Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2012
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012, 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 415.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
NSC November Exam 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)9 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)19 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)
- Question 16Letterkunde (Literature / Set Works)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
1. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
voorskrifte by elke vraag in ag.
2. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
3. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help.
4. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
5. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2012
NSS
INHOUDSOPGAWE
Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Safari Opstelvraag 10 5
OF
2. Die skedel lag al huil die gesig Kontekstuele vraag 10 6
OF
3. Vroegherfs Kontekstuele vraag 10 7
OF
4. “last grave at dimbaza” Kontekstuele vraag 10 8
EN
Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
5. Die wêreld het so klein geword Opstelvraag 10 10
OF
6. Die wêreld het so klein geword Kontekstuele vraag 10 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12
OF
8. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12
9. Manaka – Plek van die Horings Opstelvraag 25 15
OF
10. Manaka – Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15
11. Vatmaar Opstelvraag 25 18
OF
12. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 18
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
13. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 21
OF
14. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 21
15. Mis Opstelvraag 25 23
OF
16. Mis Kontekstuele vraag 25 24
* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2012
NSS
KONTROLELYS
Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD
A: Gedigte
1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
5–6 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
7–12 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
13–16 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Safari – DJ Opperman
1 Niks
2 staan
3 stil –
4 alles
5 kry
6 voete,
7 beweeg
8 in
9 lang
10 stoete:
11 grassteeltjies,
12 kosyne,
13 stede
14 en
15 treine;
16 oor
17 Saharas
18 en
19 savannes
20 die
21 optog
22 van
23 alle
24 paaie
25 oor
26 die
27 wêreldrond
28 na
29 die
30 gaatjie
31 in
32 die
33 grond
34 o
[Uit: Kuns-mis, 1964]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2012
NSS
Die gedig Safari is ’n gedig waar die tipografie ’n belangrike rol speel. Bespreek
hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde. Verwys in jou antwoord na die
volgende:
• Die soort gedig (1 feit)
• Die tema van dié gedig en hoe die titel by die tema aansluit (2 feite)
• Hoe die tipografie die tema van die gedig ondersteun (3 gemotiveerde feite)
• Jou mening oor die geslaagdheid van dié tipografie van die gedig
(1 gemotiveerde feit) [10]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström
1 Eendag sal ek, weet ek, die dood
2 met laggende skedel trotseer. Minstens
3 my sin vir humor sal ek behou. Maar
4 of ek soos oorlee mevrou Ples en soos
5 die bloubok van my geboorteland
6 ook ’n glaskas in ’n museum sal haal?
7 ’n Seldsame dier is die mens nou nie juis.
8 Tog, hoe slim tog is ons met ons
9 innerlike uurwerkvernuf, hoe sterk
10 die groot swaaiende hyskraangebare
11 waarmee ons wolkekrabbers reghoekig
12 neerplak in woon- en sakekomplekse.
13 Merkwaardig ons grabbelende navorsing
14 dwarsdeur dolomiet om ons arms diep
15 soos skagte te sink en die grys erts
16 te gryp en op te trek, te vergruis en te
17 veredel tot staaf op staaf korfagtig
18 gepakte kluise van belegging. A ja,
19 wonderbaarlik ons vermoë om weggooisand
20 tot vuurstof te verryk wat as ons wou
21 alles onherhaalbaar in allerlaaste oplaaiing
22 woes skoon kan laat ontbrand.
23 Ek sê mos die skedel lag
24 al huil en huil die gesig.
[Uit: Van vergetelheid en van glans, 1976]
2.1 Haal die woord uit die titel aan wat die twee kante van die ironie skei. (1)
2.2 Lees weer strofe 1.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2012
NSS
Noem TWEE sieninge wat die spreker met betrekking tot die mens huldig. (2)
2.3 Hoe word die sekerheid van die skedel se einde in versreël 1–2 uitgehef? (1)
2.4 Waarna verwys uurwerkvernuf (versreël 9)? (1)
2.5 Watter effek bereik die digter met die vooropplasing/voorplasing van neerplak
(versreël 12)? (1)
2.6 Wat is die funksie van die d-alliterasie in versreël 14? (1)
2.7 Watter gevolg hou die mens se intellektuele vermoë volgens versreël 19–22
vir homself in? (1)
2.8 Stem jy saam met die insig waartoe die spreker in versreël 23–24 kom?
Motiveer jou antwoord. (2)
[10]
OF
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vroegherfs – NP van Wyk Louw
1 Die jaar word ryp in goue akkerblare,
2 in wingerd wat verbruin, en witter lug
3 wat daglank van die nuwe wind en klare
4 son deurspoel word; elke blom word vrug,
5 tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6 so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7 dat die takke van die lang populiere al
8 teen elke ligte môre witter staan.
9 O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10 laat alles val wat pronk en sieraad was
11 of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12 laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13 my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14 en nakend uit my teerder jeug verskyn.
[Uit: Die halwe kring, 1937]
3.1 Haal ’n frase uit versreël 1–4 aan wat aansluit by die verwagting wat die titel
skep. (1)
3.2 Wat wil die spreker vir ons sê met die woorde elke blom word vrug
(versreël 4) en hoe sluit dit by die tema aan? (2)
3.3 Skryf een woord uit versreël 5–8 neer wat op stadig/onwillig dui. (1)
3.4 Haal ’n frase uit die oktaaf aan wat by die stropingsproses van die natuur
aansluit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2012
NSS
3.5 Waarom is die gebruik van die dubbelpunt in versreël 9 funksioneel? (1)
3.6 In versreël 12–13 kom ’n metafoor voor. Verduidelik die funksie daarvan. (1)
3.7 Wat word versreël 9–14 in ’n sonnet genoem? (1)
3.8 Motiveer of die oktaaf (versreël 1–8) effektief in versreël 9–14 toegepas
word. (2)
[10]
OF
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier
1 beauty douglas was born
2 op ’n wintersnag so all forlorn
3 omring deur die sterre se liggies
4 en koerante kaal klip
5 en nuuskierige hande
6 en tien ander gesiggies
7 a ’n dogter oplaas ’n dogter
8 om beeste te kry om die wêreld
9 te wei a dis lekker
10 om ’n vader te is te is
11 die ma het ’n briefie geskryf
12 aan haar man op die myne
13 om te sê van die kind en te vra van die geld
14 want dit was sy kind die dogter
15 was syne om te sê: o my man
16 o my man ek het beeste gebaar
17 op ’n wintersnag so all forlorn
18 met die sterre soos goud en die mielies klaar
19 beauty douglas your daughter was born
20 sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21 opgeskiet boontoe en oopgevou
22 in ’n laatnagbrief: my vrou
23 my vrou sê aan beauty douglas
24 haar pa het haar lief.
25 hy’t sy brief gepos met sy viersentseël
26 ’n lugposbrief aan beauty douglas
27 om te sê hy’t haar lief
28 die adres was mnxesha
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2012
NSS
29 oor kingwilliamstown kaap
30 saans as hy sy moegheid streel
31 het hy gedroom van sy meisiekind
32 en op ’n sonskynmiddag twee maande later
33 het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind:
34 “beauty douglas was born
35 she died”
[Uit: skimmellig, 1978]
4.1 Hoekom word aanhalingstekens by die titel gebruik? (1)
4.2 Bewys uit die gedig dat beauty douglas in primitiewe omstandighede
gebore is. (1)
4.3 Benoem die beeldspraak wat in versreël 6 aangetref word. (1)
4.4 Waarom is die verwysing na beeste belangrik vir die kulturele agtergrond van
beauty se ma? (1)
4.5 Noem TWEE van die sake wat die ma in die brief aan haar man noem. (2)
4.6 Waarom is die gebruik van die frase oopgeskiet tussen lae klip (versreël 20),
om die pa se vreugde te beskryf, funksioneel? (1)
4.7 Haal die kontras aan wat in versreël 30–35 voorkom. (1)
4.8 Lewer krities kommentaar oor die gebruik van Engels in hierdie gedig. (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2012
NSS
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz
1 Toe my ouma ’n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2 deel granate in die boord,
3 lees boeke in hulle soeke na kennis
4 en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.
5 As kind bly my ma op ’n ruim erf
6 met ’n grasperk en twee bome,
7 sit sy vasgenael voor die kassie –
8 vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9 Sy ken mense wat al oorsee was!
10 Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11 en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.
12 Ek klik met ’n muis die wêreld tot in my huis,
13 die web is my werf en Gumtree my boom.
14 Ek is deel van ’n boek waar mense hul gesigte
15 gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16 Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17 en met ’n ieder en elk in verbinding bly.
18 Die moontlikhede is duiselingwek-
19 kend GROOT en die wêreld het so
20 klein geword dit pas in die
21 twaalf vierkante
22 meter van my
23 kamer
24 in. [Uit: Toulopers, verse vir tieners, 2011]
Die kontras tussen die voordele en nadele van tegnologiese ontwikkeling kom in
hierdie gedig sterk na vore.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde deur na die volgende te
verwys:
• Die woordkeuse wat tegnologiese vooruitgang aandui (progressie) (3 feite)
• Die redes wat die agteruitgang in interaktiewe kommunikasie (regressie) aandui
(2 gemotiveerde feite)
• Die bydrae wat die strofebou of versreëls ten opsigte van dié kontras tussen die
voordele en nadele van tegnologiese ontwikkeling lewer (1 gemotiveerde feit)
• Jou mening oor die invloed van tegnologie op interaktiewe kommunikasie
(1 gemotiveerde feit) [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz
1 Toe my ouma ’n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2 deel granate in die boord,
3 lees boeke in hulle soeke na kennis
4 en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.
5 As kind bly my ma op ’n ruim erf
6 met ’n grasperk en twee bome,
7 sit sy vasgenael voor die kassie –
8 vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9 Sy ken mense wat al oorsee was!
10 Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11 en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.
12 Ek klik met ’n muis die wêreld tot in my huis,
13 die web is my werf en Gumtree my boom.
14 Ek is deel van ’n boek waar mense hul gesigte
15 gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16 Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17 en met ’n ieder en elk in verbinding bly.
18 Die moontlikhede is duiselingwek-
19 kend GROOT en die wêreld het so
20 klein geword dit pas in die
21 twaalf vierkante
22 meter van my
23 kamer
24 in. [Uit: Toulopers, verse vir tieners, 2011]
6.1 Hoekom is hierdie gedig ’n vrye vers? (1)
6.2 Hoe word die kontras tussen die wye vlakte (versreël 1) en die ruim erf
(versreël 5) tipografies uitgehef? (1)
6.3 Bewys uit strofe 1 dat die ouma nie ’n moderne telefoon gehad het nie. (1)
6.4 Haal ’n versreël aan wat aandui dat televisie mense geboei het. (1)
6.5 Watter emosie dui die uitroepteken in versreël 9 aan? (1)
6.6 Skryf die betekenis van versreël 12 in jou EIE woorde. (1)
6.7 Wat beteken die oksimoron in versreël 15? (1)
6.8 Hoe dra die hooflettergebruik in versreël 19 by tot die tema van die gedig? (1)
6.9 Op watter wyse kontrasteer die strofebou met die titel? (1)
6.10 Motiveer hoekom jy met die spreker se gevolgtrekking saamstem. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2012
NSS
EN
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas behandel het.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Die sentrale tema van die roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, word deur die volgende
aanhaling saamgevat:
“Die volgende oggend was die fyn wit blom verlep, maar daar was nog heelparty
knoppe aan die stingel.”
Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:
• Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
• Hoe die optrede van Iris, Peter en Billy dié tema ondersteun (5 feite)
• Hoe hierdie tema Iris se lewe beïnvloed het (oorsake en/of gevolge)
(6 gemotiveerde feite)
• Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
• Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Iris was (1 gemotiveerde feit) [25]
OF
VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
1 “Elsa lyk grotesk,” het Kara vir my gesê toe ek een aand by
2 haar en haar woonstelmaat gaan eet het ...
3 “Glad nie soos
4 ’n Madonna nie.” ...
5 “Kuns is interpretatief,” het haar woonstelmaat haar herin-
6 ner. “En subjektief. Dit hang alles af van hoe die kunstenaar
7 voel oor sy onderwerp. Jy vind swangerskap grotesk en sal
8 dit dus anders weergee.”
9 “Jy’s reg,” het Kara gesê. “As iemand my vra om Elsa te
10 teken, sal ek ’n groot sirkel trek met ’n klein koppie boaan en
11 twee stokarmpies en -beentjies. Dis al wat ’n mens sien: maag.”
12 “Wil jy nie eendag kinders hê nie?” het ek gevra.
13 “Nee.”
14 “En gestel jou man wil?”
15 “Dan kry ons ’n surrogaatmoeder om die drawerk te doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2012
NSS
16 Maklik. Ek is nie ’n broeikas nie. My lyf behoort aan my.” ...
17 Op pad terug huis toe in Pa se kar het ek weer aan Elsa
18 gedink en so is ’n nuwe storie gebore. Die oues, met Richard
19 in die hoofrol, was uitgewas en prikkelloos.
20 Met die eerste oogopslag het swangerskap my nie eintlik
21 getref as iets romanties nie, maar ek het darem geglo dat ’n
22 mens niks durf verwerp tot jy dit nie self probeer het nie.
8.1 Hoekom is dit ironies dat juis Elsa swanger is? (1)
8.2 Hoe sluit die motto “Angels can fly because they take themselves lightly” by
die beskrywing van Elsa se swangerskap aan? (1)
8.3 Watter fantasiekarakter skep Iris na die ete in Kara se woonstel? (1)
8.4 Hoe ontsnap Kara aan die werklikheid? (1)
8.5 Sou ’n sagter/vriendeliker beskrywing van Elsa deur Kara by Kara se karakter
pas? Motiveer jou antwoord. (2)
8.6 Verduidelik met TWEE feite waarom die volgende stelling vir jou
geloofwaardig OF ongeloofwaardig is:
Die reaksie van Kara se familie tydens die aankondiging van haar en Claude
se verhouding is vreemd in die era/tydvak waarin die verhaal afspeel. (3)
8.7 Iris bedank die modelkontrak.
Watter woorde in reël 17–22 wys dat haar woorde en haar dade nie
ooreenstem nie? (1)
8.8 Hoe verskil die stemming wat hier heers van die stemming wanneer die koms
van ’n baba normaalweg aangekondig word? (2)
EN
TEKS 2
1 ... “Wat doen u daarmee?” het ek gevra.
2 “Ek soek nuwes. Elke dag bestaan die kans dat ek ’n unie-
3 ke een kan ...” Hy het vir die kelnerin gewink om nog koffie
4 te bring en sy sakke op die tafelblad begin leegmaak. ...
5 “Waar kry u dit?” het ek gevra.
6 “Asblikke, meesal. Ek stap agter die woonstelblokke verby
7 en kyk deur die asblikke.”
8 “Is dit nie grieselig nie?”
9 Hy het opreg verbaas gelyk en selfs effe gekrenk. “Hoe
10 bedoel u nou?”
11 “Wel, behalwe vuurhoutjiedosies is daar mos ’n vreeslike
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2012
NSS
12 gemors in so ’n blik.” ...
13 “Ek is nie vol fiemies nie.”
14 “O,” het ek gesê. “Net so wel.”
15 “Ek maak dit skoon,” het hy gesê en stukkies verrotte kool-
16 blaar van een afgetrek. “Dan pars ek dit en kyk waar dit inpas
17 tussen die res.”
18 “Dit hou u seker besig,” het ek beleef erken. ...
19 “O ja. Dis ’n lewenstaak, kan jy sê.”
20 “Maar waarvan leef u?”
21 Sy gesig het verstrak, die hemelse vervoering terwyl hy sy
22 stokperdjie bespreek het, weg. “Welsyn,” het hy kortaf gesê. ...
23 “Ek moet nou gaan,” het ek gesê en die rekening
24 nader getrek.
25 “Asseblief, laat my toe om vir u te betaal.” Hy het sy hand
26 ook uitgehou na die strokie papier.
27 Ek het dit weggeruk. “Nee! Dis buite die kwessie. Ek be-
28 hoort eerder vir u te betaal.”
8.9 Watter voordeel hou dit in dat Iris die verteller is? (1)
8.10 Waar vind die gesprek tussen Iris en die vuurhoutjieman plaas? (1)
8.11 Hoekom kan die woorde en kyk waar dit inpas tussen die res (reël 16–17) ook
op Iris se verhouding met haar susters dui? (1)
8.12 Iris en die vuurhoutjieman se optrede en handeling verskil baie.
Noem TWEE voorbeelde uit die teks wat hierdie verskil aandui. (2)
8.13 Iris voel uitgebuit nadat sy die rekening moes betaal.
Met watter betekenis van haar naam skakel hierdie gevoel? Identifiseer
TWEE ander karakters teenoor wie sy so gevoel het. (3)
8.14 Wat was die Engel se aandeel aan Iris en die vuurhoutjieman se ontmoeting? (1)
8.15 Verduidelik die rol wat die besoek aan Amerika in Iris se ontwikkeling van
onseker dogter tot volwasse vrou speel. (1)
8.16 Tydens haar besoek aan New York wonder Iris of sy die modelkontrak moet
aanvaar.
Watter tipe konflik ervaar Iris? (1)
8.17 Aan die einde van die roman kom Iris tot insig.
Haal ’n sin uit die uittreksel aan om hierdie stelling te bevestig. (1)
8.18 Hoe ondersteun die titel van die roman die tema? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2012
NSS
OF
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Die sentrale tema van die roman, Manaka – Plek van die Horings, word deur die
volgende aanhaling saamgevat:
“Hy droom van sy ma. Sy kom op kaal voete na hom toe aan, die kettinkie waaraan
die kruisie hang, is in haar hande. Sy probeer dit oor sy kop kry.”
Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:
• Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
• Hoe die optrede van Grace, Nanna en Ouma Essie in die roman dié tema
ondersteun (5 feite)
• Hoe hierdie tema Baas se lewe op Manaka beïnvloed het (oorsake en/of
gevolge) (6 gemotiveerde feite)
• Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
• Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Baas was (1 gemotiveerde feit) [25]
OF
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
1 Die een na die ander primitiewe aanwysing dat hier
2 ook mense woon wat van geweet wil wees, kruip
3 by Baas verby – ’n stuk ou nommerplaat aan ’n boom
4 vasgespyker, ’n wieldop met ’n “Stop!”-teken, ’n verroeste
5 modderskerm met ’n skewekam hoenderhaan daarop
6 geteken, ’n “No Parking”- en ’n “No dogs allowed”-
7 bordjie wat kennelik by die een of ander hospitaal ver-
8 dwyn het, ’n verflenterde motorband met ’n onleesbare
9 naam in wit verf.
10 Die gehuggies word minder; die troppies beeste en
11 bokke onwilliger om die pad te ontruim; die kinders wat
12 uit die graanlandjies nader storm wanneer hulle ’n voer-
13 tuig hoor, nuuskieriger; die tweespoorpad slegter; die
14 basterbrakke, wat lyk of hulle iewers in die verre verlede
15 ’n dosis Ierse terriër-bloed ingekry het, al meer. ...
16 Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan
17 Mark gepraat het, veertig kilometer van Sioma af teen
18 die hang van die ysterkliprant. Dis ’n dik stomp. Daar is
19 geen teken van lewe in die uitgedroogde takke nie. Langs
20 die verwronge stam hang ’n stuk sinkplaat met die woorde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2012
NSS
21 Manaka Evangelical Mission netjies daarop geverf.
10.1 Waarom kan die No Parking-teken as ironies gesien word (reël 6)? (1)
10.2 Baas bring Lady en Brindle saam Manaka toe.
Haal ’n frase uit Teks 1 aan wat bewys dat Baas hom nie aan sommige van
Manaka se reëls steur nie. (1)
10.3 Hoe sluit die verwysing na Ierse terriër-bloed (reël 15) direk by die
tydsverloop in die roman aan? (1)
10.4 Na wie is Lady en Brindle vernoem? (2)
10.5 Waarom kan die situasie op Manaka vergelyk word met die lewelose
bougainvilleastomp? (2)
10.6 Dink jy daar is 'n ooreenkoms tussen die herkoms van die bougainvillea en
Dennis Chipman, die oupagrootjie? Motiveer jou antwoord. (2)
10.7 Watter karaktereienskap van Baas kom na vore as hy die bougainvillea later
natgooi? (1)
10.8 Skryf die tema van die roman neer en verduidelik hoe die natgooi van die
bougainvilleastomp deur Baas by dié tema aansluit. (3)
10.9 Lees weer reël 19–21.
Hoe bevestig Baas sý eienaarskap van Manaka? (1)
10.10 Hoe het die verval van die geboue later konflik veroorsaak? (1)
EN
TEKS 2
1 “Dit is waar meneer Chisupo was toe die honde
2 hom gekry het.” Grace hou Baas aan sy arm vas.
3 “Die waterval!”
4 Hulle hardloop na die Land Rover toe.
5 “Die water is vinnig,” sê Grace. “Dit moet vroeg gis-
6 teraand al gebeur het, toe ons by die brand was.”
7 Meneer Johnnie kom in die oggendmistigheid haastig
8 van die kerk af aan. “Lo fire! Lo fire!” skreeu hy en swaai
9 sy arms om die Land Rover voor te keer.
10 Baas hou stil. Meneer Johnnie spring agterop.
11 “Stop!” skreeu hy en hamer op die dak toe Baas verby
12 die smeulende balke jaag. “Lo fire! Ka lo kereke ka mina!”
13 Dit is by my kerk waar die brand is.
14 Grace beduie vir hom deur die agtervenster dat die
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2012
NSS
15 boot weggespoel het. “Miskien het dit tussen die riete
16 ingespoel,” sê sy vir Baas.
17 Baas se lyf swenk en draai saam met sy hande op die
18 stuurwiel tussen die gate en die klippe in die pad deur.
19 “Daar is ook baie inhamme,” sê hy. “Dis veertig kilo-
20 meter ...”
21 “Die water is vinnig,” sê sy weer.
22 By Sioma draai hulle weg na die Ngonyewaterval toe.
23 Hulle klim oor die swart klipkoppe en tussen rotsvybome
24 se knoetswortels en geel stamme deur na die wit wasem-
25 wolke wat hoog bo die rante uitstyg. Die waterval dreun
26 hulle stemme dood.
10.11 Haal uit reël 7–13 die woorde aan wat op meneer Johnnie se kulturele
andersheid dui. (1)
10.12 Meneer Johnnie word die slagoffer van sy kulturele tradisies as hy nie die
lobola kan betaal nie.
Watter gevolg hou dit vir hom in? (1)
10.13 Na watter boot word in reël 15 verwys? (1)
10.14 Hoekom is die konflik wat Baas ervaar nadat sy boot weggespoel het,
geloofwaardig? (1)
10.15 Waar het Baas uiteindelik die boot gekry? (1)
10.16 Watter leidende rol het Grace in Baas se aanvaarding op Manaka gespeel? (3)
10.17 Hoekom het meneer Chisupo in die vuur gespring? (1)
10.18 Watter voordeel hou dit in dat hier ’n derdepersoonsverteller aan die
woord is? (1)
[25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Die sentrale tema van die roman Vatmaar word deur die volgende aanhaling
saamgevat:
“Sy liefde vir Ma Koelie het nooit oud geword nie en Vatmaar het dit geweet.”
Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:
• Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
• Hoe die optrede van Kenneth Kleinhans in die roman dié tema ondersteun
(5 feite)
• Hoe hierdie tema die Septembers, Miesies Wingrove en Oom Chai beïnvloed het
(oorsake en/of gevolge) (6 gemotiveerde feite)
• Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
• Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Tant Wonnie was (1 gemotiveerde feit) [25]
OF
VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
1 Jy het buite gespeel, my kind. Kaaitjie het sit en luister. Toe het sy
2 vir Oom Normy ’n koppie tee gegee. Sy het daarvan gehou om vir
3 hom tee te maak, partymaal tot drie, vier koppies toe.
4 Die mense van Vatmaar het my gereeld gevra: Het daai jong man
5 jou nog nie gevra om te trou nie? Ek het altyd gedink ek hou van
6 hom, maar ek het nie ’n man nodig nie.
7 Oom Norman het ’n paar keer gesê hy is op een maand verlof, en
8 daarna sal hy ’n nuwe lewe begin. Ek het altyd gewonder wat hy be-
9 doel. Toe, op ’n baie koue Vrydagmiddag, het hy skierlik oral rondge-
10 soek na ’n tentpen. Ek weet nie waar hy uiteindelik een gekry het
11 nie, maar hy het vir ons die tentpen kom wys. Hy was baie gelukkig,
12 net asof hy iets wat kosbaar was, gekry het. Dit het begin donker word
13 en ek het vir hom gesê: Hoekom wil jy vanaand Pan toe loop? Jy kan
14 mos hier slaap vannag.
15 Hy het net gelag dat sy maag op en af gaan. Voor hy weg is, het Kaai-
16 tjie hom nog tee gegee.
12.1 Watter voordeel hou dit in dat Tant Wonnie hier die verteller is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2012
NSS
12.2 Hoe dui die titel van die roman daarop dat Tant Wonnie se insig ten opsigte
van God volkome is? Motiveer jou antwoord. (2)
12.3 Gee die ironie wat voorkom in die woorde Het daai jong man jou nog nie
gevra om te trou nie? (reël 4–5) en verduidelik hoe dié ironie vir Tant Wonnie
en Kaaitjie geld. (3)
12.4 In reël 5–6 sê Tant Wonnie dat sy gedink het sy hou van Norman, maar sy
het nie ’n man nodig nie.
Haar woorde en optrede weerspreek egter hierdie uitspraak. Gee ’n
voorbeeld hiervan. (1)
12.5 Hoe skakel die woorde ... sal hy ’n nuwe lewe begin (reël 8) met die tentpen? (1)
12.6 Maar in daardie tentpen lê daar ook ’n deel van Kaaitjie Muller.
Watter afleiding kan ons uit hierdie woorde maak? (1)
12.7 Watter tema verteenwoordig Norman? Gee ’n voorbeeld wat jou antwoord
staaf. (2)
EN
TEKS 2
1 Toe hulle aanklop, maak ’n bediende die deur oop.
2 Is die Motta hier? vra Mevrou Bosman.
3 Kô in, sit, sê die bediende.
4 Sê die Mêram ek kô, roep Motta Fatima agter uit die huis uit.
5 Hier is sy en hier is die twee pond vir die haak, Motta, sê die wit-
6 vrou toe sy eindelik opdaag, en sy glimlag en tik die ouer vrou op die
7 skouer en sê: Jy ken mos jou werk.
8 Die Motta knik. Moenie worry nie.
9 Dan sê ek totsiens.
10 Mevrou Bosman het die deur oopgemaak en vertrek en Kaaitjie
11 alleen in ’n vreemde wêreld agtergelaat.
12 Die arme meisie – geen ander woord het haar beter gepas nie – het
13 alleen gestaan in ’n wêreld waarvan sy niks geweet het nie. Dit het
14 skoon en duur gelyk, maar die atmosfeer het haar gewaarsku.
15 Hoekom brand daai stokkies wat in ’n rou aartappel gesteek is en
16 ’n rook afgee wat ruik of dit die kamer moet skoonmaak van een of
17 ander ongesiende ding? Hoekom het die Miesies hierdie vrou, wat
18 sy Motta noem, twee pond gegee en gesê dit is vir die haak? En hoe-
19 kom is sy weg want ek het haar kar hoor wegtrek? Al hierdie gedagtes het
20 deur Kaaitjie se kop gegaan.
21 Ek kan nie loop nie, het sy vir haarself gesê. Ek moet wag en kyk.
12.8 In watter ruimte bevind Kaaitjie haar in die uittreksel hierbo? (1)
12.9 Watter rol speel die ruimte in die uittreksel hierbo in Kaaitjie se ontwikkeling
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2012
NSS
van ’n hartseer, bang jongvrou tot ’n vreeslose jongvrou? (1)
12.10 Wat is die verhouding tussen Kaaitjie en Mevrou Bosman? (1)
12.11 Hoekom het Mevrou Bosman se aandeel aan Kaaitjie se hartseer enige
moontlike versoening benadeel? (1)
12.12 Waaroor ervaar Mevrou Bosman baie innerlike konflik voor die besoek aan
Motta Fatima? Sê hoe sy die konflik probeer oplos het. (2)
12.13 Mevrou Bosman en Motta Fatima verskil van mekaar ten opsigte van hul
sosiale agtergrond.
Haal ’n frase uit die teks aan om hierdie verskil aan te toon. (1)
12.14 Sê of die verandering in Kaaitjie geloofwaardig OF ongeloofwaardig is.
Motiveer jou antwoord. (3)
12.15 Hoekom is Motta Fatima nie vir Kaaitjie se dood verantwoordelik nie? (1)
12.16 Hoe het Kaaitjie se nagedagtenis op Vatmaar bly voortbestaan? (1)
12.17 Gee die stemming wat in reël 15–20 heers. (1)
12.18 Watter ander tema behalwe stereotipering kom duidelik in hierdie uittreksel
na vore? (1)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel het.
VRAAG 13: OPSTELVRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Konflik is ’n hoofelement van enige goeie drama.
Skryf ’n opstel van ongeveer 400–450 woorde waarin jy die konflik wat by Map
voorkom, bespreek deur aandag te gee aan:
• Wat konflik in ’n drama is (2 feite)
• Hoe konflik by Map Jacobs voorkom (4 feite)
• Hoe Map se konflik sy verhouding met Antie Grootmeisie, mense van sy
woongebied en Blanchie beïnvloed (6 gemotiveerde feite)
• Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite)
• Watter raad jy aan Map sou gee om sy konflik op te los (1 gemotiveerde feit) [25]
OF
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Lees die teks hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
1 TOMMY: Moet nou nie mean wies nie, man … ’is nie onse
2 biesagheit nie …
3 CYRIL: Aag, Tommy, jou ou skinnerbek! Come off it, man!
4 (Lag.) ’Is like nie jou biesagheit nie, imagine!
5 RICHIE: Maar daai’s nou nie nodig nie, man … Los ’it af
6 …
7 CYRIL: What for?
8 TOMMY: Los ’it af, ja … Ek sê weer, ’is nie ons biesagheit
9 ...
10 CYRIL: Aag, ou Tommy, man, moenie vi’ my daai kom sell
11 van dis nie jou biesagheit nie … Shit, man, daai ou
12 dêrre van Blanchie, ou blêrie haitie-taitie vrek van ’n
13 Cavernelis, hy úse vir haar, man … hy use sy eie vlees
14 en bloed so, man, hy’s ’n … Ek het niks tien Blanchie
15 selwers nie …
16 RICHIE: Ôrait, ôrait …
17 CYRIL: Nou wat is jy nou so touchy?!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2012
NSS
18 TOMMY: Okay, cool ’it …
19 CYRIL: (aan Tommy): Wat dink jy gaat Map kom doen as
20 hy yt is, en hy vinne yt, van Blanchie ek mien, en hoe ou
21 Cavernelis vir haar use, hê?
14.1 Na watter biesagheit verwys Tommy in reël 1–2? (1)
14.2 Hoekom noem Cyril vir Tommy ’n skinnerbek? (1)
14.3 Gee TWEE redes uit reël 4 as bewys dat die leser weet Cyril bedoel nie wat
hy sê nie. (2)
14.4 Hoe verskil Cyril se handeling en dialoog van Richie en Tommy s’n soos dit
uit hierdie teks blyk? (2)
14.5 Dink jy dat die gebruik van Standaardafrikaans in reël 10 tot 18 die karakters
geloofwaardiger sou gemaak het? Motiveer jou antwoord. (3)
14.6 Cyril noem Cavernelis ’n haitie-taitie vrek in reël 12.
14.6.1 Wat suggereer haitie-taitie omtrent Cavernelis se karakter? (1)
14.6.2 Waarom het Cavernelis so spaarsamig en oënskynlik vrekkerig
gelewe? (1)
14.7 Naamgewing kan bydra tot karakterbeelding.
Waarom word die karakter in reël 19 Map genoem en nie Johnnie nie? (2)
14.8 In watter ruimte (gebou) bevind Map hom en waarom is hy daar? (2)
14.9 Wat is die doel van dialoog in hierdie drama? (1)
EN
TEKS 2
1 CAVERNELIS: Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso
2 wil weg!
3 LA GUMA: Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak
4 geld om hierso yt te briek. Best of luck. Maar ’is ’n sterk
5 tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek regaf strepe in die lug,
6 met albei hande, en wys na die geboue in die omgewing.)
7 CAVERNELIS: Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan
8 worry met ’n shower in die huis nie, mister La Guma. Dis
9 ’n onnodige uitgawe, op ’n huurhuis.
10 LA GUMA: (luister nie): ’n Sterk tronk, sê ek …
11 CAVERNELIS: (plaas die tou in La Guma se hande terug,
12 maar dié let dit skaars op): Ja …
13 LA GUMA: Nou is Map Jacobs ook terug …
14 Cavernelis sê niks.
15 LA GUMA: Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe. Kan jy dit vir
16 jou imagine? Hiérnatoe?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2012
NSS
17 Cavernelis sê niks.
18 LA GUMA: Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys,
19 bars dan uit van die lag.)
14.10 Cavernelis praat van hierso in reël 1 en La Guma noem dié plek ’n tronk
(in reël 5).
14.10.1 Lees die stelling hierbo en sê wat die sosio-politieke agtergrond is
waarteen die drama afspeel. (1)
14.10.2 Wat bedoel La Guma as hy dié plek (reël 5) ’n tronk noem? (1)
14.11 Waarom vind jy La Guma se handeling in die toneelaanwysings in reël 5–6
noodsaaklik? (1)
14.12 Bestudeer reël 7–17. Haal die spreekbeurt aan wat die tema van die drama
die beste weergee. (1)
14.13 Nou is Map Jacobs ook terug … (reël 13)
Dink jy dat Map se lewe, ná die sewe jaar in die tronk, positief of negatief
gaan wees? Motiveer jou antwoord. (2)
14.14 Verklaar die ironie wat voorkom in La Guma se woorde in reël 15–16 en
verduidelik hoe dié ironie teen die einde van die drama steeds vir Map én
Cavernelis geld. (3)
[25]
OF
VRAAG 15: OPSTELVRAAG
MIS – Reza de Wet
Konflik is ’n hoofelement van enige goeie drama.
Skryf ’n opstel van ongeveer 400–450 woorde waarin jy die konflik wat by Meisie
voorkom, bespreek deur aandag te gee aan:
• Wat konflik in ’n drama is (2 feite)
• Hoe konflik by Meisie voorkom (4 feite)
• Hoe Meisie se konflik haar verhouding met haar pa, haar ma en die konstabel
beïnvloed (6 gemotiveerde feite)
• Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite)
• Watter raad jy aan Meisie sou gee om haar konflik op te los (1 gemotiveerde feit) [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG
MIS – Reza de Wet
Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.
TEKS 1
1 MIEM: Ja-nee. Vannag moet ’n mens jou ore oophou. En jou oë.
2 Die gevaar is oral. (Skud haar kop en sug diep. Werk dan
3 verder. Na ’n stilte) Daar is mense wat sê dat dit iets ... bona-
4 tuurliks is.
5 MEISIE: (bang) Hoe meen Ma nou?
6 MIEM: (onheilspellend) Iets ... onheiligs. Iets wat ronddwaal ...
7 op soek na bevrediging ... van onaardse drange.
8 MEISIE: O, dis verskriklik.
9 MIEM: (gerusstellend) Maar toe maar, my kind. Die dominee en
10 al die ouderlinge bid die hele nag. Ag nee, nou het dit weer
11 uitgegly. Sit tog vir my die garing deur, my kind. (Hou die
12 naald na MEISIE uit) Al is die gat groot, sien ek maar sleg.
13 MEISIE staan op en beweeg na die lamp op die wastafel om beter te
14 sien.
15 MIEM: (sien skielik dat MEISIE by die venster uitloer) En vir wat
16 loer jy deur die gordyne!
17 MEISIE: (vinnig) Ek kyk net na die liggies.
18 MIEM: (staan op. Kwaai) Liggies!
16.1 Gee die presiese datum van vannag (reël 1) en sê in watter ruimte (gebou)
hierdie gesprek tussen Miem en Meisie plaasvind. (2)
16.2 Die gevaar is oral (reël 2).
Na watter gevaar verwys Miem? (1)
16.3 Naamgewing kan bydra tot karakterbeelding.
Gee TWEE redes waarom Meisie in dié drama nie op haar doopnaam
aangespreek word nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2012
NSS
16.4 Hoe dui Miem se dialoog in reël 12 vooruit na die slot van die drama? (1)
16.5 Lees die toneelaanwysings en dialoog in reël 15–18.
16.5.1 Wat is Miem se probleem met die sirkusliggies? (1)
16.5.2 Gee TWEE redes waarom Meisie so vinnig reageer. (2)
16.6 Lees reël 17 en 18. Verduidelik hoe liggies as simbool by die tema van die
drama aansluit. (2)
16.7 Wat is die doel van dialoog in hierdie drama? (1)
EN
TEKS 2
1 Die agterdeur gaan oop. GERTIE verskyn. Haar bloes is weer
2 netjies toegeknoop en haar hare is ietwat onnet op haar kop vas-
3 gesteek. Die sirkusmusiek kan gehoor word.
4 MIEM: Gertie, vir wat dwaal jy daar buite rond? Jy besef tog die
5 gevaar.
6 GERTIE: (effens verbouereerd) Oefening en koue, vars lug ...
7 bevorder ’n goeie nagrus.
8 MIEM: En maak toe die deur!
9 GERTIE: Jammer, Miem. (Maak die deur toe)
10 Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie.
11 MIEM: (staan swaar op) Nou ja, dan gaan kruip ek maar in.
12 GERTIE: Ek ook.
13 MIEM: Ek moet vroeg op. Die besending mis word sewe-uur ge-
14 laai.
15 GERTIE: Die skoolklok lui al kwart voor agt.
16 Honde wat blaf.
17 MIEM: Hoor net. Dis die polisiehonde wat so blaf.
18 GERTIE: Die dorp word goed beskerm. (Kyk skaam na die KON-
19 STABEL) Ek is seker daar sal dié keer niks gebeur nie.
20 MIEM: Ek weet nie, Gertie. Ek ... het so ’n aardige gevoel. Maar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2012
NSS
21 wag, ek wil nie spoke opjaag nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2012
NSS
16.8 Waarom is dit noodsaaklik dat die toneelaanwysings (reël 1–3) ten opsigte
van Gertie se klere en hare gegee word? (1)
16.9 Dui die ironie aan wat voorkom in Miem se woorde in reël 4–5 en verduidelik
hoe dié ironie vir Miem én Meisie teen die einde van die drama beϊnvloed. (3)
16.10 Verduidelik waarom dit vir jou geloofwaardig/ongeloofwaardig is dat Gertie
hiér so verskonend teenoor Miem optree (reël 9). (3)
16.11 Haal die woord aan wat die leser bewus maak van die vryheid waarna Meisie
so smag. (1)
16.12 Die verwysing na mis (reël 13) is hier opvallend.
16.12.1 Hoe beïnvloed hierdie mis Meisie se bestaan? (1)
16.12.2 Wat is die rede vir Miem en Meisie se betrokkenheid by mis? (1)
16.13 Waarom is Gertie se positiwiteit jeens die konstabel (reël 18–19) onvanpas? (1)
16.14 Dink jy dat Miem ’n verstandige ma vir haar kind was? Motiveer jou antwoord
met verwysing na die drama in sy geheel. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper