Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P1 Nov 2013 Memo hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 8
- File size
- 381.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
• Spelfoute in een-woord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
• Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip
is.
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING/LUG JOU MENING- vrae, word die punte verdeel:
1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ʼn punt vir die rede/ motivering/aanhaling.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit korrek mits die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele reeks, word
slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde
sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
antwoord vereis word, word dit aanvaar.
• Aanvaar dialektiese variasies.
Vraag Antwoord Punt
1.1 Die borge hou aan om hulle te ondersteun./
Daar het baie nuwe borge bygekom./
Borge staan bankvas agter Afrikaans as reklametaal. √√ 2
Kandidate kan enige TWEE antwoorde aanbied. Elke antwoord tel ’n punt.
1.2 Die (15%) Afrikaanssprekendes is ʼn geldmag waarmee rekening gehou moet word√
en bemarkers moet dit benut. √/
As Afrikaanssprekendes hul koopkrag onttrek √, sal bemarkers baie geld verloor. √ 2
Die kandidaat kan slegs een punt verdien indien slegs een deel van die antwoord
aangebied word.
1.3 Hulle het ʼn monument vir hul taal opgerig./
Hulle ondersteun diegene wat Afrikaans goedgesind is./
Hulle duld nie swak taalgebruik en –foute in hul advertensies nie. √√ 2
Kandidate kan enige TWEE antwoorde aanbied. Elke antwoord tel ’n punt.
1.4 Afrikaanssprekendes is ingestel om eerder Afrikaans in verskeie vorme (praat/lees/
luister/redeneer/vertel) te gebruik. √
Die taal gaan nie uitsterf nie./Taal gaan behou word. √
Dit maak ander mense bewus van Afrikaans. √ 3
Die kandidaat kan in sy/haar kommentaar op die voordele en/of nadele fokus.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
1.5 Swak taalgebruik in reklame ontstel Afrikaanssprekendes. √
Afrikaanssprekendes is lojaal/gee voorkeur aan Afrikaanse reklame.√ 2
Die fokus van die antwoord moet op reklame bly.
1.6 Afrikaanse reklame verseker geld in die sak./
Afrikaanse reklame is die taal wat verstaan word./
Afrikaans is hul hartstaal./
ʼn Afrikaanse advertensie het trefkrag. √√ 2
Die kandidaat kan enige TWEE antwoorde aanbied. Elke antwoord tel ’n punt.
1.7 Hulle wou hulle jong/nuwe handelsnaam vestig/handelsnaambewustheid uitbou. √ 1
1.8 ʼn Mening. √
Dit is wat hy glo./
Dit is nie op feite/navorsing gebaseer nie./
Daar moet eers aan die voorwaarde om in Afrikaans te adverteer voldoen word./
Die hulpwerkwoord sal bewys dat dit nog nie gebeur het nie/’n feit is nie. √ 2
1.9 Hulle sal daarin belê as dit van goeie gehalte is./
Hulle sal daarin belê as hulle sien dat hulle produk inkomste/geldelike wins verseker./
Hulle sal daarin belê as dit met Engels kan kompeteer. √√ 2
Die kandidaat kan enige TWEE antwoorde aanbied. Elke antwoord tel ’n punt.
1.10 Wêreldwyd/globaal word Engels die meeste (in advertensies) gebruik.√ 1
1.11 As my taal nie goed genoeg is nie, is my geld ook nie./
As handelsreuse Afrikaans versaak, sal die koper die handelsreus ook versaak. √ 1
Die positiewe kan ook geïmpliseer/beantwoord word.
1.12 By die ATKV kan jy enige vorm van Afrikaans praat./
Die ATKV aanvaar Afrikaans in sy wydste gebruiksvorme./
Die ATKV gee erkenning aan Afrikaanse streekstale./
Vir die ATKV is alle soorte Afrikaanssprekers van Afrikaans belangrik.√ 1
1.13 Hulle ondersteun Afrikaanse reklame/Afrikaanse reklameskeppers./
Hulle moedig Afrikaanse reklameskeppers aan./
Hulle moedig reklameskeppers aan om in die reklamebedryf te bly./
Hulle moedig die Afrikaanse reklameskeppers aan om te groei/te ontwikkel. √ 1
1.14 Ja,
Dit herinner mense aan die waarde van inheemse tale soos Afrikaans./
Die taal word in stand gehou deur die gesonde reklamebedryf./
Reklame dra by tot die voortbestaan van Afrikaans./
Pendoring-toekennings help dat adverteerders in Afrikaans wil adverteer. √√√ 3
Die kandidaat kan enige DRIE antwoorde aanbied vir DRIE punte.
1.15 Jy is kunssinnig as jy aan toneel/dans/musiek/rolprente deelneem/geniet. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
1.16 Hulle ondersteun Pendoring as hoofborg./
Hulle bied vele kompetisies (Rieldans, Tienertoneel, Applous, Muziq)/kursusse
(Filmfundi) in die gemeenskap aan.
By die ATKV praat ons nie net Afrikaans nie, ons doen dit. √ 1
1.17 Taalfokus: Woordspeling – kuns-kenades
Neologisme – kultuurvampiere/Fliekvlooie
Idiome – David die wortels gegrawe het.
Metafore – Jou passie ʼn tuiste vind.
Ons praat dat die spoeg spat.
Prentjie van film/sanger/tjellis/musikus
Kunstefokus: Musiek – klassiek/populêr/Applous/Muziq/Rieldans
Toneel – Tienertoneel
Visuele kuns – skilder/penseel en palet
Kompetisies om kunste te bevorder
Gemeenskapfokus: Rieldans/fliekkursusse
Onderwysfokus: Tienertoneel
Prentjie van film
Kursusse √√√. 3
Die kandidaat kan enige DRIE antwoorde aanbied vir DRIE punte.
TOTAAL AFDELING A: 30
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn opskrif/titel te
voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die
eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
• Verspreiding van punte vir taal:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o Indien die kandidaat die vereiste getal woorde oorskry het, word die oorskryding van
5 woorde toegelaat en die res van die opsomming geïgnoreer.
o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
JY IS NIE DOM OF LUI NIE
Die kandidaat kan enige sewe van die agt moontlikhede in sy opsomming aanbied.
AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
1 ... is om vroeg reeds met spraakterapie te A Begin vroeg met spraakterapie.
begin.
2 Besoek leesklinieke om suksesvol te B Besoek leesklinieke om sukses te bereik.
wees.
3 Gebruik ’n bandopnemer sodat jy tuis C Gebruik daagliks ʼn bandopnemer om
weer na die feite wat in die klas bespreek klaswerk tuis te hersien.
is, kan luister.
4 Dis ook nuttig om met behulp van D Leer met behulp van prentjies/visualiseer
prentjies te leer. die werk wat geleer moet word.
5 Dis eweneens belangrik om nie op die E Begin betyds met voorbereiding vir toetse
nippertjie te begin leer nie./voorbereiding en eksamens./Berei elke dag, dwarsdeur
moet op ’n daaglikse basis geskied. die jaar, vir toetse en eksamens voor.
6 ’n Neiging wat deesdae baie veld wen, is F Lê eksamens en toetse verbaal af.
om eksamens verbaal af te lê.
7 Emosionele ondersteuning deur familie- G Vra emosionele ondersteuning van jou
lede is baie belangrik. familie.
8 Jy moet net ’n ander roete kies om by jou H Kies ’n ander roete om by jou bestemming
bestemming uit te kom. uit te kom.
Getal woorde: 58
OF
ʼn Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende moontlike
bewoording gebruik:
Van vroeg af behoort daar met spraakterapie begin te word. Besoek ʼn leeskliniek wat op lees-
én skryfoefeninge fokus. Jy kan self iets aan die probleem doen deur daagliks ʼn bandopnemer
te gebruik om klaswerk tuis te hersien. Dit is selfs goed om met behulp van prentjies die werk
wat geleer moet word, vas te lê. Begin betyds met voorbereiding vir toetse en eksamens. Die
eksamen en toetse kan ook verbaal afgelê word. Groot sukses kan behaal word indien
disleksielyers die emosionele ondersteuning van hul familie het. Jy kan ’n ander roete kies om
by jou bestemming uit te kom.
Getal woorde: 80
TOTAAL AFDELING B: 10
AFDELING C: TAAL
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur getoets word.
o Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 Moenie jou winterlamheid fnuik nie! √ 1
Die uitroepteken moet in die antwoord voorkom.
Die sin Moet nie jou winterlamheid fnuik nie! is nie aanvaarbaar nie.
“Die WAT sê spesifiek by "moenie" dat dit "veral t.o.v. 'n bevel, dreigement,
vermaning, versoek of aanbeveling" gebruik word.”
3.2 D/wiele. √ 1
3.3 ly √ 1
3.4 Tensy/totdat√ 1
3.5 Die asterisk verwys na ekstra inligting aangaande die produk in die teks./
Dit skakel misverstand uit, want nou weet alle lesers dat die Gingko net in sekere van
turbovite se produkte/turbovite Whiz-Fizz voorkom./
Dit dui op die integriteit van die produk.√ 1
3.6 Bevat turbovite Gingko en Ginseng om jou brein in snelrat te sit en vitamine en
minerale om energie behoorlik deur jou lyf te laat vloei? √ 1
’n Ander vraagsin kan as antwoord aangebied word solank dit ’n vraagteken bevat en
die antwoord van die sin Ja/Nee is.
3.7 hemelsbreed/
hemelbreed √ 1
Die intensiewe vorm moet as een woord aangebied word.
3.8 Die woord suggereer dat, as jy turbovite gebruik, kan jy ook briljant word./
Dit manipuleer die leser om die produk aan te koop om briljant te word./
Om turbovite te koop, is ʼn briljante keuse. 1
Voorplasing. √
3.9 Hy antwoord briljant./Sy vorder briljant op skool. √ 1
Die kandidaat bied ’n eie sin aan waarin “briljant” as ’n bywoord aangebied word.
Die woord (briljant) moet saam met ’n hoofwerkwoord optree en nie saam met ’n
koppelwerkwoord nie.
LW: In ’n sin soos “Hy is briljant” is briljant ’n byvoeglike naamwoord/adjektief.
3.10 Ja, die pakkie turbovite se energie vloei tot binne-in die mens en suggereer dus die
uitwerking van die produk/bewys dat die produk werk/die elektriese lading suggereer
baie energie/die hare is geëlektrifiseerd/selfs die hare staan regop as gevolg van die
energie/hy is tot op die been toe energiek. √ 1
Die kandidaat kan die antwoord ook as NEE aanbied met ’n gepaste motivering, bv.
Dit lyk gevaarlik om die produk te gebruik./Die persoon beweeg steeds nie van die
bank nie.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 4: STROKIE
Vraag Antwoord Punt
4.1 nasionaliteit √ 1
4.2 Hy speel in ʼn orkes./is ʼn tromspeler/dromspeler/instrumentalis/trommelaar/musikant/
instrumentis √ 1
Indien die kandidaat die antwoord as een woord aanbied en die antwoord is verkeerd
gespel, is sy antwoord verkeerd.
4.3 dom blondine √ 1
Sy word nie dom omdat sy haar hare gekleur het nie./
Sy lees poësie. √ 1
4.4 Dit impliseer dat die pa nie van hom hou nie/dink hy is goed genoeg nie./
Hy is ʼn stoute knaap/vabond/niksnuts/kwaaddoener/deugniet/rokjagter. √ 1
4.5 ʼn haarkapster √ 1
4.6 Ek was my hare met sjampoe. √ 1
Die kandidaat bied sy eie sin met “was” as ’n selfstandige werkwoord aan, die sin kan
ook in die verlede tyd of toekomende tyd aangebied word.
4.7 Luané, wat haar hare swart kleur/wie se hare swart is, se gunstelingvak is kuns, want
daarin kan sy net haarself wees. √ 1
Die kandidaat bied sy eie sin aan waar Luané met ’n (byvoeglike) bysin uitgebrei
word.
4.8 Hy sê/dink dat sy raar (is) en (dat sy) seker aangeneem is./Hy sê sy is raar en (is)
seker aangeneem.
Hy het gesê/gedink dat sy raar (was) en (dat sy) seker aangeneem is./Hy het
gesê/gedink sy was raar en (is) seker aangeneem. √ 1
4.9 Dit is noodsaaklik, want dit druk die seun se sekerheid oor sy suster se andersheid
uit./haar andersheid is volgens hom ʼn voldonge feit./
Dit beklemtoon./
Daar is nie ’n aksentteken nie.√ 1
[10]
VRAAG 5: RUBRIEK
Vraag Antwoord Punt
5.1 -satz
ersatz √ 1
Nota: die kandidate behoort in die gebruik van alle soorte woordeboeke onderrig te
word.
5.2 vervangmiddel/surrogaat/plaasvervanger/vervanging √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
5.3 samestelling/
samestellings √ 1
5.4 Vroeë Afrikaanse skrywers (Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, noem
maar op) wat met die boheemse wou flankeer, het Parys toe
gegaan./
Vroeë Afrikaanse skrywers – Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, noem
maar op – wat met die boheemse wou flankeer, het Parys toe
gegaan./
Vroeë Afrikaanse skrywers, Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, noem
maar op, wat met die boheemse wou flankeer, het Parys toe gegaan. √ 1
Die parentese kan ook na die flankeer ingevoeg word.
5.5 sorgelose
sorglose √ 1
5.6 aangetrokke √ 1
5.7 nouveau √ 1
5.8 Hulle reël tintelende sangaande tydens teatrale kaggelaande vir uitverkore toer-
groepies. √ 1
5.9 sic dui spelfout aan./sic/Die skryfwyse van sic tussen hakies/
Die korrekte vorm word as ’n voetnota/onder die teks aangedui. √ 1
5.10 Ja.
Die baba praat sy ouers na wat nie die korrekte Franse woorde gebruik nie.
Die baba het die woord gehoor, maar hy weet nie wat die korrekte betekenis is nie. √ 1
Nee kan nie as korrek aanvaar word nie.
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P1 Nov 2012 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 MG hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper