Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)




Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 9 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 399.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
Spelling in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie, omdat die
fokus op begrip is.
Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit
korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
uitgelig word.
Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele
reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die
vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1 Mense luister nie meer na mekaar nie/
Die mens het luister verleer. √ 1
1.2 Studies wys dat die mens slegs 25% van wat ons hoor, onthou. Die
seuntjie wil seker maak sy ma luister mooi na wat hy sê sodat sy 100%
hoor wat hy sê. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.
1.3 Die skrywer wil die omvang van die krisis van swak luister aandui. /
Die skrywer wil die artikel meer geloofwaardig maak./
Die skrywer wil die probleem bevestig/versterk/ondersteun. √ 1
1.4 Luister vorm deel van doeltreffende/effektiewe kommunikasie √
en dus suksesvolle verhoudings. √ 2
1.5 Mense druk hulself nie doeltreffend uit nie √
Mense druk hulself nie met emosie uit nie √
Mense is konfronterend √
Mense is krities √
Mense is verwytend √ 4
Enige VIER van bogenoemde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
1.6.1 Deur te luister kan jy by die kern van die probleem uitkom. √
As jy goed luister na jou gespreksgenoot se probleem help jy die persoon
om kreatief te dink, selfvertroue te kry om die beste oplossing te vind./
Deur te luister kan jy hom/haar help om oorweldigende emosies te
beheer. √ 2
Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige TWEE soortgelyke antwoorde
vir EEN punt elk aan.
1.6.2 Wanneer emosies jou gespreksgenoot se denke domineer, dink hy dalk
nie meer so rasioneel nie. √ 1
1.7 Die seuntjie versoek sy ma herhaaldelik om na hom te luister. Dit is asof
hy in die verlede ervaar het dat sy ma nie luister nie en daarom klink hy
ontsteld, gefrustreerd en dit bevestig die onderstreepte sinne in
paragraaf 4. √ 1
1.8 Daar word duidelik genoem dat disrespek seëvier/wen/die oorhand het. √ 1
Wanneer ons mense goed ken, heg ons nie meer waarde aan hulle nie /
Ons kyk werklikheidsprogramme wat skok /
Sporthelde en-afrigters vloek en skree op skeidsregters /
Leerders minag hul onderwysers. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.9.1 Deur met wedersydse agting/
liefde/
vrede/
met begrip te luister. √√ 2
Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.9.2 Ja
Sy is ʼn kenner van verhoudings/sielkundige. √ 1
1.10 Ja
Paragraaf 8 lig al die negatiewe oorsake uit van swak luistervaardighede
en swak verhoudings – (tegnologie, min sosiale vaardighede, kritiek,
manipulasie, foute raaksien en dat die mens te selfgerig geraak het ten
koste van ander). √√√ 3
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.
1.11 Die onderstreepte sin verduidelik dat ons luister om te reageer en nie met
begrip om werklik te verstaan wat die ander persoon aan ons sê nie. Dit is
die teenoorgestelde van wat ons eintlik veronderstel is om te doen / hoe
om te luister na mekaar. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.12 Ek wil daarop let om mense in die oë te kyk wanneer hulle praat / ek met
hulle praat. / Ek wil meer glimlag, my kop skud wanneer ek na ander
luister om aan te dui dat ek werklik luister en belangstel. √ 1
Kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.
1.13 Dit vorm nie deel van aktief luister nie. /
Respek is ononderhandelbaar – dus respekteer mekaar se tyd en
gemoed. √ 1
1.14 Daar word duidelik gestel dat die departement van arbeid van die VSA
navorsing/studies gedoen het. Dit is dus op feite gebaseer. √
OF
Swak luistervaardighede kom oral voor, ook in die werkplek. √ 1
Kandidate kan soortgelyke antwoorde aanbied.
1.15 Die tieners se oë is op hul selfone gerig /
Daar is geen sprake van korrekte liggaamstaal vir doeltreffende
kommunikasie nie. /
Die tieners is elkeen besig met sy/haar eie dinge en steur hulle nie aan
mekaar nie. √ 1
Die kandidaat kan enige soortgelyke antwoord bied.
1.16 Ja.
Die muis se woorde beaam/waarsku dat menslike luistervaardighede
swak en ondoeltreffend is en pleit daarom – “maak oop jou ore, niemand
luister meer nie”. √ 1
1.17 In paragraaf 8 van TEKS A word verduidelik dat ons te selfgerig is terwyl
TEKS B dit uitlig dat mense nie na mekaar luister nie en elkeen besig is
met sy/haar eie dinge. √
EN
In paragraaf 10 van TEKS A word verduidelik dat luistervaardighede
ingeoefen moet word en dat ons moet fokus op ons gespreksgenote deur
die regte liggaamstaal ens. te hê terwyl in TEKS B die groepie tieners nie
gefokus is op mekaar nie. 2
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan waarin daar
afsonderlik na ʼn ooreenkoms tussen die twee tekste verwys word.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
uitsluiting van irrelevante feite belangrik.
Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn
opskrif/titel te voorsien nie.
Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
word die eerste opsomming nagesien.
Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
Punte word soos volg toegeken vir HT:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
het nie:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
LET WEL:
Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
word nie.
LET WEL: Kandidate mag nie afkortings in hul opsommings gebruik nie, maar
indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
volgens die getal woorde wat dit voorstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
Moontlike antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM
aangebied word.
Tuinmaak skep ʼn gevoel van prestasie by jou. Tuinmaak is goed vir jou fisiese
gesondheid. Dit kan ʼn lekker gesinsaktiwiteit wees en bied geleenthede vir
herinneringe skep. Tuinmaak is ook ʼn goeie aktiwiteit om alleen te doen. As jy
groente en kruie plant, kan jy dit verkoop en so bou aan jou finansiële gesondheid.
Deur tuin te maak leer jy jou vaardighede en kreatiwiteit ken. Voorts is dit ʼn
bewustheids- en meditasie-oefening.
[72 woorde]
AANHALINGS UIT DIE TEKS EIE WOORDE
Tuinmaak skep ʼn gevoel van Tuinmaak skep ʼn gevoel van
prestasie. prestasie by jou.
... is goed vir jou hartgesondheid ... Tuinmaak is goed vir jou fisiese
gesondheid.
... is ʼn lekker gesinsaktiwiteit ... Tuinmaak kan ʼn lekker
gesinsaktiwiteit wees en bied
geleenthede vir herinneringe maak.
.. .ook ʼn goeie aktiwiteit om alleen aan Tuinmaak is ook ʼn goeie aktiwiteit
te pak ... om alleen te doen.
... aangesien dit perfek is as Voorts is dit ʼn bewustheids- en
bewustheids- en meditasie-oefening meditasie-oefening.
... plant groente en kruie vir finansiële As jy groente en kruie plant, kan jy
gesondheid ... dit verkoop en so bou aan jou
finansiële gesondheid.
... terwyl jy jou vaardighede slyp ... Deur tuin te maak leer jy jou
hou jou kreatief ... vaardighede en kreatiwiteit ken.
(Getal woorde: 70)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Nasien van hierdie afdeling:
Spelling:
Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
Indien die spelling van die bepaalde woord korrek moet wees, word die
spelling verkeerd gemerk al word die antwoord in ʼn sin aangebied.
In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
in die taalstruktuur getoets word.
Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
soos in die instruksie aangedui.
By meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.
VRAAG 3
Vraag Antwoord Punt
3.1 Dit beklemtoon die skok na die hond sy modder afskud op die kind. √ 1
3.2 alles √ 1
3.3 Dit dui op gerusstelling tydens ʼn krisis. √ 1
3.4 Die meisie se vinger wys na én sy kyk na die woord “Skitterskoon”. √ 1
3.5 piekfyn √ 1
3.6 Ja
Dit wys hoe die mors- en moddervlekke plaasgevind het/
Dit sluit aan waarom die wasmiddel benodig gaan word/
Die moddervlekke beklemtoon die boodskap dat die wasmiddel die
oplossing bied vir hierdie vuil vlekke. √
OF
Nee
Die hond laat nie reg geskied aan wat die wonderlike wasmiddel kan
doen nie/
Dis swak smaak om die skuld op ʼn onskuldige hond te plaas. √ 1
Kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.7 Die lyftaal √ (beide arms sowel as die vingertjie) 1
Die gesigsuitdrukking is nie ontspanne nie – mond is oop in ongeloof/skok
– wys dat sy wel stres. √ 1
3.8 Ons dink √ 1
Ons weet hierdie veeldoelige skoonmaakmiddel is die oplossing tot alle
onverwagse foute en flaters. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 Die eerste komma word gebruik tussen twee werkwoorde (aflê, is). √ 1
Zits is die aangesprokene en moet dus ʼn komma kry. √ 1
4.2 Met die herhaling van die woorde “wees net jouself” √ 1
Die vetgedrukte woorde bevestig dat hy die woorde beklemtoon om sy
posisie as ouers wat weet, uit te lig. √ 1
4.3 Ja, sy woorde dui duidelik daarop dat hy nie dink Zits kan gefokus en
versigtig wees nie √ 1
4.4 Sy oë wat hemelwaarts gerig is. √ 1
4.5 Ja.
Zits se pa se oë kyk na bo wat dui op sy moedeloosheid/besinning oor
Zits se gewone nie-versigtige en nie-gefokusde optrede. √ 1
4.6 Zits sit net tydens die hele gesprek gefokus op sy selfoon/ 1
Zits sit pal met sy foon. √
4.7 Ouer mense dink dat jongmense onverantwoordelike bestuurders is, sal
wees en bly. √ 1
4.8 Hy het verwag dat Zits se ma hom meer as net vyf keer moes
herinner/waarsku. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 tuisonderrig √ 1
5.2 Ek moet my matriek-wiskunde takel en afhandel. √ 1
5.3 ʼn Klip uit die pad rol. √ 1
5.4 aan √ 1
5.5 Sy voel naar asof daar ʼn knop in haar maag is./
Sy is bekommerd. √ 1
5.6 Druk die naald deur die materiaal √ 1
5.7 tyd √ 1
etenstyd / spertyd / eksamentyd / vryetyd √ 1
5.8 permanente √ 1
5.9 kontaminasie √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper