Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1220216 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 90 minute AFDELING B: ongeveer 90 (2 x 45) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Die dag wat alles vir altyd verander het ... [50] 1.2 Só het ek weer rigting gekry. [50] 1.3 Mooi ... mooier ... mooiste ... [50] 1.4 Jongmense het groot opinies. [50] 1.5. ... en só het ek my (by)naam gekry. [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer. 1.6.1 [Bron: globalperspectives.info] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.6.2 [Bron: instagram.tobiasvisuals] [50] 1.6.3 [Bron: signs.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy het onlangs leer bestuur en besluit om jou broer/suster wat in ʼn ander stad studeer, se motor te ‘leen’ om na die plaaslike winkelsentrum te ry. By die huis het jy agtergekom dat daar ʼn groot skraapmerk aan die agterkant van die motor is. Jy weet jou broer/suster pas sy/haar motor baie goed op en jy is benoud oor sy/haar reaksie. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hom/haar waarin jy die gebeure verduidelik en onderneem om die skade te herstel. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS Jy het onlangs die nuus gehoor dat jou dorp/stad se naam gaan verander. Jy stem glad nie saam met hierdie naamsverandering nie. Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy duidelik uiteensit waarom jy nie met die naamsverandering saamstem nie. [25] 2.3 TYDSKRIFARTIKEL Deesdae is min jongmense tevrede met hulself. Hulle is baie mededingend en raak gou moedeloos as hul sukkel om hul doelwitte te bereik. Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL vir jongmense met die titel: Dit is oukei om nie perfek te wees nie. [25] 2.4 HULDEBLYK Jou ouers is al 30 jaar getroud en vier eersdaags hul huweliksherdenking. Julle beplan ʼn familie-byeenkoms en jy gaan die huldeblyk aan jou ouers by hierdie geleentheid lewer. Skryf die HULDEBLYK aan jou ouers waarin jy hul bedank vir alles wat hulle vir julle as gesin en familie beteken het. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.5 DIALOOG Jy werk hard om die beste moontlike punte te kry, want jy wil na matriek verder gaan studeer. Julle bure het egter twee honde wat aanhoudend blaf en geraas maak. Jy sukkel om deur die dag te konsentreer en snags blaf hulle ook. Skryf die DIALOOG tussen jou en jul buurman waar jy hierdie probleem met hom bespreek en moontlike oplossings vir hierdie situasie gee. [25] 2.6 ONDERHOUD Aan die einde van verlede jaar was een van die matrikulante by julle skool onder die toppresteerders in die provinsie. Voer ʼn ONDERHOUD met hierdie matrikulant waarin jy hom/haar oor sy/haar suksesresep uitvra. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all