Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201812 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL • Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. • Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. • Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Jy weet mos hoe mense is ... Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur verskillende mense se doen en late te beskryf. Moontlikhede van sulke sake is avonture wat beleef word, snaakse/komiese situasies of ontnugtering wat deur mense te weeg gebring word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor aspekte wat mense uniek maak. 'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/handelinge van mense wat groot avonture beleef. As beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor mense en/of die invloed wat mense op ander mense het. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 1.2 Met bene uitgestrek, koppie koffie in die hand, begin hy/sy vertel ... Die onderwerp kan as verhalende opstel handel oor 'n besondere storie wat die skrywer daardie dag by iemand gehoor het. Kandidate kan 'n beskrywende opstel aanbied waarin iemand wat 'n interessante/ontstellende/insiggewende/nostalgiese storie vertel, beskryf word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die feite/gegewens wat die man/vrou in sy/haar storie kwytgeraak het./die waarde van stories. Die belangrikheid van storievertelling of die nodigheid van mededeling van ervarings met jou geliefdes kan beredeneer/argumenteer word. [50] 1.3 Orgaanskenking kan 'n ander se lewe red. Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As 'n verhalende opstel kan die kandidaat skryf oor 'n voorval wat daartoe lei dat iemand dringend 'n orgaan van 'n skenker moet ontvang. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor orgaanskenkings en die invloed wat dit op die orgaanskenker se familie of die ontvanger van die orgaan het. By 'n argumenterende/beredeneerde aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig of hy/sy ten gunste of teen orgaanskenking is en dat dit wel lewens red./nie lewens red nie. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die kans op lewe wat die ontvanger toeval. [50] 1.4 Drup, drup, drup ... en daar val die reën! Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor die vreugde- volle/rampspoedige dag toe die reën uitsak. In 'n beskrywende opstel kan die gebeure van die dag/dae toe die reënbui uitsak, beskryf word. Indien die opstel bespiegelend aangebied word, kan die kandidaat bespiegel oor die moontlike invloed/betekenis van reën./water. Die kandidaat kan ook mymer oor die mens se afhanklikheid van water./die hoop en verwagting dat die reën wel sal kom en broodnodige watertekort aanvul. Die droogtetoestand in ons land en die bepaalde eise wat waterbeperkings aan die mens stel, kan onder die loep geneem word in 'n beredeneerde/argumenterende opstel. [50] 1.5 Dis die klein dingetjies wat saak maak. Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor gebeure waar die klein dingetjies in die lewe, soos spesiale oomblikke/optredes, 'n groot invloed op ander het. Indien die onderwerp beskrywend aangebied word, kan die kandidaat die klein dinge wat 'n groot verskil in 'n mens se lewe maak, beskryf. Hierdie onderwerp leen hom ook tot 'n bespiegelende opstel waarin die kandidaat besin oor die invloed van die kleiner/belangriker dinge op 'n mens se lewe sodat die mens moontlik insig verkry rondom dinge wat éintlik behoort saak te maak. Die kandidaat kan in 'n beredeneerde/argumenterende opstel redeneer/argumenteer dat/of ons samelewing nog hoegenaamd ingestel is op die kleiner dinge soos respek/korrekte optrede/ sosiale verantwoordelikheid teenoor mense in jou gemeenskap. [50] 1.6.1 Hande vashou Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende opstelle, bv. 'n beskrywing van die verhouding tussen geliefdes of 'n situasie wat aanleiding gegee het daartoe dat die twee persone hande vashou of mekaar lief het. Die opstel kan ook 'n gebroke verhouding, wat eens mooi was, beskryf. 'n Verhaal kan handel oor mense wat 'n romantiese oomblik beleef of mekaar ondersteun in 'n moeilike tyd. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die waarde van ondersteuning en liefde van jou naastes. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor die uitdagings wat hedendaagse paartjies/verhoudings/ huwelike in die gesig staar. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 1.6.2 Die kind wat visvang Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. 'n Verhalende opstel kan die storie van iemand/'n kind wat oorleef danksy visvangs vertel. 'n Beskrywende opstel kan 'n uitstappie om vis te vang en die moontlike genot wat visvang bring, beskryf. In 'n beskrywende opstel kan 'n kandidaat fokus op die mens/iemand se behoefte aan water/vis wanneer droogte/watertekort ondervind word. Die kandidate kan ook in die opstel fokus op eensaamheid/alleenheid/gevare van kinders alleen in die nag./onder die maan./sterre. 'n Bespiegelende opstel kan mymer oor die rustigheid of introspeksie wat die stilte van die water meebring. Daar kan ook bespiegel word oor die waarde daarvan om iemand eerder te leer visvang as om hom/haar daagliks 'n vis te gee. Die argumenterende en beredeneerde opstelle kan argumente aanvoer vir of teen visvang as ontspanning of die vegetariese leefwyse of selfs respek teenoor die natuur. [50] 1.6.3 Drie jongmense wat dans/by 'n modevertoning Die kandidaat kan die verhaal van jongmense wat dans/partytjie hou vertel, of verhaal hoe oefening soos dans 'n positiewe rol in jou gesondheid/fiksheid kan speel. Die kandidaat kan ook skryf oor gebeure by 'n modevertoning. As beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende dansgenres en die reëls van dans/-kompetisies beskryf./fokus op verskillende style tydens modevertonings. Indien die kandidaat argumenteer oor die plek van dans/kultuur/modelwerk in die skoolprogram, kan die opstel as 'n argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer word of die danskultuur (bv. Hip Hop)/modelwerk/modevertonings positiewe sowel as negatiewe invloede in jongmense se lewens tot gevolg het. 'n Bespiegelende opstel kan besin oor die waarde van dans/oefening/stokperdjies/modelwerk in 'n mens se lewe. Sien asb. na wat die kandidaat aanbied. Fotoverwringing mag kandidaat nie benadeel nie. [50] SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: • Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis). • 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. • Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied. • 'n Verrassende slot rond die inhoud af. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne Hou die volgende in gedagte: • Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). • Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. • Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie. • Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte: • Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word. • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. • 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening. • Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense./moontlikhede. Hou die volgende in gedagte: • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. • Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. • Dis persoonlik van aard. • Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie. • Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte: • Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word. • 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee. • 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. • Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou. • 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. • Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. • Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouers waarin hy/sy vertel van 'n troue wat hy/sy bygewoon het waar sake skeefgeloop het. Hou die volgende in gedagte: • Informele taal, register en styl behoort gebruik te word. • Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom. • Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word. • Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê. • Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word. • Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg. • Die brief behoort informeel afgesluit te word. • Die formaat van die brief is belangrik. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTE Die brief fokus op die klagte(-s) wat verband hou met dieregeluide as gevolg van plaasdiere wat op 'n dorpserf aangehou word. Hou die volgende in gedagte: • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld. • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. • Eenvoudige, direkte taal is nodig. • Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die ongerief/steurnis wat die plaasdiere se geluide veroorsaak en hoe dit die skrywer benadeel./beïnvloed. • Die brief word aan die stadsklerk/munisipale bestuurder gerig. • Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”. • Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig, bv. Die uwe P. van Zyl P. van Zyl [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.3 HULDEBLYK Bring hulde aan 'n kollega tydens sy/haar afskeidsfunksie. Hou die volgende in gedagte: • Die persoon se naam en van, adres en ouderdom, die plek waar die kollega haar/hom tans bevind, behoort gegee te word. • Prestasies, hoogtepunte uit die kollega se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word. • Die fokus behoort te wees op dit wat die kollega vir die skrywer/almal beteken het. • Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees. • Die huldeblyk moet waarderend wees. • Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word. • Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. [25] 2.4 FORMELE VERSLAG Die kandidaat stel, in opdrag van die bestuurder by die werk, 'n formele verslag op oor die uitdagings met vervoer wat die onderneming se personeel ervaar om daagliks by hul werkplek uit te kom. Hou die volgende in gedagte: • Gee presiese terugvoer oor gebeure. • Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite. • Gebruik formele taal, register en styl. • Gebruik selfstandige naamwoorde/die derde persoon/feitelike beskrywings, tegniese woorde en frases. • Dit moet geskik wees om tydens 'n bestuursvergadering aan die bestuurspan, wat die uitdagings met vervoer na die werkplek ondersoek, voor te lê. [25] 2.5 DIALOOG Die dialoog word met 'n wêreldbekende sakeleier tydens 'n sakewerkswinkel gevoer. Die dialoog behoort te fokus op wenke om 'n nuwe besigheid te begin. Hou die volgende in gedagte: • Twee mense voer die gesprek. • Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief. • Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin. • Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker. • Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui. • 'n Scenario (kan), voordat die dialoog begin, gegee word. • Vrae kan fokus op (bv.) grondbeginsels wat respekteer moet word, slaggate wat vermy behoort te word, werwing van personeel, verskaffers van voorraad en verborge kostes. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.6 FORMELE TOESPRAAK Die leerder spreek die matrikulante by 'n laaste saalbyeenkoms toe oor die lewe wat net is wat jy daarvan maak. Hou die volgende in gedagte: • By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Matrikulante ... • Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas. • Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés. • Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde. • Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel. • Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word. • Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant Lae vlak volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks Hoë vlak konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons uitsonderlik, -Respons baie goed en -Respons voldoende -Basiese respons toon -Respons toon geen FORMAAT bo verwagting demonstreer goeie en toon voldoende geringe kennis van kennis van kenmerke -Idees intelligent en kennis van kenmerke kennis van kenmerke kenmerke van die soort van die soort teks nie Respons en idees; volwasse van die soort teks van die soort teks teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir -Grondige kennis van -Behou fokus – geen -Nie heeltemal gefokus -Aanduiding van fokus, met groot afwyking beplanning; kenmerke van die soort afwyking nie nie – enkele afwykings maar met afwykings -Geen samehang in Doel, gehoor, teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang in -Inhoud en idees nie idees en inhoud nie kenmerke/konvensies -Skryfwerk behou en idees; baie goed inhoud en idees altyd samehangend nie -Baie min detail en konteks fokus uitgebrei met detail wat -Sommige detail -Min detail ondersteun ondersteun die -Samehang in inhoud die onderwerp ondersteun die die onderwerp onderwerp 15 PUNTE en idees ondersteun onderwerp -Nodige reëls van -Nodige reëls van -Idees behoorlik -Gepaste formaat met -Formaat oorwegend formaat vaagweg formaat nie toegepas uitgebrei met detail wat onbeduidende foute gepas, maar met toegepas nie die onderwerp enkele foute -Kritiese foute begaan ondersteun -Gepaste en akkurate formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie geskik woordeskat is geskik woordeskat minder woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor ooreen met doel, doel/effek, gehoor en en konteks konteks konteks en konteks gehoor en konteks nie konteks; -Grammatika akkuraat -Grammatika oor die -Enkele -Grammatika -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; en goed gekonstrueer algemeen korrek en grammatikafoute onakkuraat met etlike verward Woordkeuse; -Feitlik foutloos goed gekonstrueer -Voldoende foute -Woordeskat nie geskik Punktuasie en spelling -Baie goeie woordeskat -Basiese woordeskat vir doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all