Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220185 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2018, 5 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2018 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde, ens.), redigeer en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2018 SSE AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400–450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Jy weet mos hoe mense is ... [50] 1.2 Met bene uitgestrek, koppie koffie in die hand, begin hy/sy vertel ... [50] 1.3 Orgaanskenking kan 'n ander se lewe red. [50] 1.4 Drup, drup, drup ... en daar val die reën! [50] 1.5 Dis die klein dingetjies wat saak maak. [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer. 1.6.1 [Bron: https://i.pinimg.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2018 SSE 1.6.2 [Bron: www.istockphoto.com] [50] 1.6.3 [Bron: https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/originals] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2018 SSE AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elk. Skryf elke keer die nommer van die teks neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy het 'n troue bygewoon waar sake skeefgeloop het. Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou ouers waarin jy hulle daarvan vertel. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTE Jou bure hou plaasdiere op hulle erf in die dorp aan. Dié plaasdiere se geluide is baie steurend. Skryf 'n KLAGTEBRIEF aan jou dorp se stadsraad waarin jy oor dié situasie kla. [25] 2.3 HULDEBLYK Een van jou kollegas aanvaar 'n ander betrekking. Skryf die HULDEBLYK wat jy tydens dié kollega se afskeidsfunksie gaan lewer. [25] 2.4 FORMELE VERSLAG Die onderneming waar jy werk se personeel ervaar daagliks uitdagings met vervoer om by die werkplek uit te kom. Die bestuurder vra jou om 'n verslag oor hierdie uitdagings, wat by die volgende bestuursvergadering bespreek sal word, saam te stel. Skryf die FORMELE VERSLAG. [25] 2.5 DIALOOG Tydens 'n sakewerkswinkel wat die plaaslike sakegemeenskap aanbied, kry jy die geleentheid om met 'n wêreldbekende sakeleier 'n gesprek te voer oor wenke om jou eie besigheid te begin. Skryf die DIALOOG neer. [25] 2.6 FORMELE TOESPRAAK 'n Hoërskool in jou omgewing vra jou om die matrikulante tydens die laaste saalbyeenkoms toe te spreek. Jou onderwerp is: Die lewe is net wat jy daarvan maak. Skryf jou TOESPRAAK. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all