Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2021 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021, 10 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 386.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC November Exam 2021
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
word.)
Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs
die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde
sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord
vereis word, word dit aanvaar.
Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1 Mense is nie intelligent genoeg nie. 1
Hulle is emosioneel nie gereed nie. 1
1.2.1 Verandering veroorsaak probleme./uitdagings in jou lewe./keer jou lewe onderstebo. 1
1.2.2 Aanpasbaarheid sal ꞌn mens help om uitdagings (suksesvol) die hoof te bied./met
selfvertroue aan te pak./
Dit sal jou ook help om suksesvol by nuwe/onbekende situasies aan te pas./om te
swem. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat kan die antwoord ook soos volg aanbied: As jy nie aanpas nie, ...
1.2.3 Daar is min inligting oor die aspek van AK's beskikbaar (en dus word daar met
toenemende erns navorsing daaroor gedoen). 1
1.3 Haar stelling is geloofwaardig, want sy help maatskappydirekteure, (wat sukkel om by
veranderinge aan te pas), in haar beroep as lewensafrigter./Sy is 'n lewensafrigter. 1
1.4 Werkaansoekers sal anders vir onderhoude voorberei./hul vaardighede moet
wysig./kwalifikasies op die lange baan/agtergrond skuif./op aanpasbaarheid/vermoë om
probleme op te los, moet fokus./moet leer om op hul voete te dink tydens 'n
onderhoudsituasie./aan te pas by die onderhoudsituasie. 1
1.5 "Ou oplossings werk nie meer vir moderne probleme nie.ꞌꞌ 1
1.6 Depressie is die nagevolg van mense wat sukkel om by verandering aan te pas./
Depressie is die gevolg van angs/vrees/weerstand teen verandering./
Depressie is 'n belangrike faktor in/beïnvloed iemand se aanpassingsvaardighede. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.7 Erken dat verandering normaal is.
Erken dat verandering dikwels nodig is.
Neem eienaarskap van die veranderingsproses.
Stel dan ꞌn aksieplan op.
Laastens gee erkenning aan jou suksesse (en persoonlike groei deur jouself op die
skouer te klop.) 4
Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.8 Paragraaf 4 verwys na die feit dat maatskappydirekteure nie meer so baie belangstel in
aansoekers se kwalifikasies nie,/op die aanpasbaarheidskwosiënt/probleemoplossings-
vaardighede fokus, terwyl paragraaf 8 daarop wys dat jy oor die regte kwalifikasie moet
beskik./kwalifikasies nie as ondergeskik gesien moet word nie. 1
Die kandidaat bied albei kante van die verskil vir EEN punt aan.
1.9 Werknemers wat voorbereid is met vars denkrigtings, sal in "nuwe"/stresvolle
werksomgewings floreer./veranderinge as opwindend ervaar./
Werknemers wat onvoorbereid is, ervaar stres./is bang. 1
1.10 Ngobezi Dwada het ꞌn vooropgestelde idee dat veral ouer mense ongemaklik met die
onbekende is./dat aanpassings by veranderde omstandighede vir hulle dikwels
vreesaanjaend is./dat hulle dikwels bang is dat hulle nie die vermoë/vaardighede het om
nuwe/vreemde situasies te kan hanteer nie./
Nie alle ouer mense is ongemaklik met die onbekende nie./met die aanpassing by
veranderde omstandighede nie./bang vir die hantering van nuwe/vreemde situasies
nie. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat kan ꞌn positiewe of negatiewe vooroordeel in die antwoord aanbied.
1.11.1 Dr. Ike Gentleman sê dat aanpasbaarheid by veranderinge ꞌn ingebore
karaktereienskap by mense is, terwyl me. Ngobezi Dwada sê dat (ouer) mense ꞌn
ingeboude weerstand teen verandering het./
Gentleman sê aanpasbaarheid is ingebore, terwyl me. Ngobezi Dwada sê jy moet
voorberei word vir verandering. 1
Die kandidaat bied albei kante van die verskil vir EEN punt aan.
1.11.2 Dr. Gentleman is ꞌn lektor (in Bedryfsielkunde)./baseer sy siening op grond van wat
navorsers/navorsing daaroor bekend gemaak het./ʼn kenner op hierdie gebied. 1
1.11.3 Mense aanvaar dat die lewe verandering/aanpassings gaan meebring. 1
1.12 Nuwe situasies sal nie meer vir ꞌn mens ꞌn bedreiging inhou nie.
Jy sal met jou lewe kan voortgaan, ondanks die uitdagings wat nuwe situasies
meebring.
Jy sal jou reaksies op uitdagings beter kan beheer.
Jy sal die stres van verandering en aanpassing maklik kan hanteer.
Dit dra daartoe by dat jou menswees geslyp word. 2
Jou menswees word ontwikkel.
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.13 Kelners bedien mense.
Mense sit by restauranttafels.
Mense eet.
Die man hou ꞌn spyskaart in sy hand.
Daar is eetgerei/kos op die tafel. 2
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.14 Modelle eet gewoonlik nie baie nie./
Die restaurante sal nie groot verliese ly om modelle gratis te laat eet nie./
Modelle wat daar eet, sal 'n positiewe beeld vir die restaurant skep. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.15 Ja
Die man sê hy is ꞌn model./Hy hoef nie aan die standaardvereistes vir ꞌn model te
voldoen om een te wees nie.
OF
Nee
Die man lyk na ꞌn kansvatter. 1
EN
Ja
Die kelner tree professioneel op./wil net sy werk (om mense te bedien) doen./
Die kelner is skepties dat die slordige man 'n model is.
OF
Nee
Die kelner behoort nie nors/stuurs/afsydig teenoor die klant op te tree nie. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Die man se verwagting en die kelner se houding word onafhanklik geassesseer.
1.16 Dit vestig die leser se aandag op die dramatiese verduideliking wat gaan volg oor
waarom die man homself as ꞌn model sien./
Dit laat die voorafgaande stelling insink./
Tydsverloop waarin hy die kelner van die egtheid van sy woorde wil oortuig./
Bou spanning/afwagting terwyl die man aan ’n idee dink om die kelner te oortuig./
Kelner wil man nie glo nie; dus moes die man ná die ellips uitbrei./
Soek woorde om sy voorkoms te regverdig dat hy 'n gratis maaltyd kan kry. 1
Die antwoord moet binne konteks aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.17 Ja
Die spotprentkunstenaar dink buite die boks om hierdie man as model uit te beeld wat
dan die aanpasbaarheid van die kelner sal uitbeeld.
In die spotprent gebruik die man sy aanpasbaarheidskwosiënt (AK)/om tot sy voordeel
uit die boks te dink sodat hy ꞌn gratis ete kan kry./
In die spotprent dink die restauranteienaar buite die boks om vir modelle 'n gratis ete
aan te bied. 1
ꞌn Nee-antwoord kan nie hier aanvaar word nie.
1.18.1 Nee
Die muis wil nie verander nie; hy verwag dat die man formeel moet lyk, terwyl die
restaurantopset informeel is. 1
Die kandidaat kan nie ꞌn JA-antwoord aanbied nie.
1.18.2 Die man lyk nie deftig genoeg vir ꞌn restaurant nie. 1
TOTAAL: AFDELING A 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in
die teks wat met die vraag ooreenstem.
Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
voorsien nie.
Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
die eerste opsomming nagesien.
Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 wenke (1 punt vir elke wenk)
o 3 punte vir taal
Totaal 10
Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
het nie:
o 1–3 wenke korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 wenke korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 wenke korrek: ken 3 punte toe
Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
o 4–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
o 2–3 direkte aanhalings: ken 2 punte vir taal toe
LET WEL:
Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
MOONTLIKE PARAGRAAF
Jy moet gereeld oefen wat help om jou stresvlakke laag te hou, en jy moet ook elke dag ꞌn lekker
aktiwiteit doen wat jou laat ontspan. Wees versigtig om nie te veel kossoorte te eet wat jou
serotonienvlakke vinnig verhoog en tot stres lei nie. Probeer om nie te veel suiker- en
kaffeïendrankies te drink wat stresvlakke aanhelp nie en sorg verder dat jy kwaliteitslaap inkry.
Jy moet ook gereeld met oggendsonlig in aanraking te kom. Probeer laastens massering as ꞌn
manier om stres te verlig.
[Getal woorde: 86]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
1 Oefen ... gereeld ... A Oefen gereeld om jou stres te verminder.
2 Doen elke dag iets lekker ... B Doen elke dag ꞌn aktiwiteit wat vir jou
aangenaam is om stres te verminder.
3 Eet kossoorte wat jou ... ontspanne sal laat C Eet kossoorte wat jou laat ontspan, eerder
voel. as kossoorte wat jou serotonienvlakke
verhoog.
4 Vermy ... die oormatige inname van hoë D Moenie te veel suiker- en kaffeïendrankies
suiker- en kaffeïendrankies ... drink wat stresvlakke aanhelp nie.
5 Sorg dat jy ꞌn behoorlike nagrus inkry ... E Sorg dat jy kwaliteitslaap inkry omdat dit
stres verlig.
6 Stel jou aan soveel moontlik van die F Stel jou gereeld aan sonlig/sonstrale/
oggendsonlig se UV-strale bloot ... oggendsonlig/UV-strale bloot.
7 Besoek gereeld ꞌn masseur ... G Probeer massering as ꞌn manier om stres te
verlig.
Getal woorde: 69
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy
die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
geassesseer word.
o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
Vir meervoudige keusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die antwoord
wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 dié 1
Dit verander die (bepaalde lid-)woord na 'n (aanwysende) voornaamwoord./
aanwysende woord. 1
3.2.1 Dit trek die leser se aandag./
Dit laat die leser op die advertensie fokus./
Dit laat die leser wonder waaroor die advertensie handel./
Die leser sien die advertensie dadelik raak. 1
3.2.2 Ja.
Dit ondersteun die gevoel dat jy op 'n eiland is./
Dit sluit aan by 'n eilandgees./
Die woorde is in die vorm van 'n golf (wat by die eiland aansluit)./
Dit staan uit tussen die ander teks.
OF
Nee.
Die lettertipe sluit nie by die eilandgees aan nie./
Die woorde staan teen 'n ander agtergrond wat dit onnodig maak om nog 'n keer uit te
hef. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.3 Deur die gebruik van die woorde ''jou''./''self''./
Die leser word direk aangespreek./
Die leser word uitgenooi om self te proe. 1
3.4 Dit is om die eilandlewe as buitengewoon/uniek/met 'n vreemde bekoring te beskryf./
Dit is om die leser weg te voer./te oortuig. 1
3.5 ''lipleklekker''/"ontspan" 1
3.6 C/
die ontspanne atmosfeer van 'n eilandlewe ondersteun./
C die ontspanne atmosfeer van 'n eilandlewe ondersteun. 1
3.7 Die adverteerder hef/sonder die ''fynproewers'' uit asof net hulle Tropika mag drink. 1
Die adverteerder is bevooroordeeld oor die feit dat ''fynproewers'' se lewens vervelig
is./Tropika kikker jou saai lewe op. 1
10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 A/
Onderwerp/
A onderwerp 1
4.2 Die woord ʹʹtjommiesʹʹ skep 'n informele gesprekstoon (wat by skoliere pas)./om by die
geslag van die twee ander karakters te pas./
Aangesien hulle nie vriende is nie, dui die woord op sarkasme. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.3 Die vraagteken dui op die meisie se onbegrip (van die twee seuns se onvanpaste
reaksie/handeling). 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.4 Visueel: Hulle maak nie oogkontak met die meisie nie./
Hulle gesels asof sy nie daar is nie./
Slegs die gesiggie van die meisie word links onder in die hoekie van die raampie
geteken, terwyl die twee seuns se volledige lyfies sentraal in die raampie geplaas is. 1
Verbaal: Hulle gebruik die persoonlike voornaamwoord ʹʹsyʹʹ in plaas van ʹʹjyʹʹ. 1
4.5 Donkergedrukte woorde/Ander skriftipe/Woorde in hoofletters gedruk/ Twee
uitroeptekens 1
Die kandidaat bied enige EEN van bogenoemde antwoorde vir EEN punt aan.
''ek roer''/''moet oppas"/"sommer nou-nou'' 1
4.6 Die man se woorde by die begrafnis was roerend./
Hy het baie roerende bates in sy testament nagelaat. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke sin met ʹʹroerendʹʹ/ʹʹroerendeʹʹ vir EEN punt aan.
4.7.1 In RAAMPIE 2 is die seun selfvoldaan/(leed-)vermakerig/gelukkig/trots/tevrede/in sy
noppies/beïndruk met hom en sy maat, maar in RAAMPIE 5 lyk dit of hy skaam/
moedeloos/in 'n verleentheid is. 1
4.7.2 Hy skaam hom vir sy maat se (ondeurdagte) reaksie./
Hy is moedeloos omdat sy maat se reaksie dalk ʹn bevestiging is van dit wat die meisie
in RAAMPIE 2 dink, (dat hulle reaksie/antwoord ondeurdag is)./
Hy lag oor sy maat se domheid. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 hooftelwoord 1
5.2 Die kinders was bly en verheug oor die reaksie. 1
Ja
Dit bevestig/versterk die kinders se geluk/opgewondenheid oor die reaksie op hul
kunswerke.
OF
Nee
Pleonasme is 'n taalverskynsel wat op lompheid dui. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.3 Dag 1
Ons ry daagliks bus skool toe en terug./Ek werk bedags in die tuin./Ek werk vandag
in die tuin./Ons kom eersdaags kuier. 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan, maar kan nie
daaglikse as antwoord aanbied nie.
5.4 Die organisasie se skryfbehoeftevennoot, Staedler, het die Fimo-kunstenaar, Riaan
Marais, na hierdie sentrum gebring.
Die parentese dui aan na wie die skryfbehoeftevennoot verwys.
OF
Sjoe, en het hierdie kinders van die buurt dit nou geniet! het Mia Sonnekus,
woordvoerder van Staedler, gister gesê.
Die parentese dui aan wie Staedler se woordvoerder is. 2
5.5 i – ni – si – a – tief 1
5.6 Die Bulle het vanjaar ꞌn jong span./
Die span bestaan uit jong deelnemers./
Jong, dis 'n goeie span. 1
Die kandidaat bied ꞌn eie sin aan waar ''jong span'' as twee woorde gebruik word.
5.7 gemeen/gemeenskap en projek 1
Die kandidaat moet beide die stamme vir EEN punt aanbied.
10
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper