Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202112 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord (e) weggelaat ^ Weglaatteken Dubbelstreep onder die Taalfoute (ook spelfoute) taalfout Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin Woord(keuse) -foute x Trek ʼn x bo die verkeerde woord Regmerkie bo goeie Erkenning van taaljuweeltjies √ taalgebruik, idees of uitdrukkings Onduidelik/Onverstaanbaar Kronkelstreep Punktuasie Omkring ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KH = 22 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S=K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Die dag wat alles vir altyd verander het ... Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. In ʼn verhalende opstel kan die verhaal vertel word van wat gebeur het dat alles vir altyd verander het. Dit kan ook die verhaal wees waar die fokus val op die spesifieke dag wat alles verander het. Dit kan ook die verhaal vertel van wat met ʼn spesifieke persoon gebeur het dat alles vir altyd verander het. Die fokus val op die verander. Dit kan ʼn positiewe of negatiewe verandering wees. In ʼn beskrywende opstel kan hierdie spesifieke dag beskryf word asook die gebeure wat tot die verandering gelei het. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of alles wel vir altyd verander het. [50] 1.2 Só het ek weer rigting gekry Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende of bespiegelende opstel aanbied. By die verhalende opstel sal vertel word wat daartoe aanleiding gegee het dat die persoon weer rigting gekry het. Dit kan verwys na rigting waar iemand verdwaal het of waar iemand rigtingloos was en weer die pad gekry het. Dit kan ook ʼn verhaal vertel waar ʼn persoon weer figuurlik rigting in sy lewe gekry het deur ʼn ander koers in te slaan. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat sy lewenspad beskryf en hoe hy/sy weer die regte pad gevind het. Die kandidaat kan ook die proses beskryf wat gelei het tot hierdie insig dat hy/sy op die regte pad is. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of dit die regte rigting is of nie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.3 Mooi ... mooier ... mooiste ... Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/bespiegelende/ beredeneerde of argumenterende opstel aanbied. In ʼn verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel van hoe iemand mooi geword het (letterlik en figuurlik). Die kandidaat kan ook die verhaal vertel waar iets gebeur het wat aanleiding tot hierdie woorde gegee het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat vir hom/haar mooi, mooier en mooiste is. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat die konsep van ‘mooi’ beredeneer. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat daar nie iets soos mooi, mooier en mooiste bestaan nie. [50] 1.4 Jongmense het groot opinies Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn verhalende, beskrywende, argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidaat kan die verhaal vertel van ʼn jongmens (jongmense) wat groot opinies het en wat gebeur het as gevolg van die opinies. In ʼn beskrywende opstel kan die verskillende tipes jongmense en die opinies wat hulle het, beskryf word. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat jongmense wel groot opinies het. Die kandidaat kan ook argumenteer dat jongmense nie groot opinies het nie. [50] 1.5 ... en só het ek my (by)naam gekry. Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat hoofsaaklik verhalend en beskrywend sal wees. In ʼn verhalende opstel sal die kandidaat die verhaal vertel van hoe hy/sy hierdie (by)naam gekry het. Dit kan ook ʼn letterlike interpretasie wees waar ʼn persoon byvoorbeeld gedoop is en sy/haar naam gekry het. In ʼn beskrywende opstel sal die kandidaat sy/haar naam se betekenis kan gee en beskryf wat hierdie (by)naam se oorsprong is. [50] 1.6 1.6.1 Familie om tafel Die kandidaat kan die opstel verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend aanbied. In ʼn verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel van die gesin/ familie rondom die tafel en die gebeure rondom die samekoms. Die kandidaat hoef nie noodwendig na die kos te verwys nie, maar dit moet duidelik wees dat die familie saamkuier. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die persone rondom die tafel beskryf. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat gesinne wat by ʼn tafel eet, gelukkiger gesinne is. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.2 Twee pikkewyne Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend aangebied word. In ʼn verhalende opstel kan die verhaal vertel word van die twee pikkewyne en wat aanleiding gegee het tot die feit dat die een pikkewyn sy vlerk beskermend om die ander pikkewyn vou. In ʼn beskrywende opstel kan die pikkewyne en hul gedrag/eienskappe/voorkoms beskryf word. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat die kwessie of diere emosies het, beredeneer. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mens besig is om pikkewyne uit te roei. [50] 1.6.3 Hollywood Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, argumenterend of beredeneerd wees. Die kandidaat kan die verhaal vertel van hoe hy/sy in Hollywood beland het. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel van iemand wat baie graag beroemd wil wees en daarna streef om ʼn Hollywood-ster te word. Die kandidaat kan ʼn beredeneerde opstel skryf oor die invloed wat Hollywood het op baie beroemde mense. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat Hollywood net ʼn plek is vir die mense wat werklik talent het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat Hollywood en alles wat daarmee saamgaan, beskryf. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).  ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  ʼn Treffende inleiding boei die leser.  ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 Hou die volgende in gedagte:  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar  opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.  ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.  ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10 Taal, styl en redigering: TG = 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die brief fokus op die kandidaat se verduideliking van die situasie en wat moontlik kon gebeur het dat die motor ʼn skraapmerk op het. Die brief moet aan die broer/suster gerig word. Die brief moet dit ook duidelik stel dat die kandidaat onderneem om die skade aan die motor te herstel. Hou die volgende in gedagte:  Gebruik informele taal, register en styl.  Die skrywer moet sy/haar broer/suster gerusstel oor die motor en aanbied om die skade te herstel.  Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.  Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.  Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.  Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS, bl. 55, reël 9.14) gegee word.  Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.  Die brief behoort informeel afgesluit te word.  Die formaat van die brief is belangrik. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS Die brief aan die pers word aan die koerant geskryf en handel oor sy/haar dorp of stad se naamsverandering. Dit moet duidelik uit die brief blyk dat die kandidaat glad nie saamstem met die naamsverandering nie. Die nuwe naam moet duidelik in die brief genoem word en dan moet die kandidaat redes verskaf hoekom die naam onaanvaarbaar is. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die kandidaat moet die adres gebruik wat voorsien is.  Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.  Die inhoud is baie belangrik; so ook die styl, struktuur en doel.  Styl: dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.  Eenvoudige, direkte taal is nodig.  Struktuur: die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die naamsverandering en waarom die kandidaat nie saamstem met hierdie naamsverandering nie.  Die brief word aan die redakteur gerig.  Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy” en “jou”.  Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, handtekening en korrekte afsluiting. [25] 2.3 TYDSKRIFARTIKEL Die kandidaat skryf ʼn artikel vir ʼn tydskrif en dit handel oor die feit dat dit oukei is om nie perfek te wees nie. Die redes waarom die kandidaat só dink, moet duidelik na vore kom. Die artikel moet motiverend van aard wees en jongmense gerusstel dat dit nie altyd moontlik is om perfek te wees nie. Hou die volgende in gedagte:  Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk behoort op die feit dat dit oukei is om nie perfek te wees nie, te fokus. Die kandidaat moet ook daarna verwys dat dit aanvaarbaar is om nie perfek te wees nie.  Die opskrif moet boeiend en interessant wees.  Dis ʼn persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.  Voorbeelde van moontlike situasies waar dit oukei is om nie perfek te wees nie, kan gegee word.  Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus subopskrifte en/of kolomme hê. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.4 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde aan sy/haar ouers wat hul huweliksherdenking vier. Die kandidaat moet ook sy/haar ouers bedank vir alles wat hulle vir die gesin en familie beteken het. Hou die volgende in gedagte:  Die volgende belangrike inligting word in die huldeblyk gegee :  Die ouers se naam en van.  Gebeure en staaltjies kan vertel word.  Persoonlike herinneringe kan gegee word.  Die leser moet ʼn duidelike beeld van die ouers kan vorm.  Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.  Vermy oordrewe sentimentaliteit.  Gebruik kort, bondige sinne. [25] 2.5 DIALOOG Die gesprek vind plaas tussen die kandidaat en sy/haar buurman. Die probleem met die blaffende honde word bespreek en moontlike oplossings vir die situasie moet gegee word. Dit moet duidelik blyk dat die blaffery ʼn negatiewe invloed op die kandidaat het . Hou die volgende in gedagte:  Twee mense voer ʼn gesprek waar die een die buurman is.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.  Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.  Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.  ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25] 2.6 ONDERHOUD Die kandidaat voer ʼn onderhoud met een van die vorige jaar se toppresteerders by sy/haar skool. Hou die volgende in gedagte:  Vraag en antwoord moet duidelik onderskei word.  Die onderhoud mag in dialoog- of artikelformaat geskryf word.  Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin.  Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word.  In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae oor die toppresteerder se suksesresep te handel. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
11 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal Hoë vlak en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van vaardigheid - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe - Idees relevant, interessant verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming Lae vlak van ʼn opstel ontbreek - Organisasie goed en samehangend, - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse insluitend inleiding, liggaam en oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, samevatting/slot - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Hoë vlak Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende Lae vlak grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek. teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe Paragraaf- - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief. ontwikkeling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie. sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie. Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking. - Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie. Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie. TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verwarrend Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all