Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2021 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202112 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2021, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of  taaljuweeltjies uitdrukkings Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie  Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Die selfoon lui skielik ... In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van wat gebeur het nadat 'n selfoon begin lui het. Indien die kandidaat die gewaarwordinge wat deur sy/haar kop gegaan het toe die selfoon begin lui het, oproep, kan dit as inhoud vir 'n beskrywende opstel dien. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel wonder aan wie die vreemde stem wat gehoor word, behoort, terwyl die kandidaat in 'n argumenterende of beredeneerde opstel argumente aanvoer of beredeneer oor ongevraagde/ontydige oproepe wat 'n mens dikwels ontvang. [50] 1.2 Medisyne vir die siel 'n Verhalende opstel kan handel oor gebeure/handelinge waar mense se vertroosting/raad die siel genees het. As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom daar so baie tipes sielsmedisyne is en hoe dit die mens laat beter voel. Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur situasies wat tot groot vreugde/emosies wat tot genesing van die siel gelei het, te beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor wat alles sal tel as sielsmedisyne. [50] 1.3 Wie wil, kán wen! Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied as hy/sy vertel hoe deursettingsvermoë/selfmotivering die persoon oor spesifieke uitdagings laat seëvier het. As 'n beskrywende opstel kan die inhoud die verskillende emosies beskryf wat iemand beleef wanneer hy/sy hom-/haarself dryf om sukses te behaal. Indien die kandidaat by hierdie onderwerp die algemene waarheid daarvan oorweeg/deurdink of sy/haar emosionele reaksies en gevoelens daaroor weergee, kan so 'n opstel as 'n bespiegelende opstel geassesseer word. In 'n argumenterende opstel sal die kandidaat byvoorbeeld argumente kan aanvoer waarom mense dikwels hierdie onderwerp as 'n motiveringslagspreuk gebruik, terwyl 'n beredeneerde opstel oor hierdie onderwerp teenstellende menings onpartydig sal aanbied waarom mense byvoorbeeld deur sulke slagspreuke gemotiveer word al dan nie. [50] 1.4 Luister net na wat ek sê, asseblief. 'n Kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy iets met opregte bedoelings wil sê, maar ervaar dat hy/sy verkeerd verstaan word. In 'n beskrywende opstel kan verskillende scenario’s aangedui/aangebied word waarin die kandidaat mense se vermoëns om iets suksesvol te sê, beskryf. Indien die kandidaat mymer/bespiegel oor die onvermoë van mense om boodskappe suksesvol oor te dra, kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Redes/argumente waarom mense dikwels verkeerd verstaan word, kan as 'n argumenterende of beredeneerde opstel aangebied word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.5 Soms, in die middel ... In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel hoe hy/sy die kans van 'n leeftyd gekry het om gelukkig te wees. Die kandidaat kan ook 'n beskrywende opstel aanbied waarin hy/sy die emosies van hom-/haarself/iemand beskryf wat 'n feëverhaal beleef (het). Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel bepeins of mense se verwagtinge van feëverhale altyd vervul word. Indien die kandidaat argumente/redenasies aanvoer oor die kanse (al dan nie) dat feëverhale altyd gelukkig sal eindig, behoort dit as 'n argumenterende of beredeneerde opstel geassesseer te word. [50] 1.6 1.6.1 Ketting om voete ꞌn Storie oor iemand wat in ꞌn situasie/omstandighede vasgevang is/beperk word en planne beraam om daaruit te ontsnap/weg te breek kan as stof vir ꞌn verhalende opstel gebruik word. Verskillende benaderings ten opsigte van probleemoplossings kan in ꞌn beskrywende opstel gebruik word, terwyl ꞌn bespiegelende interpretasie van hierdie prikkel oor moontlike uitdagings kan handel wat dit vir iemand/mense moeilik maak om uit benouende omstandighede weg te breek. Enige ander soort opstel moet op meriete beoordeel word. [50] 1.6.2 (Son-)bril 'n Kandidaat kan hierdie prikkel in 'n verhalende opstel gebruik waarin 'n (son-)bril sy lewensverhaal vertel. In 'n beskrywende opstel sou 'n kandidaat moontlik verskillende soorte (son-)brille kon beskryf, terwyl 'n bespiegelende opstel heel moontlik 'n mymering kan wees oor herinneringe van heerlike somervakansies wat met die dra van (son-)brille geassosieer word. Argumente en teenargumente oor (son-)brille as 'n modegier, sal waarskynlik as 'n prikkel vir 'n argumenterende opstel gebruik kan word. 'n Argumenterende of beredeneerde opstel sal byvoorbeeld kon bepaal waarom dit nie altyd voordelig/ wenslik/funksioneel is om 'n (son-)bril te dra of nie te dra nie. 'n Ander moontlikheid is die voordele/nadele wat sonbrille vir blindes/blindheid inhou. Kandidate kan hierdie prikkel letterlik of figuurlik interpreteer. [50] 1.6.3 Rondomtalie ꞌn Letterlike interpretasie kan tot 'n verhalende opstel lei waarin die kandidaat vertel van tye in sy/haar lewe toe rondomtalies/parke 'n belangrike rol gespeel het. Indien die kandidaat hierdie onderwerp figuurlik interpreteer, kan hy/sy rondomtaliedae in sy/haar lewe beskryf en kan dit aanleiding tot 'n beskrywende opstel gee. In 'n besinning oor hoekom mense aangetrokke tot bv. parke voel, kan so 'n opstel tot 'n bespiegelende opstel aanleiding gee. In 'n argumenterende of beredeneerde opstel kan die waarde van parke as inhoud dien. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. [50] SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Die verlede tyd word gewoonlik gebruik. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Hierdie brief word aan 'n vriend/vriendin gerig wat vir sy/haar ouers 'n partytjie vir hulle vyf-en-twintigste huweliksherdenking beplan. Die briefskrywer moet kreatiewe wenke/idees aan die hand doen wat sy/haar vriend sal help om hierdie partytjie onvergeetlik te maak. Die wenke/idees behoort egter die ouderdom van die ouers in ag te neem. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is informeel.  Daar moet 'n adres van die afsender, datum, 'n aanhef, 'n inleiding en 'n gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet kreatiewe wenke insluit oor die wyse waarop 'n vyf-en-twintigste huweliksherdenkingpartytjie onvergeetlik gemaak kan word.  Die styl is logies en volgens 'n spesifieke doel.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, beskrywende taal is nodig.  Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n informele brief voldoen.  Die brief moet informeel afgesluit word, gevolg deur die skrywer se naam. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTE Hierdie formele brief word aan die bestuurder van BB-Vervaardigers gerig waarin die briefskrywer kla oor die swak gehalte van die T-hemde wat hy/sy vir die graad 12- groep bestel het. Die inhoud van die brief behoort spesifiek uit te brei op die rede waarom die briefskrywer oor die swak gehalte kla. Die briefskrywer moet ook uitstippel hoe hy/sy wil hê dat hierdie saak reggestel kan word. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel  Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die swak kwaliteit van die materiaal/drukwerk/ander gepaste aspekte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Die briefinhoud moet ook 'n voorstel aan die hand doen oor die manier waarop hierdie saak bevredigend reggestel kan word.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf word.  Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief voldoen.  Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. Die uwe/Vriendelike groete P. van Zyl P. van Zyl [25] 2.3 HULDEBLYK Die skrywer bring hulde aan 'n klasmaat tydens 'n roudiens. Hou die volgende in gedagte:  Die persoon se naam en van, adres en ouderdom asook die naam van die skool behoort genoem te word.  Prestasies, hoogtepunte uit die klasmaat se lewe en sy/haar gemeenskaps- betrokkenheid kan ingesluit word.  Die fokus behoort te wees op dit wat die klasmaat vir die skrywer/almal/die skool beteken het.  Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te word.  Die huldeblyk moet waarderend wees.  Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.  Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. [25] 2.4 KOERANTBERIG Die berig fokus op die wanorde wat tydens 'n prysuitdeling ontstaan het toe skelms chaos veroorsaak het. Hou die volgende in gedagte:  Feite moet bondig en akkuraat wees.  Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser se aandag te verloor; som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.  Gebruik die titel wat gegee is. Subtitels kan ook gegee word.  Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.5 DIALOOG Die dialoog word met 'n vriend/vriendin gevoer en fokus op die waarskuwing dat vals berigte gevaarlike gevolge kan hê. Hou die volgende in gedagte:  Twee mense voer die gesprek.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.  Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.  Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.  'n Scenario (kan), voordat die dialoog begin, gegee word. [25] 2.6 TYDSKRIFARTIKEL Die kandidaat skryf 'n artikel oor die voor- en nadele van Valentynsdag. Hou die volgende in gedagte:  Inligting oor Valentynsdag moet genoem word.  Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.  Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.  Aanhalings kan gebruik word.  Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.  Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.  'n Subtitel kan ook gegee word.  Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.  Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25] GROOTTOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUIT VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUIT VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, styl, register -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas woordeskat minder -Toon, register, styl Toon, register, styl en gepas vir doel, gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor en woordeskat nie woordeskat is geskik gehoor en konteks gehoor en konteks konteks en konteks nie gepas vir doel, Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie gehoor en konteks konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, treffend en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon -Opstel maak nog -Opstel maak nog sin -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik variasie effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUIT VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all