meisie in Vryburg ontmoet het. Ruth was haar naam. • George en Chai se vriendskap/omgee vir sy vriend se welstand strek oor rasgrense heen as George daarvoor sorg dat Chai drie maande langer betaal word as wat hy gewerk het./Bv. bl. 14: Die Corporal, het oom Chai verder vir Ta Vuurmaak vertel, het gesorg dat ek drie maande langer betaal word as wat ek gewerk het omdat ek sy enigste vriend was. • George help sy vriend Chai, een van die Cape Boys, om werk by die dorpsraad te kry toe die oorlog verby is./Bv. bl. 16: Nou laat ons skoonmaak en jou army- captain gaan sien, het ek gesê. Ons moet werk hê want ons moet leef. • George se goeie vriendskapsverhouding met Chai word voortgesit wanneer hy hom ondersteun en help om ʼn erf vir Vatmaar se Sendingkerk te kry./Bv. bl. 31: Jy weet George, Vatmaar het nie ʼn erf uitgesit vir ʼn kerkgebou nie. Nou vra ek jou mooi om met daardie company-commander van jou te gaan praat. • George en Chai se vriendskap is baie heg, al is hulle van verskillende rasse, want Chai hou die begrafnisdiens vir Ruth en hy is die enigste een wat vir George kan troos./Bv. bl. 42: Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan./Bl. 42: Oom Flip het met ʼn stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 • Chai se omgee/respek strek oor rasgrense, daarom sê hy die Cape Boys aan om ʼn graf vir die ouma wat doodgebrand het te laat grawe. Hy bid ook vir haar./Bv. bl. 8: Sy het die ou vrou ingerol en die Onse Vader opgesê. Chai het dit saam met haar gesê. • Oom Chai ervaar liefde vir sy medemens, want hy raak ontsteld oor die afbrand van die boere se huise./hy sê vir Corporal Lewies dat hy nie meer boere se plase wil afbrand nie./Bv. bl. 9: Ek weet nie wanneer Chai en die Corporal besluit het om die Queen se orders te verander soos dit hulle pas nie. • Al is daar ʼn groot ouderdomsverskil tussen Oom Chai en Bettie, gee hy vir sy familie se eer om/is daarom bereid om met Bettie te trou om sy familie se eer en Bettie se eer te red./Bv. bl. 273: Later het ons gehoor die kind se pa is een van oom Steven se seuns, ʼn getroude man met kinders. • Oom Chai probeer goed vir Bettie wees, al was hy aanvanklik nie lief vir haar nie en maak die kind soos sy eie groot./Bv. bl. 281: Oom Chai het teen die tyd geglo hy het Bettie lief en aan klein Job as sy eie gedink. • Kenneth Kleinhans is ʼn gekwalifiseerde bruin ambagsman van Graaff-Reinet en Kaaitjie Müller ʼn ongeletterde, armoedige bastermeisie wat lief vir mekaar geraak het./Bv. bl. 224: My Kenny, was al wat sy in haar gedagtes gehad het. My Kenny. Partykeer het sy die naam hardop gesê sonder om na te dink. • Kenny is lief vir Kaaitjie oor klasgrense heen; Kenny het matriek voltooi, terwyl Kaaitjie nie kon lees en skryf nie./nog nooit met ʼn mes en vurk geëet het nie./Bv. bl. 153: En nou Kaaitjie – sy’s nie geleerd soos hulle nie, maar sy ken die wêreld. • Kenneth besluit om Kaaitjie te aanvaar ten spyte daarvan dat haar ma ʼn dief is. Hy probeer vir Tant Wonnie borg reël deur die prokureurs se telefoonnommers te kry en hul die volgende dag te skakel. • Die dood is nie die grens vir die liefde wat Kenneth vir Kaaitjie het nie, hy is hartgebroke na Kaaitjie se dood./beywer hom vir die totstandkoming van die kliniek om Kaaitjie se nagedagtenis lewendig te hou./Bv. bl. 298: Om die herinnering aan my geliefde lewensdag te hou, wil ek graag ʼn kliniek as nagedagtenis aan haar bou. • Chetty, ʼn winkelier, neem die brandarm Free-da sonder enige besittings in nadat sy van haar omstandighede ontvlug./Bv. bl. 23: Haar ma Free-da het haar stat in die tyd van die groot droogte verlaat. Sy was wees en het by mense gebly wat haar op die landerye laat werk het./Bl. 24: Sy liefde vir Ma Koelie het nooit oud geword nie en Vatmaar het dit geweet. • Free-da en Chetty is ten spyte van hul rasverskille lief vir mekaar./Bv. bl. 23: Die mense van Vatmaar het gesê sy het haar man lief met die liefde waaroor daar in die Bybel geskryf staan. • Die tema van liefde sonder grense hou die Septembers uit die tronk. Settie lê valslik ʼn klag van diefstal teen Tant Wonnie. Tant Wonnie verset haar nie en gaan gedweë saam met die konstabel./Settie vertel onwaarhede oor Tant Wonnie. As Tant Wonnie se liefde grense gehad het, kon sy Settie laat opsluit het vir hierdie onwaarhede, maar sy lewer geen kommentaar hierop nie./Bv. bl. 143: Sy't haar madam se goue ring in Vatmaar gesteel, sarge. • Tant Wonnie hoor dat Johnny die ring gesteel het, maar omdat haar liefde oor grense strek, kla sy hom nie aan nie./Bl. 188: So hý is die dief wat die trouring gesteel en verkoop het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 18 • Die Septembers sou die hele pad vanaf Du Toitspan na Vatmaar moes stap. Tant Wonnie se liefde strek egter oor grense van naasteliefde wanneer sy die Septembers se sjieling vir die rit op die kapkar betaal al betoon die Septembers nie naasteliefde teenoor haar nie./Bv. bl. 189: Hier is ʼn sjieling, Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim. • Die Septembers se dors word geles. Tant Wonnie deel haar gemmerbier met die mense wat haar byna in die tronk laat beland het. Dit is beslis naasteliefde sonder grense, Tant Wonnie tree menslik teenoor die Septembers op terwyl hulle nie so teenoor haar opgetree het nie./Bv. bl. 189: Gee die gemmerbier, sê Tant Wonnie vir Suzan. • Miesies Wingrove se liefde vir haar (arm) medemens strek so ver dat sy die huis aan Tant Wonnie verkoop vir dieselfde prys as waarvoor sy dit gekoop het. Miesies Wingrove weet dat Tant Wonnie nie kan bekostig om meer te betaal nie./Bv. bl. 239: Hier is die koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won, en ons hou dit op twintig pond. • Miesies Wingrove weet hoe swaar Tant Wonnie kry en sy besluit om die stoof in die huis te laat bly wat haar liefde bewys. Dit sluit aan by die tema van naasteliefde teenoor iemand wat swaarkry./Bv. bl. 240: nou is ons kwiets, Won • Ma Khumalo en haar twee aanneemkinders se verhoudinge verteenwoordig liefde wat oor die grense van ras en geloof strek. Sy is ʼn Tswana-weduwee terwyl Borman van der Westhuizen 'n blanke seun en Mariam Mohamed ʼn Moslemmeisie is./Bv. bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem. • Ma Khumalo leef moederliefde uit as sy alles wat sy het met Norman, wat nie haar biologiese kind is nie, deel./Bv. bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem. • Ma Khumalo se optrede teenoor Norman sluit aan by die tema van liefde wat nie grense het nie, want sy het gesê Norman is wit en sy is swart – en saam maak hulle Coloured./Bv. bl. 203: Hy Norman is wit en ek swart, ons maak Coloured. • Ma Khumalo tree in onbaatsugtige liefde op as sy vir die vreemdeling Mariam Mohamed ʼn heenkome bied as Mariam deur haar ouers weggejaag word omdat sy swanger is./Bv. bl. 222: Jy weet Tant Wonnie, hierdie ou swartvrou het dit alles vir my gedoen sonder om ooit te vra wat gebeur het of wat my naam is. Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 11.1 11.1.1 Eerstepersoonsverteller/Ek-verteller √ 1 11.1.2 Die eerstepersoonsverteller/ek-verteller/Ta Vuurmaak vertel dit uit sy eie oogpunt./is subjektief in sy vertelling./Die jong seuns kan net oorvertel wat (Ta Vuurmaak) aan hulle vertel. √ 1 11.1.3 sy waarheid √ 1 11.2 Ta Vuurmaak gee aan Vatmaar sy naam./is die eerste/oudste inwoner in Vatmaar. √ 1 11.3. 11.3.1 Oom Chai √ 1 11.3.2 Oom Chai neem gesteelde goedere van die plase wat vir latere gebruik in Vatmaar versteek word./ Alhoewel Ta Vuurmaak die goedere oppas, word dit nie met hom gedeel nie. √ 1 11.3.3 Ta Vuurmaak dra nog verbande om sy been (al is die vleiswond genees) as hy nie lus is om sy deel as een van die Cape- Boy/tydens die oorlog te doen nie. √ 1 11.4. 11.4.1 Uiterlike konflik / Innerlike konflik √ 1 11.4.2 Indien Uiterlike konflik by VRAAG 11.4.1 gegee is: Oom Chai haat vir Boytjie Afrika wat te veel aandag aan Bettie gee./Oom Chai jaag vir Boytjie uit sy huis. √ OF Indien Innerlike konflik by VRAAG 11.4.1 gegee is: Oom Chai kan nie meer by Bettie se jongmenslewe byhou nie, al wil hy./is spyt dat hy nie van Bettie verwag het om by sy lewe in te skakel nie. √ 1 11.4 11.4.3 Ja Oom Chai beskerm sy familie se goeie naam./ Oom Chai wil graag vir oom Steven wys dat hy wat Chai is, tot die familie se redding kan kom./ Oom Chai is eensaam, ʼn vrou kan sy eensaamheid verlig./ Oom Chai het nie eie erfgename nie. √√ OF Nee Sy kleinneef behoort die verantwoordelikheid van sy dade te dra. / Dis nie regverdig dat Oom Chai sy eie geluk vir familie opoffer nie. √√ 2 Die kandidaat bied sy eie TWEE redes binne konteks van die roman vir EEN punt elk aan. 11.5 Tydens die oorlog √ 1 11.6 11.6.1 Die Vatmaar-gemeenskap se versoek vir grond (om ʼn kerk in Vatmaar te bou), is afgekeur. √ 1 11.6.2 Vatmaar se inwoners kan die kerk in Du Toitspan bywoon. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 20 11.6.3 Nee Die gemeenskap het geld kollekteer om die hoekerf te koop./Hulle het dit nie net gevat omdat dit in onbruik is nie. √ 1 Die kandidaat kan nie Ja as antwoord aanbied nie. 11.7 Elsa is die onderwyseres./hou skool vir die kinders van Vatmaar. √ 1 Oom Chai sorg dat Elsa op Vatmaar as onderwyseres aangestel word./stel die sendingkerk tot beskikking van die skool. √ 1 11.8 11.8.1 Tant Wonnie is trots/ hardwerkend. √ 1 11.8.2 Tant Wonnie werk hard as sy ander mense se wasgoed vir ʼn inkomste was. Tant Wonnie is te trots om haar geld by diegene te gaan haal wat haar nie betaal nie (want sy is nie ʼn bedelaar nie.) √√ 2 Die kandidaat bied soortgelyke TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt ELK aan waar dieselfde eienskap getoon word. 11.9 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan, bv. Ja Tant Wonnie is een van Vatmaar se oudste inwoners./kweek trots./ samehorigheid by die inwoners./ Oom Chai as gerespekteerde inwoner noem haar só. √ OF Nee Tant Wonnie word nie deur die mense van Vatmaar respekteer nie. √ 1 11.10. 11.10.1 Die mense van Vatmaar is nêrens anders/in Du Toitspan welkom as inwoners nie. √ 1 11.10.2 Tant Wonnie / Freeda / Mary Mohamed √ 1 11.10.3 Tant Wonnie word, as gevolg van haar Duitse bloed, nie in die wit gemeenskap opgeneem nie; sy vind blyplek in Vatmaar. OF Free-da word nie deel van die Indiërgemeenskap nie omdat sy swart is/al is sy met Chetty getroud, woon sy saam met Chetty in Vatmaar. OF Mary word deur Ma Khumalo aangeneem nadat haar eie mense nie plek vir haar het nie/haar wegjaag, sy word deur Ma Khumalo in Vatmaar aanvaar. √ 1 Die kandidaat bied rede na aanleiding van vrouekarakter gekies in VRAAG 11.10.2. 11.10.4 Dit is Corporal Lewis wat nie tuis voel om by sy eie of by Ruth se mense te bly nie./se keuse om op Vatmaar saam met Ruth te bly. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Greg se omstandighede tuis is nie ideaal nie. Weens die swak verhouding tussen sy ma en pa, raak Greg die een wat dan sy ma se welstand op die hart dra. Dit lei daartoe dat hy iemand word wat omgee. (omstandighede). • Hierdie omgee sien ons duidelik in sy obsessiewe soektog na Eckardt. Dit lei daartoe dat hy lynreg teen die versoek van die skool ʼn e-pos aan Turretmedia skryf (oortreding). Hy daag ook die skoolhoof uit deur nie rugby te speel tot die skool iets aan Eckdardt se verdwyning doen nie. (oortreding) Die res van die span volg nie sy voorbeeld nie en Greg begin twyfel aan sy leierskapposisie. Die gevoel om ʼn ‘loser’ te wees, gee aanleiding tot sy betrokkenheid by kuberkraking (oortreding). Om Eckdardt te beskerm, jok hy vir die polisie. (oortreding) • Sy pa word deur geld en mag gedryf. Dit veroorsaak dat hy baie druk op Greg plaas om te presteer. (omstandighede) • Dit lei daartoe dat hy in opstand teen sy pa kom en al hoe minder werk, maar eerder by kuberkrakery betrokke word. Hy moet dan vir sy pa jok (oortreding) oor sy akademie. Dit veroorsaak ʼn groter kloof tussen hulle en maak dit vir Eckardt al hoe makliker om Greg te manipuleer. • Sy broer John het selfdood gepleeg. Dit laat nie net ʼn vrees vir die dood by Greg nie, maar knou ook sy selfvertroue. (omstandighede) • Die kuberlesse gee hom ʼn valse, rebelse selfvertroue. (oortreding) Hy hou dus vol met sy soektog, omdat hy glo hy kan. So kom hy dan af op sy pa en Dok Pienaar se misdaad. Die blootstelling hiervan ruk die hele Owen-gesin uitmekaar. • Greg mis John. Dit skep vir Eckardt die geleentheid om Greg makliker te manipuleer. (omstandighede) • Greg oortree verskeie kere: hy breek by die skool se rekenaarkamer in; hy pas sosiale manipulering op die sekretaresse toe en plaas RAT op Dok se rekenaar. (oortreding) • Die hoofseunskap tesame met die kuberkraking (‘hacking’) raak net vir Greg te veel. (omstandighede) • Greg begin sy pligte as hoofseun afskeep. Hy woon nie meer vergaderings by nie en skuif sy verantwoordelikhede op Kwanele af. (oortreding) Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 22 VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 13.1. 13.1.1 Die hoofstukke wat in die verlede afspeel, word aangedui deur Log File vooraan / Verwys na die beginnertoets vir Greg om te hack. √ 1 13.1.2 Die leser wonder of Greg die toets gaan slaag./Greg gaan begin om te leer. √ 1 13.2. 13.2.1 Net soos Zeus slaap, slaap Greg letterlik en figuurlik. √ 1 EN Eckardt is op ʼn wraaktog soos Herakles. √ 1 13.2.2 Ja, net soos Herakles sy slapende pa, Zeus, se koninkryk tot ʼn val bring mediamaatskappy, bring Greg sy pa se koninkryk tot ʼn val. √ 1 Altwee kante van die saak moet gegee word. NEE kan nie as antwoord aanvaar word nie. 13.3 Greg moet nou preek vir die VRL oor hulle slegte dissipline, maar Greg se dissipline is swak. / Hy skeep sy pligte as hoofseun af en tree net op indien dit hom pas. √ 1 Altwee kante van die ironie moet gegee word. 13.4. 13.4.1 Nee dit verskil nie, hy is net so rebels teenoor gesag, as wat Kwanele rebels is teenoor hom, Greg, as sy hoofseun. √ 1 NEE word nie as antwoord aanvaar nie. 13.4.2 Kwanele voel dat Greg nie sy werk as hoofleier doen nie./ Greg ervaar Kwanele se ongesproke kritiek en reageer skaam-kwaad daarop. √ 1 13.5. 13.5.1 Dit verwys na Greg se hacker-naam wat hy moet uitdink. √ 1 13.5.2 Eckardt het reeds ʼn hacker-naam. √ 1 13.5.3 Tema van plaasvervangerskap / Tema van kuberbrakers√ 1 13.5.4 Eckardt word ʼn plaasvervanger vir John, vir Greg. √/ Greg word ʼn plaasvervanger vir sy broer, vir sy pa/ma √/ Greg word ʼn plaasvervanger vir sy pa, om sy ma te beskerm. √/ Eckardt se wraak is ʼn plaasvervanger vir die pyn wat hy as kind moes verduur het. √/ Om sy sosoiale manipuleringsaanval suksesvol te voltooi, moet Eckardt sy ou lewe/identiteit vervang met ʼn nuwe lewe/identiteit. √/ Eckardt verander sy stemtoon, wanneer hy met sosiale manipulering besig is. √/ ʼn Kunstenaarskets vervang foto’s van Eckardt. √/ Eckardt vervang sy skootrekenaar en los ʼn ander een in sy kamer wanneer hy verdwyn. √ Eckardt lei Greg na die onderwêreld van kuberkrakery. √ 1 Die kandidaat kan enige soortgelyke voorbeelde uit die roman aanbied. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23 13.6 Dit speel af in die Hang-out van Greg se koshuis, net nadat Sersant Botha hom betrap het waar Greg besig is om te hack. √ 1 13.7. 13.7.1 Eerstepersoonsverteller / Ek-verteller √ 1 13.7.2 Voordeel: Die leser ervaar die selfversekerheid van die Greg-karakter eerstehands./ Die leser ervaar die hele situasie uit die oë van Greg. √ 1 Nadeel: Die leser weet nie wat Sersant Botha weet nie/ Die leser word saam met die hoofkarakter, (Greg), onverhoeds betrap en verras./Die leser sien nie die gevaartekens raak nie. √ 1 EEN punt vir Voordeel en EEN punt vir Nadeel. 13.8 arrogant/ beterweterig/selfvoldaan/ selfversekerd/onverskrokke √ 1 Eienskappe kan ook omskryf word 13.9 (D) ʼn Rekenaarprogram wat registreer watter sleutels op ʼn rekenaartoetsbord gedruk word. √ 1 13.10 13.10.1 Sosiale manipulering √ 1 13.10.2 Ja, deur dit te doen, kon hy alles uitvind oor die Project Nursery Rhyme en wat Dok Pienaar besig was om te doen. √/ Ja, so het Greg die nodige inligting in die hande gekry om vele mense se lewens te red. √ OF Nee, dit is oneerlik en teen die wet. √/ Nee, deur dit op die verkeerde manier te doen, is Greg net so skuldig aan onwettighede as Dok Pienaar en sy pa. √ 1 13.11. 13.11.1 Reëls 20 en 21 √ 1 13.11.2 Greg kom tot die insig dat iemand besig is om hom te hack. / Hy was nie so in beheer van die hacking nie. √ 1 13.12. 13.12.1 Ja, in TEKS G is Greg vol selfvertroue, maar in TEKS H word hy gou deur Sersant Botha gewys dat hy nie so ʼn goeie hacker is nie. √ 1 Die kandidaat moet beide kante vir 1 punt aanbied. 13.12.2 Greg besef hy is in ʼn hoek en probeer ʼn ooreenkoms met die polisie maak/ Hy wil die inligting wat hy gehack het vir die polisie gee, maar wil dan nie in die moeilikheid kom nie. √ 1 Die wat dink hy staan, sal val./ Moenie té verseker wees oor jou vermoëns nie./ Daar is altyd nog iets wat ʼn mens nuut kan leer./ Hacking is verkeerd en kan jou in groot moeilikheid bring./ Moenie die polisie of gesag oor jou ondermyn nie. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 24 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. LET WEL: Voorgestelde kodes: Inwoners van Kaapse Vlaktes – KV Cavernelis-Gesin – CG Map Jacobs – M Ontsnapping – O Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Die inwoners van die Kaapse Vlaktes kan nie hul ruimte en omstandighede ontsnap nie, want hul toekoms is uitsigloos omdat daar geen werksgeleenthede vir hulle is nie en misdaad is aan die orde van die dag. • Die Groepsgebiedwet het bepaal dat verskillende gebiede in die stede en dorpe eksklusief aan verskillende rasse toegeken moes word en daarom is hulle ontwortel en na die Kaapse Vlakte verskuif. “Yt Claremont en yt Woodstock yt ge-bulldoze … toe, Coloureds, yt, yt – gaan bly daar’so annerkant” • Die gemeenskap is nie ontwikkel nie, want die lot van die bruinmense is dikwels oor die hoof gesien. Vanweë hul sosio-ekonomiese omstandighede kan hul nie die township verlaat nie, want hulle het nie geld om in een van die beter woonbuurte te gaan woon nie. “Jy’t nou ʼn opportunity gestrike om geld te maak, but the others? The Others? ... under the breadline man.” • Cavernelis het ʼn strewe om van die Kaapse Vlakte te ontsnap, want hy doen twee werke om genoeg geld te verdien sodat hy en sy gesin na ʼn beter woonbuurt kan verhuis. “ Hy‘t net een ding op sy mind, soes ʼn obsession, ʼn obsession.” • Cavernelis raak so obsessief om uit die Vlakte te ontsnap dat hy sy eie dogter laat misbruik sodat hulle genoeg geld kan bymekaar maak om nog vinniger van hul omstandighede te ontsnap. • Cavernelis woon in ʼn woonstel in ʼn omgewing waar hulle vanweë die misdaad nie veilig voel nie. Hy sluit die fiets en ketting dit aan die traliewerk. Hy bieg teenoor La Guma dat hul in die township vasgevang is, want in die township leef hul in armoede en kan nie ontsnap nie. “En hulle move nooit op nie! Lieweste onner toe! Kyk, jy word hierso gebore onder die die bread-line ... en vrek hierso onner die bread-line ...” • Maud se woonstel is hul tronk aangesien sy nooit uit die woonstel gaan nie, want sy bespied almal deur die vensters. “Spy op ʼn mens! Loer deur die gidyne!” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25 • Toe Maud jonger was, wou sy ook waarskynlik uit die township ontsnap, want sy het nes Blanchie modelwerk gedoen wat nie uitgewerk het nie. “Trust me. I’ve been through it all ...” • Die strewe van die Cavernelisse hou hulle geïsoleerd van die res van die gemeenskap, want Mister Cavernelis kom van die Boland/up-country. Hulle meng dus nie met die inwoners van die Kaapse Vlakte wat hul in ʼn tronk van hul eie plaas. “Betere mens kamma as ons!” • Blanchie poog ook om uit haar omstandighede te ontsnap, omdat sy modelwerk doen om ekstra geld te verdien. “Beauty competitions, like vi’ Blanchie ... En dan kry sy mos so-called contracts ... Modeling, like!” • Map het vir Ivan Philander vermoor, want dié het Klein Meisie verwurg nadat hy haar verkrag het. “Klein Meisie het net daar gelê, maar sy was klaar dood gewurg. En toe sien ek oek ‘it was vir Ivan Philander wat ek doodgeskiet het ...” • Map Jacobus het verantwoordelikheid vir sy dade geneem, want hy gee homself aan die polisie oor. “Toe hou ek my hande yt, vi’ die boetie ...” Map gaan dus nou na ʼn gevangenis toe waar hy vir sy daad moet boet. • Map is in ʼn figuurlike tronk na sy vrylating op parool, want die gemeenskap het hom nie vergewe/aanvaar nie. Hulle vertrou nie vir Map nie en gee hom ook nie sy plek in die Kerkorkes terug nie. Hy kan ook nie werk nie, want sy gevangenisskap tel teen hom. “Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie!” • Die suggestie dat Map, ʼn positiewe rol as gemeenskapsleier sal speel, lê in die slottoneel opgesluit, omdat Antie Grootmeisie hom vergewe het en sy vir die eerste keer na die traumatiese gebeure sy naam sê. “Johnnie.” • Cavernelis het op ʼn tragiese wyse uit die “tronk” ontsnap, want hy het met sy fiets voor die trein ingery en sodoende ʼn einde aan sy lewe gemaak. “By die crossing, toe kom die trein ... toe stop ek, ek dink toe mister C gaan oek ...ek mien stop...” • Blanchie en Maud bly op die Kaapse Vlakte in hul omstandighede vasgevang, want hulle sal, na Cavernelis se dood, nie oor genoeg geld beskik om te kan verhuis nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 26 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 15.1. 15.1.1 Die aard wat Map onwetend toestemming gegee het dat sy ma en sussie verkrag is / sy sussie vermoor is / Die sussie is dood en Map het die man wat haar verkrag het doodgemaak. √ 1 Richie is ook deel van die bende. √ 1 15.1.2 Die gebeure speel af na die gedwonge verskuiwing van die mense uit Distrik Ses. / in die Apartheidsera. √ 1 Die mense is verarm / werkloos / vasgevang in hulle omstandighede. / Dit ly tot bende-aktiwiteite en geweld. √ 1  Die kandidaat moet verwys na die maatskaplike EN die politieke milieu vir EEN punt elk. 15.2. 15.2.1 ‘kerrim’ √ 1 15.2.2 Ja, die kerrimskyfies personifiseer die kinders wat deur hul ouers misbruik word./ die inwoners wat weerloos is en rondgeskuif word a.g.v Groepsgebiedwet. √ 1 15.2.3 Die rondstoot van die kerrimskyfies kan die rondskuif van die bruin gemeenskap van plekke soos Distrik 6 tot op die Vlakte simboliseer. √ 1 15.3. 15.3.1 toneelaanwysings / subteks / neweteks √ 1 15.3.2 Die toneelaanwysing wys vir die akteur wat Maud speel, waar om haarself op die verhoog te plaas / en sy moet luister na die twee karakters onder in die straat. / Dit gee vir die regisseur riglyne oor waar hy die Maud-karakter moet plaas / Wys vir die leser hoe nuuskierig Maud is. √ 1 15.4. 15.4.1 Maud praat net Engels. / Sy gebruik nie krutaal voor die ander mense in die township nie./ Sy hanteer Sondag as ʼn heilige dag. √ 1 15.4.2 Sy bly bo in haar woonstel. Maud hou haarself eenkant want sy wil nie behoort nie. / voel sy is beter as die ander mense in die township. √ 1 Enige soortgelyke stelling vir EEN punt elk. 15.5 15.5.1 Blanchie beteken wit/ rein. √ 1 15.5.2 Alhoewel haar naam ‘wit’ beteken, is haar velkleur bruin./ sy streef daarna om as wit gesien te word – kleredrag, houding, geselskap – maar sy is nog steeds bruin – al beteken haar naam wit./ Blanchie word ʼn modelkontrak aangebied in Parys, waar hulle Frans praat, haar naam ‘wit’ beteken en velkleur nie tel nie, maar sy kry nie die modelkontrak nie en sy bly in Suid-Afrika, waar sy nog steeds bruin is/ Blanchie beteken wit, maar haar dade is nie wit/rein nie. √√ 2 Kandidaat moet beide kante van die ironie gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27 15.6 Hy is ongeskik / voorbarig / uitgesproke / steek sy neus in ander se sake / kru / platvloers. √ 1 15.7 TEKS J is deel van die krisis-fase. √ 1 Cavernelis word gekonfronteer met sy besluite rakende Blanchie / hy besef dat hy sy dogter tervergeefs laat werk het as ʼn prostituut/ hulle gaan nie uit die township kom nie. √ 1 15.8 Uiterlike konflik √ 1 In TEKS I is die konflik tussen die Cavernelis-gesin (Maud) en die ander mense in die township. In TEKS J is die konflik egter in die Cavernelis- gesin self / Hulle wat heeltyd saamgestaan het teen die township en nou teen mekaar draai. √ 1 15.9 Ja, die dramatiese doelstelling is bereik – die emosionele en fisies ontploffing tussen Maud en Blanchie ruk die gehoor na die werklikheid √ 1 NEE word nie as antwoord aanvaar nie. 15.10 WAAR Dit is as gevolg van Cavernelis se ontevredenheid en obsessie om weg te kom, dat Blanchie nie tevrede was met wat sy het nie./ Cavernelis het druk op Blanchie gesit om ekstra inkomste te verdien om uit die township te ontsnap en die modelkontrak sal hulle vryheid van die township beteken./ √ OF ONWAAR Dit was nie Cavernelis wat die modelkontrak gekanselleer het nie, dus kan hy nie die skuld kry nie./ Blanchie is oud genoeg om haar eie besluite te neem en sy moet self verantwoordelikheid vir haar aksies neem. √ 1 15.11 Die beletselteken verhoog die spanning. / Dui op emosionele uitbarsting.√ 1 15.12. 15.12.1 Ja, die skrywer maak gebruik van Kaaps Afrikaans wat tipies van daardie area is /dit maak die toneelstuk/drama meer geloofwaardig. √ 1 15.12.2 Protesteater √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 28 MIS – Reza de Wet VRAAG 16: MIS – Reza de Wet – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Visuele binneruimte dui duidelik die arm omstandighede waarin Meisie vasgevang is. Die huis is vervalle en verwaarloos. • Die visuele binneruimte stel die kombuis van ʼn uiters armoedige huisie voor. En dis juis hier waar Meisie ʼn groot deel van haar dag vasgevang is. • Meisie sit in die kombuis die grootste deel van die dag en missakke toewerk. Meisie smag na ʼn jongmenslewe, maar a.g.v. die misstank en vlieë kom geen jongmense kuier nie. • Die agterdeur lei na vryheid, maar Miem hou dit gegrendel en laat Meisie ook nie alleen na buite gaan nie. Daar is in elk geval ook nog die hekkie van die omheinde werf wat haar binne hou. • Die meubels en gordyne is karig en verslete. • Die vlieë sit op alles en is ʼn aanduiding van hulle finansiële toestande. • Die sakke wat Meisie besig is om te maak, dui op die finansiële vasgevangheid – hulle maak die sakke om mis daarin te verpak en dit te verkoop. • Meisie se bevryding begin egter juis hier in die kombuis wanneer Miem Konstabel toelaat. • Die solder – buiteruimte • Die kapluik bo in die dak, dui op die vasgevangheid wat Meisie beleef, in die versorg van haar pa. • Die slopemmer dui die vlak van armoede en agteruitgang en sy moet dit skoon maak, haar lewe is mislik. • Gabriël in die solder boesem vrees in by Meisie as gevolg van sy krete en kreune. • Gabriël se bly in die solder maak dat Meisie en Miem vasgevang is in finansiële probleme. Hulle swoeg en sweet om geld te verdien, omdat hulle hoof broodwinner in die dak sit. • Die sirkus – buiteruimte • Die sirkusmusiek – en liggies lok Meisie om te ontsnap van haar gevangenisskap. • Die teenwoordigheid van die sirkus veroorsaak dat Miem vir Meisie verwyt oor die invloed van Meisie se ongehoorsaamheid op Miem se gesondheid. Daardeur probeer Miem ʼn houvas op Meisie verkry. • Meisie loer deur die venster en probeer die musiek hoor, terwyl sy ook bang is daarvoor. • Die sirkus maak dat ontsnapping nie ʼn vreemde idee is toe Konstabel verander in ʼn Hofnar en die plan wat hy voorstel nie vreemd is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29 • Die hofnar bevry Meisie, want sy dans op maat van die sirkusmusiek by die agterdeur uit./ • Die sirkus beklemtoon die armoedige bestaan wat Miem-hulle voer aangesien die sirkus as die eksotiese in die drama voorgestel word. • Die sirkus as simbool van die bose skep afwagting by die kyker/leser wat wonder watter negatiewe invloed die sirkus op die karakters gaan hê. • Die sirkus veroorsaak konflik tussen Miem en Meisie, want Meisie kyk na die liggies terwyl Miem haar verbied het./ • Gertie se vertelling oor die sirkus laat haar vermoed dat die meisies elke keer verdwyn het wanneer die sirkus in die dorp is./ • Die onheil waarvan die sirkus die simbool is, veroorsaak dat Miem vir Konstabel in hul huis toelaat om hul te beskerm, onwetend dat hy Meisie gaan verlei, die bose is./ • Meisie voel vasgevang in haar omstandighede, sy mag nie die sirkus besoek nie en die sirkus word haar simbool van bevryding./ • Meisie verander van skaam om met die Konstabel te praat na opgewonde wanneer sy deur die venster na die sirkusliggies kyk en daardeur betower word./ • Die sirkus veroorsaak skuldgevoelens by Meisie, sy vra Konstabel om nie vir haar ma te sê dat sy na die liggies kyk nie, daardeur word die Konstabel Meisie se vertroueling./ vriend./ • Meisie voel aangetrokke tot die kleurryke, flambojante hofnar wat haar aan die sirkus herinner en dit lei tot haar bevryding./ • Die sirkusmusiek, wat elke keer wanneer die deur oopgemaak word, gehoor kan word, skep spanning./ • Die sirkusmusiek betower Meisie en dra so tot haar bevryding by wanneer sy op die maat van die musiek by die huis uitdans./ Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 30 VRAAG 17: MIS – Reza de Wet – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 17.1 17.1.1 Toneelaanwysings / neweteks / subteks √ 1 17.1.2 Dit verwys na Gabriel (Miem se man) wat al sewe jaar lank in die solder bly. √ 1 Dit verduidelik hoekom daar geen manlike figuur/ beskermer in die huis is nie./ maak gehoor bewus van die las / hulle moet self finansieel regkom /nog hom hand en voet bedien. √ 1 17.2 Dit dui aarseling/vrees/ontsteltenis aan. √ 1 17.3 17.3.1 Tema van Beswering. √ 1 Sy sien haarself as die een wat die bose moet besweer. √ 1 17.3.2 Nee, Miem besweer / nie die bose nie, en laat onwetend die ‘gevaar’ (Konstabel) in die huis in/ Miem besweer nie die bose nie en vertrou die een persoon wat juis die gevaar inhou, nl. die konstabel. / Miem probeer Meisie beskerm en stuur haar uit wanneer sy vir Konstabel vertel van die verdwynings – dus is Meisie nie bewus van die details wanneer Konstabel haar mislei nie. / Miem gooi Meisie eerder vir die bose, as om haar te beskerm, wanneer sy vir Meisie begin afsmeer aan Konstabel, in die hoop dat hulle sal trou./ Gedurende hierdie poging, stuur sy vir Meisie en Konstabel alleen buitentoe, waar Konstabel die tyd het om vir Meisie te oorreed om 1 saam met hom te ontsnap. √ Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie ʼn JA-antwoord aanbied nie. 17.4 31 Augustus 1936/ 1936 √ 1 Die verdwyning van ʼn meisie die afgelope twee jaar, snags op hierdie datum. √ 1 17.5 Meisie is bang vir die onbekende en die “iets” wat dalk kan gebeur./ Die feit dat haar ma die details rondom die verdwyning weghou van Meisie maak dat sy bang is vir wat moontlik kan gebeur./ Meisie beleef innerlike konflik, sy het net die twee ouer vrouens wat haar kan beskerm. Haar pa kan nie help nie, want hy sit in die dak. √ 1 Ja, die konflik word opgehef wanneer Meisie vreesloos saam met die hofnar by die kombuisdeur uitdans. / Konstabel het haar gehelp om die vrees vir die onbekende buiteruimte te oorkom. √ 1 17.6 Nuuskierigheid √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31 17.7 Ja, die stemming is in die begin van die uittreksel gespanne, maar na die koms van die Konstabel, is daar ʼn verligting. √ 1 Die kandidaat kan nie ʼn NEE-antwoord aanbied nie. Moet beide kante vir 1 punt gee. 17.8 Motoriese moment √ 1 17.9 Miem wou Konstabel wegjaag omrede hy vir Gabriel van die ontvoerings verdink het. √ 1 “oorvriendelik” √ 1 17.10 17.10.1 Sneeuwitjie √ 1 17.10.2 Net soos Sneeuwitjie is Meisie bleek / Meisie het ook hard gewerk √ en wag ook vir haar sprokiesprins wat haar sal kom bevry. √ 1 17.10.3 Drie is ʼn magiese getal – die getal wat die wonder kan laat gebeur. /Dit dui op die bevryding van Meisie wat wel gaan gebeur, op hierdie aand. / Die gebruik van drie versterk ook die sprokieskarakter van die drama. √ 1 17.11 17.11.1 blind / sien √ 1 17.11.2 Dit is ironies dat Miem en Gertie wat kan sien, nie die gevaar raaksien in Konstabel nie./ “Sien is glo” – hulle kon hom immers werklik sien en nog steeds het hulle nie geglo dat hy die ontvoerder kan wees nie. √ 1 Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie aanbied vir EEN punt. 17.12 Ja, Die drama is in ʼn beknopte formaat./ Een hooftema./ Geen lang ontwikkelinge nie./ Nie geleentheid vir karakterontwikkeling nie, maar net openbaringe van karakters./ Beperkte aantal karakters./ Dialoog is gekonsentreerd. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 7.13 Ja, die sirkus se betowering maak dat Meisie gewillig is om haar gevangenisskap te probeer ontsnap. / Die sirkus se betowering maak dat Meisie nie skrik toe Konstabel na ʼn hofnar verander nie. / Die sirkusmusiek is ʼn deurlopende motief wat Meisie bly lok en uitnooi. √ 1 [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 32 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 5–6 4 3 2 0–1 - Diepgaande - Toon begrip van die - Redelike - Onbevredigende - Geen begrip van die Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie onderwerp onderwerp onderwerp goed onderwerp die onderwerp Diepte van argument, - Reeks treffende geïnterpreteer - Enkele goeie punte - Byna geen punte - Geen verwysing na verantwoordbaarheid argumente wat - Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp die gedig nie en insig in teks behoorlik uit die gedetailleerd Enkele van die onderwerp ondersteun nie gedig gerugsteun is deeglike argumente - Enkele argument - Onvoldoende 6 PUNTE - Uitstekende begrip gegee, maar nie almal word ondersteun, begrip van genre van die genre en ewe goed gemotiveer maar bewyse nie en gedig - Leerder het nie die gedig nie altyd oortuigend nie genre en gedig onder - Begrip van genre en - Basiese begrip van die knie nie gedig duidelik genre en gedig STRUKTUUR EN TAAL 4 3 2 1 0–1 - Samehangende - Duidelike struktuur en - Enkele bewyse van - Struktuur toon - Struktuur swak Struktuur, logiese struktuur logiese vloei van struktuur tekens van swak vloei en aanbieding argument beplanning Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel - Argumente goed - Vloei van argumente - ʼn Goed gestruktureer en daar kan gevolg word gestruktureerde - Argumente nie 4 PUNTE is duidelike logiese vloei en logies gerangskik ontwikkeling same hang ontbreek nie in die opstel - Taalgebruik, grootliks - Ernstige taalfoute - Taalgebruik, toon en korrek - Geringe taalfoute styl is volwasse, dit - Taalfoute beïndruk en is korrek beduidend - Toon en styl is - Foutiewe styl - Grammatika, spelling grootliks korrek - Toon en styl meestal en punktuasie feitlik gepas foutvry - Toon en styl nie geskik nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 33 AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 - Diepgaande interpretasie - Toon begrip van die - Redelike - Onbevredigende - Geen begrip van die Interpretasie van van onderwerp onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van die onderwerp nie onderwerp onderwerp goed onderwerp; nie alle onderwerp: byna Diepte van argument, geïnterpreteer aspekte in detail geen aspekte in verantwoordbaarheid ondersoek nie detail ondersoek nie en insig in teks - Uitsonderlike respons: 14–15 - Respons redelik - Enkele goeie punte - Min punte wat die - Swak poging om die 15 PUNTE - Uitstekende respons: 12– gedetailleerd ter ondersteuning onderwerp vraag te beantwoord 13 van die onderwerp ondersteun - Reeks treffende - Enkele deeglike - Enkele argument - Argumente oortuig argumente wat behoorlik argumente gegee, maar word ondersteun, - Baie min relevante nie uit die gedig gerugsteun nie almal ewe goed maar bewyse nie argumente is gemotiveer nie altyd oortuigend nie - Uitstekende begrip van - Basiese begrip van - Leerder het nie die die teks en genre - Begrip van teks en teks en genre - Weinig begrip van teks/ genre onder die genre duidelik teks en genre knie nie STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 - Samehangende struktuur - Duidelike struktuur - Enkele bewyse van - Struktuur toon - Gebrek aan Struktuur, logiese struktuur tekens van swak beplande struktuur vloei en aanbieding beplanning belemmer vloei van Taalgebruik, toon en - Argumente goed - Logiese vloei van argumente styl gebruik in opstel gestruktureer en daar is argument - Logika en samehang - Argumente nie duidelike ontwikkeling is duidelik, maar met logies gerangskik nie - Taalfoute en 10 PUNTE foute foutiewe styl laat - Uitstekende inleiding en - Inleiding, slot en ander - Paragrafering foutief hierdie skryfstuk slot paragrawe - Paragrafering misluk samehangend meestal korrek - Taalgebruik, toon en styl georganiseer - Taalfoute beduidend - Paragrafering foutief is volwasse, dit beïndruk - Toon en styl nie en is korrek - Taalgebruik, toon en - Enkele taalfoute; geskik nie styl is grootliks korrek toon en styl meestal - Styl en toon nie gepas geskik nie VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all