Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015, 9 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 373.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)28 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
• Spelfoute waar eenwoord-antwoorde vereis word, word by Huistaal gepenaliseer.
• Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op
begrip is.
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING/LUG JOU MENING-vrae, WAAR/ONWAAR of
FEIT/MENING word slegs die rede/motivering/aanhaling bepunt.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit korrek mits
die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks, word
slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
antwoord vereis word, word dit aanvaar.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter EN die korrekte antwoord wat ten volle
uitgeskryf is, aanvaar.
VRAAG 1: ARTIKEL EN VISUELE TEKS
Vraag Antwoord (Sien BETEKENIS na, nie woorde nie! Punt
Die EERSTE feit staan voor die voegwoord EN ...)
1.1.1 JVL/jongvolwasseneliteratuur √ (1)
Die antwoord kan ook in ’n sin aangebied word mits JVL/jongvolwasseneliteratuur in die
antwoord aangebied word.
1.1.2 Die mense wêreldwyd is baie opgewonde daaroor/oor JVL./
Die mense praat daaroor/bespreek dit oral. √ (1)
Enige soortgelyke antwoord wat fokus op gons is aanvaarbaar.
1.2 Irritasie/ontsteltenis/moedeloosheid/frustrasie/omgekraptheid/ongeduld/ontevreden-
heid/ongelukkigheid/teleurstelling √ (1)
1.3 Dit is dagdrome oor dinge/mense/’n ander werklikheid./ruimte./milieu./laat die leser
ontsnap na ’n ander wêreld toe. √√ (2)
Die kandidaat bied enige TWEE van die moontlikhede vir EEN punt elk aan.
1.4 Dit toon dat daar baie ander liefhebbers van dié tipe literatuur is./
Dit wys ook dat volwasse lesers, soos sy, dié tipe boeke koop./
Dit maak haar uitspraak dat die lees van JVL toeneem geloofwaardig./
Dit regverdig haar verslawing. √√ (2)
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan vir EEN punt elk.
1.5 Simone is ’n kinder-en-jeugboek-uitgewer wat haar ’n gesaghebbende maak. √
Sy gebruik tasbare voorbeelde (van tienerreekse) wat haar stelling geloofwaardig
maak. √ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
1.6 Jong lesers moet aanklank by dié fiksie/fiktiewe literatuur vind./JVL moet enige
kategorie soos byvoorbeeld magiese realisme, fantasie en realisme aanspreek./Die
intrige moet ’n aktuele tema aanspreek./Die boek is nie gekoppel aan ’n bepaalde
lengte/skryfstyl nie. √√√√ (4)
Die kandidaat bied VIER vereistes aan vir EEN punt elk.
1.7 Duidelike grense tussen genres ontbreek./Dit is problematies dat daar nie ’n
vasgestelde/eenvormige omskrywing/verduideliking/definisie vir JVL is nie. √
Hy tref ’n duidelike onderskeid tussen tienerliteratuur en JVL se teikenmarkte./
verskillende kategorieë (op grond van ouderdom).√√ (3)
1.8 Boeke wat nie JVL is nie, is dikwels moeilik om te lees./het ’n verhewe skryfstyl./
Stres laat ’n mens na boeke gryp./Volwasse lewe veroorsaak stres./Volwassenes sal
JVL ook geniet. √ (1)
1.9 Die jeug/jongmense het die afgelope paar jaar baie meer op die voorgrond begin tree
vanweë die tegnologiese ontploffing./Die jongmense word groot in ’n era waar dit
belangrik is om gehoor en gesien te word./Deesdae is die jeug meer openlik oor
verbode onderwerpe soos seks en dwelms./Universele temas (liefde, hartseer,
woede, pyn, buitestanderskap ens.) is aktueel vir jongmense (omdat hulle daagliks
daarmee worstel)./Kwessies soos apartheid of kommunisme is al tot vervelens toe in
romans gebruik./Lesers het ’n behoefte aan vernuwende leesstof. √ (1)
Enige EEN/ander aanvaarbare motivering. Die antwoord fokus op jongmense en nie op ’n
oplossing/gids nie.
1.10 Ja. JVL verskaf dikwels oplossings vir problematiese kwessies./help die leser om
onbekende lewensterreine te verken./JVL skep scenario’s wat lesers leer hoe om
netelige emosies te hanteer./ideologieë te bevraagteken./na te dink oor dit wat boeke
die moeite werd maak./Dit bied ’n boodskap van hoop. √√
OF
Nee. Dit bly steeds fiksie/hoewel daar raakpunte met die jongmens se wroeging is, is
dit nie sy/haar realiteit nie./bied onrealistiese fiksie riglyne vir die lewe. √√ (2)
Kandidate moet TWEE afsonderlike soortgelyke redes uit paragraaf 10 aanvoer.
1.11 Liefde: Elke jongmens worstel met die idee van liefde en verlief raak, dus is dié tema
aktueel.
Om te behoort: Dit is wesenlik deel van elke menslike wese en eensaamheid as
gevolg hiervan word deur baie jongmense ervaar.
Anders wees/nie inpas nie: Baie mense wroeg omdat hulle nie so
mooi/sterk/slim/sportief/gewild soos ander is nie en baie sukkel om hul individualiteit
te behou, te midde van konformiteit en daarom sal so ’n tema beslis aktueel wees.
Die hantering van emosie (liefde, pyn, hartseer, woede): Daar is baie mense wat
sukkel om uiting aan hul emosies te gee of wat dink dis verkeerd om te huil of
hartseer te wees; dus sal ’n boek wat op emosies en die hantering daarvan fokus, by
baie lesers aanklank vind. √√√ (3)
Enige DRIE soortgelyke antwoorde wat binne konteks krities gemotiveer/sinvol is. Dit kan ook
positief aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
1.12 Afrikaanse literatuur is eng/behoudend./JVL word geassosieer met omstrede of
taboe-onderwerpe./’n Skrywer móét omstrede of oor taboe-onderwerpe skryf om in
die genre van JVL raakgesien te word.√√ (2)
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan vir EEN punt elk.
1.13 Dit ondersteun die idee dat die meisie weggevoer is./meegesleur word in ’n
droomwêreld van boeke./Dit bied aan die leser die geleentheid om die gebruik van
die “ander plek” te interpreteer./Sy hou nie op dagdroom nie. √ (1)
1.14 Rekenaars: dit kan lei tot kuberkrakery./pornografie./misbruik van sosiale media./
internetverslawing./
Musiek: verslawing/sekere lirieke kan jou geestelik/emosioneel afbreek./
Drank: lei tot drankmisbruik./-verslawing./
Selfoon: kan verslawing/boeliery/pornografie/selfbeheptheid/musiekverslawing tot
gevolg hê. √√√ (3)
Die kandidaat bied DRIE sake én telkens ’n motivering (wat duidelik fokus op die gevolg van
die oordrywing) vir EEN punt aan.
1.15 Dit lyk of sy daarvan hou om te lees./gelukkig is./dit geniet, wat my oortuig dat JVL
haar lief gemaak het vir lees. √ (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ’n
opskrif/titel te voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
word die eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
• Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
• Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt toe
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het
nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o Indien die maksimum getal woorde oorskry word, moet die nasiener tot by die
laaste volsin na die maksimum getal woorde nasien en die res van die
opsomming ignoreer.
o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
GOEIE GEWOONTES VIR LEEFSTYLSUKSES
AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
1 Daarom moet jy jou weeklikse A Beplan jou aankope vir die week se
kosaankope behoorlik beplan. etes.
2 Stel onthoulysies op van daaglikse B Gebruik onthoulysies om jou dag te
aktiwiteite wat jou aandag verdien. koördineer.
3 ... doen gereeld oefeninge ... C Besluit op ’n vasgestelde oefenroetine.
4 Kweek ’n bepaalde roetine waartydens D Maak ’n spesifieke tyd vir onvermydelike
jy elke dag op ’n vaste tyd hieraan take soos die beantwoording van
aandag gee, aan. boodskappe.
5 Ruk dus na kuiertjies jou nessie E Sorg dat jou blyplek na kuiertjies netjies
onmiddellik reg deur op te ruim. is.
6 … Raak dáárom ontslae van die items … F Beplan twee keer per jaar ’n uitgooi-en-
deur minstens twee keer per jaar ’n regpak-sessie.
regpak-, liasseer-en-weggooisessie te
hou …
7 Kry ’n spesifieke bêreplek in die G Maak seker jy het bêreplekke vir
woonstel/kamer vir al daardie dingetjies gereelde gebruiksartikels.
wat onnodig rondlê.
Getal woorde: 57
OF
’n Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende moontlike
bewoording gebruik:
Jou lewe sal makliker wees as jy die aankope vir jou etes vooraf koördineer. Dit sal ook help
as jy afsprake met onthoulysies byhou. Besluit op ’n vasgestelde oefenroetine. Ruim tyd in vir
onvermydelike take soos die beantwoording van boodskappe. Maak jou blyplek na kuiertjies
netjies en oorweeg twee keer per jaar ’n uitgooi-en-regpak-sessie. Dis nuttig om bêreplekke
vir alledaagse gebruiksartikels te hê.
Getal woorde: 63
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur getoets word.
o Waar ’n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 help √ (1)
3.2 glorieryke √ (1)
3.3 realiteit/werklikheid √ (1)
3.4 Die kopieskrywer noem verskillende kompetisies wat FNB finansieel ondersteun./
FNB borg verskillende sportgeleenthede./Beroemde Botsings/Universiteitstrofee/
Sokker Eerste./kompetisies. √ (1)
Kandidate wat verwys slegs na die datum/2010 kan nie ’n punt verdien nie.
3.5 Sommige van hulle het dit selfs in die jaar wat verby is tot in hul provinsiale spanne
gemaak./
Sommige van hulle het dit selfs toe hulle jonk was tot in hulle provinsiale spanne
gemaak./
Sommige van hulle het dit selfs daar waar hulle op die platteland bly tot in hul
provinsiale spanne gemaak./
Sommige van hulle het dit selfs sonder dat hulle ondersteuning ontvang het tot in hul
provinsiale spanne gemaak./
Sommige van hulle het dit selfs omdat hulle goed is tot in hul provinsiale spanne
gemaak./
Sommige van hulle het dit selfs tot in hulle provinsiale spanne gemaak omdat hulle
goed is. √ (1)
3.6 Vokaalreduksie/Klankverswakking √ (1)
3.7 Dit dui daarop dat FNB spesifiek vir jou, die individuele leser, iets wil doen./Dit
manipuleer/oorreed die individuele leser om op die advertensie te reageer./Dit
verpersoonlik die advertensie./betrek die leser. √ (1)
(Indien die kandidaat antwoord dat die klemtekens die woord uitlig/beklemtoon, kan dit nie as
korrek aanvaar word nie.)
3.8 indaba √ (1)
3.9 Die bank het my finansieel bygestaan. √ (Spelling is belangrik.) (1)
3.10 Jong atlete/jong sportlui/universiteitstudente/jongmense (wat sportdrome koester.)/
Jongmense/kinders (wat finansiële ondersteuning benodig om te kan presteer)/
jongmense wat toekomsdrome droom./akademies op universiteit wil presteer.√ (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 4: VISUELE TEKS
Vraag Antwoord Punt
4.1 Hulpwerkwoord van wyse/modaliteit √ (1)
4.2 Opstelskrywer/opstelskryfster/opstelskrywery/opstelskrifte/opstelbeskrywing √ (1)
4.3 ’n Mens behoort nie (oor so iets) te lieg nie./Grootmense lieg maklik vir kinders./Sy
weet dit staan nie in die Bybel nie./Sy ken haar Bybel./Kirpats (en ander) ken nie die
Bybel nie./Sy is geskok dat grootmense lieg. √ (1)
4.4 Millennium √ (1)
(Spelling is belangrik!)
4.5 ... is die meel/koring/kaas bitter. √ (1)
4.6 Dit dui daarop dat woorde weggelaat is./Dit staan in die plek van as die muis dik
is./Dit verhoed dat die gedeelte as die muis dik is telkens herhaal moet word. √ (1)
4.7 Sy/Die wit hen sê dat sy hoor dat haar/die donker hen se Traaifientjie met ’n simpel
gansmannetjie uitgaan./
Sy/Die wit hen sê sy hoor dat haar/die donker hen se Traaifientjie gaan met ’n simpel
gansmannetjie uit./
Sy/Die wit hen sê sy hoor haar vriendin/die donker hen se Traaifientjie gaan met ’n
simpel gansmannetjie uit./
Sy/Die wit hen sê aan die donker hen dat sy hoor dat haar/die donker hen se
Traaifientjie met ’n simpel gansmannetjie uitgaan./
Sy/Die wit hen het gesê dat sy hoor dat haar/die donker hen se Traaifientjie met ’n
simpel gansmannetjie uitgaan √ (1)
4.8 Dit sou dan ’n rustige/beskaafde/nie ’n wilde kêrel/man/knaap nie beteken het (in
plaas van ’n tipe pluimvee.)/
Ma kou ’n toffie./kou haar kos met ’n toe mond. √ (1)
4.9 Mense wat roem behaal, word deur die media as sterre beskou./
Danksy haar loopbaansukses loop sy met sterre in haar oë rond./
Eybers en Van Wyk Louw is sterre van die Afrikaanse letterkunde./
Mag jou pad met sterre besaai wees!/
Die sterre blink vanaand baie helder. √ (1)
Jou sterre (stert) gaan brand = X
4.10 Die hen skep die indruk dat sy haar nie steur aan wat die sterre voorspel nie, maar
eintlik is sý die een wat die meeste op die hoogte daarvan is. √ (1)
Albei kante van die ironie moet vir EEN punt gegee word.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 Moenie vir my vandag onverwags by Spar “sepies of twakkies” koop nie./
Moenie vir my vandag onverwags “sepies en twakkies” by Spar koop nie./
Moenie vandag vir my onverwags “sepies en twakkies” by Spar koop nie. √ (1)
(Volgorde moet wees: tyd, wyse, plek)
5.2 Dit dui op ’n neerhalende houding./Dit kan daarop dui dat die items as
minderwaardig beskou word. √ (1)
5.3 Die reën stort na benede./Die melk sal uit die beker stort./Sal jy jou bloed vir jou
vaderland stort?/Stort al die geld in die bank./Ek stort trane oor jou./Die vrou stort in
duie toe sy die nuus kry./Hulle stort rommel op die terrein. √ (1)
NB: Die gebruik van deeltjiewerkwoorde soos neerstort is nie aanvaarbaar nie.
Die antwoord kan nie in die verlede tyd aangebied word nie.
5.4 Baie mense verkies om ’n verassing in plaas van ’n begrafnis by te woon./
’n Verassing is minder persoonlik as ’n begrafnis. √ (1)
5.5 Laat ek jou vertel./Die werklikheid is …/Na my mening …/Dít is hoe ek dit ervaar
het./Leer by/van my .../Glo my .../Neem kennis .../ Myns insiens .../Glo maar wat ek
vir jou sê .../Vertrou my (maar) .../Kom ek sê/vertel jou ...√ (1)
5.6 Ontvang ’n boek!/
Jy moet ’n boek ontvang!/
Jy sál ’n boek ontvang! √ (1)
Die uitroepteken is essensieel.
5.7 Klein-Karoo Nasionale Kunstefees/Daar is nie ’n akroniem nie. √ (1)
(Korrekte spelling is belangrik)
5.8 bestee/gewy/afgestaan √ (1)
5.9 Ek/Sy/Hy/Die skrywer vra: “Sal Moeks vir Vans ’n geskenk gaan koop?”/
“Moeks, sal Moeks (asseblief) vir Vans ’n geskenk gaan koop?” √ (1)
5.10 opmerklik √ (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper