Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo
Grade 12 Afrikaans HL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 502.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)
- Paper 2Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 3Question paperQuestion paper (2)
- Other filesMemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk
ter wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbelstrepie onder Spelfout
ʼn woord
Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik
woord
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in Tye verwar
kantlyn
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word
die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KL = 21
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S=G = 3
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en
beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie
as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1 Die ongewone besoeker op Stilbaai.
As ʼn verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor die
ongewone/vreemde besoeker. In ʼn beskrywende opstel kan die besoeker en
die gebeure lewend word deurdat emosies en gebeure in detail beskryf word.
By ʼn bespiegelende interpretasie kan die redes vir die besoeker se
teenwoordigheid op Stilbaai ondersoek word. [50]
1.2 Woorde wat seergemaak het.
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Die fokus sal op die woorde val wat die seer veroorsaak het. In die
vertel van die verhaal sal daar gekyk word na die oorsaak/gevolg van die
woorde op die karakter(s). Die kandidaat kan ook bespiegel wat die
uitwerking van die woorde op iemand is. [50]
1.3 Totsiens, skoolterrein!
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. Die fokus sal op
afskeid/groet aan die einde van die skoolloopbaan val. As ʼn verhalende opstel
kan die kandidaat skryf oor ʼn spesifieke gebeurtenis by die skool, bv. sport,
vriendskappe, ens. waarna verlang sal word. By ʼn bespiegelende
interpretasie kan die kandidaat oor die emosies ten opsigte van ʼn bepaalde
afskeid besin. [50]
1.4 Werkende ma’s beïnvloed die huishouding en opvoeding van hulle
kinders.
Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of
beredenerende opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor werkende
ma’s se invloed (positief/negatief) op hul kinders. In ʼn verhalende opstel sal
die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie stelling, kan aanbied. Die
emosies rondom werkende ma’s kan ook in ʼn bespiegelende opstel bespreek
word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.5 Die geheim
Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ʼn Verhaal sal op
hierdie onderwerp as tema fokus. By ʼn bespiegelende interpretasie kan
die kandidaat oor die emosies en sinsbelewing van bepaalde geheime
besin. ʼn Beskrywende opstel kan op verskillende geheime in ʼn mens se
lewe fokus. [50]
1.6 1.6.1 Tatoeëermerke
Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende of selfs
bespiegelende opstel, bv. ʼn beskrywing van mense met
tatoeëermerke. Tatoeëermerke kan ook beskryf word. ʼn Verhaal
kan handel oor ʼn karakter met tatoeëermerke en redes kan gegee
word waarom die karakter die tatoeëermerke het. In ʼn
argumenterende/beredenerende opstel kan die kandidaat die
waarde van tatoeëermerke as kuns beredeneer. [50]
1.6.2 Pad
ʼn Verhaal kan oor ʼn letterlike pad handel wat tot een of ander
situasie gelei het. Die lewenspad (hoogtepunte/laagtepunte) van
mense kan beskryf word. Wanneer beredeneer/geargumenteer
word oor die onderwerp, kan die kandidaat bv. fokus op die gevaar
wat ons land se paaie inhou. Wanneer die kandidaat besin oor die
paaie (letterlik/figuurlik) in mense se lewens, kan dit as
bespiegelende opstel slaag. [50]
1.6.3 Seun in rolstoel
ʼn Verhalende opstel kan bv. die storie vertel van hoe iemand in ʼn
rolstoel beland het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat sy
waarneming van ʼn persoon se bestaan in ʼn rolstoel gee. Die
persoon in die rolstoel se eie ervarings kan ook weergegee word.
Kandidate kan bespiegelend skryf oor die moontlikhede om te
herstel of oor dit wat hy/sy die meeste van ʼn normale lewe mis.
Wanneer geargumenteer/beredeneer word oor die onderwerp, kan
die kandidaat standpunt inneem oor goeie/slegte behandeling wat
persone in rolstoele ervaar. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding boei die leser.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die
inleiding ingeneem kan word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of
wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
• opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die brief fokus op gerusstelling aan die ouma/oupa.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet sy/haar ouma/oupa gerusstel oor die jonger broer/
suster se taalgebruik.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel.
• Daar moet ʼn inleiding, liggaam en slot wees.
• Die adres en datum moet boaan verskyn.
• Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.
• Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
naam. [25]
2.2 KOERANTARTIKEL
Die artikel handel oor tieners se naweekbedrywighede wat uitputting op
Maandae tot gevolg het.
Hou die volgende in gedagte:
• Stel die feite kortliks en akkuraat.
• Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
• ʼn Subtitel kan gegee word.
• Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan gegee/gebruik word.
• Die gevolge wat die uitputting oor naweke vir die tiener inhou, kan
uitgewys word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.3 HULDEBLYK
Die kandidaat bring hulde aan die huishulp wat hom/haar en sy gesin
oor die jare versorg en ondersteun het. Die kandidaat kan verwys na
sy/haar verbintenis met die huishulp, die lesse wat hy/sy van dié
huishulp geleer het en in watter mate die huishulp sy/haar lewe
vergemaklik/verander het.
Hou die volgende in gedagte:
• Die volgende belangrike inligting word in ʼn huldeblyk gegee:
o Naam en van van die huishulp.
o Gebeure en staaltjies oor die huishulp se diens/bydrae word
gegee.
o Persoonlike herinneringe kan gegee word.
• Die leser moet ʼn duidelike beeld van die huishulp en haar dade kan
vorm.
• Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
• Vermy oordrewe sentimentaliteit.
• Gebruik kort, bondige sinne.
• Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.
• Let daarop dat die kandidaat aan ʼn lewende persoon hulde moet
bring. [25]
2.4 FORMELE BRIEF: VERSOEK
Die brief handel oor ʼn versoek aan ʼn bekende winkelgroep om donasies
aan ʼn kinderhuis te skenk.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel.
• Daar moet twee adresse, ʼn aanhef, ʼn inhoudsopskrif en ʼn gepaste
afsluiting wees.
• Die inhoud moet handel oor die versoek aan die winkelgroep om
donasies (geld/goedere) aan die kinderhuis te skenk.
• Die styl is saaklik, maar hoflik.
• Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ʼn formele register.
• Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se voorletters
en van moet gegee word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.5 DIALOOG
Die fokus van die gesprek val op oorreding om na matriek Engels
oorsee te onderrig. Een spreker behoort die ander te oorreed/oortuig
dat die geleentheid aangegryp moet word.
Hou die volgende in gedagte:
• Twee mense voer ʼn gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
en vanuit die spreker se perspektief.
• Na elke spreekbeurt word ʼn reël oopgelaat.
• Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
Anna: (met dringendheid) Ons gaan na ... /Anna (met dringendheid):
Ons gaan na ...
• ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.
• Let daarop dat geen aanhalingstekens by die dialoog gebruik word
nie. [25]
2.6 INFORMELE TOESPRAAK
Die toespraak handel oor die geheim vir sukses in graad 12.
Hou die volgende in gedagte:
• Die styl is informeel. Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie
en wat.
• Inleiding moet belangstelling wek.
• Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
• Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word
gebruik.
• Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ʼn
samevatting van die toespraak nie.
• Klem behoort te val op wenke om goeie uitslae in graad 12 te
behaal. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) Hoë vlak stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE Lae vlak - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir Hoë vlak indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
Lae vlak foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
Downloaded from hlayiso.com
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
Downloaded from hlayiso.com
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper