Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V2
2022
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 502.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 29
This exam
NSC June Exam 2022
- Paper 1Memo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2022
SS/NSS
9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2022
SS/NSS
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. "Reaksie" Opstelvraag 10 6
2. "eerste worp" Kontekstuele vraag 10 7
3. "besoekersboek" Kontekstuele vraag 10 8
4. " 'n vigslyer sterf" Kontekstuele vraag 10 9
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "Lied vir haar uitvaart" Kontekstuele vraag 10 10
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 15
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15
10. Vatmaar Opstelvraag 25 18
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 18
12. Onderwêreld Opstelvraag 25 21
13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 21
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 24
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 24
16. Mis Opstelvraag 25 27
17. Mis Kontekstuele vraag 25 27
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2022
SS/NSS
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD ()
A: Gedigte 1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte 5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman 6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama 14–17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
Reaksie – Vernon February
1 Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding
2 dat tjy nou gloe met hart en siel,
3 is tjy oek nou een van hul kring
4 en vyand vannie hotnotsriel?
5 oe tjy sil nou met newwies
6 en tjou beste sjute die dag deurbring,
7 dit kan ek nog verdra,
8 ma aai, wa'om
9 daai Sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie?
10 wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie
11 oppie draad,
12 dis justice, love en tjêritie,
13 tjy sê my ek sil eendag brand
14 ma waa's daai love en tjêritie?
15 Die teorie wêk olraait,
16 en wat kry tjy ou maat,
17 net hate en insults hier.
18 Dan soebat tjy nog ek moet gloe
19 Nei mattie, gee daai kan,
20 Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face
21 en ek my bottel jien.
[Bron: O snotverdriet, 1979]
Die spreker gebruik 'n retoriese middel, beeldspraak en stylfigure in die gedig om sy
afkeur van Ghwarrie se optrede – ná laasgenoemde se bekering – te beskryf.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
eerste worp – TT Cloete
1 ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2 geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3 die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4 ons het nie groot metropole nie.
5 ons is sonder groot donkergroen woude.
6 dun is ons geskiedenis met min groot name
7 soos beethoven of dante
8 of rembrandt of bramante
9 ons het min onwerklike sagte drome
10 maar ons het uitgestrekte woestyne
11 en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12 in die droë sand en koets teen die son
13 ons het baie droë lope
14 en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15 soos gourits en storievertelname soos skrij
16 of kameelsleep en lijersdraai
17 en baie reste naby aan die eerste worp
18 by wêreldseinde in die suisende stil nag
19 hoor jy die jakkalse se fossielskreeu
20 iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
[Bron: Uit die hoek van my oog, 1998]
2.1 Met watter woord in versreël 1 verwys die spreker na die inwoners van
Suidelike Afrika? (1)
2.2 Herlees versreëls 1 tot 4.
Wat is die funksie van die herhalende gebruik van "nie"? (1)
2.3 Wat is die funksie van die baie leestekens in versreëls 1 tot 5? (1)
2.4 Dink jy die omgekeerde woordorde én enjambement in versreël 6 versterk
die gedagte van Suid-Afrika se kulturele armoede? Motiveer jou antwoord
met 'n rede vir elke aspek. (2)
2.5 Noem TWEE redes vir die afwesigheid van hoofletters in versreël 15 en 16. (2)
2.6 Versreëls 17 tot 20 strek oor twee strofes.
2.6.1 Waarna verwys die "eerste worp" in versreël 17? (1)
2.6.2 Watter woord in versreëls 18 tot 20 kontrasteer met die titel én
watter waarde het die gebruik van "spotlag" aan die einde van die
gedig? (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
besoekersboek – Fanie Olivier
1 op die sel se mure het iemand uitgekrap
2 (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3 van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4 deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae
5 wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
6 hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7 sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8 het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?
9 ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10 waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11 vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12 lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.
13 'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14 moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.
[Bron: Skimmellig, 1978]
3.1 Watter woord in versreël 1 dui daarop dat die spreker die inhoud
veralgemeen? (1)
3.2 Wat is die funksie van die eerste dubbelpunt in versreël 2? (1)
3.3 Waarom gebruik die spreker soveel vrae in versreëls 5 tot 8 én waarop dui
die inhoud van die vrae? (2)
3.4 Watter woord in versreëls 9 tot 12 dui aan dat die spreker by die gebeure
begin betrokke raak? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
3.5 Benoem die stylfiguur in versreël 13. Dink jy die suggestie in hierdie versreël
dwing die spreker tot aksie? Motiveer jou antwoord. (2)
3.6 Herlees versreëls 9 tot 14.
In watter opsig verskil die rym in die slotstrofe van dié in versreëls 9 tot 12?
Motiveer of die verskil funksioneel is. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant
1 die takelwerk word afgetakel
2 stadig sien sy geliefdes hom inplof
3 die bekende vlees na binne stort
4 hulle sien hom reeds stof word
5 iets wil huil oor die bros vel
6 wat soos dun seil oor brose stokke lê
7 oor die mond wat iets wil sê
8 die gewig van lug
9 is vir die hand te swaar
10 die lyf
11 nou klein en seer
12 het byna alles reeds verleer
13 net die oë bly groter staar
14 soek na raad teen al die skade
15 na die genade van sag gaan
16 na verstaan
[Bron: Poësiepalet, 2007]
4.1 Wie is die spreker in die gedig? (1)
4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 1 en sê waarom die beeld effektief is. (2)
4.3 Waarom is die a-assonansie in versreël 1 en 2 effektief? (1)
4.4 Herlees versreëls 5 tot 7.
Wat noem ons so 'n driereëlige strofe? Haal TWEE afsonderlike woorde uit
dié strofe aan wat aandui dat die "vigslyer" buitengewoon breekbaar is. (3)
4.5 Watter invloed het die eufemisme in versreël 15 op die stemming van die
gedig? (1)
4.6 Herlees versreël 16.
Dink jy die leser kan hierdie versreël op meer as een manier verstaan? Gee
TWEE redes vir jou antwoord. (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2022
SS/NSS
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Lied vir haar uitvaart – Daniel Hugo
1 as kind het ek net een
2 keer my ma hoor sing:
3 die bootjie na kammaland*
4 dit was die soetste ding
5 wat ek ooit sou ervaar
6 heen en weer het sy gewieg:
7 hoe sag gly ons bootjie
8 op golfies wat dein
9 in die skyn van die maan
10 nou moet ek, wat nooit
11 die noot kon hou, haar
12 begelei op hierdie vaart
13 wat na kammaland voer
14 die land waar jonkheid
15 mos nimmer vergaan
16 ek staan aan die roer
17 verbeel my ek's stuurman
18 in 'n bootjie van papier
*Die "Bootjie na Kammaland" is 'n bekende Afrikaanse wiegeliedjie wat ouers saans
vir kinders sing.
[Bron: Taalgenoot, Lente 2018/Klinkklaar, 2021]
5.1 By watter woord in versreël 1 en 2 sluit "haar" (in die titel) aan? (1)
5.2 Hoekom is die herhalende s-klanke in versreëls 4 tot 6 doeltreffend? Dink jy
die gebruik van "soetste" ondersteun dié doel? Motiveer jou antwoord. (2)
5.3 Haal 'n frase uit versreëls 7 tot 12 aan waarmee die spreker 'n wending in die
gedig aandui. (1)
5.4 Benoem die stemming in versreëls 1 tot 9. Het die eufemisme in versreël 12
'n invloed op dié stemming? Motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2022
SS/NSS
5.5 Herlees versreëls 13 tot 18.
5.5.1 Benoem die beeldspraak in "kammaland". (1)
5.5.2 Is die rede wat die spreker vir dié beeld aanbied, oortuigend? (1)
5.5.3 Watter woord in versreëls 16 tot 18 sluit by "kamma" in
"kammaland" aan? (1)
5.6 Waarom is die beeld in versreël 18 gepas? (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Ma, Pa en Johanna speel 'n belangrike rol in die vorming van Iris se menswees.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
Ek het tevrede aan my hamburger begin eet. "Sien. Ek's nie mal nie. En ek glo ook
nie aan toeval nie. Dinge gebeur soos dit veronderstel is om te gebeur. Soos jy.
Behalwe die hotelklerk is jy die enigste mens wie se gesig ek ken. As wetenskaplikes
nou die ding reg moes uitwerk, wat dink jy is die kans dat ek die een mens wat ek ken
tussen agt miljoen sal raakloop? Hulle sal lag. Dit kan nie gebeur nie behalwe as dit so 5
bedoel was. En dit was. Want ek wou wegkom van daardie vent met sy ewige geklik
van kameras."
Billy het 'n vars sigaret aangesteek en oor sy skouer na sy motor gekyk. "Dis seker
waar wat jy alles sê," het hy erken. "En dit bring my terug na die man. Jy moet versigtig
wees. Ek ken hierdie stad. Jy's 'n kind hier. Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar 10
gestel die man spit jou uit?" Hy het gegrinnik vir sy bevredigende beeldspraak. "Dit kan
ook gebeur. Nie alle bolle kom tot bloei nie. Dis beter om maar in jou pasoppens te
wees."
"Maar as ek in my hotelkamer bly sit, gaan ek niks ervaar nie. Nie goed of sleg nie.
Dan kon ek net sowel by die huis gebly het. Ek moet iets ondervind wat ek vir Ma-hulle 15
en Johanna kan vertel." Ons het 'n rukkie in gemeenskaplike stilte gesit tot ek aan iets
gedink het. Miskien moet ek dit juis doen vir Ma en vir Johanna.
7.1 Wat gee direk aanleiding tot die situasie waarin Iris haar in die teksgedeelte
bevind? (1)
7.2 Is dit geloofwaardig dat Iris haar lewensiening met Billy deel? Motiveer jou
antwoord. (1)
7.3 Op watter TWEE maniere dra die ruimte (New York) waarin Iris haar bevind,
tot haar karakterontwikkeling by? (2)
7.4 Haal 'n sin uit reëls 6 tot 13 aan wat by die roman se titel aansluit. Watter les
leer die kwart-voor-sewe-lelie vir Iris? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2022
SS/NSS
7.5 Watter karaktereienskap van Iris blyk uit haar handeling in dié teksgedeelte?
Motiveer jou antwoord uit die roman met TWEE ander voorbeelde van haar
handeling in New York waartydens sy dieselfde eienskap openbaar. (3)
7.6 Volgens reël 17 voel Iris dat sy dit "vir Ma en Johanna" moet doen.
Stem jy saam dat Ma én Johanna vir Iris selfstandigheid geleer het? Motiveer
jou antwoord met DRIE redes. (3)
EN
TEKS B
As een van my karakters gepraat het, het mense geluister en gereageer. Dis
waarom ek hulle dialoog gepoleer en verfyn het. Hulle het nie "Ha!" gesê en hulle
neuse rooi gesnuif nie. Greta sou ook nie gedreig het om by 'n vlak waterval af te
spring nie.
Maar my onmiddellike probleem was Peter en Eduard. Die twee was besig om te 5
oorvleuel, veral in die koue nagte onder die dik donskombers. Eduard was 'n
adolessente skim, moes ek teësinnig toegee, Peter was werklikheid en die Engel het
êrens tussen die twee ingepas. My lewe was bevolk met mense wat óf te veel óf te min
ektoplasma gehad het. En aangesien die Engel nooit saans voor my slaapkamerdeur
uitgekamp het en gewaarsku het teen onheilighede nie, het ek Ouma se weergawe van 10
die gebeure bevraagteken. Sy kon die Engel meer mag toegeëien het as wat hy in
werklikheid gehad het of anders is hy, soos ons, deur die evolusieproses van die
twintigste eeu gestoot en het anderkant uitgekom met 'n verslapte sin vir
verantwoordelikheid.
"Waarmee is jy nou besig?" het Peter gevra. "Frederik?" 15
"Ek dink sommer."
"Dink aan my."
"Sekerlik," het ek gesê en my neus tussen sy borshare ingewoel.
Ek weet nie hoe laat dit was toe ek wakker geword het nie. Peter het vas geslaap,
sy arm swaar oor my bors, en eers wou ek net omdraai en weer slaap behalwe dat 20
daar 'n hand op my ander skouer was, en 'n koue hand daarby. Ek kon niks sien nie,
daarvoor was dit te donker.
7.7 Hoe bewys Iris later dat sy Greta ontgroei het? (1)
7.8 Watter verteller is in reëls 1 tot 3 aan die woord? Dra dié verteller tot die
geslaagdheid van die gedeelte by? Motiveer jou antwoord. (2)
7.9 In reël 5 en 6 word na konflik by Iris verwys.
7.9.1 Gee TWEE redes waarom Peter in die roman innerlike konflik by
Iris veroorsaak. (2)
7.9.2 Iris roep die Engel in om haar met haar innerlike konflik te help.
Gee TWEE voorbeelde hiervan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2022
SS/NSS
7.10 Watter verklaring gee die Engel vir sy teenwoordigheid in Iris se lewe? (1)
7.11 Wie se "koue hand" voel Iris in reël 21 op haar skouer? Gee TWEE redes
waarom Iris hierna ontevrede is met hiérdie karakter se optrede. (3)
7.12 Herlees reëls 10 tot 13 van TEKS A en reël 7 en 8 van TEKS B.
Watter verband is daar tussen die roman se tema en hierdie reëls
onderskeidelik? (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2022
SS/NSS
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Verskeie slagoffers van malaria het 'n invloed op Baas se besluit om sy roeping op
Manaka te aanvaar.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
Hy kan nie onthou wanneer hy laas alleen in sy kamp was nie. Hy weet van die twee
bosuile in die worsboom, die seekoeie wat van die eiland af verbykom, 'n naguiltjie se
fluitnote iewers in die pad wat na die sendelinge toe gaan en die geur van die gras
waarmee sy slaaphut se dak gedek is.
Hy weet ook van die tent wat in die kerk opgeslaan is en van die opgemaakte bed. 5
Hy gaan soek sy ma se Bybel. Baie verse is netjies met potlood en liniaal
onderstreep. By party verse is datums ingeskryf.
Een van die dinge wat hy opmerk, is dat sy van die boek Johannes gehou het. By
sy paraffienlampie lees hy hoofstuk 3 vers 16. Die datum wat sy ma daarby geskryf
het, is 25 Maart 1952. Dit is die dag waarop hy gebore is. 10
"Tjuu-tjuu-tjuu ... Tjuu-tjuu-tjuu ..." roep die dikkop, die onweervoël, laatnag op die
kaalte waar Manaka se as weggegooi word. Baas wurm hom onder sy net uit en smeer
sy kaal bolyf met insekweerder. Dit is drukkend warm. Die maan is aan die groei. Dit is
helderder as toe hy en Griesel agter die olifante aan was.
Waar hy Briekwa begrawe het, gaan sit hy teen die skuins stam van die 15
kameeldoring.
Sodat elkeen wat in Hom glo ...
Kan 'n mens die ewige lewe hê en dit verloor?
Ouma Essie het haar Bybel in die rivier gegooi.
Longwane knor. Iemand kom met die voetpad langs van Mubuyu se kant af. 20
9.1 Hoekom was Baas lanklaas alleen in sy kamp? (1)
9.2 Watter invloed het die ruimte (in reëls 1 tot 4) op Baas? (1)
9.3 Herlees reël 6 en 7.
9.3.1 Waarom het sy ma se Bybel vroeër by Baas konflik veroorsaak? (1)
9.3.2 Is daar 'n verband tussen die roman se titel en Baas se ander
Bybel? Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2022
SS/NSS
9.4 Waarom het Baas se ma sy geboortedatum by Johannes 3 vers 16 geskryf
en is dié ontdekking 'n keerpunt in Baas se lewe? Motiveer jou antwoord. (2)
9.5 Watter subtema blyk uit die woorde, "Waar hy Briekwa begrawe het"
(reël 15)? Noem TWEE ander geleenthede waar hierdie subtema in Baas se
optrede na vore kom. (3)
9.6 Watter soort verteller is in TEKS C aan die woord en waarom is dié soort
verteller in hierdie teks voordelig? (2)
EN
TEKS D
Baas loop teen die ruie duin af rivier se kant toe.
"Die pad gaan onder die groot maroela verby!" hoor hy Grace roep.
Teen die luglyn sien hy die boom se kaal takke in die laaste lig van die maan. Hy
kry die voetpad wat Manaka toe gaan.
Die janfrederik sing reeds toe Baas by die huis kom. Hy klim teen sy boot op en 5
gaan sit tussen die bagasierakke op die bodek met sy rug teen die stuurkajuit en wag
dat dit moet lig word. Die seekoeie kom raserig terug van hulle weiplekke af.
Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom. Waar is sy
nou? Elke mens wat doodgaan, laat iemand agter wat wonder wat van sy siel geword
het ... DV, sê Whitey – as die Here wil. Sodat elkeen wat in Hom glo ... Asseblief ... Ek 10
het nog nooit iemand gesien sterf nie. Tien bokke en 'n kind is die prys van die
weddenskap. Daar is 'n vrou met wie ek wil trou, sê die ngambela van die khuta.
"Tibelelo" beteken die een wat wag vir haar besoekers. Daar is iemand anders wat vir
die Plek van die Horings aansoek gedoen het.
In die oggendskemering draai Baas die plank op sy skoot dat die lig daarop val. 15
Zambezi Grace ... die naam van sy pontboot wat hy tussen Kazangula en Mombova
op die stuk kiaat geverf het.
Moenie skuldig voel oor wie jy vernoem nie.
Hy bêre die naamplank weer in die kajuit en klim teen die leer af.
9.7 Ná watter ontstellende gebeurtenis stap Baas terug Manaka toe (reël 1)? (1)
9.8 Watter karaktereienskap blyk uit Grace se woorde in reël 2? Noem TWEE
ander geleenthede waartydens Grace dieselfde eienskap openbaar. (3)
9.9 "Tien bokke en 'n kind is die prys van die weddenskap." (Reël 11 en 12)
9.9.1 Wie se "weddenskap" is hier ter sprake? (1)
9.9.2 Formuleer die tema wat by hierdie woorde aansluit. Slaag Baas
later daarin om sy oupagrootjie se lobolaskuld te betaal? Motiveer
jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2022
SS/NSS
9.10 Watter eienskap van Baas is ook in Whitey se optrede sigbaar en op watter
DRIE maniere dra Whitey daartoe by dat Baas uiteindelik op Manaka wil bly? (4)
9.11 Dink jy Baas behoort oor die naam van sy boot skuldig te voel? Motiveer jou
antwoord. (1)
9.12 Herlees reëls 17 tot 19 van TEKS C en reëls 9 tot 11 van TEKS D.
Met watter innerlike konflik worstel Baas, te oordeel aan albei tekste? Slaag
Baas daarin om later tot insig te kom? Motiveer jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2022
SS/NSS
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Oupa Lewies en Oom Chai beïnvloed – elkeen op sy eie manier – die Vatmaar-
inwoners se lewenskwaliteit.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
Dan het hy dit vir die Reverend gegee om op die altaar te sit en te seën.
Dit was die tyd toe arm mense gedink het tiekies is daar vir kollekte in die kerk.
By die nagmaal was Oom Hendruk die eerste om die Heilige Bloed te ontvang, en al
was hy 'n "tee-toddler", het hy 'n groot sluk gevat. Die kerkmense het altyd gesê: Daai
groot sluk is genoeg om enige mailer dronk te maak! 5
Noudat Oom Hendruk in die grootste verknorsing van sy lewe gesit het, het almal
gesê watter groot aap hy was, hy moes die diamant na hulle toe gebring het om te
verkoop. Die hele gemeenskap en al sy kerkgenote was teen hom. Hulle het gesê: Hy
sal nooit weer so 'n groot geluk kry nie, nooit in sy hele lewe weer nie. En watter
vonnis die witmense hom ook al gee, dit sal sy verdiende loon wees. 10
Volgende het die poliesman geskree: Hendruk Jannewarie.
Baas? Het Oom Hendruk gesê en na die traliedeur toe geloop.
Die poeliesman het na die beskuldigdebank gewys.
Oom Hendruk het in die hofsaal om hom rondgekyk en die hele gemeente van sy
kerk en nog ander mense ook sien sit. Teen dié tyd het die diamant in die oorvertellery 15
tot die grootte van 'n hoendereier gegroei.
Die bewysstuk, die diamant, het op 'n omgekeerde koppie op die skryfbank naby die
magistraat se inkpot gelê. Skitterende ligstrale het daaruit geflits want dit was
blinkskoon van al die gesuig in Oom Hendruk se bek ...
11.1 Watter skelm plan van Reverend Cobb het Oom Hendruk in dié verknorsing
laat beland? (1)
11.2 Herlees reël 6.
11.2.1 Gee die rede vir Oom Hendruk se "verknorsing". (1)
11.2.2 Waarom is die verloop van dié "verknorsing" ironies? (1)
11.2.3 By watter tema in die roman sluit dié gebeure aan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2022
SS/NSS
11.3 Hoe dra die milieu in Vatmaar onderskeidelik tot die optrede van Reverend
Cobb en die Vatmaar-gemeenskap (reëls 6 tot 9) by? (2)
11.4 Herlees reëls 8 tot 10.
11.4.1 Lei TWEE karaktereienskappe van Vatmaar se mense af na
aanleiding van reëls 8 tot 10. (2)
11.4.2 Noem TWEE Vatmaar-inwoners wat nie hierdie eienskap(pe)
openbaar nie. (2)
11.5 Dink jy Oom Hendruk verdien die behandeling wat hy in die hof kry? Motiveer
jou antwoord met TWEE redes. (2)
11.6 Op watter DRIE maniere bevoordeel Reverend Cobb homself na afloop van
die gebeure in TEKS E? (3)
11.7 Wie is in hierdie teks die verteller en waarom is dit effektief? (2)
EN
TEKS F
Sy het gelag en die pot van die vuur afgehaal en gesê: Gaan haal hout. Jy koud.
Hy het daar naby gaan hout haal, dit op die vuur gesit en hy was gou warm. Hy was
kaalvoet, met net 'n kakie Tommie-baadjie wat hy gesteel het, aan. Sy voete was vol
winterblase.
En weet jy wat het hierdie ouma gedoen? het Norman van der Westhuizen vir jou pa 5
gevra. Heinrich, het hy gesê, sy het twee blikborde en 'n kallabas melk gaan haal en vir
ons elkeen 'n groot bak pap geskep. Die eerste ordentlike ete wat ek gehad het vandat
my pa op kommando vertrek het.
Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy
oorlede moeder ingeneem. Hy was dadelik lief vir hierdie nuwe swart ma, want sy was 10
al wat hy op die aarde gehad het. En gelukkig vir hom, het sy ook al haar kinders en
man in 'n swart konsentrasiekamp verloor.
Sy het toe 'n blik water op die vuur gesit en gesê: Seerplekke op jou lyf baie sleg. Kyk
agter vuur, ek kyk vir wilde kopiefa-blare.
Sy het teruggekom en die blare op die tafel gesit wat van twee armybokkies en 'n los 15
houtblad gemaak was.
Bring water, mosimane, het sy gesê.
Hy het die water in die hut ingedra en die blare en skoon stuk doek op die tafel
gesien. Sy het hom uitgetrek en gevra: Jou ma, waar?
Hy het met sy vinger grond toe gewys. 20
11.8 Wat is die "Sy" in reël 1 se naam? (1)
11.9 Die ouma het vir Norman TWEE lewenswaardes geleer.
11.9.1 Skryf die TWEE lewenswaardes neer. (2)
11.9.2 Dink jy dié lewenswaardes pas by die roman se titel? Motiveer jou
antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2022
SS/NSS
11.10 Hoe veroorsaak Norman van der Westhuizen later by tant Wonnie innerlike
konflik en word dié konflik opgelos? Motiveer jou antwoord. (2)
11.11 Watter tema van die roman word in hierdie teks beklemtoon? (1)
11.12 Herlees reëls 9 en 10 van TEKS E asook reëls 10 tot 12 van TEKS F.
Is dit geloofwaardig om al die Vatmaar-inwoners daarvan te beskuldig dat
hulle hulle in ander se ellende verlekker? Motiveer jou antwoord na aanleiding
van die twee tekste. (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2022
SS/NSS
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Greg se pa, sy ma en John speel 'n belangrike rol in die vorming van Greg se
menswees.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
"Sal dit nie waag nie. Nie by dié skool nie, anyway. My pa sal uitfreak as sy
skouperd iets doen wat hom 'n skorsing kos."
"So, het jy ook een van daardie pa's?"
"Jy ook?"
Eckardt trek sy skouers op. "Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak ek hier? 5
Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa's. Dis wat hulle hier met ons doen, issit
nie? Hulle breinspoel ons sodat ons mooi kan glimlag, die regte dinge doen en sê."
"En in pappa se voetspore kan volg," voltooi ek die sin.
"Ek sien jy weet," sê Eckardt.
Daar is 'n ruk stilte waarin nie ek of Eckardt weet wat om te sê nie. Ek klik daarom 10
maar net op een van die links op die site waarop ek nou is. Voltooi my besonderhede
op die blad om te registreer om DVD's te kan invoer van Amerika af.
"Baie gevaarlik wat jy nou doen, nè?" sê Eckardt.
"Hoekom?"
"Kyk daar onder op jou skerm." Hy wys met sy vinger na 'n leë blokkie. "Sien jy, 15
geen slot nie? Dit beteken enigiemand kan sien wat jy nou doen – ás hulle wil sien
waarna jy kyk, bygesê."
"Tjol, man," grinnik ek.
"Nee, genuine. En selfs al was daar 'n slot, beteken dit ook nie jy surf veilig nie. Jy
moet na die site se sertifikaat gaan kyk." Ek het nie 'n clue waarvan Eckardt praat nie. 20
"Maar dis boring stuff," sê hy. "Het jy tyd, dan gaan wys ek jou 'n paar ander goed?"
13.1 Wat gee aanleiding tot Greg se antwoord aan Eckardt in reël 1 en 2? (1)
13.2 Na watter gebeure later in die roman word Greg se woorde oor sy pa
(reël 1 en 2) bewaarheid? (1)
13.3 Greg se optrede en keuses herinner baie aan sy pa en John s'n.
13.3.1 In watter situasie besef Greg dat hy soos sy pa teenoor ander
mense optree? (1)
13.3.2 Kan Greg aan die einde van die roman as 'n kloon van sy broer
John beskou word? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2022
SS/NSS
13.4 Waarom sou sy pa nie Greg se optrede teenoor die polisie, later in die roman,
beskou as "die regte dinge doen en sê" (reël 7) nie? (1)
13.5 Herlees reël 19.
Wat is Eckardt se bedoeling met dié woorde én waarom is hierdie woorde
ironies? (2)
13.6 Watter karaktereienskap van Greg word deur Eckardt in reëls 19 tot 21
uitgebuit? Noem TWEE onmiddellike gevolge wat hierdie manipulasie vir
Greg inhou. (3)
EN
TEKS H
"... Praat. Wat weet jy?"
'n Ope vraag wat enigiets kan beteken.
"Wat weet ek van wat?" Hardkoppig.
Sersant Botha antwoord: "Van die hacking."
Ek kan dit alles ontken, weet ek. Ek kan net sê ek het 'n joke gemaak met TJ. Maar 5
dan gaan ek myself vaslieg. My keel trek toe. Die vertrek lyk skielik kleiner, met die
sieklike reuk van die leermeubels wat my naar maak.
"Eckardt was 'n hacker," sê ek uiteindelik. Die woorde wat uit my mond kom, word
soos 'n uitlaatklep vir 'n tyre wat te styf opgepomp was.
"Was?" frons Inspekteur Cele. 10
"Oukei, is," sê ek weer. "Eckardt is 'n hacker."
"En hoe weet jy dit, Greg?"
"Hy het my vertel."
"Het jy gesien dat hy hack?"
Ek dink voordat ek antwoord. "Ja." 15
"Hoeveel keer? Een, twee?"
Weer moet ek dink. Die kantoormure trek nog 'n paar sentimeter kleiner. " 'n Paar
keer."
"Hoeveel is 'n paar keer?" Sersant Botha kom sit nou hier skuins voor my. Meneer
Andersen bly op die agtergrond luister. 20
"Ek weet nie. Baie kere."
Sersant Botha haal diep asem. Inspekteur Cele kyk na hom. Dit is sy wat die vrae
vra. "En jy, Greg? Het jy ook rekenaars gehack?"
Ek draai my kop na die vensters toe. Is hier dan geen lug in hierdie plek nie?
Inspekteur Cele se oë beweeg nie vir 'n millisekonde van my af nie. Sy is 'n ystervrou 25
onder daardie gemoedelike front wat sy voorhou, weet ek nou. Sy gaan nie laat los nie.
Kan ek haar vertel waarmee ek besig is?
13.7 "Maar dan gaan ek myself vaslieg." (Reël 5 en 6)
13.7.1 Noem TWEE voorbeelde van leuens/oneerlikheid van Greg
teenoor sy pa tot op hierdie stadium in die roman. (2)
13.7.2 By watter betekenis van die titel sluit Greg se leuens aan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2022
SS/NSS
13.8 Herlees reël 4.
13.8.1 Hoe dra Eckardt se milieu as kind daartoe by dat hy 'n kuberkraker
(reël 8) word? (1)
13.8.2 Watter gebeurtenis, volgens jou, speel die grootste rol daarin dat
Greg vir Eckardt se sosiale manipulasie geval het? Motiveer jou
antwoord. (1)
13.9 Herlees reëls 5 tot 7.
13.9.1 Benoem die soort konflik wat Greg ervaar en gee 'n rede vir sy
konflik. (2)
13.9.2 Is jy oortuig daarvan dat Greg se konflik teen die einde van die
drama opgelos is? Motiveer jou antwoord. (1)
13.9.3 Waarom kan 'n mens sê dat daar in die loop van die drama geen
karakterontwikkeling by Eckardt plaasvind nie? (1)
13.10 Wie is in TEKS H die verteller en waarom is dié verteller hier effektief? (2)
13.11 Herlees reël 21 van TEKS G en reël 27 van TEKS H.
Watter verband is daar tussen Greg se keuses in dié tekste en die titel van
die roman en watter insig verwerf Greg in die slot van die roman? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Map toon positiewe karakterontwikkeling vandat hy tronkstraf kry.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
MAUD: (praat met haarself): Hy sê ook nooit iets anners nie. Always just
"yes", always just "no". Gmf! You never know, this man, what is on his
mind. (Sy bly besig met die regmaak vir ete. Ons hoor die water in die
badkamer loop.) No, no, no, what am I saying. Hy't net die een ding
op sy mind, soes 'n obsession, 'n obsession. It drives me bloodywill 5
crazy ... It does ...
CAVERNELIS: (roep): Hoe sê jy, Maudie?
MAUD: I'm almost ready now, Cavernelis-darling ... (Dan weer aan haarself.)
Bloodywill crazy ... (Geïrriteerd, wanneer sy daaraan dink.) Ja, ek sê
... ! 'Is soes iets hom jaag. Jaag, jaag, jaag! Skaars by die huis, 10
skaars by die huis, dan is hy weer vort moet sy bicycle, dan is hy
weer yt moet sy suitcase, skaars by die huis ... As if I don't want to
have him sometimes, just for myself ...
(Dan, asof sy nadink, met 'n vurk in die hand, wat sy nie mooi weet
waar om dit neer te sit nie.) Now, why am I so nervous!? 15
(Die water het opgehou loop.)
MAUD: Ja, stop wasting water, Cavernelis-darling ...
CAVERNELIS: Hoe sê jy, Maudie?
MAUD: ... hy sil die laaste een wees om water te waste! He really wants us
out of here, out, out, óút of here, out of this ... bloody township place. 20
Oh, he's a good man, really ... (Skielik bewoë.) Cavernelis-darling ...
You're a good man ... I know. But you don't stand a bloody chance,
man, I tell you, can't you hear? Don't you listen ...
15.1 Waarna verwys Maud met die woorde in reël 4 en 5? (1)
15.2 Wat is die funksie van die dialoog in reëls 1 tot 5? (1)
15.3 Dink jy Cavernelis se obsessie (reël 5) hou vir sy huisgesin ironiese gevolge
in? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2022
SS/NSS
15.4 Noem die maatskaplike omstandighede wat tot Maud se woorde in reël 17 lei.
Waarom is dit vir die verloop van die drama nodig dat die leser die
maatskaplike omstandighede ken? (2)
15.5 Noem TWEE redes waarom die Cavernelisse so graag wil weggaan. Watter
oordeelsfout begaan Cavernelis ten opsigte van dié doelwit? (3)
15.6 Hoe verskil die toon van Maud se gesprek met Cavernelis (reëls 19 tot 23)
van die laaste keer dat sy in die drama met hom praat? Waarom is hulle
lááste gesprek so anders? (2)
EN
TEKS J
LA GUMA: Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek regaf
strepe in die lug, met albei hande en wys na die geboue in die
omgewing.)
CAVERNELIS: Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan worry met 'n shower in
die huis nie, mister La Guma. Dis 'n onnodige uitgawe, op 'n 5
huurhuis.
LA GUMA: (luister nie): 'n Sterk tronk, sê ek …
CAVERNELIS: (plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let dit skaars op):
Ja …
LA GUMA: Nou is Map Jacobs ook terug … 10
Cavernelis sê niks.
LA GUMA: Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe. Kan jy dit vir jou imagine?
Hiérnatoe?
Cavernelis sê niks.
LA GUMA: Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys, bars dan uit van die lag.) 15
An' you know, what really gets me? Lat die mense almal actually nog
bid! Nog in die Here in glo! Praise the Lord, en al daai jazz!
CAVERNELIS: Wel ...
Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer, om te
sien wat haar pa ophou. Sy roep dan. 20
BLANCHIE: Daddy! Daddy!
LA GUMA: En ek hoor Map Jacobs is oek kamma ge-bekeer!
CAVERNELIS: Ek kom, Blanchie ...! Okay, goodnight, mister La Guma ...
LA GUMA: (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer weer): Weet jy
hoekom hulle vir hom Map ge-call het? You know why? 25
CAVERNELIS: ('n bietjie meer ferm): Maar ... ek stel nie belang nie, mister
La Guma ...
LA GUMA: Omlat hy getattoo is oor sy hele lyf. (Hy wys.) That beautiful body,
hoekô moet hy dit nou so gaan op-mess! Allerhande merke, like, to
identify himself! 30
15.7 Watter boodskap dra La Guma aan Cavernelis in reël 1 oor? (1)
15.8 Herlees reëls 1 tot 3.
Lei TWEE karaktereienskappe van La Guma af na aanleiding van sy woorde
én handeling onderskeidelik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2022
SS/NSS
15.9 Waarom kan die vroeëre praatjies oor Map Jacobs se vrylating as die
motoriese moment van die drama beskou word? (1)
15.10 Herlees reëls 10 tot 22.
15.10.1 Hoekom reageer Cavernelis nie in reël 14 nie? (1)
15.10.2 Wat wil La Guma met die inligting oor Map Jacobs bereik? (1)
15.10.3 Sluit Map se naamsverandering (na Johnnie) by La Guma se
woorde in reël 22 én by Map se worsteling in die tronk aan?
Motiveer jou antwoord deur na albei sake afsonderlik te verwys. (2)
15.11 Wat noem ons die kursiefgedrukte woorde in reël 14 en 19? Wat is die funksie
van hierdie kursiefgedrukte woorde onderskeidelik? (3)
15.12 Herlees die onderstreepte sinne in reël 22 en 23 van TEKS I asook die
onderstreepte sinne in reël 15 van TEKS J.
15.12.1 Is daar in dié twee tekste 'n ooreenkoms in Maud en La Guma se
toekomsvoorspelling? Motiveer jou antwoord. (1)
15.12.2 Noem EEN aspek uit die onderstreepte sinne in die twee tekste wat
by die tema van die drama aansluit. (1)
15.12.3 Waarom is La Guma se woorde 'n korrekte voorspelling van Map
se toekoms? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/2022
SS/NSS
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Meisie se karakter ontwikkel opvallend ná die koms van Konstabel.
Bespreek die karakterontwikkeling wat Meisie ondergaan in 'n opstel van 400 tot 450
woorde. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS K
MIEM: Ons het gewaarsku en gewaarsku maar hulle wou nie hoor nie! As ek
dink aan die aaklige mense. Rondlopers en kwaaddoeners.
GERTIE: Om nie eers te praat van die fratse nie! (Gril) Om net daaraan te dink ...
MIEM: Fratse? Watse fratse?
GERTIE: In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te gaan. 5
MIEM: En hoe weet jy van ... hierdie fratse?
GERTIE: (verbouereerd) Ek?
MIEM: Ja. Jy.
GERTIE: Wel ...
MIEM: Het jy hulle gesien? 10
GERTIE: Ja. (Vinnig) Net een maal.
MIEM: Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?
GERTIE: Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ... hierdie armsalige
en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge kan tel. Om ander se
ongeluk te aanskou ... maak 'n mens so innig dankbaar ... 15
MIEM: Ja-nee, dit is seker waar. Ek is jammer, Gertie. Ek het gedink jy het
gaan kyk uit blote nuuskierigheid. (Sug) Nou vertel ons van die arme
skepsels, Gertie. (Wys na MEISIE) Dit sal haar goed doen. Sy is mos
alewig ontevrede.
MEISIE: Dis nie so nie, Ma. 20
MIEM: O ja, ek weet jy sê niks. Maar ek sien vir jou!
MEISIE draai haar kop weg.
MIEM: Sien! Dit is nou net wat ek bedoel. (Sug en skud haar kop) Maar kom
nou, Gertie. Vertel maar.
GERTIE: (vryf haar hande vinnig. Na 'n kort stilte begin sy vertel. Gedurende die 25
vertelling leef sy haar heeltemal in. Dit is nie asof sy die gebeure onthou
nie, maar asof sy dit in die hede beleef.) Halfdonker tent. Net fakkels in
die hoeke. Die gedrogte is agter 'n dun, geroeste reling.
17.1 Waarna verwys Miem in reël 1? (1)
17.2 Wat is die funksie van Miem se dialoog in reël 1 en 2? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/2022
SS/NSS
17.3 Dink jy Miem se bewustheid van "rondlopers en kwaaddoeners" (reël 2) hou
vir haar ironiese gevolge in? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
17.4 Herlees reëls 1 tot 7.
17.4.1 Met watter uiterlike handeling probeer Gertie haar valsheid
wegsteek? (1)
17.4.2 Watter woord in dié reëls openbaar egter dat Gertie uitgevang is? (1)
17.5 Die manier waarop Miem met Gertie in reëls 10 tot 12 praat, sluit aan by die
manier waarop sy met Meisie in reël 21 praat.
17.5.1 Noem TWEE karaktereienskappe van Miem wat duidelik uit hierdie
twee afsonderlike spreekbeurte blyk. (2)
17.5.2 Waarom praat Miem in die drama op hierdie manier met Meisie? (1)
17.6 Waarom kan Konstabel se koms by Miem se huis as die motoriese moment
van die drama beskou word? (1)
17.7 Anders as Miem en Gertie, word Meisie bloot "Meisie" genoem.
17.7.1 Noem TWEE redes vir hierdie naamloosheid. (2)
17.7.2 Noem TWEE gevolge van hierdie naamloosheid. (2)
EN
TEKS L
MEISIE: Ek moenie daarna luister nie.
Die stemme van MIEM en GERTIE word hoorbaar in die gang.
GERTIE: Dis net wat ek ook sê.
MIEM: (nader) Presies!
MIEM en GERTIE kom binne. Hulle is druk in gesprek. MEISIE kyk af 5
en werk verder aan die sak.
GERTIE: Ja. Net bolangs rondgekrap.
MIEM: (opgewonde) Ek het mos verniet gesê grawe oop, delf om. Ek is seker u
stem saam, Konstabel. Maar hulle wou nie hoor nie.
GERTIE: Nee, hulle wou nie. 10
Geluid van sagte huilwind.
MIEM: En nou is die spoor al koud. Hulle het nooit ordentlik gesoek nie.
Konstabel, ons praat oor die verdwynings. Oor die ondersoek na die
verdwynings. Nou ja. (Sug) Wat kan 'n mens verwag? (Gaan sit by die
tafel, glimlag) Dit lyk darem of julle mekaar se geselskap geniet het of 15
hoe?
MEISIE: (bang) Wat was dit?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/2022
SS/NSS
MIEM: Toe maar, dis net die wind, my kind. En die takke op die dak.
Kort stilte.
GERTIE: En ek voel 'n trek. Miskien is iets iewers oop. 20
MIEM: Moet jou nie bekommer nie. Als is toe. Die wind waai deur die krake.
(Kort stilte. Skielik heftig aan die KONSTABEL) En putte, het ek gesê!
Kyk in putte. (Sug) Maar niemand wou luister nie. Nou wat kan 'n mens
meer doen?
GERTIE: Ja. Jou hande is afgekap. 25
MIEM: En dan was daar tant Salie se droom. Baie oud. Al pêrels op die oë.
Maar daar is nie 'n droogte, sterfte of 'n vloed wat sy nie voorspel het
nie.
GERTIE: Dit is so, Konstabel. Wat sy sien, kom altyd waar.
MIEM: En toe het sy gedroom ... 30
17.8 Waarvan praat Meisie in reël 1 en hoe sluit dit by die tema van die drama
aan? (2)
17.9 Gee die maatskaplike omstandighede wat tot Meisie se handeling in reël 6
lei. Waarom is dit vir die verloop van die drama nodig dat die leser die
maatskaplike omstandighede ken? (2)
17.10 Wat noem ons die kursiefgedrukte woorde in reël 11 en 22? Wat is die
funksies van hierdie onderskeie kursiefgedrukte woorde? (3)
17.11 Hoewel Konstabel teenwoordig is, praat hy glad nie in hierdie teks nie. Gee 'n
rede vir sy stilswye. (1)
17.12 Herlees die onderstreepte sin in reël 20 van TEKS K asook die onderstreepte
sin in reël 17 van TEKS L.
17.12.1 Is daar in dié twee tekste 'n ooreenkoms in Meisie se houding
teenoor haar ma? Motiveer jou antwoord. (1)
17.12.2 Dink jy Konstabel se teenwoordigheid verander Meisie se houding
teenoor Miem én los haar keuse om saam met Konstabel te gaan,
haar innerlike konflik op? Motiveer telkens jou antwoord. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper