Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2014
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)









View all
Afrikaans HL P1 Nov 2014 hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS 1: ARTIKEL
Oppas, die taal muf!
Waarom hoor ons deesdae al hoe minder idiomatiese
taalgebruik/gesegdes in ons omgangstaal?
Maretha Botes lê die vinger op die wond.
1 Noem Afrikaanse gesegdes die taalspeserye, want daarsonder sou Afrikaans
(of enige ander taal) maar saai geklink het. Kenners is van mening dat die
meeste jonges van vandag so min van Afrikaanse gesegdes as ’n kat van
saffraan weet.
2 Die jonges hamer op dieselfde aambeeld en hulle taalgebruik is bra vervelig
en met vaal clichés besaai. As idiome gebruik word, is dit dikwels uit konteks
of heeltemal verkeerd aangehaal. Dit is glad nie ’n verrassing as ’n kind in ’n
toets oor Afrikaanse idiome skryf “hoe meer haas hoe minder wortel” nie.
3 “Idiome is ’n belangrike deel van ons oggend- en aandpraatjies,” meen prof.
Rufus Gouws, van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die
Universiteit van Stellenbosch. “’n Kenmerk van ’n bedrewe moedertaal-
spreker is die korrekte en veral gepaste gebruik van idiome.”
4 Prof. Ernst Kotzé, voorheen verbonde aan die Nelson Mandela
Metropolitaanse Universiteit, sê die idiomeskat by jong Afrikaanssprekendes
is inderdaad aan die verskraal. Volgens hom maak jong sprekers al hoe meer
staat op hul onderbewuste kennis van Engelse segswyses, wat dan
woordeliks vertaal word. Dit neem in baie gevalle die plek van die ou,
voorheen bekende, Afrikaanse idiome in.
5 ’n Rede vir die agteruitgang van idioomgebruik is waarskynlik die verskraalde
leeskultuur onder jongmense. “Die nie-metaforiese taal van sms’e en e-posse
kan ook ’n rol speel,” meen prof. Gouws. “Idiome is juis deel van kreatiewe
taalgebruik, wat veral in boeke en tydskrifte neerslag vind,” stem prof. Kotzé
saam.
6 “’n Mens moet onthou dat idiome ’n betekeniswaarde van hul eie ontwikkel,
en nie noodwendig die oorspronklike betekenisse weerspieël wat tot hul
ontstaan aanleiding gegee het nie,” sê prof. Kotzé. Die oorspronklike
betekenisverband vervaag by elke nuwe geslag sprekers en die verband
tussen die letterlike en figuurlike betekenis verskraal totdat die oorspronklike
betekenis uiteindelik irrelevant word.” Hy meen dis eerder die taalervaring
van die gemeenskap wat ’n rol by die gebruik, of nie, van idiome speel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2014
NSS
7 Die taalervaring van jong, stedelike sprekers van Afrikaans is al hoe meer
aan die verander na ’n meertalige konteks, waar Engels ’n steeds
groterwordende rol speel, meen prof. Kotze. “Op die platteland en in
(Afrikaanse) taalgemeenskappe wat minder aan eksterne invloede
blootgestel is, kan ’n mens verwag dat (a) die ryk, oorgeërfde woordeskat
langer in gebruik sal bly en (b) nuutskeppings in Afrikaans self sal ontwikkel.
Daarenteen sal die kreatiwiteit van jong sprekers, wat in stedelike gebiede
woon, vermoedelik ook uit hul passiewe kennis van Engels idiomatiese
uitdrukkings put en dit in Afrikaans weergee. (En dit is wat meer
taalsensitiewe gebruikers so kan irriteer!)
8 “Hiermee wil ek nie sê ek dink jong sprekers is minder kreatief as die ouer
garde nie. Hul taalgebruiksomgewing speel egter ’n belangrike rol by die
gebruik van ouer vorme en die skep van nuwes. Dit kan byvoorbeeld beteken
dat ouer vorme by nuwe kontekste aangepas word. ’n Jong TV-nuusleser kan
die uitdrukking ‘’n stok (of speek) in die wiel steek’, aanpas en kommentaar
lewer op ’n deelnemer aan die Tour de France wat ‘’n stokkie in die speke
van die voorloper gesteek het’ en die skof gewen het.”
9 Hy meen Afrikaans kan verryk word deur onderwysers wat taalsensitief is en
die idioomskat van die taal kreatief aanpas en uitbou. Die opstellers van
taalhandboeke op skool moet fyn na nuutskeppings kyk asook na die
kurrikulum wat op skool onderrig word. “Daardeur sal leerders op skool hulle
nie net met die sêkrag van Afrikaans kan identifiseer nie, maar ook geprikkel
word om self kreatief met die woordeskat om te gaan.”
10 Deur verskillende hulpmiddels (soos die korpus* van moderne Afrikaans) kan
ons ook vasstel in watter mate “ouer” vorme steeds gebruik word en
mettertyd ook of nuwer vorme in die skeppende en algemene woordeskat
van die taal inslag gevind het.
11 Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, meen die advertensiebedryf
speel ’n groot rol in die skep van nuwe idiome en uitdrukkings, veral as
iemand met iets vorendag kan kom wat vanself in die volksmond gaan lê.
“Soms kom ’n mens af op ’n nuwe sêding wat totaal vreemd is, maar bloot by
die sê daarvan verstaan jy die betekenis. ‘Jy vat my handvatsels glad’ is ’n
voorbeeld daarvan. Jy kan mos nou hoor jy moenie verder met hierdie mens
mors nie – klaar goed opgevryf vir die dag!” sê sy.
12 Lindie Oppermann, ontwikkelaar van Idio, die idiome-bordspeletjie, meen
idiome en die gebruik daarvan is beslis nie aan die kwyn nie. Idio is geskep
met die doel dat mense dit sal speel, sal geniet en bowenal met nuwe idiome
in hul woordeskat sal wegstap om hul taal ryker en voller te maak. “Nuwe
idiome word dikwels geskep, veral binne sekere ouderdomsgroepe of sekere
geografiese gebiede. Of hulle die woordeboek bereik, is ’n ander kwessie ...”
sê sy.
*korpus: 1. Versameling dinge van dieselfde soort. 2. Geheel van versamelde materiaal by
wetenskaplike ondersoek. 3. Elektroniese versameling taalmateriaal. [Uit: HAT, 2011]
[Aangepas uit Vrouekeur, 20 September 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2014
NSS
1.1 Herlees die titel, subopskrif en paragraaf 1.
1.1.1 Wat beteken dit as die taal muf ? (1)
1.1.2 Haal EEN woord uit die subopskrif aan wat by die titel aansluit. (1)
1.1.3 Waarna verwys taalspeserye in hierdie artikel? (1)
1.2 Sê wat die onderstreepte idioom in paragraaf 1 beteken en haal TWEE
stellings uit paragraaf 2 aan wat die skrywer gebruik om dié betekenis mee
uit te brei. (3)
1.3 Herlees paragraaf 3–5.
1.3.1 Hoekom is die stellings wat in dié paragrawe voorkom,
geloofwaardig? (1)
1.3.2 Wat is die oorsaak van ’n verskraalde idiomeskat? (1)
1.3.3 Watter TWEE oplossings word deur prof. Gouws se woorde
gesuggereer? (2)
1.4 Gee die verskille tussen die plattelandse en stedelike taalgemeenskappe ten
opsigte van hul taalervarings. (4)
1.5 In paragraaf 8 huldig prof. Kotzé ’n bepaalde siening oor jong taalgebruikers.
Is hy bevooroordeeld? Motiveer jou antwoord. (1)
1.6 Aan watter TWEE voorwaardes moet skole voldoen sodat leerders kreatief
met woordeskat kan omgaan? (2)
1.7 Waarna verwys die korpus in die parentese (paragraaf 10)? (1)
1.8 Hoe verskil Lindie Oppermann se mening oor idiome van die skryfster van
hierdie artikel s’n? (2)
1.9 Lindie Oppermann is van mening dat die speel van Idio die gebruik van
idiome sal aanmoedig. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord. (1)
1.10 Dink jy die titel pas by die inhoud van die artikel? Motiveer jou antwoord deur
na die inhoud van die artikel te verwys. (3)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2014
NSS
TEKS 2: ADVERTENSIE
1
2
3
4 Kom kuier saam in die taal wat weet hoe om te baljaar.
5 Sien jou by die Standard Bank verhoog. Innibos saam met
6 Standard Bank vanaf 29 Junie tot 2 Julie.
7 Gaan na www.innibos.co.za vir meer inligting.
TM
8 Voluit vorentoe
[Aangepas uit: mytyd, 26 Junie 2011]
1.11 Kom ons kuier ’n hond uit ’n bos uit.
1.11.1 Waar sal iemand, volgens die advertensie, ’n hond uit ’n bos uit kuier? (1)
1.11.2 Hoekom dink jy is hierdie spesifieke idioom by dié advertensie
gebruik? (1)
1.11.3 Hoe dra die plasing van dié woorde tot die sukses van die advertensie
by? (1)
1.12 Johanna van Eeden se uitsprake (TEKS 1) bevestig wat in die advertensie hier
na vore kom. Motiveer. (1)
1.13 Wie is die teikengroep van die advertensie? Motiveer jou antwoord. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
1. Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE wenke vir verliefdes
wat ’n suksesvolle verhouding wil verseker.
2. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
SUKSESVOLLE SKOOLKYSE VRA AANDAG
Verlief, of stel jy belang in ’n suksesvolle verhouding? Hier is raad!
Wanneer julle mekaar vir ’n beperkte tydjie ken, hou julle bloot van mekaar en kan julle
nié vir mekaar lief wees nie omdat die ou gesegde steeds waar bly: trou is nie
perdekoop nie! Buitendien: daar is ’n wêreld se verskil tussen rooi hakskeentjies en die
ware Jakob!
Waaraan behoort ’n verliefde dan aandag te gee?
Skoonheid is redelik belangrik, desnieteenstaande vergaan dit – voorkoms kan
misleidend wees! Selfs rykdom hou ernstige komplikasies in, want dit word bedreig
deur mot en roes. Kyk eerder na iemand wat die allerbeste eienskappe in jou uitbring
en dit waardeer, want navorsing oor verhoudings op hoërskoolvlak het bewys dat dit ’n
positiewe ervaring kan wees.
Kommunikasie is die sleutel tot sukses, met die teenoorgestelde geslag én ook met
haar/sy ouers, aangesien mense mekaar so leer ken. Moet nooit die krag van ’n
vinnige gesprekkie of ’n eenvoudige briefie geringskat nie.
Om mekaar se ouers te ontmoet, met hulle gemaklike, spontane gesprekke te voer en
saam te kuier – al is die pa hoe vreesaanjaend en al vra die ma hoeveel vrae oor jou
toekomsplanne – is noodsaaklik, en op die koop toe, ’n intelligente strategie!
Dit sal ook slim wees om met jou meisie/ou se vriende bevriend te wees, want
sodanige vriendskap beteken ondersteuning, saam lag en saam dinge doen. Om in
groepe te kuier is verantwoordelike tydsbesteding vir verliefdes.
Sorg dat 70% van julle gesprekke plaasvind waar julle mekaar in die oë kan kyk –
beloftes is minder leeg as jy dit maak wanneer jy langs die geliefde staan as wanneer
jy haastige boodskappies halfpad-deur-die-slaap aan die ander een stuur.
Geen verhouding moet jou lewe oorneem nie; moenie prioriteite (skoolwerk, sport-
en/of kultuuraktiwiteite) afskeep om meer tyd saam met hom/haar deur te bring nie.
Die oumense het gewaarsku: Vroeg ryp, vroeg vrot! Moet dus nooit die pap met ’n
warm vryery te dik aanmaak nie! Daar is, immers, ’n rede waarom geleerdes
vriendskap as die basis van blywende, geslaagde verhoudings en huwelike aandui! Dit
kweek waardering, vertroue en begrip wat bydra tot (uiteindelike) liefde.
[Aangepas uit Jip, 5 Augustus 2013]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1
2
3
4
5
6
7
8 Grondboontjiebotter
9
stroopsmeer
10 ILLOVO GRONDBOONTJIEBOTTER & STROOPSMEER
11 is ’n smullekker kombinasie van energie en proteïene.
12 Hierdie smeer is doodmaklik om op toebroodjies, snoepgoed en
13 selfs koekies te gebruik. Kinders sal dit vir
14 ontbyt, middagete, nagereg en ander tye ook wil hê!
15 Soos u kan sien – grondboontjiebotter is heerlik.
[Aangepas uit Goeie Huishouding, September 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2014
NSS
3.1 Herskryf die sin in reël 1–3 deur ’n dubbelpunt en ellips in te vul. (2)
3.2 Lees reël 1–3.
3.2.1 Vervang die emotiewe woord met ’n neutrale woord wat die
oortuigingskrag van die advertensie verminder. (1)
3.2.2 Hoekom is die emotiewe woord in die advertensie ’n beter keuse vir
dié advertensie? (1)
3.3 Watter klankverskynsel kan by die uitspraak van die woord wonderlike
(reël 7) voorkom? (1)
3.4 Kyk na die onderstreepte woord in reël 10.
Gebruik die bepaler van dié woord as ’n kern in ’n ander samestelling. (1)
3.5 Skryf die afkorting van Beperk (logo) neer. (1)
3.6 Skryf die infinitief in reël 12–14 neer. (1)
3.7 Watter afleiding oor die gewildheid van die produk kan uit reël 14 gemaak
word? (1)
3.8 Skryf die woorde uit die teks wat op samevatting dui, neer. (1)
[10]
EN
VRAAG 4: VISUELE TEKS
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3
Ons moet vinnig nou ingaan Moet ons ingaan, ’n Doen mense Ek sal jou
en ’n boek vir jou boeklys boek kies en dit koop? dit nog? wys hoe.
aanskaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2014
NSS
Raampie 4 Raampie 5 Raampie 6
Kies ’n kategorie
Hoe kies jy ’n Tiener-
om die keuses afdeling
boek uit al dié
minder te maak.
rakke?
Beter? Baie!
Raampie 7 Raampie 8 Raampie 9
Ma, ek wil nie die hele somer Wel …?
’n vervelige boek lees nie!
Wat van
dié een? Sjuut!
Raampie 10 Raampie 11 Raampie 12
Zits: Chillax*? Twee ouens van Wie het Niemand
Ek sal dié my ouderdom dit
Waaroor gaan Dit klink van wie ek al
een vat. gaan na ’n geskryf? gehoor het
dit? nes jy!
konsert toe. nie.
* google die titel … dié boek is
werklik te koop.
Raampie 13 Raampie 14 Raampie 15
Ek is so bly jy Hmm … ek Wat is die rede vir jou … die voorblad is
het ’n boek is nogal boekkeuse? Die tema? Die groen en dit is ’n
gevind wat jy opgewonde. intrige? Die karakters? strokiesboek.
wil lees.
…
[Aangepas uit Beeld, 29 Julie 2013 tot 2 Augustus 2013]
4.1 Verbeter die woordorde van die sin in raampie 1. (1)
4.2 Haal ’n woord uit raampie 1–5 aan wat dieselfde beteken as afdeling
(raampie 6). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2014
NSS
4.3 Voeg die voegwoord voordat op die korrekte plek in die sin in raampie 2 in en
skryf die hele sin oor. (1)
4.4 Wat impliseer Jeremy met sy woorde in raampie 3? (1)
4.5 Die woord vervelig (raampie 7) word dikwels met verveeld verwar. Maak
TWEE verduidelikende sinne om die betekenisverskil aan te dui. (2)
4.6 Wat word met Jeremy se lyftaal in raampie 9 geïmpliseer? (1)
4.7 ’n Woord is in raampie 10 onderstreep. Benoem die woordsoort. (1)
4.8 Skryf Jeremy se ma se woorde in raampie 13 oor in die indirekte rede. Begin
jou antwoord met Sy ma sê ... (1)
4.9 Watter afleiding kan ons uit Jeremy se woorde in raampie 15 maak? (1)
[10]
EN
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die teks hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.
E vir eietydse eiegoed
’n Paar nuwe gunstelinggeregte het in die onlangse
verlede die toets van proe en tyd deurstaan en die
Suid-Afrikaanse kosskat 5.1 (verreik/verryk).
1 Eietydse eiegoed sou ’n mens hierdie eetgoed kon noem. Dit kan as nuwe
Suid-Afrikaanse geregte beskou word: Ouma Beskuit, Mrs. Ball’s-blatjang,
Peppermint Crisp-tert ...
2 Sedert Jan van Riebeeck se vestiging van ’n verversingspos aan die Kaap die
Goeie Hoop het die verskillende volkere se mense wat hier kom woon het, hul
lekkernye na die Suid-Afrikaanse tafel toe gebring. Hieronder tel tradisionele
geregte wat mettertyd hul ereplek in ons 5.3 (resep+skat) ingeneem het.
3 ’n Paar voorbeelde hiervan is bobotie wat waarskynlik oor honderde jare
ontwikkel het uit ’n stokou Romeinse gereg, en bredies met name soos
hutspot. In Suid-Afrika is bobotie ’n tradisionele Maleisiese gereg. Ons
souskluitjies het waarskynlik na aanleiding van Duitse kluitjies ontstaan,
koeksisters het ’n lang pad gekom van die vyftiende-eeuse Italiaanse crespelli
(deeg wat in diepvet gebak is) en toe in Holland krullers was voordat dit hier
koeksisters geword het!
4 Trou aan die aard van ’n lewendige kultuur, het ’n paar lekkernye die afgelope
paar 5.5 (tydperke van tien jaar) die lig gesien, en sonder slag of stoot Suid-
Afrika se kosgunstelinge geword.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2014
NSS
5 Laat die fokus eers val op Peppermint Crisp-tert: dit staan soos ’n paal
5.6 ... water dat dit die verleidelikste sonde op aarde – wat kos aanbetref – is!
6 Turkse lekkers is legendaries; Switserse sjokolade laat die meeste mense
swymel, maar Peppermint Crisp-tert sal hierdie wêreld bekende lekkernye
nog op hulle neuse laat kyk!
7 Moenie die nederige Peppermint Crisp-tert nie op sy baadjie takseer nie, want
dié gesogte lekkerny gaan Suid-Afrika nog sonder ’n eiervormige rugbybal of
ronde sokkerbal roem laat verwerf! Nederige sjokolade, tennisbeskuitjies,
room en kondensmelk haak vir ons die knoop deur!
[Aangepas uit taalgenoot, Julie/Augustus 2009]
5.1 Voltooi die subopskrif deur die korrekte woord neer te skryf. (1)
5.2 Hoe sluit die herkoms van die onderstreepte woorde in paragraaf 1 en
paragraaf 3 by mekaar aan? (1)
5.3 Lei die korrekte vorm van die onderstreepte woorde in paragraaf 2 af. (1)
5.4 Skryf die besitlike voornaamwoord wat in paragraaf 3 gebruik word, neer. (1)
5.5 Vervang die onderstreepte woorde in paragraaf 4 met EEN woord wat in die
sin pas. (1)
5.6 Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 5 neer. (1)
5.7 Watter taalverskynsel kom in paragraaf 5 voor? (1)
5.8 Herlees paragraaf 6 en skryf die woord wat verkeerd gespel is, neer. (1)
5.9 Wat is die basis van die woord gesogte in paragraaf 7? (1)
5.10 Skryf die laaste sin van die teks in die lydende vorm oor. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024 hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2014 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P3 Nov 2014 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2022 MG hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2021 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2020 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.





