Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12201512 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2015

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBER 2015 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 4. Trek ’n streep ná elke afdeling. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ’n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2015 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL DIE LEES VAN LUGKASTELE Donnay Torr delf dieper in die nuutjie van sogenaamde JVL of Jongvolwasseneliteratuur, wat die wêreld aan’t gons het. 1 Dit gebeur gereeld: my ander helfte wat kreun wanneer hy my met die nuutste jongvolwasseneboek vang: “Nie nóg een nie! Lees ’n bietjie ’n saketydskrif! Of so iets.” 2 Ek kan dit nie verhelp nie. Die lees van JVL is soos om ’n ander soort lugkasteel te bou. Dit is dagdrome oor dinge en mense wat kon gewees het, wat was en wat is. 3 My verslawing is nie uniek nie – tussen 2002 en 2012 het die verkope van JVL met meer as 120% gegroei. Luidens ’n 2014-Nielsenverslag is meer as 715 miljoen kinder- en jongvolwasseneboeke in 2013 verkoop. Die JVL-kopers dra interessante baadjies: 22% is tussen 13 en 17 jaar oud, terwyl 77% ouer as 18 is. En 35%, die grootste marksegment, is mense tussen die ouderdom van 18 en 29 jaar. 4 Volgens Simone Hough, kinder-en-jeugboek-uitgewer by Human & Rousseau, is daar ’n wêreldwye tendens van groei in verkope van JVL. “Dit is iets wat oor die afgelope jare aangevuur is deur gewilde tienerreekse soos Harry Potter, The Hunger Games, Divergent en diesulkes. Alhoewel dit eintlik jeugboeke is, word hulle ook deur volwassenes gelees, wat verkope natuurlik sterk beïnvloed.” 5 JVL is nie noodwendig ’n genre opsigself nie, maar eerder ’n kategorie waarby jonger lesers aanklank moet vind. Dit moet kategorieë van magiese realisme, fantasie en realisme insluit. Die intrige moet ’n aktuele tema aanspreek sonder om noodwendig bladsye en bladsye lank te wees. Die skryfstyl is oppervlakkig of diepsinnig. 6 Jaco Jacobs, skrywer en senior uitgewer: kinder- en jeugboeke by LAPA Uitgewers, meen die interpretasie van wat met JVL bedoel word, kan probleme gee. “Grense tussen genres is nie naastenby so duidelik soos wat literatore en uitgewers ons wil laat glo nie. Ek verkies, dáárom, om na boeke vir lesers tussen ongeveer 12 en 16 as tienerliteratuur te verwys, en na boeke vir lesers van 16 tot 18 jaar as JVL.” 7 Waarom is JVL, gemik op so ’n relatief jong demografie, dan so gewild onder veral volwassenes? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2015 NSS 8 “JVL word op só ’n manier geskryf dat dit vol intrige is, baie genotvol, en dikwels verrassend, sonder om uitputtend of uit die hoogte te wees. Dit is ’n wêreld of wêrelde waarheen ’n mens kan ontsnap wanneer die druk en stres van die volwasse lewe ’n bietjie opsy geskuif moet word,” sê Nico Bruinette, ’n kwalitatiewe analis. Reklamekoördineerder, Alé Smith, is oortuig dat JVL- skrywers nog stóries vertel. Die slimmes het vergeet om stories te vertel. 9 Jaco kan aan twee redes vir dié gewildheid dink: “Eerstens, die feit dat daar die afgelope dekade regtig sterk, vernuwende boeke wat baie media-aandag gekry het, in hierdie genre verskyn het en tweedens die sterk fokus wat daar wêreldwyd op jongmense en jongmenskultuur is.” 10 Volgens Tarryn Talbot-Da Costa, reklamekoördineerder by Pan Macmillan, is JVL met metafore vir “regte wêreld”-probleme gevul. “Dalk dien dit as ’n literatuurkaart om jongmense deur hulle grootwordjare en volwasse lewe te help lei. Dikwels gee dit oplossings vir problematiese kwessies wat deur die samelewing verswyg word; dit skep ook scenario’s wat jou leer hoe om netelige emosies te hanteer. Die storielyn dwing dikwels die lesers om onbekende terreine te verken, emosioneel betrokke te raak en ideologieë te bevraagteken: te dínk oor wat ’n boek die moeite werd maak om te lees. Meer en meer titels het nie meer gelukkige eindes nie, maar eindig met ’n boodskap van hoop en dinge om voor te veg.” 11 Die suksesvolste JVL wentel om universele temas: liefde, om te behoort, anders wees/nie inpas nie, die hantering van hartseer, woede en pyn. Dis dinge wat ons almal raak, verpak in ’n meesleurende storielyn en karakters vir wie ons kan omgee. Die skrywer moet die wêreld deur die oë van die jong volwassene kan sien en seker maak die verhoudings tussen karakters is net so ’n groot deel van die spanningslyn as die opeenvolging van gebeure. Dit verseker goeie JVL. 12 Is daar enige temas wat taboe is vir JVL, veral in Afrikaanse JVL? Jaco dink nie so nie. “Afrikaans is veel minder behoudend as wat mense dink – seks, dwelms en geweld is alles temas wat al in Afrikaans oopgeskryf is. Ek hou nie baie van die fokus wat daar op ‘taboes’ in die jongmensliteratuur geplaas word nie – dit is asof mense hierdie taboes as maatstaf van die vernuwing of gehalte van ’n boek gebruik. Dit skep die gevaar dat skrywers voel hulle moet iets omstrede skryf om in hierdie genre raakgesien te word. Dit is nié die geval nie.” 13 Een ding is seker: die gewildheid van JVL het ’n positiewe uitwerking op die kweek van ’n leeskultuur. JVL word die brug tussen tienerboeke en volwasse literatuur. JVL verseker dus dat jong lesers ’n lewenslange liefde vir lees ontwikkel. [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2015] 1.1 Herlees die subopskrif van die teks. 1.1.1 Waarna verwys die nuutjie? (1) 1.1.2 Watter konnotasie word aan die onderstreepte frase geheg? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2015 NSS 1.2 Watter emosie dink jy ervaar die skryfster se eggenoot in paragraaf 1? (1) 1.3 In paragraaf 2 gebruik die skryfster die beeld van ’n lugkasteel. Gee TWEE betekenisse wat sy aan die beeld heg. (2) 1.4 Hoekom gebruik die skryfster die statistiek in paragraaf 3? (2) 1.5 Simone Hough se uitsprake in paragraaf 4 is gesaghebbend en geloofwaardig. Motiveer hierdie stelling uit die teks. (2) 1.6 Watter vereistes word volgens paragraaf 5 gebruik om ’n boek as JVL te klassifiseer? (4) 1.7 Waarom veroorsaak die omskrywing van JVL volgens Jaco Jacobs, in paragraaf 6, probleme? Watter oplossing gebruik hy om dié verwarring te oorkom? (3) 1.8 Watter geïmpliseerde boodskap dra Nico Bruinette in paragraaf 8 oor? (1) 1.9 Waarom, dink jy, is daar deesdae in boeke en rolprente so ’n sterk fokus op jongmense en hul kultuur? (1) 1.10 Herlees paragraaf 10. Stem jy saam met die siening dat JVL as 'n literatuurkaart gesien word wat jongmense deur hul grootwordproses help lei? Gee redes vir jou antwoord na aanleiding van paragraaf 10. (2) 1.11 Lewer krities kommentaar op die aktualiteit van enige DRIE van die temas wat in paragraaf 11 ten opsigte van JVL genoem word. (3) 1.12 Na watter wanpersepsies word in paragraaf 12 verwys? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2015 NSS TEKS B: VISUELE TEKS Los my! Ek is op ’n ander plek ... [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2015] 1.13 Hoekom is die ellips in die meisie se gedagtes effektief? (1) 1.14 Paragraaf 12 van TEKS A verwys na drie temas wat taboe is. Gebruik TEKS B en identifiseer DRIE ander sake wat, indien dit oordryf word, verkeerd is. Motiveer elke keer. (3) 1.15 TEKS B ondersteun die laaste sin van TEKS A. Motiveer hierdie stelling. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2015 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 1. Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE goeie gewoontes om ’n effektiewe leefstyl te handhaaf. 2. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. GOEIE GEWOONTES VIR LEEFSTYLSUKSES Een van die suksesse in die lewe is om ’n goeie leefstyl te handhaaf. Om die blou Maandagoggend se frustrasie na ’n prettige naweek saam met vriende te voorkom en jou te vrywaar van frustrasie oor ’n deurmekaar blyplek en leë koskaste, kan die volgende leefstylgewoontes deur studente en jongmense aangekweek word: Ons almal kry gereeld lus vir ongesonde versnaperings. Dieetkundiges se siening is egter dat weeklikse dieetbeplanning ’n belangrike deel van jou voedselprogram moet uitmaak. Daarom behoort jy jou weeklikse kosaankope behoorlik te beplan, anders maak jy (verkeerdelik) op ongesonde versnaperings staat. Het jy al vergeet van belangrike afsprake en verpligtinge? Stel onthoulysies op van daaglikse aktiwiteite wat jou aandag verdien. Wat ’n eenvoudige, dog doeltreffende wenresep! Leefstylraadgewers voorsien lang lyste van moets en moenies wanneer dit by goeie gewoontes vir ’n effektiewer leefstyl kom. Een daarvan is: doen gereeld oefeninge wat by jou fisiese vermoëns pas. Sien jy kans daarvoor? Dan sal jy beslis effektiewer leef! Die beantwoording van e-posse, SMS’e en telefoonoproepe bly tydrowende aktiwiteite. Kweek ’n bepaalde roetine aan, waartydens jy elke dag op ’n vaste tyd hieraan aandag gee. Is dit nie die klein jakkalsies wat die wingerd verniel nie? ’n Spesifieke tyd per dag daarvoor sal wondere verrig. ’n Deurmekaar woonstel of kamer is dikwels ’n bron van irritasie. Ruk dus, na kuiertjies, jou nessie onmiddellik reg deur op te ruim, want niemand wil in ’n vuil en omgekrapte omgewing bly nie. Verder maak allerhande goed wat jy nie gebruik nie, jou kaste en boekrakke oorvol. Raak dáárom ontslae van die items wat jy nooit meer gebruik nie deur minstens twee keer per jaar ’n regpak-, liasseer- en weggooisessie te hou. Kry ’n spesifieke bêreplek in die woonstel/kamer vir al daardie dingetjies (skryfbehoeftes, sleutels, toiletware, sporttoerusting en skoonmaakgoed, asook vreemde items vir werkstukke, koshuiskompetisies en informele funksies soos lint, tou, maskers en vere) wat onnodig rondlê. Goeie gewoontes vir ’n effektiewe leefstyl is in die moderne, gejaagde lewe onontbeerlik indien jy suksesvol, effektief en verantwoordelik wil leef en werk. Party dinge is tweede natuur, maar bogenoemde goeie gewoontes kan enige jongmens aanleer sonder uitgawes of veel moeite. [Aangepas uit Leefstyl, 15 Januarie 2014] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2015 NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 Met ’n bietjie hulp kan ’n 2 (ryk aan glorie) toekoms meer as net 3 ’n droom word. 4 Sedert 2010 help ons om duisende jong atlete se dagdrome te verwesenlik 5 deur ons borgskap van verskillende sportgeleenthede: FNB-Beroemde 6 Botsings, FNB-Universiteitstrofee en FNB-Sokker Eerste. 7 Sommige van hulle het dit selfs tot in hul provinsiale spanne gemaak. 8 Só help ons om drome gestalte te gee ... 9 Vra jouself nou af, hoe kan ons jou vandag help? 10 FNB 11 Hoe kan ons jóú help? 12 Woon die indaba van First National Bank, ’n afdeling van FirstRand Bank 13 Beperk – ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste en krediet – op 14 14 Julie om 08:30 by Gallagher Landgoed by! [Aangepas uit Huisgenoot, 2 Mei 2013] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2015 NSS 3.1 Van watter basisvorm/stam is die onderstreepte woord in reël 1 afgelei? (1) 3.2 Vorm deur middel van afleiding ’n attributiewe byvoeglike naamwoord van die frase tussen hakies (reël 2). (1) 3.3 Vervang die onderstreepte woord in reël 3 met ’n gepaste antoniem. (1) 3.4 FNB verwesenlik jong atlete se drome volgens reël 4. Hoekom is dié stelling ’n feit? (1) 3.5 Brei die sin in reël 7 uit deur ’n bywoordelike bysin te gebruik. Skryf die hele sin oor. (1) 3.6 Watter klankverskynsel kom voor as vandag in reël 9 as vindag uitgespreek word? (1) 3.7 Die aksenttekens op die onderstreepte woord in reël 11 kan, onder andere, ’n uitheffings-/beklemtoningsfunksie vervul. Gee ’n ander rede waarom die aksenttekens hier effektief gebruik is. (1) 3.8 Watter woord wat in reël 12 gebruik word, word aan Afrika-tale ontleen? (1) 3.9 Verander die onderstreepte byvoeglike naamwoord in reël 13 na ’n bywoord en gebruik dit in jou eie sin. (1) 3.10 Wie is die teikenmark van hierdie advertensie? (1) [10] EN VRAAG 4: VISUELE TEKSTE Lees die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2015 NSS Raampie 4 Raampie 5 Raampie 6 Raampie 7 Raampie 8 Raampie 9 Raampie 10 Raampie 11 Raampie 12 Tipiese ‘Waterdraer’. [Aangepas uit Kekkel en Kloek, Wim Bosman 1996] 4.1 Benoem die onderstreepte woord in raampie 1 volledig. (1) 4.2 Vorm ’n samestellende afleiding met behulp van opstel + skryf (raampie 1). (1) 4.3 Wat suggereer die woorde van die donker hen in raampie 2? (1) 4.4 In raampie 3 verwys die spreker na 'n duisend jaar. Gee EEN woord vir ’n tydperk van 'n duisend jaar. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2015 NSS 4.5 Voltooi die idioom in raampie 4 deur die ontbrekende woorde neer te skryf. (1) 4.6 Wat is die funksie van die beletseltekens in raampie 5? (1) 4.7 Skryf die wit hen se woorde in raampie 8 in die indirekte rede oor. (1) 4.8 Verduidelik hoe die laaste woord in raampie 9 se betekenis verander indien dit as twee woorde geskryf word. (1) 4.9 Skryf ’n verduidelikende sin waarin jy die onderstreepte woord in raampie 10 in ’n ander betekenisverband gebruik. (1) 4.10 Verklaar die ironie in raampie 12. (1) [10] VRAAG 5: ARTIKEL Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. “EK JOU SONBRIL!” 1 Seep, lyfroom, badsout! My vriende weet hulle (5.1) moenie onverwags vir my by Spar “sepies en twakkies” koop vandag nie. Dit sê vir my jy dink ek het ’n (5.3) stort nodig. 2 Serpe! Wat ’n (5.4) verrassing, nè? (5.5) Vat dit van my af: Die keuse van ’n serp is nogal persoonlik. Laat ons dit self vir ons koop. 3 ’n Boek! Beslis, maar kyk dan mooi wat voor in jou boek staan. (5.6) Ek het ’n boek ontvang – en opgewonde daardeur geblaai … Op die eerste bladsy lees ek: “Eiendom van ABC” (waar my vriend werk). 4 Wat koop jy dan? Iets wat iemand laat glimlag! ’n Bottel wyn. ’n Geskenkbewys vir ’n massering. ’n Boek (kyk voorin, reg?) Vroue hou van mooi geskenke soos juwele, ornamente of selfs ’n (5.7) KKNK-kaartjiepakket! 5 Moederlief sê altyd: Die geheim van ’n geskenk lê in die tyd wat jy daaraan (5.8) spandeer het. 6 Soos wat gebeur het met my vriendin, Vans. Ek het een jaar net nie by ’n winkel uitgekom nie en (5.9) Moeks gevra om vir Vans ’n geskenk te gaan koop. 7 Maande later lê ek en Vans op die strand: “Ek hou van jou sonbril. Dis werklik (5.10) (opmerksaam/opmerklik). Waar het jy dit gekoop?” 8 Moeks was reg. [Aangepas uit My Tyd, 8 Desember 2013] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2015 NSS 5.1 Gee die korrekte woordorde van die onderstreepte sin in paragraaf 1. (1) 5.2 Watter gesindheid dra die gebruik van die verkleinwoorde “sepies en twakkies” in paragraaf 1 oor? (1) 5.3 Gebruik die homoniem van die onderstreepte enkele woord in paragraaf 1 in ’n verklarende sin. (1) 5.4 Die weglating van een r in die gekursiveerde woord in paragraaf 2 verander die betekenis van die woord. Gebruik dié woord in ’n verklarende sin om bogenoemde stelling te bewys. (1) 5.5 Verbeter die anglisisme in die onderstreepte sin van paragraaf 2 deur dit in korrekte Afrikaans te skryf. (1) 5.6 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die gebiedende wyse oor. (1) 5.7 Skryf die onderstreepte akroniem in paragraaf 4 volledig uit. (1) 5.8 Vervang die onderstreepte werkwoord in paragraaf 5 met ’n meer gepaste woord. (1) 5.9 Skryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 6 in die direkte rede oor. (1) 5.10 Skryf die korrekte paroniem in paragraaf 7 neer. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all