Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 27 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 632.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)
- Paper 2Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 3Question paperQuestion paper (2)
- Other filesMemoMemo (2)
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
voorskrifte by elke vraag in ag.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
en EEN uit AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedigte – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: PROSA
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5 KEUSE VAN ANTWOORDE UIT AFDELING B (PROSA) EN C (DRAMA)
o Beantwoord SLEGS die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het.
o Beantwoord EEN OPSTEL VRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
o Indien jy opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die
kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag
in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou
keuses te help.
6 LENGTE VAN ANTWOORDE
o Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300.
o Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
o Die lengte van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INHOUDSOPGAWE
Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. “eerste worp” Opstelvraag 10 6
2. “Twee kleuters in die
Kontekstuele vraag 10 7
Vondelpark”
3. “Vincent van Gogh” Kontekstuele vraag 10 8
4. “Wie’s hy?” Kontekstuele vraag 10 9
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. “eksamen” Kontekstuele vraag 10 10
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 11
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 13
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 13
10. Vatmaar Opstelvraag 25 15
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16
12. onderwêreld Opstelvraag 25 18
13. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 18
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 21
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 21
16. Mis Opstelvraag 25 24
17. Mis Kontekstuele vraag 25 24
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
beantwoord NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK
NOMMER BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–13 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
14–17 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
eerste worp – T.T. Cloete
1 ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2 geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3 die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4 ons het nie groot metropole nie.
5 ons is sonder donkergroen woude.
6 dun is ons geskiedenis met min groot name
7 soos beethoven of dante
8 of rembrandt of bramante
9 ons het min onwerklike sagte drome
10 maar ons het uitgestrekte woestyne
11 en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12 in die droë sand en koets teen die son
13 ons het baie droë lope
14 en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15 soos gourits en storievertelname soos skrij
16 of kameelsleep en lijersdraai
17 en baie reste naby die eerste worp
18 by wêreldseinde in die suisende stil nag
19 hoor jy die jakkalse en fossielskreeu
20 iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
[Uit: Uit die hoek van my oog, 1998]
Bespreek in ʼn opstel van 250–300 woorde die kontraste/teenstellings wat
duidelik uit hierdie gedig blyk. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers
1 Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
2 ʼn klein oneindigheid lank hand-in-hand
3 Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
4 gesplete hart van hals en dubbelhals,
5 geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
6 geslote snawel dynserig vervals
7 met eenkant lug en water anderkant.
8 Versadig van die roerlose gesig
9 pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
10 vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
11 as sy nog strompelend omkyk na die swaan.
12 Verby die bome druis die straatrumoer.
13 Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
14 bromfiets tot motor, sal hy konstateer
15 – die wiel sy ordeteken – dat hy lid
16 is van die kollektiewe Lilliput.
17 Maar sý sien webbe onderwater roer.
18 Miskien is dit die laaste dag van staar
19 en grondlose verwondering. Wat sou
20 hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
21 ʼn Saaklike barbaar, ʼn fyn sadis,
22 ʼn doktrinêre Hollandse meneer?
23 En sý ʼn druk slagvaardige mevrou
24 met ʼn allure van dít-is-soos-dit-is?
25 Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.
[Uit: Balans, Human & Rosseau]
2.1 Herlees strofe 1.
Benoem en verduidelik die stylfiguur in versreël 2. (2)
2.2 Motiveer waarom die gebruik van die enjambement in strofe 3 funksioneel
is. (1)
2.3 Watter stemming is oorheersend in versreël 1−7 van die gedig? (1)
2.4 Herlees versreël 16.
Verklaar die verwysing na Lilliput in versreël 16 en bring dit in verband met
die seun se staanplek in die samelewing. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.5 Bespreek hoe strofe 7 die boodskap van die gedig ondersteun. (2)
2.6 Verklaar hoekom die slotstrofe as die klimaks van die gedig beskou word. (1)
[10]
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vincent van Gogh – D.J. Opperman
1 Jy het as ʼn miskende
2 heilige vergeefs geveg teen die ellende
3 en die onreg in die krotte van die myn,
4 in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
5 en skriklike stryd van God
6 leer ken, wat mens en boom verknot
7 in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8 in aanbidding van die son kom verwe,
9 boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10 die kantelende landskap in die snelle ligte
11 geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
12 tot branding van die skone kon verwek,
13 toe is Sy hartstog eers in jou volbring
14 soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.
[Uit: Heilige Beeste,1945]
3.1 Haal TWEE woorde uit versreëls 1–3 aan wat daarop dui dat Van Gogh
se werk nie erken is nie. (2)
3.2 Benoem die halfrym in versreël 5 en gee die funksie daarvan. (2)
3.3 Verduidelik die suggestie van die woorde na die kommapunt in versreëls
7–8. (1)
3.4 Wat beteken kantelende in versreël 10? Benoem ook die stylfiguur in
versreël 10 en verduidelik hoekom die gebruik van dié stylfiguur
geslaagd is. (3)
3.5 Watter stemming heers aan die einde van hierdie gedig? (1)
3.6 Sê hoekom die woordkeuse van groen sipresse in die slotreël gepas is
as dit in verband met Van Gogh se lewe gebring word. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Wie’s hy – Adam Small
1 Die poet
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet
4 ma wié’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 Die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems dink?
8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 ma djulle is die poets
11 djulle wat ini straat in loep
12 ennie gladde bek verkoep
13 ma die dinge sien
14 en soema net daa God tien hulle roep!
[Uit: Sê Sjibobolet, 1963]
4.1 Wie is die aangesprokene in hierdie gedig? (1)
4.2 Watter stemming oorheers in die gedig? (1)
4.3 Herlees versreëls 1−2 en versreël 10.
Is dit nog steeds korrek om te sê dat die eerste strofe uit retoriese vrae
bestaan? Motiveer jou antwoord. (1)
4.4 Watter taalvariëteit oorheers in die gedig? Noem enige kenmerk daarvan
soos dit uit die gedig blyk en motiveer waarom die gebruik daarvan
geslaagd is. (3)
4.5 Watter verantwoordelikheid rus, volgens versreëls 13–14 op die skouers
van die digter? Dink jy die spreker se mening is geregverdig? Motiveer
jou antwoord. (2)
4.6 Wat is die tema en boodskap van hierdie gedig? (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
eksamen – Annesu de Vos
1 dit is kakofonie
2 wanneer jy bang verwilderd
3 kantel
4 deur die nag
5 tussen die bladsye
6 van hoofstuk vyf
7 se Klimatologie;
8 die lêboor van die wyfiesprinkaan
9 klop
10 haar eiers stelselmatig stoot
11 tot in die veilige vesting
12 van jou dop –
13 jy sien die dood
14 as Franse Revolusies bloedloos stol
15 sodat die lewensiklus
16 van die mielieboorwurm
17 in die hamerslae van jou kop
18 voltooiing vind
19 tot jy verkorrel
20 in die suiker van soet slaap
[Uit: Gebed van ʼn groen perske, Tafelberg]
5.1 Wie is die spreker in die gedig? (1)
5.2 Gee die konnotatiewe betekenis van kakofonie soos dit in versreël 1
gebruik word en motiveer waarom dit ʼn gepaste woordkeuse is. (2)
5.3 Verduidelik versreëls 8–12 in jou eie woorde. (1)
5.4 Wat is funksie van die aandagstreep in versreël 12? (1)
5.5 Gee TWEE bewyse dat hierdie gedig ʼn vrye vers is. (2)
5.6 Herlees die slotstrofe.
Benoem en verduidelik die beeldspraak in hierdie strofe. Motiveer ook hoe
die halfrym in die slotstrofe dié beeld ondersteun. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy
bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Iris se beheptheid met haar naam en die kwart-voor-sewe-lelie speel ʼn groot rol
in haar lewe.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde.
[25]
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 Daar was woordeboeke en diverse glansfotoboeke oor sulke
2 uiteenlopende temas as Inka-kuns en moderne boerderymetodes in
3 Hongarye. Ek het afgelei dit was geskenke van dankbare pasiënte.
4 Die onderste twee rakke was vol sagtebandboeke, blitsverkopers,
5 almal dieselfde grootte. Ek het geweet dit grief hom. Dit het die skewe
6 simmetrie van die boonste gegradeerde rakke versteur.
7 Die meubels in die wagkamer en in sy privaat kantoor was swaar
8 en solied, gemaak om meer as een generasie te dien. Outyds, eintlik.
9 Hy het kennelik nie geglo in die moderne opvatting dat ʼn wagkamer lig,
10 vrolik en opbeurend moet wees nie. Sy meubels het ontsag ingeboe-
11 sem. Vrees ook. Pasiënte het verkommerd na die swaar buffettafel
12 gekyk met sy baie laaie en spieëls. “Dis waar hy die tange bêre,” kon
13 ek hulle hoor dink.
14 Maar terwyl die boor gesellig gedreun het en ek die slurpende pypie
15 onder hulle tonge gehou het, kon ek voortgaan met my fantasieë. Ek
16 kon die uitleg van Greta se kamer verander, Eduard se huis meubileer,
17 blomme op Peter se graf plaas. Ek het omtrent ʼn argitekplan van Greta
18 se woonstel geteken voor ek tevrede was met die ligging van haar
19 badkamer en kon voortgaan met die choreografie van haar en Eduard
20 se bewegings. Ek was baie gesteld op korrektheid. Die wette van die
21 werklikheid moes gehoorsaam word. Koffietafels moes nie in die pad
22 wees wanneer daar skielik beweeg moes word nie, gordyne moes net
23 genoeg lig inlaat, telefone mag nie op ongeleë oomblikke gelui het nie.
7.1 In watter ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte? (1)
7.2 Watter DRIE karaktertrekke van die man na wie Iris hier verwys, kom in
reëls 1−6 na vore? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
7.3 Watter soort verteller is in reëls 3–5 aan die woord? Sê waarom hierdie
soort verteller juis hier funksioneel is. (2)
7.4 Herlees reëls 14–15.
Hoekom het Iris hierdie werk gekies nadat sy studeer het en wat was haar
pa se mening oor haar beroepskeuse? (2)
7.5 Herlees reëls 15–20.
Hoekom het Iris die behoefte gehad om denkbeeldige karakters te skep en
wanneer het sy Greta, Eduard en Peter geskep? Noem enige EEN ander
fantasievlug wat Iris geskep het. (3)
7.6 Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reëls 20–21. (1)
7.7 Motiveer dat Iris se impulsiwiteit deur haar fantasiewêreld aangevuur is deur
na die fiktiewe en die werklike Peter te verwys. (1)
EN
TEKS B
1 “Hoekom wil hy met jou trou?”
2 “Ek weet nie.” Die verligting was so groot dat ek nie eens kon lag nie. “Is
3 dit nie wonderlik nie? Hulle leef almal nog. Johanna gaan nie weg nie,
4 Polder huppel nog deur die tuin en soek na my. Ma sal dat Pa die hoë
5 Kersversierings aan die boom hang. Ek gaan hom doodmaak.”
6 “Wie?”
7 “Frederik. Dat hy my so laat skrik.” Ek het my hande in die lug gegooi en
8 al in die rondte gedraai. “Kom, ons moet uitgaan. So ʼn lieflike dag moet
9 gevier word.”
10 “Wat wil jy vier?” het Peter suur gevra, maar tog sy skoene vasgeveter
11 en sy anorak van die mat opgetel. “ ʼn Huweliksaansoek?”
12 “Nee, dat dit nie erger was nie.”
13 “Ek beskou ʼn huweliksaansoek van ʼn wildvreemde as erg genoeg.”
14 “Frederik is nie ʼn wildvreemde nie.”
15 “O?” Hy het die deur vir my oopgehou en die sleutel langs die deur
16 gevat.
17 “Ek het saam met hom gewerk.”
18 “En wat nog?”
19 “Niks nie. Ek het niks saam met iemand gedoen sedert ek jou laas
20 gesien het nie.” Ek het hom skuins aangekyk. “Wat seker meer is as wat jy
21 kan sê.”
22 “As ek ook nee sê, sal jy my glo?” het hy gevra.
23 “Nee.”
24 Hy het sy skouers opgehaal en ons het uit die hysbak gestap, verby die
25 bot klerk wat ons woordeloos aangestaar het. “Have a nice day,” het ek vir
26 hom gesê.
27 Hy het skewerig geglimlag, maar nie die nasionale groet beantwoord
28 nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
7.8 Teen watter agtergrond speel reëls 1–5 af? Watter ruimtelike verskil is
daar tussen TEKS A en B en hoe skakel Frederik in TEKS B by die
ruimte in TEKS A aan? (3)
7.9 Reël 3 verwys na Johanna.
Watter bydrae lewer Johanna tot Iris en haar gesin se lewe? (2)
7.10 Dink jy die huweliksaansoek van Frederik is gepas? Motiveer jou
antwoord. (1)
7.11 Motiveer hoekom dit geregverdig is dat Peter en Iris in hierdie
gedeelte mekaar se getrouheid bevraagteken en gee die naam van
die meisie in Iris se drome wat haar onsekerheid oor Peter se
getrouheid aangewakker het. (2)
7.12 Iris ervaar uiterlike konflik met die klerk in die hotel. Hoekom ervaar sy
konflik met hom? Dink jy dit is in Iris se aard om met vreemdelinge te
bots? Motiveer jou antwoord met DRIE voorbeelde uit die roman. (4)
[25]
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Nanna speel ʼn beduidende rol in Baas en die mense van Barotseland se lewe.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–500 woorde. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 Die een na die ander primitiewe aanwysing dat hier ook mense woon wat van
2 geweet wil wees, kruip by Baas verby – ʼn stuk ou nommerplaat aan ʼn boom
3 vasgespyker, ʼn wieldop met ʼn “Stop!”-teken, ʼn verroeste modderskerm met ʼn
4 skewekam hoenderhaan daarop geteken, ʼn “No Parking”- en ʼn “No dogs
5 allowed”- bordjie wat kennelik by die een of ander hospitaal verdwyn het, ʼn
6 verflenterde motorband met ʼn onleesbare naam in wit verf.
7 Die gehuggies word minder; die troppies beeste en bokke onwilliger om
8 die pad te ontruim; die kinders wat uit die graanlandjies nader storm wanneer
9 hulle ʼn voertuig hoor, nuuskieriger; die tweespoorpad slegter; die
10 basterbrakke, wat lyk of hulle iewers in die verre verlede ’n dosis Ierse
11 terriërbloed ingekry het, al meer.
12 Die Land Rover met die twee opgewonde honde agterop kruip in
13 vierwieltrek deur slaggate en spoelslote, oor hompe vars olifantmis en om
14 rotsblokke wat deur lange jare uit die klipkoppe losgebreek het. Agter die
15 voertuig spring die sleepwa met piepende vere oor die hindernisse.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
16 Waar die ysterkliprante deur stukkies vlakte afgewissel word, is
17 stapel dekgrasbondels op houtstellasies. Honderd en dertig kilometer
18 noord van Ngweze draai Baas na Sioma.
19 Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan Mark gepraat
20 het, veertig kilometer van Sioma af teen die hang van die ysterkliprant.
21 Dis ʼn dik stomp. Daar is geen teken van lewe in die uitgedroogde takke
22 nie. Langs die verwronge stam hang ʼn stuk sinkplaat met die woorde
23 Manaka Evangelical Mission netjies daarop geverf.
9.1 Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy
funksie in reël 1−6? Gee ook ʼn voordeel wat hierdie soort verteller in dié
uittreksel inhou. (3)
9.2 Na wie is Baas se basterbrakke onderskeidelik vernoem? (2)
9.3 Herlees reël 19.
Waarom kan die situasie op Manaka met die lewelose bougainvilleabos
vergelyk word? Sê watter karaktertrek van Baas na vore kom as hy later
die bougainvilleabos natgooi en verklaar hoe dié aksie by die tema van
die roman aansluit. (3)
9.4 Verduidelik waarom Dennis Chapman slegs as Baas bekend staan. (1)
9.5 Herlees reël 21–23.
Hoe bevestig Baas sy eienaarskap van Manaka? Veroorsaak die verval
van die geboue later konflik? Motiveer jou antwoord. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
TEKS D
1 “Ons het al hieroor gepraat,” sê hy beheers. “Ek is nie in Barotseland om
2 welsynswerk te kom doen nie.”
3 “Moenie weer kwaad word nie.” Grace klap verskonend haar hande.
4 “Ek is nie kwaad nie.” Hy vryf oor die verweerde stuk kakebeen voor hom
5 op die grond. “Goed, ek is kwaad. Ek sal jou ʼn storie vertel. Van ʼn
6 skoenlappervanger wat van Kanada af gekom en nege en twintig jaar in Afrika
7 gebly het. Toe ek ʼn kind was, het ek hom in my gedagtes gewed dat ek vir hom
8 die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie.”
9 “Dit is ʼn mooi storie.” Grace trek met haar vinger patroontjies in die sand.
10 “Het hy jou ooit gesê na watter soort skoenlapper hy gesoek het?” Sy vryf haar
11 hande teen mekaar, haar gesig effens na die grond gedraai, maar haar oë
12 steeds op hom.
13 “Ek het nooit die kans gehad om hom te vra nie.” Baas kyk onder die
14 worsboom se takke deur na sy boot hoog op die stellasie. “Hy is dood voor ek
15 gebore is.”
16 “Dit sou goed gewees het om die skoenlappervanger te kon ken.” Sy staan
17 op. “Nou sal ek eers vir die skoonma van my oorlede pa se suster ʼn blikkie vis
18 gaan uithaal.”
19 Baas bly op die stomp sit wat meneer Johnnie gebring het, sy hand op Lady
20 se kop. “Ja, ou dienende Martha. En nou moet ʼn sendeling se vrou my nog
21 wegbring
22 jagveld toe,” sê hy eindelik.
9.6 Waarna verwys die welsynwerk waarvan Baas in reël 2 praat? (1)
9.7 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af en wat lei ons omtrent
Baas en Grace se verhouding af? (2)
9.8 Noem TWEE simboliese skoenlappers wat Baas vir sy oupagrootjie
gevang het. (2)
9.9 Dink jy daar het vanaf TEKS C na TEKS D karakterontwikkeling by Baas
plaasgevind? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3)
9.10 Gee VIER ander voorbeelde uit die roman waar Grace as ʼn dienende
Martha beskou kan word. (4)
9.11 Wat is die tema en boodskap van Manaka, Plek van die Horings? (2)
[25]
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Die karakters in Vatmaar se ingesteldheid jeens besittings is een van toeëiening.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
OF
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS E
1 Ja, my Baas.
2 En jy, dief, wat is jou naam?
3 Yvonne Müller, sê Tant Wonnie. Sy het haar hande gewys en gesê: Ek
4 het nog nooit ’n ring aan my vingers gehad nie, Mineer, nie vandat ek myself
5 ken nie.
6 En jy is van Vatmaar? vra hy sonder om enige notisie te vat van wat Tant
7 Wonnie sê.
8 Ja, Mineer.
9 Tant Wonnie draai na die ander mense wat nader gestaan het om seker
10 te maak dat hulle niks mis nie.
11 Ek het ’n man gehad vir wie ek ag kinders in die wêreld gebring het. Hy
12 het my nooit ʼn ring gegee om aan my vinger te sit nie, sê sy en laat haar
13 hande sien. Daar wás ʼn ring, maar dit was om ons harte, ons kon dit nooit
14 verloor nie, nie eers in die dood nie. My vingers is gemaak vir werk.
15 Toe, is agterna vertel, het daar ʼn traan uit haar linkeroog gekom, die een
16 waarmee sy nie kon sien nie omdat die perdeby haar jare terug daar gesteek
17 het.
18 Hulle het doodstil na haar staan en kyk, dié mense vir wie sy gehelp en
19 gewerk het vir wat hulle haar ook al wou gee en vir wie sy nooit gesê het dis
20 nie genoeg nie. Party het aspris misbruik gemaak van haar goeie geaardheid
21 en net gesê: Kom môre. Tant Wonnie het nooit die volgende dag
22 teruggegaan vir die betaling nie en net vir haar dogters gesê: Ons is nie
23 betelaars nie.
11.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in die uittreksel af? (1)
11.2 Benoem die soort konflik in reël 2 en verduidelik hoekom hierdie persoon
so met Tant Wonnie praat. (2)
11.3 Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy
funksie in reël 6–7? Gee ʼn voordeel wat hierdie soort verteller in dié
uittreksel inhou. (3)
11.4 Hoe word die blanke man in reël 6–7 gestereotipeer? Tref ons enige
stereotipering van vroue in hierdie roman aan? Motiveer jou antwoord met
TWEE bewyse. (3)
11.5 Noem TWEE belangrike lewenswaardes wat in reël 11–14 aangespreek
word. (2)
11.6 Beskryf die stemming wat in reëls 18–20 heers. (1)
11.7 Watter TWEE karaktereienskappe van Tant Wonnie kom in reël 21–23 na
vore? Evalueer die inwoners van Vatmaar se optrede jeens Tant Wonnie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
EN
TEKS F
1 Wat het die sersant gesê toe jy hom die diamant gee?
2 Baas, hy het gesê hy het al gehoor dat ʼn mens hulle in die strate kan
3 optel, maar hy het dit nooit geglo nie en dat ek die grootste aap is wat hy
4 nog ooit teëgekom het. Hy het gevra wat my naam is en ek het gesê Hendruk
5 Jannewarie. Toe sê hy die aanklag is handel in ongeslypte diamante sonder
6 lisensie en besit van ʼn ongeslypte diamant.
7 Die sersant het toe geroep: Konstabel! en ʼn swart poeliesman het gekom en
8 die sersant het vir hom gesê om my deur te soek en toe te sluit.
9 Toe maak die magistraat keel skoon en vra: What has the accused to say
10 before sentence is passed?
11 Terwyl hy die Bybel ʼn laaste kyk uit die hoek van sy oog gee, het Oom
12 Hendruk gedink: Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my
13 vrymaak.
14 Hy het ʼn rukkie nagedink en toe sê hy: Ek het nie die klip gesteel nie, ek
15 het hom opgetel. Dit het aan die aarde behoort. Net soos kos uit die aarde
16 gehaal en vir geld verkoop kan word, so behoort blink klippies ook verkoop
17 te kan word. Die verskil lê by die mense
18 Die hofsaal was volgepak met bruinmense, sy mense. ʼn Hele paar het
19 gemompel: Dit is waar.
20 Stilte! skree die poeliesman.
21 Na ʼn rukkie sê die magistraat: Ignorance of the law is no excuse, eight
22 years hard labour. Take him away.
11.8 Verduidelik die verband tussen TEKS E en F. (1)
11.9 Herlees reëls 9–10.
Watter gevoel heers daar in Vatmaar teenoor mense wat Engels praat? Is
hierdie gevoel geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2)
11.10 Waarom het die gemeenskap gevoel die vonnis is oom Hendruk se
verdiende loon? (1)
11.11 Noem TWEE redes hoekom Hendruk se verwysing na die Bybel in reël 11
ironies is. (2)
11.12 Herlees reël 14–22.
Noem TWEE redes waarom hierdie gedeelte by die titel en hooftema van
die roman aansluit en motiveer of Hendruk se optrede verkeerd was en ʼn
aktuele waarheid omtrent vandag se samelewing openbaar. (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
onderwêreld – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: onderwêreld – OPSTELVRAAG
Eckardt se lewensverloop het tot gevolg dat sy sosiale manipulasie meer as een
slagoffer het.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde.
[25]
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
onderwêreld – Fanie Viljoen
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS G
1 “Ja, sure,” antwoord ek. Vryf my oë. “Ek is op die net. Surf bietjie.”
2 “Hoop nie jy is op die porn sites nie?”
3 “Sal dit nie waag nie. Nie by dié skool nie, anyway. My pa sal uitfreak
4 as sy skouperd iets doen wat hom ʼn skorsing kos.”
5 “So, het jy ook een van daardie pa’s?”
6 “Jy ook?”
7 Eckardt trek sy skouers op. “Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak
8 ek hier? Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa’s. Dis wat hulle
9 hier met ons doen, issit nie? Hulle breinspoel ons sodat ons mooi kan
10 glimlag, die regte dinge doen en sê.”
11 “En in pappa se voetspore kan volg,” voltooi ek die sin.
12 “Ek sien jy weet,” sê Eckardt.
13 Daar is ʼn ruk stilte waarin nie ek of Eckardt weet wat om te sê nie. Ek
14 klik daarom maar net op een van die links op die site waarop ek nou is.
15 Voltooi my besonderhede op die blad om te registreer om DVD’s te kan
16 invoer van Amerika af.
17 “Baie gevaarlik wat jy nou doen, nè?” sê Eckardt.
18 “Hoekom?”
19 “Kyk daar onder op jou skerm.” Hy wys met sy vinger na ʼn leë blokkie.
20 “Sien jy, geen slot nie? Dit beteken enigiemand kan sien wat jy nou doen
21 – ás hulle wil sien waarna jy kyk, bygesê.”
22 “Tjol, man,” grinnik ek.
23 “Nee, genuine. En selfs al was daar ʼn slot, beteken dit ook nie jy surf
24 veilig nie. Jy moet na die site se sertifikaat gaan kyk.”
13.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1)
13.2 Watter soort verteller is hier aan die woord? Sê waarom hierdie soort
verteller in reëls 3–4 funksioneel is en verduidelik waarom ʼn ander soort
verteller nie geslaagd sou wees nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
13.3 Eckardt se woorde in reël 5 en 8 dui op ʼn belangrike tema in die roman.
Benoem die tema en sê waarom die innerlike konflik wat Greg hieroor ervaar
eie aan sy karakter is. (2)
13.4 Hoekom is die onderstreepte woorde in reël 9 en 17 ironies? (2)
13.5 Eckardt se woorde in reël 17 lei ʼn sosiale plan in wat Eckardt met Greg in
hierdie roman speel. Motiveer met TWEE redes hoekom Eckardt dit
uitvoer en sê wat die uiteinde van hierdie sosiale plan is. Waarom is Greg
se pa se woorde oor die gebrek aan ruggraat wat Greg openbaar, dus
ongeregeverdig? (4)
EN
TEKS H
1 Ken Eckardt my dan só goed, ná net ʼn paar maande? Vrek, ek dink nie
2 eens Nicole het dit al besef nie, en ons ken mekaar al byna twee jaar.
3 “Jip,” antwoord ek en voel hoe die lamheid my lyf deurtrek. “Maar dis
4 nie omdat ék wil nie, dis omdat my pa wil. Toe John dood is, was dit asof
5 ek kon sien hoe my pa se oë na my toe draai en sê: ‘En nou’s dit jou beurt,
6 boetie!’
7 “As ek kon kies, sou ek my van verander van Owen na ... ag, sommer
8 Van der Merwe. As ek kon kies, was ek nie nou hier nie. Ek sou tevrede
9 wees met ʼn gemiddelde skool in ʼn gemiddelde woonbuurt met gemiddelde
10 skoolpunte. Ek sou gelukkig wees om vir enige span rugby te speel, nie
11 noodwendig die eerste span nie.”
12 “Maar die gemiddelde mens kom nêrens,” sê Eckardt.
13 “Jy klink soos my pa.”
14 “Dis miskien iets wat hacking my geleer het. Om te dink soos ander
15 mense dink. Maar ook om verder te dink; dis wat jou die voorsprong gee.”
16 Ek kyk op na die helder lug, skerm my oë teen die son. “Ons moet
17 seker teruggaan.” Ek fluit vir die perde om nader te kom. Die fluitgeluid
18 slaan uit die verte terug na my toe. Vir ʼn oomblik luister ek net daarna, toe
19 roep ek, hard: “G-4ce!” Die berg roep my naam terug. “G-4ce! G-4ce! G-
20 4ce!”
21 Eckardt staan ook nou op, skud sy broek skoon en roep: “Ekk-o!”
22 “Ekk-o! Ekk-o! Ekk-o!” antwoord die berg.
13.6 Hoe verskil die atmosfeer wat heers in TEKS G van die atmosfeer in TEKS
H? (1)
13.7 Hoe verskil Greg se algehele kommunikasie/verhouding met Nicole van sy
pa se verhouding met sy ma? Motiveer met ʼn voorbeeld uit die roman dat
Nicole tog ook tot Greg se onsekerhede bydra. (2)
13.8 Watter karaktereienskap van Greg kom in reëls 7–11 na vore? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
13.9 Die woorde in reël 12 binne konteks van die verhaalgebeure is
geregverdig. Motiveer die stelling deur na DRIE voorbeelde in die
roman te verwys. (3)
13.10 Waarna verwys G−4ce? (1)
13.11 Ekk-o verwys na ʼn belangrike motief in die roman. Benoem die motief.
Waarom is dit korrek om te sê dat hierdie motief veral in Eckhardt se
lewe voorkom? (3)
13.12 Wat is die hooftema en boodskap van onderwêreld? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Die tatoeëermerke op Map se Iyf is sy history en sy geography, maar veral ʼn
terrible gesoek vir ʼn identity.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat
volg.
TEKS I
1 MAP: Ja
2 TOMMY: (moedswillig) En sy dogter, Blanchie ... baie op-
3 gedoen deesdae, ek hoor sy ... ek hoor ... maar
4 nou ja, dis oek nie Tommy Sobotker se biesagheit
5 nie ...
6 MAP: (verander van houding) Wat hoor jy van haar? ...
7 TOMMY: Het jy vir haar al gesién? ...
8 MAP: Wat hoor jy van haar? ...
9 TOMMY: O, ag jy wiet, die wêreld is mos maar so, ek hoor
10 maar wat ek hoor, maar ek wiet oek nie of dit waar
11 is nie ... Ek hoor sy’t hierso ʼn wit ou, innie
12 Constantia, of so ʼn plek, een van die posh wit
13 areas, wat ʼn crush het op haar. Hy supply haar
14 glo net mooi moet alles wat sy wil hê, klere en
15 alles, geld oek ... Sy’s stylish deesae, jong...
16 (Asof hy nie bewus is van Map se ontsteltenis nie,
17 staan Tommy op en loop “stylish” soos Blanchie.)
18 TOMMY: Stylish ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
19 MAP: Map ontsteld.
20 TOMMY: Ek hoor sy gaan glo een van die dae overseas, vir
21 modelling ... Paris toe ... (Hy fluit. Map is duidelik hewig
22 ontstel.) ‘Is true. Daar was ʼn stukkie oor haar en ʼn photo
23 van Blanchie, in die koerant, nou nie te lank gelede nie
24 ... Top township girl for Paris! ... so iets ... Ja, onse area
25 kom óp! (Lag.)
26 Map staar.
27 TOMMY: Hê, wat is ‘it, Map
28 MAP: (sink) Nei, niks ... So jy sê, Blanchie is ... annerste ...
29 TOMMY: Nogal, maar jy wiet, ‘is nou nie Tommy Sobotker
30 se biesagheit nie, ‘cause Tommy hou sy nies net
31 by sy eie sake, soes jy wiet...
15.1 Herlees reël 1–3.
Hoe help die toneelaanwysing die leser om reëls 2–5 korrek te interpreteer? (1)
15.2 Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en Tommy plaas? (1)
15.3 Wat is die funksie van die beletseltekens in reël 3 en 5 onderskeidelik? (2)
15.4 Herlees reël 9–18.
Om watter rede, dink jy, deel Tommy hierdie nuus met Map en is Map se
reaksie hierop realisties? Wat suggereer Map se optrede hierna ten opsigte
van sy bekering? (3)
15.5 Watter TWEE karaktereienskappe van Tommy blyk duidelik uit sy optrede
in reëls 16–17? (2)
15.6 Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reël 28 en reël 30–31. (2)
15.7 Net na hierdie uittreksel gee Tommy vir Cavernelis die skuld vir Blanchie se
optrede. Wat was Cavernelis se motivering hiervoor en slaag Cavernelis
eindelik in sy doel? Motiveer jou antwoord. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
TEKS J
1 Die lig verander. Dan sien ons hoe Willy la Guma oor
2 die straat gehardloop kom. Onder sy arm is Cavernelis
3 se soft goods-suitcase, soos dit platgetrap is deur die
4 trein. Hy steier teen die flat se trap op, na Maud toe.
5 Map staar; beneweld. Blanchie die verpersoonliking
6 van skok. Die dinge gebeur nou vir hulle soos in ʼn
7 buitewêreld waarop hulle net maar toekyk.
8 Maud op die platformpie bo asof sy daar vasgenael is.
9 Die mense vergader in die straat.
10 Dan is Willy by Maud.
11 BLANCHIE: ‘Is nie waar nie!! ... (Haar liggaam ruk histeries. Map
12 hou haar vas.)
13
14 LA GUMA: (bewe, weet nie mooi hoe nie) Missies ... C...
15 Maud se gesig trek-trek en sy kry nog geen woord uit
nie.
16
17 LA GUMA: Ek het ... niks gekan doen nie ... Ons was saam ... Ek
18 het saam met mister C ... ge-jog ... langes sy bicycle ...
19 By die crossing, toe kom die trein ... toe stop ek, ek
20 dink toe mister C gaan oek ... ek mien stop ... Maar ...
21 O my God ... missies C ... ek skreeu vir hom, mister C!!
22 ... mister C!! ... en toe ... en toe ... Die trein ... die
23 bicycle ... Mister C ... ek het niks gekan doen nie!! ... Ek
24 ... (Hy sluk. Sy oë staan vol trane. Hy hou die
25 stukkende tas en ons sien hoe Maud van die
26 kledingstukke daaruit trek en deur haar vingers laat
27 loop.)
28 MAUD: (bibber die woorde onsamehangend uit) He ... was ... a
29 good man ... Cavernelis ... darling ...
15.8 Verklaar die rol van die verteller in reël 1–11. (1)
15.9 Wat is die soft good suitcase waarna daar in reël 3 verwys word? Watter
simboliese waarde verkry hierdie rekwisiet in die drama? (2)
15.10 La Guma se houding is in hierdie uittreksel heeltemal anders as wat ons
hom deur die res van die drama leer ken. Beskryf La Guma se karakter
vroeër in die drama deur TWEE karaktereienskappe te noem. Motiveer
ook dat La Guma ʼn karikatuur is. (3)
15.11 Map hou vir Blanchie vas. Hoe verskil sy gevoel wat hy teenoor Blanchie
koester in TEKS J van sy gevoel in TEKS I en wat is ʼn moontlike rede vir
die veranderde gevoel of houding? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
15.12 Herlees reëls 17–29.
Wat dink jy het Cavernelis aan die einde van die drama laat optree soos
hy het? Evalueer Maud se handeling in reëls 24–27 en motiveer met
TWEE redes of Maud se dialoog in reël 28–29 geregverdig is. (4)
[25]
OF
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Miem en Gertie word as erg konserwatief uitgebeeld. Tog vorm beide deel van
die Calvinistiese skynheiligheid.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 17: KONTEKSTUELE VRAAG – Mis – Reza de Wet
Lees die uittreksels aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS K
1 MIEM: Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit.
2 KONSTABEL: Laat ek help.
3 MEISIE: Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy eenkant vat, dan vat
4 ek die ander kant.
5 KONSTABEL: Dis goed so.
6 MEISIE: (bly) En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor
7 nie.
8 Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei hom na
9 die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel.
10 MIEM: Dit is gaaf van u, Konstabel.
11 MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die
12 ag-terdeur. Van die inhoud spat uit.
13 MIEM: Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die
14 kleinhuisie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
15 MEISIE: Ja, Ma. (Maak die deur oop.)
16 Die sirkusmusiek kan gehoor word. MEISIE en die KONSTABEL
17 na buite.
18 MIEM: (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en kyk
19 agterna)
20 En moenie op die flappe trap nie. Hulle word vanjaar so mooi.
21 (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal doed klaar.
17.1 Herlees reël 1.
Wat is die dit waarna Miem verwys?. Gee TWEE bewyse uit die drama hoe
dit Meisie se lewe beïnvloed het. (3)
17.2 Watter enkele woord in reëls 3–4 suggereer ʼn gemaklike, vriendskaplike
verhouding tussen Meisie en Konstabel? (1)
17.3 Motiveer waarom dit korrek is om te glo dat hierdie vriendskap Miem se
bevryding kan beteken. (2)
17.4 Meisie ervaar innerlike konflik wanneer sy die sirkusmusiek hoor.
Verduidelik waarom dit vir Meisie belangrik is om die sirkusmusiek (reël 6)
nié te hoor nie. (2)
17.5 Lewer kritiese kommentaar of die effek van die herhaalde verwysings na
sirkusmusiek in die drama geslaagd is. Motiveer jou antwoord met TWEE
bewyse. (3)
17.6 Volgens reël 1, 13 en 20 is Miem baie voorskriftelik.
Hoe sluit dié dialoog by die tema van die drama aan en is dit geregverdig
om te sê die tema is aktueel? (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
TEKS L
1 KONSTABEL: ... Sy is nie haastig nie. Sy knoop haar bloes stadig los.
2 GERTIE begin haar bloes stadig losknoop
3 KONSTABEL: Van bo na onder. Elke knopie. Een vir een. Sy trek haar
4 bloes oor haar skouers en laat dit val.
5 GERTIE laat haar bloes op die vloer val. Onder haar bloes
6 dra sy ʼn onooglike wit wol – frokkie.
7 KONSTABEL: En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant en
8 sy. GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige
9 spieël.
10 KONSTABEL: Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs
11 haar sye af.
12 GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van
13 plesier.
14 KONSTABEL: Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer.
15 GERTIE kyk byna in ʼn beswyming na haar’ beeld’ in die
16 spieël. Skielik gaan ʼn deur oop. Die geluid van die wind hou
17 op. Daar is voetstappe in die gang. GERTIE lyk verward, asof
18 sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en haarnaalde van
19 die tafel af en verdwyn vinnig deur die agterdeur. Die
20 agterdeur klap hard agter haar toe. Na ʼn oomblik verskyn
21 MIEM in die deur. Oor haar arm is ʼn pienk kombers.
22 MIEM: En wie is so skielik hier uit?
23 KONSTABEL: Dit is juffrou Gertie.
24 MIEM: (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is
25 regtig onverstandig van haar. Op so ʼn aand. Ek is darem
26 seker Wagter sal ʼn ogie oor haar hou. Ek het net die kombers
27 gebring. As u so ʼn bietjie wil skuins lê op die bank. Nou ja,
28 goeienag, Konstabel. En weer eens dankie.
17.7 In die voorafgaande gedeelte vertel Konstabel van tant Hannie se lang
golwende hare.
Waarom is dit noodsaaklik dat hy dit moet noem? (1)
17.8 Hoe sou die weglaat van woorde soos “stadig” (reël 2), “ekstase” (reël 8),
“streel” (reël 12) die stemming/atmosfeer van die aangehaalde gedeelte
beïnvloed? (1)
17.9 Waarin lê die ironie in Konstabel se woorde in reël 14? (1)
17.10 Is Konstabel se vergelyking tussen tant Hannie en Gertie geregverdig? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
17.11 Herlees reël 24.
Waarop dui Miem se snork en is die bring van die kombers
geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. Watter karaktereienskap
openbaar Miem hiermee? (3)
17.12 Hoe sluit Konstabel se optrede teenoor Meisie in TEKS K en teenoor
Gertie in TEKS L by die tema van die drama aan? Watter gevolge hou
hierdie optrede vir Meisie in? (4)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2018 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper