Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202133 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2021 NSS 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2021 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "oupa Thomas Daniel Opstelvraag 10 6 Granfield" 2. "Versagtende omstandighede" Kontekstuele vraag 10 8 3. "Wie's Hy?" Kontekstuele vraag 10 10 4. "Die sagte sprong" Kontekstuele vraag 10 11 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "sondagmiddag ná ete" Kontekstuele vraag 10 12 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 14 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 14 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 18 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 18 10. Vatmaar Opstelvraag 25 21 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 21 12. Onderwêreld Opstelvraag 25 24 13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 24 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 27 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 27 16. Mis Opstelvraag 25 31 17. Mis Kontekstuele vraag 25 31 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2021 NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer 1 dit is vandag my oupa Thomas 2 se verjaardag 3 dit sou gewees 4 het 5 hy is dood 6 toe ek in matriek was 7 dit is al wat ek regtig van 8 matriek kan onthou 9 die oggend toe die telefoon lui 10 het my ma nie kom sê nie 11 sy en my pa het opgestaan 12 en is weg hospitaal toe 13 al die grootmense my oupa se kinders en hulle 14 mans en vroue is hospitaal toe 15 ek wou saamgaan 16 ek wou net my oupa 17 belowe dat ek okay sou wees 18 dat ek eendag 'n boek gaan skryf 19 en hom nooit sal vergeet nie en 20 dat ek die liefste vir hom was 21 my ma het 'n paar uur later 22 gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak 23 sy het niks gesê van my oupa nie 24 haar woorde het soos vlermuise om my gevlieg 25 en ek het gewag vir iets 26 vir Pappa is dood 27 of dis verby of hy's oorlede 28 maar sy't aanhou praat oor kos 29 toe ek haar uiteindelik stop en vra 30 het die vlermuise aanhou vlieg 31 "ja, vroeg vi-oggend" Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2021 NSS 2 32 die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie 33 maar 34 dat die aarde aanhou draai het 35 dat ek aanhou leef het 36 dat alles wat verkeerd was nog steeds verkeerd is 37 dat ek kon slaap en wakker word 38 matriek slaag en aan 'n toekoms dink 39 die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat 40 ek moes doen 41 en al wat ek regtig wou doen was om te huil 42 ek wou dae aaneen huil 43 ek wou sy leeftyd uithuil 44 ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees 45 ek wou huil oor die onregverdigheid 46 en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my 47 en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my [Bron: grond/Santekraam, 2011] In die gedig word herhaling en wisselende strofelengtes ingespan om die spreker se emosies oor te dra. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Versagtende omstandighede – Peter Snyders 1 Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik 2 innie hiemel, 3 maa Here, vergiewe, 4 die hiemel issie my soort liewe, 5 ek hou van sing en harpmusiek 6 maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg. 7 En Here, dit sal hel vi my wies 8 om met niks-doen myself elke dag te vervies; 9 en sover dit die goudstrate 10 en pearly-gates betref, 11 wat baat dit? 12 Klip en teer is veels meer werd. 13 Maa Here, hou my baas asseblief tog daa 14 want waa hy nie kan exploit nie 15 is hy tog te naar; 16 en hou hom dop want sonner om te aarsel 17 sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel. 18 Ja, Here, ekket my foutjies oek 19 en waar amil perfek is 20 sal ek heeldag vloek, 21 want volle perfection en contentment 22 sal my torture tot binne-in my fonnement. 23 En dan boenop hoor ek 24 seks is yt – 25 soe stuur my aire hel toe 26 of waar ek my talent kan gebryk. 27 En as ek te goed is 28 om gebraai te word 29 laat my liewerste trug kom, Lord 30 as kunstenaar na 'n land 31 in 'n historiese tyd – 32 soes Suid-Afrika, 33 waar ek kan teer 34 op 'n tesamebeleid. 35 En tussen die revolutions 36 (hou my aanie underdog se kant) 37 sorg dat ek by Florrie 38 (vroeër mevrou Soetwater) 39 voorit te laat is, beland. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2021 NSS 40 Laat my dan liewer hier 41 oppie aarde Iy 42 as om vir iewag in u 43 grafstienhiemel te bly. [Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992] 2.1 Waarna verwys die gedigtitel? (1) 2.2 Wat word met die gebruik van die "Oe" in versreël 1 bereik? (1) 2.3 Wat is die funksie van die vraag in versreël 11? (1) 2.4 Benoem die stylfiguur wat in versreël 18 voorkom en sê wat deur die gebruik van "foutjies" geïmpliseer word. (2) 2.5 Watter stemming heers in versreëls 23 tot 29? Gee EEN bewys uit dié versreëls om jou antwoord te motiveer. (2) 2.6 Herlees versreëls 40 tot 43. 2.6.1 Wat word 'n vierreëlige strofe genoem? (1) 2.6.2 Stem jy saam dat hierdie versreëls die gedig op 'n ironiese wyse afsluit? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Wie's Hy? – Adam Small 1 Die poet, 2 wie's hy? 3 Djulle het so baie bek oorie poet, 4 ma wié's hy? 5 Is hy rêrag soes djulle dink 6 die ou moerie pen ennie ink 7 wat in sy study sit en poems dink? 8 Nai, 9 djulle's mistaken, 10 nie hy nie 11 ma djúlle is die poets, 12 djulle wat inni straat in loep 13 ennie gladde bek verkoep 14 ma die dinge sien 15 en soema net daa God tien hulle roep! [Bron: Sê Sjibbolet, 1963] 3.1 Waarom word die titel twee keer in die gedig herhaal? (1) 3.2 Die gedig word inhoudelik én tipografies verdeel. Motiveer die stelling deur na albei aspekte te verwys. (2) 3.3 Wat word bereik met die gebruik van Kaapse Afrikaans? (1) 3.4 Identifiseer die sinekdogee in versreël 13 en dui aan of dit hier 'n geslaagde stylfiguur is. Motiveer jou antwoord. (2) 3.5 Herlees versreëls 11 tot 15. 3.5.1 Watter TWEE boodskappe dra die spreker oor om die algemene indruk oor digters verkeerd te bewys? (2) 3.5.2 Gee die spreker vir die "poet” 'n verantwoordelikheid volgens versreëls 13 tot 15? Motiveer jou antwoord. (1) 3.6 Word die woorde in versreël 8 en 9 in versreëls 11 tot 15 gemotiveer? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Die sagte sprong – Sheila Cussons 1 Dit kom wanneer dit nie verwag 2 word nie: 'n aanraking van die verstand 3 lig soos 'n veer, vlugtig maar presies 4 en jy dink as sy ligtheid so is, so potent 5 dat die aandag nog lank daarna 6 die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees? 7 : Dit kom wanneer dit nie verwag 8 word nie: iets wat die bewussyn tot 9 in die lewe tref, iets soos 'n sagte sprong – 10 vreugde, verbasing, vreugde, herkenning: 11 hoe moet u vasvat wees? [Bron: Die sagte sprong, 1979] 4.1 Vervang die (eerste) "Dit" in versreël 1 met vier opeenvolgende woorde uit versreëls 1 tot 3. (1) 4.2 Is die gebruik van die leestekens in versreël 7 en 8 funksioneel? Motiveer jou antwoord met 'n rede vir elke reël se leesteken. (2) 4.3 Die gedig bevat inhoudelik kontraste en ooreenkomste. 4.3.1 Versreëls 1 tot 6 kontrasteer inhoudelik met versreëls 7 tot 11. Motiveer die stelling met TWEE redes. (2) 4.3.2 Die vergelykings wat in versreëls 1 tot 6 en versreëls 7 tot 11 gebruik word, hef 'n ooreenstemmende eienskap uit. Noem dié eienskap. (1) 4.4 Waarom eindig die gedig met 'n vraag? (1) 4.5 Wie is die aangesprokene in versreël 11? (1) 4.6 Benoem die beeldspraak in die titel en dui aan waarna die spreker met dié beeld in die gedig verwys. (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2021 NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. sondagmiddag ná ete* – Pieter Odendaal 1 binne slaap die ouers en iemand kyk tv 2 swaels soek skuiling teen die wind 3 hulle kompasse ken die strome 4 ook die weerdiens het buie voorspel 5 twee oorskiet-tjoppies, 'n laaste skep slaai 6 en die borde val grond toe 7 messe en vurke klater 8 die tafeldoek waai weg 9 ons labrador rek sy neusgate 10 en grom onseker vir die wolke 11 wat grys getrein aanstorm 12 maar ons slaap ongeërg 13 want die werf is klein en afgekamp 14 en ons het 'n swembad 15 net die hond en die digter 16 bly onrustig boontoe kyk * In dié gedig wys die spreker op die mens se disrespek vir en losgemaaktheid van die natuurelemente wat hom/haar aan die lewe hou. [Bron: Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, 2018] 5.1 Hoe weet jy dat die titel nie op 'n spesifieke "sondagmiddag" dui nie? (1) 5.2 Benoem die halfrym/klankeffek in versreël 2 en gee die funksie daarvan in hierdie spesifieke versreël. (2) 5.3 Herlees versreëls 9 tot 11. 5.3.1 Benoem die stylfiguur in versreël 10. (1) 5.3.2 Watter beeldspraak kom voor in "... die wolke wat grys getrein aanstorm"? (1) 5.3.3 Dink jy die beeld wat in versreël 10 en 11 gebruik word, is geslaagd? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2021 NSS 5.4 Haal die versreël uit versreëls 9 tot 16 aan waarmee die spreker die rede vir die mens se belangeloosheid by die reën gee. (1) 5.5 Herlees versreël 15 en 16. 5.5.1 Wat word 'n tweereëlige strofe (versreël 15 en 16) genoem? (1) 5.5.2 Pas die bou en die inhoud van dié versreëls by mekaar? Motiveer jou antwoord. (1) 5.6 Watter boodskap dra die spreker met hierdie gedig aan jou oor? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Eers wanneer Iris vrede met haar naam maak, assosieer sy met die kwart-voor-sewe- lelie. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A Hy het ons hande gelig tot ongeveer een sentimeter van sy lippe en "Enchante" geprewel. Ek kon Ma se knieë hoor swik en ek self het besef Eduard was meer as net 'n fiktiewe maaksel. Pa het min gesê, maar sy stilte was nie vyandig nie. Johanna het klong uit haar woordeskat geskrap. Ek dink Ma en Claude het so goed klaargekom omdat hulle 'n eenderse uitkyk op 5 die lewe gehad het. Sy was geen Pollyanna nie; sy het nie blindelings en teen alle bewyse in geglo dat die wêreld 'n goeie plek is en mense almal edel van inbors nie; dit was bloot dat sy die lewe vir haarself vereenvoudig het. Wat sy nie kon begryp of verander nie, het nie bestaan nie. Moordenaars en psigopate was oor dieselfde kam geskeer as verspotte wette en regulasies en het in die wêreld, soos sy dit ervaar het, 10 geen bestaansreg gehad nie. Toe ek nog op skool was, het Pa een wintervakansie gaan jag en was ons alleen. Ma het in die middel van die nag wakker geword van 'n geluid in die sitkamer en toe sy daar kom, was 'n inbreker besig om die platespeler te diskonnekteer. "Nee, nee," het sy gesê. "As jy dit doen, sal dit nie meer speel nie. My dogters sal 15 baie omgekrap wees." Onder haar besorgde oë het hy die drade teruggesit waar dit moes wees, sy leë tas opgetel en geloop. Ma en die stertkwispelende Polder, toe nog 'n jong hond, het saamgestap en die hekkie agter hom toegemaak. 7.1 Gee 'n rede waarom Claude se andersheid binne die Suid-Afrikaanse milieu 'n probleem kan veroorsaak. (1) 7.2 Wat impliseer Iris met die onderstreepte woorde in reël 2 en 3? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2021 NSS 7.3 Kara het 'n verhouding met Claude. 7.3.1 Watter rede voer Elsa aan waarom sy Kara en Claude se verhouding nie goedkeur nie? (1) 7.3.2 Is Elsa se siening van Kara en Claude se verhouding onnodig negatief? Motiveer jou antwoord. (1) 7.3.3 Dink jy Elsa se uitspraak oor Kara en Claude se verhouding is ironies? Motiveer jou antwoord. (1) 7.4 Watter ander karaktereienskap van Pa, 'n introvert, kan jy aflei uit die feit dat hy min praat? Gee 'n voorbeeld uit die roman wat bewys dat hy, ná sy aftrede, aan hierdie karaktereienskap getrou bly. (2) 7.5 Wat doen Johanna wat haar meerderwaardigheid teenoor Claude aandui? Waarop dui haar latere versoek dat Ma vir haar 'n Franse kookboek moet koop? (2) 7.6 Johanna is deel van Iris en haar gesin se lewe. 7.6.1 Watter rol speel Johanna in Iris se lewe? (1) 7.6.2 Sou dit 'n invloed op die afloop van die roman hê indien Johanna nie in Iris se lewe betrokke was nie? Motiveer jou antwoord. (1) 7.7 Herlees reëls 15 tot 18. 7.7.1 Watter stemming heers in hierdie reëls? (1) 7.7.2 Noem nog DRIE geleenthede waar Ma se optrede tot dieselfde stemming bydra. (3) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2021 NSS TEKS B "En nou?" het Joe gevra. "Nou groet ons." Joe het sy skouers opgehaal. "Waar kan ek jou kontak?" Ek het die naam van my hotel genoem en in die verte gestaar sodat hy kon sien ek is klaar gesels. Met 'n effense buiging het hy toegegee, rats oor die reling gespring en weggeloop tussen 5 die voetgangers. "Dit moes jy nie gedoen het nie," het die man langs my deur 'n mond vol kos gesê. "Wat moes ek nie gedoen het nie?" "Jou adres gegee het." Ek het verlangend na die halfgeëte hamburger in sy hand gekyk. "Waar het jy dit 10 gekry?" Hy het sy kop geknik in die rigting van 'n karretjie wat in 'n stoomwolk gehul onder 'n blou en rooi sambreel gestaan het. Ek het geld uit my handsak gehaal en wou net opstaan toe hy dit by my vat. "Dieselfde?" het hy gevra en sy eie broodjie in die lug gehou. 15 "Asseblief." Toe ons weer langs mekaar sit, het hy met die agterkant van sy hand oor sy mond gevee en na my gekyk. "Ken jy hom?" het hy verbaas gevra. Ek het my storie vertel. "En jy was dan so bang om vermoor te word?" het hy gesê. 20 "En dan foeter jy saam met die eerste die beste man wat jou optel. Waar is jou kêrel?" "Vasgevang in die sneeu. En ek moes stewels kry," het ek myself verweer. "En die foto's? Wat gaan hy met die foto's maak?" Ek het gesug. "Ek weet nie." 25 7.8 Iris ontmoet vir Joe in New York. 7.8.1 Uit watter verleentheid red Joe vir Iris tydens hulle eerste ontmoeting? (1) 7.8.2 Watter rol speel Joe as newekarakter in die roman? (1) 7.9 Iris ontwikkel in New York 'n besondere verhouding met die taxibestuurder, Billy. 7.9.1 Wat erken Iris ten opsigte van haar lewensuitkyk teenoor Billy? (1) 7.9.2 Tree Billy as vreemdeling positief teenoor Iris op? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 7.10 Waarom is die onderstreepte woorde van Billy (reël 21) ten opsigte van Iris en Peter se verhouding waar? (1) 7.11 Waarom is Iris se huwelik met die "kêrel" (reël 22) 'n antiklimaks? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2021 NSS 7.12 Herlees TEKS A reëls 15 tot 18 en TEKS B reëls 17 tot 19. 7.12.1 Watter ooreenstemmende karaktereienskap toon Ma en Iris? (1) 7.12.2 Noem TWEE geleenthede uit die roman wat hierdie karaktereienskap by Iris bewys. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2021 NSS MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG In Manaka, Plek van die horings, inspireer Dennis Chipman – die oupagrootjie – baie van Baas se aksies sedert sy kinderjare. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C "Laat my toe om in my eie taal duidelik vir jou te sê hoe ek voel: Loop. En bly asseblief van my af weg." Meneer Johnnie bêre die dryfas onder die seil waar die bootmateriaal is. Hy vra of daar nog iets is wat hy kan doen. Baas verwilder hom. 5 Grace se vingers vleg vinniger. "Die man wat nou hier voor my staan en praat, is 'n ander man," sê sy toe die klein mannetjie met sy skouer teen die reën van Manaka af weg loop. "As jy nie weet wie jy kan slegsê en wie nie, sal jy nie jou pontboot klaarmaak nie. Ook nie die werk waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie." "Ek is nie hiernatoe gestuur nie. Ek is op my eie hier. Hou nou op met hierdie 10 deuntjie en sê my: Watter belang het jy by my? Wat wil jy van my hê?" "Ek wil jou help. Jy het my lewe gered." "Moenie dink ek is ondankbaar ná alles wat jy vir my gedoen het nie. Maar ek sal dit waardeer as jy nie verder vir my wys jy is dankbaar dat ek jou lewe gered het nie." "Dit kan miskien 'n week wees, dan is jou gedagtes weer net so sterk soos toe jy 15 teen die siekte baklei en gewen het. As jy nie die saak met meneer Mosko en met die khuta regmaak nie, sal dit 'n moeilikheid wees wat by jou sal bly wanneer jy al lankal gesond is." "Ek sal my eie probleme oplos, dankie." 9.1 Wat is Grace besig om te vleg (reël 6) en waarom vleg sy dit? (2) 9.2 Dink jy dit is reg dat Baas sy woede op Grace uithaal? Motiveer jou antwoord. (1) 9.3 Watter ander persoon het herhaaldelik aan Baas genoem dat hy met 'n doel Manaka toe gestuur is? (1) 9.4 Noem DRIE waardevolle feite oor die Lozi-tradisies wat Baas en die sendelingpaar op Manaka leer. (3) 9.5 By watter tema van die roman sluit Baas se onderstreepte woorde in reël 10 aan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2021 NSS 9.6 Herlees reël 12. 9.6.1 Waarom sê Grace hierdie woorde vir Baas? (1) 9.6.2 Het Grace tot in hierdie stadium op Manaka haar dankbaarheid op 'n sinvolle manier teenoor Baas bewys? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 9.7 Reëls 16 tot 18 verwys na die khuta. 9.7.1 Hoekom veroorsaak die khuta dat Baas by sy volgende ontmoeting met hulle besluit om Manaka te verlaat? (1) 9.7.2 Watter invloed het dié besluit van Baas (VRAAG 9.7.1) op die onmiddellike toekoms van die sendingstasie op Manaka? (1) 9.8 Herlees Baas se woorde in reël 19. 9.8.1 Watter TWEE karaktertrekke van Baas kan jy uit sy woorde aflei? (2) 9.8.2 Hoekom is hierdie woorde van Baas ironies? (1) EN TEKS D "Bolena!" sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. "Le a tshwenya!" "Wat sê jy?" vra ouma Essie verontwaardig. "Julle! Julle pla!" vertaal Baas. "Dis nie nodig om vir my te sê wat jy gesê het nie! Dis nie ons wat jou pla nie. Ke Modimo, lesogana. Dit is die Here, jongman," sê sy in die taal van haar kinderjare. 5 Baas onthou die dag onder die worsboom, ná die vergadering met die sendelinge, toe dit gelyk het of ouma Essie se kierie nie sterk genoeg is nie en hy haar opgehelp het. Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee om te droom, het sy daardie dag gesê. Ouma Essie stuur Grace om Griesel en meneer Johnnie te gaan roep. Baas sit die 10 vasmaaktoue vir die kerk se balke op die Land Rover. Die honde loop druipstert terug na hulle koelteplekke toe. Hulle weet hulle gaan nie saam nie. Met die vat van die winter leer Baas en ouma Essie vir Grace biltong maak. Die blouwildebeestroppe wat noordwaarts trek vir hulle jaarlike migrasie op die vloedvlaktes van Liuwa, word meer. Tussen die hoekbakens kom ook die koppe van 'n 15 swartwitpens, 'n bastergemsbok, 'n waterbok en 'n koedoebul met 'n volle twee en 'n halwe draai in sy wye horings. Wanneer die tyd vir jag min is, karwei Grace vir Baas met haar mukolo oor die rivier waar die rietboktroppe langs die inhamme en systrome loop. Die vleis word stuk-stuk oor die stiller water geroei. 20 9.9 Waarmee is Baas besig toe ouma Essie hom kom pla? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2021 NSS 9.10 In watter TWEE opsigte is die worsboom (reël 6) vir Baas 'n skakel met sy oupagrootjie? (2) 9.11 Sou dit die verloop van die roman beïnvloed as ouma Essie (reëls 6 tot 9) nie by Baas betrokke geraak het nie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 9.12 Herlees TEKS C reëls 13 en 14 en TEKS D reëls 18 tot 20. 9.12.1 Watter karakterontwikkeling vind by Baas plaas vanaf TEKS C tot TEKS D? Noem TWEE aspekte. (2) 9.12.2 Om watter TWEE redes vind hierdie karakterontwikkeling plaas? (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2021 NSS VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Omdat Sus Bet, Oom Chai en Kenneth Kleinhans omgeemense is, verbeter hulle die lewe van die Vatmaar-inwoners. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Om 'n lang storie kort te maak: Oom Chai het teruggekom Vatmaar toe met 'n pragtige meisie, Bettie, en 'n babaseun van agtien maande. Bettie was kort en nie dik nie. Sy het die lyf van 'n jong meisie gehad, wat sy ook was. Sy het 'n meisiestem, swart hare en bruin oë gehad, en 'n gesig vol fyn sproetjies. Later het ons gehoor die kind se pa is een van Oom Steven se seuns, 'n getroude 5 man met kinders. Bettie was 'n weeskind en sy het vir die vrou in die kombuis gewerk. Ons het nooit geweet wat gebeur het en hoe dit gebeur het nie. Oom Chai het glo net die baba opgetel en die kind het van hom gehou, 'n ding wat hom nog nooit vantevore oorgekom het nie. Omdat hy nie 'n erfgenaam gehad het nie, het Oom Chai se mense geweet hy is 'n welaf oujongkêrel van Vatmaar. Hulle het bymekaargekom 10 om die onaangenaamheid in die familie te bespreek, en na hulle hom 'n gat in die kop gepraat het, het hy ingestem om Bettie en die babaseun saam met hom terug te vat. Toe hulle vir Bettie sê die oujongkêrel is welaf en hy wil haar met hom saamvat om 'n vader vir die babaseun te wees, het sy ja gesê: Ja, maar hy moet eers met my trou. En sy wou ook nie in die kerk trou nie maar met 'n spesiale lisensie voor die 15 magistraat, sodat sy die mense op Vatmaar die papier kon laat sien wat sê sy is oupa se wettige vrou. 11.1 Met watter spesifieke doel gaan Oom Chai Vrystaat toe? (1) 11.2 Gee TWEE redes waarom die huwelik met Bettie vir Oom Chai 'n antiklimaks is. (2) 11.3 Noem DRIE faktore wat daartoe bydra dat Oom Chai se verjaardag so feestelik is. (3) 11.4 In reëls 7 tot 9 blyk dit dat Oom Chai 'n slag met kinders het. 11.4.1 Hoe lewer Oom Chai 'n positiewe bydrae tot die vestiging van Afrikaans? (1) 11.4.2 Lewer Oom Chai 'n bydrae tot die opvoeding van die kinders van Vatmaar? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2021 NSS 11.5 Herlees die onderstreepte sinsdeel in reël 11 en 12. 11.5.1 By watter tema van die roman sluit die onderstreepte sinsdeel aan? Noem nog TWEE temas in die roman wat op Oom Chai betrekking het. (3) 11.5.2 Dink jy Oom Chai se rede vir die huwelik is opreg? Motiveer jou antwoord. (1) 11.6 Gee TWEE redes waarom Oom Chai ryker as die ander Vatmaar- inwoners is. (2) EN TEKS F Die jong mense het 'n nuwe paaitjie verby Oom Chai se agterdeur na die halfway- house toe uitgetrap. Met die verbygaan het hulle stadiger geloop om te kyk of hulle Bettie kan sien of om haar te groet en 'n paar woorde te praat. Na 'n ruk het die bicycle-ryers ook dié kortpaaitjie gebruik en Oom Chai het snags pendorings in die middel van die paaitjie geplant om hulle wiele te puncture. 5 Sy grootste fout was om 'n gramophone te koop, want daarna was die voorkamer al voor sononder vol jong mense. Hulle het daarvan gehou om met Job, die kleintjie, te speel, en partykeer het hulle vir Bettie gesê hy lyk nes Oom Chai – wat waar was, want dieselfde bloed het in hulle se are gevloei. Oom Chai wou altyd 'n gentleman wees. Hy het die deur vir Bettie oopgehou. As 10 die tee ingebring is, het hy haar koppie eerste van die skinkbord getel en vir haar gegee. Maar wat sy nie kon verdra nie, was dat as sy op 'n stoel gesit het en daar was jong manne in die buurt, hy haar roksoom afgetrek het asof hy nie wou hê hulle moet haar knieë sien nie. As hy dan weg was, het die kêrels met hulle oë vir haar gewys sy moet die rok weer opskuif. 15 Dit was nie lank voor Oom Chai nie meer die laat nagte kon vat nie. Want sy lyf was nou eenmaal 'n ou lyf, en hy wou elke dans met sy vrou dans. Hy het nie daarvan gehou dat die seuns met haar dans nie. 11.7 Watter skinderstorie oor Oom Chai se voorkoms hou verband met sy liefde vir Bettie se kind, Job? (1) 11.8 Hoe word die leser se siening van Oom Chai deur die onderstreepte sindeel in reël 4 en 5 beïnvloed? (1) 11.9 Hoekom is Bettie se reaksie op Oom Chai se gentleman-maniere (reël 10) ironies? (1) 11.10 Hoe dra Boitjie, een van Vatmaar se inwoners, by tot innerlike en uiterlike konflik by Oom Chai? (2) 11.11 Sou dit 'n verskil aan die afloop van Oom Chai en Bettie se huwelik gemaak het indien Oom Chai nie die gramophone gekoop het nie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2021 NSS 11.12 Herlees TEKS E reël 13 en 14 en TEKS F reël 10 en 11. 11.12.1 Tot watter TWEE insigte kom Oom Chai oor sy verhouding met Bettie? (2) 11.12.2 Hoe dra Bettie daartoe by dat Oom Chai van sy vriende vervreemd raak? (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2021 NSS ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Die titel, Onderwêreld, is op verskillende aspekte van Greg se matriekjaar van toepassing. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde deur na Greg te verwys. [25] VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G "Nicksie, ek moet nou gaan," keer ek haar in die middel van 'n sin. "VRL-vergadering." Vreemd hoe die leuens nou so maklik kom. Ek sit in my kamer. Kyk net na die muur oorkant my asof dit die antwoord hou vir die gemors waarin ek myself laat beland het. Die polisie het toe niks in die stormwaterpype gekry nie. Nie waarvan ek weet nie, 5 altans. As daar iets was, sou die storie al in die koshuisgange rondgeloop het. 'n Klop aan die deur. Kwanele. "Kwanele, ek kan nie nou nie." "Just give me a moment." Hy staan vas in die deur. "Kom in," sug ek. 10 "There are lots of rumours going around." Hy haal diep asem. Sy gesig ernstig. "I don't know what is true and what is not. And I know we haven't been getting along. But if you need any help – anything – you've got my support. That's what we promised each other when we were Trappers. I keep my promises. Always. Okay?" Ek knik. "Thank you, Kwanele. I appreciate it. Really." Ek voel soos 'n weggooihond 15 toe hy loop. Ek is vrek bang, maar ek weet ek moet die een of ander tyd huis toe bel. Ek sit seker 'n halfuur lank met my selfoon in my hand, my ma se nommer op die skerm, maar ek druk nie die groen knoppie om die konneksie te maak nie. My hand bewe. My hart ook. Ek wil my ma nie teleurstel nie. Sy het soveel hoop vir my; 'n anderste hoop as my pa. 20 13.1 Herlees reël 3 en 4. 13.1.1 Watter "gemors" in Greg se matriekjaar veroorsaak dat hy vir die eerste keer 'n wiskundetoets druip? (1) 13.1.2 Is Greg reg as hy voel hy het homself in die "gemors" laat beland? Motiveer jou antwoord. (1) 13.1.3 Watter moontlike gevolg hou hierdie "gemors" vir Greg se pa in? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2021 NSS 13.2 Herlees reël 5. 13.2.1 Waarom is die stormwaterpype/waterafvoerpype belangrik vir die behoud van Lawson Kollege se tradisie? (1) 13.2.2 Hoe dra die stormwaterpype/waterafvoerpype tot Eckardt se verdwyning by? (1) 13.3 Watter rol speel die newekarakter, Kwanele, in reëls 7 tot 10? (1) 13.4 Watter DRIE karaktereienskappe van Kwanele kan jy uit sy woorde aan Greg in reëls 9 tot 14 aflei? (3) 13.5 Herlees reël 20. 13.5.1 Watter verskillende verwagtinge het Greg se ma en sy pa onderskeidelik vir hom? (2) 13.5.2 Op watter TWEE maniere beïnvloed die omstandighede in die ouerhuis mev. Owen se verwagting van Greg? (2) 13.6 Watter DRIE feite deel Greg met sy ma as hy haar uiteindelik skakel? (3) 13.7 Sou dit die afloop van die roman beïnvloed indien Greg vir sy ma in hierdie stadium al die inligting oor Dok Pienaar vertel het? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS H Dit is die wêreld waarin ons nou leef – en sterf. Mense dink dit is net politici wat nie hul hande van geld kan afhou nie. Dat mense net met gewere en geweld vermoor word. Maar agter die blink glasmure van party maatskappye skuil die skimme van die white collar crime. "Ek moet jou pa bel," sê Ma aan die etenstafel. Sag. Haar skouers bewe, sak 5 vorentoe. Ek weet hy gaan haar verkwalik as sy dit nie doen nie. Hoe jammer kry ek haar nie, om staande te probeer bly teen Pa se woorde. Sy het haar oudste seun verloor, maar sy bly op haar voete. Sy hou haar ken hoog as sy tussen mense kom. Hulle weet nie hoe naby haar pyn nog lê nie. Maar ék weet. Ek sien hoe sy eintlik regtig huil, skuldig voel, as sy voorgee sy lag. Ek kan nie anders as om te wonder wat sy 10 maak met daardie seer as niemand kyk nie. "Dis oukei," sê ek. "Bel hom." Pa moet tog ook hiervan weet. Dis onregverdig om die ding langer alleen op my ma te pak en te verwag sy moet dit óók dra. Daardie aand, alleen in my kamer, bel ek vir Nicole. "Nicksie, ek is lief vir jou," sê ek. En toe vertel ek ook die res. 15 Die volgende oggend aan die ontbyttafel lyk my ma rustiger. Sy vat my hand. Druk dit, glimlag. Ek voel ook beter omdat ek weet dinge is nou nie meer in mý hande nie. 13.8 In watter ruimte bevind Greg en sy ma hulle in TEKS H? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2021 NSS 13.9 Herlees reëls 1 tot 4. 13.9.1 Dink jy 'n mens kan, na aanleiding van hierdie reëls, vir Greg daarvan beskuldig dat hy onnodig negatief oor die wêreld is? Motiveer jou antwoord. (1) 13.9.2 By watter tema sluit hierdie reëls aan? (1) 13.10 Watter TWEE maatskappye word in reël 3 geïmpliseer? (2) 13.11 Herlees reël 17. Stem jy saam dat hierdie gevoel van verligting wat Greg ervaar, ironies is? Motiveer jou antwoord. (1) 13.12 Herlees TEKS G reël 2 en TEKS H reël 15. 13.12.1 Greg vertel sy leuens in TEKS G "maklik". Watter waarheid oor Dok Pienaar vertel hy, volgens jou, hier (TEKS H reël 15) vir Nicole? (1) 13.12.2 Sluit dié waarheid (VRAAG 13.12.1) by die skool se leuse aan? Motiveer jou antwoord. (1) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2021 NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Mister Cavernelis, Map Jacobs en Willy la Guma reageer verskillend op die omstandighede wat in die township heers. Bespreek elkeen se handelinge/reaksies in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I TWEE: O! (Dan aan EEN.) 'Is die Star of the Redemption! Hulle practise al vir Krismis! Dan loep hulle mos! EEN: Star of the wát?! DRIE: Redemption, man! 'N ANDER: Star of the Redemption ... 5 EEN: O! Maar hulle practise darem vroeg al vi'jaar! DRIE: Well, Oompie Paulsen wil hê al die koppe moet hulle kant toe kom vi'jaar ... STEM: Seker so ... Die orkes speel. Die mense praat. 10 Die lig verander. Blanchie verskyn, mooi aangetrek, op pad uit. Ons sien vir Maud by 'n venster bo, van waar sy na onder loer. TOMMY: Hello, Blanchie. BLANCHIE: (traag om hom te groet): O, hello, Tommy ... TOMMY: Ek sê, Blanchie, jy moet maar yt-watch, jong. 15 Sy antwoord hom nie, stap verby. Die orkes stem instrumente op die agtergrond. Die kerrimspelers giggel en raak moveerderig met Blanchie wat straataf beweeg. TOMMY: Sorry, Blanchie, ek't dit nie so ge-bedoel nie, man ... CYRIL: Stýle, nè, sy't darem stýle, sê'k nie! 20 RICHIE: Lekke'! Blanchie verdwyn. CYRIL: Have a nice time! ... Hulle speel. CYRIL: Seker weer op pad wêk toe! ... 25 Speel. CYRIL: Wêk toe! Sê'k nie! Lonely hearts! Massage parlour! Fancy names! RICHIE: Okay, man ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2021 NSS TOMMY: Hoe mien julle? CYRIL: Jy wiet mos, man, hoe act jy so of jy ignorant is? 30 TOMMY: Nei, hoe mien jy? CYRIL: Okay, hoe kom jy dan nou so vir haar op? Hè? Stilte. CYRIL: Omdat Map Jacobs nou ytkom en ammal moet nou beginne cover-up!? TOMMY: Moet nou nie mean wies nie, man ... 'is nie onse biesagheit nie ... 35 CYRIL: Aag, Tommy, jou ou skinnerbek! Come off it, man! (Lag.) 'Is like nie jou biesagheit nie, imagine! RICHIE: Maar daai's nou nie nodig nie, man ... Los 'it af ... CYRIL: What for? TOMMY: Los 'it af, ja ... 40 15.1 Wie het voorheen die saksofoon in die Star of the Redemption bespeel? (1) 15.2 Gee TWEE redes waarom die naderende "Krismis" so vroeg in die drama genoem word. (2) 15.3 Die orkesnaam word in reëls 1 tot 5 genoem. 15.3.1 Stem jy saam dat die herhaling van "Redemption" (reël 4) met betrekking tot die orkes se naam effektief is? Motiveer jou antwoord. (1) 15.3.2 Waarom is die orkeslede van "Star of the Redemption" se optrede teenoor Map, ná afloop van sewe jaar in die tronk, ironies? (1) 15.4 Herlees die skuinsgedrukte woorde in reëls 10 tot 12. 15.4.1 Wat noem 'n mens die skuinsgedrukte woorde? (1) 15.4.2 Gee TWEE funksies van dié kursiefgedrukte woorde. (2) 15.5 Watter handeling in reëls 10 tot 16 suggereer dat die Cavernelis-gesin dink dat hulle beter as die ander inwoners in die township is? (1) 15.6 Herlees reël 27. Stem jy saam dat Cyril se woorde met sy karakter ooreenstem? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 15.7 Gee 'n rede waarom TEKS I deel van die eksposisie van dié drama is. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2021 NSS TEKS J LA GUMA: (All over again, Mister Cavernelis ... in this ... wasteland ... Hierso waar daar niks direction is nie, man, hierso waar hulle vir jou, en vir my, en vir al onse families, in-geforce het ... Group areas ... CAVERNELIS: Maar dis hoekô ons hierso wil yt ... LA GUMA: So ons ammal soek 'n identity, 'n direction ... Kyk maar Map Jacobs se 5 tattoos, man ... daai's 'n search vir identity! MAUD: (verskyn self by die venster): Cavernelis-darling, now really! CAVERNELIS: Ek is nóú daar, Maudie ... LA GUMA: O, good evening, missus Cavernelis ... MAUD: Evening? Evening? It's the bloody dead of night, mister La Guma! 10 LA GUMA: (aan Cavernelis): 'n Mens moet belong ... by hook or by crook ... somehow ... That's the secret of living, believe me ... to belong, man ... Die lig verdof. Good night, mister La Guma ... CAVERNELIS: Lig doof uit. 15 Elf Blanchie, Maud en Cavernelis in hul flat. MAUD: (gooi haar hande op): Well, so there you have it! CAVERNELIS: (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ... Blanchie ... Blanchie, met 'n stuk papier – 'n brief in haar hande. Sy huil. BLANCHIE: 'Is nie wáár nie ... 20 MAUD: Maar 'it is wáár! You've read the letter, my dear ... Now stop crying, sweetheart, crying won't help ... Blanchie huil. CAVERNELIS: (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ... MAUD: (wreed): Maar jy't nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of 25 course het jy nie gekan dink ... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.) Blanchie, that's life, my sweetheart ... that's people, man ... You trust them, you trust them, you do things for them, an' they ... just dump you, like that! (Sy beduie.) Trust me, I've been through it all ... CAVERNELIS: Die vuilgoed ... 30 15.8 Watter TWEE maatskaplike omstandighede veroorsaak dat Cavernelis uit die "wasteland" wil wegtrek? (2) 15.9 Herlees reël 4. 15.9.1 Op watter TWEE maniere beïnvloed Cavernelis se obsessie om weg te trek Blanchie se verhouding met hom in die slot van die drama? (2) 15.9.2 Waarom slaag Cavernelis nie in sy doel om weg te trek nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/November 2021 NSS 15.10 Herlees reël 11 en 12 asook reël 21. 15.10.1 Skryf die tema van die drama na aanleiding van reël 11 en 12 in jou eie woorde. (1) 15.10.2 Op watter manier sluit Map se voorkoms (reël 5 en 6) en Blanchie se reaksie (reël 21) onderskeidelik by dié tema (VRAAG 15.10.1) van die drama aan? (2) 15.11 Herlees reëls 25 tot 29. 15.11.1 Is dit vir jou binne konteks van die drama aanvaarbaar dat Maud "wreed" teenoor Cavernelis optree (reël 25)? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 15.11.2 Watter TWEE gevolge hou die gebeure direk ná haar uitbarsting vir Maud in? (2) 15.12 Herlees reëls 25 tot 27 van TEKS I en reëls 25 tot 29 van TEKS J. Blanchie se werk by Lonely Hearts maak dit vir haar moontlik om met Map te versoen. Motiveer dié stelling. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 31 DBE/November 2021 NSS MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Miem, Meisie en Gertie reageer verskillend op die sirkus in die dorp. Bespreek elkeen se handelinge/reaksies in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS K Wanneer die stuk begin, word die harde sirkusmusiek gehoor. Die musiek vervaag. Ligte op. MIEM en MEISIE sit by die tafel. Elkeen is besig om twee stukke goiing aan mekaar vas te werk om sakke te maak. Die valdeur klap oop. Stilte. MIEM en MEISIE sit en werk. MIEM: Gaan tel. 5 MEISIE: (gaan hurk by die hoop sakke en tel) Ses ... tien ... sewentien ... twintig ... vier-en-twintig, sewe-en-twintig. MIEM: Ons moet dertig hê voor môre. (Sug, tel haar voet op en laat dit op 'n stoel rus) MEISIE: Ja, Ma. (Gaan sit en begin weer werk) 10 Hulle werk in stilte. MEISIE: Eina! (Suig haar vinger) MIEM: Ja, jy wil mos nie 'n vingerhoed gebruik nie. MEISIE buig haar kop en werk verder. MIEM werk ook. Terwyl hulle werk, sak 'n tou stadig uit die valdeur tot ongeveer een meter bo die 15 grond. MIEM: (sien die tou raak) Die mandjie is op die tafel. MEISIE staan ietwat onwillig op en bind die mandjie haastig aan die onderpunt van die tou vas. MIEM: Nie so vinnig nie. Maak dit ordentlik vas. 20 MEISIE: (fluisterstem) Ek is bang ... As ek opkyk, sien ek sy benerige, wit hand. (sag en kwaai) Skaam jou! Jou eie pa! (Staan effens moeilik op en maak MIEM: die tou styf vas) Trek maar op! Die mandjie word opgetrek. MEISIE gaan sit weer en lyk bedremmeld terwyl sy verder werk. 25 (kyk op, praat hard): Nee, wag eers! Laat sak weer! MIEM: Die tou sak weer. (terwyl sy na die tafel beweeg) Ek het vir jou 'n broodjie gebak. (Sit die MIEM: brood in die mandjie. Kyk op, praat hard) Daar's hy! 30 17.1 Wat noem ons die skuinsgedrukte woorde in reëls 1 tot 4? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 32 DBE/November 2021 NSS 17.2 Reël 1 en 2 verwys na musiek. 17.2.1 Gee TWEE redes waarom dié musiek in die opening van die drama genoem word. (2) 17.2.2 Hoe verskil Miem en Meisie se siening van dié musiek? (1) 17.3 Herlees reëls 1 tot 4. Gee TWEE funksies van die skuinsgedrukte woorde. (2) 17.4 Herlees die onderstreepte woorde in reëls 2 tot 4. 17.4.1 Watter TWEE maatskaplike omstandighede veroorsaak dat Miem en Meisie met goiingsakke moet werk? (2) 17.4.2 Watter TWEE gevolge het dié omstandighede (VRAAG 17.4.1) op Meisie se verhouding met Miem? (2) 17.5 Herlees reël 12 en 13. 17.5.1 Skryf die tema van die drama in jou eie woorde na aanleiding van hierdie reëls. (1) 17.5.2 Op watter TWEE maniere sluit Meisie se optrede in hierdie reëls by dié tema (VRAAG 17.5.1) van die drama aan? (2) 17.6 Vir wie vertel Miem dat Meisie weier om 'n vingerhoed te dra? (1) 17.7 Stem jy saam dat Miem se woorde in reël 13 en reël 20 in ooreenstemming met haar karakter is? Motiveer jou antwoord met 'n rede vir elke reël. (2) 17.8 Is dit funksioneel dat Meisie in reël 24 "bedremmeld" lyk? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 17.9 TEKS K vorm deel van die eksposisie van die drama. Motiveer die stelling. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 33 DBE/November 2021 NSS TEKS L MIEM: Maar, natuurlik, Konstabel. Met graagte. Meisie, sê vir die konstabel dit sal 'n plesier wees. MEISIE sê niks. KONSTABEL: Natuurlik, as die jong dame nie wil nie ... MIEM: Ag, nee wat, sy is maar net skaam. Is dit nie so nie, Meisie? (Dreigend) 5 Is dit nie so nie? MEISIE: (sag) Ja, Ma. KONSTABEL: Goed so, Juffrou, as u miskien hier voor my kom staan ... MEISIE loop stadig na die KONSTABEL en staan voor hom. KONSTABEL: (steek sy hand uit en raak aan haar) Goed so. Kniel nou. Hier. Reg 10 voor my. MIEM en GERTIE hou die KONSTABEL en MEISIE roerloos dop. MEISIE kniel stadig. Die KONSTABEL steek sy hand uit en streel oor haar hare. Meisie maak haar oë toe en gooi haar kop effens agteroor. KONSTABEL: (prewel) Mooi ... mooi ... 15 Die KONSTABEL raak saggies aan MEISIE se gesig. Hy vee sag, met die agterkant van sy vingers, oor haar ooglede en raak dan met die punte van sy vingers aan haar wimpers. Dan vee hy met 'n vingerpunt oor haar lippe. Sy hande gly by haar nek af. Wanneer hy klaar is, sit hy weer sy hande op sy skoot. 20 MIEM: (trots) Sy is mooi, nè? KONSTABEL: Ja, Mevrou. MEISIE staan op en beweeg stadig terug na haar stoel. Daar is 'n kort stilte. MEISIE werk aan haar sak. MIEM en GERTIE kyk na die KONSTABEL. Die KONSTABEL kyk voor hom uit. Die valdeur klap 25 hard oop. MEISIE kyk op. 'n Slopemmer sak stadig na onder. MEISIE: Kyk, Ma! Hier kom dit! MIEM: (hard. Kyk op) Wees versigtig! Dis al meer as twee dae! 17.10 In reël 5 en 6 dwing Miem vir Meisie om aan Konstabel se versoek toe te gee. 17.10.1 Wat is Konstabel se verskoning om aan Meisie se gesig te vat? (1) 17.10.2 Hoekom is Miem se dialoog én haar dreigende houding, onderskeidelik, ironies? (2) 17.11 Dink jy die feit dat Konstabel Meisie laat "kniel", suggereer hier reeds sy beheer oor haar? Motiveer jou antwoord. (1) 17.12 Herlees TEKS K reëls 14 tot 18 en TEKS L reël 25 en 26. Gabriël se afsondering in die solder speel 'n rol in Meisie se bevryding. Motiveer dié stelling met TWEE redes. (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all