Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1220188 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A: Opstel (50 punte) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50 punte) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 Die ongewone besoeker op Stilbaai. [50] 1.2 Woorde wat seergemaak het. [50] 1.3 Totsiens, skoolterrein! [50] 1.4 Werkende ma’s beïnvloed die huishouding en opvoeding van hulle kinders. [50] 1.5 Die geheim. [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die nommer en jou eie titel neer. 1.6.1 [Bron: Google Images] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018) 1.6.2 [Bron: htp://nieuws.fong.nl] [50] 1.6.3 [Bron: Google Images] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elk. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou oupa/ouma bekommer hom/haar vreeslik oor jou jonger broer/suster se taalgebruik. Skryf ʼn INFORMELE BRIEF aan hom/haar waarin jy hom/haar gerusstel. [25] 2.2 KOERANTARTIKEL Pootuit na ʼn naweek! Skryf ʼn KOERANTARTIKEL met die bogenoemde opskrif oor wat tieners naweke doen dat hulle Maandae só moeg is. [25] 2.3 HULDEBLYK Julle jarelange huishulp tree na 40 jaar af en jy bring by ʼn spesiale geleentheid hulde aan haar. Skryf die HULDEBLYK. [25] 2.4 FORMELE BRIEF: VERSOEK Jy en jou maats het besluit om ʼn kinderhuis in julle omgewing te help. Rig ʼn versoek aan die bestuurder van ʼn bekende supermark in die omgewing waarin jy om ʼn donasie vra om hierdie kinders se lewens te verbeter. [25] 2.5 DIALOOG Jy wil aan die einde van jou matriekjaar Engels oorsee gaan onderrig, maar jy wil nie stoksielalleen gaan nie. Jy probeer jou beste vriend/vriendin oorreed om saam met jou te gaan. Skryf die gesprek tussen jou en jou vriend/vriendin neer. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.6 INFORMELE TOESPRAAK Jy het die graad 12 Junie-eksamen baie goed geslaag. Jy moet jou geheim vir sukses tydens die graad 11-oueraand met die ouers en leerders deel. Skryf die TOESPRAAK wat jy gaan lewer, neer. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all