Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202114 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBER 2021 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees AL die instruksies sorgvuldig. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Trek 'n streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL BANG VIR VERANDERING? Susan Goosen 1 Elke jaar bring verandering. En ewe onvermydelik ꞌn vrees by sommige mense daarvoor. Trouens, vir baie mense bring verandering ꞌn soort angs mee wat hulle verlam. Nie alle mense is noodwendig intelligent genoeg en emosioneel gereed vir verandering nie, en daarom ook nie vir die aanpassings wat daarmee gepaard gaan nie. 5 2 Intelligensiekwosiënt (IK) en sy eweknie, emosionele kwosiënt (EK), word wyd as belangrike aanwysers vir suksesvolle aanpassing ná verandering erken. Albei verwys na ꞌn natuurlike intellektuele aanleg, boekekennis én mensekennis wat saam met mense-ervaring ꞌn rol speel in hoe iemand die uitdagings wat verandering en aanpassing meebring, gaan aanpak. 10 3 Wanneer die winde van verandering jou lewensbootjie omkeer, is daar dikwels net een van die twee moontlikhede: sink of swem. Daarom beklemtoon kenners deesdae ook die belangrikheid van ꞌn sogenaamde aanpasbaarheidskwosiënt (AK). Laasgenoemde verwys na jou vermoë om by nuwe situasies wat verandering meegebring het, aan te pas. Dit is ꞌn onderwerp waaroor min 15 inligting beskikbaar is en daarom word dit met toenemende erns nagevors. 4 Oor die konsep van die belangrikheid van ꞌn AK, sê Lynette Beer, ꞌn lewensafrigter* van onder andere maatskappydirekteure in Pretoria: "Maatskappydirekteure stel deesdae al minder in mense se kwalifikasies belang, maar meer in hulle AK's. Tydens werksonderhoude is beroepsondervinding 20 deesdae minder belangrik as die vermoë om potensiële probleemsituasies op te los. Daarom word vrae soos: ꞌHoe sal jy die volgende situasie hanteer?ꞌ of ꞌWat as die volgende gebeur?ꞌ gevra om vas te stel of jy opgewasse sal wees vir die uitdagings wat voortdurende verandering bring. Ou oplossings werk nie meer vir moderne probleme nie. En ꞌn onderneming wat nie by verandering kan bybly 25 nie, gaan nie oorleef nie." 5 Lynette Beer sê voorts ook die volgende oor die aanpassings wat verandering meebring: "Ons moet buite die boks dink. Ter wille van oorlewing, ja, maar ook sodat ons ons gesinslede kan begelei en ondersteun. Die statistiek rakende veral depressie en ook stres, verslawing en trauma maak dit noodsaaklik om 30 aanpassingsvaardighede aan te leer, tot voordeel van jouself en jou gesin. Persoonlike groei gaan hand aan hand met verandering én die aanpassings wat jy moet maak. Terselfdertyd kry ꞌn mens die onderskeidingsvermoë om te weet wanneer verandering dalk nié die antwoord is nie, of nié tot ons voordeel sal wees nie." 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2021 NSS 6 ꞌn Mens se AK help jou dus nie net tydens verandering om te oorleef nie, maar ook om te groei en te gedy, veral in tye wanneer groot veranderinge noodwendig drastiese aanpassings meebring. 7 Lynette Beer gee ook wenke aan diegene wat bang is dat hulle nie die uitdagings van verandering gaan oorleef nie en daarom hulle 40 aanpassingsvaardighede wil inoefen: "Erken dat verandering normaal en dikwels nodig is. Neem vervolgens eienaarskap van die veranderingsproses. Stel dan ꞌn uitvoerbare aksieplan op. Gee laastens erkenning aan jou suksesse en persoonlike groei deur jouself op die skouer te klop." 8 Ngobezi Dwada, ꞌn maatskaplike werker en berader, sê ook dat grootskaalse 45 veranderinge heelwat ingrypende aanpassings kan verg – veral in stresvolle werksomgewings wat voortdurend vars denkrigtings vereis. As werknemers egter voorbereid is hierop, kan hierdie veranderinge dan uiteindelik opwindend wees. "Daarom behoort die hooffokus tydens werksonderhoude júis te wees om te bepaal of die aansoeker oor die regte kwalifikasies beskik wat hom/haar 50 in staat sal stel om probleemoplossend te dink. Maar ongelukkig reageer veral ouer mense nie goed wanneer hulle aanpassings in die gesig moet staar nie – dít as gevolg van ꞌn ingeboude weerstand teen verandering. En dit is veral ouer mense wat ongemaklik met die onbekende is. Dít maak dan aanpassings by veranderde omstandighede vir hulle dikwels vreesaanjaend. Hulle is dikwels 55 bang dat hulle nie die vermoë of die vaardighede meer het om nuwe of veranderde situasies te kan hanteer nie." 9 Dr. Ike Gentleman, ꞌn lektor in bedryfsielkunde, wys egter in hierdie verband daarop dat daar wél mense is wat oor ꞌn ingebore aanpasbaarheid beskik en daarom beter op nuwe of veranderde situasies reageer. "Navorsers reken dat 60 hierdie mense suksesvol is omdat hulle in die ꞌnouꞌ lewe, en weet hoe om hulself aan die vloei van die lewe oor te gee. Hulle hanteer die stres van verandering en aanpassing makliker." 10 Dr. Gentleman verduidelik verder dat temperament, persoonlikheid, vaardigheid en voorkeure alles ꞌn rol speel by hoe aanpasbaar ꞌn persoon kan wees. 65 "Aanvaar dat die lewe verrassings en eiesoortige uitdagings gaan meebring. Hierdie uitdagings kan uiteindelik daartoe bydra om jou menswees te slyp en te ontwikkel. Sodra ons hierdie vlak van aanvaarding bereik, kan ons veel makliker met nuwe situasies werk én aanbeweeg. Ons het moontlik nie altyd beheer oor wat om ons gebeur nie, maar ons kan wel ons reaksies daarop 70 beheer." 11 Die geleerdes is dit dus eens: veranderinge in die lewe kan nie vermy word nie, maar hóé jy dit gaan hanteer, dìs die groot geheim vir ꞌn suksesvolle lewe. *lewensafrigter – ꞌn persoon wie se werk dit is om die lewensgehalte van sy/haar kliënte te verbeter deur aan hulle loopbaanadvies te gee; ook om sy/haar kliënte met die aanpassing in nuwe situasies by te staan. Gee raad aan diegene in bestuursposisies oor aanstellings van personeel. [Verwerk uit Lig, Desember 2019/Januarie 2020] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2021 NSS TEKS B: SPOTPRENT A ꞌn Nuwe toep bied gebruikers die geleentheid om gratis te eet en selfs in stede soos Kaapstad, New York B Maar ek is ꞌn model … As en Milaan gratis by gimnasiums te my baard jou pla – dis vir ꞌn oefen. Daar is net één voorwaarde: advertensie. Ons sal jou ook jy móét ꞌn model wees! kan gebruik. Werk net aan jou glimlag. C Ag nee … regtig. Hy kon darem ꞌn langbroek aangetrek het. [Uit: Die Burger, 31 Januarie 2019] VRAE: TEKS A 1.1 Sommige mense het volgens paragraaf 1 geen keuse as om met nuwe uitdagings en die vrees daarvoor saam te leef nie. Skryf TWEE redes neer waarom angs baie mense as't ware verlam wanneer hulle met verandering gekonfronteer word. (2) 1.2 "... wanneer die winde van verandering jou lewensbootjie omkeer ..." (paragraaf 3) 1.2.1 Wat beteken dié uitdrukking binne die konteks waarin dit gebruik (1) word? 1.2.2 Gee EEN eie rede waarom aanpasbaarheid in dié situasie as ꞌn oplossing aanbeveel word. (1) 1.2.3 Waarom word daar met toenemende erns oor die onderwerp van mense se aanpasbaarheidskwosiënte navorsing gedoen? (1) 1.3 Beoordeel die geloofwaardigheid van Lynette Beer se stelling in paragraaf 4 oor maatskappydirekteure. Gee ꞌn rede vir jou beoordeling. (1) 1.4 Herlees reëls 17–21 van paragraaf 4. Watter implikasie hou dit nóú vir werkaansoekers in as die fokus van vrae tydens werksonderhoude verander het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2021 NSS 1.5 Haal ꞌn sin uit paragraaf 4 aan wat met die onderstreepte sin in paragraaf 5 verband hou. (1) 1.6 Herlees paragraaf 5. Lynette Beer noem die aspek van depressie eerste wanneer sy na statistiek verwys wat aanpassingsvaardighede noodsaaklik maak. Gee ꞌn moontlike rede hiervoor binne verband van die teks. (1) 1.7 Watter wenke gee Lynette Beer aan mense om hul AK in te oefen? (4) 1.8 Herlees paragraaf 4 en 8. Watter verskil blyk uit dié onderskeie paragrawe t.o.v. dit wat werkgewers in ag behoort te neem wanneer hulle met iemand ꞌn werksonderhoud voer? (1) 1.9 Watter afleiding kan ꞌn leser uit die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 8 t.o.v. werknemers se werksverrigting maak? (1) 1.10 Ngobezi Dwada kan van vooroordeel beskuldig word. Verduidelik hierdie stelling. (1) 1.11 Dr. Ike Gentleman huldig in paragraaf 9 ꞌn spesifieke siening t.o.v. mense se aanpasbaarheid. 1.11.1 In watter opsig verskil dr. Gentleman se siening t.o.v. verandering en aanpassing van dié van me. Dwada? (1) 1.11.2 Waarom sou ꞌn leser eerder dr. Gentleman se siening as gesaghebbend beskou? (1) 1.11.3 Wat bedoel dr. Gentleman as hy sê dat mense weet hoe om hulself aan die vloei van die lewe oor te gee? (1) 1.12 Verwys na dr. Ike Gentleman se stelling in paragraaf 10. Wat gaan die gevolge wees wanneer ꞌn mens aanvaar dat die lewe vol verrassings is? (2) VRAE: TEKS B 1.13 Watter visuele inligting skep ꞌn restaurantagtergrond? (2) 1.14 Waarom dink jy is die gratis kos slegs op modelle van toepassing? (1) 1.15 Is die man se verwagting om gratis te eet en die kelner se houding onderskeidelik geregverdig? Motiveer jou antwoord deur na die man en die kelner te verwys. (2) 1.16 Lei die funksie van die beletselteken/ellips in SPRAAKBORREL B binne konteks van die spotprent af. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2021 NSS VRAE: TEKS A EN B 1.17 Herlees TEKS B en paragraaf 5 van TEKS A. Slaag die spotprentkunstenaar na jou mening daarin om die kwessie van ꞌn mens se aanpasbaarheidskwosiënt (AK) voldoende weer te gee indien die onderstreepte sin in paragraaf 5 (TEKS A) in ag geneem word? Motiveer jou antwoord. (1) 1.18 Verwys na SPRAAKBORREL C van TEKS B. 1.18.1 Sluit die muis se woorde by die slotsom in paragraaf 11 (TEKS A) aan? Motiveer jou antwoord. (1) 1.18.2 Wat is die geïmpliseerde boodskap van die muis se woorde in SPRAAKBORREL C? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om ꞌn stresvrye lewe te lei. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C ꞌN GELUKKIGER, STRESVRYE JY Het jy geweet dat jou liggaam natuurlike goedvoelchemikalieë bevat? Een hiervan is serotonien, ꞌn breinoordragstof wat jou kalm en gelukkig laat voel. Jy kan jou serotonienvlakke ꞌn hupstoot gee wanneer jy bietjie gespanne voel. Jy het net 15 minute se oefening per dag nodig. Oefening help nie net met gewigsbeheer nie, maar ook om hartkwale te voorkom en stresvlakke te verlaag. Oefen dus gereeld om jou stresvlakke laag te hou. Maar oefening alleen is nie genoeg vir die mens se rustige gemoed nie! Doen elke dag iets lekker soos om byvoorbeeld ꞌn boek te lees. Dit hou serotonienvlakke in stand. Jy ken mos daardie warm, gelukkige gevoel nadat jy heerlik geëet het? Dit is omdat sekere kossoorte jou brein se chemiese samestelling beïnvloed. Eet kossoorte wat jou later ontspanne sal laat voel. Hou egter in gedagte dat suiker, alkohol en kaffeïen jou serotonienvlakke ꞌn vinnige hupstoot gee. Wanneer jy te gereeld hiervan inneem, laat dit jou gespanne voel. Vermy ook die oormatige inname van hoë suiker- en kaffeïendrankies in ꞌn poging om jou stresvlakke normaal te hou. Sorg dat jy ꞌn behoorlike nagrus inkry, want niks werk so goed om stres vaarwel te roep nie. Jou slaapkamer is die plek waar jy goeie nagrus moet kry. Slaap help beslis, maar as jy nie kwaliteitslaap inkry nie, staan jy dikwels meer gespanne op as wat jy aanvanklik was. Dit help nie jy slaap vir ure aaneen met ꞌn brein wat nog nie afgeskakel is nie. Oggendsonlig stimuleer die produksie van goedvoelhormone. Verwerk stres met behulp van UV-strale. Stel jou aan soveel moontlik van die oggendsonlig se UV-strale bloot, want jou gemoedstoestand is soggens meer vatbaar vir die helende invloed van sonstrale. Jy hoef dus nie vir ure onder skadelike UV-strale te lê en sonbak nie. Masserings is ꞌn algemene behandeling vir mense wat onder spanning verkeer. Onlangse navorsing deur die Universiteit van Miami se mediese skool wys dat ꞌn masseringsessie jou serotonienvlakke met 28% kan laat verhoog en kortisol (die streshormoon) met 21% laat verlaag. Besoek gereeld ꞌn masseur om die stram spiertjies uit te stryk sodat jy stresvry jou dagtaak kan aanpak. Hoop jy weet nou hoe om van spanning ontslae te raak om met ꞌn huppel in jou stap die lewe aan te pak. [Verwerk uit Die Burger Naweek, 15 November 2019] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2021 NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 2 3 Tropika gee jou 'n voorsmaak van die lekker lewe – proe dit self. 4 Ontsnap na 'n eksotiese eilandlewe waar jy luilekker op die strand kan lê en 5 luister hoe die branders breek. 6 Min dinge klop daardie eilandgevoel, maar Tropika gee jou 'n proesel van die 7 goeie lewe met sy verskeidenheid lipleklekker geure. Ontspan terwyl jy stadig 8 teug aan die strelende smaak van Tropika. 9 Wat is jou gunsteling? Kies: mango-perske, lemoen, pynappel, Cool Red en 10 nou – vir die heel lekkerste eilandgevoel – die nuwe Pina Colada. 11 Tropika sê: ''Slegs fynproewers drink hierdie verfrissende drankie – enige 12 plek, enige tyd – om hulle saai lewens op te kikker.'' [Verwerk uit Tuis, Augustus 2020] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2021 NSS VRAE 3.1 Plaas 'n gepaste skryfteken op die laaste woord in reël 1 van die opskrif en sê hoe dit die woordsoort verander. (2) 3.2 Verwys na die groter letters en lettertipes in reël 1 en 2. 3.2.1 Hoe beïnvloed die groter letters in reël 1 en 2 die leser? (1) 3.2.2 Sou jy die gebruik van die ander lettertipe in reël 2 as funksioneel beskou? Verduidelik jou antwoord kortliks. (1) 3.3 Hoe word die leser in reël 3 betrek? (1) 3.4 Waarom maak die adverteerder van die woord eksotiese in reël 4 gebruik? Bied jou antwoord in 'n volsin aan. (1) 3.5 Skryf 'n woord uit reël 7 neer waarmee die adverteerder die gebruiker oortuig om die produk te koop. (1) 3.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die letter (A–D) neer. Die rede waarom die woord ''teug'' in reël 8 eerder as drink gebruik is, is omdat dit die … A korrekte register van advertensietaal aandui. B gepaste voorbeeld van 'n neutrale woord is. C ontspanne atmosfeer van 'n eilandlewe ondersteun. D emosionele behoefte van gebruikers aanspreek. (1) 3.7 Op grond waarvan is hierdie advertensie bevooroordeeld indien reël 11 en 12 in ag geneem word? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 Heita, tjommies! Ek kan nie DIE LEWE IS glo julle twee kon iets anders NIE ALTYD 'N regkry as om net rugby te speel nie! Om 'n e-pos- LIED NIE … boodskap te stuur … Sjoe! Deur Ray Billingsly A RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 Nou gaan sy seker weer sorg JULLE TWEE MOET Ek is oortuig daarvan dat jy dit dat hierdie ou storietjie voor nie gaan regkry nie – jy het dan pouse die hele skoolterrein vol OPPAS WAT JULLE VAN nie eers ʹn lepel by jou nie. Kan lê … Gmpf! MY SÊ. EK ROER JULLE ons jou daarmee help? SOMMER NOU-NOU!! A [Verwerk uit https://wwwcomicskingdom.com] VRAE 4.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.1) en die letter (A–D) neer. Die eerste twee woorde van die strokie se titel is ʹn … A onderwerp. B voorwerp. C gesegde. D byvoeglike bepaling. (1) 4.2 Waarom is die onderstreepte woord in RAAMPIE 1 gepas? (1) 4.3 Hoe behoort ʹn leser die vraagteken bokant die meisie se kop in RAAMPIE 2 te verstaan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2021 NSS 4.4 In RAAMPIE 3 is dit duidelik dat die twee seuns die meisie doelbewus nie by hulle gesprek wil insluit nie. Watter visuele en verbale inligting bied hierdie raampie om die stelling hierbo te ondersteun? (2) 4.5 Hoe weet die leser dat die meisie se stemtoon in RAAMPIE 4 kwaai is? Gee dan TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit hierdie raampie wat by haar stemtoon aansluit. (2) 4.6 Verander die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 na ʹn teenwoordige deelwoord wat jy in ʹn sin van jou eie gebruik. (1) 4.7 Die seun (gemerk A) se liggaamstaal in RAAMPIE 5 en RAAMPIE 2 verskil. 4.7.1 Motiveer hierdie stelling. (1) 4.7.2 Wat dink jy is ʹn moontlike rede vir dié verandering? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F TIMBUKTU SKEP 1 Vyftig kinders se gesigte het van trots gestraal nadat hulle die reaksie op hul kunswerke gesien het. Honderde mense het ingestroom om na hul handewerk te kom kyk, vrae te vra en van die kleurryke skeppings te koop wat hulle op die Ndebele-kombers voor hul leersentrum uitgestal het. Die kinders was bly en verheug oor die reaksie. 5 2 Die eerste Sondag van die maand is markdag by Victoria Yards, die nuwe stedelike ontwikkeling oos van Johannesburg se middestad. Dan ry mense meer as veertig kilometer na dié deel van die stad om ꞌn dag van kuns en kultuur, organiese kos en vermaak te geniet. 3 Dit was die eerste keer dat die kinders van die leersentrum, Timbuktu in the 10 Valley, hier ꞌn fondsinsameling vir hul skool gehou het met versierings wat hulle met hul eie hande gemaak het. 4 Die organisasie se skryfbehoeftevennoot; Staedler, het die Fimo-kunstenaar, Riaan Marais, na hierdie sentrum gebring. "Sjoe, en het hierdie kinders van die buurt dít nou baie geniet!" het Mia Sonnekus, woordvoerder van Staedler gister 15 in ꞌn onderhoud gesê. 5 Timbuktu in the Valley is twee jaar gelede tydens ꞌn nasionale (5.5) inisiatief gestig. Die hoofdoel was om plaaslike sosio-ekonomiese uitdagings te help oorkom. Daar word gereeld werksessies oor onderwerpe soos tuinmaak, kunsvlyt, herwinning, drama, kosmaak en kleiwerk aangebied om die 20 (5.6) jongspan aan verskillende beroepe bloot te stel. 6 Die fokus is om vir plaaslike jongmense, wat swaarkry, meer geleenthede in die lewe te bied deur hulle met die nodige vaardighede toe te rus om ꞌn onafhanklike lewe te lei. Dit was die noodsaaklikste ding wat by hierdie gemeenskapsprojek moes gebeur en sal hopelik suksesvol wees. 25 [Verwerk uit Huisgenoot, 26 Desember 2019] 5.1 Benoem die onderstreepte telwoord in paragraaf 1. (1) 5.2 Skryf die pleonasme in paragraaf 1 neer. Dink jy dié pleonasme is funksioneel in die sin? Motiveer jou antwoord. (2) 5.3 Skryf die kern van die onderstreepte samestelling in paragraaf 2 neer. Vorm nou ꞌn bywoord daarvan en gebruik dit in ꞌn sin van jou eie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 14 DBE/November 2021 NSS 5.4 Verbeter die leestekenfout by die parentese in paragraaf 4 deur die sin korrek neer te skryf en gee ook die funksie van dié parentese. (2) 5.5 Verdeel die onderstreepte woord in paragraaf 5 in lettergrepe. (1) 5.6 Gebruik die vetgedrukte woord in paragraaf 5 as twee woorde in ꞌn verklarende sin. (1) 5.7 Skryf die basisvorme/stamme van die onderstreepte woord in paragraaf 6. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all