You're offline
Skip to content
Memorandum

Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo hlayiso.com

Subject: Afrikaans HlGrade 12201232 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum NASIENRIGLYNE 1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ’n kandidaat in Afdeling A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte se vrae nagesien. 3. As ’n kandidaat in Afdeling B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word geïgnoreer. As ’n kandidaat al vier die vrae in Afdeling B en C beantwoord het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien. 6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As die opstel te lank is, laat ’n oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die res van die opstel. 8. Kontekstuele vrae: As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word hy/sy nie gepenaliseer nie. 9. Opstelvrae: • Indien ’n kandidaat geen relevante feite of hoofgedagtes by die opstelvraag bespreek het nie, kry die kandidaat 0 vir INHOUD en die laagste kategorie vir TAAL. • Indien ’n kandidaat die verhaal van die roman/drama in die opstelvraag vertel, word die antwoord nagesien. Die kandidaat gaan hom/haar penaliseer met INHOUD en hy word met een kategorie vir TAAL gepenaliseer. • Indien die kandidaat ’n duidelike inleiding en slot in sy antwoord aanbied, word die TAAL op kategorie 5 en hoër geassesseer. • Indien die kandidaat slegs ’n inleiding of slegs ’n slot aanbied, word die TAAL op kategorie 4 geassesseer terwyl die kandidaat wat geen inleiding en geen slot aanbied nie se TAAL op kategorie 3 geassesseer word. • Die punte word in die ANTWOORDEBOEK vir inhoud sowel as taal aangedui. • Indien die kandidaat nie die kapstokke in die opstelvraag chronologies beantwoord nie, word al die feite nagesien. Die kandidaat word wel by die kategorie TAAL gepenaliseer. • Indien die kandidaat opskrifte by die opstelvrae aanbied, word die kandidaat gepenaliseer met een kategorie vir TAAL. • Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. • Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/LUG JOU MENING- vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ʼn punt vir die rede/motivering/ aanhaling. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum SIMBOLE VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAE Vraag 1 Vraag 5 Gedigte Gedigte Safari Wêreld Inleiding Inleiding S Soort (1) W Woordkeuse (3) T Tema (2) A Agteruitgang (2) V Verduidelik (3) B Bydrae (1) G Geslaagdheid (1) J Jou mening (1) Slot Slot Vraag 7 Vraag 8 Vraag 9 Roman Roman Roman Die kwart-voor-sewe-lelie Manaka, plek van horings Vatmaar T Tema (1) T Tema (1) T Tema (1) I Iris G Grace K Kenneth (5) P Peter (5) N Nanna (5) S Septembers B Billy O Ouma Essie M Miesies Wingrove (6) L Lewe (6) L Lewe (6) O Oom Chai A Aktualiteit (2) A Aktualiteit (2) A Aktualiteit (2) J Jy (1) J Jy (1) J Jy (1) Slot Slot Slot Vraag 13 Vraag 15 Drama Drama Map Jacobs Mis Inleiding Inleiding K Konflik (2) Ko Konflik (2) M Map Jacobs (4) M Meisie (4) A Antie Grootmeisie P Pa/Gabriël B Blanchie (6) Ma Ma/Miem (6) W Woongebied K Konstabel G Geloofwaardigheid (2) G Geloofwaardigheid (2) R Raad (1) R Raad (1) Slot Slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: OPSTELVRAAG Safari – DJ Opperman Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien. LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Taal en styl: Beoordeel volgens die rubriek. Inleidingsparagraaf Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • Safari is ’n vernuwende gedig waar tipografie ’n belangrike rol in die gedig speel. Die soort gedig (1 feit) • kontoergedig/vormgedig/konkrete poësie • vrye vers/vers libre Die tema van dié gedig en hoe die titel by die tema aansluit (2 feite) • Die tema van die gedig is dat die lewe soos ’n ontdekkingsreis/lewensreis/safari is, met die uiteinde die dood. • In die titel en die tema van die gedig is daar ’n kontras geleë. Waar ’n safari gewoonlik op ’n genotvolle reis dui, eindig hierdie safari in die dood. • Die titel is ’n metafoor vir die lewensreis wat die mens onderneem. ’n Verduideliking oor hoe die tipografie die tema van die gedig ondersteun (3 gemotiveerde feite) • Die tipografie met die inkeping na links en een woord per versreël vorm ’n S/kronkelpad/slingerpad en kom ooreen met mense wat in ’n ry agter mekaar loop, soos met ’n safari/in ’n stoet. • Die enkelwoorde in die versreëls lyk na mense wat mekaar volg op die lewensreis/reis wat onderneem word. • Die reis wat onderneem word, dui op die lewensreis van die mens: alles wat die mens in die lewe doen, lei uiteindelik tot die graf/gaatjie in die grond/dood. • Die gedig bestaan uit een lang gedagte/onvoltooide sin wat inhoudelik op die lewensreis/ die optog/safari/reis van die mens dui wat met ’n bepaalde doel voortbeweeg en dan met die dood afgesluit word. Jou mening oor die geslaagdheid van die tipografie van die gedig (1 gemotiveerde feit) • Hierdie tipografie is geslaagd aangesien die metaforiese reis duidelik deur die S-vorm/ kronkelpad/slingerpad uitgebeeld word. OF • Hierdie tipografie is nie geslaagd nie, aangesien mense wat met safari gaan, nie noodwendig in enkelgelid agter mekaar loop nie. Slot Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. • Safari is beslis ’n interessante soort gedig, waarvan die tipografie die tema duidelik onderskryf. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström Vraag Antwoord Punt 2.1 “al” √ 1 2.2 Die mens sal die dood glimlaggend (as skedel/skelet) trotseer./Die mens is sterflik. In die dood sal die mens sy sin vir humor behou./ Die mens is nie ’n seldsame dier nie. √ √ 2 Die leerder kan enige twee antwoorde vir een punt elk aanbied. 2.3 Deur herhaling (van sal ek, weet ek)/herhaling van ek/ die gebruik van die woorde sal en weet/ parentese (weet ek)/ agterplasing van dood/omgekeerde woordorde/ enjambement √ 1 2.4 Die mens is slim genoeg om tyd baas te raak./ Die mens se vernuf kan net so presies soos ’n uurwerk funksioneer./ Innerlike besef van tyd/ Die mens jaag na vernuftigheid./ Die menslike verstand (kan in tyd) wonderlike dinge doen./ Deur paleontologiese navorsing is daar ’n terugbeweeg in tyd na die verlede./ Die finale en vernietigende vuur (reël 21–22) sluit by reël 9 aan, want dit dui op die toekoms. √ 1 2.5 Die negatiewe/ongeërgdheid/grootheidswaan van die mens word beklemtoon. √ 1 2.6. Die krag/forsheid/ywer/gierigheid waarmee die dolomiet gedelf word, word beklemtoon./ Die eksplosiewe dra by tot klanknabootsing van die delwery./klanknabootsing/bind die woorde klankmatig saam. √ 1 (nie net bindmiddel nie, moet uitbrei wat gebind word en wat bereik word) 2.7 Die mens het die vermoë om (byvoorbeeld deur middel van uraanverryking) die natuur/homself/alles te vernietig. √ 1 2.8 Ja Die mens is ’n droewige wese wat vir sy eie ondergang verantwoordelik is./ Die dood is onvermydelik. √ √ OF Nee Daar is wel baie mense/groepe in die wêreld wat probeer om nie hulself en die skepping te vernietig nie (eerder te bewaar). √ √ 2 Die motivering bepaal die punt, 2 of 0 Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees. Die kandidaat moet by die tema van die gedig uitkom. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Vroegherfs – NP van Wyk Louw Vraag Antwoord Punt 3.1 “Die jaar word ryp”/“goue akkerblare”/“wingerd wat verbruin”/“nuwe wind”/ “elke blom word vrug”/“witter lug”/“klare son” √ 1 Die kandidate mag ’n versreël aanhaal. Die woorde “verbruin” kan egter nie alleen aangebied word nie, dit moet ’n frase wees. 3.2 Die blomme/bloeisels verander in vrugte. √ Daar vind groei/’n nuwe begin/geestelike rypwording plaas.√ 2 3.3 “traagstes” √ 1 3.4 “eerste blare val”/ “die takke ... witter staan” √ 1 Die kandidate mag ’n versreël aanhaal. 3.5 Na die dubbelpunt verduidelik die spreker hoe God sy lewe heilig moet maak/tree daar ’n verdieping in/volg daar ’n verduideliking van wat met heilig bedoel word. √ 1 3.6 In die gebedstrant word die Heer om hulp gevra met die geestelike suiweringsproses./ Die metafoor sluit by die natuurbeeld in die oktaaf aan./die natuurbeeld word volgehou./ Die natuurbeeld in die oktaaf kry ’n metaforiese/dieper betekenis./ Die wind (wat op God dui), suiwer die mens. √ 1 3.7 sestet/sekstet/toepassing/verdieping √ 1 3.8 Dit is effektief toegepas. √ Die mens vra (God) om geestelike rypwording/volwassewording/gestroop te word van sy vooroordele net soos die herfsseisoen die natuur van die blare stroop sodat groei weer kan plaasvind./ Die beelde en gedagtes wat in die oktaaf gebruik word, kom ook in die sestet voor. √ OF Dit is nie effektief toegepas nie. √ Die herfsseisoen gaan nie oor stroping nie, dit is eerder die winter wat ’n stropingsproses is terwyl lente/somer oor die nuwe groei/volwassewording handel. √ 2 [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG “last grave at dimbaza” – Fanie Olivier Vraag Antwoord Punt 4.1 Dit is in Engels/verwys na die (dokumentêre) fliek met hierdie titel. √ 1 4.2 “omring deur die sterre se liggies”/ “kaal klip”/ “sterre soos goud”/ “koerante kaal klip”/ “all forlorn”/“tien ander gesiggies” √ 1 4.3 Sinekdogee/metafoor √ 1 4.4 Beeste is die simbool van rykdom./ Die pa word beeste as lobola vir sy dogters betaal. √ 1 4.5 beauty douglas is gebore./ Die ma benodig geld./ Haar man is die pa van haar dogter./ Sy is bly dat sy aan ’n dogter geboorte geskenk het (lobola)./ Die mielies/kos is klaar./ Sy is in primitiewe omstandighede gebore/in ’n vervalle gebou/huis. √√ 2 Enige TWEE kan deur die kandidaat aangebied word. 4.6 Die pa is ’n myner waar kliplae/dolomiet oopgeskiet word./ Die beeld pas by die (pa se) mynmilieu. Die beeld dui op die pa se vreugde. √ 1 4.7 “beauty douglas was born she died”/ “droom” teenoor die “dood” (harde werklikheid)/ “sonskynmiddag” teenoor die dood/saans √ 1 Beide kante van die kontras moet genoem word vir een punt. 4.8 Dit is die manier hoe mense van die landelike gebiede/’n ander kultuurgroep/ongeskooldes/sekere bevolkingsgroepe Afrikaans praat en daarom doen dit nie afbreuk aan die gedig nie./ Die Engels pas by die interteks/trekarbeiderstelsel van die gedig en daarom is die gebruik van Engels geskik. √ √ OF Afrikaanse woorde sou die tema net so goed ondersteun het, dus is die gebruik van die Engelse woorde nie gemotiveerd nie. √ √ 2 Die kandidaat kan sy eie gemotiveerde kommentaar binne die konteks van die gedig aanbied. [10] EN Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 5: OPSTELVRAAG Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien. LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Taal en styl: Beoordeel volgens die rubriek. Inleidingsparagraaf Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. Hierdie gedig toon kontraste ten opsigte van tegnologiese middele van toe en nou. Die woordkeuse wat tegnologiese vooruitgang aandui (progressie) (3 feite) • Aanvanklik kon daar slegs per landlyn (foun twee kortes en drie langes lui) oor langafstande gekommunikeer word. • Later was daar televisie (vasgenael voor die kassie) wat inligting tot in jou huis gebring het. • Jy kon toe ook per selfoon (hoe die eerste selfone lyk) kommunikeer. • Met die koms van die rekenaar kan jy per internet (my werf) en/of Facebook (deel van ’n boek) kommunikeer. • Die boeke waaruit kennis verkry is, word in die moderne era Facebook waar mense kennis oor mense uitruil. • Die boeke wat vir kennis gelees is, verander nou na internetboeke wat vir kennis gelees word. • 'n Mens hoef nie meer winkel toe te gaan nie – jy kan kies om aanlyn te koop. (Gumtree) • Jy kan klankloos klets en kuier as jy Facebook/Skype of op Twitter twiet. Die redes vir die agteruitgang in interaktiewe kommunikasie (regressie) (2 gemotiveerde feite) • Tydens die era van die telefoon het kinders met mekaar gespeel en dinge fisies met mekaar gedeel. • Met die koms van die televisie het die speel minder geword en die kyk van die televisie meer. Daar is al hoe minder fisiese kontak met mense soos die tegnologie ontwikkel. • Nou is daar die rekenaar, jy gesels met mense sonder dat jy hulle sien/ken daarom verval mense toenemend in isolering/eensaamheid (Facebook/twitter/myspace/Skype). Die bydrae wat die strofebou of versreëls ten opsigte van dié stelling lewer (1 gemotiveerde feit) • Soos wat die tegnologie ontwikkel en fisiese kontak met mense minder raak, word die versreëls al hoe korter. • In kontras hiermee raak die strofes langer hoe meer inligting die mens kan bekom. • Die versreëls word toenemend korter soos die wêreld al hoe kleiner word en die mens ’n net-burger word. Jou mening ten opsigte van die invloed van tegnologie op interaktiewe kommunikasie (1 gemotiveerde feit) • Kandidaat gee sy eie mening ten opsigte van tegnologiese ontwikkeling en die invloed op interaktiewe kommunikasie, bv. Interaktiewe kommunikasie neem tyd in beslag, terwyl jy deur middel van tegnologie vinniger en in die tyd wat by jou vinnige leefstyl pas, kan kommunikeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Slot • Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. Die ek-spreker wat hier aan die woord is, slaag daarin om kontraste ten opsigte van voor- en nadele van tegnologiese ontwikkeling uit te spreek. [10] OF VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz Vraag Antwoord Punt 6.1 Daar is nie ’n vaste rymskema nie./ Die gedig se strofebou is nie deurgaans dieselfde nie/het nie dieselfde hoeveelheid versreëls nie./ Die versreëllengtes is nie dieselfde nie. √ 1 6.2 Die versreël waarin die woord vlakte voorkom, is baie langer as die versreël waarin erf voorkom./ Versreël 1 is langer as versreël 5. √ 1 6.3 “foun twee kortes en drie langes lui” √ 1 Die kandidaat hoef nie die antwoord as ’n aanhaling aan te bied nie, dit kan in sy/haar eie woorde aangebied word. 6.4 “sit sy vasgenael voor die kassie” √ 1 6.5 Ongeloof/ Verbasing/ Bewondering/ Verwondering/ Trots Opwinding/opgewondenheid/vreugde √ 1 Die kandidaat kan sy antwoord ook in ’n sin aanbied. Die antwoord moet op gevoel dui. 6.6 Ek kan inligting van regoor die wêreld vanuit my huis deur die internet bekom. √ 1 6.7 Sonder om te praat, kommunikeer jy met ander/kommunikeer jy elektronies met ander./ Sonder klank, praat jy met ander./ Klets gaan gewoonlik met klank gepaard, maar hier word elektronies gekuier. √ 1 6.8 Die hoofletters beklemtoon hoe ’n GROOT versameling kennis met die klik van ’n muis beskikbaar is./ Beklemtoon dat die GROOT internet die wêreld klein maak./ Dit beklemtoon die oorweldigende impak/moontlikhede van die internet. √ 1 6.9 Die strofes raak al hoe langer en die titel sê die wêreld raak al hoe kleiner. √ 1 6.10 Die kandidaat gee sy/haar eie opinie. Die kandidaat moet egter uitkom by interaktiewe kommunikasie of tegnologie, bv. dat dit jou van interaktiewe kommunikasie ontneem./ Mense praat nie meer met mekaar nie. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 7: OPSTELVRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. Naas die inhoud (15 punte) moet die aanbieding (taal en styl) ook volgens die rubriek geassesseer word (10 punte). LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Inleidingsparagraaf Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • In die roman is daar een tema wat uitstaan. Die tema na aanleiding van die aanhaling (1 feit) • Daar is meer as een blomgeleentheid/hoogtepunt/geleentheid vir geluk in jou lewe. • Jou lewe bestaan uit onsamehangende flardes van geluk. • Elke mens het ’n blomtyd/oomblik van geluk in sy/haar lewe. • Die blomtyd van die karakter is die magiese oomblik wanneer hy/sy die hoogtepunt in sy/haar lewe bereik. Hoe die optrede van Iris, Peter en Billy dié tema ondersteun (5 feite) Die kandidate moet minstens een feit by elk van die karakters/groepe noem (drie feite) terwyl die ander twee feite by enige van die karakters/groepe aangebied mag word. Iris • Iris tree besluiteloos op omdat sy wag op haar blomtyd. • Iris leef in afwagting dat haar blomtyd sal gebeur. • Iris raak ongeduldig omdat sy voel sy het nog nie geblom nie. Johanna sê egter dat Iris elke dag blom. • Iris sou die irisse in die tuin uitspit (soos die blom in die aanhaling), maar haar kinders steeds van die kwart-voor-sewe-lelie vertel, dat daar, ten spyte van die baie knoppe aan die plant, een volmaakte sintese/blomtyd in elkeen se lewe is. Iris sê nie “ja” as sy dit behoort te doen nie, want sy is bang sy verloor haar blomtyd as sy nie vir die regte gebeure “ja” sê nie. • Iris vra Joe of die modelkontrak nie haar blomkans is nie omdat sy glo dat sy nes 'n iris een keer sal blom. • Iris is later onseker of sy die regte besluit geneem het nadat sy die modelkontrak van die hand gewys het. • Iris vra aan die Engel of sy eers na haar dood gaan blom of sodra sy haar sigbaarheid verloor het. • Aan die Engel sê Iris dat sy gehoop het om vir Bettie te red wat gif gedrink het en so sou Iris as ’n heldin beskou kan word. • In Iris se fantasie is die geboorte van haar fantasiekarakters ’n moontlike hoogtepunt/ blomtyd in haar lewe. • Iris dra vormlose klere en het kortgeknipte naels en sal aandag aan haar voorkoms moet gee sodat sy kan blom. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Peter • Peter voel moedeloos omdat Iris op die één geleentheid bly wag. • Peter stel Iris voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam met hom na Vermont toe te gaan, alhoewel hy weet dat Iris die modelkontrak as haar geleentheid om te blom beskou. • Peter raak geïrriteerd met die betekenis wat Iris aan haar naam heg. • Peter sê aan Brian dat hy sy kop in die sneeu gaan begrawe indien Iris weer haar naam en die gepaardgaande blomtyd/-geleentheid gaan verduidelik. • Hy noem dat sy nie so vol idees sou rondloop as haar naam Anna of Marie was nie. Billy • Billy waarsku Iris oor haar blomtyd./dat nie alle bolle tot bloei kom nie. • Hy sê dat Joe moontlik gevaarlik kan wees en nie sal bydra tot haar blomgeleentheid nie. Hoe hierdie tema Iris se lewe beïnvloed het (oorsake en/of gevolge) (6 gemotiveerde feite) • Alhoewel Iris noem dat sy nie nuwe aanbiedinge of potensieel opwindende situasies onbenut mag laat nie, kom Iris besluiteloos voor. Sy studeer aan ’n universiteit, maar kies om in dr. Anders se spreekkamer te gaan werk. • Els/Elsa, Iris se ma, noem aan haar dat die irisse slegs een keer per jaar in die tuin blom. Die gedagte word aan Iris oorgedra dat elke mens net een blomtyd het. • Iris voel dat sy nie geleenthede sonder meer kan laat verbygaan nie aangesien een van dié geleenthede die blomtyd kan wees waarop sy wag (in gesprek met Billy). Aan die ander kant is dit juis om hierdie rede dat Iris nie maklik besluite neem nie, aangesien sy telkens onseker is of dit wel haar blomtyd is. • Iris wil nie meer vir Riekie sien nie, aangesien hulle nie bymekaar pas nie (hy is nie haar blomgeleentheid nie). Aangesien haar ma hom nie wil verbied om Iris uit te neem nie, fantaseer sy oor Richard totdat sy uiteindelik die verhouding verbreek. • Iris neem die besluit om saam met Peter na sy woonstel te gaan (en ook later na die bure se swembad) aangesien dit ’n aanbod is wat sy nie onbenut kan laat en so nie haar blomtyd beleef nie. Peter herinner haar aan die fantasiekarakter, Peter, en hy kan dus moontlik haar fantasie werklikheid laat word. • Iris wag op daardie een blomtyd om volmaakte sintese te beleef./Iris neem nie besluite nie. Sy wys die modelkontrak (met Peter se ultimatum) van die hand aangesien dit moontlik nie haar blomtyd is nie. • Iris glo dat die naam gekoppel kan word aan die blom in die tuin wat net een keer per jaar blom. Sy praat daarvan om die modelkontrak aan te gryp aangesien dié moontlik haar blomtyd is. • Iris beleef innerlike konflik (in haar gesprek met die Engel) dat sy eers na haar dood sal blom of wanneer sy onsigbaar is. Die onsigbaarheid kan daarop dui dat sy haar blomtyd eers gaan beleef nadat sy haar eie ek afgelê het/deel van die magies-realistiese wêreld word, bv. ’n Engel wat iemand anders gaan help om tot insig te kom. • Iris bly tob oor haar blomtyd en of dit eers aan die einde van haar lewe/of onsigbaar gaan gebeur. Iris en Johanna wag aan die einde van die boek op die lelie in die tuin om te blom./Dit is egter onseker of Iris werklik haar blomtyd/oomblik van volmaakte sintese in die boek beleef het. • Iris het aan haar blommotief/blomoomblik/een oomblik van volmaakte sintese/ lewensfilososfie begin twyfel nadat Junior aan haar sê dat sy ma se irisse in die herfs blom. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite) • Elke mens ondergaan verandering en vind geluk/blomtyd. • Elke mens kom te staan voor keuses en jy moet die verantwoordelikheid van die keuse wat jy uitoefen, aanvaar. • In die vinnige tempo van die hedendaagse wêreld moet ons almal vinnig besluite neem en ons kan nie op ons blomtyd wag nie. • Elke mens moet al sy geleenthede aangryp en nie een blomtyd verwag nie aangesien daar verskeie hoogtepunte in elkeen se lewe is. Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Iris was (1 gemotiveerde feit) Die kandidaat kan sy eie antwoord binne konteks van die roman aanbied, bv. • Anders as Iris, sou ek besluit het dat die modelkontrak in Amerika my blomtyd is en sou ek nie toegegee het aan Peter se ultimatum nie, want jy kry net een keer in jou lewe so ’n geleentheid. • Ek sou soos Iris besluit het en saam met Peter na Amerika gegaan het, want ’n gelukkige huwelik kan as my blomtyd beskou word. • Die kandidaat kan ook die negatiewe in sy antwoord aanbied, bv. Ek sou nie ’n fantasiekarakter soos Iris skep nie, want ek is te besig om my lewe te leef. Slot Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. • Elke mens het meer as een hoogtepunt in sy lewe. [25] OF VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker Vraag Antwoord Punt 8.1 Elsa wou nie verwag nie – dit was onbeplan en onvoorsien, dit was ’n glips./ Sy is ’n beroepsvrou/’n feminis. √ 1 8.2 Die motto dui aan dat daar op humoristiese/lighartige manier na gebeure gekyk gaan word en hier word op ’n humoristiese/lighartige manier na die swangerskap gekyk. √ 1 8.3 Peter/Greta √ 1 8.4 Deur haar kuns √ 1 8.5 Nee Want sy wil nie kinders hê nie/is geskok oor hoe Elsa lyk/noem ’n swanger vrou ’n “broeikas”. √√ OF Ja Toe Kara verlief en verwagtend was het sy sagter/liefdevol opgetree en sou dus ’n ander beskrywing van Elsa se swangerskap gegee het. √√ 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 8.6 Dit is ongeloofwaardig. √ EN Dit is gedurende die apartheidsjare./ Claude word deur die gesin aanvaar en soos een van die gesinslede behandel, terwyl Johanna aanvanklik in die buitekamer moet bly./ Haar familie het geen probleem met haar anderskleurige man nie. √√ OF Dit is geloofwaardig. √ EN 3 Die kultuurverskil (Elsa) en/of taalverskille (Hannes) is probleme wat tydens die apartheidsjare as redes aangevoer is om nie veelrassige verhoudings aan te knoop nie./ Die familie is eksentriek, dus is dit nie snaaks dat hulle dit aanvaar nie./ Die familie se verhouding met Johanna dui daarop dat hulle ook ’n huwelik oor die kleurgrens sal aanvaar. √ √ Enige TWEE korrekte redes mag aangevoer word vir TWEE punte. 8.7 “... ek het darem geglo dat ’n mens niks durf verwerp tot jy dit nie self probeer het 1 nie.” √ 8.8 Die stemming in die aanhaling getuig van geskoktheid/walging, terwyl daar gewoonlik groot vreugde oor ’n nuwe baba is. √√ 2 Twee kante van die saak moet genoem of geïmpliseer word vir 2 punte, 2 of 0. 8.9 Die roman is baie meer geloofwaardig./ Sy het die ervarings eerstehands beleef./ Sy is direk by die gebeure betrokke. √ 1 Die antwoord moet spesifiek wees. 8.10 In ’n kafee/koffiewinkel/restaurant/eetplek in Amerika/New York √ 1 8.11 Sy het gevoel sy pas nie in nie omdat sy soveel jonger was./Sy het gevoel sy het nie ’n plek nie omdat niemand na haar luister nie. √ 1 8.12 Hy krap in vullisblikke en sy gril daarvoor./ Die vuurhoutjieman is nie vol fiemies nie en Iris is vol fiemies./ Iris streef na haar lewenstaak terwyl die vuurhoutjieman nie werk nie./ Iris betaal die rekening, die vuurhoutjieman betaal nie./ Die vuurhoutjieman leef van die Welsyn, terwyl Iris werk. √√ 2 Die kandidaat kan enige twee voorbeelde wat in Teks 2 voorkom, gebruik. Die antwoord moet oor die optrede en handeling van die karakters handel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 8.13 Dienares van hoër gode/martelaar √ 1 EN Ouers/susters/onderwysers/André Visser/Elsa/Kara/Pa/Ma Els/debatskaptein √ √ 2 Kandidate noem enige TWEE van bogenoemde drie. 8.14 Hy het gesê sy moet uitgaan sodat Peter kan slaap. √ 1 8.15 Sy was nou op haarself aangewese./ Sy moes nou vinnig leer om self reg te kom./ Sy moes nou self besluite neem./ 1 Iris besef dat ’n naam net ’n naam is. √ 8.16 Innerlike konflik √ 1 8.17 “Elke dag bestaan die kans dat ek ’n unieke een kan ...” √ 1 8.18 Die titel dui aan dat daar nie ’n volmaakte blomtyd is nie. Iris kom tot die besef dat ’n mens se hele lewe ’n blomtyd kan wees./daar baie blomoomblikke is./Iris wag nog steeds om te blom./ Die titel Die kwart-voor-sewe-lelie dui nie op die (volmaakte) getal sewe nie, sy het dus nog nie volkome insig nie./sal nie die volmaakte blomtyd bereik nie. √ 1 [25] OF VRAAG 9: OPSTELVRAAG Manaka – plek van die horings – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. Naas die inhoud (15 punte) moet die aanbieding (taal en styl) ook volgens die rubriek geassesseer word (10 punte). LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Inleidingsparagraaf Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • In die roman is daar een tema wat uitstaan. Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit) • Die soeke na godsdiens/die ware aard van Christenskap Hoe die optrede van Grace, Nanna en Ouma Essie in die roman dié tema ondersteun (5 feite) Die kandidate moet minstens een feit by elk van die karakters noem terwyl die ander twee feite by enige van die karakters aangebied mag word. Grace • Sy kom versorg Baas toe hy malaria kry/al jaag hy haar weg. • Sy reël met mnr. Kebbey om Baas hospitaal toe te vat. • Sy gesels met Baas oor sy innerlike goedheid en omgee/Christenskap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Sy koester nie ’n wrok teenoor die mense wat haar ouers se dood veroorsaak het/ teenoor Chisupo wat die kerk afgebrand het nie. • Grace bly, ten spyte van tragedie, in God glo en tree soos ’n Christen op. • Grace sing Amazing Grace wanneer Baas in die versoeking is. Nanna • Sy bly glo dat sy daar is vir ’n spesifieke rede te midde van al die terugslae by Manaka. • Sy versprei die Woord van God deur sang en musiek. • Nanna bly na die gemeenskap uitreik ten spyte van haar eie situasie. Ouma Essie • Haar Bybel is haar gids waarvolgens sy leef./Sy gaan haal die Bybel uit die rivier nadat sy die Bybel ingegooi het. • Sy word die Profeet van die Bybel genoem, sy val die khuta aan wat die kerk se goed steel. • Sy tree vir mense (soos vir die sendelinge en Baas by die khuta) in. • Ouma Essie spreek die khuta aan omdat hulle nie meer die vergaderings met Skriflesing en gebed open nie. • Ouma Essie vrees nie vir Chisupo nie en kan vir hom vinger wys, haar geloof is te sterk. • Sy gee vir Baas ’n antwoord op sy worsteling/soeke na Christenskap as sy hom na Romeine 10:20 verwys. Hoe hierdie tema Baas se lewe op Manaka beïnvloed het (oorsake en/of gevolge) (6 gemotiveerde feite) • Baas se koms na Manaka bevestig die roeping waarvan ouma Essie praat. Hy bly later om sy plek op Manaka in te neem. • Aangesien Baas se ouers vermoor is, kom hy as nie-Christen na Manaka. • Alhoewel Baas nie ’n Christen is nie (volgens hom), ken hy tog die verskil tussen reg en verkeerd en wil nie by Riekert se bedrywighede betrokke raak nie. • Hy gee sy laaste malariapil weg/geld vir Grace en bevestig so die innerlike aard van Christelike omgee. • Hy verkoop vleis teen ’n goedkoop prys en voed so die liggaamlike nood. • Hy help meneer Johnnie om met sy gesin herenig te word wat wys dat hy in wese iets van godsdiens verstaan. • Hy haal tog sy ma se Bybel uit en dit wat sy voorin geskryf het, sit hom aan die dink. • Hy raak ontsteld as hy die Manaka gemeente hoor sing – U soek ek Heer. Dit laat hom verder soek. • Hy lees in mnr. Whitey se Bybel die verse van sy ma/Hy lees die Bybel van sy oupagrootjie en bevestig sy soeke na God. • Hy bid uiteindelik ’n eenvoudige dankgebed by Ouma Essie se siekbed en sy soeke na Christenskap word opgelos. • Hy aanvaar die verantwoordelikheid van Christenskap en raak betrokke by die Evangelical Mission./help die sendelinge al wil hy hulle nie daar hê nie. • Aanvanklik wil Baas nie Nagmaal gebruik of die mense se hande vat nie en dit beïnvloed Baas se verhouding met die mense van Manaka. Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite) Ja • Elke mens gaan deur ’n tydperk van vertwyfeling oor geloof soos Baas dit op Manaka ervaar het. • Die saad wat in jou jong dae gesaai word, ontkiem wel soos Baas vir ons bewys met sy ma se Bybel, sy oupagrootjie s’n en sy reaksie op die liedere. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • As jy geloofsekerheid het, spreek jou dade meer as jou woorde soos wat Baas se dade op Manaka van omgee, liefde en medemenslikheid getuig. • Dit is aktueel dat verskillende mense verskillende opinies sal hê soos Grace, Nanna en Ouma Essie en hulle uitsprake oor godsdiens verskil. OF Nee • Baie mense is nie Christene nie en daarom wil min mense gebind word deur godsdiens/wil nie deur godsdiens verslaaf word nie/wil hulle nie laat bind deur die voorskrifte van die Bybel/godsdiens nie. Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Baas was (1 gemotiveerde feit) Die kandidaat kan sy eie antwoord binne konteks van die roman aanbied, bv. • Ek sou nie in Afrika ’n heenkome gaan soek het nie en sou dus nie met godsdiens in die vreemde gekonfronteer word nie. • Ek sou nooit met godsdiens geworstel het nie, want my ouers is nie vermoor nie. Slot Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv. Baas kry uiteindelik ’n antwoord op sy worsteling. [25] OF VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka – plek van die horings – Pieter Pieterse Vraag Antwoord Punt 10.1 Gewoonlik in dorpe of stede waar daar baie voertuie en ’n tekort aan parkering is, word so ’n teken volop gebruik, maar hier is dit ironies om in die middel van die wildernis, met feitlik geen pad nie/geen voertuie nie, ’n geen parkering-padteken te kry. √ 1 Albei kante van die saak moet genoem of geïmpliseer word vir 1 punt. 10.2 “No dogs allowed”-bordjie √ 1 10.3 Dit koppel die hede aan die verlede./ Sy oupagrootjie het in die verlede sulke honde gehad./ Dit lei ’n terugflits in na sy oupagrootjie, Dennis Chipman, se honde waarmee hy gejag het en dit bevestig dat hy wel daar was./ Hy bring weer sulke honde in die hede na Manaka toe. √ 1 10.4 Na Baas se ma √ EN sy oupagrootjie se hond √ 2 10.5 Net soos die bougainvillea dood is, het die sendinggemeente na die dood van Joseph Sitali doodgeloop./ Net soos die bougainvillea dood is, is daar ’n geestelike doodsheid wat werk gaan vereis./ Net soos die bougainvillea dood is, is daar tydens Baas se aankoms nie mense/beweging/lewe op Manaka nie. √ √ 2 Die kandidaat bied ’n antwoord aan vir TWEE punte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 10.6 Ja Albei is vreemd op Manaka./ Albei (die bougainvillea en die oupagrootjie) is nie natuurlike boorlinge van die gebied nie./ Albei moet onder moeilike omstandighede wortel skiet./ Die oupagrootjie het die bougainvillea op Manaka geplant en hy het die beskawing op Manaka kom vestig. √ √ 2 Kandidaat kan nie ’n nee-antwoord gee nie. Die motivering verdien 2 punte. 10.7 Hy is ’n versorger/liefhebber van die natuur/tradisievas./Hy gee om. √ 1 10.8 Soeke na Christenskap √ 1 EN Die bougainvilleastomp sal nou weer uitloop. √ Baas word weer bewus van sy eie Christenskap. √ 2 10.9 Hy kap die horings teen die bome vas./ Hy herbou die kerk./ Hy herstel die bankies onder die worsboom./ Hy krap sy naam uit onder die boom. √ 1 10.10 Griesel raak antagonisties./ Hy slaap in Baas se hut en dit veroorsaak onmin./ Dit veroorsaak konflik tussen Baas en die khuta./ Griesel ervaar innerlike konflik, want die plek is te dood en vervalle vir hom. √ 1 10.11 “Lo fire! Lo fire!”/“Lo fire!” “Lo fire! Ka lo kereke ka mina!”/ “(Meneer Johnnie) spring agterop.” √ 1 10.12 Sy skoonfamilie vat sy vrou en sy kind terug. √ 1 10.13 Zambezi Grace/Zambezi Joy/Baas se boot/pontboot waaraan Baas gewerk het√ 1 10.14 Sy droom om toeriste op die Zambezi te vervoer, kan moontlik aan skerwe lê./ Dit waarvoor hy hom afgesloof het, was moontlik tevergeefs./ Die brief wat Baas van Neef Baas ontvang het, het konflik by Baas veroorsaak. √ 1 10.15 In die Liabwa la Twelve/Twaalfuur-kanaal Dit het in die kanaal (wat sy oupagrootjie gebou het) vasgesteek. √ 1 10.16 Sy het as tolk opgetree./ Sy lig hom in hoe hy teenoor die khuta behoort op te tree./ Sy vertel hom van die khuta se gebruike./ Sy vertel hom van die kultuurgebruike/kultuurverskille van die gemeenskap./ Sy bewaar die vrede tussen die khuta en Baas. √ √ √ 3 Kandidate noem enige DRIE van bogenoemde motiverings. 10.17 Hy het besef dat hy teen Baas/sy invloed op Manaka verloor het. Chisupo het sy eie krag teen die vuur oorskat. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 10.18 Die vertelling is baie meer objektief./ Die verteller is nie aan tyd/plek gebonde nie./ Die verteller weet wat al die karakters dink/doen. √ 1 [25] OF VRAAG 11: OPSTELVRAAG Vatmaar – AHM Scholtz Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. Naas die inhoud (15 punte) moet die aanbieding (taal en styl) ook volgens die rubriek geassesseer word (10 punte). LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Inleidingsparagraaf Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv. • In die roman is daar een tema wat uitstaan. Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit) • Liefde sonder grense kom baie duidelik in Vatmaar voor. Hoe die optrede van Kenneth Kleinhans in die roman die tema ondersteun (5 feite) • Kenneth lees vir Kaaitjie voor om haar geleerd te kry. • Kenneth besluit om Kaaitjie te aanvaar, al is haar ma van diefstal beskuldig. • Kenneth probeer vir haar borg reël deur die prokureurs se telefoonnommers te kry en hul die volgende dag te skakel. • Kenneth neem vir Tant Wonnie kos in die tronk. • Hy beywer hom vir die totstandkoming van die kliniek om Kaaitjie se nagedagtenis lewendig te hou. • Toe Domanie Frans dronk raak tydens die inwyding van die kliniek, neem Kenneth hom na Tant Wonnie se huis om hom die verleentheid te spaar. • Kenneth help Boytjie Afrika om die grond vir die sokkerveld te bekom. • Hy skenk ook die doelpale en die kalk. • Kenneth is geleerd en kom van ’n gesiene familie en raak verlief op Kaaitjie wat ’n bediende is. • Kenneth skryf gereeld briewe vir Kaaitjie terwyl hy in die hospitaal is. • Hy gaan soek Kaaitjie by Mevrou Bosman. • Kenneth het moeite gedoen om tydens sy afnaweek na Vatmaar te gaan en na Kaaitjie te gaan soek. • Kenneth gaan teen sy ouers se wens en kies vir Kaaitjie as sy liefde. Hoe hierdie tema die Septembers, Miesies Wingrove en Oom Chai beïnvloed het (oorsake en/of gevolge) (6 gemotiveerde feite) Die kandidate moet minstens een feit by elk van die karakters/groepe noem (drie feite) terwyl die ander feite by enige van die karakters/groepe aangebied mag word. Die Septembers • Die tema van liefde sonder grense hou die Septembers uit die tronk. Settie lê valslik ’n klag van diefstal teen Tant Wonnie. Tant Wonnie verset haar nie en gaan gedweë saam met die konstabel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Settie vertel onwaarhede oor Tant Wonnie. As Tant Wonnie se liefde grense gehad het, kon sy Settie laat opsluit het vir hierdie onwaarhede, maar sy lewer geen kommentaar hierop nie. • Tant Wonnie hoor dat Johnny die ring gesteel het, maar omdat haar liefde oor grense strek, kla sy hom nie aan nie. • Die Septembers sou die hele pad vanaf Du Toitspan na Vatmaar moes stap. Tant Wonnie se liefde strek egter oor grense en sy betaal die sjieling vir die rit op die kapkar. • Die Septembers se dors word geles. Tant Wonnie deel haar gemmerbier met die • mense wat haar byna in die tronk laat beland het. Dit is beslis liefde sonder grense. Miesies Wingrove • Miesies Wingrove het medelye met haar medemens. Sy gee die lamp wat Tant Wonnie vir haar aanbied vir Tant Wonnie terug. • Haar liefde strek so ver dat Miesies Wingrove die huis aan Tant Wonnie verkoop vir dieselfde prys waarvoor sy dit gekoop het. • Miesies Wingrove weet hoe swaar Tant Wonnie kry en sy besluit om die stoof in die huis te laat bly. Oom Chai • Oom Chai se liefde strek oor grense, daarom sê hy die Cape Boys aan om ’n graf vir die ouma wat doodgebrand het te laat grawe. Hy bid ook vir haar. • Oom Chai het soveel liefde vir sy medemens gevoel dat hy ontsteld raak oor die afbrand van die boere se huise. Hy sê vir Corporal Lewis dat hy dit nie meer gaan doen nie. • Hy en Corporal Lewis raak hegte vriende – ten spyte van die kleurverskil. Hy vertroos Corporal Lewis met Ruth se dood en hy bid in Afrikaans by Corporal Lewis se dood. • Oom Chai trou met Bettie om sy familie se eer en Bettie se eer te red. • Oom Chai het Ruth se trourok betaal. • Oom Chai het sy gemeenskap liefgehad en is vir die stigting van die sendingkerk verantwoordelik sodat die kinders gedoop kan word. • Oom Chai het die Vatmaar-goedere na die gemeenskap geneem en met hulle gedeel. Die aktualiteit van die tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite) • Hierdie tema is baie aktueel aangesien daar steeds hegte vriendskappe gesmee word, asook vriendskappe oor die kleurgrens. • Mense vergeef mekaar daagliks ten spyte van wat ander aan hul doen. • Ons sien daagliks nog voorbeelde waar mense goeie dade aan mekaar bewys, as gevolg van liefde wat geen grense ken nie. Hoe jy dié tema sou hanteer indien jy Tant Wonnie was (1 gemotiveerde feit) • Ek sou die Septembers nie so maklik vergewe het nie want ek is nie so ’n goeie mens as wat Tant Wonnie is nie. • Ek sou Johnny September gaan aankla het aangesien ek glo dat reg en geregtigheid moet geskied. • Ek sou die polisieman gewys het dat ek nie Settie se ring gehad het nie want ek is eerlik. Slot Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot. • Dit is duidelik dat ’n aktuele tema in hierdie boek uitgebeeld word. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz Vraag Antwoord Punt 12.1 Die roman is baie meer geloofwaardig./ Sy het die ervarings eerstehands beleef./ Sy is direk by die gebeure betrokke. √ 1 12.2 Die titel dui op iets wat gevat/geneem word. √ EN Tant Wonnie het God gevat as haar Verlosser wat in haar leef./ God se gees het haar hart/lewe gevat. √ 2 12.3. Almal dink hy kuier by Tant Wonnie terwyl hy by Kaaitjie kuier. √ Tant Wonnie het die verwagting dat hy vir haar gaan vra om te trou, maar hy het vir Kaaitjie gevra. √ Alhoewel hy vir Kaaitjie gevra het, het sy eintlik sy dood veroorsaak en sy verloor hom dus ook. √ 3 12.4 Toe sy Norman se lyk sien, was sy gebroke./ Toe sy Norman se lyk sien, het sy besef sy het hom liefgehad./ Sy het geglo Heinrich sou tevrede wees as sy met Norman trou. √ 1 12.5 As Norman die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se graf gaan inslaan, sal Kaaitjie met hom trou. √ 1 12.6 Sy was lief vir Norman. √ 1 12.7 Liefde sonder grense √ EN Hy sterf, omdat hy Kaaitjie se wens probeer uitvoer./ Norman word onbaatsugtig deur Ma Kuhmalo grootgemaak./ Norman sorg vir Ma Kuhmalo omdat sy pensioen na haar moet gaan./ Norman was wit en Kaaitjie bruin./ Hy behartig al Heinrich se korrespondensie tydens die oorlog. √ 2 12.8 In Motta Fatima se huis √ 1 12.9 Kaaitjie was nie gemaklik met die atmosfeer van die ruimte nie en het besluit sy gaan loop./ Kaaitjie het weggeloop./ Kaaitjie het haar eie besluite geneem. √ 1 12.10 Kaaitjie werk vir mevrou Bosman/is mevrou Bosman se bediende. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 12.11 Mevrou Bosman het Kenneth se briewe weggesteek./ Mevrou Bosman (verneder Kaaitjie omdat sy) dink Kaaitjie verwag meneer Bosman se kind. √ 1 12.12 Sy twyfel of haar man getrou is./ Mevrou Bosman vermoed dat Kaaitjie se ongebore kind haar man s’n is. √ EN Mevrou Bosman het Kaaitjie vir ’n aborsie geneem. √ 2 12.13 “Sê die Mêram ek kô”/ “Hier is sy en hier is die twee pond vir die haak, Motta”/ “Moenie worry nie.”/ “Dan sê ek totsiens.” √ 1 12.14 Dit is geloofwaardig. √ EN Sy kom uit ’n geslag waar haar ma en pa beide vreesloos is. Sy was nie bang om Motta Fatima se huis te verlaat nie. Sy het die diens van mev. Bosman verlaat. √ √ 3 Die kandidaat kan nie die vraag as ongeloofwaardig beantwoord nie. Enige TWEE korrekte redes mag aangevoer word vir TWEE punte 12.15 Kaaitjie se tronkstraf het tot haar dood gelei./ Kaaitjie is dood na die geboorte van haar kind./ Motta het nie die aborsie gedoen nie. √ 1 12.16 Die kliniek is na Kaaitjie vernoem. √ 1 12.17 Spanningsvol/onrustigheid/vrees/onsekerheid √ 1 12.18 Rassisme/ Gebroke verhoudings/ Klasseverskil/ Onskuldige lyding √ 1 [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. VRAAG 13: OPSTELVRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. Naas die inhoud (15 punte) moet die aanbieding (taal en styl) ook volgens die rubriek geassesseer word (10 punte). LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Inleidingsparagraaf: Die kandidaat verskaf enige gepaste inleidingsparagraaf, bv. • In hierdie drama kom baie konflik voor. Wat konflik in ’n drama is (2 feite) • Konflik is botsing/rusie/stryd/struweling/spanning. • Konflik manifesteer gewoonlik die sterkste by die hoofkarakter. • Konflik is die element in ’n drama wat die handeling rig. • Dit kan konflik/stryd wees as gevolg van keuses, begeertes wat in stryd is met die aanvaarbare norme, oordeelsfoute, vrese, behoeftes, ens. • Konflik kan verskeie vorme aanneem, soos konflik met omstandighede/noodlot, met ander karakters of innerlike stryd binne-in ’n karakter. • Innerlike konflik, sowel as uiterlike konflik, kom voor. • Konflik dra gewoonlik by tot die insig/groei by die hoofkarakter. • Newekarakters dra by tot spanning/konflik/stryd by die hoofkarakter. • Konflik in ’n drama dra by tot die spanning en ontwikkel tot ’n krisis en klimaks. Hoe konflik by Map Jacobs voorkom (4 feite) • Map se velkleur tel teen hom om ’n goeie werk te kry. • Hy word ’n leier van drie verskillende bendes wat mense beroof en verkrag net om iets te wees/identiteit te verwerf. • Map se soeke na identiteit veroorsaak dat hy by bendes betrokke raak en hy laat homself tatoeëer om te belong. • Map ervaar konflik nadat hy uit die tronk ontslaan is en homself steeds in ’n tronk op die Kaapse vlakte bevind. • Sy konflik neem toe nadat sy bende sy eie ma verkrag en sy sussie vermoor. • Uiterlik ervaar hy konflik wanneer hy vir Ivan Philander doodmaak/met die mes steek. • Hy voel skuldig oor sy ma en sy sussie/oor sy ma se trauma en gevolglike stomheid. • In die tronk worstel hy met die vraag of God hom werklik sal kan verander. • Hy ervaar innerlike konflik oor Blanchie wat nie meer vir hom in die tronk kom kuier nie. • Sy konflik bereik ’n hoogtepunt wanneer hy sy skuld voor Apostel George en sy ma bely. • Nadat hy uit die tronk ontslaan is, worstel hy met Blanchie se betrokkenheid by mans gedurende die tyd dat hy in die tronk was. • Sy tronkrekord tel teen hom, wanneer hy aansoek doen om werk/terug na die orkes te keer. • Map vrees dat die gemeenskap nie sal glo dat hy verander het nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Hoe Map se konflik sy verhouding met Antie Grootmeisie, mense van sy woongebied en Blanchie beïnvloed (6 gemotiveerde feite) Die kandidate moet minstens een feit by elk van die karakters/groepe noem (drie feite) terwyl die ander feite by enige van die karakters/groepe aangebied mag word. Map en Antie Grootmeisie: • Antie Grootmeisie is stom vanweë Map en sy bende se optrede. • Daar is egter steeds ’n verhouding, want sy besoek hom steeds in die tronk en hy openbaar deernis en liefde jeens haar. • Nadat hy bekeer is en sy skuld bely het, vergeef sy ma hom en die verhouding groei/sy kan weer praat. • Hy voel skuldig oor sy ma en sy sussie/oor sy ma se trauma en gevolglike stomheid. Map en ander mense van sy woongebied: • Nadat hy bekeer en uit die tronk ontslaan is, keer hy nie terug na sy bendebedrywighede nie/leef hy positiewer/bewys hy dat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het. • Na sy bekering in die tronk, word hy nie kwaad nie, maak en breek hy nie, boesem hy nie meer vrees in nie al het almal verwag dat hy moeilikheid gaan maak. • Orkeslede is afsydig en hy is nie meer welkom nie. • Mense van sy woongebied/orkeslede/kêrrimspelers/Cavernelis vrees hom omdat hulle verwag dat hy gaan maak en breek as hy uit die tronk kom/van Blanchie en die witmans verneem. • Map kry nie ’n werk in die gemeenskap/woongebied nie en dit veroorsaak konflik by Map veral nadat Apostel George en Miss Africa hom aangemoedig het om te bekeer en te verander. Map en Blanchie: • Die verhouding tussen Blanchie en Map loop aanvanklik dood. • Map en Blanchie raak versoen omdat hy haar kan vergewe. • Map ervaar (innerlike) konflik as Blanchie nie meer vir hom in die tronk kom kuier nie, hy dink dat hul verhouding doodgeloop het. Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite) • Die afloop van die konflik/einde van die drama is geloofwaardig, want Map het wyser geword/innerlik gegroei/tot insig gekom dat hy self die oorsaak van al die ellende was. • Dis geloofwaardig omdat hy die prys betaal het vir sy foute en bekeer is. • Hy begin ’n nuwe lewe saam met Blanchie, wat ook ’n geweldige prys moes betaal a.g.v. haar woorde teenoor haar pa/sy selfmoord. • Hy en sy ma is versoen, wat geloofwaardig is. OF • Dis nie geloofwaardig nie, want omstandighede op die Kaapse Vlakte het steeds nie verander nie, hy kry steeds nie werk nie. Hy gaan waarskynlik weer by bendes aansluit. • Almal is steeds arm en voer ’n stryd om oorlewing waarvan hulle nie kan ontsnap nie. Hulle het steeds nie identiteit nie. • Map gaan steeds in ’n “tronk” wees al het hy parool gekry. Watter raad jy aan Map sou gegee het om sy konflik op te los (1 gemotiveerde feit) Enige gemotiveerde, sinvolle raad, bv. • Ek sou vir hom gesê het dat geweld nie ’n oplossing is nie omdat niemand daarby baat nie. Slot: Die kandidaat verskaf enige gepaste slot, bv. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Map se konflik het bygedra daartoe dat hy innerlik gegroei en ontwikkel het. [25] OF VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Vraag Antwoord Punt 14.1 Blanchie was met wit mans deurmekaar terwyl Map in die tronk was. √ 1 14.2 Hy dra by almal stories aan/vertel vir almal allerhande goed wat hy hoor, oor/weet van almal iets en vertel dit graag oor. √ 1 14.3 Hy “lag”./ Hy sê “imagine”./ Sy woordkeuse/ Die uitroepteken aan die einde van die sin √ √ 2 Die kandidaat mag enige TWEE redes aanbied. 14.4 Cyril is venynig/skroom nie om harde/negatiewe goed te sê nie/nie bang vir konflik nie.Cyril wil oor Blanchie praat. √ Tommy en Richie probeer konflik vermy./Tommy en Richie wil nie oor Blanchie praat nie √ 2 14.5 Nee √ Die taal pas in die mond van die karakters/karakteriseer die sprekers/dui aan presies wie die sprekers is./ Dis juis die taalgebruik wat bevestig dat die sprekers bruin mense is./ Dit is die taal van die inwoners/mense van die Kaapse Vlakte. √ √ 3 ’n Ja-antwoord is nie aanvaarbaar nie. Die een motivering moet korrek wees vir 2 punte. 14.6.1 Hy dui aan dat Cavernelis dink hy is beter as hulle/die ander mense in die woonbuurt. √ 1 14.6.2 Hy wou genoeg geld maak/hê om na ’n ander/beter woonbuurt te trek./ Hy wou graag ’n huis in Grassy Park gaan koop. √ 1 14.7 Dit pas by sy gewelddadige bendebedrywighede aan./ Vir hulle is hy steeds die moordenaar/bendeleier (en nie die veranderde/bekeerde Johnnie nie)./ Hulle weet nie dat hy bekeer is nie./ Dit sinspeel op sy baie tatoeëermerke/sy soeke na identiteit deur hom te laat tatoeëer. Johnnie sinspeel op sy goeie, onskuldige kant wat hy hier nie meer is nie. √ √ 2 14.8 Map is in die tronk. √ Hy het ’n moord gepleeg. √ 2 14.9 Dit stel die karakters aan die leser bekend./ Dit openbaar die karakters se eienskappe./ ’n Mens leer die karakters ken deur middel van hulle woorde./ Die tema van die drama word deur dialoog aan die leser/kyker gekommunikeer./ Dit ontsluit die drama/intrige./ Dit skep spanning. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 14.10.1 Kaapse Vlaktes/ Die woonbuurt op die Cape Flats waar hulle woon./ Die plek waarheen die regering hulle verskuif het./ Apartheidswetgewing/gedwonge verskuiwing het aanleiding daartoe gegee dat hulle daar bly./ Die misdaad/bendegeweld/armoede veroorsaak dat die gemeenskap in ’n tronk vasgevang is. √ 1 14.10.2 Hy probeer te kenne gee dat hulle daar vasgevang is en geen vryheid/toekoms/hoop het nie. √ 1 14.11 Die handeling/neweteks versterk die dialoog/tronkbeeld waarin die gemeenskap hulle bevind. √ 1 14.12 “Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe.”/ “Kamma yt die tronk yt.”/ “sterk tronk” √ 1 14.13 Positief √ Sy ma vergeef hom en hy en Blanchie raak versoen./ Hy is bekeer en sy dade wys dat hy verander het./ Die saksofoon wat in die laaste toneel bo die ander klanke uitspeel, sinspeel op ’n positiewe toekoms. √ OF Negatief √ Map bly steeds in die omstandighede vasgevang en kan moontlik weer by bendes en geweld betrokke raak./ Map kry steeds nie werk nie as gevolg van sy tronkrekord. √ 2 14.14 ’n Mens dink dat Map vry sal wees wanneer hy uit die tronk kom, maar in werklikheid bind die omstandighede op die Kaapse Vlakte hom/hulle steeds./ Hy kom uit die tronk uit en is (kamma) vry, maar die Kaapse Vlakte is vir hom/hulle steeds ’n tronk./ Hulle/hy is vasgevang in omstandighede waaraan hulle/hy nie kan ontsnap nie al kom 1 hy uit die tronk uit/word hy vrygelaat. √ EN Cavernelis ontsnap nooit die Kaapse Vlakte (tronk) nie en pleeg selfmoord. √ Map is wel vry, maar kry steeds nie werk nie/die stigma van die tronk verhoed dat hy werk kry/sy werksmoontlikhede op die Kaapse Vlakte verander nie. √ 2 Albei aspekte van die ironie moet genoem word vir 1 punt. Die verduideliking ten opsigte van Cavernelis en Map tel elkeen ’n (verdere) punt. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 15: OPSTELVRAAG Mis – Reza de Wet Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. Naas die inhoud (15 punte) moet die aanbieding (taal en styl) ook volgens die rubriek geassesseer word (10 punte). LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en taal. Inleidingsparagraaf: Die kandidaat verskaf enige gepaste inleidingsparagraaf, bv. • In hierdie drama kom baie konflik voor. Wat konflik in ’n drama is (2 feite) • Konflik is botsing/rusie/stryd/struweling/spanning. • Konflik manifesteer gewoonlik die sterkste by die hoofkarakter. • Konflik is die element in ’n drama wat die handeling rig. • Dit kan konflik/stryd wees as gevolg van keuses, begeertes wat in stryd is met die aanvaarbare norme, oordeelsfoute, vrese, behoeftes, ens. • Konflik kan verskeie vorme aanneem, soos konflik met omstandighede/noodlot, met karakters of innerlike stryd binne-in ’n karakter. • Innerlike konflik, sowel as uiterlike konflik, kom voor. • Konflik dra gewoonlik by tot die insig/groei by die hoofkarakter. • Newekarakters dra by tot spanning/konflik/stryd by die hoofkarakter. • Konflik in ’n drama dra by tot die spanning en ontwikkel tot ’n krisis en klimaks. Hoe konflik by Meisie voorkom (4 feite) • Die misreuk wat altyd teenwoordig is, dryf Meisie se voornemende vriende weg. • Meisie se dominerende, voorskriftelike ma gun Meisie geen vryheid nie. • Die onheil wat hulle bedreig, maak Meisie bang. • Weens die onheil wat hulle bedreig, is Meisie afhanklik van haar ma. • Meisie raak bygelowig en glo die uile se roep is ’n voorbode. • Meisie moet baie hard werk, elke dag, om die pot aan die kook te hou. • Sy smag na doodgewone dinge wat jongmense doen. • Meisie loer tussen die gordyntjies deur na die sirkusliggies terwyl sy weet haar ma het haar verbied. • Op die oog af onderwerp sy haar gedweë aan haar ma, maar haar ma sê self dat Meisie ontevrede is. • Meisie se behoefte aan vryheid en iets avontuurliks veroorsaak dat sy ’n oordeelsfout begaan deur Konstabel te vertrou. • Selfs wanneer sy gereed maak om saam met Konstabel weg te loop, worstel sy met haar ma se invloed op haar t.o.v. die boosheid van die musiek. • Haar keuse om saam met Konstabel weg te loop, lei tot haar vryheid, maar ook haar dood. Hoe Meisie se konflik haar verhouding met haar pa, haar ma en die konstabel beïnvloed (6 gemotiveerde feite) Die kandidate moet minstens een feit by elk van die karakters/groepe noem (drie feite) terwyl die ander feite by enige van die karakters/groepe aangebied mag word. Meisie en haar pa: • Gabriël sit al vir sewe jaar in die solder wat veroorsaak dat Meisie baie hard moet werk om die pot aan die kook te hou/vir haar eie pa bang is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Haar pa se verblyf in die dak/solder, veroorsaak konflik en ontevredenheid vir haar, want sy moet daagliks/elke tweede dag die slopemmer uitgooi, wat onaanvaarbaar is. • Sy werk daagliks met mis, en die reuk van die mis beïnvloed mense/mans wat daar sou wou kom kuier sodanig dat sy baie alleen/eensaam is/geen verhouding met mans het nie. Meisie en haar ma: • Meisie se ma is voorskriftelik en dominerend, wat veroorsaak dat Meisie na ’n geleentheid om uit te breek/weg te kom, smag/’n swak verhouding met haar ma het. • Omdat haar ma haar nie vryheid gun nie, loop sy skelm weg na die sirkus en word gereeld herinner aan die invloed wat die oortreding op Miem se gesondheid gehad het. • Meisie is, volgens haar ma, ontevrede en ondankbaar, wat daarop dui dat sy en haar ma nie ’n gemoedelike, hartlike verhouding het nie. • Meisie verset haar en wil nie ’n vingerhoed dra nie. Meisie en Konstabel: • Omdat sy nie ’n gemaklike verhouding met haar ma het nie, laat sy haar maklik deur Konstabel manipuleer en besluit om saam met hom weg te loop. • Sy smag na vryheid buite die huis/na die eksotiese/avontuurlike en besluit dat Konstabel dit vir haar sal gee, wat die verkeerde besluit is. Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite) • Dis geloofwaardig dat iemand wat geen vryheid het nie, die eerste beste kans sal gebruik om weg te loop, soos Meisie gemaak het. • Dis geloofwaardig dat Meisie wegloop aangesien die Konstabel vir Meisie na ’n uitkoms gelyk het aangesien sy die hele dag moes werk/nie met ander jongmans kon verhoudings hê nie. OF • Dis ongeloofwaardig dat iemand wat so ondergeskik is aan haar ma, die moed sal hê om weg te loop, soos Meisie gemaak het. • Dis ongeloofwaardig dat iemand wat nie ervaring het in verhoudings met jongmans nie, so vinnig ’n besluit kan neem om saam met die Konstabel (’n totale vreemdeling) weg te loop. Watter raad jy aan Meisie sou gee om haar konflik op te los (1 gemotiveerde feit) • Ek sou vir Meisie aanbeveel om rustig ’n gesprek met haar ma te voer oor die goed wat haar ongelukkig maak in plaas daarvan om alles gedweë te gehoorsaam. • Ek sou haar beslis aangeraai het om nie saam met Konstabel te gaan nie omdat sy mense nie so maklik kan vertrou nie. OF • Ek sou haar aangemoedig het om saam met Konstabel weg te loop in die wete dat sy darem vir ’n klein rukkie pret sou hê. Slot: Die kandidaat verskaf enige gepaste slot bv. • Meisie se konflik het bygedra daartoe dat sy moed kry om uit haar omstandighede weg te breek. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG Mis – Reza de Wet Vraag Antwoord Punt 16.1 31 Augustus (1936) √ In die kombuis/hulle (armoedige) huis. √ 2 16.2 Iemand/iets wat jongmeisies laat verdwyn/ Moordenaar/verkragter wat in die vorige twee jaar telkens jongmeisies laat verdwyn het √ 1 16.3 Dit maak van Meisie ’n universele karakter./ Sy word geteken as iemand sonder identiteit./ Sy word nie werklik as iemand gereken nie. √ √ 2 Noem enige TWEE redes. 16.4 Dat sy die groot gevaar/moeilikheid (later in haar huis) ook kan miskyk./ Die feit dat sy sleg sien, dui daarop dat sy Meisie se ongelukkigheid/ ontevredenheid/behoefte aan jongmensgeselskap/hunkering na vryheid ook nie raaksien nie. √ 1 16.5.1 Dit verteenwoordig vir haar die bose./ Vir haar is dit ’n euwel./ Sy wil nie hê Meisie moet daarmee assosieer nie./ Dit herinner haar aan Meisie se ongehoorsaamheid/wegloop na die sirkus toe. √ 1 16.5.2 Sy voel skuldig/weet sy het verkeerd opgetree/was ongehoorsaam. √ Sy weet dit ontstel haar ma/maak haar ma siek as sy ongehoorsaam is./ Meisie is bang vir haar ma./ Meisie is onderdanig. √ 2 Die kandidaat kan enige TWEE redes vir TWEE punte aanbied. 16.6 Vryheid/die eksotiese/’n opwindende wêreld buite die huis √ Mense, soos Meisie, is dikwels vasgevang in benouende/ beklemmende/neerdrukkende omstandighede en smag daarom na vryheid/die eksotiese/’n opwindende wêreld buite die huis./ Die liggies is ’n simbool van die verskil tussen sien en blind. √ 2 16.7 Dit openbaar die karakters se eienskappe./ ’n Mens leer die karakters ken uit wat hulle sê./ Karakteriseringstegniek / Dialoog skep spanning./ Die dialoog ontsluit die tema. √ 1 16.8 Sy moet beter lyk as toe sy die verhoog verlaat het omdat Miem nou op die verhoog is./ Sy wil nie hê Miem moet agterkom wat tussen haar en Konstabel gebeur het nie./ Sy voel skuldig oor sy haar deur Konstabel laat meevoer het./ Dit gee vir die regisseur en spelers inligting oor hulle optrede en kleredrag./ Sy is weer haar ou self, sy boots nie meer tant Hannie na nie. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 16.9 Dit lyk/klink of die gevaar buite die huis is terwyl die gevaar IN die huis is. Die moordenaar/verkragter is juis deur Miem in die huis toegelaat./ Sy sien nie die gevaar in die huis raak nie./ Sy is in werklikheid veiliger buite die huis as binne-in die huis. Konstabel verteenwoordig die bose/gevaar en hy is in die huis. √ 1 EN Miem verloor haar dogter omdat sy gedink het die gevaar is buite. √ Meisie verdwyn/loop weg/word waarskynlik vermoor omdat sy meen dat Konstabel betroubaar/veilig is. √ 2 Albei aspekte van die ironie moet genoem word vir 1 punt. Die toepassing op Miem en Meisie is telkens 1 punt werd. 16.10 Geloofwaardig √ 1 EN Sy voel skuldig omdat sy so meegevoer is deur Konstabel dat sy van die gevaar vergeet het/omdat sy toegelaat het dat Konstabel haar so beïnvloed/laat meesleur het. √ Sy is ’n gas in die huis en moes haar beter gedra het./ 2 Gertie weet dat hoë morele standaarde vir Miem baie belangrik is, sy maak dus seker dat Miem die regte indruk kry. √ Die kandidaat kan nie die vraag as ongeloofwaardig beantwoord nie. 16.11 “sirkusmusiek” √ 1 16.12.1 Sy kry nie besoekers nie omdat dit sleg ruik by haar huis./ Sy moet daagliks vensters/klere was./ Sy werk daagliks om die sakke gereed te kry vir die mis. √ 1 16.12.2 Hulle verkoop mis om te oorleef./ Dis hulle enigste bron van inkomste./ Die Depressie het veroorsaak dat hulle uitboer./ Hulle moet self sorg vir oorlewing, want die pa kruip in die solder weg. √ 1 16.13 Hy is nie ’n polisieman nie./ Hy’s ’n bedrieër./ Hy het haar pas probeer verlei. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 16.14 Nee Sy het haar nie toegerus met vaardighede om die wêreld se versoekings te weerstaan nie/met kennis om die regte keuses te maak nie/het haar nooit aan die wêreld buite die huis bekendgestel sodat sy voorbereid is vir die lewe nie./ Sy het die vreemdeling in die huis toegelaat/haar dogter aan die vreemdeling/skurk/bedrieër probeer afsmeer sonder dat sy hom behoorlik geken het./ Sy was bereid om haar dogter te gebruik as middel tot ’n doel, nl. dat Gabriël uit die solder moet kom./ Sy het alles nuuts/vreemds/opwindends veroordeel en verdoem in plaas daarvan om dit te ondersoek en vir Meisie die regte leiding te gee ten opsigte van werklike gevare. √ √ OF Ja Sy het haar tog gewaarsku teen die gevaar./ Miem was oorbeskermd, veral op hierdie nag. √ √ 2 Die kandidaat kan slegs punte vir die motivering kry, 2 of 0. [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 Downloaded from hlayiso.com 31 DBE/November 2012 NSS – Memorandum -Baie goeie -Opstel goed - Duidelike - Sommige - Bewyse dat - Swak - Moeilik om te koherente gestruktureer. struktuur & bewyse van struktuur swak aanbieding en bepaal of TAAL struktuur. - Goeie inleiding logiese vloei struktuur. beplan is. gebrek aan onderwerp - Uitstekende en van argumente. - Opstel toon - Argumente beplanning aangespreek is. inleiding en samevatting. - Inleiding, gebrek aan nie logies beïnvloed vloei - Geen bewyse samevatting. - Maklik om samevatting en struktuur, gerangskik nie. van argumente. van beplanning of RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN DIE POËSIE-OPSTEL - Argumente argumente en ander logika en - Taalfoute is - Taalfoute en logiese Struktuur, logiese, vloei en aanbieding. Taal goed gedagtegang te paragrawe koherensie. sigbaar. Toon verkeerde styl uiteensetting nie. HUISTAAL gestruktureerd volg. koherent - Minimale en styl nie veroorsaak - Taal is swak. en ontwikkeling - Taal, toon en georganiseer. taalfoute, toon toepaslik vir die onsuksesvolle - Verkeerde taal 10 PUNTE is duidelik styl korrek en - Kan vloei van en styl meestal doel van teks skryfstuk. Toon en styl. toon en styl wat in opstel gebruik word. - Taal, toon en toepaslik vir argumente van nie. en styl nie - Paragrafering nie styl volwasse, doel. volg. toepassing. - Paragrafering toepaslik vir korrek, koherensie treffend en - Goeie - Taal, toon en Paragrafering gebrekkig doel van teks. ontbreek. korrek. aanbieding styl grootliks meestal korrek. - Paragrafering korrek. verkeerd. INHOUD 7 6 5 4 3 2 1 Interpretasie van onderwerp. Diepte van argumente, verantwoording en beheersing 80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–29% 0–29% van gedig - In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte ten volle verken. - Uitstaande respons: 90%+. Uitstekende respons: 80 – 89% 7 - Reeks treffende en uitgebreide argumente wat uit gedig ondersteun word 8–10 7–7½ 7–8 80–100% - Genre en gedig word uitstekend verstaan. - Bogemiddelde interpretasie van onderwerp, alle aspekte bevredigend verken. - Uitgebreide respons. 6 -Reeks sterk argumente wat uit gedig ondersteun word. 7–8 6½–7½ 6–7 70–79% 7½–8½ - Genre en gedig word baie goed verstaan - Verstaan gedig en interpretasie van onderwerp goed. - Redelike uitgebreide respons. 5 - Sterk argumente word gegee, maar dit is nie altyd goed gemotiveer nie. 7–8 6½–7½ 6–7 5½– 6½ 5–6 60–69% - Genre en gedig word verstaan. - Redelike interpretasie van onderwerp, nie alle aspekte in gedig verken nie. - Etlike goeie argumente ter ondersteuning van onderwerp. 4 - Meeste argumente ondersteun onderwerp,maar bewyse is nie oortuigend. 6–7 5½–6½ 5–6 4½–5½ 4–5 50–59% - Genre en gedig word basies verstaan. - Baie alledaagse, middelmatige poging om vraag te beantwoord. - Baie min diepte in die begrip van en tydens die respons op onderwerp. 3 - Argumente nie oortuigend en baie min bewyse uit gedig. 5–6 4½–5½ 4–5 3½–4½ 3–4 40–49% - Leerder het nie volle begrip van genre en gedig nie. - Swak begrip van onderwerp. 2 - Respons word herhaal en dit is soms nie ter sake nie. 30–39% - Geen diepte in argumentering nie, interpretasie verkeerd, ondersteunende 4–5 3½–4½ 3–4 1–3½ argumente nie verantwoordbaar uit gedig nie. - Baie swak begrip van genre en gedig. - Respons soms in verhouding met onderwerp, moeilik om argumente te volg of dit 1 is nie van toepassing nie. 0–29% - Swak poging om vraag te beantwoord. Paar relevante argumente wat gegee is, is 3–4 1–3½ 0–3 nie verantwoordbaar uit gedig nie. - Baie swak begrip van genre en gedig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 Downloaded from hlayiso.com 32 DBE/November 2012. NSS – Memorandum RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA Let op die verskil in die puntetoekenning vir inhoud versus struktuur en taal KODES EN INHOUD [15] STRUKTUUR EN TAAL [10] PUNTETOEKENNING Interpretasie van die onderwerp. Grondige argumente, verantwoording en begrip Struktuur, logiese vloei en aanbieding. Gebruik van taal, toon en styl van die voorgeskrewe werk. in opstel. Kode 7 Uitmuntend In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte van die onderwerp is ten volle Uitmuntend Samehangende en gestruktureerde opstel. A 12 tot 15 punte nagevors. 8– 10 punte Uitstekende inleiding en afsluiting. 80–100% Uitstekende reaksie. (90+, uitmuntende reaksie) Argumente si goed gestruktureerd en duidelik ontwikkel. Reeks pakkende argumente, uitgebreid; ondersteun uit die teks. Taal, toon en styl is gevorderd, treffend en korrek. Uitstekende begrip van genre en voorgeskrewe teks. Kode 6 Verdienstelik Bogemiddelde interpretasie van onderwerp. Alle aspekte van die onderwerp is geskik Verdienstelik Opstel is goed gestruktureerd B 11 punte nagevors. 7 punte Goeie inleiding en afsluiting. 70–79% Gedetailleerde reaksie. Argumente en gedagtelyn is maklik om te volg. Reeks grondige argumente is gegee, goed ondersteun uit teks. Taal, toon en styl is korrek en gepas vir die doel. Baie goeie begrip van genre en teks. Goeie aanbieding. Kode 5 Beduidend Toon begrip en het onderwerp goed geïnterpreteer. Beduidend Duidelike struktuur en logiese vloei van argumente. C 09 of 10 punte Taamlik gedetailleerde reaksie op die onderwerp. 6 punte Inleiding, afsluiting en ander paragrawe is samehangend georganiseer. 60–69% Sommige grondige argumente is gegee, maar nie almal is baie goed gemotiveer nie. (koherensie) Begrip van genre en teks duidelik. Vloei van argumente kan gevolg word. Taal, toon en styl is grootliks korrek. Kode 4 Voldoende Taamlike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte is in detail nagevors nie. Voldoende Geringe bewyse van struktuur. D 08 punte Sommige goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp. 5 punte Goed gestruktureerde en logiese vloei en samehang ontbreek. 50–59% Meeste argumente is ondersteunend, maar bewyse is nie altyd oortuigend nie. Min taalfoute; toon en styl is meestal gepas. Basiese begrip van genre en teks. Paragrawe is meestal korrek. Kode 3 Matige Baie gewone en gemiddelde poging om die vraag te beantwoord. Beplanning van die struktuur is gebrekkig. E 06 of 07 punte Baie min diepte en begrip in reaksie op die onderwerp. Matige Argumente nie logies gerangskik nie. 40–49% Argumente nie oortuigend nie en baie min verantwoording uit die teks. 4 punte Paragrawe is foutief. Leerder het nie houvas en volle begrip van genre en teks nie. Opvallende taalfoute. Toon en styl nie gepas vir die doel nie. Kode 2 Basiese Houvas op die onderwerp is swak. Basiese Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed die vloei van die F 05 punte Reageer herhalend en soms van die punt af. 3 punte argumente. 30–39% Geen diepte in argumentering; verkeerde interpretasie / Argumente word nie Taalfoute en foutiewe styl maak opstel onsuksesvol. verantwoord uit die teks nie. Baie swak houvas op genre en teks Kode 1 Ontoereikend Reaksie soms in verhouding met die onderwerp, maar dis moeilik om ontoepaslike Ontoereikend Moeilik om te bepaal of die onderwerp aangespreek word. F tot H 0 tot 5 punte argumente te volg. 0–2 punte Geen bewyse van logiese beplanning nie. 0–29% Swak poging om vraag te beantwoord. Geen paragrawe en koherensie nie. Min toepaslike punte met geen verantwoording uit die teks. Swak taalgebruik. Verkeerde styl en toon. Baie swak houvas op genre en teks. Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all