Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12201816 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur *AFRHL1* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die meegaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL BOELIE IN DIE WERKPLEK IS UITGESLAPE “VYAND” Skoolboelies geniet die afgelope tyd baie aandag in die media. Boeliegedrag is egter glad nie tot die “fases” van kinders en tieners beperk nie. 1 Konsultante het legio stories te vertel oor kliënte wat op allerlei maniere by die werk geboelie word. Boeliepraktyke het altyd met die perverse behoefte aan en die verkryging van mag te make. Om te boelie is nie om per ongeluk op iemand se tone te trap nie; dis is bewustelike, opsetlike vyandige gedrag wat herhaaldelik plaasvind. Die oortreder is iemand wat groter mag het as sy of haar slagoffer en beskik sodoende oor die vermoë om die slagoffer op die een of ander manier te oorheers. 2 Die kwaadwillige aksies van boelies is meestal subtiel en onderduims. Daarom is dit maklik vir die boelie om verbasing en onskuld te veins as hy of sy gekonfronteer word. Omdat die subtiele (verskuilde) treitering so moeilik is om te bewys, ervaar slagoffers ʼn oorweldigende en verlammende gevoel van magteloosheid. Die boeliekollega speel sy of haar kaarte ook so slim dat die slagoffer dikwels nie geglo word as hulle oor ʼn treiteraar kla nie. Die boelie se grootste wapen is dus vaagheid en herhaalde onbevestigde klagtes asook beskuldigings teenoor haar of hom van ander bestuurders en kollegas. 3 Die mees algemene vorme van boelie is bewerings van onbekwaamheid (terwyl die slagoffer dikwels meer bekwaam as die boelie is); vernedering van die slagoffer voor kollegas of kliënte; die vermoë om die slagoffer skaam te laat voel, selfs al het hy of sy niks verkeerd gedoen nie; senior bestuurders wat klagtes van viktimisering ignoreer; medewerkers wat hulself by die boelie skaar en die slagoffer uitstoot; en vergelding wanneer die slagoffer kla dat hy of sy geboelie word. Hierdie soort treitering kom dikwels in kombinasies voor, wat uiteindelik die slagoffer laat voel hy of sy word van alle kante aangeval en in die steek gelaat. 4 ʼn Algemene reaksie op treitering is vermyding wat wissel van weerhouding van kreatiwiteit en inisiatief tot die vermyding van die spanningsvolle situasie deur gereelde siekteverlof. Navorsing toon dat die siekteverlofdae wat slagoffers van boeliepraktyke neem, 26% hoër is as siekteverlof van werknemers wat nie aan treitering blootgestel is nie. Boonop is langtermyn siekteverlof vir geestesgesondheidstoestande soos depressie beduidend hoër by die slagoffers van boelies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 5 Boeliepraktyke gebeur altyd binne konteks; in hierdie geval is die maatskappy of organisasie die konteks van werkboelies. Konsultante is dit eens dat treitering veral in toksiese organisasies gedy. Sulke organisasies word deur magsugtige, gebrekkige of afwesige leierskap gekenmerk. 6 Hierdie tipe organisasies beskik oor die volgende eienskappe: die vorming van eksklusiewe klieks, ontoereikende kommunikasiekanale en swak verspreiding van relevante inligting, ingrypende veranderingsprosesse wat geϊmplementeer word sonder dat die emosionele invloed daarvan aandag geniet, die aanstelling van on(der)gekwalifiseerde rolspelers in veral senior poste, bydraes en prestasies wat nie erken word nie, ʼn ongesistematiseerde, willekeurige stelsel van verantwoording en beloning, ʼn onbekwame mensehulpbronafdeling en bestuur wat geskied deur middel van dreigemente, vrees of uitermatige kontroles. 7 Regverdigheidshalwe moet darem ook genoem word dat buitefaktore ʼn groot rol op die binnewerkinge van maatskappye of organisasies kan speel. Suid- Afrika ervaar ʼn toenemende ekonomiese magteloosheid binne ʼn groter ekonomies-politieke stelsel. Hierdie ekonomies-politieke stelsel word gekenmerk deur selfbelang eerder as die gemenebes, asook die uitbuiting van mag ter wille van selfverryking. 8 Sonder sterk leierskap, waar onderlinge respek en erkenning aan individuele prestasies nie aan die orde van die dag is nie, skep veral die ideale teelaarde vir werkboelies. Die perverse misbruik van mag vorm die kern van treitering. 9 Die oplossing berus by die magskultuur van organisasies en rolspelers met meer gesag as die boelie. Die slagoffer het weinig sukses wanneer daar individueel in gesprek getree word met die boelie. Mediasie lewer ook min sukses. Waar treitering ter sprake is, traumatiseer dit dikwels die geïntimideerde slagoffer weer ʼn keer as verwag word dat hy/sy en die boelie sake moet besleg. Slagoffers rapporteer beperkte sukses wanneer hulle by seniors oor boelies kla. Die rede vir hierdie onbetrokkenheid van seniors bly steeds ʼn raaisel. 10 Die oplossing? Die slagoffer moet deeglik voorberei voor gesprekke met die boelie se bestuurder plaasvind. Bewyse en getuienis moet versamel en opgeskryf word. Teken daagliks die boelie se aanmerkings aan, asook die soort opdragte en take wat jy kry. Jy sal verbaas wees hoe die patroon van die boeliegedrag in die notas ontvou. 11 Tensy die boelie die grootbaas is, het hy of sy ook ʼn lynbestuurder met groter gesag as hulself – treiteraars is dikwels opmerkbaar onderdanig aan mag hoër as hul eie. Maak in sulke gevalle seker daar is getuies wanneer die boelie gekonfronteer word dat dié gesprekke opgeneem word, want onthou, ʼn boelie in die werkplek is ʼn uitgeslape “vyand”. [Aangepas uit Die Burger, 8 November 2017] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 1.1 Wat impliseer die skrywer met die opskrif? (2) 1.2 Waarom verwag ʼn mens nie dat boeliegedrag by die werkplek sal plaasvind nie? (1) 1.3 Hoekom kan die konsultante se mening in paragraaf 1 oor kliënte wat by die werk geboelie word as geloofwaardig beskou word? (2) 1.4 Noem die hoofoorsaak van boeliegedrag. (1) 1.5 Identifiseer die DRIE aksies/faktore van boeliegedrag wat dit vir die slagoffer moeilik maak om te bewys. Watter gevolg het dit vir die slagoffer wat dit aanmeld? (4) 1.6 Die skrywer sê dat die slagoffer dikwels die uitgeworpene onder sy/haar kollegas raak. Verduidelik hoe dit kan gebeur deur na paragraaf 3 te verwys en DRIE bewyse te gee. (3) 1.7 ʼn Slagoffer span dikwels vermyding as oplossing van hierdie probleem in. Verduidelik hoe die slagoffer te werk gaan om dit te bewerkstellig. (2) 1.8 Slagoffers van boeliepraktyke neem beduidend meer siekteverlof as werknemers wat nie aan treitering blootgestel word nie. Is die stelling hierbo ʼn feit? Motiveer jou antwoord. (1) 1.9 Noem EEN tipe leierseienskap volgens paragraaf 5 wat in toksiese organisasies/maatskappye na vore kom. (1) 1.10 Wat is die verband tussen die onderstreepte sin in paragraaf 7 binne die konteks van dié paragraaf? (1) 1.11 Waar lê die oplossing van boeliegedrag by die werkplek volgens paragraaf 9? Dui ook TWEE redes aan waarom die slagoffer se probleme moeilik oplosbaar is. (3) 1.12 Watter raad word vir die slagoffers van boeliepraktyke volgens paragraaf 10 aanbeveel? (3) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) TEKS B: VISUELE TEKS [Uit Die Burger, 14 Maart 2008] 1.13 Watter visuele aanduiding gee die teks dat boeliepraktyke ook by skole hoogty vier? Gee TWEE aanduidings. (2) 1.14 Verduidelik die ironie van die muis, regs onder in die hoek van die spotprent, se woorde. (1) 1.15 Bespreek die verband tussen die spotprent (TEKS B) en die artikel (TEKS A) deur onderskeidelik na paragraaf 1 en die tweede sin in paragraaf 9 te verwys. (2) 1.16 Watter stereotipering ten opsigte van boeliegedrag by skole word deur die spotprent uitgebeeld? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 x Lees die onderstaande teks en maak ʼn opsomming van SEWE oorsake van spanning tussen ouers en tieners. x Die opsomming moet in jou eie woorde in ʼn duidelike, sinvolle paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. x Dit is nie nodig om die opsomming ʼn titel te gee nie. x Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan. TEKS C SPANNING TUSSEN OUERS EN TIENERS Spanning tussen ouers en tieners is amper ʼn gegewe, maar dit beteken nie dat die spanning iets is wat maar net sy loop moet neem en as iets beskou moet word waaraan niemand iets kan doen nie. Wanneer ons toelaat dat dit gebeur, word die verhouding tussen ouer en tiener dikwels baie skade berokken. Indien ʼn mens die oorsake van die spanning en konflik in gedagte hou, dan besef ʼn mens die dinge is dalk hanteerbaar. Ouers en tieners begin anders dink oor dinge. Tieners berei voor om die volwasse lewe te betree en ouers berei voor om die tiener die volwasse lewe te laat betree. Dis ʼn nuwe fase vir beide die rolspelers waar beide daaraan gewoond moet raak dat hulle anders dink oor sake en ʼn ander rol in mekaar se lewens moet begin speel. Nie ouers of tieners hanteer konflik op ʼn manier wat die ander party tevrede sal stel nie. Dit is veral tieners wat die vermoë om konflik te hanteer moet aanleer. Dit is belangrik ter wille van die verhouding met hulle ouers, maar ook met die oog op verhoudings vir die res van hulle lewens. As dit nie reg hanteer word nie, gaan tieners in ʼn groot mate konflik hanteer soos hulle ouers dit hanteer het. Verhoudings tussen ouer en kind verander soos wat die kind groter word. Hierdie veranderende verhoudings moet sinvol en met wedersydse aanpassing hanteer word. Individue verander ook. Tieners staan op die drumpel van ʼn nuwe fase – oorgang van tieners na jong volwassenes. Maar die ouers gaan ook die meeste van die tyd deur ʼn soortgelyke oorgang wanneer hulle die middeljare begin betree. ʼn Tiener gaan in hierdie tyd so vinnig deur verskillende fases (en dan partykeer nog vorentoe en agtertoe ook) dat die ouers sukkel om die verandering in die tiener se lewe te hanteer. Hierdie is die tyd waar tieners besig is om ʼn unieke identiteit te vorm en waarin ouers daaraan gewoond moet raak dat hulle nie meer die belangrikste invloed op die vorming van die tiener se identiteit het nie. Tot aan die einde van hulle lewe het ouers steeds die behoefte om te beskerm en seker te maak dat dit goed gaan met hul kind. Kinders ervaar dit dikwels as ouers wat inmeng met hulle lewens. Dikwels word tieners op grond van voorkoms as volwassenes behandel, terwyl hulle nog nie emosioneel daarvoor gereed is nie. Tieners se fisiese veranderinge maak dat dit dikwels moeilik is vir hulle om by die veranderinge by te bly en aan te pas. [Aangepas uit attie.wordpress.com 2011] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 Van krullers tot rillers 2 ALLES OP EEN PLEK 3 Kry nou jou gunsteling Afrikaanse tydskrifte en koerante 4 aanlyn op netwerk24.com vir net R99 per maand. 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 [Uit KUIER, 15 Nov. 2017] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 3.1 Wat word in reël 1 gesuggereer? (1) 3.2 Wat is die funksie van die +-tekens in die advertensie? (1) 3.3 Herskryf reël 2 met ʼn koppelwerkwoord. (1) 3.4 Herskryf reël 3 in die vraende wyse. (1) 3.5 Waarom gebruik die adverteerder juis die onderstreepte WOORD in reël 4? (1) 3.6 Gee EEN woord vir die onderstreepte WOORDGROEP in reël 4. (1) 3.7 Vorm ʼn samestellende afleiding van die woord in reël 5. (1) 3.8 Wat beteken die onderstreepte WOORDDEEL in reël 7? (1) 3.9 Vorm jou eie samestelling met die bepaler van die woord in reël 12 waar dit die kern is. (1) 3.10 Waarom het die adverteerder ʼn koekie met ʼn hart daarop gebruik? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4: STROKIES TEKS E Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1. ʼn Seun met ʼn wit 3. Ja, iemand het dit vir my 4. Kuifie! Dan is dit hy hondjie? Dit teruggebring. ‘n Sekere kaptein wat sy neus in my sake herinner my aan Sardijn, wat ek gister saam met kom steek het! Ek sal iets, maar wat? een van my vriende, Kuifie, maatreëls moet tref! ontmoet het... Ekskuus? .... Ja, 2. Hallo? ... Wie praat? ... Kuifie... Ken jy hom? ... Wat? ... O, dis jy, Generaal! ... Die telefoonoproep wat jy gister hallo? ... O, jou beursie? ... ontvang het? ... Ja, dit was hy!... Het jy dit teruggekry? Hy het jou nommer in my beursie gekry. Drie dae later, by die lughawe van Wadesdah, hoofstad van Khemed... 6. Verstaan jy? ... As hy daarop is, sit jy hierdie 5. Daar kom die tas in die bagasieruim. vliegtuig uit Beiroet. 7. Ek is nogal bly ons het veilig geland. Met 8. Sê my, het u opgelet? Daar staan oral daardie ou voëls weet ‘n mens nooit ... kêrels met gewere rond. 10. Dit spyt my, Menere, u is nie 9. Paspoorte, asseblief, gemagtig om in Khemed te vertoef nie. Menere. U sal weer met die vliegtuig na Beiroet moet terugkeer. [Uit Die Avonture van Kuifie] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 4.1 Skryf die diftong neer wat in SPRAAKBORREL 1 voorkom. (1) 4.2 Skryf die afkorting neer van die onderstreepte woord in SPRAAKBORREL 2. (1) 4.3 Herskryf die eerste sin in SPRAAKBORREL 3 in die ontkennende wyse. (1) 4.4 Verbind die onderstreepte sinne in SPRAAKBORREL 3 en SPRAAKBORREL 4 met die voegwoord “omdat”. Begin jou sin met: Omdat ... (1) 4.5 Watter visuele aanduiding gee die teks dat ʼn groot gedeelte daarvan in die Midde-Ooste plaasvind? (1) 4.6 Motiveer waarom die onderstreepte sin in SPRAAKBORREL 6 nie enkelvoudig is nie. (1) 4.7 Watter afleiding kan die leser oor die onderstreepte woorde in SPRAAKBORREL 7 maak? (1) 4.8 Skryf die bywoordelike bepaling van plek neer wat in SPRAAKBORREL 8 voorkom. (1) 4.9 Skryf ʼn antoniem vir die onderstreepte woord in SPRAAKBORREL 9 neer. (1) 4.10 Herskryf die onderstreepte idiomatiese uitdrukking in SPRAAKBORREL 10 in neutrale Afrikaans. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5: ARTIKEL Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F SA-SPELERS “OEFEN VERKEERD” 1 Daar word in Suid-Afrika daarna gestreef om vinnige aanvallende rugby te speel, maar ons oefen verkeerd en die meeste spelers het nie die nodige vaardighede nie. 2 Die fiksheidsvlakke en kondisionering van Suid-Afrikaanse rugbyspelers is ... (5.3) ... verdenking ná die Springbokke se gesukkel vanjaar. Die Bokke is nie fiks genoeg nie, het menige leunstoelkenner die seisoen van hom laat hoor. 3 Die fiksheids- en kondisioneringsghoeroe sê ons spelers is net so groot en sterk soos enige ander rugbyland s’n. 4 Fiksheid as sulks is nie ʼn probleem nie. Die meeste rugbyspelers is ná die eerste drie of vier wedstryde van die seisoen fiks, maar dit is hoe ons oefen wat die probleem is. 5 ʼn Meer wetenskaplike benadering moet in Suid-Afrikaanse rugby geld. 6 Die All Blacks oefen miskien nie harder nie, maar wel slimmer. 7 Die kultuur onder baie van ons spelers is egter “vrot”. 8 Daar is ongelukkig te veel van ons spelers wat nie die ingesteldheid het dat hulle 24 uur ʼn dag ʼn atleet/sportman is nie. As dit jou beroep is, (en dit beteken dat jy moet ophou bier drink) is dit ʼn opoffering wat gemaak moet word, is by ʼn afrigtersindaba besluit. [Aangepas uit: Die Burger, 11 Desember 2016] 5.1 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm. (1) 5.2 Voltooi die idioom deur die ontbrekende woord in te vul: In paragraaf 1 suggereer hulle dat die spelers sukkel met vaardighede: Hulle kan dit nie onder die ... kry nie. (1) 5.3 Skryf die voorsetsel neer wat in paragraaf 2 ontbreek. (1) 5.4 Gee EEN woord vir die onderstreepte woorde in paragraaf 2. (1) 5.5 Brei die onderstreepte woord in paragraaf 3 met ʼn bysin uit. Skryf die sin in paragraaf 3 oor en onderstreep die bysin wat jy ingevoeg het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 5.6 Vervang die onderstreepte woord in paragraaf 4 met ʼn gepaste sinoniem. (1) 5.7 Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 5 se homofoon in ʼn sin van jou eie sodat die betekenis duidelik blyk. (1) 5.8 Watter betekenis dra “miskien” in paragraaf 6? (1) 5.9 Herskryf paragraaf 7 in die toekomende tyd. (1) 5.10 Watter funksie verrig die parentese in paragraaf 8? (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all