Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 26 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 414.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
opgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat
jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
en EEN uit AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
• Indien jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die
kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die
kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in
AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses
te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. “Vincent van Gogh” Opstelvraag 10 6
2. “Die sagte sprong” Kontekstuele vraag 10 7
3. “oupa Thomas Daniel Granfield” Kontekstuele vraag 10 8
4. “eerste worp” Kontekstuele vraag 10 10
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. “as die son sy ray bans nader
Kontekstuele vraag 10 11
trek”
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 14
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 14
10. Vatmaar Opstelvraag 25 16
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16
12. onderwêreld Opstelvraag 25 18
13. onderwêreld Kontekstuele vraag 25 18
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Joacobs Opstelvraag 25 21
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 21
16. Mis Opstelvraag 25 24
17. Mis Kontekstuele vraag 25 24
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
beantwoord NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord
het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK ✓
NOMMER BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
14–17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
Vincent van Gogh – D.J. Opperman
1 Jy het as ʼn miskende
2 heilige vergeefs geveg teen die ellende
3 en die onreg in die krotte van die myn,
4 in agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
5 en skriklike stryd van God
6 leer ken, wat mens en boom verknot
7 in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8 In aanbidding van die son kon verwe,
9 boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10 die kantelende landskap in die snelle ligte
11 geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
12 tot branding van die skone kon verwek,
13 toe is Sy hartstog eers in jou volbring
14 soos groen sipresse tot ʼn vlam verwring.
[Bron: Heilige beeste, 1947]
Die kernfrases “heilige vergeefs geveg” en “hartstog eers in jou volbring”
staan in kontras met mekaar. Verduidelik hoe hierdie frases Van Gogh se stryd
beklemtoon en hoe hy uiteindelik sy goddelike roeping aanvaar.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250–300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die sagte sprong – Sheila Cussons
1 Dit kom wanneer dit nie verwag
2 word nie: ʼn aanraking van die verstand
3 lig soos ʼn veer, vlugtig maar presies
4 en jy dink as sy ligtheid so is, so potent
5 dat die aandag nog lank daarna
6 die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
7 : Dit kom wanneer dit nie verwag
8 word nie: iets wat die bewussyn tot
9 in die lewe tref, iets soos ʼn sagte sprong –
10 vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:
11 hoe moet sy vasvat wees?
[Uit Die sagte sprong,1979]
2.1 Verduidelik die beeldspraak wat in die titel voorkom en benoem die halfrym. (2)
2.2 Gee een woord om versreël 1 saam te vat. (1)
2.3 Herlees versreëls 2 en 7.
2.3.1 Hoe verskil die aard van die belewing wat in versreëls 2 en 7 volg? (2)
2.3.2 Hoe word die belewing by beide reëls uitgelig? (1)
2.4 Evalueer die gepastheid van die beeldspraak in versreël 3. (2)
2.5 Is dit korrek om te sê dat die vetgedrukte leesteken en woorde in versreël 7
by mekaar aansluit? Motiveer jou antwoord. (1)
2.6 Watter ooreenkoms is daar tussen versreëls 6 en 11? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer
1.
1 dis vandag my oupa Thomas
2 se verjaarsdag
3 dit sou gewees
4 het
5 hy is dood
6 toe ek in matriek was
7 dis al wat ek regtig van
8 matriek kan onthou
9 die oggend toe die telefoon lui
10 het my ma nie kom sê nie
11 sy en my pa het opgestaan
12 en is weg hospitaal toe
13 al die grootmense, my oupa se kinders en hulle
14 mans en vroue is hospitaal toe
15 ek wou saamgaan
16 ek wou net my oupa belowe dat ek
17 okay sou wees
18 dat ek eendag ʼn boek gaan skryf
19 en hom nooit sal vergeet nie
20 en dat ek die liefste vir hom was
21 my ma het ʼn paar uur later
22 gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak
23 sy het niks gesê van my oupa nie
24 haar woorde het soos vlermuise om my gevlieg
25 ek het gewag vir iets
26 vir Pappa is dood
27 of dis verby of hy’s oorlede
28 maar sy’t aanhou praat oor kos
29 toe ek haar uiteindelik stop en vra
30 het die vlermuise aanhou vlieg
31 “ja, vroeg vi-oggend”
2.
32 Die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie
33 maar
34 dat die aarde aanhou draai het
35 dat ek aanhou leef het
36 dat alles wat verkeerd was nogsteeds verkeerd is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
37 dat ek kon slaap en wakker word
38 matriek slaag en aan ʼn toekoms kon dink
39 die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat
40 ek moes doen
41 en al wat ek regtig wou doen was om te huil
42 ek wou dae aaneen huil
43 ek wou sy leeftyd uithuil
44 ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees
45 ek wou huil oor die onregverdigheid
46 en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my
47 en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my
[Uit grond/Santekraam, 2011]
3.1 Lees die titel van die gedig en die eerste strofe. Wat dink jy het aanleiding
tot die skryf van die gedig gegee? (1)
3.2 Waarom is die onthou van oupa Thomas ironies? (1)
3.3 Digvorm.
3.3.1 Motiveer waarom hierdie gedig juis as ʼn elegie bestempel kan
word. (2)
3.3.2 Dui aan hoe die stemming by dié van ʼn elegie aansluit. (1)
3.4 Waarom kan die gedig as ʼn vrye vers getipeer word, en evalueer waarom
hierdie vrye versvorm gepas is as jy na die inhoud van die gedig kyk? (2)
3.5 Benoem die beeldspraak in versreël 24. (1)
3.6 Dink jy die alleenplasing van strofe 7 is funksioneel? Motiveer jou antwoord. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
eerste worp – T.T. Cloete
1 ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2 geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3 die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4 ons het nie groot metropole nie.
5 ons is sonder groot donkergroen woude.
6 dun is ons geskiedenis met min groot name
7 soos beethoven of dante
8 of rembrandt of bramante
9 ons het min onwerklike sagte drome
10 maar ons het uitgestrekte woestyne
11 en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12 in die droë sand en koets teen die son
13 ons het baie droë lope
14 en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15 soos gourits en storievertelname soos skrij
16 of kameelsleep en lijersdraai
17 en baie reste naby die eerste worp
18 by wêreldseinde in die suisende stil nag
19 hoor jy die jakkalse fossielskreeu
20 iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
[Bron: Uit die hoek van my oog, 1998]
4.1 Word die titel letterlik of figuurlik hier gebruik word? Motiveer jou antwoord. (1)
4.2 Waarop konsentreer die spreker in die eerste stofe? (1)
4.3 Benoem die strofebou van strofe 2 en verduidelik hoe die strofe as eenheid
saamgebind word. (2)
4.4 Haal ʼn voorbeeld van personifikasie uit strofe 4 aan en verduidelik die beeld. (2)
4.5 Herlees versreëls 10–18.
4.5.1 Wat is die funksie van die stylfiguur wat herhaaldelik in dié gedeelte
van die gedig voorkom? (1)
4.5.2 Benoem die stylfiguur in versreël 18. (1)
4.5.3 Verduidelik hoe die herhaalde stylfiguur van VRAAG 4.5.1 die
stylfiguur in versreël 18, van VRAAG 4.5.2 ondersteun. (1)
4.6 Watter boodskap het jy as leser in die gedig gekry? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
EN
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
As die son sy ray bans nader trek – Ernst Grundling
1 soms word selfs die son
2 in sy wentelende braaikokon
3 moeg vir wat hy op die Aarde sien
4 as woede en weerlig hom pla ná tien
5 tussen kernbomme en kuberkrakers
6 en vullisdromme en vals orakels*
7 dwing die mensekinders se lag en huil
8 die son om agter sy bril te skuil
9 by gebrek aan oogklap in sy herd*
10 die son is nie ʼn seerower of perd
11 besluit hy om die wêreld deur ʼn Ray Ban te lees
12 (ʼn son wil mos ook in die mode wees!)
13 dit doen hy dan vir ʼn kwartier of so
14 en dwing ons om te loer na bo
15 en verwonderd na die hemele kyk
16 om te sien hoe die son agter sy sonbril lyk
*orakels – spreekbuise deur wie gode direk met mense praat
*herd – kudde
[Uit as die son kom oogknip]
5.1 Lees weer die titel en skryf die drie woorde wat met mekaar verband hou
neer. (1)
5.2 Benoem die halfrym in versreël 4 en verklaar die funksie daarvan. (2)
5.3 Herlees versreëls 5–8.
5.3.1 Wat word die strofe wat uit versreëls 5–8 bestaan, genoem? (1)
5.3.2 Benoem die beeldspraak wat in dié strofe voorkom. (1)
5.3.3 Verklaar die beeldspraak wat in dié strofe voorkom. (1)
5.4 Noem EEN van die menslike swakhede wat in strofe 3 aangespreek word.
Sou jy sê hierdie is nog aktuele onderwerpe? Motiveer jou antwoord. (2)
5.5 Noem die natuurverskynsel wat in versreël 13 plaasvind. (1)
5.6 Watter stemming heers in die gedig? (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestu-
deer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Iris se milieu of omstandighede het ʼn invloed op die keuses wat sy uitoefen.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 By die hotel was daar pos. ʼn Ander klerk, seker lid van die nagskof, het die
2 koeverte vir my gegee toe ek my sleutel kry.
3 Hy het my skerp aangekyk en ek het gewonder of sy kollega hom omtrent
4 my ingelig het. Daar was ʼn brief van Ma en een van Johanna. Ma het ge-
5 lukkig geklink en vertel hoe sy saans Pa se sokkies sit en stop. Verder het
6 klein Johan ʼn week by hulle gekuier omdat Hannes eksamen geskryf het,
7 en die kind was vir haar ʼn vreugde. Johanna se brief was skerper. Die hitte
8 was verskriklik, my kamer was ontstellend leeg en die klein snotkop dra die
9 huis vol grond. Sy het my gemaan om warm aan te trek alhoewel sy nie kon
10 verstaan hoe enigiemand in Desember kan winter hê nie en dat dit volgens
11 haar swak beplan is omdat almal tog weet dat Julie winter is. Sy het ook die
12 hoop uitgespreek dat ek my hare sal laat kap by een van die haarkappers
13 wat sy op televisie gesien het, want my huidige steil, regaf gesnyde kapsel
14 was nog nooit vir haar mooi nie en gaan Peter verskrik. Sy het haar brief
15 geëindig met die vermaning dat ek versigtig moet wees, nie met vreemde
16 mense moet praat nie en moet lig loop vir die Negers “omdat hulle nie soos
17 ons is nie”.
7.1 Hoekom bevind Iris haar in ʼn hotel? (1)
7.2 Wat omtrent Iris kon die ou klerk aan die nuwe een oorgedra het? (1)
7.3 Ma en Johanna speel beide ʼn rol in Iris se opvoeding. (1)
7.3.1 Hoe verskil Ma en Johanna ten opsigte van Iris se opvoeding? (1)
7.3.2 Waarom kontrasteer die verteller juis vir Ma met Johanna? (1)
7.4 Watter soort verteller tree in die uittreksel op? (1)
7.5 Dink jy Johanna se verwysing na Iris se hare (reël 12–15) is regverdig?
Verduidelik of haar verwysing na Iris se hare ʼn invloed op die loop van die
roman het. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
7.6 Johanna se slotwoorde in die uittreksel is onwaar. Hoekom? (1)
7.7 Iris is met vakansie in dié uittreksel.
7.7.1 Waar het sy haar direk voor die uittreksel bevind? (1)
7.7.2 Noem TWEE bewyse van hoe die stad waar sy tans is, haar
naïwiteit bevestig. (1)
7.7.3 Sê watter konflik die ruimte wat in die teks ter sprake is, by Peter
veroorsaak. (1)
EN
TEKS B
1 My getroude status het almal gepas. Ma en tant Ans het baie goed
2 klaargekom en die twee pa’s, ná ʼn aanvanklike inkennigheid, ook. Peter se
3 ouers het by Pa op die plaas gaan kuier en Ma is saam om te gaan kyk hoe
4 dinge daar vorder. Sy het aangenaam verras teruggekeer; dit was blykbaar
5 nie nodig gewees om haar te skaam nie. Pa se hartbeeshuis is uitgebou tot
6 ʼn ordentlike woonhuis met ʼn dak, mure, ʼn badkamer en kombuis, elektriese
7 bedrading en deure wat kon sluit en die wilde diere buite hou. Die werf was
8 afgekamp en die beeskrale nie so na aan die huis dat die vlieë gepla het
9 nie.
10 “Ek sou daar kon woon,” het sy my vertel. “Polder Twee sal veilig wees.”
11 “Die nijlpaarden vreet blykbaar nie honne op nie,” het Johanna uit haar
12 maag gelag.
13 “Ma kan nie vir Polder wegvat nie!” het ek gesê.
14 “Hoekom nie, darling?”
15 “Wat van my?”
16 “Jy het mos nou vir Peter.”
17 “Peter is nie ʼn hond nie.”
18 “Haai, darling,” het sy gesê. “Ek hoop nie so nie.”
19 My skoonouers het ʼn keer of twee by ons in die woonstel kom kuier,
20 maar ...
7.8 Iris het aanvanklik glad nie aan trou gedink nie. Wat, dink jy, het haar van
besluit laat verander? (1)
7.9 Pa se destydse besluit om ʼn plaas te koop, het konflik tot gevolg gehad.
Hoekom was daar konflik en watter karaktereienskap van Ma word uit dié
konflik afgelei? (2)
7.10 Waarom kan Johanna se woorde in reël 13 as sarkasties beskou word? (1)
7.11 Iris hanteer veranderinge moeilik.
Hoe word die stelling in hierdie uittreksel bevestig? (1)
7.12 Iris erf Johanna saam met die huis.
Noem nog TWEE ander dinge wat Iris deur die loop van die roman geërf
het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
7.13 Die feit dat Iris se skoonpa ongemaklik voel in haar teenwoordigheid,
sluit aan by een van die roman se temas. Noem dié tema. (1)
7.14 Wat was Peter se pa se motivering vir die feit dat Iris van sy duiwe moet
wegbly? (1)
7.15 Is Iris se ingesteldheid teenoor haar skoonpa geregverdig? Motiveer jou
antwoord deur na haar skoonpa se optrede te verwys. (2)
7.16 Hoe dra die stemming van die aangehaalde gedeelte by tot die roman se
sukses? (1)
[25]
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Baas se milieu of omstandighede het ʼn invloed op die keuses wat hy uitoefen.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 Dennis Chipman, na wie die ooms en tantes dikwels liefdevol as die
2 Skoenlappervanger of Die Buffeljagter van Barotseland verwys, is lank
3 voor die jong Dennis Chipman se geboorte dood, maar in sy gedagtes
4 groei die beeld van sy oupagrootjie geleidelik tot groter as lewensgroot.
5 Hy kry nie genoeg van die familievertellings oor sy voorsaat nie.
6 Gedurende skoolvakansies roei hy dae lank met sy selfgemaakte
7 blikskuit op die Ebenezer-dam. In die reënseisoen toets hy die boot op
8 die sterk kabbelwater van die Bo-Letabarivier. Wanneer hy naweke
9 saam met sy pa, oom Baas, nefie Baas, oupa Baas en Ngwako gaan
10 jag, voel hy dikwels dat hy met elke tree in die spoor van sy oupagrootjie
11 trap.
12 Hy is ʼn uithalerskut en jagter. Op jagtogte is dit hy wat geweer in die
13 hand, bergop en bergaf deur die ruigste bosse en klowe, by die span
14 jaghonde op die spoor van ʼn bosvark bly tot waar die dier omdraai om te
15 veg. Nie eens Ngwako, sy Noord-Sotho-jagmaat met die lang
16 asem, kan byhou nie.
17 In 1966 verhuis hierdie Chipman-gesin na die suide van Suid-Rhodesië,
18 nou Zimbabwe, waar pa Page en ma Grace die plaas Sable Ranch aan
die Saverivier koop. Hulle verkoop die saagmeule en word beesboere.
9.1 Watter rol speel Die Buffeljagter in hierdie roman? (1)
9.2 Baas is in baie opsigte nes sy oupagrootjie. Noem DRIE ooreenkomste
tussen die twee karakters. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
9.3 Hoe word Baas in dié uittreksel gekarakteriseer? (1)
9.4 Tot watter insig kom die leser rakende Baas en sy oupagrootjie in die
uittreksel? Wat is die voordeel van dié soort verteller in die uittreksel? (2)
9.5 Op watter wyse ontnugter Baas later vir Ngwako? (1)
9.6 Barotseland speel as milieu-aanduider ʼn belangrike rol in die verhaal.
9.6.1 Waar in Barotseland vestig Baas hom uiteindelik? (1)
9.6.2 Waarom was Baas aanvanklik in dié plek teleurgesteld? (1)
9.6.3 Hoe veroorsaak die verhuring van dié grond konflik by Baas? (2)
9.7 Dink jy Sable Ranch het ʼn invloed op die verloop van die verhaal?
Verduidelik. (2)
EN
TEKS D
1 Die hooggelaaide vragmotor wat die gemeente gehuur het om die
2 sendingpaar se meubels na Barotseland te vervoer, hervat sy reis.
3 “Was dit nie vir jou ook snaaks nie, muluti? No work, no nothing, niks.”
4 “Nou hoekom huil jy dan?” vra Griesel. Sy kneukels op die stuurwiel wys
5 wit.
6 “Oor die pampoen,” sê sy.
7 “Stadig, Nanna. Jy kan nie vir elke mens langs die pad geld in die hand stop
8 en reël dat hulle vir jou kom werk nie. Hier sal jy meer as ooit daarop moet
9 konsentreer om dinge korrek te doen.”
10 “Is dit nie korrek om te huil oor die eerste pampoen wat jy by jou nuwe
11 gemeente present kry nie?”
12 By Manaka hou hulle langs oom Scholtzie stil en klim uit. Hulle hoor hom ʼn
13 woord sê wat predikante gewoonlik nie gebruik nie.
14 ... “Wát sê jy, oom Scholtzie?” Die kuiltjie in Nanna se
15 wang wil-wil terug.
16 ... “Ek sê...ek sê hulle het al die sinkplate van die dakke afgesteel. Ek
17 bedoel ... iémand het al die sinkplate van die dakke afgesteel.”
18 Nanna stap stadig deur die verwoesting. “En die vensters en die
19 deure en die kosyne uit die mure geruk,” sê sy
9.8 Waarna verwys Nanna in die onderstreepte woorde in reël 3 en waarom vra
Nanna juis hierdie vraag aan Griesel? (2)
9.9 Waaruit kan ons aflei dat Griesel gespanne is oor waar hulle hulle bevind? (1)
9.10 Hoe sluit Griesel se woorde dat Nanna nie vir elkeen kan geld gee nie, aan
by die ruimte waarin dié sendelinge hulle gaan bevind? (1)
9.11 Hoekom het die vrou vir Nanna ʼn pampoen gegee EN wat was die gevolg
van hierdie handeling? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
9.12 Herlees reël 8 en 9.
9.12.1 Toon die ironie wat in Griesel se woorde voorkom, aan. (2)
9.12.2 Verduidelik hoe dié ironie teen die einde van die roman steeds
vir Griesel geld. (1)
9.13 Dink jy oom Scholtzie se Christenskap kom in sy woorde in reël 16–17 na
vore? Motiveer jou antwoord. (2)
[25]
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Tant Wonnie se milieu en/of omstandighede het ʼn invloed op die keuses wat sy
uitoefen.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
OF
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
1 Die volgende naweek terwyl Sus Bet en Oom Flip onder hulle boom
2 (want hulle het dit nou “onse boom” genoem) sit en die tyd stadiger
3 probeer laat loop deur nie te praat nie en nie aan die slaap te raak
4 nie, sit en wag Siesie Lena vir haar Janman. Toe hy kom, gaan hulle
5 ook onder ʼn doringboom sit sodat hulle kan sien as iemand aankom.
6 Na sy vir hom vertel het wat haar kazie, haar cousin, haar vertel het,
7 sê Janman: Sê dit weer, my Ma. Ek kan dit net nie glo nie, en dan glo
8 ek dit tog weer. Partykeer pluk ʼn witman darem ʼn lat vir sy eie gat!
9 Wat sal ons nou doen?
10 Janman, sê sy ma, ons het nie baie tyd nie want tyd en geluk werk
11 saam. Ek gaan vir Bet sê sy moet hierdie man van haar vra om vir haar
12 een van die klippe te bring. Maar sy moet hom eers sê hoe gevaarlik
13 dit is, want word hy gevang, sal hy in die tronk loop doodgaan.
14 Ja, sy moet hom eers goed skrikmaak, sê Janman.
15 Toe, nadat hulle hulle plan baie goed uitgedink het, sê Siesie Lena:
16 Jy weet my kind, ons moet eerlik wees met hierdie man want ek weet
17 al die mense wat gevang is, het mekaar probeer besteel.
11.1 Wat is die verband tussen die vier karakters in die uittreksel? (3)
11.2 Hoekom is dit korrek om te sê dat Oom Flip en Sus Bet die doringboom met
reg “onse boom” kon noem? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
11.3 Watter werk het Oom Flip in die uittreksel gedoen en hoe sluit dit by die
onderstreepte woorde van Janman in reël 8 aan? (2)
11.4 Herlees reël 15.
11.4.1 Noem wat die rede vir Sus Bet se betrokkenheid by die plan was. (1)
11.4.2 Sê wat haar rol in die plan was? (1)
11.4.3 Watter voordeel het die plan vir haar ingehou? (1)
11.4.4 Wat was die gevolg van dié plan vir Oom Flip? (1)
11.5 Waarom is Siesie Lena se woorde in reël 16–17 teen die agtergrond van die
roman nie geloofwaardig nie? (2)
EN
TEKS F
1 Sy het my ʼn kombers gegee om oor my te gooi, warm water gaan
2 maak en dit saam met ʼn stukkie seep en ʼn handdoek vir my gebring.
3 Na ek gewas het, het ek in die hoek van die kamer gaan sit en gou-gou
4 aan die slaap geraak. Dis die diepste wat ek ooit in my lewe geslaap
5 het, want ek was heeltemal weg. Maar toe die ou vrou my wakker
6 maak, was ek terug in die wêreld van mense en vol pyn.
7 My hart was gebreek oor wat ek gedoen het en tog ook nie alleen
8 gedoen het nie. Ek het geen genade van my pa gekry nie, die pa vir wie
9 ek so lief was en wat my sy Blom-uit-die-hemel genoem het.
10 Ek kon nie glo wat in net ses maande se tyd gebeur het nie. My hele wêreld
11 het verander en ek was alleen. Allah, het ek gesê, U is genadig, wees tog
12 ook hierdie gevalle meisie genadig.
13 Ek was maar net sewentien en ek het alles verloor wat die moeite
14 werd was. Niemand het my meer liefgehad nie. Toe my pa my rok ge-
15 skeur het, het hy gesê my respek is deur die varke opgevreet. En nou
16 het hierdie ou vrou my “my kind” genoem en my aan my hand opge-
17 trek. Sy het die kombers van my afgehaal en toe die rok gevat soos ʼn mens
18 ʼn baadjie uittrek.
11.6 Wie is in hierdie gedeelte aan die woord? (1)
11.7 Waarom is dit geslaagd dat hierdie persoon die verteller is? (1)
11.8 Dink jy die oortreding regverdig die pa se drastiese optrede teenoor sy
dogter? Motiveer jou antwoord. (2)
11.9 Later in die roman kom die volgende woorde voor:
In sy woede het hy gesê hy het sy maskawie, sy lobola, verloor.
Watter karaktertrek van die pa kom hier duidelik na vore? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
11.10 Na wie word hier verwys as die ou vrou en hoe sluit haar optrede by die
tema van goed en sleg aan? (2)
11.11 Hoe het die verteller haar dankbaarheid teenoor die ou vrou betoon en
watter implikasie het dit vir Taliep ingehou? (2)
11.12 Herlees reël 7, 11 en 13.
Watter stemming skep hierdie reëls? (1)
11.13 Die verteller sê die volgende woorde later in die roman:
Sy is ʼn Christen, het sy gesê, en ʼn lid van Ma Khumalo se kerk waar sy
haar Jesus gevind het.
11.13.1 Verduidelik wat hier in die verteller se lewe gebeur het. (1)
11.13.2 Motiveer waarom hierdie gebeurtenis as realisties, of nie,
beskou kan word. (2)
[25]
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Eckardt is ʼn buitestander, maar tog het hy sosiale vaardighede gehad.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
1 Ons wag, asems opgehou totdat ... die eerste bleek vingers oor die rand
2 van die mangat vou. ʼn Kop verskyn. Kwanele hou sy hand uit, vat die
3 Trapper s’n vas, trek hom uit. Die jong seun kom staan voor my en vir ʼn
4 oomblik lank kyk ek hom vas in die oë. Dan gee ek hom die geheime
5 Lawson Kollege handdruk. En uit die Trapper se sak haal ek die klein
6 flitsliggie. Die een wat ons in al die Trappers se sakke sit as hulle
7 geblinddoek en in die rondte getol word, voordat hulle in die mangat
8 wegsak. Maar op daardie stadium is jy so gedisoriënteerd en bang dat jy dit
9 nie eens agterkom nie. Jy word in die donker tonnels losgelaat, maar jy
10 word die gereedskap gegee om jou te help om jou pad te vind.
11 Die verbasing op die Trappers se gesigte is een wat hom herhaaldelik gaan
12 afspeel, weet ons almal. Ek glimlag. “Lux hominum vita,” sê ek. “Lig is die
13 lewe vir die mensdom.” Toe haal ek die doek wat om die Trappers se oë
14 vasgebind was en wat nou los om sy nek hang, af.
15 Ek vou dit op en sit dit in die Trapper se ander hand. “Om te onthou dat ons
16 hier is om mekaar te help. Nou en in die toekoms.
17 Toe begin die seuns wat by die vensters uithang, die skoollied te sing. Die
18 klanke van hul stemme laat die hoendervleis op my arms uitslaan.
19 Maar nie almal vind hulle pad nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
13.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1)
13.2 Greg begin reeds sy eerste skooldag as ʼn hoofseun op die verkeerde voet.
Waarom kan ons so sê en wat insinueer Plank oor die VLR? (2)
13.3 Watter onverwagse aankondiging maak Dok Pienaar wat later verreikende
gevolge in die roman sou hê? (1)
13.4 Wie is die verteller in die uittreksel? Gee EEN voordeel van sodanige
verteller. (2)
13.5 Wat impliseer die onderstreepte sin in reël 4 en 5? (1)
13.6 Ruimte.
13.6.1 Dui die verband aan tussen die ruimte waarin Greg en die
Trappers hul in hierdie uittreksel bevind. (1)
13.6.2 Hoe skakel die ruimte met die titel van die roman? (1)
13.6.3 Van watter onderwêreld het Greg “die doek” afgehaal? (1)
13.7 Die feit dat Greg gekeer het dat Eckardt in die mangat moet afsak, maak
die deur vir Eckardt oop om Greg sosiaal te manipuleer. Bewys of weerlê
hierdie stelling. (2)
EN
TEKS H
1 “Jy was vroeër vanjaar by die ouens ... daardie aand toe die graadagts
2 deur die tonnel gejaag is, was jy nie?”
3 “Ja, al die matrieks was daar.”
4 “En Eckardt?”
5 “Hy ook.”
6 “Een van die matrieks sê my daar het iets gebeur die aand. Dat Eckardt
7 ook deur die tonnels moes gaan, maar jy het gekeer.”
8 Ek voel hoe ʼn sweetdruppel langs my slape begin vorm, dan stadig afloop
9 na my wang.
10 “Hoekom het jy gekeer,Greg?” Sy laat die vraag so onskuldig klink.
11 Ek sluk swaar. “Want ek het nie gedink dis fair nie. Hy was nie een van
12 die Trappers nie.
13 Maar hy was nuut in die skool.”
14 “Ek weet.”
15 “En dit was tog aanvanklik jóú plan om hom saam met die graadagts in
16 die tonnel te sit.”
17 “Ek het my mind ge-change, Inspekteur. Is daar iets daarmee verkeerd?”
18 Sy bly kalm. “Ek glo jou nie, Greg. Is daar iets dáármee verkeerd?”
19 Stilte. Ek antwoord haar nie. “As jy nie praat nie, kan ek my eie afleidings
20 maak. Soos dat jy dit nie daardie aand gedoen het nie, maar wel later.
21 Dalk verlede Woensdagaand, Donderdagoggend?”
22 “Ek het niks aan Eckardt gedoen nie! Niks!”
23 Inspekteur Cele knik haar kop stadig, glimlag skalks.
24 “Julle moet my glo!” Ek draai na meneer Andersen toe. “Meneer?”
25 “Ek dink dis nou genoeg,” sê hy vir die inspekteur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
26 Haar stem is sag maar ferm: “Goed dan, ons praat weer, Greg. Jy beplan
27 nie om ook iewers heen te gaan nie, nè?”
28 “Ek moet by die Wiskundeklas uitkom,” antwoord ek net. “My pa gaan nie
29 daarvan hou dat ek so baie klasse mis nie. Hy verwag nege onderskei -
30 dings van my.
13.8 Watter optrede in die uittreksel is teenstrydig met Greg se aanvanklike
dunk van Eckardt? (1)
13.9 Greg maak ʼn skokkende ontdekking.
13.9.1 Watter skokkende ontdekking maak Greg die aand ná die
ondervraging deur Inspekteur Cele? (1)
13.9.2 Watter rol speel Dok Pienaar in hierdie ontdekking in
VRAAG 13.9.1? (1)
13.9.3 Waarom is hierdie ontdekking ironies as jy die skool se leuse (reël
12 TEKS G) in gedagte hou? (1)
13.9.4 Hoe doen Greg egter die leuse gestand? (1)
13.10 Hoe verskil Kwanele se handeling in TEKS G reël 2 en 3 van Inspekteur
Cele se handeling in TEKS H reël 19 en 20? Motiveer of Greg dieselfde as
die Trapper doen. (2)
13.11 Herlees reël 24.
13.11.1 Hoekom is dit ironies dat Greg nou na mnr. Andersen toe draai
vir hulp as jy die skool se optrede met die verdwyning van
Eckardt in ag neem? (1)
13.11.2 Het Greg vanaf TEKS G na TEKS H karakterontwikkeling
ondergaan om eindelik as ʼn ronde karakter geklassifiseer te
word? Motiveer jou antwoord. (2)
13.12 Dit titel van hierdie uittreksel is Project Nursery Rhyme. Na watter drie
karakters in die roman verwys die volgende aanhalings uit die kinderrympie
onderskeidelik: The Butcher, The Baker en The Candlestickmaker? (3)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
As gevolg van Map se verlede is daar verskeie karakters in die drama Krismis van
Map Jacobs wat onseker is oor die feit dat hy wel ʼn “changed man” in die tronk
geword het. Map bewys egter die teendeel.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
1 BLANCHIE: (hou hom halfhartig weg): Johnnie ... Nee ...
2 MAP: Aag, Blanchie ...
3 BLANCHIE: Ek moet nou loop ...
4 MAP: Maar ...
5 BLANCHIE: Hulle wag vir my ...
6 MAP: Hulle?
7 BLANCHIE: Daddy en Antie Maud ...
8 MAP: O ...
9 BLANCHIE: Daddy moet weer yt vanaand, man ...
10 MAP: Moet die canvassing?
11 BLANCHIE: Ja ...
12 MAP: Hy’s ʼn werksamige man ...
13 BLANCHIE: Aag, jy wiet hoe is Daddy ...
14 MAP: Ja, hy wil julle hierso ytvat, yt die township yt ...
15 Ek niem hom nie kwalik nie ...
16 BLANCHIE: Hy’s all right ... Eintlik ʼn goeie man ...
17 MAP: Blanchie...
18 BLANCHIE: Mmmm?
19 MAP: Ek ... Ek ... Het jy ... Ek mien ...
20 BLANCHIE: Johnnie, moenie ...
21 MAP: Blanchie ...
22 BLANCHIE: Johnnie ...
23 Hy raak aan haar. Sy aan hom. Hulle soen mekaar.
24 Breek.
25 MAP: Blanchie ...
26 BLANCHIE: Johnnie ... Ek Antie Maud ... Daddy ... wag ...
27 MAP: Ja ... Blanchie ... Okay
28 BLANCHIE: Bye ... Okay ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
29 MAP: Okay ... Sien, jou môre-oggend ... op die bus ... by die
30 busstop ...
31 BLANCHIE: Okay, Johnny ...
32 Blanchie beweeg stadig af, terwyl sy bly terugkyk. Die
33 lig verander. Ons is terug by Map in die tronk, waar hy
34 afskeid geneem het van Antie Grootmeisie
15.1 In watter milieu bevind Map hom in hierdie uittreksel? (1)
15.2 Milieu.
15.2.1 Wat het daartoe gelei dat Map hom in hierdie spesifieke milieu
bevind? (1)
15.2.2 Dink jy die politieke bestel wat aan die orde van die dag was, het
daartoe bygedra dat Map in hierdie milieu is? (2)
15.3 Herlees die toneelaanwysing in reël 1.
Motiveer waarom hierdie aanwysing funksioneel is en sê wat ons hieruit oor
hulle verhouding leer. (2)
15.4 Blanchie praat voortdurend van Johnnie in die uittreksel? Hoekom word daar
op twee maniere na dieselfde karakter verwys? (2)
15.5 Waarom is die gebruik van die beletseltekens hier so funksioneel? (1)
15.6 Herlees reël 12.
Watter verband is daar tussen dié reël en Mr. Cavernelis se droom vir hom
en sy gesin? (2)
15.7 Hoe skakel die neweteks in reël 32–34 met dié uittreksel? (3)
EN
TEKS J
1 MAUD: (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
2 CAVERNELIS: (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ...
3 Blanchie ...
4 Blanchie, met ʼn stuk papier – ʼn brief in haar hande. Sy
5 huil.
6 BLANCHIE: ‘Is nie wáár nie ...
7 MAUD: Maar ‘it is wáár! You’ve read the letter, my dear ... Now
8 stop crying, sweetheart, crying won’t help ...
9 Blanchie huil.
10 CAVERNELIS: (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ...
11 MAUD: (wreed): Maar jy’t nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-
12 darling! Of course het jy nie gekan dink ... (Sy lag sinies.
13 Cavernelis bek-af.) Blanchie, that’s life my sweetheart ...
14 that’s people, man ... You trust them, you trust them, you
15 do things for them, an’ they will just dump you, like that!
16 (Sy beduie.) Trust me, I’ve been through it all ...
17 CAVERNELIS: Die vuilgoed ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
18 MAUD: ... when they’ve used you, that’s it ... Maar ek het vir jou
19 gesê, sweetheart, those white dandies, die klomp
20 fashion-moffies ... hulle sil vir jou use tot lat hulle jou
21 klaar geuse het en dan ... dúmp hulle vir jou ... Next
22 CAVERNELIS: pretty girl in the queue, please ...
23 MAUD: Die vuilgoed ... En hoekom net ... nóú ...
24 in the béd ... I know the swine, sweetheart! All the sweet
25 talk, all the promises, while hulle vir jou use vir hulle eie
26 BLANCHIE: purposes ...
27 CAVERNELIS (snikkend): Daddy ... Antie Maud ...
28 Maar hulle het gesê ... gebelowe ... jy gaan Paris toe ...
15.8 Watter slegte nuus kry die Cavernelis gesin? Beskryf die teenstellende
reaksie van Cavernelis en Maud onderskeidelik op hierdie nuus? (3)
15.9 Watter karaktereienskap van Blanchie blyk uit reël 6? Motiveer of Blanchie
hierdie karaktertrek nog steeds aan die einde van dié toneel openbaar. (2)
15.10 Cavernelis het alles in sy vermoë gedoen om uit die township weg te kom.
15.10.1 Was hy suksesvol in sy pogings? Motiveer jou antwoord. (1)
15.10.2 Wat was uiteindelik die resultaat van sy pogings? (2)
15.10.3 Motiveer of jy simpatie met die Cavernelis-gesin het, al dan nie. (1)
15.11 Wat is die verskil in die stemming tussen TEKS I en TEKS J? (1)
15.12 Die tema van die drama kom duidelik in die uittreksel na vore. Formuleer die
tema van die drama. (1)
[25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Konstabel boesem vertroue in by die vrouekarakters in die drama Mis. Vir die leser
bewys hy egter die teendeel.
Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
TEKS K
1 Terwyl Miem verder praat, kom Meisie weer binne, gaan sit en werk
2 verder.
3 MIEM: Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit ontstel my te
4 veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef nie. (Snork) Op pad
5 hierheen het jy seker die tent net buite die dorp gesien?
6 GERTIE: Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan.
7 MEISIE: (opgewonde) is daar baie liggies en is die tent groot?
8 MIEM: (kwaai) En vir wat wil jy weet! (Aan GERTIE) Die dwase!
9 Maar ek was my hande in onskuld. Ons het gewaarsku en
10 gewaarsku, maar hulle wou nie hoor nie! As ek dink aan die aaklige
11 mense. Rondlopers en kwaaddoeners.
12 GERTIE: Om nie eenste praat van die fratse nie! (Gril) Om net daaraan te dink
13 ...
14 MIEM: Fratse? Watse fratse?
15 GERTIE: In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te gaan.
16 MIEM: En hoe weet jy van ... hierdie fratse?
17 GERTIE: (verbouereerd) Ek?
18 MIEM: Ja. Jy
19 GERTIE: Wel ...
20 MIEM: Het jy hulle gesien?
21 GERTIE: Ja. (Vinnig) Net een maal.
22 MIEM: Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?
23 GERTIE: Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ... hierdie
24 armsalige en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge kan tel. Om
25 ander se ongeluk te aanskou ... maak ʼn mens so innig dankbaar ...
26 MIEM: Ja-nee, dit is seker waar. Ek is jammer, Gertie. Ek het gedink jy het
27 gaan kyk uit blote nuuskierigheid. (Sug) Nou vertel ons van die arme
28 skepsels, Gertie. (Wys na Meisie) Dit sal haar goed doen. Sy is mos
29 alewig ontevrede.
17.1 Wat behels Meisie se werk, volgens reël 1 en 2 en watter nagevolg hou dit
vir haar in? (2)
17.2 Waarom gebruik Miem herhalende dialoog in reël 3? (1)
17.3 In reël 4 verwys Miem na gevaar.
17.3.1 Watter gevaar bedreig die gemeenskap? (1)
17.3.2 Identifiseer die sosio-politieke agtergrond waarin Miem en Meisie
hulle hier bevind. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
17.4 Herlees die neweteks in reël 7.
Waarom reageer Meisie so, gesien in die lig dat sy rééds daar was? (1)
17.5 Herlees die neweteks in reël 12.
17.5.1 Motiveer waarom Gertie se optrede nie so oortuigend is nie. (1)
17.5.2 Spreek jou uit oor Miem se reaksie oor Gertie se vertelling. (3)
17.6 Motiveer waarom Miem se maatreëls om Meisie teen die sirkus te beskerm
nie suksesvol was nie en sê om watter rede die hofnar suksesvol was. (3)
17.7 Waarvan is hierdie fratse ʼn simbool in dié drama? (1)
EN
TEKS L
1 MIEM: Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit.
2 KONSTABEL: Laat ek help.
3 MEISIE: As dit vol is, is dit baie swaar. As jy een kant vat, dan vat ek die
4 ander kant.
5 KONSTABEL: Dis goed so.
6 MEISIE: (bly) en as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor
7 nie.
8 Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei
9 na die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel.
10 MIEM: Dit is gaaf van u, Konstabel.
11 MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die
12 agterdeur. Van die inhoud spat uit.
13 MIEM: Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die
14 kleinhuisie.
15 MEISIE: Ja, ma. (Maak die deur oop)
16 Die sirkusmusiek kan gehoor word. Meisie en die KONSTABEL
17 na buite.
18 MIEM: (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en kyk
19 agterna) En moenie op die flappe trap nie. Hulle word vanjaar
20 so mooi. (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal goed
21 klaar.
22 GERTIE gaan sit op die stoel langs die stoof.
23 MIEM: Dit is baie koud. Vannag kan dit nog ryp. (Kort stilte) Die aakli-
24 ge musiek! As ek net dink ... (gril) glo towenaars en halfkaal
25 mense wat aan toue swaai.
26 GERTIE: En die spul was nog vanmôre deur die strate ook.
17.8 Herlees reël 1.
17.8.1 Waarna verwys Miem? (1)
17.8.2 Gee bewyse uit die drama hoe die antwoord op VRAAG 17.8.1 Miem
se lewe beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
17.9 Watter enkele woord in reël 3–4 suggereer ʼn gemaklike, vriendskaplike
verhouding tussen Meisie en die konstabel? (1)
17.10 Ons sien Meisie se innerlike konflik baie duidelik in reël 6. Waaruit spruit
hierdie konflik? (2)
17.11 Hoe sluit reël 11–12 by die tema van die drama aan en waarom is dit
korrek om te sê Miem speel ʼn belangrike rol in die tema van die drama? (2)
17.12 Watter atmosfeer heers vanaf reël 23? Haal ʼn woord aan wat hierdie
atmosfeer ondersteun. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper