Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2012 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201213 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2012, 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2012

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = K6 – 21 Taal, styl en redigering: T = K4 – 8 Stuktuur: S = K5 – 3 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 32 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). LET WEL: Indien die punt 32½ sou wees, dra dan die punt as 33 oor. DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL • Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. • Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. • Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende, beredenerende en verklarende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Vakansies: Die leerder kan die onderwerp ook as ’n ideale of verbeelde vakansie interpreteer. Sintuiglike ervaring word meegedeel. Indien die leerder die opstel as ’n verhalende skryfstuk aanbied, sal karakters se vakansie die fokus vorm met al die elemente wat by ’n verhaal tuishoort. Die leerder kan ook op herinneringe fokus in die aanbieding van die opstel wat beskrywend van aard sal wees. Indien die leerder ’n argumenterende of betogende opstel aanbied, moet die leerder op ’n subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig aangaande die lekkerste vakansie ooit. Wanneer hy/sy oor ’n droomvakansie bespiegel, kan dit as bespiegelende opstel slaag. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 1.2 Gister – vandag: Die leerders behoort die opstel as kontrasterend ten opsigte van die verlede en hede/toekoms aan te bied. Indien die onderwerp handel oor byvoorbeeld ’n persoon wat ’n radikale verandering in sy lewe ondergaan het en die verhaal wat daaruit spruit, sal dit dan ’n verhalende opstel kan wees. Hierdie onderwerp leen hom tot ’n bespiegelende opstel, veral waar die kandidaat aan die einde van sy skoolloopbaan staan en op die drumpel van ’n nuwe begin (hallo vandag) staan. Indien die kandidaat die hede en die verlede teenoor mekaar stel deur te beskryf wat was, sal die opstel beskrywend aangebied kan word. Die belangrikheid van die verlede met die oog op die toekoms kan ook geargumenteer word. [50] 1.3 Gedig: Die leerder kan hierdie prikkel op ’n wye verskeidenheid maniere interpreteer, bv. die waarde van taal (argumenterend), die invloed van die woord/kommunikasie (beredenerend) of wat taal vir die leerder beteken (bespiegelend). ’n Voorbeeld van ’n verhalende opstel sal wees waar die leerder in ’n verhaal die gevolge van positiewe of negatiewe woorde oordra (laasgenoemde leen hom ook tot ’n beskrywende opstel). [50] 1.4 Suid-Afrika is ’n land met volop geleenthede: Leerders behoort standpunt in te neem en die stelling aan die hand van sinvolle argumente/redenasies te bewys. Hierdie onderwerp leen hom egter ook tot ander interpretasies waar die leerder byvoorbeeld die negatiewe kant aanbied. Indien die leerder beide kante van die saak stel, kan die skryfstuk beredenerend aangebied word. Die leerder kan ook in ’n beskrywende opstel die geleenthede wat Suid-Afrika bied, beskryf. [50] 1.5 Wenslys vir die lewe: Hierdie onderwerp leen hom tot verskeie interpretasies wat onder andere bespiegelend of beskrywend kan wees. Die leerder kan byvoorbeeld oor sy ideale lewe besin. As die leerder hierdie onderwerp verhalend aanbied, kan hy/sy die verhaal van enige persoon vertel wat ’n wenslys het en die wenslys vervul. By ’n beredenerende interpretasie kan die leerder die wenslikheid van ’n wenslys beredeneer. Indien die leerder argumenteer dat dit noodsaaklik is om ’n wenslys te hê en dit te vervul, is dit ook aanvaarbaar. [50] 1.6.1 Voete: Letterlike interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende skryfstukke, bv. Paaie waarop my voete my kan neem/Die nag toe ek gevlug het/Spore het tot my redding gelei./Voete pas by hulle eienaars. Figuurlike interpretasies is moontlik: My pad deur die lewe/Spore op mense se lewens/Vertrap deur die lewe/armoede Hierdie onderwerp kan ook argumenterend of verklarend aangebied word, bv. Gestremdhede hoef nie ’n remskoen te wees nie. [50] 1.6.2 Man en kind: Die leerder kan die onderwerp verhalend, bespiegelend, beskrywend, beredenerend of selfs feitelik (bv. generasiegapings) aanbied. Moontlike interpretasies kan wees: Die fiasko by die haarkapper/Ek en die kwaai dokter/Vreemde mense hou ’n gevaar in. [50] 1.6.3 Uurglas: Hierdie onderwerp leen hom tot verhalende, bespiegelende, beskrywende, beredenerende en selfs feitelike skryfstukke. Moontlikhede: Atlete hardloop teen tyd/Die lewe is te kort vir alles wat ek wil doen./Die lewe is ’n gejaag na niks./Mense leef te gejaagd. Die begrip TYD moet in hierdie skryfstuk uitgelig word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum TIPES OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: • Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis). • ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. • Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • ’n Treffende inleiding wat die leser boei. • ’n Verrassende slot rond die inhoud af. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: • Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). • Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. • Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Hou die volgende in gedagte: • Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word. • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. • Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ’n droom of wense. Hou die volgende in gedagte: • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. • Die onderwerp word bepeins, oordink. • Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. • ’n Eie logiese en sistematiese mening word gevorm. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Dit is ’n subjektiewe opstel. Hou die volgende in gedagte: • Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word. • ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee. • ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. • Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word. • ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. • Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. • Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS AFDELING B word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Slegs EEN teks word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K5 – 11 Taal, styl en redigering: T = K5 – 8 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 19 Dra die punt uit 30 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). LET WEL: Indien die punt 19½ sou wees, dra dan die punt as 20 oor. VRAAG 2 2.1 ARTIKEL Hierdie artikel is ’n skryfstuk wat oor ’n besondere onderwyser geskryf is. Dit word gepubliseer in ’n skooljaarblad. Die artikel moet lesers inlig oor die besondere onderwyser en sy/haar invloed op die leerder se lewe. Hou die volgende in gedagte: • Inligting oor die besondere onderwyser moet beklemtoon word. • Daar is ’n ooreenkoms tussen ’n feitelike opstel en ’n artikel. • Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor. • Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ’n skooljaarblad. • Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word. • Aanhalings kan gebruik word. • Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word. • Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas. • ’n Subtitel kan ook gegee word. • Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring. • Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe. • Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei. Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee. • Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee. • Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. (30) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.2 FORMELE BRIEF – VERSOEK Die brief rig ’n versoek vir ’n borgskap aan ’n winkel. Die volgende moet in die brief aandag geniet: redes vir versoek en die lekkernye waarvoor gevra word. Hou die volgende in gedagte: • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm. • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. • Die datum word voluit geskryf: 25 November 2012. Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf. • Geen leesteken word in die adresse gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat. • Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat. • Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie. • Die brief word onderteken deur die persoon wat die korrespondensie rig. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee. • Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf. • Verduidelik die rede vir die versoek. • Verduidelik hoekom die spesifieke winkelgroep gevra word. • Gee alle moontlike inligting wat nodig is: waar, wanneer, wie, wat en waarom. • Die taalstyl, toon en register is formeel. • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. Aanspreekvorme in formele briewe: • Indien die titel en van van die aangesprokene nie bekend is nie, spreek die persoon aan as Meneer/Geagte Meneer/Mnr./Mnr/Dame/Me./Me • Indien die titel en van van die aangesprokene bekend is, spreek die persoon aan as Geagte meneer/mnr/mnr. Bekker. • Die volgende titels gevolg deur die van, indien bekend, kan ook gebruik word: me/me./mev/mev./mej/mej./dr/dr./prof/prof. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.3 FORMELE VERSLAG Die formele verslag word aan die kerk/gemeenskap se jeugkomitee gerig na aanleiding van ’n suksesvolle naweek wat die jeuggroep gereël het. Hou die volgende in gedagte: • Daar moet ’n bondige inleiding, wat die doel van die verslag uiteensit, gegee word. • Inligting oor wie, wat, waar en wanneer moet verskaf word. • In die volgende paragrawe word uitgebrei op wie, wat, waar en wanneer. Redes vir die sukses van die naweek kan ook verskaf word. • Die verslag moet saaklik aangebied word; taal en styl is formeel. [30] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK Die informele toespraak word gelewer om van ’n klasmaat wat as uitruilstudent Amerika toe gaan, afskeid te neem. Hou die volgende in gedagte: • Die inhoud bestaan uit: die doel van die toespraak, mooi eienskappe van die klasmaat, wat jy by hom/haar geleer het en waarom hy/sy vir jou so spesiaal is. • Taal en styl behoort redelik informeel te wees. [30] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING C: KORTER TEKS: TRANSAKSIONEEL/NASLAAN/INFORMATIEF AFDELING C word volgens die rubriek uit 20 geassesseer. Slegs EEN teks word in die finale vorm nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K6 – 9 Taal, styl en redigering: T = K5 – 5 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 14 Dra die punt uit 20 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). LET WEL: Indien die punt 14½ sou wees, dra dan die punt as 15 oor. VRAAG 3 3.1 POSKAART Hierdie poskaart word aan ouers gestuur oor uitsonderlike sport-/kultuurprestasies. Hou die volgende in gedagte: • Dit is ’n kommunikasiewyse waarop ’n kort boodskap gestuur word. • Die datum moet gegee word. Dit is NIE nodig om die kandidaat se adres te gee NIE, maar die poskaart moet wel aan die ouers geadresseer word. • Reëls word ter wille van plek nie tussen paragrawe oopgelaat nie. • Kort sinne mag gebruik word. • Net die uitsonderlike sport-/kultuurprestasies word gegee. • Die leerder behoort by die onderwerp te bly. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWING Aan die einde van jou skoollewe roep jy die soet en suur van jou skooljare in herinnering. Hou die volgende in gedagte: • Slegs twee inskrywings moet gegee word. • Die dag en/of datum moet gegee word, maar dit hoef nie opeenvolgend te wees nie. • Paragrawe en volledige sinne behoort gebruik te word, maar enkelwoordsinne is aanvaarbaar. • Die fokus val op dinge wat gebeur het, ervarings wat opgedoen is, of gevoelens wat ervaar is wat die skrywer nie wil vergeet nie. • Die skrywer moet aandag gee aan die soet én suur van sy/haar skoollewe. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 3.3 UITNODIGINGSKAARTJIE Dit is ’n uitnodiging aan die voorsitter van die Beheerliggaam. Hou die volgende in gedagte: • Die voorsitter word na die revue/skoolkonsert uitgenooi. • Hoewel volledige sinne nie ’n vereiste is nie, moet die leerder steeds 100 tot 120 woorde gebruik. • Volledige inligting moet gegee word. Dit sluit in: o Wie word genooi? o Waarvoor word hulle genooi?/Wat is die geleentheid? o Op watter datum vind die revue/skoolkonsert plaas? o Hoe laat begin die verrigtinge? o Waar vind die revue/skoolkonsert plaas? o Wie rig die uitnodiging? o Hoe die voorsitter moet antwoord, is belangrik. [20] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/Vraestel 3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KREATIEWE SKRYFWERK (OPSTEL) – HUISTAAL: 50 PUNTE KODE 7 KODE 6 KODE 5 KODE 4 KODE 3 KODE 2 KODE 1 50 Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend PUNTE 80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 0–29% 24–30 21–23 18–20 15–17 12–14 9–11 0–8 -Inhoud uitstaande, -Inhoud verdienstelik, -Inhoud goed, redelik -Inhoud geskik, -Inhoud middelmatig, -Inhoud nie altyd -Inhoud grootliks hoogs oorspronklik. oorspronklik. koherent. voldoende koherent. gewoon. Gapings in duidelik nie. irrelevant. Geen INHOUD EN -Idees stem jou tot -Idees verbeelingryk -Idees interessant en -Idees interessant, koherensie. Koherensie koherensie. BEPLANNING nadenke uitdagend, en interessant. oortuigend. oorspronklikheid -Idees meestal ontbreek. -Idees vervelig, volwasse. -Beplanning en/of -Beplanning en/of voldoende. toepaslik. -Beperkte idees, herhalend. -Beplanning en/of eerste poging lei tot eerste poging lei tot -Beplanning en/of Oorspronklikheid herhaal dikwels. -Onvoldoende 30 PUNTE eerste poging lei tot ’n vernuftige ’n goeie aanbieding. eerste poging lei tot beperk. -Onvoldoende vir beplanning en/of ’n foutlose aanbieding. ’n bevredigende -Beplanning en/of huistaalvlak. eerste poging. aanbieding. aanbieding. eerste poging lei tot -Aanbieding nie goed -Aanbieding swak. ’n redelik same- nie. hangende aanbieding. 12–15 10½–11½ 9–10 7½–8½ 6–7 4½–5½ 0–4 -Krities bewus van -Krities bewus van -Kritiese bewustheid -Enkele aanduidings -Beperkte -Geen kritiese -Geen kritiese taalimpak. taalimpak. van taal duidelik. van kritiese aanduidings van taalbewustheid. taalbewustheid. TAAL, STYL -Taal, punktuasie -Taal, punktuasie -Taal, punktuasie taalbewustheid. kritiese bewustheid. -Gebrekkige taal en -Ernstige gebrek aan EN effektief gebruik. korrek. Gebruik knap meestal korrek. -Taal eenvoudig, -Taal middelmatig, punktuasie. taal en punktuasie. -Gebruik hoogs figuurlike taal. -Woordkeuse geskik punktuasie punktuasie dikwels -Woordkeuse -Woordkeuse nie REDIGERING gepaste, figuurlike -Woordkeuse varieer vir teks. voldoende. verkeerd gebruik. beperk. geskik nie. taal. en is kreatief. -Styl, toon, register -Woordkeuse -Woordkeuse -Styl, toon, register -Styl, toon, register -Woordkeuse -Styl, toon, register geskik vir teks. voldoende. beperk. nie geskik nie. gebrekkig in alle 15 PUNTE uitsonderlik en geskik vir onderwerp. -Meestal foutloos na -Styl, toon, register -Styl, toon, register -Besaai met foute na opsigte. volwasse. -Grootliks foutloos na proeflees en oor die algemeen in toon gebrek aan proeflees en -Besaai met foute en -Styl, toon, register proeflees en redigering. ooreenstemming samehang. redigering. verwar leser na hoogs geskik vir redigering. met teksvereistes. -Baie foute na proeflees en onderwerp. -Steeds foute na proeflees en redigering. -Feitlik foutloos na proeflees en redigering. proeflees en redigering. redigering. 4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1 -Koherente -Logiese ontwikkeling -Ontwikkeling van -Net enkele -Net enkele -Dwaal soms van die -Dwaal van ontwikkeling van van besonderhede. verskeie relevante noodsaaklike idees noodsaaklike idees onderwerp af, onderwerp af. STRUKTUUR onderwerp. Skerp, Koherent. besonderhede. gegee, kan duidelik algemene -Sinne, paragrawe uitsonderlike detail. -Sinne, paragrawe -Sinne, paragrawe besonderhede onderskei word. gedagtegang kan verwarrend en -Sinne en paragrawe logies, gevarieerd. goed saamgestel. ontwikkel tog. -Sinne, paragrawe gevolg word. onkonsekwent. 5 PUNTE briljant saamgestel. -Lengte korrek. -Lengte korrek. -Sinne, paragrawe bevat foute, maar -Sinne, -Lengte – ver te -Lengte in mag foute bevat, opstel maak nog sin. paragrawe basies lank/kort. ooreenstemming maar opstel maak -Lengte – te saamgestel. met vereistes van nog sin. lank/kort. -Lengte – te opstel. -Lengte is amper lank/kort. korrek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL: 30 PUNTE PRESTASIE - Kode 7: Kode 6: Kode 5: Kode 4: Kode 3: Kode 2: Kode 1: AANDUIDERS Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend 80 – 100% 70 – 79% 60 – 69% 50 – 59% 40 – 49% 30 – 39% 00 – 29% 14½–18 13–14 11–12½ 9–10½ 7½–8½ 5½–7 0–5 -Uitgebreide -Baie goeie kennis van -Goeie kennis van die -Voldoende kennis van -Matige kennis van die -Basiese kennis van -Geen kennis van die gespesialiseerde kennis die vereistes van die teks. vereistes van die teks. die vereistes van die vereistes van die teks. die vereistes van die vereistes van die teks van die vereistes van die -Gedissiplineerde -Die leerder behou fokus teks. Respons op opdrag teks. nie. teks. skryfwerk – leerder behou in die skryfwerk, met -Die leerder se fokus wyk vertoon beperkte fokus. Reaksie op die opdrag Respons op die -Gedissiplineerde fokus op die aanbieding, geringe afwykings. af, maar dit belemmer nie -Die leerder wyk af van vertoon ʼn baie opdrag vertoon byna skryfwerk – leerder fokus geen afwyking. -Die teks is meestal betekenis nie. die opdrag en die beperkte fokus. geen fokus nie. presies op die anbieding, -Die teks is samehangend samehangend wat -Die teks is voldoende betekenis is plek-plek -Die leerder wyk af -Leerder wyk af van geen afwyking nie. wat inhoud en idees inhoud en idees betref, samehangend wat vaag. van die opdrag en die die opdrag en die -Algehele samehang wat betref, baie goeie uitbreiding kom voor en inhoud en idees betref, -Die teks is nog betekenis is plek-plek betekenis van die teks inhoud en idees betref, uitbreiding, al die die besonderhede sommige besonderhede samehangend wat nie van toepassing is nie van toepassing INHOUD, hoogstaande uitbreiding, besonderhede ondersteun die ondersteun die inhoud en idees betref, nie. nie. BEPLANNING al die besonderhede ondersteun die onderwerp. onderwerp. sommige besonderhede -Inhoud en idees van -Inhoud en idees is EN FORMAAT ondersteun die onderwerp. -Bewys van beplanning -Bewys van beplanning ondersteun die teks is nie altyd onsamehangend, baie 18 PUNTE onderwerp. -Bewys van beplanning en/of konsep daarvan lei en/of konsep daarvan lei onderwerp. samehangend nie, min besonderhede -Bewys van beplanning en/of konsep daarvan lei tot die aanbieding van ʼn tot die aanbieding van ʼn -Bewys van beplanning min besonderhede ondersteun die en/of konsep daarvan lei tot die aanbieding van ʼn goed beplande teks. bevredigende teks. en/of konsep daarvan lei ondersteun die onderwerp. tot aanbieding van ʼn baie goed beplande en -Noodsaaklike reëls van -Voldoen aan tot die aanbieding van ʼn onderwerp. -Beplanning ontbreek foutlose en goed saamgestelde teks. die formaat is goed formaatvereistes van die aanvaarbare teks. -Beplanning ontbreek of is ontoereikend. beplande teks. -Noodsaaklike reëls van toegepas. teks, enkele foute. -Noodsaaklike reëls van of is onaanvaarbaar Teks is swak -Formaat is toepaslik en die formaat is baie goed die formaat is omdat dit ontoepaslik aangebied. van hoogstaande toegepas. genoegsaam toegepas, is. -Teksformaat is nie standaard. nalatige foute is gemaak. -Het ʼn vae idee van toegepas nie. die teksformaat maar growwe foute is gemaak. 10–12 8½–9½ 7½–8 6–7 5–5½ 4–4½ 0–3½ -Teks is grammatikaal -Teks is baie goed -Teks is goed saamgestel -Teks is so saamgestel -Teks net basies -Teks is swak -Teks is baie swak korrek en briljant saamgestel en korrek. en lees maklik. dat dit maklik lees. Foute saamgestel. Verskeie saamgestel en moeilik saamgestel en baie saamgestel. -Woordkeuse is baie -Woordkeuse is toepaslik beϊnvloed nie die foute. om te volg. moeilik om te volg. -Woordkeuse is van geskik vir die doel, vir die doel, teikengroep leesbaarheid nie. -Woordkeuse is beperk -Woordkeuse het -Woordkeuse het hoogstaande standaard teikengroep en konteks en konteks van die teks. -Woordkeuse is en nie baie toepaslik vir remediëring nodig en ernstig aandag nodig en is uiters geskik vir die van die teks. -Styl, toon en register is gedeeltelik toepaslik vir die doel, teikengroep en is nie toepaslik vir en is nie geskik vir doel, teikengroep en -Styl, toon en register is meestal toepaslik. doel, teikengroep en konteks van die teks nie. doel, teikengroep en doel, teikengroep en konteks van die teks. toepaslik vir die vereistes -Na proeflees en konteks. -Gebreke in styl, toon en konteks van die teks konteks van die teks TAAL, STYL EN -Styl, toon en register is van die teks. redigering is die teks -Styl, toon en register is register nie. nie. REDIGERING 12 PUNTE van hoogstaande stan- -Na proeflees en meestal foutloos. taamlik toepaslik. -Na proeflees en -Styl, toon en register -Styl, toon en register daard en hoogs redigering is teks grootliks -Lengte aanvaarbaar. -Na proeflees en redigering het die teks nie geskik nie. korrespondeer nie met toepaslik. foutloos. redigering het teks foute. verskeie foute. - Die teks is besaai die onderwerp nie. -Na proeflees en -Lengte is gewoonlik -Lengte steeds -Lengte nog aanvaarbaar met foute ten spyte -Teks is besaai met redigering is teks feitlik genoegsaam. aanvaarbaar van proeflees en foute en is foutloos. redigering. deurmekaar ten spyte -Lengte gewoonlik in -Lengte dikwels te van proeflees en ooreenstemming met lank/kort redigering. vereistes van onderwerp. -Lengte gewoonlik te lank/kort. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 13 DBE/November 2012 NSS Memorandum AFDELING C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL: 20 PUNTE PRESTASIE - Kode 7: Kode 6: Kode 5: Kode 4: Kode 3: Kode 2: Kode 1: AANDUIDERS Uitmuntend Verdienstelik Beduidend Voldoende Matig Basies Ontoereikend 80–100% 70–79% 60–69% 50–59% 40–49% 30–39% 00–29% 10–12 8½–9½ 7½–8 6–7 5 4 1–3 -Uitgebreide -Baie goeie kennis van -Goeie kennis van die -Voldoende kennis van -Matige kennis van die -Basiese kennis van -Geen kennis van die gespesialiseerde kennis die vereistes van die vereistes van die teks. die vereistes van die vereistes van die teks. die vereistes van die vereistes van die teks nie. van die vereistes van die teks. -Die leerder behou teks. Respons op opdrag teks. Reaksie op die Respons op die opdrag teks. -Gedissiplineerde fokus in die skryfwerk, -Die leerder se fokus vertoon beperkte opdrag vertoon ʼn baie vertoon byna geen fokus -Gedissiplineerde skryfwerk – leerder met geringe afwykings. wyk af, maar dit fokus. beperkte fokus. nie. skryfwerk – leerder fokus behou fokus op die -Die teks is meestal belemmer nie -Die leerder wyk af van -Die leerder wyk af van -Leerder wyk af van die presies op die aanbieding, geen samehangend wat betekenis nie. die opdrag en die die opdrag en die opdrag en die betekenis aanbieding, geen afwyking. inhoud en idees betref, -Die teks is voldoende betekenis is plek-plek betekenis is plek-plek van die teks is nie van afwyking nie. -Is samehangend wat uitbreiding kom voor en samehangend wat vaag. nie van toepassing nie. toepassing nie. -Algehele samehang wat inhoud en idees betref, die besonderhede inhoud en idees betref, -Die teks is nog -Inhoud en idees van -Inhoud en idees is inhoud en idees betref, baie goeie uitbreiding, ondersteun die sommige samehangend wat teks is nie altyd onsamehangend, baie INHOUD, hoogstaande uitbreiding, al die besonderhede onderwerp. besonderhede inhoud en idees betref, samehangend nie, min min besonderhede BEPLANNING al die besonderhede ondersteun die -Bewys van beplanning ondersteun die sommige besonderhede ondersteun die onderwerp EN FORMAAT ondersteun die onderwerp. en/of konsep daarvan onderwerp. besonderhede ondersteun die -Beplanning ontbreek of is 12 PUNTE onderwerp. -Bewys van beplanning lei tot die aanbieding -Bewys van beplanning ondersteun die onderwerp. ontoereikend. -Bewys van beplanning en/of konsep daarvan van ʼn goed beplande en/of konsep daarvan onderwerp. -Beplanning ontbreek Teks is swak aangebied. en/of konsep daarvan lei lei tot die aanbieding teks. lei tot die aanbieding -Bewys van beplanning of is onaanvaarbaar -Teksformaat is nie tot aanbieding van ʼn van ʼn baie goed -Formaat is toepaslik. van ʼn bevredigende en/of konsep daarvan omdat dit ontoepaslik toegepas nie. foutlose en goed beplande en teks. lei tot die aanbieding is. beplande teks. saamgestelde teks. -Voldoen aan van ʼn aanvaarbare -Het ʼn vae idee van die -Formaat is toepaslik, -Formaat is baie goed formaatvereistes van teks. teksformaat maar hoogstaande standaard. toegepas. die teks. -Noodsaaklike reëls growwe foute is van die formaat is gemaak. genoegsaam toegepas, nalatige foute is gemaak. 7–8 6 5 4 3½ 3 1–2 -Teks is grammatikaal -Teks is baie goed -Teks is goed -Teks is so saamgestel -Teks net basies -Teks is swak -Teks is baie swak korrek en briljant saamgestel en korrek. saamgestel en lees dat dit maklik lees. saamgestel. saamgestel en moeilik saamgestel en baie saamgestel. -Woordkeuse is baie maklik. Foute beϊnvloed nie Verskeie foute. om te volg. moeilik om te volg. -Woordkeuse is van geskik vir die doel, -Woordkeuse is vloeiendheid nie. -Woordkeuse is beperk -Woordkeuse het -Woordkeuse het ernstig hoogstaande standaard teikengroep en konteks toepaslik vir die doel, -Woordkeuse is en nie baie toepaslik remediëring nodig en is aandag nodig en is nie en is uiters geskik vir die van die teks. teikengroep en konteks gedeeltelik toepaslik vir vir die doel, nie toepaslik vir doel, geskik vir doel, teiken- doel, teikengroep en -Styl, toon en register is van die teks. doel, teikengroep en teikengroep en konteks teikengroep en konteks groep en konteks van die TAAL, STYL konteks van die teks. toepaslik vir die -Styl, toon en register konteks. van die teks nie. van die teks nie. teks nie. EN -Styl, toon en register is vereistes van die teks. is meestal toepaslik. -Styl, toon en register is -Gebreke in styl, toon -Styl, toon en register -Styl, toon en register REDIGERING van hoogstaande -Na proeflees en -Na proeflees en taamlik toepaslik. en register. nie geskik nie. korrespondeer nie met die 8 PUNTE standaard en hoogs redigering is teks redigering is die teks -Na proeflees en -Na proeflees en -Die teks is besaai met onderwerp nie. toepaslik. grootliks foutloos. meestal foutloos. redigering het die teks redigering het die teks foute ten spyte van -Teks is besaai met foute -Na proeflees en -Lengte gewoonlik -Lengte aanvaarbaar. steeds foute. verskeie foute. proeflees en en is deurmekaar ten redigering is teks feitlik genoegsaam. -Lengte steeds -Lengte nog redigering. spyte van proeflees en foutloos. aanvaarbaar. aanvaarbaar. -Skryfstuk dikwels te redigering. -Lengte is gewoonlik in lank/kort. -Skryfstuk gewoonlik te ooreenstemming met lank/kort vereiste van onderwerp. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all