Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12202114 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL JY HOOR MY NIE, WANT ... ONS LUISTER NIE MEER NIE Ons het die kuns van luister verleer ... dis hoekom ons verhoudings sneuwel. 1 “Okay, Linda. Listen, listen, listen ... listen, Linda,” sê ʼn driejarige seuntjie in ʼn YouTube-video. (Dis nie net Linda wat nie luister nie.) Volgens ʼn studie aan drie Amerikaanse universiteite onthou ons net 25% van wat ons hoor. Ons het die kuns van luister verloor, reken dié navorsers. 2 Luistervaardighede is een van die hoekstene van doeltreffende kommunikasie 5 en suksesvolle verhoudings, sê Marlaine Pienaar, Bolandse sielkundige. Ons praat ook, maar word nie gehoor nie. Dalk omdat ons onsself nie doeltreffend of met emosie uitdruk nie. Of omdat ons konfronteer of krities of verwytend is. Sy bevestig verder dat ʼn gebrek aan luistervaardighede verhoudings laat verbrokkel en dit maak ons so ongelukkig. 10 3 Deur te luister kan ons probleme identifiseer. Moet net nie oombliklik iemand anders s’n wil oplos nie. Heidi Malan, sielkundige van Pretoria, verduidelik die meeste probleme is soos ʼn ui. Deur te luister kan jy iemand help om elke lagie af te skil en by die kern van die probleem te kom. Luister kan ook oorweldigende emosies verlig, sê sy. Wanneer emosies jou gespreksgenoot 15 se denke domineer, dink hy dalk nie meer so rasioneel nie. Indien jy na hom luister, help dit hom omdat hy nie meer so emosioneel oor sy probleem dink nie, eerder nugter. Deur te luister help jy ook jou gespreksgenoot om self sy probleem op te los. Om dit reg te kry moet hy kreatief dink. Wanneer hy dit regkry, gee dit hom selfvertroue en vind hy dit makliker om die beste oplossing 20 te kry. 4 Ons behoort met begrip te luister, eerder as om te reageer, voeg Heidi by. Jy bedoel dit dalk goed om raad te gee, of te troos, maar dit verlig nie noodwendig ontsteltenis nie. Jou gespreksgenoot kan opstandig raak en jou insette verkeerd vertolk as “jy dink ek kan nie my eie probleem oplos nie. Jy verstaan 25 my nie. Jy frustreer of bedreig my. Jy maak my angstig.” Maar deur met begrip te luister, word die onvoorwaardelike aanvaarding van “ek hoor jou” geskep. Julle hoef nie noodwendig saam te stem nie. 5 Jannie Putter, motiveringspreker en leefstylafrigter, beklemtoon dat respek ononderhandelbaar is vir suksesvolle verhoudings. Ongelukkig seëvier 30 disrespek. Familiariteit is ʼn oorsaak hiervan, reken hy. Wanneer ons mense goed ken, heg ons nie meer waarde aan hulle nie, ons hoor nie meer wat hulle sê nie. 6 Ons kyk na werklikheidsprogramme. Eers skokkend, maar later die norm. Sporthelde en -afrigters vloek en skree op skeidsregters. Leerders minag hul 35 onderwysers. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 7 Deur met begrip te luister kan ons verhoudings bou wat op wedersydse agting, liefde en vrede gebaseer is. Maar hoekom luister ons dan nie meer nie? Tegnologie is ʼn groot probleem. Ons is behep met ons selfone. Ons vrees dat ons iets sal misloop. Tegnologie gee ook onmiddellike 40 behoeftebevrediging. Jy voel of jy tot ʼn groep behoort. Maar dit kan ook verslawend wees en raak uiteindelik belangriker as regte verhoudings. 8 Ons het die stem van die wêreld in ons ore. Ons luister nie, want ons oë is op skerms gerig of ons dra oorfone. Jou kind se selfoon word sy belangrikste verhouding. Ons verleer sosiale vaardighede. Ons wil ook nie hoor wat ons 45 alles moet doen nie. Dalk is ons bang vir kritiek en manipulasie. Ons word grootgemaak om foute raak te sien, mekaar te kritiseer en te oordeel, reken Putter. Ons wil reageer, maar luister nie na ander se hart nie. Marlaine Pienaar, sielkundige van die Boland, reken weer ons is selfgerig, ons jaag sukses en plesier na. Ons ambisies en prestasies is belangriker as ander 50 se behoeftes. Die lewe het mededingend geword. Hierdie stres veroorsaak angs en dit lei tot meer gejaagdheid. 9 Elke verhouding bied spesifieke luisteruitdagings. Die uitdaging is om met begrip na mekaar te luister en nie dadelik te reageer nie. Ongelukkig luister ons om te praat, nie om te verstaan nie. As jy met begrip luister, probeer jy 55 verstaan. 10 Waak teen vooropgestelde idees. Raak bewus van en werk aan jou persoonlikheidseienskappe. Doen introspeksie – dalk is jy dominerend of selfgesentreerd. Oefen respek tuis. Maak daagliks tyd vir persoonlike gesprekke en oor iets spesifieks. Monitor die tyd wat jy aan jou selfoon 60 bestee. As jy nie gehoor word nie, het jy dikwels minder selfvertroue en probleme met interpersoonlike verhoudings. Jou liggaamstaal moet wys jy luister, behou oogkontak, glimlag en gee erkenning. Neem mekaar se kommunikasiestyle in ag. Onthou dat persoonlikhede verskil. Respekteer mekaar se tyd en gemoed. Vra of dit ʼn goeie tyd is om te praat. 65 11 ʼn Gebrek aan kommunikasie is een van die belangrikste redes vir egskeiding, sê kenners. Te veel dinge trek ons aandag af en ons verleer om na mekaar te luister. Die gevolg is frustrasie, angstigheid of eensaamheid. Om aktief te luister skep minder misverstande. Dit skep ʼn veilige ruimte om oor gevoelens te praat en mekaar te verstaan. Emosies is nie reg of 70 verkeerd nie. Hoe kan ons beter luister? Fokus. Maak seker jy het reg gehoor. Vra jou maat vrae. Moenie gevolgtrekkings maak of die persoon onderbreek nie. Moenie blameer of veroordeel nie. 12 Luistervaardighede is ook van deurslaggewende belang in die werkplek. Verskeie studies van die departement van arbeid in die VSA het dit reeds 75 bewys. As jy goed luister, is jy meer doeltreffend en produktief. Misverstande sal verminder. Jy sal ʼn sterker samehorigheidsgevoel op kantoor skep en beter in ʼn span kan saamwerk. [Verwerk uit Sarie.com, Junie 2020] *Introspeksie: selfondersoek, waarneming van die eie innerlike, ondersoek en ontleding van eie gedagtes en gevoelens Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 TEKS B: VISUELE TEKS RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 Luister ons werklik na mekaar? RAAMPIE 3 Maak oop jou ore ... niemand luister meer nie! [Aangepas uit www.istockphoto.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAE: TEKS A 1.1 Waarom ondervind verhoudings so baie probleme en selfs verbrokkeling? (1) 1.2 Hoe sluit die driejarige seuntjie se pleidooi by die onderstreepte frase in paragraaf 1 aan? (1) 1.3 Noem EEN rede waarom die skrywer statistiek by hierdie artikel ingesluit het. (1) 1.4 Luistervaardighede word as uiters belangrik geag. Verskaf TWEE redes waarom. (2) 1.5 Gee VIER redes waarom kommunikasie nie suksesvol kan plaasvind nie. (4) 1.6 Herlees paragraaf 3. 1.6.1 Waarom, dink jy, is die identifisering van ʼn probleem sowel as die oplos daarvan onderskeidelik so belangrik as die gespreksgenoot se luistervaardighede goed is? (2) 1.6.2 Verduidelik watter gevaar daar in emosies skuil tydens probleemoplossing. (1) 1.7 Hoe sluit die onderstreepte sinne in paragraaf 4 by die eerste sin van paragraaf 1 aan? (1) 1.8 Hoe weet die leser dat disrespek die oorhand het? Gee TWEE bewyse waarom disrespek as die norm beskou kan word. (3) 1.9.1 Volgens Heidi Malan, in paragraaf 7, kan verhoudings wel gered word. Noem TWEE voorvereistes van ʼn suksesvolle verhouding. (2) 1.9.2 Kan Heidi Malan se oplossings as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord. (1) 1.10 Dink jy, na aanleiding van paragraaf 8, dat die leser rede tot bekommernis/skeptisisme het wanneer dit by persoonlike verhoudings kom? (3) 1.11 Waarin lê die ironie opgesluit van die onderstreepte sin in paragraaf 9? (1) 1.12 Deur na liggaamstaal in paragraaf 10 te verwys, evalueer jou kommunikasiestyl (en waaraan jy aandag behoort te gee). (1) 1.13 Waarom is dit belangrik om nie gevolgtrekkings te maak of jou gespreksgenoot te onderbreek nie? (1) 1.14 Die departement van arbeid in die VSA slaag in sy verduideliking in paragraaf 12 waarom luistervaardighede in die werkplek belangrik is. Verduidelik waarom die leser met bogenoemde stelling kan saamstem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 VRAE: TEKS B 1.15 Watter visuele bewys in RAAMPIE 3 dui daarop dat die kommunikasie nie suksesvol is nie? (1) 1.16 Dink jy die woorde van die muis in die hoek van die spotprent is gepas? Motiveer jou antwoord. (1) VRAAG: TEKS A en TEKS B 1.17 In watter opsig is daar ʼn verband tussen paragraaf 8 en 10 van TEKS A en die inhoud van TEKS B? Verwys afsonderlik in jou antwoord na die verband van elkeen van die paragrawe met TEKS B. (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE voordele wat tuinmaak op die mens se siel en gees het. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C VIER VANJAAR TUINMAAK – VIRTUEEL Tuinmaak word jaarliks tydens Oktober in sonnige SA gevier. Gedink dis net vir (ou) mense wat nie iets beter het om met hul tyd te doen nie? Dink weer. Navorsing toon dat daar talle voordele is vir dié wat tyd in groen en natuurlike ruimtes deurbring. Tuinmaak skep ʼn gevoel van prestasie, selfs al het jy jouself nooit as iemand met groen vingers beskou nie. Nadat jy geplant, gekweek en geoes het, mag jy dalk anders oor tuinmaak voel. ʼn Tuin, selfs net ʼn pot of twee, drie, is vol dinge wat op versorgende hande reageer. Dit is goed vir hartgesondheid deur jou hart te versterk. Sonder om dit te besef, verbrand jy ʼn paar kalorieë ook en bou spierkrag. ʼn Gimnasium in jou tuin! Tuinmaak is ʼn lekker gesinsaktiwiteit. Dit skep herinneringe en kinders geniet dit om in die grond te speel en leer verantwoordelikheid aanvaar. So bring jy tyd saam met jou gesin deur. Dit is ʼn wonderlike ding om met geliefdes te deel. Tuinmaak is ook ʼn goeie aktiwiteit om alleen aan te pak. Dit laat jou in voeling kom met jouself aangesien dit perfek is as bewustheids- en meditasie-oefening. Geniet die plante, voëlsang en vars lug terwyl jy werk. Plant groente en kruie vir finansiële gesondheid. As jy groente plant, beteken dit jy hoef dit nie te koop nie. Jy kan baie geld op kos bespaar deur dit self te kweek. Jy kan ook van jou oes verkoop! Dit help jou ontspan terwyl jy jou vaardighede slyp. Dit hou jou kreatief deurdat jy beplan, uitvoering aan jou planne gee en moontlike probleemoplossing bied wat in die toekoms mag opduik. Tuinmaak is ook goed vir jou geestesgesondheid. Dit het sensoriese en terapeutiese voordele. As jy na mooi blomme kyk, skep dit positiewe gevoelens en verminder stres. Dit kan selfs pasiënte in hospitale help herstel. So, waarvoor wag jy? Trek daar ʼn pot nader, kry jou vingers in die grond – met of sonder handskoene! [Aangepas uit Huisgenoot, 2 Februarie 2020 ] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 Oeps! 2 Toemaar, alles gaan 3 fyn wees! 3 4 Glad nie nodig om te stres oor mors en vuil vlekke. 5 Ons dink hierdie veeldoelige skoonmaakmiddel is die 6 oplossing vir al jou onverwagse foute en flaters. 7 Skitterskoon, die antwoord op ál jou 8 11 vlekke; nie net Vlekkie s’n nie. [Verwerk uit Dischem Benefits, Summer 2019] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAE: TEKS D 3.1 Waarom is die uitroepteken in reël 1 funksioneel in die konteks van die advertensie? (1) 3.2 Skryf ʼn woord uit reël 2 tot 3 neer wat as manipulerende taal beskou kan word. (1) 3.3 Hoekom is die woord “Toemaar” in reël 2 gepas? (1) 3.4 Hoe ondersteun die meisie se lyftaal die woord “Toemaar” in reël 2? (1) 3.5 Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in reël 3. (1) 3.6 Is die foto van die hond in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord. (1) 3.7 Die onderstreepte woorde in reël 4 weerspreek die visuele voorstelling van die advertensie. Verduidelik deur TWEE bewyse uit te lig. (2) 3.8 Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit reël 5 tot 6 neer wat op ʼn eie opvatting/mening/standpunt dui. Herskryf nou hierdie reël sodat dit ʼn feit vorm. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E ZITS RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Wanneer jy jou Om op te som, wees jouself, bestuurslisensie-toets aflê, is Wees net jouself. maar tree op soos iemand OK, Pa. die belangrikste ding om wat gefokus en versigtig is. jouself te wees, Zits. RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 Moenie jaag nie! Kyk na die Bestuur versigtig. voetgangers! Gebruik jou Watek Wat ekmoet moet weet, weet, vertel vertelsy symy mynooit nienie nooit Ek wil my minder spieëls! Moenie jou selfoon en wat ek reeds weet, herhaal sy vyf en wat ek reeds weet, herhaal sy vyf keer. bekommer oor jou. gebruik nie! maal! Jy bestuur! Net OK vyf? OK OK OK OK [Aangepas uit www.zitscomics.com] VRAE: TEKS E 4.1 Verduidelik onderskeidelik die gebruik van die twee kommas in RAAMPIE 1. (2) 4.2 Hoe weet ons dat Zits se pa in RAAMPIE 3 sy woorde gebruik om die verhouding tussen taal en mag uit te beeld? (2) 4.3 Stem jy saam dat Zits se pa hier bevooroordeeld is? Motiveer jou antwoord. (1) 4.4 Watter visuele bewys is daar in RAAMPIE 3 dat Zits se pa moeilik sy eie woorde glo? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.5 Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 3 die vetgedrukte woorde in hierdie raampie? (1) 4.6 Watter visuele bewyse is daar in RAAMPIE 1, 2 en 3 dat Zits se ma, in RAAMPIE 4, rede tot kommer het? (1) 4.7 Verduidelik waarom RAAMPIE 5 as stereotipering beskou kan word. (1) 4.8 Wat is die geïmpliseerde betekenis van Zits se vriend se woorde in RAAMPIE 6? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F MATRIKULANT: “DIE KLAS VAN 2020 GAAN DIE BESTE HIERVAN MAAK” 1 My gewone skoolskedule is deur Covid verwoes. Hier sit ek nou in my slaapkamer. My matriek-wiskunde moet getakel en afgehandel word. My ander handboeke gluur my aan asof ek die virus is. Tuisonderrig is my voorland. 2 Die besef tref my weer soos ʼn klip teen die kop: Dié inperking waarin ek verkeer, het net twee uitkomste: of ʼn absolute mislukking, of welverdiende sukses. Ek is 5 gewoond aan roosters en halfuur-pouses, maar nou is ek uitgelewer (5.4) die selfdissipline en eise van tuisonderrig. 3 My maag draai as ek besef: ek moet iets doen! My heen en weer “yskas-toe-stap- plan” gaan nie werk nie. My kop begin stelselmatig ʼn aksieplan vir aanpas en wen uiteensit: Ek gaan vasbyt en deurdruk. Hier kom ʼn unieke leergeleentheid, 10 nogals met my pantoffels aan! 4 My bekommernis begin stadigaan afneem namate ek my werk op die tydlyn voor my neerpen. Ek begin bewus raak van nuwe geleenthede. Ek is deel van nasionale inperking. Dit is veel meer van belang as my tydelike hartseer oor verlore tyd saam met my vriende. 15 5 Tussendeur begin ek en my maats diep dinge gesels. Ek besef dat isolasie dalk ʼn bedekte seën kan wees. In pleks van om ʼn slagoffer-jas oor my skouers te trek, het ek die kans om myself vir ander maalkolke en slaggate voor te berei. Ek sal eendag kan terugkyk en sê ek het hierdie een gewen en die beste uit die virus- jare gehaal. 20 [Aangepas uit Die student, netwerk24, 6 Mei 2020] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat direk met “hiervan” in die titel verband hou. (1) 5.2 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm. (1) 5.3 Gee ʼn idioom met “klip” as kern wat beteken jy help iemand met ʼn moeilike taak. (1) 5.4 Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 2 neer. (1) 5.5 Wat is die konnotatiewe verklaring vir die onderstreepte woorde in (1) paragraaf 3? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 5.6 Gebruik die vetgedrukte werkwoord in paragraaf 3 as ʼn skeibare werkwoord in ʼn verklarende sin. (1) 5.7 Wat is die bepaler van die vetgedrukte woord in paragraaf 4? Gebruik dit nou as kern in ʼn samestelling van jou eie in ʼn sin. (2) 5.8 Skryf die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 4 neer. (1) 5.9 Benoem die taalverskynsel wat in die onderstreepte woorde aangetref word. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all