Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 29
- File size
- 409.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 29
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
as korrek beskou.
7. Literêre opstel
As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.
8. Kontekstuele vrae
As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
I – Ironie I – Inhoud
K - Kontras S – Struktuur
Die kandidaat voorsien die literêre opstel van ’n gepaste inleiding, bv.
• Deur ironie en kontras geslaagd aan te wend, word die lewe van die mens duidelik
uitgebeeld.
• Daar kom ironie in die titel voor aangesien die titel die verwagting van ’n
graf/grave skep, maar die gedig handel oor die geboorte van beauty/’n
dogtertjie./Bv. “last grave at dimbaza” teenoor versreël 1: beauty douglas was born
• Daar kom ironie in die herhaling van reëls 1, 34 en 35 voor. Die vreugde oor die
geboorte van die kind is van korte duur, want in die slotstrofe word die
skokaankondiging oor die dood van dieselfde kind gemaak./Bv. versreël 1, 34–35:
beauty douglas was born ... “beauty douglas was born she died”
• In die naam wat aan die dogtertjie gegee word, kom geslaagde ironie voor.
Daar is geen mooiheid omtrent die tragiese verhaal van hierdie dogtertjie nie./Bv.
versreël 1: beauty douglas
• Die geboorte van die dogter het die potensiaal om tot rykdom vir die gesin te
lei, want die pa sal later ’n bruidskat vir haar betaal kan word. Die dogtertjie
sterf egter en die rykdom word nie werklikheid nie./Bv. versreël 7–8: oplaas ’n dogter
om beeste te kry om die wêreld te wei/versreël 16: o my man ek het beeste gebaar
• Die pa se moegheid is saans na harde werk in die myne weggeneem wanneer
hy van sy dogtertjie droom, maar sy was reeds dood toe die brief hom bereik
het, die moontlike drome wat hy vir sy kind in die vooruitsig gestel het, kan nie
werklikheid word nie omdat sy toe reeds gesterf het./sy moegheid kan nie meer deur
die drome van sy dogtertjie weggeneem word nie./versreël 30–31: saans as hy sy
moegheid streel het hy gedroom van sy meisiekind
• Die negatiewe aankondiging van die kind se dood, het op ’n sonskynmiddag,
die tyd wat met positiewe gedagtes verbind word, daar aangekom./Bv. versreël 32–
33: op ’n sonskynmiddag twee maande later het ’n brief uit mnxesha hom
teruggevind: ... “she died”
• Die pa is die vreugde om met die geboorte van sy kind by te wees, ontneem,
want hy moes die blye boodskap na die gebeurtenis deur middel van ’n brief
verneem, aangesien die werksgeleenthede in die stede was./Apartheid het gesinne
verdeel en van mekaar verwyder./Bv. versreël 11–12: Die ma het ’n briefie geskryf
aan haar man op die myne
• Die arm omstandighede kontrasteer met die sterre wat soos goud skyn./Bv.
versreël 4: en koerante kaal klip, versreël 18: met sterre soos goud.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Terwyl die ma omring is met mense tydens die geboorteproses is die man weg
van sy familie op die myne./Bv. versreël 6: en tien ander gesiggies, versreël 12:
aan haar man op die myne.
• Grave kontrasteer met born, want die titel kontrasteer met die geboorte van die
dogtertjie wat in die gedig beskryf word./Bv. “last grave at dimbaza”, versreël 1:
beauty douglas was born.
• Die positiewe gebeur in die nag (in die donker) terwyl die negatiewe in die dag
(lig) gebeur./Bv. versreël 1–2: was born op ’n wintersnag. versreël 32: Op ’n
sonskynmiddag twee maande later ...
• In die gedig is daar sprake van ’n kontrasterende stemming, want ’n vreugdevolle
stemming heers met die geboorte van die dogtertjie terwyl die wintersnag verlate
is/die slotstrofe op die hartseer van die dogtertjie se dood dui. /Bv. versreël 2: op ’n
wintersnag so all forlorn
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
Die kontras en ironie lig baie duidelik die verhaal van die dogtertjie/gesin uit.
10
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Een sprong vir ... – Joan Hambidge
Vraag Antwoord Punt
2.1 Kwatryn √ 1
2.2 “Jy wil weet”/“want jy het my die maan” √ 1
2.3 “want” √ 1
2.4 Hiperbool/oordrywing √ 1
EN
Die geliefde/aangesprokene het verreikende beloftes (wat nie nagekom kan
word nie) aan die spreker gemaak./ 1
Hy/sy het hom/haar alles belowe. √
In versreël 19–20 kom die spreker tot die insig dat dié beloftes nie meer 1
nagekom kan word nie. √
OF
Die spreker het agtergekom dat die verreikende beloftes nie nagekom word
nie. √√ 2
2.5 “die maan is hier” √ 1
2.6 Sinisme/ontnugtering/teleurstelling/teneergedruk/verwerping/hartseer/woede √ 1
Die woorde moet op ’n negatiewe emosie dui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.7 Ja, die gedig se uiterlike vorm lyk soos ’n vuurpyl (wat by die maanmotief
aansluit)/dui die reis na die maan en terug aan. √ 1
“jy stuur my na die maan”/“(à la) Neil Armstrong”√ 1
10
OF
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Nuus uit die binneland – Peter Blum
Vraag Antwoord Punt
3.1.1 “soms in die winter as die reën sag stuif” √ 1
3.1.2 ’n Rustige/dromerige/onwerklike/kalmerende/nostalgiese stemming √ 1
“drome”/“onwerklikheid”/“kalmeer”/“versink” √ 1
Die kandidaat kan nie ’n negatiewe stemming aanbied nie.
3.2 Die onwerklikheid gryp die spreker/leser./
Die spreker roep herinneringe op. √ 1
3.3.1 Onbekende persone/Mense wat na Holland/Engeland/Europa /die
beskawing/leefstyl van Holland/Engeland/Europa verlang/Bolanders/Suid-
Afrikaners/mense uit Afrika. √ 1
3.3.2 “ons” √ 1
3.4 Die spreker gee hom/haar oor aan die Hollandse droom/styl/leefwêreld./
Die spreker is bewus van verbygaande tyd wat hulle altyd weer insluk./
Die spreker word weggevoer. √ 1
3.5 Vergelyking/metafoor √
EN
Ja, dit is geregverdig. Wanneer die wind in Afrika waai, lyk die mense soos
miere wat in alle rigtings skarrel om van die wind weg te kom./
As die bergwinde waai, is daar nie vir jou skuiling nie en dan lyk almal soos
miere wat in alle rigtings beweeg. √ 2
3.6 Die leesteken beklemtoon die gevolgtrekking waartoe die spreker gekom het./
Die leesteken beklemtoon die daaropvolgende twee versreëls./
Beklemtoon die insig/kern van die gedig./
Lei die hoogtepunt in. √ 1
10
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Vroegherfs – NP van Wyk Louw
Vraag Antwoord Punt
4.1.1 “tot selfs die traagstes” √ 1
Skei die feit van die onvermydelike natuurveranderings van die onstuitbaarheid
van die proses (konteks).
4.1.2 “die eerste blare val” √ 1
4.2 Personifikasie √ 1
4.3 “O Heer (laat hierdie dae heilig word)” √ 1
4.4. “sieraad”/“pronk” √ 1
4.5.1 Dit plaas die woord stort in ’n rymposisie/voorregsposisie./vir beklemtoning./
Die dringendheid word visueel voorgestel./
Die woord “laat” word eerste geplaas en so word die wens eerste gestel. √ 1
4.5.2 Dit is noodsaaklik dat elke mens deur die stropingsproses gaan./
Die stropingsproses moet noodwendig ’n kragdadige proses wees. √ 1
4.6 Die mens moet geestelik groei./Die mens moet gestroop word van
pronk/sieraad/waan/dit wat geestelike groei belemmer. √ 1
Ja, want dit waarmee die spreker hier worstel, is maar dieselfde
grootworddinge waarmee ons sukkel.
OF
Nee, want die konteks waarin tieners grootword, verskil hemelsbreed./
Die agtergrond van die gedig het niks te make met tieners van vandag nie. √ 1
EN
Die kandidaat gee sy eie geskikte boodskap binne konteks, bv. Dit is belangrik
om die regte prioriteite in jou lewe te hê as jy ’n sukses van jou lewe wil maak. 1
Indien die kandidaat Nee aanbied,moet sy boodskap steeds by sy Nee-
motivering pas.
10
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Nelson Mandela – Johann Lodewyk Marais
Vraag Antwoord Punt
5.1 Gebroke rym √ 1
5.2 Die leser verwag dat die gedig oor Nelson Mandela gaan handel/’n politiese
gedig gaan wees.√ 1
Ja, die spreker vertel van Mandela se lewe en koppigheid./die gedig is ’n
huldeblyk van Nelson Mandela se lewe./die spreker toon sy nederigheid
teenoor Mandela. √
OF
Nee, die gedig handel oor die lewe van Nelson Mandela (terwyl ’n politiese
gedig verwag is). √
1
Kandidaat kan nie nee as ’n antwoord aanbied nie.
5.3 Nederigheid/diensbaarheid/onderdanigheid/respek √ 1
Die kandidaat moet ’n antwoord aanbied wat op sy ingesteldheid binne
konteks dui.
5.4 (Na) kindertyd/babatyd/Sy eerste tree as politikus. √ 1
5.5 Die hulle word verder omskryf/hy wou sy mense (se aandeel) uithef./Dui die
parentese aan. √ 1
5.6 Donker – lig √ 1
Nelson Mandela is in die tronk (donker) en word later vrygelaat (lig)./
Apartheid – post-apartheid √ 1
5.7 Ja. Hierdie gedig handel oor die versoenende rol wat Nelson Mandela in ons 1
land gespeel het./Goeie dinge kom na die swaarkry. √
“Toe u uit die donker kom na die lig het u met ons nasie ’n band gesmee”/”het
u met ons nasie ’n band gesmee” √ 1
Let asseblief daarop dat die vraagstelling ’n sin as aanhaling uit die teks
verwag. Onderrig asb.die kandidate in hierdie verband vir die toekoms.
OF
Nee. Hierdie gedig handel eerder oor die een persoon wat versoenend teenoor
Nelson Mandela optree en nie die hele samelewing nie. √
“Ek was u voete in hierdie gedig.” √
OF
Jy moet ander vergewe en aanbeweeg. √
“Jare lank al weier u om te swig.” √
Kandidate kan enige soortgelyke antwoord en gepaste aanhaling aanbied.
10
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
O – Oorsake I – Inhoud
EL – Elsa S – Struktuur
E – Engel
P – Peter
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleidingsparagraaf, bv.
• Iris vind die werklikheid nie-akkommoderend, oninteressant en alledaags en soek
ontvlugting in haar fantasieë.
• Iris voel soos ’n buitestander, want selfs met haar geboorte was haar ma onseker of sy
haar hoor skree het./Bl. 1: Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie.
• Iris voel nie welkom nie, want haar ma beskou haar as anders/’n “glips”./Bl. 9: Die keer
is dit ’n donker enetjie/bl.26: Iris was ’n glips.
• Iris sê dat sy so êrens in die middel van die ernstige Elsa en die diepsinnige Kara is,
want sy voel soos ’n Aspoestertjie./Bl. 5: Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel ...
• Iris vereenselwig haarself met die betekenis van haar naam as Griekse godin in diens
van ander gode, want sy voel sy moet altyd regstaan vir ander./Bl. 10: Ek was vernoem
na ’n godin ... Iemand wat altyd moes regstaan vir ander belangriker gode.
• Net soos wat Elsa met Hannes uitgaan, neem Hannes se vriend, Riekie, vir Iris uit
wat in haar fantasie Richard word./Bl. 17: Ek het hom oorgeskryf tot iets meer na my sin.
• Iris borduur op Elsa en Hannes se troue vir Riekie (die strooijonker) om tot ’n
Fransman, Eduard./Bl. 22: Riekie was vanselfsprekend strooijonker, iets wat my koud
gelaat het.
• Iris droom hoe haar en Eduard se verhouding passievol ontwikkel terwyl Elsa nugter
haar huweliksnag saam met Hannes binnegaan, terwyl./Bl. 23: ... ons paar kosbare nagte
van passie.
• Iris besluit om ’n swangerskap in haar fantasie in te bring, want Elsa raak met ’n glips
swanger./Bl. 28: ... maar in my verhaal sou ek verwagtings, babas en geboorte omskep
tot ’n fantasie.
• Iris skep vir Greta wat swanger word terwyl Elsa swanger is./Bl. 29: ... hulle bring die
nag in mekaar se arms deur.
• Greta kondig die kraamproses kalm aan net soos wat Elsa die kraamproses kalm
aangekondig het./Bl. 57: ... toe Greta in die deur van die badkamer verskyn en haar
aankondiging doen.
• Peter en Greta het ’n seuntjie, Elsa skenk ook geboorte aan ’n seuntjie./Bl. 58:
Minute later het die dokter aangekondig dat dit ’n seun was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Greta en Eduard gee hul seuntjie ’n familienaam net soos wat Elsa en Hannes hul
seuntjie ’n familienaam gegee het./Bl. 67: hy kry die familienaam wat nog ’n kraak maak in
Eduard se verweer.
• Peter se geure, klanke en aanraking het haar fantasieë laat verdwyn want fantasie en
werklikheid het nie in Peter se woonstel oorvleuel nie./Bl. 40: Peter was werklikheid
• Peter dra daartoe by dat die fantasie-karakters begin verdwyn want haar
verbeeldingswêreld raak oorbevolk./Bl.161: Peter was die werklikheid en die Engel het
êrens tussen die twee ingepas.
• Die Engel wat sy opwagting gemaak veroorsaak dat haar fantasiewêreld oorbevolk raak
en dit dra daartoe by dat die fantasie-karakters begin verdwyn./Bl.161: Peter was die
werklikheid en die Engel het êrens tussen die twee ingepas.
• Gesprekke met die Engel bring Iris tot nuwe insigte want Iris word gedwing om die
werklikheid in die gesig te staar./Bl. 187: Die lewe is nie ’n storieboek nie. En ’n naam is
net ’n naam.
• Iris besef sy vir Peter bo die Engel (’n fantasie) sal kies en weet so dat Peter haar
keuse vir ’n lewensmaat is./Bl. 220: Om te moet kies tussen Peter en die voorvadergeeste
is geen keuse nie.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
• Werklikheid het uiteindelik oor fantasie geseëvier en Iris se dagdrome laat opdroog. Sy
besef dat die werklike lewe nooit kan wees soos wat sy dit in haar drome bedink het nie.
25
OF
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Vraag Antwoord Punt
7.1 Die aand van die partytjie in die woonstel./
Die aand toe hulle vir die eerste keer seks gehad het./
Die aand van hul eerste ontmoeting. √ 1
7.2 Die werklikheid saam met Peter is beter as enige fantasie. √ 1
7.3 Hulle kommunikeer nie goed met mekaar nie. /
Hulle kommunikasie was eerlik/opreg/op die man af. √ 1
Peter stuur vae poskaarte na Iris om haar na Amerika te nooi./
Iris en Peter kommunikeer min gedurende die tydperk wat hy in Amerika is./
In Vermont luister Peter nie na Iris wanneer sy sê dat haar enkel gebreek is
nie./
Op Peter se vraag hoe sy die aand van passie beleef het, was sy eerlik./
Peter stel Iris onomwonde voor ’n ultimatum. √ 1
7.4 Iris is ’n los/maklike meisie./ongeërg oor seks./’n meisie wat agter mans
aanloop/impulsief. √ 1
Iris het die eerste aand van hul ontmoeting seks met Peter.
Tydens hulle eerste ontmoeting by die partytjie tel sy haar handsak op en loop
letterlik en figuurlik agter Peter aan.
Sy swem kaal saam met hom in die swembad.
Sy gaan agter Peter aan Amerika toe.
Hulle deel ’n kamer in New York en Vermont. √√
Iris gaan sonder meer saam met Joe Pryor. 2
Die kandidaat verskaf TWEE voorbeelde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
7.5 “Ek”/“my” √ 1
Sy is ’n geloofwaardige verteller wat haar eie storie vertel en egtheid aan die
gebeure verleen.
Dit is net deur Iris wat die leser haar fantasiewêreld kan beleef.
Iris as verteller verrig ook die funksie van fokalisator/verhaalkarakter. √√ 2
Die kandidaat verskaf TWEE redes.
7.6 Iris is mnr. Bruwer se engel. √ 1
Mnr. Bruwer se verwagting is vervul, want sy hou sy hand letterlik vas./
Mnr. Bruwer se verwagting is nie vervul nie, want sy was tydens Peter se
besoek nie daar om sy hand vas te hou nie. √ 1
EN
Die Engel is Iris se engel. √ 1
Iris se verwagting is nie vervul nie, want hy sê hy is nie haar “loopring” nie./
Hy kan nie keer dat slegte goed met haar of ander gebeur nie./ Hy kan nie die
toekoms voorspel nie./
Iris se verwagting is vervul, want hy help haar om insig te verkry/ondersteun
haar/beskerm haar. √ 1
7.7 Peter is terug Amerika toe.√ 1
7.8 In Teks 1 is hy geïrriteerd met Iris se fantasiewêreld. In Teks 2 aanvaar hy die
Engel/is hy gemoedelik teenoor die Engel. √√ 2
Die kandidaat moet duidelik aantoon hoe Teks 1 van Teks 2 verskil,
dus 2 of 0.
7.9 Sy is nou nog meer eksentriek deur aan te sluit by die groep wat hulle Die
Spieël noem /wat glo in reïnkarnasie en spiritualisme/met voorvadergeeste
gesels./Sy dink aan haar eie behoeftes en sluit by ’n organisasie aan om haar
behoeftes te bevredig./Sy besluit om saam plaas toe te gaan./Sy laat Johanna
agter en gaan hou op haar eie huis. √ 1
7.10 Die Engel het nie sy werk as beskermengel gedoen om Peter te beskerm
nie./Iris voel dat die Engel die sweisapparaat kon doodblaas. √ 1
7.11 Iris dink aanvanklik dat ’n mens se blomtyd beperk is tot een geleentheid/’n
magiese oomblik in jou lewe, √ maar teen die einde van die roman besef sy
dat die realiteit van die alledaagse ook ’n blomtyd inhou. √/
Iris dink aanvanklik dat sy net een geleentheid gehad het om te blom, √ maar
sy besef later dat daar meer as een geleentheid is om te blom en sy raak
rustig oor haar lewe. √ 2
“Dis amper tyd.”/“Wees geduldig,”√ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
7.12 Ja.
Sy is tuis in haar ouerhuis, getroud en omring deur almal wat vir haar dierbaar
is: Peter, Johanna, die Engel en Polder.
Dit is ’n bekende ruimte, daarom voel sy geborge.
Sy voel nie meer uitgesluit uit die ruimte soos toe haar susters en ouers nog
saam met haar daar geleef het nie.
Sy is naby die lelie in die tuin wat haar lewensfilosofie help vorm het.√√
OF
Nee.
Die ruimte het nie tot haar selfversekerdheid bygedra nie, wel die Engel wat
haar gehelp het om tot insig te kom.
Iris se reis na Parys en Amerika het haar gedwing om selfstandig te word.
Iris het in Vermont die besluit geneem om haar lewe saam met Peter te slyt,
dié twyfel is uit die weg geruim of Peter die regte keuse is.
Die ruimte het nie bygedra nie, want Iris was deel van ’n gesin wat haar as
onbelangrik beskou het, die ruimte herinner haar daaraan. √√ 2
Die kandidaat gee sy eie gepaste motivering. Die motivering verdien die
punte, twee redes vir twee punte.
7.13 Ja/Die slot is geslaagd, want Iris besef dat elke dag ’n blomtyd bied./die lelie
gaan binnekort blom/die werklikheid is beter as die fantasie. √
OF
Nee/Die slot is nie geslaagd nie, want Iris wag nog steeds dat die lelie
blom./sy word ’n voorstedelike huisvrou. √ 1
25
OF
VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
B – Baas I – Inhoud
K – khuta S – Struktuur
E – Ouma Essie
G – Grace
W – Whitey
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Die kandidaat bied ’n gepaste inleidingsparagraaf aan, bv.
• Baas kom as ’n vreemdeling en eenkantmens in Barotseland aan met die doel om in sy
oupagrootjie se voetspore terug te loop en ontwikkel in die loop van die verhaal tot ’n
sterk, deelnemende karakter.
• Baas hou hom eenkant, want hy wil alleen gelaat word./Bl. 43: Sê vir daardie ouma
Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie hier om enigiemand te kom help
nie.
• Baas wil nie met die mense van Manaka saamwerk nie, want hy sê meer as een keer
dat hy alleen gelaat wil word./Bl. 93: Ek wil ook nie weet van werksoekers en siek mense
en honger mense en weeskinders en kruppel vrouens en sterwendes wat met ’n slee na
my toe aangery word nie.
• Baas is van mening dat hy nie die geselskap van ander mense nodig het nie, want
hy noem dat hy goed sonder geselskap klaarkom en ook nie oor homself wil praat nie./Bl.
137: Ek kom goed klaar sonder geselskap. Kan ons nou oor iets anders praat?
• Baas wil graag Manaka sy volgende huis/permanente verblyf maak, want hy
onderhandel met die khuta om verblyfreg op Manaka te kry./Bl. 24: Mag die grond wat as
Manaka staan, aan mister Baas Chipman toegesê word.
• Baas verander en raak by die gemeenskap betrokke, waar hy voorheen buitestander
wou wees, want hy help die khuta om pale aan te ry.
• Baas is verplig om na die gemeenskap en khuta uit te reik en saam met die khuta te
werk, want hulle verwag dit in ruil vir die konsessie wat aan hom toegeken is./Solank die
houer van die konsessie gereeld betaal en sy verpligtinge teenoor die stam nakom deur
sy lewensmiddele tot die beskikking van die mense te stel ...
• Die khuta verwag dat Baas die beginsel van Ubuntu sal volg, want die uitlewing van
vrygewigheid en behulpsaamheid word hoog deur die khuta aangeslaan./Bl. 168: Dat die
stam ook nou die voordeel van ’n pontboot sal hê, is goed.
• Ouma Essie leer Baas om te besin/na te dink oor sy rol by Manaka, want sy vra hom
of dit nie sy doel is om dieselfde hulp as die vorige Chipman in Manaka te gee nie./Bl.
234: Wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie? Het
ouma Essie gesê. Is dit dalk ook die familiekwaal ...
• Ouma Essie leer Baas om te besin oor geestelike leierskap, want sy gee vir Baas die
lyfband van muluti Joseph./Bl. 121: Dit is my muluti Joseph se lyfband. 'n Sterk man moet
'n sterk lyfband dra.
• Baas leer verdraagsaamheid by ouma Essie, want waar Baas die sendelinge
aanvanklik van Manaka wil weghê, help hy nou met die herstelwerk van die
sendingkerkie./Bl. 183: Baas en Nanna staan langs mekaar op hulle knieë om die ,
dekgras oor die kerk se nat vloer te versprei.
• Baas twyfel in God/worstel met Christenskap, maar ouma Essie help hom om as
Christen te groei/want sy glo Baas is na Manaka gestuur om die mense te kom help en sy
weet dat hy ’n Christen is./Dis die Here wat al die opoffering van Baas verwag.
• Baas neem verantwoordelikheid om na Manaka te kyk en hy stel ouma Essie gerus
dat sy nie bekommerd daaroor hoef te wees nie./Bl. 243: Hy haal muluti Joseph se
lyfband af en sit dit onder haar verrimpelde hand op haar bors. “Dankie ouma Essie, “ sê
hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”
• Onder invloed van ouma Essie groei Baas in sy Christenskap van iemand wat in jare
nie Bybel gelees het nie tot iemand wat ’n gebed by ouma Essie se siekbed doen./Bl. 243:
“Dankie, Here. Amen.”
• Baas groei geestelik/leer van prioriteite onder die invloed van Grace, want sy dwing
hom om oor lewe en dood te praat./Bl. 63: En daar behoort ’n beter plek as ’n winkelstoep
in Ngwese te wees om oor dinge soos lewe en dood te praat.
• Baas leer om op te offer en te versorg, want Grace versorg hom toe hy siek geword
het, al jaag hy haar weg./Bl. 93: Laat my toe om in my eie taal duidelik vir jou te sê hoe ek
voel: Loop. En bly asseblief van my af weg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Baas leer om onmin op te los, want Grace sê daar moet oor probleme gepraat word
sodat dit opgelos kan word (byvoorbeeld die onmin tussen Baas en die sendelinge)./Bl.
97: Maar daar kan nie meer stilgebly word oor die probleme nie. Dit laat dit net meer
word.
• Baas leer om oor sy naaste te dink, want Grace stel vrae aan hom oor sy boot se
herstel en naastediens./Bl. 63: As die Here daar by Manaka vir jou kom sê het jy gaan nie
van hierdie siekte gesond word nie en daar is net één ding wat jy nog kan kies om klaar te
maak ... sou jy die boot gekies het?
• Baas leer van vergifnis van Grace, want haar ouers is ook vermoor en sy leef nie in
bitterheid nie/bevraagteken nie haar godsdiens nie.
• Baas leer om te verander en by die Afrika-kultuur in te skakel en die gebruike te
respekteer./Bl. 98: “’n Man loop voor in die pad, sy vrou agter, want ’n man is die
meerdere van ’n vrou,” sê Grace.
• Baas leer om ander mense te vertrou, sy vertroue in Grace groei./Dit is duidelik dat
Baas al nader aan Grace beweeg, want hy vertel haar van sy oupagrootjie./Bl. 127: Ek sal
jou ’n storie vertel.
• Baas aanvaar sy geroepenheid (met Grace se hulp) om op Manaka te bly want toe hy
moedeloos is omdat die khuta sy konsessie wil verhoog, herinner sy hom aan sy
weddenskap./Bl. 180: Ek gaan nie weg nie. Nog nie.
• Baas ontwikkel as Christen, want dit is by Grace wat Baas die antwoord op sy
kwelvraag, wat maak jou ’n Christen, kry./Bl. 228: Die weet waar ek heengaan hier, en in
die lewe hierna.
• Hy leer om die toekoms te vertrou en sy lewe met ’n vrou te deel want hy en Grace
stap saam om die boot te gaan haal, wat ’n suggestie inhou dat hulle die toekoms saam
instap./Bl. 246 Hulle loop agter mekaar in ’n olifantpad teen die rivier af om na die boot,
wat in ’n baie ou kanaal vasgespoel het, te gaan soek.
• Baas leer om mense te help, mnr. Whitey verduidelik aan Baas dat hy graag help
sonder om iets terug te verwag, want dit is in die Chipman-gene./Bl. 178: “Ek help mense
omdat ek daarvan hou, nie omdat ek iets terug verwag nie,” verduidelik Whitey, “dis ’n
familiekwaal.”
• Baas is nie ’n buitestander/sonder familie op Manaka nie, want hy leer meer by
Whitey van sy oupagrootjie en ontdek dat hulle familie is./Bl. 225: Hierdie Whitey-Whitey
is ’n bynaam, oor ek so bietjie off-colour is. Baas Dennis. Dis wie ek is.
• Baas leer om met familie te deel, want Baas gee sy oupagrootjie se Bybeltjie vir Whitey,
die eerste persoon met wie hy die evangelie deel./Bl.226: Baas gee vir hom die Bybel.
“Vat dit vir jou. Ek het nog een,” sê hy.
• Baas aanvaar sy verantwoordelikheid om op Manaka aan te bly as versorger,
alhoewel Baas niks daarvan wou weet dat hy Manaka toe gestuur is nie en sê dat hy op
sy eie daar is,./Bl. 210: Hy kerf nog ’n naam onder sy oupagrootjie in die sagte bas uit:
Baas Chipman.
• Baas aanvar sy tuiskoms in Barotseland, want hy spyker die buffel, Morena, se horings
by Manaka se naambord vas./Bl. 244: By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die
bult uit en slaan dit bokant Manaka se naambord teen die stutpaal vas.
Die kandidaat bied ’n gepaste slotparagraaf aan, bv.
• Soos wat die bougainvillea van ’n dooie stomp tot ’n struik wat trosse blomme dra, groei,
so groei en ontwikkel Baas se karakter en Christelike meelewing in Barotseland wat hy
uiteindelik as sy permanente woonplek aanvaar.
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka Plek van Horings – Pieter Pieterse
9.1 Die khuta verwag van Baas om vir hulle ’n aandeel in die vleis wat hy verkoop te
gee./Baas moet meer vir die besigheidsregte betaal/om hulle met vleis en geld te
help./Die khuta verwag van Baas om ook aan hulle kos te verskaf. √ 1
9.2 Die band tussen hulle raak sterker./
Baas vertrou vir Grace met sy drome. √ 1
9.3 Hy sit die goeie werk wat sy Oupa gedoen het, voort.
Hy het ’n pontboot gebou.
Baas het die sendingstasie help herbou. √√ 2
9.4 Baas./Die Skoenlappervanger √ 1
Hy is nie die baas op Manaka nie, die khuta is die baas./Baas wil nie die leier
wees nie, maar hy word Baas genoem./Hy was nie suksesvol om skoenlappers te
vang nie. √ 1
9.5.1 Dit was sy pa se troetelnaam vir sy ma. √ 1
9.5.2 Grace versorg vir Baas toe hy siek word./
Sy tree as versorger vir Ouma Essie op./
Sy help die sendelinge op Manaka. √ 1
9.6 Die verteller is nie gebonde aan tyd of plek nie. √
Hy kan van die oupagrootjie tot by Baas se lewensverhaal vertel. √
Die verteller is vertroud met alle gebeure/alwetend./Die verteller is objektief. √
Die verteller weet van Chisupo wat die boot losgemaak het. √ 4
Die kandidaat kan enige karakter se objektiewe beskrywing as motivering
aanbied.
Die kandidaat gee by enige TWEE kenmerke ’n geskikte motivering uit die roman.
9.7 Baas help die mense op Manaka ten koste van homself (bv. malaria-pille wat hy
gee/vleis wat hy verskaf). √ 1
9.8 Hy is per dagvaarding ontbied/
Hy is met die hoek van ’n koevert/’n stuk papier ontbied √
Hy weier om enigiets by die vergadering te sê. √
Hy loop weg. √ 3
9.9 Hy het niks meer geld in sy rekening nie.
Die rivier is aan die styg en sy boot word bedreig.
Sy honde is siek by die huis.
Die khuta het ’n deel van sy grond vir die sendelinge gegee. √√√ 3
Die kandidaat kan enige DRIE noem.
9.10 Hy moes argumente aanbied om sy saak te versterk./Hulle het na argumente en
teenargumente (wat dae lank kon duur) uitgesien./
Hy moet toegee aan hul eise/R500 betaal vir die onderste gedeelte van
Manaka./’n deel van sy boot/bosslaghuis aan hulle betaal.√ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
9.11.1 In Teks 1 klap sy verskonend hande/wil sy nie hê Baas moet kwaad word vir die
boodskap wat sy van die khuta bring nie √ en by die khuta klap sy uit respek/moet
sy aantoon dat sy die khuta respekteer/is dit die stamgebruik om hande te klap. √ 2
Die kandidaat verdien 2 of 0
9.11.2 Sy is kwaad/doen dit uit protes/respekteer nie die khuta nie. √ 1
9.12 Baas, jy is met ’n doel na Manaka gestuur./Baas, as jy weggaan, sal die
sendelinge ook moet gaan. √ 1
Die kandidaat kan soortgelyke antwoorde aanbied.
9.13 Die khuta is nie ryk nie/afhanklik van konsessies. √ 1
25
OF
VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
B – Besitting en besitreg I – Inhoud
K – Kontras S – Struktuur
O – Ooreenkoms
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan, bv.
• Die woord “vatmaar” is ’n aanduiding van die gemeenskap se ingesteldheid ten opsigte
van ander se besittings en wat diefstal is of nie. Dit is egter nie net Vatmaar se
gemeenskap wat hul hieraan skuldig maak nie, maar ook die Britte en die Boere.
• Oom Chai en Corporal Lewis het die buit uit die Boerehuise gevat, want dit sou in alle
geval in vlamme opgegaan het en vernietig gewees het./Bl. 7: En voor die wa vertrek het,
moes ons, die boys, die plaashuis aan die brand steek.
• Die boumateriaal wat uit die plaashuise verwyder is, is as “vatmaar-goed” beskou,
want dit is reeds deur die Britse soldate en nie Oom Chai-hulle nie, afgevat./Bl. 9: ... soos
wat die orders van die Queen gesê het.
• Die boumateriaal wat uit die plaashuise verwyder is, is as “vatmaar-goed” beskou,
want dit het vir ’n groepie arm mense iets gegee om ’n bestaan mee te maak./Bl. 21: Toe
het hulle hulle se goed gevat na wat hulle hulle se erwe genoem het.
• Hulle het die gebruik/neem van ander se goed nie gesien as steel nie, want hulle het
dit net gedeel/vir ’n wyle geneem./Bl. 3: Ons kon nooit weerstaan om ’n draai met
anderman se bicycle te ry nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Tommy Lewis vat eenvoudig Nellie se maagdelikheid van haar weg, want hy het haar
net gebruik vir sy plesier en wou nie verantwoordelikheid aanvaar nie./Bl. 116: ... en lat hy
met my kan doen net wat hy wil, .../Bl. 117: Then you can say that he did it to you.
• Anna de Bruin eien Kaatjie as haar besitting, want sy gee haar aan Mevrou Bosman as
kinderopasser./Bl. 135: Dit was die volgende Maandag wat Anna de Bruin vir Tant Wonnie
gesê het sy vat vir Kaatjie saam met haar Du Toitspan toe.
• Boere het die werkers as hul eiendom beskou soos wat Piet de Bruin vir Onie-as as sy
eiendom beskou het./Bl. 137: Want die baas het van hom verwag om soos ’n dier stil te
staan.
• Die briewe van Kenny is teruggehou want mevrou Bosman het haar die reg toegeëien
om dit te doen./Bl. 250: Sy het die brief gevat, dit in twee geskeur en in die stoof gegooi.
• Mevrou Bosman het haar die reg toegeëien om Kaatjie se baba te laat aborteer./Bl.
252: Dis ’n jong meisie. Ek sal haar sê ...
• Piet de Bruin eien hom seksuele gunsies van Tant Wonnie toe./Bl. 135: Maar toe ek
sien trek hy sy kruisbande van sy skouers af.
• Met Tant Wonnie se terugkeer na haar huis na Sannah Vosloo se dood was al haar
besittings uit haar huis gevat, want Vatmaar se mense het nie respek vir ander se
besittings gehad nie./Bl. 136: Al die maande wat hulle weg was, was daar niemand om
agter hulle buitekamer te kyk nie. ... Alles wat binne was, was geplunder.
• Bennie O’Grady het skape gesteel, want hy het ’n swakheid vir vleis gehad./Bl. 167: Op
’n reëndag het hy weer ’n skaap uit ʼn boer se kraal gesteel.
• Reverend Cobb het oom Hendruk se Sondagpak gedra, sy sakhorlosie gevat en met
sy fiets gaan huisbesoek doen, want oom Hendruk was in die tronk vir onwettige
diamantbesit en het vir die predikant gesê waar sy huissleutel is./Bl. 177: Ek het Oom
Hendruk toe die sleutels van sy kamer gevra sodat ek sy goed na die pastorie kan neem
tot ons mekaar weer sien.
• Johnny September steel sy vrou se ring, want hy wil dit verkoop om geld te kry./Bl.
188: So hy is die dief wat die trouring gesteel en verkoop het.
• Die Septembers eien Tant Wonnie se gemmerbier vir hul toe, want hul vra net ’n
slukkie, maar drink die hele bottel leeg en gooi dit weg./Bl. 189: ... kan my Settie ’n bietjie
gemmerbier kry? ... Sy het die bottel omtrent halfleeg gedrink ... Hy het die res in sy keel
afgegooi ...
• Boitjie eis Bettie en oom Chai se besittings op, want hy weet Oom Chai is ’n
vermoënde man./Bl. 282: Hy het met sy gat in die botter geval.
• Brittanje wou die Zuid-Afrikaansche Republiek annekseer, want die Republiek het die
rykste goudriwwe ter wêreld gehad./Bl. 14: South Africa is now part of the British Empire.
• Die Britte het plaaswonings en plase vernietig en afgebrand, want hulle kon nie
konvensionele oorlogstegnieke teen die Boere gebruik nie./Bl.197: Die Rooinekke kon nie
by die Boere kers vashou as dit by skiet kom nie. Die Engelse het dus die Boere se plase
afgebrand ...
• Die Griekwas het hulle kultuur verloor, want die Engelse het hulle gekersten en
verwesters./Bl. 93: ... ons geleer om ons toe te maak ...
• Die Engelse het eers by die Griekwas gesteel en toe tronkstraf ingebring, want hulle
wou hulle leer om nie te steel nie./Bl. 93: ... het hulle ons geleer ons mag nie steel nie –
na hul ons eers van steel geleer het.
• ’n Treinwatertenk word deur Ta Vuurmaak vir hom toegeëien, want die Boere het ’n
Britse treinwatertenk vol gate geskiet./Bl. 10: ... die groot treinwatertenk ... wat die Boere
vol gate geskiet het?
• Van die Boere het die grond en besittings wat aan die Griekwas behoort, geneem,
want hulle wou die beste hê en het die Griekwa nie as mense beskou nie./Bl. 9: Toe het
hy die beste weiding in die land begin vat ... Ons is nie mense nie, het die witmense gesê.
• Die Boere se aanvanklike toe-eiening van plaasgrond en stigting van Boere-
republieke kan ook as ’n vorm van “vatmaar” gesien word, want nie almal het die
grond van die oorspronklike swart bewoners gekoop nie./Bl. 91: ... het diep die veld ingery
en sommer net gevat wat hulle wou sonder om enigiets in ruil te gee
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Al drie die partye het eenvoudig besittings vir hulle toegeëien sonder om aan die
gevolge vir die ander party te dink./Vatmaar se mense wat Tant Wonnie in uiterste
armoede laat nadat hul haar besteel het; die Britte het die vroue en kinders eenvoudig na
konsentrasiekampe gevat en in haglike omstandighede laat leef en die Boere het die
Boesmans se land eenvoudig gevat sonder om te dink wat van hulle daarna moet word.
• Al drie die partye het ’n ander skade berokken, bv. die Septembers berokken Tant
Wonnie skade; die Britte berokken die Boere skade deur hul plase te neem en die Boere
berokken die Griekwas skade deur hul vee eenvoudig te vat.
• Vatmaar se gemeenskap se toe-eiening is heelwat minder skadelik as die manier
waarop beide Boer en Brit hul aan beslaglegging van o.a. diamantvelde deur Brittanje;
buiting van vee deur beide Boer en Brit; uitbuiting van vroue en kinders in Britse
konsentrasiekampe en verowering van land deur beide skuldig gemaak het.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan, bv.
• Dus word duidelik gesien dat dit nie net Vatmaar se gemeenskap is wat hul aan toe-
eiening skuldig maak nie, maar ook die Britte en die Boere met veel meer verreikende
gevolge.
25
OF
VRAAG 11: Vatmaar – AHM Scholtz
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Die Queen verklaar oorlog teen die Boere en oom Lewies en oom Chai het vir
die Queen geveg./
Tydens die Britte/Queen se oorlog teen die Boere (die Anglo Boere-oorlog) was
hulle aan die Queen se kant./
Tydens die oorlog was oom Lewies ’n korporaal vir die Britte/in die Queen se
weermag en Oom Chai was een van die Queen se Cape-boys.√ 1
11.2 Mnr. Walker het aan Oom Chai werk by die landmeter gegee EN George
Lewies het die plan van Oom Chai aan kaptein Walker oorgedra./
George Lewies het gesorg dat die saak van ’n nedersetting op die agenda
geplaas word. √√ 2
11.3 Teen ’n politieke/historiese/sosio-maatskaplike agtergrond./Teen die agtergrond
van bruinmense in Suid-Afrika se belewing in ’n nedersetting./Vatmaar se arm,
eenvoudige, ongeslypte mense./mense wat na die Anglo-Boereoorlog in een
nedersetting saamgesnoer is./werkloos is.
Die kandidaat kan een of twee antwoorde aanbied solank die kandidaat drie
antwoorde in totaal aanbied vir EEN punt elk.
Ja/Nee (verdien geen punt nie)
Apartheidswandade het hieruit voortgespruit.
Die mense van Vatmaar is nie as witmense se gelyke gesien nie.
Die mense van Vatmaar was arm/het ’n sosiaal-maatskaplike agterstand beleef. 3
Die kandidaat kan een of twee antwoorde aanbied solank die kandidaat drie
antwoorde in totaal aanbied vir EEN punt elk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
11.4 Die titel suggereer jy neem sonder dat iets aan jou behoort √ en Oom Chai se
woorde dui daarop dat George Lewies vir Ruth moet vat (in ’n saambly-
verhouding)/sonder dat hulle hoef te trou. √ 2
Die kandidaat verdien 2 of 0 punte.
11.5 Hy het vir Ruth se trourok geld gegee, maar gevra niemand moet vir George
daarvan sê nie.√ 1
11.6 Hy kan nie in Du Toitspan woon nie. √
Liefdeloosheid √ 2
11.7 Oom Chai ken die gebeure die beste aangesien hy deel daarvan was./Dit is 1
geloofwaardig. √
11.8 Hy het sy familienaam in ere herstel./Hy het Bettie se naam in ere herstel./
Hy het vir Bettie en haar kind ’n huis gegee. √√ 2
Die kandidaat moet TWEE redes aanbied vir een punt elk.
Hy maak sy voorkoms jonger (dra nie meer kruisbande nie; knip snorpunte af)/
Hy kuier saans saam met die jongmense./
Hy is die voorbok by die dansery/hy koop plate en ’n gramophone/
grammofoon. √ 1
Dit is ironies, want sy huwelik word nie gered nie en hy betaal met sy lewe
daarvoor. √ 1
11.9 Ouma Drieka het gesê dat Oom Chai ’n vuilgat is.
Die mense van Vatmaar het vir sy nuwe (jonger) voorkoms gelag./
Die oumas het hom as ’n fool beskou./
Hy het sy geesgenote verloor. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde aan vir EEN punt elk.
11.10 Ruth het uit liefde met George getrou √ teenoor Bettie wat met Oom Chai getrou
het omdat hy blykbaar welaf was/’n pa vir haar seun kon wees/sy nie vir ’n
tweede keer ’n vrou met ’n slegte reputasie wou wees nie. √ 2
Ruth se troue sluit aan by die tema van liefde oor die kleurgrens. √ 1
11.11 Hy het ’n sokkerspan gestig wat die inwoners iets gegee het om te doen./sy
beeld verbeter het. √ 1
Kenny het hom help. √ 1
Kenny het Boitjie die brief wat hy (Kenny) aan die dorpsraad geskryf het, in sy
handskrif laat oorskryf./Kenny het vir Boitjie as bestuurder van die span laat
teken./Kenny gee advies aan Boitjie om eers die ouers aan sy kant te kry. √ 1
11.12 Bettie wou nie haar hartseer aan die dorpsmense wys nie. √ 1
25
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
EN
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
B – Bendeleier I – Inhoud
T – Tronk S – Struktuur
P – Parool
W – Werk
Bl – Blanchie
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv.
• Map Jacobs se naam verander van Johnnie na Map en weer terug na Johnnie, dit getuig
van die karakterontwikkeling wat Map ondergaan het.
• Johnnie is verbitterd omdat hy ten spyte van sy matriekkwalifikasie nie ’n goeie werk
kan kry nie./Bl. 31: ‘it was alles vir whites only …
• Johnnie Jacobs sluit by bendes aan omdat hy gevoel het dat hy iewers wil behoort./Bl.
31: 'Cause ek wil somewhere ge-belong het?
• As bendelid kry Johnnie Jacobs die naam Map omdat hy vol tatoeëermerke is wat ’n
sigbare teken van sy lewe as gewelddadige bendelid en -leier is./Bl. 45: 'Cause hulle kan
sién waarvandaan jy kom, jou history is op jou arms, op jou lyf, op jou nek, op jou gesig
even ... jou history en jou geography, jou ... alles!
• In die bende toon Map leierseienskappe omdat hy die leier van drie bendes was./Bl. 32:
Ek was altyd die leader ...
• Aanvanklik neem Map nie verantwoordelikheid vir sy dade (toestemming verleen)
nie omdat hy verskonings aanbied soos die donker en dat hy slegs toestemming vir roof
verleen het./Bl. 33: Daai's al order wat ek gegie het, as die leader ... innie begin, ek
mien …
• Tydens die verkragting besef Map wie die vroue is en hy tree anders as die
bendeleier op omdat hy vir Ivan Philander van die vroue aftrek./Bl. 34: Die next oomblik
was ek op hom, ek het daai oomblik nie gewiet eers wie wás 'it nie. Ek swaai hom net van
haar af, ...
• Map neem verantwoordelikheid vir sy dade omdat hy na die polisiestasie gaan en
homself oorgee./Bl. 35: Ek het myself op-gegie. Ek het getry om 'it ... soes 'n man te vat ...
• Map dra egter nie die gevolge van sy vorige dade as bendelid en -leier nie omdat hy
hom slegs oorgegee het vir Ivan Philander se dood./Bl.35: Ek het vir Ivan Philander
doodgestiek, nou net.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Map as karakter ontwikkel terwyl hy in die tronk is, want Apostel George het gehelp
dat hy hom bekeer./Bl. 10: Ek en die Apostel, ons bid saam hierso binnekant, hý het die
Here vir my gebring ...
• Map erken/bely dat hy voorheen verkeerd opgetree het omdat hy teenoor Antie
Grootmeisie erken dat Cavernelis reg was in sy oordeel van Map/Bl. 11: Hy't later gedink
ek is rubbish, ek wiet. Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste!
• Map noem dat Blanchie (en by implikasie die ander karakters) nie meer bang vir
hom hoef te wees nie, want hy het verander (het as karakter ontwikkel) en tree nie meer
soos ’n bendeleier/-lid op nie./Bl. 10: ek is 'n anner man, ôldou ek is of course oek nog
Map Jacobs ...
• Map bely dat hy nou bevry is omdat hy ’n kind van die Here geword het./Bl. 10: Ek het
nooit gewiet dit kan só wies nie. Die Here Jesus, Hy maak vir jou werklik vry!
• Apostel George sê aan Antie Grootmeisie dat Map verander het, want hy het nou die
Here in sy lewe toegelaat./Bl. 28: Missies Jacobs, die Here het jou seun aan jou
teruggegee ... Die Here het vir hom gevat en vir hom ge-verander!
• Map het na sy bekering verander sodat hy weer die seun is wat Antie Grootmeisie
geken het, want hy het die verkeerde in sy lewe afgelê./Bl. 29: Map Jacobs kom huis toe,
missies Jacobs, dieselfde Map Jacobs, maar nie dieselfde Map Jacobs nie, want hy is
skoon gewas ...
• Met die terugflitstoneel in die tronk dink Map aan sy en Blanchie se verhouding en
hy dink aan die naam Johnnie, want dit dui op die moontlike terugverlang na die
onskuldige dae toe hy nog as Johnnie bekend gestaan het./Bl. 15: Johnnie ... Klink mooi,
Johnnie ... Johnnie ...
• Map lê die lewe van die misdadiger af, want hy wil die waarheid oor die aand se
gebeure vertel sodat hy volkome genade kan ontvang./Bl. 29: lat ek moet ytpraat, om die
exact waarheid van daarie aand te vertel, net soes 'it was ...
• Map het anders as die bendeleier die genade van die Here gevra/beleef, want Map
bely die verkeerde wat hy gedoen het en vra die Here om hom te verander./
Bl. 30: So ek moet sê: Hier is ek, Map Jacobs, skullag is ek, Here, en laag en vuil en
vieslik, veranner my, change my, Here! Lord, here am I ... Vat my, en maak moet my soes
wat U wil!
• In die tronk het Map se karakter so ontwikkel dat sy gedrag ten goede verander het
en hy vir parool in aanmerking geneem is./Bl. 9: Sy sê parole is nou due vir my ...
• Map het ontwikkel na iemand wat verantwoordelikheid vir sy verkeerde
dade/besluite neem, want hy bely teenoor Antie Grootmeisie en vra haar om
verskoning./Bl. 45: Ek het my goed gedra, ek was jammer oor alles ...
• Die verwagting wat gekoester word van wat Map aan die karakters/gemeenskap sal
doen wanneer hy vrygelaat is, realiseer ook nie teenoor die Kersorkes/Krismisorkes
(bl. 35) nie, want hy noem dat hy daarop voorbereid is. Die “ou” Map sou teen die
persone opgetree het indien hy te na gekom word, hy het dus as karakter ontwikkel./Bl.
46: Ma! Die band net so, Oompie Paulsen-hulle ... even hulle net so, dieselde ... Map
Jacobs, obviously, sal die band nou 'n naam gee ...
• Nadat Map aanvanklik (as Johnnie) voel dat hy te goed is om ’n messenger te wees,
verander sy ingesteldheid, want hy is nou bereid om enige soort werk te doen./Bl. 10:
Ek moet 'n werk kry, sy sê sy's besig om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige
soorte werk, 'it maak nie saak wat nie ... Dit maak nie saak nie ... Ek wil net daai kans hê,
om te wys ... lat ek 'n annerste man is …
• In Map se gesindheid teenoor die werkgewers het hy karakterontwikkeling
ondergaan, want waar hy hulle voorheen as white bastards uitgeskel het, bly hy nou
taktvol stil teenoor die werkgewers wat hom nie ’n kans wil gee nie./Bl. 45: maar dan bly
ek stil ... banggat wat ek is, dan bly ek stil.
• Map noem dat hy nie meer die ou is wat Blanchie op skool geken het nie, want hy het
verander./Bl. 46: ek was nie meer die ou wat jy op skool geken het nie, ek het ’n regte
vark geword, maar nou, ek het weer ge-change, ek het weer 'n mens geword ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Map kom tot die insig dat hy nie vir Blanchie kan blameer vir die aborsie nie, want hy
is self ’n misdadiger en het nie die reg om te oordeel nie./Bl. 46: jy sê vir my, wie is ekke
om te mind, ek is soes niks, soes niets ... soes niks ...
• Blanchie noem Map op sy oorspronklike naam, Johnnie, want sy ken hom as die
goeie man op wie sy verlief geraak het en hy is weer daar om haar te ondersteun./Bl. 59:
Johnnie ... hy word nooit so nie, hy't nog ... nooit ... nog ... so ... Johnnie ... gekyk nie ...
• Die roman eindig met die woorde van Antie Grootmeisie waar sy hom op sy
geboortenaam noem, want Map het karakterontwikkeling ondergaan en hy is nou nie
meer Map die bendeleier nie./Bl. 62: Johnnie ...
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
• Die karakterontwikkeling van Johnnie na Map en terug na Johnnie is nou afgesluit. Map se
karakter het ontwikkel, want die gemeenskap wat in spanning geleef het oor wat sal
gebeur as Map vrygelaat word, se verwagting het nie realiseer nie. Map het
karakterontwikkeling ondergaan, hy is nie meer dieselfde gevreesde bendeleier en -lid nie.
Hy het tot insig gekom en is ’n ronde karakter.
25
OF
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Vraag Antwoord Punt
13.1 Na die onsekerheid oor wat om te verwag na Map se vrylating./
Na hulle vrees vir Map se vrylating./
Na Map se reaksie as hy van die “crush” op Blanchie hoor. √ 1
13.2 Tommy ken al die skinderstories, maar hy het nie geweet dat Richie ’n gevoel
vir Blanchie het nie. √ 1
13.3 Jy kan die modelbase nie vertrou nie.
Nadat jy gebruik is, word jy weggegooi.
Beloftes is goedkoop om te maak.
Blanchie het nie daar gehoort nie. √√ 2
Die kandidate kan enige TWEE redes aanbied vir TWEE punte.
Cavernelis word betrek omdat hy beskuldig word dat dit sy skuld is./sy vriende
oor die kleurgrens kan nie vertrou word nie./hy verblind is in sy strewe om uit
die township te kom. √ 1
Die huisgesin is verneder./Sy selfdood laat die gesin in groter ellende./Die
gesin kan nie uit die township verhuis nie. √ 1
13.4 Blanchie is nou bekommerd oor wat met Cavernelis gebeur het nadat hy
weggestap het √ terwyl sy aanvanklik vir Cavernelis geskree het dat alles sy
skuld was. √ 2
Die kandidaat verdien 2 of 0 punte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
13.5 Blanchie het hom op skool as Johnnie leer ken./Sy het bly glo dat hy die
onskuldige seun is wat sy op skool leer ken het./Sy het geweier om sy naam
van Map te aanvaar. √ 1
Nee.
Map is nie meer die onskuldige/liefdevolle skoolseun wat sy geken het nie, hy
is die bendeleier. √
Map verwys na homself as Map, met die tatoeëermerke wat hy gekry het as
bewys van sy bendedade, hy is nie onskuldig nie. √ 2
OF
Ja.
Map het verander en hy is nou weer soos die ou Johnnie.
Map noem homself Johnnie as hy met Antie Grootmeisie praat.
Dit suggereer dat hulle hul aanvanklike verhouding hervat het.√√
Die kandidaat bied TWEE motiverings aan vir EEN punt elk.
13.6 Hy het voor die trein ingery/selfdood gepleeg./Cavernelis het sy aandeel
besef. √ 1
Dit was die besluit van ’n swakkeling, want nou laat hy sy gesin in die steek./
Cavernelis het nie regtig ontsnap nie, want hy is nie vry van die Vlakte nie./
Cavernelis laat sy gesin in die steek, want hulle sal nou glad nie kan ontsnap
nie./
Cavernelis se gesin is nou verneder, √ want hulle is gespot oor die droom wat
nie realiseer het nie./
Cavernelis moes verantwoordelikheid aanvaar het, √ want hy moes Blanchie
beskerm het. √ 2
Die kandidaat gee sy/haar eie siening en gemotiveerde keuse binne die
konteks van die drama.
13.7 Verwikkeling/ontwikkeling √ 1
13.8 Hy is geldgierig.
Hy gebruik mense.
Hy is obsessief. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde aan vir EN punt elk.
13.9 Uiterlike konflik. √ 1
Nadat Maud vir Cavernelis ingeroep het, het Cyril-hulle weggestap. √ 1
13.10 Hy werk by die poloniefabriek. √
Hy verkoop soft goods. √ 2
Hulle het konflik./
Hy bestee min tyd by die huis wat tot konflik lei./
Hy verwaarloos vir Maud./
Sy voel afgeskeep. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
13.11 Ja.
Cavernelis laat toe dat Blanchie misbruik word wat nie ’n decent optrede van ’n
pa is nie. √ 1
Nee kan nie as korrek aanvaar word nie.
13.12 Gevangenisskap/vasgevangenheid/uitgelewerdheid.√ 1
13.13 Dit beklemtoon wie die onse types is waarvan Cyril praat/dat die Cavernelisse
nooit deel van die gemeenskap is nie. √ 1
25
OF
VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL Mis – Reza de Wet
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE
LITERÊRE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
• Die kandidaat hoef nie aanhalings te gee nie, maar moet wel uit die teks motiveer.
KODE
Mi – Miem I – Inhoud
Me – Meisie S – Struktuur
G – Gertie
K – Konstabel
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan, bv.
• Onder die invloed van Konstabel, wat in ’n hofnar verander, ontdek Miem en Gertie weer
hul vrouwees en word Meisie bevry.
• Miem funksioneer nou al sewe jaar as hoof van die huis, want haar man het opgetrek
solder toe./Bl. 31: Vir sewe jaar het ek hom nog nie met ’n oog gesien nie.
• Sy onderdruk enige hunkering na vryheid, want sy moet nou die beskermer van Meisie
se maagdelikheid wees./Bl. 5: Ek sal die hele nag by jou waak./Bl. 8 : Ek sal jou beskerm
teen alle gevaar.
• Miem sien alles wat sensueel is as boos van aard, want sy moet nou Meisie se
veiligheid verseker./Bl. 7: Dit is ’n euwel! Het jy geen skaamte nie?
• Miem het egter ook ’n versugting na seksuele vryheid, want sy bieg teenoor
Konstabel dat sy teenwoordigheid gevoelens in haar wakker maak./Bl. 48: ... dit maak
weer dinge in my wakker. Ja. Selfs ’n sieklike vrou van my jare.
• Miem het ’n hunkering na die sensuele en magiese, want sy vra Gertie tog te geredelik
uit oor die sirkus./Bl. 11: Op pad hierheen het jy seker die tent net buite die dorp gesien?
... Nou vertel ons van die arme skepsels, Gertie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Reeds vroeg met die koms van die Konstabel merk die gehoor op dat ook Miem in
’n mate aangetrokke voel tot Konstabel, want sy trek haar borstrok uit./Bl. 24: My
borstrok was net ’n bietjie styf./Bl. 48: dit maak weer dinge in my wakker.
• Miem besef dat daar ’n uitkoms vir haar omstandighede kan wees en probeer
Meisie aan Konstabel afsmeer, want as hulle sou trou sal Gabriël afkom en by haar
wees./Bl. 25: ’n Fees vir die oog ... Meisie sal jou geselskap hou, Konstabel/Bl. 40: As sy
trou sal hy afkom.
• Miem raak weer terdeë van haar vrouwees bewus, want sy vertel aan Konstabel dat sy
Gabriël mis./Bl. 31: Dit is vir my ’n groot beproewing.
• Gertie besweer alle liggaamlike drange, want sy oefen uitermatig./Bl. 40: En dis waarin
ek glo. ... My hande is nooit koud nie. Tot my tone is warm.
• Gertie is dadelik tot Konstabel aangetrokke, want sy sien sy uiterlike dadelik raak en
flankeer met hom./Bl. 15: ... hy het ’n goeie houding. Regop rug. Skouers terug./Bl. 23:
(koketterige laggie) U bedoel van trou en perdekoop?
• Gertie is duidelik bewus van haar vrouwees, want sy noem aan Konstabel dat sy ’n
oujongnooi sonder kind of kraai is, sy is dus beskikbaar./Bl. 23: Ek is nou wel ’n
oujongnooi. Het geen kind of kraai nie.
• Gertie stel duidelik belang in Konstabel, want sy vra hom uit oor sy huwelikstatus./
raak jaloers op Meisie wat Konstabel se aandag trek./probeer om Meisie en Miem weg te
kry sodat sy en Konstabel alleen kan wees./Bl. 23: Is daar darem iemand spesiaals./Bl.
40: Hy is veels te oud vir haar./Bl. 42: Is jy moeg, ...
• Hy voed Gertie se behoefte om as vrou raakgesien te word, want Konstabel trek ’n
ooreenkoms tussen hom en Gertie./Bl. 23: Ek en die juffrou het gevind ons is albei ewe
versigtig ... en kieskeurig.
• Gertie het ’n sensuele kant wat wag om na vore te kom, want Konstabel manipuleer
haar om ’n sensuele dans uit te voer./Bl. 45: Terwyl Konstabel verder praat, voer Gertie
dromerig die bewegings uit wat hy beskryf.
• Gertie besef sy is vrou, want sy sien haarself as ’n spieëlbeeld van tant Hannie./Bl. 44:
... na wie ek lyk. Tant Hannie sonder twyfel.
• Konstabel laat Gertie haar vrouwees ontdek, want sy raak iemand wat sy net in haar
drome kan wees./Bl. 45: (sag en byna smekend) Nog, as u wil.
• Konstabel kom Miem se huis maklik binne, want met sy uniform boesem hy vertroue
en valse gerustheid in./Bl. 15: So ’n man kan ’n mens vertrou.
• Hy kry dit dan ook reg om Meisie haar skugterheid te laat verloor, omdat sy
konstabel-voorkoms haar gemaklik laat voel./Bl.18: Meisie hou Konstabel onderlangs dop.
• Meisie raak weerloos teenoor Konstabel, want sy voorkoms en sy sjarme laat haar
hom van haar nuuskierigheid oor die sirkus en die gebrek aan manlike geselskap
vertel./Bl. 26: Ek is nie gewoond aan mense nie./Laas jaar het Danie Venter kom kuier./Bl.
28: Nou goed, ek sal vir u vertel ...
• Miem aanvaar dat hy Meisie aanraak, want hy is skadeloos en so begin hy Meisie reeds
verlei./Bl. 37: Maar natuurlik, Konstabel. Met graagte .../Bl. 38: Meisie maak haar oë toe
en gooi haar kop effens agteroor.
• Miem laat die twee saam buite gaan wat Konstabel die geleentheid gee om sy
aanvoerwerk vir die bevryding te doen, want as Konstabel verwag sy dat hy Meisie sal
beskerm./Bl. 39: Dit is gaaf van u, Konstabel en Die tweetjies kom nogal goed klaar.
• Meisie sal aangetrokke tot die hofnar voel, want die kleure en klere sluit aan by die
sirkus wat vir haar ’n bekoring inhou. Hy verander nou na ’n toweragtige, magiese
figuur./Bl. 28: Ek kyk na die groot tent en al die liggies!
• Meisie voel gevlei/voel asof sy iemand is, want Konstabel noem haar op haar
naam./Bl. 27: Jy’t ’n mooi naam, Margareta.
• Meisie raak ’n dansende marionet, want die hofnar lei haar met die sirkusmusiek by die
agterdeur uit. So bevry hy haar van haar neerdrukkende en benouende omstandig-
hede./Bl.51: Konstabel maak die gaasdeur oop en sit ’n klip daarvoor./Bl.52: ... en wys
haar met ’n sjarmante handgebaar by die deur uit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Konstabel het van ’n konstabel na Hofnar/towenaar verander en dit stel hom in
staat om Meisie te bevry, want Meisie is gefassineer deur die sirkus/magiese./Bl.
49: Hy trek sy baadjie stadig uit. Sy bolyf is kaal. Met vinnige, flambojante
bewegings wat herinner aan die van ’n towenaar wat ’n indrukwekkende toertjie
uitvoer, draai hy die binnekant van die baadjie buite toe – die twee kante verskil
heeltemal. Dit is die baadjie van ’n hofnar of ’n pierrot en is gemaak van blink sy.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan, bv.
• Konstabel wat die toweragtige nar word, lei Meisie tot bevryding en laat Miem en
Gertie kortstondig bewus raak van hul vrouwees.
25
OF
VRAAG 15: Mis – Reza de Wet
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Afwagting/opwinding √ 1
Die gehoor/leser weet nie watter invloed die sirkus op die dorp gaan hê nie.√ 1
OF
Onheil/angstigheid √
Reeds van die begin af vermoed die leser/gehoor dus dat 31 Augustus ’n
onheilsnag is. √
OF
’n Eksotiese stemming. √
Dit beklemtoon reeds vanaf die begin die kontras tussen die eksotiese
buitewêreld en die armoedige wêreld van Miem en Meisie. √
15.2 Daar kom nie ander jongmense kuier nie.
Die sakke stink en lok vlieë in hulle huis.
Sy werk die hele tyd soos ’n slaaf. √√ 2
Sy plant rose om die stank en vlieë te verdryf./
Sy loop saam met Konstabel weg./
Sy gaan sirkus toe. √ 1
15.3.1 Dit skep dadelik afwagting by die leser/gehoor. √
Indien die gevangeneskap nie self opgelê was nie, sou hy nou ontsnap het. √ 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
15.3.2 Dit speel af in 1936./Depressiejare √ 1
Gabriël se onttrekking is nie geregverdig nie, want in daardie tyd was mans
die primêre versorger.
Hy kon net soos Miem en Meisie sakke mis probeer verkoop het.
Hy ontneem Miem van ’n man en Meisie van ’n pa.
Hy kan hulle nie teen die onheil beskerm nie.
In die Calvinistiese ingesteldheid wat in die dertigerjare geheers het, was die
man die broodwinner en nou is Gabriel dit nie.√√√
3
Die kandidaat bied enige drie redes in sy/haar antwoord aan.
15.4 Sy laat haar voet op die stoel rus./Sy staan moeilik op. √ 1
15.5 Sy is dominerend/matriargaal/perfeksionisties/presies/wil graag haar sin hê.√
Miem wil Meisie aan die Konstabel afsmeer/sonder dat Meisie ’n keuse in die
saak het. √ 2
15.6 Tweetjies impliseer dat Miem die moontlikheid van ’n verhouding tussen
Meisie en Konstabel goedkeur. √ 1
15.7 Een van die sirkusmense, die Konstabel, is in Miem se huis en sy gril nie vir
hom nie/moedig sy kontak met Meisie aan/wil vir Meisie aan die Konstabel
afsmeer./
Miem gril vir die sirkus terwyl sy later vir Gertie oor die sirkus uitvra./
Miem gril vir die sirkus, maar nie vir die mis waarmee sy werk nie.√ 1
15.8 Hierdie gedrag is aanvaarbaar, want ook sy word deur Miem met ’n ysterhand
regeer./Miem veroorsaak vrees en daarom moet sy voorgee. √ 1
Ek sou ook maar gemaak het of ek nie van die sirkus hou nie, √ 1
want ek sou my nie Miem se gramskap op die hals wou haal nie.√/ 1
OF
Ek sou vir Miem van die begin af die waarheid vertel het, √
aangesien ek nie rede het om te jok nie. √
Die kandidaat kan sy/haar eie mening binne konteks as antwoord aanbied.
15.9 Sy wil sien of Konstabel by Meisie aanlê/is jaloers as Konstabel by Meisie
aanlê. √ 1
15.10 Verwikkeling/Ontwikkeling √ 1
Dit is die gedeelte waar die uitwerking van Konstabel op elke vrou beskryf
word./Dit is na die motoriese moment waar die verhaal begin, maar voor die
klimaks waar Meisie verdwyn. √ 1
Daar kan nie ’n ontknoping wees nie, want die probleem rondom die meisies
se verdwyning is nog nie opgelos nie./die drama is spannend/boeiend/die
leser maak sy eie afleiding. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
15.11 Meisie probeer haar op klein wyses bevry soos bv. Meisie dra nie ’n
vingerhoed nie/die ietwat onwillige opstaan om na die mandjie op die tafel te
gaan. √ 1
Gertie gaan kyk weer na die sirkus en vind in ’n mate bevryding daarin. √ 1
25
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 28 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed -Enkele goeie punte ter onderwerp -Geen verwysing na die
Diepte van argument, -Reeks treffende geïnterpreteer ondersteuning van die -Byna geen punte wat gedig nie
verantwoordbaarheid en argumente wat behoorlik -Respons redelik onderwerp die onderwerp -Leerder het nie die
insig in teks uit die gedig gerugsteun gedetailleerd -Enkele argument word ondersteun nie genre en gedig onder
is -Enkele deeglike ondersteun, maar -Onvoldoende begrip die knie nie
7 PUNTE -Uitstekende begrip van argumente gegee, maar bewyse nie altyd van genre en gedig
die genre en gedig nie almal ewe goed oortuigend nie
gemotiveer nie -Basiese begrip van
-Begrip van genre en genre en gedig
gedig duidelik
STRUKTUUR & TAAL 3 2 1 1 0
Struktuur, logiese vloei -Samehangende -Duidelike struktuur en -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Struktuur swak
en aanbieding struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning -Ernstige taalfoute
Taalgebruik, toon en styl -Argumente goed argument -‘n Goed -Argumente nie logies -Foutiewe styl
gebruik in opstel gestruktureer en daar is -Vloei van argument kan gestruktureerde logiese gerangskik nie
duidelike ontwikkeling gevolg word vloei en samehang -Taalfoute beduidend
3 PUNTE -Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en ontbreek in die opstel -Toon en styl nie geskik
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Geringe taalfoute; toon nie
beïndruk en is korrek en styl meestal gepas
-Grammatika, spelling
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 9–10 7 5 4 0–2
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 29 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
-Uitsonderlike respons: -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die van die onderwerp; nie interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp Uitstekende respons: onderwerp goed alle aspekte in detail onderwerp: byna geen -Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer ondersoek nie aspekte in detail vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid en -Diepgaande -Respons redelik -Enkele goeie punte ter ondersoek nie -Argumente oortuig nie
insig in teks interpretasie van gedetailleerd ondersteuning van die -Min punte wat die -Leerder het nie die
onderwerp -Enkele deeglike onderwerp onderwerp ondersteun genre en teks onder die
15 PUNTE -Reeks treffende argumente gegee, maar -Enkele argument word -Baie min relevante knie nie
argumente wat behoorlik nie almal ewe goed ondersteun, maar argumente
uit die roman/drama gemotiveer nie bewyse nie altyd -Weinig begrip van
gerugsteun is -Begrip van genre en oortuigend nie genre en teks
-Uitstekende begrip van teks duidelik -Basiese begrip van
die genre en teks genre en teks
STRUKTUUR & TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
-Samehangende -Duidelike struktuur -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur -Logiese vloei van struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
en aanbieding -Uitstekende inleiding en argument -Logika en samehang is -Argumente nie logies van argumente
Taalgebruik, toon en styl slot -Inleiding, slot en ander duidelik, maar met foute gerangskik nie -Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel -Argumente goed paragrawe -Enkele taalfoute; toon -Taalfoute beduidend styl laat hierdie skryfstuk
gestruktureer en daar is samehangend en styl meestal gepas -Toon en styl nie geskik misluk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling georganiseer -Paragrafering meestal nie -Styl en toon nie geskik
-Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en korrek -Paragrafering foutief nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2014 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2014 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P3 Nov 2014 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P2 Nov 2023 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
