Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12201832 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 32 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur *AFRHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedigte – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: PROSA Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5 KEUSE VAN ANTWOORDE UIT AFDELING B (PROSA) EN C (DRAMA) o Beantwoord SLEGS die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het. o Beantwoord EEN OPSTEL VRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. o Indien jy opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help. 6 LENGTE VAN ANTWOORDE o Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300. o Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk. o Die lengte van die kontekstuele vrae word bepaal deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees. AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. “eerste worp” Opstelvraag 10 6 2. “Twee kleuters in die Kontekstuele vraag 10 7 Vondelpark” 3. “Vincent van Gogh” Kontekstuele vraag 10 8 4. “Wie’s hy?” Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. “eksamen” Kontekstuele vraag 10 10 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 11 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 13 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 13 10. Vatmaar Opstelvraag 25 15 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16 12. onderwêreld Opstelvraag 25 18 13. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 18 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 21 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 21 16. Mis Opstelvraag 25 24 17. Mis Kontekstuele vraag 25 24 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK9 NOMMER BEANTWOORD A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2 A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) C: Drama 14–17 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. eerste worp – T.T. Cloete 1 ons het nie ou katedrale en kastele nie, 2 geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie. 3 die min wolke wat ons het, is yl versprei. 4 ons het nie groot metropole nie. 5 ons is sonder donkergroen woude. 6 dun is ons geskiedenis met min groot name 7 soos beethoven of dante 8 of rembrandt of bramante 9 ons het min onwerklike sagte drome 10 maar ons het uitgestrekte woestyne 11 en krom grys bome wat houtbeen vasskop 12 in die droë sand en koets teen die son 13 ons het baie droë lope 14 en oerrivierbeddings met ou inheemse name 15 soos gourits en storievertelname soos skrij 16 of kameelsleep en lijersdraai 17 en baie reste naby die eerste worp 18 by wêreldseinde in die suisende stil nag 19 hoor jy die jakkalse en fossielskreeu 20 iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag [Uit: Uit die hoek van my oog, 1998] Bespreek in ʼn opstel van 250–300 woorde die kontraste/teenstellings wat duidelik uit hierdie gedig blyk. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers 1 Twee kleuters in die Vondelpark bly staan 2 ʼn klein oneindigheid lank hand-in-hand 3 Smetloos geteken dryf die dubbelswaan: 4 gesplete hart van hals en dubbelhals, 5 geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan, 6 geslote snawel dynserig vervals 7 met eenkant lug en water anderkant. 8 Versadig van die roerlose gesig 9 pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand 10 vir verdergaan, sleep haar tot ewewig 11 as sy nog strompelend omkyk na die swaan. 12 Verby die bome druis die straatrumoer. 13 Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer, 14 bromfiets tot motor, sal hy konstateer 15 – die wiel sy ordeteken – dat hy lid 16 is van die kollektiewe Lilliput. 17 Maar sý sien webbe onderwater roer. 18 Miskien is dit die laaste dag van staar 19 en grondlose verwondering. Wat sou 20 hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar? 21 ʼn Saaklike barbaar, ʼn fyn sadis, 22 ʼn doktrinêre Hollandse meneer? 23 En sý ʼn druk slagvaardige mevrou 24 met ʼn allure van dít-is-soos-dit-is? 25 Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer. [Uit: Balans, Human & Rosseau] 2.1 Herlees strofe 1. Benoem en verduidelik die stylfiguur in versreël 2. (2) 2.2 Motiveer waarom die gebruik van die enjambement in strofe 3 funksioneel is. (1) 2.3 Watter stemming is oorheersend in versreël 1−7 van die gedig? (1) 2.4 Herlees versreël 16. Verklaar die verwysing na Lilliput in versreël 16 en bring dit in verband met die seun se staanplek in die samelewing. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.5 Bespreek hoe strofe 7 die boodskap van die gedig ondersteun. (2) 2.6 Verklaar hoekom die slotstrofe as die klimaks van die gedig beskou word. (1) [10] VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vincent van Gogh – D.J. Opperman 1 Jy het as ʼn miskende 2 heilige vergeefs geveg teen die ellende 3 en die onreg in die krotte van die myn, 4 in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn 5 en skriklike stryd van God 6 leer ken, wat mens en boom verknot 7 in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe 8 in aanbidding van die son kom verwe, 9 boere, wasvrouens en gepynigde gesigte, 10 die kantelende landskap in die snelle ligte 11 geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek 12 tot branding van die skone kon verwek, 13 toe is Sy hartstog eers in jou volbring 14 soos groen sipresse tot ’n vlam verwring. [Uit: Heilige Beeste,1945] 3.1 Haal TWEE woorde uit versreëls 1–3 aan wat daarop dui dat Van Gogh se werk nie erken is nie. (2) 3.2 Benoem die halfrym in versreël 5 en gee die funksie daarvan. (2) 3.3 Verduidelik die suggestie van die woorde na die kommapunt in versreëls 7–8. (1) 3.4 Wat beteken kantelende in versreël 10? Benoem ook die stylfiguur in versreël 10 en verduidelik hoekom die gebruik van dié stylfiguur geslaagd is. (3) 3.5 Watter stemming heers aan die einde van hierdie gedig? (1) 3.6 Sê hoekom die woordkeuse van groen sipresse in die slotreël gepas is as dit in verband met Van Gogh se lewe gebring word. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Wie’s hy – Adam Small 1 Die poet 2 wie’s hy? 3 Djulle het so baie bek oorie poet 4 ma wié’s hy? 5 Is hy rêrag soes djulle dink 6 Die ou moerie pen ennie ink 7 wat in sy study sit en poems dink? 8 Nai, 9 djulle’s mistaken, 10 ma djulle is die poets 11 djulle wat ini straat in loep 12 ennie gladde bek verkoep 13 ma die dinge sien 14 en soema net daa God tien hulle roep! [Uit: Sê Sjibobolet, 1963] 4.1 Wie is die aangesprokene in hierdie gedig? (1) 4.2 Watter stemming oorheers in die gedig? (1) 4.3 Herlees versreëls 1−2 en versreël 10. Is dit nog steeds korrek om te sê dat die eerste strofe uit retoriese vrae bestaan? Motiveer jou antwoord. (1) 4.4 Watter taalvariëteit oorheers in die gedig? Noem enige kenmerk daarvan soos dit uit die gedig blyk en motiveer waarom die gebruik daarvan geslaagd is. (3) 4.5 Watter verantwoordelikheid rus, volgens versreëls 13–14 op die skouers van die digter? Dink jy die spreker se mening is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 4.6 Wat is die tema en boodskap van hierdie gedig? (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. eksamen – Annesu de Vos 1 dit is kakofonie 2 wanneer jy bang verwilderd 3 kantel 4 deur die nag 5 tussen die bladsye 6 van hoofstuk vyf 7 se Klimatologie; 8 die lêboor van die wyfiesprinkaan 9 klop 10 haar eiers stelselmatig stoot 11 tot in die veilige vesting 12 van jou dop – 13 jy sien die dood 14 as Franse Revolusies bloedloos stol 15 sodat die lewensiklus 16 van die mielieboorwurm 17 in die hamerslae van jou kop 18 voltooiing vind 19 tot jy verkorrel 20 in die suiker van soet slaap [Uit: Gebed van ʼn groen perske, Tafelberg] 5.1 Wie is die spreker in die gedig? (1) 5.2 Gee die konnotatiewe betekenis van kakofonie soos dit in versreël 1 gebruik word en motiveer waarom dit ʼn gepaste woordkeuse is. (2) 5.3 Verduidelik versreëls 8–12 in jou eie woorde. (1) 5.4 Wat is funksie van die aandagstreep in versreël 12? (1) 5.5 Gee TWEE bewyse dat hierdie gedig ʼn vrye vers is. (2) 5.6 Herlees die slotstrofe. Benoem en verduidelik die beeldspraak in hierdie strofe. Motiveer ook hoe die halfrym in die slotstrofe dié beeld ondersteun. (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Iris se beheptheid met haar naam en die kwart-voor-sewe-lelie speel ʼn groot rol in haar lewe. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A 1 Daar was woordeboeke en diverse glansfotoboeke oor sulke 2 uiteenlopende temas as Inka-kuns en moderne boerderymetodes in 3 Hongarye. Ek het afgelei dit was geskenke van dankbare pasiënte. 4 Die onderste twee rakke was vol sagtebandboeke, blitsverkopers, 5 almal dieselfde grootte. Ek het geweet dit grief hom. Dit het die skewe 6 simmetrie van die boonste gegradeerde rakke versteur. 7 Die meubels in die wagkamer en in sy privaat kantoor was swaar 8 en solied, gemaak om meer as een generasie te dien. Outyds, eintlik. 9 Hy het kennelik nie geglo in die moderne opvatting dat ʼn wagkamer lig, 10 vrolik en opbeurend moet wees nie. Sy meubels het ontsag ingeboe- 11 sem. Vrees ook. Pasiënte het verkommerd na die swaar buffettafel 12 gekyk met sy baie laaie en spieëls. “Dis waar hy die tange bêre,” kon 13 ek hulle hoor dink. 14 Maar terwyl die boor gesellig gedreun het en ek die slurpende pypie 15 onder hulle tonge gehou het, kon ek voortgaan met my fantasieë. Ek 16 kon die uitleg van Greta se kamer verander, Eduard se huis meubileer, 17 blomme op Peter se graf plaas. Ek het omtrent ʼn argitekplan van Greta 18 se woonstel geteken voor ek tevrede was met die ligging van haar 19 badkamer en kon voortgaan met die choreografie van haar en Eduard 20 se bewegings. Ek was baie gesteld op korrektheid. Die wette van die 21 werklikheid moes gehoorsaam word. Koffietafels moes nie in die pad 22 wees wanneer daar skielik beweeg moes word nie, gordyne moes net 23 genoeg lig inlaat, telefone mag nie op ongeleë oomblikke gelui het nie. 7.1 In watter ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte? (1) 7.2 Watter DRIE karaktertrekke van die man na wie Iris hier verwys, kom in reëls 1−6 na vore? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 7.3 Watter soort verteller is in reëls 3–5 aan die woord? Sê waarom hierdie soort verteller juis hier funksioneel is. (2) 7.4 Herlees reëls 14–15. Hoekom het Iris hierdie werk gekies nadat sy studeer het en wat was haar pa se mening oor haar beroepskeuse? (2) 7.5 Herlees reëls 15–20. Hoekom het Iris die behoefte gehad om denkbeeldige karakters te skep en wanneer het sy Greta, Eduard en Peter geskep? Noem enige EEN ander fantasievlug wat Iris geskep het. (3) 7.6 Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reëls 20–21. (1) 7.7 Motiveer dat Iris se impulsiwiteit deur haar fantasiewêreld aangevuur is deur na die fiktiewe en die werklike Peter te verwys. (1) EN TEKS B 1 “Hoekom wil hy met jou trou?” 2 “Ek weet nie.” Die verligting was so groot dat ek nie eens kon lag nie. “Is 3 dit nie wonderlik nie? Hulle leef almal nog. Johanna gaan nie weg nie, 4 Polder huppel nog deur die tuin en soek na my. Ma sal dat Pa die hoë 5 Kersversierings aan die boom hang. Ek gaan hom doodmaak.” 6 “Wie?” 7 “Frederik. Dat hy my so laat skrik.” Ek het my hande in die lug gegooi en 8 al in die rondte gedraai. “Kom, ons moet uitgaan. So ʼn lieflike dag moet 9 gevier word.” 10 “Wat wil jy vier?” het Peter suur gevra, maar tog sy skoene vasgeveter 11 en sy anorak van die mat opgetel. “ ʼn Huweliksaansoek?” 12 “Nee, dat dit nie erger was nie.” 13 “Ek beskou ʼn huweliksaansoek van ʼn wildvreemde as erg genoeg.” 14 “Frederik is nie ʼn wildvreemde nie.” 15 “O?” Hy het die deur vir my oopgehou en die sleutel langs die deur 16 gevat. 17 “Ek het saam met hom gewerk.” 18 “En wat nog?” 19 “Niks nie. Ek het niks saam met iemand gedoen sedert ek jou laas 20 gesien het nie.” Ek het hom skuins aangekyk. “Wat seker meer is as wat jy 21 kan sê.” 22 “As ek ook nee sê, sal jy my glo?” het hy gevra. 23 “Nee.” 24 Hy het sy skouers opgehaal en ons het uit die hysbak gestap, verby die 25 bot klerk wat ons woordeloos aangestaar het. “Have a nice day,” het ek vir 26 hom gesê. 27 Hy het skewerig geglimlag, maar nie die nasionale groet beantwoord 28 nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 7.8 Teen watter agtergrond speel reëls 1–5 af? Watter ruimtelike verskil is daar tussen TEKS A en B en hoe skakel Frederik in TEKS B by die ruimte in TEKS A aan? (3) 7.9 Reël 3 verwys na Johanna. Watter bydrae lewer Johanna tot Iris en haar gesin se lewe? (2) 7.10 Dink jy die huweliksaansoek van Frederik is gepas? Motiveer jou antwoord. (1) 7.11 Motiveer hoekom dit geregverdig is dat Peter en Iris in hierdie gedeelte mekaar se getrouheid bevraagteken en gee die naam van die meisie in Iris se drome wat haar onsekerheid oor Peter se getrouheid aangewakker het. (2) 7.12 Iris ervaar uiterlike konflik met die klerk in die hotel. Hoekom ervaar sy konflik met hom? Dink jy dit is in Iris se aard om met vreemdelinge te bots? Motiveer jou antwoord met DRIE voorbeelde uit die roman. (4) [25] MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Nanna speel ʼn beduidende rol in Baas en die mense van Barotseland se lewe. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–500 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C 1 Die een na die ander primitiewe aanwysing dat hier ook mense woon wat van 2 geweet wil wees, kruip by Baas verby – ʼn stuk ou nommerplaat aan ʼn boom 3 vasgespyker, ʼn wieldop met ʼn “Stop!”-teken, ʼn verroeste modderskerm met ʼn 4 skewekam hoenderhaan daarop geteken, ʼn “No Parking”- en ʼn “No dogs 5 allowed”- bordjie wat kennelik by die een of ander hospitaal verdwyn het, ʼn 6 verflenterde motorband met ʼn onleesbare naam in wit verf. 7 Die gehuggies word minder; die troppies beeste en bokke onwilliger om 8 die pad te ontruim; die kinders wat uit die graanlandjies nader storm wanneer 9 hulle ʼn voertuig hoor, nuuskieriger; die tweespoorpad slegter; die 10 basterbrakke, wat lyk of hulle iewers in die verre verlede ’n dosis Ierse 11 terriërbloed ingekry het, al meer. 12 Die Land Rover met die twee opgewonde honde agterop kruip in 13 vierwieltrek deur slaggate en spoelslote, oor hompe vars olifantmis en om 14 rotsblokke wat deur lange jare uit die klipkoppe losgebreek het. Agter die 15 voertuig spring die sleepwa met piepende vere oor die hindernisse. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 16 Waar die ysterkliprante deur stukkies vlakte afgewissel word, is 17 stapel dekgrasbondels op houtstellasies. Honderd en dertig kilometer 18 noord van Ngweze draai Baas na Sioma. 19 Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan Mark gepraat 20 het, veertig kilometer van Sioma af teen die hang van die ysterkliprant. 21 Dis ʼn dik stomp. Daar is geen teken van lewe in die uitgedroogde takke 22 nie. Langs die verwronge stam hang ʼn stuk sinkplaat met die woorde 23 Manaka Evangelical Mission netjies daarop geverf. 9.1 Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy funksie in reël 1−6? Gee ook ʼn voordeel wat hierdie soort verteller in dié uittreksel inhou. (3) 9.2 Na wie is Baas se basterbrakke onderskeidelik vernoem? (2) 9.3 Herlees reël 19. Waarom kan die situasie op Manaka met die lewelose bougainvilleabos vergelyk word? Sê watter karaktertrek van Baas na vore kom as hy later die bougainvilleabos natgooi en verklaar hoe dié aksie by die tema van die roman aansluit. (3) 9.4 Verduidelik waarom Dennis Chapman slegs as Baas bekend staan. (1) 9.5 Herlees reël 21–23. Hoe bevestig Baas sy eienaarskap van Manaka? Veroorsaak die verval van die geboue later konflik? Motiveer jou antwoord. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 TEKS D 1 “Ons het al hieroor gepraat,” sê hy beheers. “Ek is nie in Barotseland om 2 welsynswerk te kom doen nie.” 3 “Moenie weer kwaad word nie.” Grace klap verskonend haar hande. 4 “Ek is nie kwaad nie.” Hy vryf oor die verweerde stuk kakebeen voor hom 5 op die grond. “Goed, ek is kwaad. Ek sal jou ʼn storie vertel. Van ʼn 6 skoenlappervanger wat van Kanada af gekom en nege en twintig jaar in Afrika 7 gebly het. Toe ek ʼn kind was, het ek hom in my gedagtes gewed dat ek vir hom 8 die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie.” 9 “Dit is ʼn mooi storie.” Grace trek met haar vinger patroontjies in die sand. 10 “Het hy jou ooit gesê na watter soort skoenlapper hy gesoek het?” Sy vryf haar 11 hande teen mekaar, haar gesig effens na die grond gedraai, maar haar oë 12 steeds op hom. 13 “Ek het nooit die kans gehad om hom te vra nie.” Baas kyk onder die 14 worsboom se takke deur na sy boot hoog op die stellasie. “Hy is dood voor ek 15 gebore is.” 16 “Dit sou goed gewees het om die skoenlappervanger te kon ken.” Sy staan 17 op. “Nou sal ek eers vir die skoonma van my oorlede pa se suster ʼn blikkie vis 18 gaan uithaal.” 19 Baas bly op die stomp sit wat meneer Johnnie gebring het, sy hand op Lady 20 se kop. “Ja, ou dienende Martha. En nou moet ʼn sendeling se vrou my nog 21 wegbring 22 jagveld toe,” sê hy eindelik. 9.6 Waarna verwys die welsynwerk waarvan Baas in reël 2 praat? (1) 9.7 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af en wat lei ons omtrent Baas en Grace se verhouding af? (2) 9.8 Noem TWEE simboliese skoenlappers wat Baas vir sy oupagrootjie gevang het. (2) 9.9 Dink jy daar het vanaf TEKS C na TEKS D karakterontwikkeling by Baas plaasgevind? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3) 9.10 Gee VIER ander voorbeelde uit die roman waar Grace as ʼn dienende Martha beskou kan word. (4) 9.11 Wat is die tema en boodskap van Manaka, Plek van die Horings? (2) [25] VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Die karakters in Vatmaar se ingesteldheid jeens besittings is een van toeëiening. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) OF VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS E 1 Ja, my Baas. 2 En jy, dief, wat is jou naam? 3 Yvonne Müller, sê Tant Wonnie. Sy het haar hande gewys en gesê: Ek 4 het nog nooit ’n ring aan my vingers gehad nie, Mineer, nie vandat ek myself 5 ken nie. 6 En jy is van Vatmaar? vra hy sonder om enige notisie te vat van wat Tant 7 Wonnie sê. 8 Ja, Mineer. 9 Tant Wonnie draai na die ander mense wat nader gestaan het om seker 10 te maak dat hulle niks mis nie. 11 Ek het ’n man gehad vir wie ek ag kinders in die wêreld gebring het. Hy 12 het my nooit ʼn ring gegee om aan my vinger te sit nie, sê sy en laat haar 13 hande sien. Daar wás ʼn ring, maar dit was om ons harte, ons kon dit nooit 14 verloor nie, nie eers in die dood nie. My vingers is gemaak vir werk. 15 Toe, is agterna vertel, het daar ʼn traan uit haar linkeroog gekom, die een 16 waarmee sy nie kon sien nie omdat die perdeby haar jare terug daar gesteek 17 het. 18 Hulle het doodstil na haar staan en kyk, dié mense vir wie sy gehelp en 19 gewerk het vir wat hulle haar ook al wou gee en vir wie sy nooit gesê het dis 20 nie genoeg nie. Party het aspris misbruik gemaak van haar goeie geaardheid 21 en net gesê: Kom môre. Tant Wonnie het nooit die volgende dag 22 teruggegaan vir die betaling nie en net vir haar dogters gesê: Ons is nie 23 betelaars nie. 11.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in die uittreksel af? (1) 11.2 Benoem die soort konflik in reël 2 en verduidelik hoekom hierdie persoon so met Tant Wonnie praat. (2) 11.3 Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy funksie in reël 6–7? Gee ʼn voordeel wat hierdie soort verteller in dié uittreksel inhou. (3) 11.4 Hoe word die blanke man in reël 6–7 gestereotipeer? Tref ons enige stereotipering van vroue in hierdie roman aan? Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse. (3) 11.5 Noem TWEE belangrike lewenswaardes wat in reël 11–14 aangespreek word. (2) 11.6 Beskryf die stemming wat in reëls 18–20 heers. (1) 11.7 Watter TWEE karaktereienskappe van Tant Wonnie kom in reël 21–23 na vore? Evalueer die inwoners van Vatmaar se optrede jeens Tant Wonnie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 EN TEKS F 1 Wat het die sersant gesê toe jy hom die diamant gee? 2 Baas, hy het gesê hy het al gehoor dat ʼn mens hulle in die strate kan 3 optel, maar hy het dit nooit geglo nie en dat ek die grootste aap is wat hy 4 nog ooit teëgekom het. Hy het gevra wat my naam is en ek het gesê Hendruk 5 Jannewarie. Toe sê hy die aanklag is handel in ongeslypte diamante sonder 6 lisensie en besit van ʼn ongeslypte diamant. 7 Die sersant het toe geroep: Konstabel! en ʼn swart poeliesman het gekom en 8 die sersant het vir hom gesê om my deur te soek en toe te sluit. 9 Toe maak die magistraat keel skoon en vra: What has the accused to say 10 before sentence is passed? 11 Terwyl hy die Bybel ʼn laaste kyk uit die hoek van sy oog gee, het Oom 12 Hendruk gedink: Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my 13 vrymaak. 14 Hy het ʼn rukkie nagedink en toe sê hy: Ek het nie die klip gesteel nie, ek 15 het hom opgetel. Dit het aan die aarde behoort. Net soos kos uit die aarde 16 gehaal en vir geld verkoop kan word, so behoort blink klippies ook verkoop 17 te kan word. Die verskil lê by die mense 18 Die hofsaal was volgepak met bruinmense, sy mense. ʼn Hele paar het 19 gemompel: Dit is waar. 20 Stilte! skree die poeliesman. 21 Na ʼn rukkie sê die magistraat: Ignorance of the law is no excuse, eight 22 years hard labour. Take him away. 11.8 Verduidelik die verband tussen TEKS E en F. (1) 11.9 Herlees reëls 9–10. Watter gevoel heers daar in Vatmaar teenoor mense wat Engels praat? Is hierdie gevoel geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 11.10 Waarom het die gemeenskap gevoel die vonnis is oom Hendruk se verdiende loon? (1) 11.11 Noem TWEE redes hoekom Hendruk se verwysing na die Bybel in reël 11 ironies is. (2) 11.12 Herlees reël 14–22. Noem TWEE redes waarom hierdie gedeelte by die titel en hooftema van die roman aansluit en motiveer of Hendruk se optrede verkeerd was en ʼn aktuele waarheid omtrent vandag se samelewing openbaar. (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) onderwêreld – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: onderwêreld – OPSTELVRAAG Eckardt se lewensverloop het tot gevolg dat sy sosiale manipulasie meer as een slagoffer het. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG onderwêreld – Fanie Viljoen Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS G 1 “Ja, sure,” antwoord ek. Vryf my oë. “Ek is op die net. Surf bietjie.” 2 “Hoop nie jy is op die porn sites nie?” 3 “Sal dit nie waag nie. Nie by dié skool nie, anyway. My pa sal uitfreak 4 as sy skouperd iets doen wat hom ʼn skorsing kos.” 5 “So, het jy ook een van daardie pa’s?” 6 “Jy ook?” 7 Eckardt trek sy skouers op. “Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak 8 ek hier? Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa’s. Dis wat hulle 9 hier met ons doen, issit nie? Hulle breinspoel ons sodat ons mooi kan 10 glimlag, die regte dinge doen en sê.” 11 “En in pappa se voetspore kan volg,” voltooi ek die sin. 12 “Ek sien jy weet,” sê Eckardt. 13 Daar is ʼn ruk stilte waarin nie ek of Eckardt weet wat om te sê nie. Ek 14 klik daarom maar net op een van die links op die site waarop ek nou is. 15 Voltooi my besonderhede op die blad om te registreer om DVD’s te kan 16 invoer van Amerika af. 17 “Baie gevaarlik wat jy nou doen, nè?” sê Eckardt. 18 “Hoekom?” 19 “Kyk daar onder op jou skerm.” Hy wys met sy vinger na ʼn leë blokkie. 20 “Sien jy, geen slot nie? Dit beteken enigiemand kan sien wat jy nou doen 21 – ás hulle wil sien waarna jy kyk, bygesê.” 22 “Tjol, man,” grinnik ek. 23 “Nee, genuine. En selfs al was daar ʼn slot, beteken dit ook nie jy surf 24 veilig nie. Jy moet na die site se sertifikaat gaan kyk.” 13.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1) 13.2 Watter soort verteller is hier aan die woord? Sê waarom hierdie soort verteller in reëls 3–4 funksioneel is en verduidelik waarom ʼn ander soort verteller nie geslaagd sou wees nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19 13.3 Eckardt se woorde in reël 5 en 8 dui op ʼn belangrike tema in die roman. Benoem die tema en sê waarom die innerlike konflik wat Greg hieroor ervaar eie aan sy karakter is. (2) 13.4 Hoekom is die onderstreepte woorde in reël 9 en 17 ironies? (2) 13.5 Eckardt se woorde in reël 17 lei ʼn sosiale plan in wat Eckardt met Greg in hierdie roman speel. Motiveer met TWEE redes hoekom Eckardt dit uitvoer en sê wat die uiteinde van hierdie sosiale plan is. Waarom is Greg se pa se woorde oor die gebrek aan ruggraat wat Greg openbaar, dus ongeregeverdig? (4) EN TEKS H 1 Ken Eckardt my dan só goed, ná net ʼn paar maande? Vrek, ek dink nie 2 eens Nicole het dit al besef nie, en ons ken mekaar al byna twee jaar. 3 “Jip,” antwoord ek en voel hoe die lamheid my lyf deurtrek. “Maar dis 4 nie omdat ék wil nie, dis omdat my pa wil. Toe John dood is, was dit asof 5 ek kon sien hoe my pa se oë na my toe draai en sê: ‘En nou’s dit jou beurt, 6 boetie!’ 7 “As ek kon kies, sou ek my van verander van Owen na ... ag, sommer 8 Van der Merwe. As ek kon kies, was ek nie nou hier nie. Ek sou tevrede 9 wees met ʼn gemiddelde skool in ʼn gemiddelde woonbuurt met gemiddelde 10 skoolpunte. Ek sou gelukkig wees om vir enige span rugby te speel, nie 11 noodwendig die eerste span nie.” 12 “Maar die gemiddelde mens kom nêrens,” sê Eckardt. 13 “Jy klink soos my pa.” 14 “Dis miskien iets wat hacking my geleer het. Om te dink soos ander 15 mense dink. Maar ook om verder te dink; dis wat jou die voorsprong gee.” 16 Ek kyk op na die helder lug, skerm my oë teen die son. “Ons moet 17 seker teruggaan.” Ek fluit vir die perde om nader te kom. Die fluitgeluid 18 slaan uit die verte terug na my toe. Vir ʼn oomblik luister ek net daarna, toe 19 roep ek, hard: “G-4ce!” Die berg roep my naam terug. “G-4ce! G-4ce! G- 20 4ce!” 21 Eckardt staan ook nou op, skud sy broek skoon en roep: “Ekk-o!” 22 “Ekk-o! Ekk-o! Ekk-o!” antwoord die berg. 13.6 Hoe verskil die atmosfeer wat heers in TEKS G van die atmosfeer in TEKS H? (1) 13.7 Hoe verskil Greg se algehele kommunikasie/verhouding met Nicole van sy pa se verhouding met sy ma? Motiveer met ʼn voorbeeld uit die roman dat Nicole tog ook tot Greg se onsekerhede bydra. (2) 13.8 Watter karaktereienskap van Greg kom in reëls 7–11 na vore? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 13.9 Die woorde in reël 12 binne konteks van die verhaalgebeure is geregverdig. Motiveer die stelling deur na DRIE voorbeelde in die roman te verwys. (3) 13.10 Waarna verwys G−4ce? (1) 13.11 Ekk-o verwys na ʼn belangrike motief in die roman. Benoem die motief. Waarom is dit korrek om te sê dat hierdie motief veral in Eckhardt se lewe voorkom? (3) 13.12 Wat is die hooftema en boodskap van onderwêreld? (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21 AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Die tatoeëermerke op Map se Iyf is sy history en sy geography, maar veral ʼn terrible gesoek vir ʼn identity. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS I 1 MAP: Ja 2 TOMMY: (moedswillig) En sy dogter, Blanchie ... baie op- 3 gedoen deesdae, ek hoor sy ... ek hoor ... maar 4 nou ja, dis oek nie Tommy Sobotker se biesagheit 5 nie ... 6 MAP: (verander van houding) Wat hoor jy van haar? ... 7 TOMMY: Het jy vir haar al gesién? ... 8 MAP: Wat hoor jy van haar? ... 9 TOMMY: O, ag jy wiet, die wêreld is mos maar so, ek hoor 10 maar wat ek hoor, maar ek wiet oek nie of dit waar 11 is nie ... Ek hoor sy’t hierso ʼn wit ou, innie 12 Constantia, of so ʼn plek, een van die posh wit 13 areas, wat ʼn crush het op haar. Hy supply haar 14 glo net mooi moet alles wat sy wil hê, klere en 15 alles, geld oek ... Sy’s stylish deesae, jong... 16 (Asof hy nie bewus is van Map se ontsteltenis nie, 17 staan Tommy op en loop “stylish” soos Blanchie.) 18 TOMMY: Stylish ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 19 MAP: Map ontsteld. 20 TOMMY: Ek hoor sy gaan glo een van die dae overseas, vir 21 modelling ... Paris toe ... (Hy fluit. Map is duidelik hewig 22 ontstel.) ‘Is true. Daar was ʼn stukkie oor haar en ʼn photo 23 van Blanchie, in die koerant, nou nie te lank gelede nie 24 ... Top township girl for Paris! ... so iets ... Ja, onse area 25 kom óp! (Lag.) 26 Map staar. 27 TOMMY: Hê, wat is ‘it, Map 28 MAP: (sink) Nei, niks ... So jy sê, Blanchie is ... annerste ... 29 TOMMY: Nogal, maar jy wiet, ‘is nou nie Tommy Sobotker 30 se biesagheit nie, ‘cause Tommy hou sy nies net 31 by sy eie sake, soes jy wiet... 15.1 Herlees reël 1–3. Hoe help die toneelaanwysing die leser om reëls 2–5 korrek te interpreteer? (1) 15.2 Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en Tommy plaas? (1) 15.3 Wat is die funksie van die beletseltekens in reël 3 en 5 onderskeidelik? (2) 15.4 Herlees reël 9–18. Om watter rede, dink jy, deel Tommy hierdie nuus met Map en is Map se reaksie hierop realisties? Wat suggereer Map se optrede hierna ten opsigte van sy bekering? (3) 15.5 Watter TWEE karaktereienskappe van Tommy blyk duidelik uit sy optrede in reëls 16–17? (2) 15.6 Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reël 28 en reël 30–31. (2) 15.7 Net na hierdie uittreksel gee Tommy vir Cavernelis die skuld vir Blanchie se optrede. Wat was Cavernelis se motivering hiervoor en slaag Cavernelis eindelik in sy doel? Motiveer jou antwoord. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23 TEKS J 1 Die lig verander. Dan sien ons hoe Willy la Guma oor 2 die straat gehardloop kom. Onder sy arm is Cavernelis 3 se soft goods-suitcase, soos dit platgetrap is deur die 4 trein. Hy steier teen die flat se trap op, na Maud toe. 5 Map staar; beneweld. Blanchie die verpersoonliking 6 van skok. Die dinge gebeur nou vir hulle soos in ʼn 7 buitewêreld waarop hulle net maar toekyk. 8 Maud op die platformpie bo asof sy daar vasgenael is. 9 Die mense vergader in die straat. 10 Dan is Willy by Maud. 11 BLANCHIE: ‘Is nie waar nie!! ... (Haar liggaam ruk histeries. Map 12 hou haar vas.) 13 14 LA GUMA: (bewe, weet nie mooi hoe nie) Missies ... C... 15 Maud se gesig trek-trek en sy kry nog geen woord uit nie. 16 17 LA GUMA: Ek het ... niks gekan doen nie ... Ons was saam ... Ek 18 het saam met mister C ... ge-jog ... langes sy bicycle ... 19 By die crossing, toe kom die trein ... toe stop ek, ek 20 dink toe mister C gaan oek ... ek mien stop ... Maar ... 21 O my God ... missies C ... ek skreeu vir hom, mister C!! 22 ... mister C!! ... en toe ... en toe ... Die trein ... die 23 bicycle ... Mister C ... ek het niks gekan doen nie!! ... Ek 24 ... (Hy sluk. Sy oë staan vol trane. Hy hou die 25 stukkende tas en ons sien hoe Maud van die 26 kledingstukke daaruit trek en deur haar vingers laat 27 loop.) 28 MAUD: (bibber die woorde onsamehangend uit) He ... was ... a 29 good man ... Cavernelis ... darling ... 15.8 Verklaar die rol van die verteller in reël 1–11. (1) 15.9 Wat is die soft good suitcase waarna daar in reël 3 verwys word? Watter simboliese waarde verkry hierdie rekwisiet in die drama? (2) 15.10 La Guma se houding is in hierdie uittreksel heeltemal anders as wat ons hom deur die res van die drama leer ken. Beskryf La Guma se karakter vroeër in die drama deur TWEE karaktereienskappe te noem. Motiveer ook dat La Guma ʼn karikatuur is. (3) 15.11 Map hou vir Blanchie vas. Hoe verskil sy gevoel wat hy teenoor Blanchie koester in TEKS J van sy gevoel in TEKS I en wat is ʼn moontlike rede vir die veranderde gevoel of houding? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 15.12 Herlees reëls 17–29. Wat dink jy het Cavernelis aan die einde van die drama laat optree soos hy het? Evalueer Maud se handeling in reëls 24–27 en motiveer met TWEE redes of Maud se dialoog in reël 28–29 geregverdig is. (4) [25] OF MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Miem en Gertie word as erg konserwatief uitgebeeld. Tog vorm beide deel van die Calvinistiese skynheiligheid. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde. [25] VRAAG 17: KONTEKSTUELE VRAAG – Mis – Reza de Wet Lees die uittreksels aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS K 1 MIEM: Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit. 2 KONSTABEL: Laat ek help. 3 MEISIE: Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy eenkant vat, dan vat 4 ek die ander kant. 5 KONSTABEL: Dis goed so. 6 MEISIE: (bly) En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor 7 nie. 8 Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei hom na 9 die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel. 10 MIEM: Dit is gaaf van u, Konstabel. 11 MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die 12 ag-terdeur. Van die inhoud spat uit. 13 MIEM: Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die 14 kleinhuisie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25 15 MEISIE: Ja, Ma. (Maak die deur oop.) 16 Die sirkusmusiek kan gehoor word. MEISIE en die KONSTABEL 17 na buite. 18 MIEM: (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en kyk 19 agterna) 20 En moenie op die flappe trap nie. Hulle word vanjaar so mooi. 21 (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal doed klaar. 17.1 Herlees reël 1. Wat is die dit waarna Miem verwys?. Gee TWEE bewyse uit die drama hoe dit Meisie se lewe beïnvloed het. (3) 17.2 Watter enkele woord in reëls 3–4 suggereer ʼn gemaklike, vriendskaplike verhouding tussen Meisie en Konstabel? (1) 17.3 Motiveer waarom dit korrek is om te glo dat hierdie vriendskap Miem se bevryding kan beteken. (2) 17.4 Meisie ervaar innerlike konflik wanneer sy die sirkusmusiek hoor. Verduidelik waarom dit vir Meisie belangrik is om die sirkusmusiek (reël 6) nié te hoor nie. (2) 17.5 Lewer kritiese kommentaar of die effek van die herhaalde verwysings na sirkusmusiek in die drama geslaagd is. Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse. (3) 17.6 Volgens reël 1, 13 en 20 is Miem baie voorskriftelik. Hoe sluit dié dialoog by die tema van die drama aan en is dit geregverdig om te sê die tema is aktueel? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2018) TEKS L 1 KONSTABEL: ... Sy is nie haastig nie. Sy knoop haar bloes stadig los. 2 GERTIE begin haar bloes stadig losknoop 3 KONSTABEL: Van bo na onder. Elke knopie. Een vir een. Sy trek haar 4 bloes oor haar skouers en laat dit val. 5 GERTIE laat haar bloes op die vloer val. Onder haar bloes 6 dra sy ʼn onooglike wit wol – frokkie. 7 KONSTABEL: En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant en 8 sy. GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige 9 spieël. 10 KONSTABEL: Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs 11 haar sye af. 12 GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van 13 plesier. 14 KONSTABEL: Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer. 15 GERTIE kyk byna in ʼn beswyming na haar’ beeld’ in die 16 spieël. Skielik gaan ʼn deur oop. Die geluid van die wind hou 17 op. Daar is voetstappe in die gang. GERTIE lyk verward, asof 18 sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en haarnaalde van 19 die tafel af en verdwyn vinnig deur die agterdeur. Die 20 agterdeur klap hard agter haar toe. Na ʼn oomblik verskyn 21 MIEM in die deur. Oor haar arm is ʼn pienk kombers. 22 MIEM: En wie is so skielik hier uit? 23 KONSTABEL: Dit is juffrou Gertie. 24 MIEM: (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is 25 regtig onverstandig van haar. Op so ʼn aand. Ek is darem 26 seker Wagter sal ʼn ogie oor haar hou. Ek het net die kombers 27 gebring. As u so ʼn bietjie wil skuins lê op die bank. Nou ja, 28 goeienag, Konstabel. En weer eens dankie. 17.7 In die voorafgaande gedeelte vertel Konstabel van tant Hannie se lang golwende hare. Waarom is dit noodsaaklik dat hy dit moet noem? (1) 17.8 Hoe sou die weglaat van woorde soos “stadig” (reël 2), “ekstase” (reël 8), “streel” (reël 12) die stemming/atmosfeer van die aangehaalde gedeelte beïnvloed? (1) 17.9 Waarin lê die ironie in Konstabel se woorde in reël 14? (1) 17.10 Is Konstabel se vergelyking tussen tant Hannie en Gertie geregverdig? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27 17.11 Herlees reël 24. Waarop dui Miem se snork en is die bring van die kombers geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. Watter karaktereienskap openbaar Miem hiermee? (3) 17.12 Hoe sluit Konstabel se optrede teenoor Meisie in TEKS K en teenoor Gertie in TEKS L by die tema van die drama aan? Watter gevolge hou hierdie optrede vir Meisie in? (4) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all