Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2012
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 577.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (30)
2. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 50 minute
AFDELING B: ongeveer 25 minute
AFDELING C: ongeveer 45 minute
3. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
4. Beantwoord AL die vrae.
5. Begin ELKE afdeling op ’n nuwe bladsy.
6. Trek ’n streep ná elke afdeling voltooi is.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS 1
Maak dus skerp julle potlode
1 Ek is in st. 1 (deesdae gr. 3) en dis Vrydagoggend, net ná saal. Juffrou
Engelbrecht haal ons skoonskrifskrifte uit. Potlode skerp? vra sy. “Gert Swart
(hy is besig om met sy knipmes ’n fyn puntjie aan sy potlood te kerf), nie te
skerp nie, jy steek gate in jou boek! Vryf die punt ’n bietjie stomp op ’n stukkie
afvalpapier. Nou, klas, onthou, liggies op en donkerder af, en bly netjies
tussen die lyntjies ...”
2 Met die jare het my regterhand juffrou Engelbrecht se instruksies begin
vergeet, maar die basis van ’n netjiese, leesbare skrif is nog daar: Ek skryf
soos ’n opgevoede mens. My handskrif, soos dié van my tydgenote en ’n
geslag of twee daarna, is ’n verlenging, ’n uitbreiding, van liggaam en gees.
Dit spreek van my karakter, van wie ek is.
3 Ons het mooi leer skryf, nie drukskrif nie, maar aanmekaar, netjies. My
grootste bewondering was egter altyd vir die Amerikaanse handskrif. Daardie
kinders word ’n bepaalde sierskrif geleer wat nie net goed leesbaar is nie,
maar die leser plesier gee. Dit vertel iets van die persoonlikheid van die
skrywer. Maar dis aan die verbygaan. Volgens The Philadelphia Inquirer
gaan langskrif nie meer op skool gedoseer word nie; die kinders moet eerder
rekenaarvaardighede aanleer.
4 Rekenaarvaardighede? Verbeel jou!
5 Dit is erg genoeg dat ek omtrent nooit meer ’n brief in die pos ontvang nie.
Vonkpos het slakkepos vervang (Fanus se skeppings, dink ek), wat beteken
dat die slakkepas van gewoon lééf ook nie meer bestaan nie.
6 Alles moet teen die spoed van lig gebeur.
7 Niemand gaan sit meer soos my ma elke week om haar susters met ’n
skryfblok en ’n pen die jongste familienuus mee te deel nie, weliswaar geen
aardskuddende nuus nie, maar die gewone klein besonderhede waaruit die
daaglikse lewe bestaan.
8 Wat skryf die een mens aan die ander op die rekenaar? Vinnige en (vergeef
my) onbenullige kommunikasies op Facebook en Twitter, kort mededelings
sonder leestekens en dikwels sonder hoofletters, met korrekte spelling nooit
’n noodsaaklike opsie nie. En wat maak jy daarmee as jy dit klaar gelees het?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2012
NSS
9 In ’n houer in my kas is die briewe wat John voor ons troue vir my van
Tanganjika (nou Tanzanië) geskryf het – lewendige beskrywings van sy
daaglikse lewe, sy werk as geoloog, staaltjies oor die plaaslike bevolking,
klein pensketsies om sy skrywes te illustreer. Persoonlike kommunikasie in ’n
herkenbare, mettertyd geliefde handskrif. Ek het tante Bertje van
Ranonkelstraat in Rotterdam in die waskamer by die Zimbabwe-ruïnes
ontmoet, en sy het ’n lewenslange vriendin geword. Nie meer jonk nie, maar
steeds was sy ’n kranige reisiger, en deur die jare het haar poskaarte die huis
ingekom – van die Ooste, van Hawaii, van Israel. Poskaarte vol interessante
vertelsels in haar hoekige Nederlandse handskrif. Totdat die brief van haar
dogter van Rotterdam gekom het om te vertel dat tante Bertje heen is, en my
naam op ’n lang lys van mense wêreldwyd is aan wie sy briewe geskryf het.
10 Ek beny my kleinkinders se vaardigheid op die rekenaar, maar as
kommunikasiemiddel is dit onpersoonlik en, ja, onbetroubaar.
11 Ek ken ’n professor wat sy studente in hul eerste jaar van doktorale studie nie
toelaat om op die rekenaar te skryf nie. Hulle moet ’n potlood gebruik, ’n
potlood en ’n uitveër. En ’n leesbare skrif, asseblief. Want die hand werk
vinniger as die verstand, en wat jy dan kry (my weergawe) is dit: Twak in,
twak uit ...
12 Nou die dag het ek ’n interessante artikel oor handskrif gelees en tot die
gevolgtrekking gekom dat handskrif altyd belangrik sal wees. “’n Mens se
handskrif is soos jou vingerafdrukke. Nie twee mense het dieselfde handskrif
nie,” sê mnr. Landman, ’n forensiese handskrifdeskundige van Pretoria met
30 jaar ondervinding. Hy is optimisties dat die gebruik om met die hand te
skryf, nooit sal verdwyn nie. Ondanks die tegnologie-ontploffing meen hy skryf
sal altyd belangrik bly. “Dink maar aan hoe noodsaaklik dit is om dokumente
en kontrakte te onderteken.”
13 Hy verwys ook na die duisende jare wat handskrif al deel van die mens se
bestaan is. Daar word aanvaar dat die Fenisiese handelaars wat van
1200 tot 900 v.C. bedrywig was, reeds die eerste alfabet versprei het.
14 Talle studies is die afgelope eeu oor handskrif gedoen. Aan die een kant sê
Ron N Morris in sy boek Forensic Handwriting Identification dat handskrif
“eintlik 'n breinfunksie is en die hand, voet of mond bloot net ’n instrument is
om opdragte uit te voer wat van die brein kom”.
15 In ’n ander boek op my rak, Handwriting Identification: Facts and
Fundamentals (Roy A Huber en AM Headrick), word handskrif as “’n
aangeleerde vaardigheid, ’n komplekse perseptuele motoriese taak” beskryf.
Dit word bestempel as een van die gevorderdste prestasies van die
mensdom.
16 Maak dus skerp julle potlode, sê juffrou Engelbrecht. En ek stem.
[Aangepas uit Beeld, 23 Junie 2003; 25 Julie 2011]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2012
NSS
1.1 Watter voorwaarde het Juffrou Engelbrecht gehad vir haar leerders voordat
hulle in hul skoonskrifskrifte moes skryf? (1)
1.2 Waaruit kan jy in paragraaf 1 aflei dat die skrywer in die eerste helfte van die
vorige eeu op skool was en watter belangrike beginsels oor die handskrif van
’n opgevoede mens het hulle in daardie jare geleer? (2)
1.3 Wat is die hoofgedagte van paragraaf 2? (1)
1.4 Noem TWEE redes waarom die skrywer Amerikaanse handskrif bewonder. (2)
1.5 Bespreek na aanleiding van paragraaf 3 of die aanleer van
rekenaarvaardighede belangriker is as die aanleer van langskryf. (2)
1.6 Lees paragraaf 4 weer.
Watter ingesteldheid teenoor die aanleer van rekenaarvaardighede word deur
die woorde Verbeel jou! oorgedra? (1)
1.7 Die skrywer gebruik die woord slakkepos. Wat is dit volgens haar? (1)
1.8 Watter woord in paragraaf 5 kontrasteer met die inhoud van paragraaf 6? (1)
1.9 Wat is die inhoud van handgeskrewe briewe volgens die skrywer? (1)
1.10 Facebook en Twitter bevat onbenullige kommunikasies (paragraaf 8).
Is die stelling hierbo ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord deur ’n frase
uit paragraaf 8 aan te haal. (2)
1.11 Wat bedoel die skrywer wanneer sy sê dat John se briewe in ’n mettertyd
geliefde handskrif (paragraaf 9) geskryf is? (1)
1.12 Hoe het John sy briewe visueel interessant gemaak? (1)
1.13 Wat beteken dit as tante Bertje heen (paragraaf 9) is? (1)
1.14 Wat suggereer die woorde Twak in, twak uit ... ten opsigte van handskrif?
Gee jou mening oor die effektiwiteit van hierdie woordkeuse? (3)
1.15 Hoekom is mnr. Landman optimisties oor die gebruik van handskrif? (1)
1.16 Bewys uit die teks dat die vermoë om te skryf al baie jare lank bestaan. (1)
1.17 Handskrif is ’n belangrike sleutel waarmee die mens sy denke uitdruk.
Bespreek of hierdie stelling binne teksverband geloofwaardig is of nie.
Motiveer jou keuse met DRIE bewyse. (3)
1.18 Hoe sluit die slotparagraaf by die inhoud van die teks aan? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2012
NSS
TEKS 2
Zitts
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4
[Aangepas uit http://www.blackbagsupport.com]
1.19 Watter afleiding maak jy oor die skrif wat in raampie 1 en 2 gebruik word? (1)
1.20 Dink jy die kunstenaar se voorstelling van die pa se houding teenoor
rekenaars in raampie 4 is funksioneel? Motiveer jou antwoord. (1)
1.21 Haal ’n frase uit paragraaf 9–10 van TEKS 1 aan wat by TEKS 2 aansluit.
Motiveer jou keuse. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
• Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE interessante feite oor
die geskiedenis van Coca-Cola tot 1971.
• Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) puntsgewys of in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
• Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
• Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
Coca-Cola gewild van die intrapslag
Daar is kenners wat meen die woord Coca-Cola is naas oukei die bekendste woord ter
wêreld. Of dit so is, weet niemand nie, maar een ding is seker: Coca-Cola het op ’n
vreedsame manier die aardbol gekoloniseer. Hierdie bekende handelsnaam is seker
van die suksesvolste handelsname ter wêreld. Jy sal dit in die hartjie van ’n township
of in die deftigste restaurant kan koop.
Dr. John Pemberton, ’n apteker van Atlanta, het dit in Mei 1886 ontwikkel. Hierdie
konkoksie van 'n hele klomp bestanddele het hy in ’n driebeen-koperketel in sy tuin
gebrou. Dit was sy boekhouer, Frank Robinson, wat die bekende logo, wat tot vandag
toe nog dieselfde is, ook in daardie jaar ontwerp het.
Die sukses van Coca-Cola lê in die feit dat hulle hul mark ken en weet hoe om hulle
produk te adverteer – ’n kuns wat hulle by die slim sakeman en apteker, Asa Candler,
geleer het. Hy het die potensiaal van hierdie koeldrank raakgesien en die Coca-Cola-
formule in 1887 vir $2 300 by Pemberton gekoop. Aanvanklik is hierdie koeldrank net
in ’n koeldrankmasjien in ’n apteek in Atlanta verkoop. Danksy baie slim advertensies,
bemarking en verspreiding van die drankie was die drankie gou orals in Amerika en
Kanada gewild. Teen die 1900’s het die bemarkers die stroop aan onafhanklike
gelisensieerde maatskappye verkoop.
Mense het orals in winkels rondom toonbanke Coca-Cola uit glase met baie ys
gestaan en drink. Die bemarkers het besef dat hulle iets moet doen om die koeldrank
nog meer toeganklik en wegneembaar te maak. ’n Kompetisie, wat deur Earl R Dean
gewen is, is in 1916 van stapel gestuur vir die ontwerp van die ikoniese botteltjie wat
dadelik deur mense, selfs in die donker, herken sou word.
Coca-Cola is die mees geadverteerde produk ter wêreld en die maatskappy, met sy
33 000 werknemers, is die grootste vervaardiger van koeldrank. Hulle gebruik graag
musiek in hulle advertensies en so het die liedjie I’d Like to Teach the World to Sing in
1971 ’n wêreldwye treffer geword.
Die oorspronklike resep van Coca-Cola word volgens gerugte in ’n brandkluis in
Atlanta bewaar.
[Aangepas uit my tyd, 13 Februarie 2011]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3
Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.
TEKS 1: KOERANTARTIKEL
Beter prestasie as tiener later slaap
1 Tieners in Suid-Afrika se skooldag behoort later te begin sodat hulle wakkerder
kan wees en hulle konsentrasievermoee beter kan wees.
2 Dit is die mening van dr. Alison Bentley, erenavorser by Wits en
oudonderwyser. Hy het hierdie mening uitgespreek in reaksie op die nuutste
navorsing in die VSA oor die voordele wat ’n skooldag wat later begin, inhou.
’n Klein, onafhanklike skool in Rhode Island het vir navorsing die skooldag
twee maande lank ’n skrale halfuur later begin.
3 Periodes, saalbyeenkomste en buitemuurse aktiwiteite is met 5 tot 10 minute
verkort, sodat die skooldag nie later geëindig het nie.
4 In dié tyd het navorsers bevind dat dié 201 gr. 9- tot 12-leerlinge wat aan die
opname deelgeneem het, meer gemotiveerd en minder vaak en depressief
was.
5 Bentley beweer dat wanneer kinders hulle tienerjare bereik, hul liggaamsritme
verander; gevolglik daal hul liggaamstemperatuur nie meer teen 21:00 nie,
maar eers drie uur later.
6 “Dit is ’n biologiese verandering en nie een van gewoonte of houding nie,” sê
Bentley.
7 Dit beteken tieners word eers baie later vaak en kan soms so laat as 01:00
eers aan die slaap raak.
8 “Om hulle om 06:00 wakker te maak, beteken hulle het nog nie genoeg slaap
gehad nie, maar ook dat hulle voel soos iemand wat 04:00 wakker gemaak is.
9 Tieners is dus die eerste uur en ’n half van die skooldag nie op hul beste nie.
Ironies genoeg is dit juis wanneer baie skole se roosters voorsiening maak vir
vakke soos Wiskunde omdat hulle dink tieners is dan op hul skerpste.
[Aangepas uit Rapport, 18 Julie 2010]
3.1 Identifiseer die woord wat in paragraaf 1 verkeerd gespel is en skryf dié woord
korrek oor. (1)
3.2 Skryf die afkorting dr. in paragraaf 2 in woorde. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2012
NSS
3.3 Gebruik die volgende uittreksel uit die HAT (2011) om die vraag te
beantwoord:
skraal b.nw. en bw. 1 Maer, dun: So ’n skraal kêreltjie. Rietskraal. Sy gesig
is skraal sonder om benerig te wees, sy neus geboë sonder dat ’n mens dit
krom kan noem (François Bloemhof). 2 (w.g.) Met min vet; maer: Skraal kos,
dieet. 3 Nie oorvloedig nie; karig: Ons leef maar skraal. 4 Onvrugbaar, dor:
Die grond is skraal. 5 Armsalig: ’n Skrale troos. 6 Min, weinig in getal: ’n
Skrale opkoms by bidure. ’n Skrale meerderheid in die verkiesing behaal.
7 (van die weer) Koud en droog, guur: ’n Skraal luggie waai van die see se
kant af. Sy oë traan van die skraal windjie (Boerneef). skraal: -heid, -te.
skra′lerig.
[Uit: HAT, 2011, bl. 1 026]
3.3.1 Watter betekenismoontlikheid van skraal is van toepassing in
paragraaf 2? (1)
3.3.2 My inkomste is min en karig.
Hoekom is die frase min en karig NIE ’n voorbeeld van
kontaminasie NIE? (1)
3.4 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.4) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
Die betekenisfunksie van ver- in die woord verkort (paragraaf 3) is …
A korter.
B maak.
C nie.
D weer. (1)
3.5 Gebruik die vergrotende trap van vaak (paragraaf 4) in ’n sin sodat die
betekenis duidelik blyk. (1)
3.6 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:
Dit is ’n klein (verandering) en nie een van gewoonte of houding nie. (1)
3.7 Gee ’n antoniem vir tieners in paragraaf 7. (1)
3.8 Gebruik jou kennis van spelreëls om die tyd in paragraaf 7 te skryf sonder om
syfers te gebruik. (1)
3.9 Gee ’n sin van jou eie waarin jy die homofoon van dink (paragraaf 9) gebruik
sodat die betekenis daarvan duidelik blyk. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2012
NSS
TEKS 2: ADVERTENSIE
1
2
3 In 2010
● was Suid-Afrika gasheer van die
wêreld se grootste sokkergeleentheid.
● het Europa se topsokkerspan in
Potchefstroom tuisgegaan.
● het hulle by die splinternuwe
Potchefstroom-lughawe geland …
• het hulle as kampioene vertrek!
4 In 2010
● is Potchefstroom aangewys as die
beste stad in die Noordwes-provinsie.
5 Kom kyk nou hoe ons tot die beste stad in Suid-Afrika uitstyg:
6 * Beste sportgeriewe
* Beste omgewing, skoon drinkwater
* Groeiende ekonomie, aantreklike beleggingsgeleenthede en ’n belowende
toerismemark.
7 Potchefstroom, waarheen mense met drome en verwagtinge
kom en waar hulle as kampioene en oorwinnaars die stad
verlaat!
[Aangepas uit Beeld-bylaag, 10 Augustus 2010]
3.10 Watter konnotasie word aan Ons is in die wolke geheg? (1)
3.11 Skryf in die toevoegende wyse:
Kom kyk nou hoe ons tot die beste stad in Suid-Afrika uitstyg. (1)
3.12 Dink jy die volgende sin in die advertensie is ’n regverdige uitlating teenoor
ander stede in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord.
Potchefstroom, waarheen mense met drome en verwagtinge kom en waar
hulle as kampioene en oorwinnaars die stad verlaat! (1)
3.13 Watter implisiete boodskap dra die advertensie rakende Potchefstroom oor? (1)
3.14 Hoe skakel die vliegtuig by die advertensie in? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2012
NSS
3.15 Vorm ’n veelvoudige sin deur die twee onderstreepte gedeeltes in paragraaf 3
saam te voeg. (1)
3.16 Haal ’n woord uit paragraaf 6 aan wat ’n toeris sal oorreed om Potchefstroom
te besoek. (1)
3.17 Brei die volgende sin deur middel van ’n bywoordelike bepaling uit:
Europa se topspan gaan in Potchefstroom tuis. (1)
3.18 Skryf ’n onvoltooide deelwoord uit paragraaf 6 neer. (1)
3.19 Skryf die onderwerp van die volgende sin neer:
In 2010 was Suid-Afrika gasheer van die wêreld se grootste
sokkergeleentheid. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2012
NSS
TEKS 3: STROKIESPRENT
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2
Wie was dit wat nou net Ag, sommer ’n meisie Sý vra vir jou!? As ma wil ek Nonsens! Ons was nog
vir jou gebel het, Pieter? wat ek ken. Sy wil hê ek darem net sê jy’s nog net 17 en nie 18 toe ons al ogies
vir mekaar gemaak het
moet haar uitneem. daar’s nog baie tyd vir sulke nie!
dinge!
RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Ag, jy’s skoon simpel! Jy Huh! Nou maak jy asof dit ek
Daar ondermyn jy al weer was wat agter jou aan-
laat dan nie eens toe dat Wel, mý ma het my nooit
alles wat ek sê! Moet ons gehardloop het! Jy was mal
hul maatjies hier kom laat uitslaap nie … of
hulle maar laat maak net agter my aan! Jou ma is mos
slaap nie! Wat’s nogal agter seuns laat
soos hulle lus het? so uit die oude doos!
verkeerd daarmee? aanhardloop nie!
RAAMPIE 7 RAAMPIE 8 RAAMPIE 9 RAAMPIE 10
My ma meng ten minste Nee! Maar daai vet tante Maar jy gee nie om as sy Huh! Asof ek ’n dankie kry
nie in ons huwelik in van jou steek gedurig haar die kinders met geld en na ek die hele naweek aan
soos joune nie! lang neus in ons sake! En presente oorlaai nie. En jy’t jou broer Robert se kar
my ma kom teer nie haar nie eens ’n Kerskaart gewerk het!
maande lank op ons soos gestuur nie!
sý nie!
RAAMPIE 11 RAAMPIE 12 RAAMPIE 13
Kyk, hoekom vat jy nie nou Ek sal ook! En jy kan Hallo, Ansie, ek’s jammer,
maar die ou paar maar daardie elektriese maar ek mag jou nie uitneem
presentjies terug wat jy my heiningknipper terugvat! nie ... My ouers sê ek’s nog
so langtand vir Kersfees Ek het te onvolwasse.
gegee het nie? lus
en skei
jou!
Piekfyn!
[Aangepas uit Ben, Babsie en Familie, Human en Rousseau, 1982]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/November 2012
NSS
3.20 Skryf die onderstreepte sin in raampie 1 in die direkte rede. Begin die sin met
Sy vra: ... (1)
3.21 Wat bedoel die pa in raampie 2 as hy sê hulle het al vir mekaar ogies
gemaak? (1)
3.22 Herskryf die onderstaande sin as ’n bevelsin:
Moet ons hulle maar laat maak net soos hulle lus het? (1)
3.23 Watter woordsoort is skoon in raampie 4? (1)
3.24 Motiveer of dit regverdig is dat Pieter in raampie 13 na homself as
onvolwasse verwys. (1)
3.25 Skryf die sin in raampie 7 in die passief/lydende vorm. (1)
3.26 Waarom is die uitroeptekengebruik in die strokiesprent geslaagd? (1)
3.27 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.27) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
Langtand (raampie 11) beteken …
A vreugdevol.
B gewillig.
C lustig.
D teësinnig. (1)
3.28 Gebruik die hulpwerkwoord kan in raampie 12 as ’n selfstandige naamwoord
in ’n sin sodat die betekenis duidelik blyk. (1)
3.29 Hoe ondersteun Pieter se lyftaal sy woorde in raampie 13? (1)
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper