Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRHL.1
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2020
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
OGGENDSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 681.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2020
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)60 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
DIE MANIPULASIE OP JOU BORD
1 Die mensdom kan nou maar eenmaal nie ophou karring aan hulle
omstandighede nie. Dit is natuurlik so omdat die mens altyd na meer en beter
hunker. Dit is een van die redes waarom die mensspesie oor die jare so
suksesvol was. Dus is dit te verstane waarom ons ook al hoe meer na beter en
gesonder kos vra. 5
2 Geneties gemodifiseerde* organismes (GGO) is een voorbeeld van hoe die
mens se strewe na meer en gesonder kos bogenoemde hunkering bevestig.
Maar die gebruik van biotegnologie om spesifiek geneties gemanipuleerde
voedsel te skep laat mense met agterdog oor hierdie tegnologie.
3 Biotegnologie (wat GGO insluit) is al van oertye af deel van die mens se 10
lewensverhaal en word van die vroegste tye af geassosieer met
voedselvoorsiening en uitdagings soos wanvoeding of hongersnood. Deesdae
sluit biotegnologie egter veel meer in: van die ontwikkeling van nuwe medisyne
tot kunsmatige intelligensie en die uiteindelike eenwording van mens met
masjien. 15
4 GGO is organismes waarvan die genetiese struktuur verander (gemodifiseer of
gemanipuleer**) is sodat dit nie deur, onder andere, siektes of insekte aangetas
word nie. Die eerste kommersieel verboude GGO wat in die negentigs
koerantopskrifte gehaal het, was die "Flavr Savr"-tamatie wat van 1994 tot 1997
op winkelrakke beskikbaar was. Dié tamatie is aangepas om stadiger ryp te 20
word om die fermheid daarvan te behou. Hierdie mylpaal om gewasse deur
middel van biotegnologie te kweek, het geblyk 'n wenresep te wees.
5 In 2016 is ongeveer 185,1 miljoen hektaar biotegnologiese gewasse deur sowat
18 miljoen boere in 19 ontwikkelende lande volgens geneties gemanipuleerde
prosesse verbou. Dit is egter so dat 'n land soos Brittanje steeds nie die 25
verbouing van GGO toelaat nie, maar hulle voer wel sulke produkte in en hulle
wetgewing reguleer dít baie streng. Navorsing dui wel daarop dat Brittanje, nes
al hoe meer ander lande, tans in die ontwikkeling van biotegnologiese gewasse
belangstel en toenemend navorsing oor GGO doen.
6 Wetenskaplikes wat die ontwikkeling van geneties gemanipuleerde voedsel 30
navors, worstel met dié vraag: Hoe kan die voorsiening van voedsel verseker
word in 'n wêreld wat deur uitdagings soos klimaatsverandering en
bevolkingsgroei in die gesig gestaar word? Omtrent 1 uit elke 9 mense op die
planeet het tans nie genoeg voedsel om gesond te eet nie, aldus die
Wêreldvoedselprogram. Die meerderheid van dié mense woon in 35
ontwikkelende kontinente soos Asië en Afrika.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS
7 Biotegnologiese navorsing word daarom gesien as een van baie strategieë wat
wêreldwyd armoede en omgewingsaftakeling moet aanpak, veral waar dit
boere wat in ontwikkelende lande op klein skaal boer, bemagtig. Hulle kan
hierdie inligting oor genetiese manipulasie van gewasse gebruik om beter vir 40
droogtes te beplan, gewasse te plant wat teen onkruid bestand is, die invloed
van gifstowwe op hulle gewasse minimaliseer en die voedingswaarde van
sekere gewasse bepaal om suksesvoller te boer.
8 Met betrekking tot die navorsing van genetiese manipulasie, verduidelik
Jennifer Thompson (professor in die Departement van Molekulêre en 45
Selbiologie aan die Universiteit van Kaapstad) die proses soos volg:
"Genetiese manipulasie laat jou toe om 'n geen*** van enige organisme oor te
plaas in 'n ander organisme om strukture te kweek, wat nie noodwendig reeds
in die organisme is nie." Sy noem dan ter verduideliking die voorbeeld van rys
wat dikwels nie oor genoeg natuurlike vitamien A-vlakke beskik nie. "Deur die 50
rys egter geneties te manipuleer, kan vitamien A-vlakke daarin verryk word
sodat kinders wat drie keer per dag rys eet, nie gesondheidsprobleme ontwikkel
nie."
9 Sy wys verder daarop dat die meeste van die kossoorte wat ons deesdae eet,
of dit "organies" of volgens "normale" landboumetodes verbou is, in die een of 55
ander stadium genetiese manipulasie ondergaan het: hetsy op die landerye of
in laboratoriums waar dit aan kruisteling of gevorderde biotegnologiese
tegnieke onderwerp is. "Dit is dus 'n veilige metode om gewasse 'sterker' en
gesonder vir menslike gebruik te maak," aldus Thompson.
10 In aansluiting hierby wys mediese navorsing daarop dat daar tot dusver nog 60
geen wetenskaplike bewyse geboekstaaf is dat GGO negatiewe
gesondheidsgevolge vir mens of dier inhou nie. Sowat 90 persent van
wetenskaplikes glo tans dat GGO veilig is. "Miljoene diere en mense eet
onwetend van hierdie geneties gemanipuleerde kossoorte sonder om iets
daarvan oor te kom," bevestig Thompson onlangse bevindings – maar die 65
verbruiker bly sku wanneer hulle die GGO-teken op kosverpakkings sien. En sy
verstaan nie hoekom hulle so reageer nie. "Hulle sien dit waarskynlik as
eksperimentering met gewasse en hulle hou nie daarvan dat hulle sulke kos
moet eet nie," sê Thompson.
11 Skeptiese verbruikers skram weg van geneties gemanipuleerde produkte omdat 70
dit volgens hulle "onnatuurlik" en duur is. Hulle is vas daarvan oortuig dat dit
sleg vir jou gesondheid is, en finansieel buite die bereik van baie produsente is.
Dit is egter denkfoute, aldus Thompson. "Geneties gemanipuleerde gewasse
gaan deur 'n rits kontroletoetse om die veiligheid daarvan te verseker en banke
staan boere finansieel by indien hulle biotegnologie op hul plase wil toepas." 75
12 Maar ondanks al bogenoemde kwellings glo Thompson steeds aan die meriete
van GGO: "Sit maar 'n mielietjie op die kole wat die GMO-teken dra, jy sal niks
daarvan oorkom nie."
[Verwerk uit TAALGENOOT, Winter 2018]
* Gemodifiseerde: ander vorm gee; wysig; aanpas
** Manipuleer: bewerk om die verlangde resultaat te bereik
*** Geen: die deel van 'n sel wat bepaal hoe 'n organisme ontwikkel, groei en lyk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS
TEKS B: VISUELE TEKS
DIE NUUSBLAD
WÊRELD SE EERSTE
PROEFBUIS-
FRIKKADEL
En dis nou maar wors ...
[Verwerk uit Die Burger, 10 Augustus 2013]
VRAE: TEKS A
1.1 Waarom karring mense gedurig aan hulle omstandighede? (1)
1.2 Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat op die gevolg van dié gekarring van
die mens dui. (1)
1.3 Herlees paragraaf 3.
Hoe weet die leser dat gemanipuleerde/gemodifiseerde voedsel nie 'n nuutjie
is nie? Verskaf TWEE redes waarom die ontwikkeling van gemanipuleerde/
gemodifiseerde voedsel geregverdig kan word. (3)
1.4 Noem TWEE klemverskuiwings wat biotegnologie ondergaan het. Kies EEN
van jou antwoorde en motiveer of hierdie klemverskuiwing 'n positiewe of
negatiewe gevolg vir die mens inhou. (3)
1.5 Waarom was die "Flavr Savr"-tamatie in die negentigs nuuswaardig? Noem
ook TWEE verskille tussen die "Flavr Savr"-tamatie en ander tamaties. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS
1.6 Noem TWEE redes waarom die skrywer die statistiek in die onderstreepte sin
in paragraaf 5 by hierdie artikel ingesluit het. (2)
1.7 Dink jy dat 'n land soos Brittanje toegelaat moet word om geneties
gemanipuleerde produkte in te voer? Motiveer jou antwoord. (1)
1.8 Waarom, dink jy, is klimaatsveranderinge en bevolkingsgroei onderskeidelik
belangrik wanneer wetenskaplikes navorsing oor die volhoubaarheid van
GM voedselvoorsiening doen? (2)
1.9 Hoe kan kleinskaalboere die navorsing oor geneties gemanipuleerde gewasse
tot hulle voordeel gebruik? (4)
1.10 Hoe sluit prof. Jennifer Thompson se verduideliking van die genetiese
manipulasie van rys by die laaste sin van paragraaf 1 aan? (1)
1.11 Verbruikers is skepties oor kos wat die GMO-merk bevat.
1.11.1 Herlees paragraaf 9 en 11.
Waarin is die ironie opgesluit indien 'n leser die verbruiker se
skeptisisme oor hierdie soort kos beoordeel? (1)
1.11.2 Dink jy, na aanleiding van dié artikel, dat 'n verbruiker rede tot
skeptisisme het wanneer dit by geneties gemanipuleerde produkte
kom? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2)
1.12 Prof. Thompson slaag in haar verduideliking in paragraaf 11 dat geneties
gemanipuleerde gewasse veilig vir menslike gebruik is.
Motiveer waarom 'n leser met bogenoemde stelling kan saamstem. (1)
VRAE: TEKS B
1.13 Watter TWEE visuele aanduidings in die teks dui daarop dat die ma nie
behendig in die kombuis is nie? (2)
1.14 Dink jy die muis, links onder in die hoek van die spotprent, se woorde is
gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS A EN B
1.15 In watter opsig is daar 'n verband tussen paragraaf 4 en 10 van TEKS A en
die inhoud van TEKS B? Verwys afsonderlik in jou antwoord na die verband
van elkeen van dié paragrawe met TEKS B. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE maniere om ekstra geld
te verdien.
LET WEL:
1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
VERDIEN 'N EKSTRA INKOMSTE
Om maandeliks finansieel te oorleef word al moeiliker. Dit word noodsaaklik om aan
maniere te dink om 'n paar ekstra rande te verdien. In jou gemeenskap moet daar iewers
'n behoefte bestaan wat jy kan benut.
Een manier is om jouself teen betaling as 'n motorbestuurder vir partytjiegangers wat na 'n
aandjie uit by die huis wil kom, uit te huur. Dit verseker hulle van 'n veilige rit huis toe én
hulle is bereid om daarvoor te betaal.
As bejaardes jou passie is, kan jy weekliks 'n draai by ouetehuise maak om die inwoners
te help om hulle hare te versorg, wat 'n ekstra inkomste verseker. Troeteldierliefhebbers
sukkel met 'n soortgelyke probleem om hulle diere se voorkoms netjies te hou. 'n Mobiele
dieresalon kan ook vir jou finansieel tot voordeel strek wanneer jy verskillende dienste
lewer soos om die diere se hare te sny, hulle te bad en selfs hulle pelse te versorg.
Verder kan jy dalk jou dienste as partytjieorganiseerder aanbied vir werkende ma's wat nie
tyd het om kinderpartytjies te reël nie. As partytjieorganiseerder moet jy sorg dat jy alles
doen; die ma, haar kind en die gaste moet net opdaag en alles geniet. 'n Enkelma met 'n
nuwe baba sal met graagte vir enige hulp met gewone huistake soos wasgoed was, die
huis stofsuig of selfs skottelgoed was, betaal. Hierdie hulp met huistake sal haar meer
geleentheid bied om die baba te versorg en haar ander verantwoordelikhede na te kom.
As bogenoemde nie in jou kraal pas nie en jy dalk ondervinding in webontwerp het, kan jy
hierdie vaardigheid tot jou voordeel gebruik. Skep 'n aanlyn profiel op webtuistes waar jy
advertensiespasie aan mense verkoop wat hulle dienste wil adverteer. Aangesien meer
sakemense deesdae bewus is van die voordele van 'n aanlyn teenwoordigheid, behoort
hierdie wenk jou heelwat geld in die sak te bring.
Moontlik kan jy dit dalk oorweeg om Saterdagoggende voor 'n winkelsentrum worsrolletjies
te verkoop. Onthou net om voor die tyd toestemming by die winkelsentrum se bestuur te
verkry.
Daar is dus verskeie maniere om met jou talente te woeker sodat jy jou inkomste kan
aanvul.
[Aangepas uit https://finansies.solidariteit.co.za/ekstra-inkomste]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1
2
3 ONS GLO DAT ONS NET DIE GESKENK VIR JOU HET!
4 Wanneer jy vir jou (3.5) geskenke van goud kies,
5 moenie oorhaastig wees nie. Verwelkom die
6 onafhanklikheid, die luuksheid om in staat te wees
7 om bederf te word, soos net jy verdien. Buitendien,
8 niemand kan 'n (3.6) beter geskenk vir jou kies as
9 net jy nie. 9 karaat-roosgoudoorbelle met ametis,
10 pienk saffiere en diamante.
11 Besoek NOMZAMO MTI vir juwele wat skitter in
12 Afrika-styl.
[Aangepas uit www.arthurkaplan.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAE: TEKS D
3.1 Watter soort voornaamwoord is die woord in reël 2? (1)
3.2 Is die prentjie van die oorbelle in die opskrif gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
3.3 Skryf 'n woord uit reël 3 neer wat op 'n mening dui. Herskryf nou hierdie reël
sodat dit 'n feit vorm. (2)
3.4 Herskryf die onderstreepte sin in reël 4 en 5 in die verlede tyd. (1)
3.5 Gee die verkleinwoord van die vetgedrukte woord in reël 4. Gebruik nou die
sinoniem van jou antwoord in 'n verklarende sin. (2)
3.6 Gee die oortreffende trap van die vetgedrukte woord in reël 8. (1)
3.7 Skryf DRIE opeenvolgende woorde uit reëls 9 tot 12 neer wat die adverteerder
as 'n oorredingstegniek gebruik. (1)
3.8 Waarom is Nomzamo Mti in hoofletters? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
ZITS
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Wil jy dan net virrie volgende Kom ons 'n Baie interessante Net die drie Hulle bied die
universiteite aansoek doen: Malopo, loer vinnig keuse wat jy groot "partytjie"- beste grade in
Tweefontein en Heatherbank? Kan jy hierna. gemaak het, my universiteite op sosiale tydverdryf
dit eers met ons bespreek voordat jy Mmm … seun. jou lys, my aan, Pa.
finaal besluit, Zitsie? seun?
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
As ek nie toelating Dit gaan beslis Pa gaan nog Pa se woorde sluk. Ou seun, jy was Ek is seker dit
(4.5) ... universiteit- 'n tsoenami in Ek gaan eendag net so ryk soos nog altyd 'n sal, Pa. Ek was
studie kry nie, word die musiekbe- Hemelbesem word! aartsoptimis! Ek nog altyd
ek dalk maar 'n dryf veroor- hoop van harte jou suksesvol in
rymkletser soos saak! planne realiseer. alles wat ek
Hemelbesem! aangepak het.
[Verwerk uit www.zitzcomics.com]
4.1 Benoem die klankverskynsel wat aanleiding gee tot die uitspraak van die
onderstreepte woord in RAAMPIE 1. (1)
4.2 Verduidelik onderskeidelik die gebruik van die twee kommas in RAAMPIE 1. (2)
4.3 Herskryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 2 in die vraende sinswyse. (1)
4.4 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die pa se vraag in RAAMPIE 3?
Verduidelik ook waarom Zits se reaksie in RAAMPIE 3 as sarkasties
geïnterpreteer kan word. (2)
4.5 Skryf die voorsetsel neer wat in die eerste spraakborrel van RAAMPIE 4
ontbreek. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS
4.6 Wat is die konnotatiewe verklaring vir die onderstreepte woord in
RAAMPIE 4? (1)
4.7 Verbind die twee sinne in RAAMPIE 5 met 'n gepaste onderskikkende
voegwoord. (1)
4.8 Verklaar die betekenis van die voorvoegsel in die onderstreepte woord in
RAAMPIE 6. (1)
[10]
VRAAG 5: TYDSKRIFARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
ONS IS BRAAI EN BRAAI IS ONS
Annami Mailovich
1 Ons diverse kultuuridentiteite word dikwels deur kos gevorm wanneer mense
saans heel gesellig om die kospotte saamkuier.
2 Vir die meeste Suid-Afrikaners ‒ van 'n padwerker tot 'n (5.3) ingenieur ‒ is 'n
maaltyd nie 'n maaltyd mits daar nie ook 'n stukkie vleis op die bord lê nie. Geen
wonder dat Erfenisdag in die volksmond sinoniem met (5.4) "Braaidag" geword 5
het nie.
3 (5.5) Die Khoisan was waarskynlik die eerste kultuurgroep wat drie soorte vleis
op een vuur gaargemaak het. Verskeie ander kultuurgroepe maak ook vleis oor
die (5.6) kole gaar. Daarom het vleisbraaiery oor die kultuurgrense heen
Suid-Afrikaans geword. Selfs jou Engelse buurman gaan jou waarskynlik ook na 10
'n braai toe nooi. Geselsies om braaivleisvure is iets wat Suid-Afrikaners van alle
kultuurgroepe saam kan vier.
4 En kyk, Suid-Afrikaners het braai al tot 'n fyn kuns vervolmaak ‒ en dít is wat
braai so uniek maak. Ons stamp selfs kop oor die soort hout wat vir verskillende
vleissnitte gebruik moet word, maar sonder om mekaar se gevoelens te 15
(5.7) kwets.
5 Vleisbraai en die regte hout gaan hand aan hand, net soos braaivleis en pap.
(5.8) Mieliepap ‒ in al sy variëteite ‒ is die een dis wat wyd onder
Suid-Afrikaners gedeel word en wat almal kan bekostig. By 'n Zoeloe-braai op
die platteland sal jy waarskynlik met 'n karba vol heerlike koringbier verwelkom 20
word. Vir poeding is daar die koeksister en sy Kaaps-Maleise naamgenoot, die
koesister, iets wat binnelanders glad nie ken nie. Degerig, soeterig en op sy
beste warm bedien.
6 Kom, vul dus vandag jou kospotte met tipies Suid-Afrikaanse kos! Iemand het
per geleentheid gesê Suid-Afrika is 'n smorgasbord* van diverse smulkos. 25
* 'n Verskeidenheid koue vleissoorte, patee, gerookte salm en ander koue of warm soutgeregte, sowel as slaaie,
tradisioneel in Skandinawië voorgesit as voorgereg of as 'n buffetete. (HAT: 2015)
[Verwerk uit TAALGENOOT, Winter 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS
5.1 Skryf 'n woord wat 'n diftong bevat uit die titel neer en onderstreep die
diftong. (1)
5.2 Skryf uit paragraaf 1 slegs die hoofsin en daarna slegs die bywoordelike
bepaling van plek neer. (2)
5.3 Kort die onderstreepte woord in paragraaf 2 (reël 3) korrek af. (1)
5.4 Gebruik die kern van die onderstreepte samestelling in paragraaf 2 (reël 5)
as 'n bepaler in 'n nuwe samestelling van jou eie. (1)
5.5 Skryf die bepaalde rangtelwoord wat in die onderstreepte sin in paragraaf 3
voorkom, neer. (1)
5.6 Gee 'n idioom met "kole" as kern wat beteken dat iemand raaskry. (1)
5.7 Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 4 se doeblet in 'n verklarende
sin. (1)
5.8 Herskryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 5 deur die leestekens met
ander leestekens wat dieselfde funksie het, te vervang. Gee ook die funksie
van dié leestekens in die sin. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper