Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V2
2018
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 543.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 29
This exam
NSC June Exam 2018
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
Show all 13 questions
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 11Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 13Letterkunde (Literature / Set Works)24 marks
- Question 15Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 17Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 19Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 21Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en 5 en merk die vraagnommers van die
letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy
gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2018
SSE
9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2018
SSE
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. "staat" Opstelvraag 10 6
2. "Sonsverduistering" Kontekstuele vraag 10 7
3. "Die huis luister" Kontekstuele vraag 10 8
4. "Een sprong vir …" Kontekstuele vraag 10 9
5 "eerste worp" Opstelvraag 10 10
6 "besoekersboek" Kontekstuele vraag 10 11
7 " 'n vigslyer sterf" Kontekstuele vraag 10 12
8 "Vincent van Gogh" Kontekstuele vraag 10 13
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
9. "woorde" Kontekstuele vraag 10 14
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
10. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 15
11. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 15
12. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 17
13. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 17
14. Vatmaar Opstelvraag 25 20
15. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 20
16. Onderwêreld Opstelvraag 25 22
17. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 22
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
18. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 24
19. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 24
20. Mis Opstelvraag 25 27
21. Mis Kontekstuele vraag 25 27
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2018
SSE
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD ()
A: Gedigte 1–8 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte 9 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman 10–17 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama 18–21 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2018
SSE
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
staat – Niel van Tonder
1 jare nou al
2 sit roerloos wit
3 'n krap in 'n gaterige wal
4 roer 'n steeltjiesoog
5 met tye
6 waaksaam omhoog
7 niemand sal ooit
8 met sekerheid kan sê
9 of 'n droë dood ook in hom lê
10 maar wanneer en hóé
11 het die swart mierbataljon
12 dié parate pantser binnegekom?
[Bron: As Hy weer kom, 1975]
Dié gedig maak van beeldspraak én stylfigure gebruik om die boodskap – dat 'n staat
wat selftevrede is tot niet sal gaan – oor te dra.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2018
SSE
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Sonsverduistering – PJ Philander
1 Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
2 van skadu en verklein die sekelboog
3 van son tot dreigend swart die kol daar hoog
4 'n koue vreemde skemerte laat trek
5 wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
6 'n vaal streep donkies met die kortste pad
7 oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
8 die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
9 Oor gans die mensdom hang 'n skaduwee
10 wat alle lig van God en Christus so
11 verduister dat Sy pad onsigbaar is.
12 En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
13 het nie 'n skaap se voorgevoel of glo
14 dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
[Bron: Uurglas, 1955]
2.1 Gee die woord in versreël 1 wat by die titel aansluit. (1)
2.2. Watter woord dui daarop dat die sonsverduistering stadig plaasvind? (1)
2.3 Benoem die stylfiguur in versreël 8 en haal 'n woord uit versreëls 1 tot 4 aan
wat daarmee kontrasteer. (2)
2.4 Hoekom is die omkering van die woordorde (inversie) in versreël 9 gepas? (1)
2.5 Gee TWEE verskille tussen die skape (versreël 8) en die mensdom
(versreëls 9 tot 14). (2)
2.6 Gee die tema van die gedig. Stem jy saam dat dié tema in 2018 steeds
aktueel én universeel geldig is? Motiveer jou antwoord ten opsigte van ELKE
aspek afsonderlik. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die huis luister – Daniel Hugo
1 my kamers is hol soos 'n binne-oor
2 ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3 liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4 soek met die goor hede, nooit tevrede
5 aanhou kibbel oor kon en sou en moes
6 luister, ek bewaar julle verlede
7 my fondamente kraak onder die las
8 my plafonne raak voos van die eggo's
9 te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10 jare se trane laat my rame roes
11 so word ons saam verweer deur dit wat was
12 my dakplate en julle gebede
13 fluister en knal al hoe harder om hulp
14 ongehoord in elke nag se oorskulp
[Bron: Dooiemansdeur, 1991]
3.1 Wie is aan die woord in die gedig? (1)
3.2 Watter woord in versreëls 1 tot 3 sluit by "luister" in die titel aan? (1)
3.3 Benoem die stylfiguur in versreël 5. Wat is die funksie hiervan? (2)
3.4 Is daar genoeg rede om die bewoners aan te spreek oor hulle taalgebruik?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. Gee 'n bewys uit die gedig dat die
bewoners hulle nie aan die spreker steur nie. (3)
3.5 Benoem die halfrym/klankeffek in versreël 9 en sê watter funksie dit hier
verrig. (2)
3.6 Watter gevoel kom in die slotstrofe van die gedig voor? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2018
SSE
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Een sprong vir … – Joan Hambidge
1 Jy wil weet
2 waarom herstel ek nie –
3 want jy het my die maan,
4 sterre en uitspansel beloof.
5 Jy stuur my na die maan
6 en à la Neil Armstrong beweeg
7 ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8 karteer die kraters, die stil verwoesting
9 wat jy saai, plant 'n vlaggie van rekapitulasie
10 (dis verby, dis verby, dis …) op die klein silw'rige planeet.
11 Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12 genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13 wys my foto's vir diegene wat wil sien,
14 neem stukkies maankors saam
15 en weet ná maande
16 die maan is hiér.
17 Jy wil weet
18 waarom vergeet ek nie –
19 omdat ek weet die maan
20 is beslis nie van kaas.
[Bron: Kriptonemie, 1989]
4.1 Watter woord in die gedigtitel dui op die afstand tussen die geliefdes? (1)
4.2 Wat is die geїmpliseerde betekenis van versreëls 3 tot 4? (1)
4.3 Benoem die klankeffek/halfrym in versreël 8. In watter opsig ondersteun dié
klankeffek/halfrym die spreker se gemoedstoestand in versreëls 8 tot 10? (2)
4.4 Benoem die stylfiguur in versreël 8 en verduidelik wat dit beteken. (2)
4.5 Gee die funksie van die herhaling in versreël 10. (1)
4.6 In al vier strofes word na die "maan" verwys.
Dink jy die spreker se siening van die "maan" het, binne konteks van die
gedig, verander? Gee TWEE redes vir jou antwoord. Dui ook aan hoe die
tipografie van die gedig by "maan" aansluit. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2018
SSE
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
eerste worp – TT Cloete
1 ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2 geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3 die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4 ons het nie groot metropole nie.
5 ons is sonder groot donkergroen woude.
6 dun is ons geskiedenis met min groot name
7 soos beethoven of dante
8 of rembrandt of bramante
9 ons het min onwerklike sagte drome
10 maar ons het uitgestrekte woestyne
11 en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12 in die droë sand en koets teen die son
13 ons het baie droë lope
14 en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15 soos gourits en storievertelname soos skrij
16 of kameelsleep en lijersdraai
17 en baie reste naby aan die eerste worp
18 by wêreldseinde in die suisende stil nag
19 hoor jy die jakkalse se fossielskreeu
20 iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
[Bron: Uit die hoek van my oog, 1988]
Die tema van hierdie gedig handel oor opvallende verskille tussen Suid-Afrika en
Europa.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2018
SSE
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
besoekersboek – Fanie Olivier
1 op die sel se mure het iemand uitgekrap
2 (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3 van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4 deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae
5 wie was dié peter? Waar kom pam vandaan?
6 hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7 Sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8 het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?
9 ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10 waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11 vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12 lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.
13 'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14 moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.
[Bron: Skimmelig, 1978]
6.1 By watter woord in versreël 1 en 2 sluit "íngekrap" aan? (1)
6.2 Waarom krap mense hulle name ín? Slaag hulle in hul doel? Motiveer jou
antwoord. (2)
6.3 Skryf net allitererende woorde in versreël 11 en 12 neer. Gee die funksie van
dié halfrym/klankeffek. (2)
6.4 Haal die oksimoron wat in versreël 13 en 14 voorkom, aan. (1)
6.5 Wat noem ons 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan? Dink jy dit is gepas
dat die gedig met 'n koeplet eindig? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3)
6.6 Herlees die woorde ná die dubbelpunt in versreël 14.
Wat is die verband tussen die titel en dié woorde? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2018
SSE
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant
1 die takelwerk word afgetakel
2 stadig sien sy geliefdes hom inplof
3 die bekende vlees na binne stort
4 hulle sien hom steeds stof word
5 iets wil huil oor die bros vel
6 wat soos dun seil oor brose stokke lê
7 oor die mond wat iets wil sê
8 die gewig van lug
9 is vir die hand te swaar
10 die Iyf
11 nou klein en seer
12 het byna alles reeds verleer
13 net die oë bly groter staar
14 soek na raad teen al die skade
15 na die genade van sag gaan
16 na verstaan
[Bron: Poësiepalet, 2007]
7.1 Skryf die woord in die titel neer wat by "takelwerk" in reël 1 aansluit. (1)
7.2 Benoem die beeldspraak in versreël 5 en 6 en gee die betekenis van die
beeld wat geskep is in jou eie woorde. (2)
7.3 Waarom is die gebruik van slegs twee woorde in versreël 10 funksioneel? (1)
7.4 Wat suggereer die spreker met versreël 13? (1)
7.5 Haal die eufemisme in versreël 15 aan. Dink jy die gebruik van dié stylfiguur
is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3)
7.6 Skryf versreël 15 en 16 oor en onderstreep die assonerende klanke.
Wat word in dié reëls met dié assonansie bereik? (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2018
SSE
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vincent van Gogh – DJ Opperman
1 Jy het as 'n miskende
2 heilige vergeefs geveg teen die ellende
3 en die onreg in die krotte van die myn,
4 in agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
5 en skriklike stryd van God
6 leer ken, wat mens en boom verknot
7 in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8 in aanbidding van die son kon verwe,
9 boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10 die kantelende landskap in die snelle ligte
11 geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
12 tot branding van die skone kon verwek,
13 toe is Sy hartstog eers in jou volbring
14 soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
[Bron: Heilige beeste, 1937]
8.1 Wie is die aangesprokene in die gedig? (1)
8.2 Dink jy die tipografiese skeiding van "miskende" en "heilige" is funksioneel?
Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
8.3 Na wie se ellende word in versreël 2 verwys? Waarom was die geveg teen
die ellende "vergeefs"? (2)
8.4 Watter woord dui die wending in die gedig aan? In watter TWEE opsigte sluit
die inhoud by dié wending aan? (3)
8.5 Watter stemming heers in versreëls 7 tot 14? (1)
8.6 Benoem die beeldspraak wat in versreël 13 en 14 voorkom. (1)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2018
SSE
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
woorde – Vincent Oliphant
1 my woorde het nie die krag
2 om bose magte tot 'n val te bring nie
3 my woorde kan bloot sing
4 my woorde is nie 'n dak
5 om onder te skuil nie
6 my woorde is swak
7 my woorde kan nie keer
8 dat ons die kromme note haal nie
9 my woorde is kaal
10 glo tog
11 my woorde het nie die byt
12 van koeëls en grofgeskut nie
13 nee
14 my woorde kan bloot bid
15 en pleit
16 en wens
17 medeburgers van die lewe
18 dat ons van grense sal vergeet
19 en bloot mens sal wees
20 en medemens
[Bron: Die sagte vlees, 1998]
LET WEL: Die spreekwoord in versreël 8 beteken: met alle mag of besonder hard werk
[Bron: HAT]. Hier beteken dit dus dat 'n probleem net met moeite opgelos
kan word.
9.1 Gee die woord waarmee die spreker sy/haar persoonlike betrokkenheid by
die inhoud aandui. Watter retoriese middel gebruik die spreker om dié
betrokkenheid in die gedig te beklemtoon? (2)
9.2 In watter opsig stem versreël 3, 6 en 9 inhoudelik ooreen? (1)
9.3 Die spreker maak gebruik van eenvoudige taal sonder onnodige
beskrywings.
Haal 'n versreël aan waarmee die spreker dit aandui. Op watter wyse sluit
die tipografie van die gedig by hierdie taalgebruik aan? (2)
9.4 Wat sal gebeur indien die spreker se woorde "die byt van koeëls en
grofgeskut" verkry? (1)
9.5 Is die alleenplasing van "nee" in versreël 13 funksioneel? Motiveer jou
antwoord. (1)
9.6 Die spreker gebruik woorde om te "bid", "pleit" en "wens" in versreëls 14
tot 20.
Noem TWEE aspekte wat die spreker met sy/haar woorde wil bereik. Dink jy
die versugting oor die gebruik van "woorde" is aktueel? Motiveer jou
antwoord. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2018
SSE
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Die milieu in Suid-Afrika, Frankryk én Amerika beϊnvloed Iris.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 11: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
Ná die slapie was almal knorrig. My teorie was dat die suurstof in die huis begin
min raak het, maar ek het geen ondersteuning gekry nie, veral nie van die mans wat
my daarop gewys het dat meer as genoeg suurstof deur die balke ingelaat word.
Dit, op sy beurt, het Bettie genoop om te kla dat dit verklaar waarom sy so koud om
die blaaie gevoel het. Die kinders was die enigste wat vrolik was. Hulle het selfs 5
aangebied om die tafel te dek en het elke klapper geskud, probeer inkyk wat binne-in
is en daarvolgens besluit wie kry watter een. Ek het hulle gewys hoe om die servette
in waaiers te vou, 'n truuk wat ek by Elsa geleer het. (Elsa het nooit net 'n tafel gedek
nie; sy het altyd 'n kleurskema, 'n tema en iets pikants of ongewoons as versiering.
Soos die keer toe sy by 'n visete 'n kunstige versameling skulpe op 'n silwer bordjie 10
gerangskik het en een van die skulpe begin wegloop en 'n slymspoor oor die gestyfde
tafeldoek gelaat het. Dit was Hannes se skuld, het sy gesê. Die idee was dat hy leë
slakskulpe uit die tuin bymekaar moes maak. Johanna het gelag soos 'n heks toe ek
haar ná die tyd daarvan vertel het.)
Ons het verder gebou aan die legkaart. Brian het aan die lug gearbei omdat dit sy 15
spesialiteit was. Tussendeur het hy ons vertel van sy bekwame broers.
11.1 In watter ruimte speel TEKS A af? Waarom bevind Iris haar in hierdie
spesifieke ruimte? (2)
11.2 Volgens reël 4 "kla" Bettie. Noem 'n ander eienskap van Bettie soos die leser
haar in die roman leer ken. (1)
11.3 Wie dra in die spesifieke ruimte van TEKS A by tot Iris se veranderde siening
van die huwelik? Sê wat Iris se veranderde siening is. (2)
11.4 Wat is die verwantskap tussen Iris en Elsa? Noem TWEE invloede wat Elsa
op Iris se lewe het. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2018
SSE
11.5 Herlees reëls 10 tot 14.
Gee TWEE redes waarom Iris en Johanna dié insident so geniet. In watter
opsig verskil dié insident met die slakke van Elsa se karakter soos wat sy dit
in die roman openbaar? (3)
11.6 Hoekom speel Johanna so 'n belangrike rol in Iris se lewe? Gee TWEE
voorbeelde van Johanna se rol uit die roman om jou antwoord te ondersteun. (3)
EN
TEKS B
"Dink jy so?" Dit was 'n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se
vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my
toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop sonder om
eers my roksoom vuil te maak? "Maar jy is nie altyd by nie," het ek hom herinner.
"Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy altyd op my vensterbank na 5
my sit en loer." 'n Ander gedagte het my getref. "Dink jy ek blom dalk eers ná ek dood
is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my sigbaarheid verloor het?"
"Party mense blom ongesiens," het hy gesê. "So onverwags dat niemand dit eers
opmerk nie."
"Soos Ma se lelie." 10
"Iets in dier voege, ja."
Net Polder Twee het opgetree soos hy moes. Sy lewe het jaar na jaar onveranderd
voortgegaan. Hy het nie skielik kleintjies gekry of 'n dramatiese
persoonlikheidsverandering ondergaan nie. As hy lui was, het hy geslaap en wanneer
hy honger was, het hy geëet. Hy het smiddae saam met my gaan stap en uit die pad 15
gebly wanneer Elsa en haar kroos kom kuier het. Hy was net 'n hond.
My nuwejaarsvoorneme, nadat my enkel weer aangegroei en albei voete weer na
voor gewys het, was om my aanstaande skoonfamilie te leer ken. Ma het ook gedink
dit was wys. Elsa het haar mooi hande (dit was voor die drieling) teen haar voorkop
gedruk en my sterkte toegewens. 20
11.7 Watter gebeure gee aanleiding tot Iris se vraag in reël 1? (1)
11.8 Wie is die verteller in reëls 1 tot 6? Dink jy dis effektief dat dié persoon hier
aan die woord is? Motiveer jou antwoord. (2)
11.9 In watter opsig sluit reëls 6 tot 9 by die tema van die verhaal aan? Dink jy Iris
kom tot insig oor haar blomtyd? Gee DRIE redes vir jou antwoord. (4)
11.10 Reël 18 verwys na Iris se "aanstaande skoonfamilie".
Gee TWEE redes waarom die verhouding tussen Iris en haar aanstaande
skoonpa ongemaklik is. (2)
11.11 Herlees reël 8 en 9 van TEKS B en reëls 8 tot 12 van TEKS A.
Is hierdie woorde in TEKS B van toepassing op Elsa? Motiveer jou antwoord
én haal EEN sin uit TEKS A aan wat jou antwoord ondersteun. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2018
SSE
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Die milieu op Sable Ranch én op Manaka beïnvloed Baas.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 13: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chipman hom op die wal
van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam in Barotseland, die westelike
provinsie van die huidige Zambië. Hy vang nie 'n enkele skoenlapper nie, en gaan
nooit terug na sy land van herkoms nie.
Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle, later ook hy en die 5
basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle – altyd met 'n Brindle as tropleier –
word legendariese buffeljagters. Hy kap die trofeë aan die stamme van die reuse-
oewerbome om sy kamp vas en dit besorg aan sy blyplek die naam Manaka, wat Plek
van die Horings beteken.
Met die jare kry hy langs sy hut 'n skooltjie aan die gang waar hy 'n klompie Malozi- 10
kinders onder 'n worsboom met die vinger in die sand leer skryf en somme maak.
Hulle leer ook lees en Engelse kerkliedjies sing – die enigste liedjies wat hy uit sy
kinderjare onthou. Sy Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk. Sondae word die ruwe
kiaathoutbankies onder die worsboom die kinders en sommige ouers se kerk.
Hy noem dit Manaka Evangelical Mission. Een van sy gemeentelede is indoena 15
Sitali Mulambwa, die stamhoof van die Senanga-gebied.
'n Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika toegankliker te maak,
dryf Dennis Chipman. Eendag, glo hy, sal hy 'n boot hê om mense en goedere op
die Zambezi te vervoer.
Die middele om sy boot mee te bou, beplan hy om uit ivoorhandel te verdien, 20
ook uit ruilhandel met buffelvleis. Maar sy droom word nooit waar nie.
13.1 Wie het Dennis Chipman na Suid-Afrika gestuur? (1)
13.2 Gee DRIE redes waarom Dennis Chipman nooit 'n "enkele skoenlapper"
vang nie. Hoe wil Baas, die agterkleinseun, sy oupagrootjie se "skoenlapper"
simbolies "vang"? (4)
13.3 Dui die naam "Baas" wat Dennis Chipman (TEKS C) in Barotseland kry op
'n meerderwaardige houding teenoor die plaaslike bevolking? Gee TWEE
redes vir jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2018
SSE
13.4 Dennis Chipman se optrede op Manaka verskil baie van Baas, Dennis se
agterkleinseun, se optrede 92 jaar later.
13.4.1 In watter stadium kap Baas (die agterkleinseun) sy eerste paar
buffelhorings teen 'n stutpaal op Manaka vas? Wat simboliseer
hierdie handeling van Baas? (2)
13.4.2 Hoekom verskil Baas (die agterkleinseun) se gesindheid teenoor
die Malozi's van sy oupagrootjie s'n? (1)
13.5 Dennis Chipman se optrede in reëls 10 tot 16 sluit aan by die tema van
omgee en naasteliefde.
Is Baas, die hoofkarakter, iemand wat naasteliefde en omgee teenoor
meneer Johnnie bewys? Motiveer jou antwoord. (1)
13.6 Baas, die agterkleinseun, vestig hom ook op Manaka, maar wil – anders as
sy oupagrootjie – niks met godsdiens te make hê nie.
Gee die rede vir Baas, die agterkleinseun, se gesindheid. Verander sy
gesindheid in die loop van sy verblyf op Manaka? Motiveer jou antwoord met
TWEE redes. (3)
13.7 Waar vestig Dennis Chipman, die oupagrootjie, hom ná nege-en-twintig jaar
se verblyf in Barotseland? (1)
EN
TEKS D
"Eendag … Miskien … As ek 'n kombuis het. Hierdie is joune. Jy het daardie dag
gesê jy wil bankies bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring."
Hulle sit die gewere neer, maak die drade los waarmee die planke aan die trekker
vasgewoel is en pak dit onder die seil by die werkswinkel. Baas nooi Whitey
slaaprondawel toe, steek die paraffienlampie aan en bêre sy geweer. Grace kom in 5
met twee bekers.
"Nou moet julle besluit. Ek stel voor julle gebruik die bekers vir koffie," sê sy.
"Jy weet mos ek hou nie van koffie nie en koffie hou nie van my nie."
Whitey sit sy geweer op die bed neer. Grace los die bekers langs die foto's op die
swart trommel en gaan uit om water te gaan haal. 10
"Ek gooi dop," sê Whitey. "Wat van jou?"
"Nie nou nie, dankie." Baas tel die geweer op en bekyk dit.
"Agtponder." Whitey gaan sit op die groen trommel.
Baas se oë dwaal verby die man in die blou oorpak na die portret teen die muur.
Hy sak op die bed neer. "Ek gooi maar vir my ook 'n dop, wat," sê hy toe hy 15
uiteindelik opstaan. Hy skink en lig die agtponder.
" 'n Hele troppie buffels wat hy platgeskiet het … En 'n hele paar olifante ook wat
oupagrootjie daarmee grond toe gebring het …"
"Ja, jy raai reg. Dit was my oupagrootjie se geweer," sê Whitey. "Ek dink toe ek sal
jou maar kom wys. Ons het so baie oor die ou man gepraat …" 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2018
SSE
13.8 Herlees reël 1 en 2.
Waarom het die houtbankies vroeër konflik vir Baas veroorsaak? Op watter
TWEE wyses skakel die herstel van die houtbankies die huidige Manaka met
die oupagrootjie se Manaka? (3)
13.9 Watter soort verteller is in reëls 13 tot 16 aan die woord? Waarom is die
gebruik van dié verteller in hierdie reëls nie so effektief nie? (2)
13.10 Watter inligting verswyg Baas in reëls 15 tot 18? Hoekom gee hy later sý
oupagrootjie se Bybel vir Whitey ? (2)
13.11 Herlees reëls 5 tot 9 van TEKS C asook reëls 14 tot 20 van TEKS D.
Wat suggereer Baas deur na "die portret teen die muur" te kyk? Gee TWEE
redes vir Baas se dade in reël 15 en 16. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2018
SSE
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Die milieu op Vatmaar én Du Toitspan beïnvloed tant Wonnie.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 15: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS E
Siesie Lena en Janman sou terug Windsorton toe loop en die trein Kimberley toe
daar vat. Dis hoe hulle twee-twee uitmekaar is. Toe hulle mekaar groet, het die vier
gesê: God was met ons. En in hulle harte het hulle gesê: Dankie, Vader.
Bet en Flippus was nou alleen in die vreemde wêreld.
Jare later, toe Oom Flip en Tant Bet goed gevestig was in Vatmaar en Klein-Neels 5
al 'n fris klong, loop Oom Flip vir Jakob Kierie in die Pan raak. Hy het net uit die tronk
gekom na hy drie jaar gesit het oor hy ongeslypte diamante by hom gehad het.
Hy vertel toe dat Oubaas Swartz op Bakerville dood is, 'n arm man, soos die meeste
ander delwers. Sy dogter Mollie het met Filemon getrou. Hulle enigste kind is dood.
Oubaas Steenkamp het sy eie lewe geneem. Albei ou manne het gesê as hulle net 10
geweet het, sou hulle nooit daardie twee skepsels laat gaan het nie, want hulle was
die laaste van hulle soort wat nog in die wêreld oor was. Hulle geluk het hulle met
hulle saam weggevat en hulle verdriet vir hulle, die witmense, gelos. Dis wat die
toordokter glo vir hulle gesê het.
Dit, het Jakob Kierie gesê, is wat die witmense op Bakerville onder mekaar vertel. 15
In die mouterkar Kimberley toe is daar nie 'n woord gesê nie. Mister Hall-Stone het
sonder om te vra by die stasie gaan stilhou. What a contrast, sê hy toe hy na die twee
kyk wat uitklim.
15.1 15.1.1 Watter gebeure gaan die afskeid in reëls 1 tot 3 vooraf? (1)
15.1.2 Gee TWEE redes vir die karakters se dankbaarheid. Op watter
manier verander dié gebeurtenis die karakters se lewens-
omstandighede? (3)
15.2 In watter TWEE opsigte word Tant Bet gepas uitgebeeld? Waarom is Oubaas
Swartz se uitbeelding in die roman nie gepas nie? (3)
15.3 Waarom voeg die verteller die inligting oor Jakob Kierie hier van reël 5 tot
reël 15 in? (1)
15.4 Herlees reëls 8 tot 12.
Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het uiterlike konflik met hulle werkers,
Bet en Flippus. Gee 'n voorbeeld van dié konflik by ELK van die werkgewers. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2018
SSE
15.5 Gee EEN van die "twee skepsels" in reël 11 se naam. (1)
15.6 Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het 'n baie hoë dunk van Flippus en
Sus Bet. Is dit geregverdig dat hulle so baie van dié twee dink? Motiveer jou
antwoord. (2)
15.7 Wat bedoel Mister Hall-Stone met sy uitlating in reël 17 en 18? (1)
EN
TEKS F
Toe haal Tant Wonnie 'n sjieling uit haar roksak en gee dit vir hom. Hier is 'n sjieling,
Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim.
Stoffel Jones het nie geweet dat Tant Wonnie daardie dag in die hof verskyn het
nie, ook nie dat Mevrou September die saak teen haar gemaak het nie. Klim op jou
skelm, sê hy en vat die sjieling. 5
Settie September was baie verbaas om Tant Wonnie met 'n nuwe rok en skoene
aan in die kapkar te sien. Sy kon haar nie in die oë kyk nie en Tant Wonnie het
gedink: As sy 'n stert gehad het, was hy tussen haar bene.
Johnny September was net so verbaas soos sy vrou. Middag, Tante, het hy gesê.
Sy het net na hom gekyk en niks gesê nie. 10
Die kar het weggetrek: Klip-kop, klip-kop, klip-kop en hulle koppe het saam met die
klip-kop, klip-kop, klip-kop gewieg.
Tant Wonnie het sit en dink: Ek en Suzan is altwee verwerp, veroordeel en beledig.
My eer is in die hofgebou herstel, maar nie in Vatmaar nie. Daar was niemand van
Vatmaar in die hof nie. Ek wonder watter liegstories nou vertel en uitgedink gaan 15
word. Maar vanaand sal ek die blikkie beesvleis oopmaak, 'n uie opsny en brood
bysit. Dan, as Suzan wil, kan sy droëvrugte kry en die gemmerbier drink.
Tant Wonnie was op die punt om aan die slaap te val toe Mevrou September vir
haar man met die oë na die bottel gemmerbier in die kardoes beduie.
15.8 Watter soort verteller is aan die woord in TEKS F en hoekom is dit
noodsaaklik dat juis hierdie verteller in reëls 3 tot 7 gebruik word? (2)
15.9 Is Settie September se reaksies in reëls 6 tot 7 oortuigend? Gee 'n motivering
by ELKE reaksie. (2)
15.10 Watter tema in die roman sluit by die onderstreepte woorde aan? In watter
TWEE opsigte het dié tema betrekking op Kaaitjie? (3)
15.11 Sus Bet (TEKS E) en Tant Wonnie (TEKS F) leef Ta Vuurmaak se filosofie
van mededeelsaamheid uit.
Bewys met behulp van TWEE voorbeelde by ELK dat Sus Bet én Tant
Wonnie mededeelsaam optree. (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2018
SSE
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Die milieu in sy ouerhuis én by Lawson Kollege beïnvloed Greg.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 17: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
"… Die ander ouens sien op na jou. En dan doen jy sulke goed! Ek is teleurgesteld in
jou, Greg."
"Dan is ek ten minste nie die eerste kind wat jou teleurstel nie, Pa!"
Die woorde is uit voor ek kan keer. Maar dit stop my pa in sy spore.
Hy weet wat ek bedoel. Ek praat van John. Eers was John alles, totdat hy besluit 5
het hy het genoeg gehad en hy gaan suip daardie pille. Toe is hy nikswerd. 'n Skande.
'n Teleurstelling.
"Ons praat nie nou van John nie," sê my pa na 'n ruk, sy stem beheers maar
beneuk. "Ek weet ook van daardie e-pos wat jy gestuur het."
Ek wil sê dit was nie ek nie. Dit was mos van 'n vals e-posadres gestuur. Maar ek 10
weet ek moet nie nou sukkel nie. My pa is nie stupid nie. Om te lieg gaan die ding net
erger maak.
"Môreoggend, Greg … die eerste ding wat jy doen as jy jou voete uit die bed tel,
gaan jy na Dok Pienaar toe en jy gaan vra om verskoning vir jou skandelike gedrag.
En dan laat staan jy hierdie rebelse houding van jou. Jy los die skool uit dat hulle 15
Eckardt se storie hanteer soos hulle dit goeddink. En wát hulle doen het niks met jou
uit te waai nie. Bepaal jou aandag by jou studies en jou sport. Ek verwag uitstekende
resultate van jou teen die einde van jou matriekjaar. Ek sal met niks minder as dit
tevrede wees nie …"
17.1 Wat gee aanleiding tot Greg se pa se woorde in reël 1 en 2? (1)
17.2 Hoekom is Greg se pa se teleurstelling in Greg ironies? (1)
17.3 In reël 3 noem Greg een ooreenkoms met sy broer, John.
Noem TWEE ánder ooreenkomste tussen Greg en John. Watter TWEE
kenmerke van Eckardt het Greg baie aan John laat dink? (4)
17.4 Dink jy Greg sou die e-pos (reël 9) gestuur het as hy toe reeds geweet het wat
die verreikende gevolge van sy dade gaan wees? Motiveer jou antwoord met
DRIE redes. (3)
17.5 "En wát hulle doen het niks met jou uit te waai nie." (Reël 16 en 17)
Is dit, binne die konteks van Greg se skoolmilieu, aanvaarbaar dat sy pa
hierdie mening lug? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2018
SSE
17.6 17.6.1 Formuleer die tema van die roman na aanleiding van die woorde in
reël 15. (1)
17.6.2 In watter TWEE opsigte geld die roman se tema ook vir Greg se pa
én Dok Pienaar? (2)
EN
TEKS H
"Was dit nie interessant hoe jy alles wat ek vir jou geleer het, kon gebruik nie, Greg?
Ek meen, van al die goed wat hackers kan doen, was die goed wat jy sou nodig kry om
die Butcher te ontmasker die presiese goed wat ek met moeite in daardie kop van jou
probeer inprent het … of moet ek sê, wat ek probeer program het."
Noudat ek daaraan dink, dit is waar. Ek kon plek-plek self nie glo hoe maklik dit was 5
nie. Byvoorbeeld om die foto van die white hat te ontsyfer, om die password van
Eckardt se webblad na my toe te mail. Om die password by Joan te kry … Alles goed
wat Eckardt my geleer het.
"Hoe lyk dit? Is jy al online, Greg? Kan jou brein al die encrypted password hashes
brute force en die geheime woord vir jou netjies en mooi op die skermpie gooi?" 10
Eckard forseer die woorde deur sy tande. Ek sien hoe sy vuiste bal. Wat is dit met
die ou? Dit lyk dan nou of hy my … haat?
Wat hy voor hom sien, word die eerste snydende skreegeluid wat deur sy grootwordjare
sal eggo: Sy pa se groot lyf, half oor die lessenaar gebuig, asof hy besig is om te skryf.
Maar in sy hand is daar nie 'n pen nie. Daar is 'n 9 mm-pistool in sy geklemde vuis. 15
Een vinger is om die sneller.
Ek skud my kop. Ek weet nie waarvan Eckardt praat nie.
"Goed dan … hier is die password: social engineering, Greg."
17.7 Waarom wil Eckardt die Butcher ontmasker? (1)
17.8 Waarom kan Greg as 'n white hat én 'n black hat beskou word? (2)
17.9 Wat is die verband tussen social engineering in reël 18 en die uiterlike konflik
tussen Greg en Eckardt in Clarens? Word dié konflik opgelos? Motiveer jou
antwoord. (2)
17.10 Herlees reëls 11 tot 17.
Gee TWEE redes waarom reëls 13 tot 16 van die res van die teks geskei
word. Hoekom is dit onregverdig dat Greg by Eckardt se haat betrek word? (3)
17.11 Herlees reëls 13 tot 19 van TEKS G asook reëls 9 tot 12 van TEKS H.
Gee die ooreenstemmende stemming wat in die tekste (TEKS G en TEKS H)
heers en gee die rede vir dié stemming in ELK van die twee tekste.
(3)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2018
SSE
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 18 (opstelvraag) ÓF VRAAG 19 (kontekstuele vraag).
VRAAG 18: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Map Jacobs en Cavernelis is in die drama, Krismis van Map Jacobs, gevangenes van
hulle omstandighede.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 19: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
MAP: Ek is nog ôrait, Ma … 'is Map … 'is Johnnie …
Sy kyk na hom, knik.
MAP: Hoe gaan 'it moet Ma?
Sy knik dat dit "goed gaan".
MAP: En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie … Ek wiet sy't ook 5
altyd skelm gekom, sonner lat haar mense wiet …
Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.
MAP: … maar ek verkwalik haar nie … Die social worker het weer moet
my gepraat, sy's nogal vrinnelik …
Sy kyk na hom. 10
MAP: Miss Africa … 'n Mens kan nogal moet haar praat.
Sy kyk vraend op.
MAP: Miss Africa, Ma … Ek sê, sy's nogal vrinnelik …
Antie Grootmeisie knik.
MAP: Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat nou 15
kom, annermaand …
Antie Grootmeisie kyk lewendig op.
MAP: Annermaand!
Sy knik opgewonde.
MAP: Parole, Ma … 20
Sy knik weer.
MAP: Ek is jammer, oor dit alles, Ma … Ek het al gesê … Ek het vir Ma al
gesê, ek is jammer oor dit alles … Ek het ge-change hierso in die
tronk in. Ma wiet self. (Driftig.) Ek is jammer, maar Ma moet my glo,
Ma móét my gló! Ek het ge-change hierso … 25
Sy skud haar kop hewig om te kenne te gee dat sy "glo".
MAP: Ek is 'n ge-change-de man, ek … het die Here Jesus gevind hierso,
regtig, ek sal nie lieg nie … Dink Ma ek lieg?!
MAP(sektaries): Sy knik "nee".
Praise the Lord, Ma! Hy vát vir jou, Hy … Hy vat vir jou, vuil … 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2018
SSE
19.1 Waarom is Johnnie/Map in die tronk? Waarop dui die naam "Johnnie" wat
Map in reël 1 gebruik? (2)
19.2 Is dit geloofwaardig dat hy in reël 3 na sy ma se welstand vra? Motiveer jou
antwoord. (1)
19.3 Waarom besoek Blanchie nie meer vir Map nie? (1)
19.4 Watter simboliese betekenis het "sewe" (n.a.v. reël 15) in hierdie konteks?
Is die vrylating, juis op die "sewende" van "annermaand", effektief?
Motiveer jou antwoord. (2)
19.5 Wat is die funksie van al die toneelaanwysings/neweteks in reëls 2 tot 21?
Dink jy dié toneelaanwysings/neweteks het 'n effek op die toneel?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. (3)
19.6 Watter TWEE sake het Map in gedagte wanneer hy in reëls 22 tot 25 sê dat
hy "jammer oor dit alles" is? (2)
19.7 Watter stemming heers in reëls 15 tot 28? Gee TWEE redes vir hierdie
stemming. (3)
19.8 Watter mededeling dra in hierdie stadium in die struktuur van die drama by
tot verhoogde spanning? Gee TWEE redes waarom dié spesifieke
mededeling die spanning verhoog. (3)
EN
TEKS J
LA GUMA: Oh well … (Hy spring.) I suppose it's … not so easy to adapt again
after … all this time … But hell … he's really got a beautiful … body
… Sorry about … the … tattoos … Anyway …
CAVERNELIS: op met sy fiets, nogmaals terug van 'n aand se smouswerk met die
soft goods. 5
LA GUMA: (bly oor die moontlike geselskap): O, hello, mister Cavernelis …
CAVERNELIS: (sku): Evening, mister La Guma …
LA GUMA: Lovely evening, nice an' … crisp, for jogging …
CAVERNELIS: 'Is 'n bietjie koud, mister La Guma. Ek gaan maar inkruip.
LA GUMA: You had a … long day, mister Cavernelis? 10
CAVERNELIS: (het nou al tot stilstand gekom, sy hande op die stuurstang van die
fiets): Ja.
Ons sien vir Blanchie, bo by die deur, buite.
BLANCHIE: (roep na binne): Antie Maud … Daddy het nou net gekom … Maar
dis weer daai lastige Willy la Guma daar by hom! Bly altyd agter 15
mense aan …
MAUD: (van binne af): Oh … talk talk, talk, die ou praatbek! All words and
air, and nothing done!
CAVERNELIS: (te ordentlik of te swak om sommer net sy eie koers te kry): Ja, 'n
lang dag, mister La Guma. (Staan onseker, met die fiets in sy hande. 20
Hy lyk moeg.)
BLANCHIE: (praat weer met MAUD. La Guma-hulle, onder, kan nie vir haar en
Maud hoor nie): Hulle praat daar onner by die lig …
MAUD: Jy mien Willy la Guma praat!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2018
SSE
19.9 Noem die TWEE kenmerkende eienskappe van La Guma wat al die mense
in die township irriteer. (2)
19.10 Van wie praat La Guma in reëls 1 tot 3? (1)
19.11 "Sorry about … the … tattoos … Anyway …"
By watter tema van die drama sluit dié woorde van La Guma aan? (1)
19.12 Herlees reëls 5 tot 6 van TEKS I en reël 7 van TEKS J.
Gee DRIE ander bewyse dat die Cavernelis-gesin nie met die mense in die
township wil meng nie. Dink jy dit is geregverdig dat die Cavernelis-gesin
hierdie gesindheid openbaar? Motiveer jou antwoord. (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/2018
SSE
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 20 (opstelvraag) ÓF VRAAG 21 (kontekstuele vraag).
VRAAG 20: MIS – OPSTELVRAAG
Miem en Meisie is in die drama, Mis, gevangenes van hulle omstandighede.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25]
VRAAG 21: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS K
KONSTABEL: Nou wel, as u dan die saak oopgevlek het, is dit seker waarom ek
hier is. Miskien koester die persoon … of persone …
GERTIE: Ag nee, Konstabel! Is daar dan meer as een?
KONSTABEL: 'n Mens weet nooit. Enigiets is moontlik.
MIEM: Ja, dit is waar. (Aan Meisie) Vir wat staan jy by die venster? Kom sit 5
en maak jou sak klaar.
MEISIE: Ja, Ma.
MEISIE gaan sit en werk verder.
MIEM: Verskoon tog, Konstabel. Wat wou u sê? Van die persone of
persoon? 10
KONSTABEL: Ek was besig om te sê hy …
GERTIE: Of hulle!
KONSTABEL: Net so, Juffrou. Of húlle koester dalk 'n wrok teen u en die
juffrou hier.
MIEM: Hoe aaklig. 15
GERTIE: Verskriklik!
KONSTABEL: Wil u miskien selfs van die gras af maak!
MIEM, MEISIE en GERTIE maak gelyktydig angsgeluide.
KONSTABEL: Maar wees gerus. (Glimlag) Ek is hier om so 'n plan te fnuik.
MIEM: Hoe kan ons u bedank? 20
KONSTABEL: Ag nee, Mevrou. Dit is my werk.
MIEM: Dit is te … afskuwelik.
KONSTABEL: (verbaas) Wat, Mevrou?
MIEM: Om te dink … ons word bes moontlik – op hierdie oomblik – beloer en
beluister. 25
GERTIE: Deur een of meer persone. Met weerwraak in hulle harte.
MIEM: En … ek het alreeds soveel om te verduur. Alles word vir my … te
veel (Kreun en laat haar kop in haar hande sak)
GERTIE: Aag, sies tog, Miem.
MIEM: (aan MEISIE) Kom saam, my kind. (Staan swaar op) Verskoon tog, 30
Konstabel. Ek is nou weer terug.
KONSTABEL: Alles reg, Mevrou.
Stilte. MIEM verdwyn deur die gangdeur terwyl MEISIE agter haar
aanslenter. GERTIE kyk na die KONSTABEL wat stil voor hom sit
en uitkyk. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/2018
SSE
21.1 Waarna verwys Gertie in reël 3? (1)
21.2 "Enigiets is moontlik." (reël 4)
Gee TWEE handelinge van Konstabel uit die drama wat sy woorde bewys. (2)
21.3 Herlees reëls 5 tot 7.
Gee 'n motivering vir Meisie se optrede in reël 5. Waarom is Miem se reaksie
hier in die struktuur van die drama funksioneel? Gee TWEE redes. (3)
21.4 Herlees reël 5 en 6.
21.4.1 Hoe sluit Miem se woorde by die titel van die drama aan? (1)
21.4.2 In watter DRIE opsigte gee die milieu aanleiding tot Miem en
Meisie se werk met sakke? (3)
21.5 Noem TWEE sake wat Konstabel met sý woorde in reël 13 en 14 wil bereik?
Slaag hy in sy doel? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (4)
21.6 Dink jy daar is 'n verband tussen Konstabel se optrede en sy onderstreepte
woorde in reël 19? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
EN
TEKS L
KONSTABEL: (staan op. Kwaad. Beweeg na die deur) Ek sal gaan, Mevrou.
(Draai om by die deur en laat sy stok val) Maar laat my asseblief net
toe om my saak te stel. Ek wil nie so hier weggaan nie.
MIEM: (nors) Nou sê jou sê.
KONSTABEL: (Kwaad) Dit is my werk! Ek is gewoond om vrae te vra. En ek is 5
werklik bekommerd oor u veiligheid. Wat u ook al mag dink. Ek wou
maar net uitvind … of hier nog 'n deur is. Nog 'n plek om in te kom.
Sodat ek in my pasoppens kan wees. Nou weet ek van alle gevare.
Die deur kan maklik oopgebreek word … Iemand kan daar insluip …
U man oorrompel … Afklim … en voor ons weet, is hy … of sy … 10
tussen ons.
GERTIE: O, Vader!
MIEM: Konstabel … ek was miskien 'n bietjie haastig. Ek sien … u dra tog
ons belange op die hart. U moet my maar vergewe. Ek is 'n bietjie
kort van draad. Dit kom van my ma se kant. Konstabel, sal u tog nie 15
maar bly nie? Ons sal dit waardeer.
GERTIE en
MEISIE: Asseblief, Konstabel.
Die KONSTABEL antwoord nie. Hy staan stil en staar voor hom uit.
MIEM: (oorvriendelik, na 'n stilte) Vertel ons, Konstabel, het u ondervinding
van sulke sake? Verdwynings, bedoel ek? 20
KONSTABEL: O, ja, dit is waarvoor ek eintlik gebruik word. Vermiste persone.
MIEM: Werklik?
MEISIE steek haar vinger raak. Sy trek haar asem in en suig haar
vinger.
MIEM: (aan die KONSTABEL) So u sê u werk met vermiste persone, 25
Konstabel?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/2018
SSE
21.7 Wat gee aanleiding tot Konstabel se woorde in reëls 1 tot 3? (1)
21.8 Watter karaktereienskap van Konstabel kan uit sy woorde in reëls 5 tot 11
afgelei word? (1)
21.9 In watter opsig is Miem se woorde in reël 13 en 14 ironies? Hoekom hou
Miem se woorde vir Meisie gevaar in? (2)
21.10 Herlees Miem se onderstreepte vraag in reël 20.
Waarna verwys Miem? Sê hoe Konstabel haar met sy antwoord bedrieg. (2)
21.11 Herlees reël 5 in TEKS K en reël 23 en 24 van TEKS L.
Dink jy Meisie se handeling in albei tekste sluit by die tema van bevryding
aan? Motiveer jou antwoord deur na ELKE teks afsonderlik te verwys. In
watter opsig word Meisie teen die einde van die drama bevry? (3)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper