Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo hlayiso.com
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 32
- File size
- 613.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 32
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word
die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die
eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag
beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
nagesien.
6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7. Opstelvrae:
As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te lank is,
assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is
slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die
aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie, sien betekenis na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
“Nuus uit die binneland” – Peter Blum
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: K Kontras
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Die ons (strofe 1) bevind hom/haar in ’n winterreënvalstreek (Wes-Kaap), maar die
ons (strofe 3) wat hom/haar in die binneland bevind, ervaar droogte en (gevolglik)
veldbrande./Bv. Versreël 1: Soms in die winter as die reën sag stuif … teenoor versreël
28: ruik ons droogte en brand …
• Die weersomstandighede dui ’n kontras aan, want die winterreën val sag terwyl die
bergwind rukkerig waai./Bv. versreël 1: Soms in die winter as die reën sag stuif/versreël 2:
op grasperke, dig en diep soos ’n tapyt … teenoor versreël 21: Maar as die rukwind so
rukkerig waai./versreël 28: ruik ons droogte en brand …
• Die winterreënvalgebied word teenoor die binneland as gebied gestel, want die ons
(strofe 1) bevind hom/haar in die gebied waar die grasperke groen/dig is/wat reën kry/nat
is. Die nuus/ bergwind kom uit die binneland/waar dit droog is./Bv. versreël 1: Soms in die
winter as die reën sag stuif teenoor versreël 30: daardie skroeiende binnelandse lug
• Die plekke waarna die spreker verwys, kontrasteer met mekaar, want die spreker
verwys na Engeland en Nederland/die buiteland, maar ook na Afrika./Bv. versreël 10: vou
grys en sat die graafskap Surrey oop./versreël 20: … in die vernislaag van ’n Delftse doek.
teenoor versreël 32: … weet ons op watter vasteland ons boer.
• Engeland/Europa/beskawing/droommotief kontrasteer met Afrika/barbaarsheid/
werklikheid, want Engeland is grys en somber a.g.v. die winterreën terwyl Afrika ’n harde,
veeleisende vasteland is./Bv. versreël 10: vou grys en sat die graafskap Surrey oop.
Teenoor versreël 32: weet ons op watter vasteland ons boer.
• Die hede staan in kontras met die verlede; alhoewel die spreker bewus is van die hede
word hy teruggevoer na die verlede./Bv. versreël 32: weet ons op watter vasteland ons
boer. teenoor versreël 7: terwyl ons oor ou beskawings lees/versreël 6: ons versink in
blaargroen drome …/versreël 9–10: in die gees vou grys en sat die graafskap Surrey
oop./versreël 20: … ons gestaltes kwyn …
• Die onrustige hartklop van die spreker staan in kontras met die rustige getik van die
horlosie./Bv. versreël 17: ons ontstoke harte se ritme teenoor versreël 16: die luiterse
getik van ’n ou horlosie .
• Die spreker verval in ’n droombeswyming, wat verskil van die werklikheid./Bv. versreël
6: versink in blaargroen drome/versreël 8: dan gryp die onwerklikheid ons … teenoor
versreël 32: weet ons op watter vasteland ons boer.
• Die spreker se eie beeld/werklikheid (bv. versreël 32: weet ons …) staan teenoor
sy/haar verbeelding/onwerklikheid, want hy/sy word deel van ’n Delftse kunswerk./
kwyn tot ’n vae spook op ’n doek./Bv. versreël 19: en ons gestaltes kwyn tot stywe
spoke …
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Die werklikhede van Afrika kontrasteer met dit wat volgens die spreker van belang is./
s-alliterasie wat kalmte beklemtoon kontrasteer met die r-alliterasie wat die harde
omgewing beklemtoon./Bv. versreël 28: ruik ons droogte en brand, en gerug … teenoor
versreël 7: terwyl ons oor ’n ou beskawing lees./Versreël 20: … vernislaag van ’n Delftse
doek.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
10
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“Een sprong vir ...” – Joan Hambidge
Vraag Antwoord Punt
2.1 Die aangesprokene reageer nooit./verhouding is beëindig.
Die spreker reageer op die geliefde/aangesprokene se stelling/vraag (wat
dadelik beantwoord word). √ 1
2.2 Herhaling/parentese √ 1
Die herhaling beklemtoon dat die verhouding definitief verby is./Die ellips
suggereer dat die spreker voortdurend bevestiging kry dat die verhouding verby
1
is √
Dit beklemtoon “dis verby”./Die finaliteit van die gebroke verhouding word
bevestig./Dit bied geleentheid aan die leser om oor die einde van die
verhouding te dink./suggereer ’n volgende herhaling./moontlikheid van ’n
verhouding. √
1
2.3 Hy/Sy skryf gedigte./poësie.
Hy/Sy voer eensydige gesprekke om tot ’n gevolgtrekking te kom./die saak te
verwerk./
Hy/Sy verwoord sy/haar konflik om nuwe perspektief te kry. √ 1
Dis geslaagd, want hy/sy deel hierdie gedig met die leser./
Dis geslaagd, want die skryf van gedigte/eensydige gesprekke/verwoording
van konflik help die spreker om tot ’n nuwe begrip omtrent die liefde te kom./
Die slot van die gedig gee blyke van insig/veranderde ingesteldheid. /
Die spreker keer terug na die realiteit./gaan aan met sy/haar lewe.
OF
Dit is nie geslaagd nie, want die spreker skryf poësie, dink dus nog aan die
geliefde. √ 1
2.4 Hy/sy was aanvanklik goedgelowig./het geglo die geliefde sal die son, maan en
sterre kan gaan haal./sal wat onmoontlik is, vir hom/haar moontlik maak./het
gedink die maan is van kaas.√ 1
Hy/sy kom tot die begrip/gevolgtrekking dat liefde nie altyd positief is nie./dat
geluk binne jou lê./Die spreker weet hy/sy moenie langer goedgelowig wees
nie./weet dat die maan nie van kaas gemaak is nie. √ 1
2.5 Hartseer/somber/stemming van ontnugtering/nugtere besinning/teleurstelling/
morbiede stemming √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
2.6 Die gebroke rym/vrye vers sluit aan by die tema van ’n gebroke
verhouding./herinnering van ’n gewese geliefde./die spreker en geliefde wat nie
saam gerym (gepas) het nie. √ 1
10
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“staat”– Niel van Tonder
Vraag Antwoord Punt
3.1 Dit wat kenmerkend aan hierdie krap se gedrag is, word nou eerste genoem en
so word dit beklemtoon./
Inversie beklemtoon die jare wat die krap al sit. (sit jare)/
Dit beklemtoon die manier waarop die krap sit. (roerloos)./dat die krap niks
aktief doen nie./
Die kleur “wit” word beklemtoon deur die voorplasing.
’n Krap loop sydelings/skeef en die omgekeerde woordorde ondersteun hierdie
gedagte. √ 1
3.2 Die alliterasie beklemtoon die doodsheid in die krap se situasie./die politieke
toestand./stagnasie.
Dit verbind twee woorde wat verband hou./dood a.g.v. droogte wat op
betekenisvlak verband hou./politieke dood en politieke droogte. √ 1
3.3 Metafoor √ 1
Die miere verwys gepas na die meerderheid wat onderdruk is./
Die woord “bataljon” dui op ’n afdeling soldate wat op oorlog dui./
Die assosiasie met ’n oorlog of stryd is gepas./
Die doelbewuste aanval van die miere word so beklemtoon. √ 1
3.4 ’n Mens sou nie verwag dat die vyand ’n teenstander wat gepantser en paraat
is so maklik/onopvallend verslaan nie./
’n Mens verwag nie dat ’n krap (wat normaalweg groter as ’n mier is) deur ’n
klomp klein miertjies oorrompel sal word nie./
’n Mens verwag dat ’n pantser en paraatheid die krap teen indringers/vyande
sou beskerm; die teendeel is waar: dit het tot sy ondergang gelei./die miere het
sy pantser binnegedring. √ 1
Beide kante van die ironie moet vir EEN punt aangebied word.
EN
Dit toon/dui die spreker se verwondering/ongeloof oor die suksesvolle aanval
aan.
Dit dui aan dat die spreker ontdek het dat die krap inderdaad dood is./dat die
parate pantser nie so paraat was nie.
Die spreker beklemtoon dat niemand agtergekom het dat die krap dood is nie.
Dit betrek die leser.
Die strofe lei die wending in.
Dit bied, aan die einde van die gedig, ’n profetiese blik op die toekoms. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
3.5 ’n Krap kan nie vir jare roerloos sit nie./
Die woorde “parate pantser” het met oorlog/die mens te make./
Die krap is by geleentheid waaksaam, wat daarop dui dat hy/sy kennis dra van
gevaar./aansluit by die verwysing na bataljon/parate pantser/subtiele
verwysings na oorlog./
Niemand weet of die krap dood is nie, want die “krap” is ’n beeld van iets meer
as ’n werklike dier./
Die afwesigheid van ’n lidwoord in die titel dui op ’n staat in die algemeen./gee
meer interpretasiemoontlikhede./meervoudige betekenis van woord staat.√ 1
3.6 Ja
Daar is geen lidwoord voor die titel om na ’n spesifieke staat te verwys nie.
Hier word nie na net ’n spesifieke regering of staat verwys nie, maar na enige
instansie wat stagneer.
Stagnering is ’n probleem wat in enige plek in die wêreld/in enige vorm/selfs by
die individu kan voorkom.
Die rasseverhoudings tussen swart en wit is universeel. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan vir EEN punt elk.
Blote “swart teenoor wit” kan nie as korrek aanvaar word nie.
Die kandidaat kan nie NEE as ’n antwoord aanbied nie.
10
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
“Kwatryne” – Ina Rousseau
Vraag Antwoord Punt
4.1 “lank reeds”/“reeds gegrimeer” √ 1
4.2 Die metafoor impliseer dat die lewe ’n klug/toneelspel is./
Die lewe is metafories ’n spel op die verhoog (met God as die Regisseur). √ 1
“... as daar applous was ...”/
“... décor moeg na onder haal ...”/
“... ons wat ons kostuums uittrek ...” √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan.
4.3.1 “In hierdie klug”/“(vergeet) soms ’n akteur” √ 1
Dit plaas “akteur” in die rymposisie./
Beklemtoon die akteur./
Die klugtige aard van alles word beklemtoon./
Versterk die eindrym./
In ’n Persiese kwatryn kan rymdwang gebruik word om die rympatroon te
bewerkstellig. √ 1
4.3.2 Die norme/waardes/beginsels waarvolgens die mens leef. √ 1
4.4 ’n Akteur (in die lewensrol)/die mens/elke mens √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
4.5 Die kandidaat gee sy eie antwoord binne konteks van die gedig, bv.
Kwatryn 10
Ek wag ook om my lewensrol te vertolk.
Ek plaas my vertroue in ’n Skepper om te weet wat my doel is.
OF
Kwatryn 11
Ek het ook ’n rol om in die lewe te vertolk.
Ek hoop om vir my goeie optrede op aarde vergoed te word. √√
OF
Kwatryn 12
Ek is ook op myself aangewese in die lewe.
Soms verloor ek koers en kry nie hulp nie.
OF
Kwatryn 13
Ek wonder soms of ek ’n bydrae op aarde/in iemand se lewe maak.
Ek wonder of my bydrae enigsins gemis word. 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
10
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“As die son sak uit die weste” – Clinton du Plessis
Vraag Antwoord Punt
5.1 Vrae/Retoriese vrae word direk aan die leser gestel. √ 1
5.2 v-alliterasie/alliterasie √ 1
5.3 “jy’t alles alreeds tweedehands beleef”/
“alreeds tweedehands beleef via cnn” √ 1
5.4 Metafoor √ 1
“weier om te pit”/
“fetusse seningdroog opgekrimp sien” √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
5.5 Niemand luister meer na Afrika (se probleme) nie./
Niemand slaan ag op Afrika en sy probleme nie./
Nie almal luister na die mooi van Afrika/kultuur/tradisie/omgewing nie. √ 1
Die kandidaat gee sy eie mening binne konteks van die gedig, bv.
Ja
Afrika is ’n onderontwikkelde kontinent met baie mense wat dikwels deur die
ontwikkelde lande geïgnoreer word./
Lande wat meer ontwikkeld is/oor meer rykdom beskik, kyk nie na Afrika nie./
reik nie uit om hulp te verleen of die probleme op te los nie./
Lande wat by Afrika betrokke raak, wil net voordeel daaruit trek.
OF
Nee
Talle Afrikaleiers hou nie van inmenging van lande buite Afrika nie./
Afrikane wil/kan hul eie probleme oplos./
Die Westerse wêreld het soveel van hulle eie probleme dat hulle nie tyd/geld
het om aan Afrika te bestee nie. √ 1
5.6 Die son wat uit die weste sak (dan word dit aand/donker), kan na die donker in
die laaste versreël, “www.donkerafrika.com”, verwys./
Daar word na Afrika as donker Afrika verwys (www.donkerafrika.com) wat
aansluit by die sonsondergang wat donkerte bring./
Die woord son kom hier en in die titel voor./
Die Weste laat die son oor Afrika sak./
Die Westerse geldmag dra by tot Afrika se armoede./
Die vraag in die slotkoeplet word in die titel beantwoord./
Die munt voor die son verwys na die korrupsie/gebrekkige groei in Afrika wat
die oorsaak van die donkerte oor Afrika is. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke antwoorde binne konteks van die
gedig aan.
10
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: B Buitestaander
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Iris voel soos ’n buitestander, want met haar geboorte was haar ma onseker of sy haar
hoor skree het./Bv. bl. 1: Miskien het my ma my skree gehoor ...
• Iris voel nie welkom in haar gesin nie, want haar ma beskou haar as anders/Bv. bl. 9:
“Heeltemal anders,” het Ma saamgestem.
• Haar ma verklaar dat Iris sedert haar geboorte anders was, in stryd met die gesin,
want sy was nie soos haar susters nie./Bv. bl. 9: “Heeltemal anders,” het Ma saamgestem.
• Iris voel al sedert haar geboorte dat sy ’n alleenloper is aangesien niemand, en veral
haar ma, nog regtig die moeite gedoen het om na haar te luister nie./Bv. bl.14: Dit was een
van die min kere dat sy met groot aandag na my geluister het.
• Iris voel van die begin af dat sy anders as haar susters is en hulle beskou haar eintlik
as ’n aardigheid/minder belangrik./Bv. bl. 10: Hulle was nie beïndruk nie en het eintlik net
gekom om Ma te sien en hulle leeslesse hardop vir haar te lees soos hulle gewoond was.
• Iris hoor sy was eintlik ʼn glips en voel nie of sy werklik moet deel wees van die wêreld
om haar nie./Bv. bl. 26: Iris was ’n glips.
• Pa het, anders as vir haar susters, nie vir Iris ’n familienaam gegee nie, sy was dus
die buitestander wat haar naam betref, daarom soek sy voortdurend na die ooreenkoms
tussen haar naam en haar lewe./Bv. bl. 10: My twee mooi susters was toe reeds na sowel
vaders- as moederskant vernoem.
• Iris besef vroeg reeds sy is nie soos die res van haar familie nie en weet dat haar
naam gekoppel is aan haar buitestanderskap../Bv. bl.11: “Iris beteken iets anders,” het ek
vertel.
• Iris sê dat sy so êrens in die middel van die ernstige Elsa en die diepsinnige Kara is,
want sy voel soos ’n Aspoestertjie./Bv. bl. 5: Ek het dikwels soos Aspoestertjie
gevoel ...
• Iris, anders as haar susters, bevraagteken dinge om haar en daarom dink mense sy is
anders; ’n buitestander./Bv. bl. 161: ... het ek Ouma se weergawe van die gebeure
bevraagteken.
• Iris is ʼn laatlam (6 jaar na die geboorte van die ander susters) en het haarself as ’n
alleenloper beskou wat op oorskietkos geleef het./Bv. bl.14: Uit die aard van die saak was
ek dus ’n alleenloper en, soos Polder, iemand wat op oorskietkos geleef het.
• Iris is indirek ’n buitestander, want alles wat sy doen, is reeds deur haar susters
gedoen./Bv. bl. 34: Wat ek ook al gedoen het, was reeds deur hulle gedoen.
• Iris voel dat sy, anders as haar huisgesin, besonder skerpsinnig en diepsinnig is./Bv.
bl.10: Die iris was tog ook deel van die oog en in daardie stadium het ek myself nie slegs
as diepsinnig beskou nie, maar as ook besonder skerpsinnig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• In gesprekke is Iris deur haar pa stilgemaak en mag sy nie die sake saam met die
res van die huisgesin bespreek het nie, byvoorbeeld waar Elsa en Hannes se huwelik
bespreek is. Sy word dus anders behandel/uitgestoot./Bv. bl. 20: “Stil, Iris," het Pa kwaad
gesê. "Jou susters veroorsaak meer as genoeg moeilikheid. Aan jou stuiwer het ons nie
nou ’n behoefte nie."
• Iris se buitestanderskap gee aanleiding tot haar verbeeldingswêreld aangesien sy vir
haar ’n fantasiewêreld skep om van die alledaagse lewe te ontsnap./Bv. bl.28: Dit het een
van my meer uitgebreide verbeeldingsvlugte geword ...
• Die Engel het die eerste keer in Parys aan Iris verskyn, omdat sy alleen in die
vreemde was en gevoel het en iemand nodig gehad het. Hy hef dus haar alleenheid
op./Bv. bl. 97: Jy dra mos jou beskermengel saam met jou.
• Iris is alleen daarom is Iris die enigste persoon in haar gesin, buiten haar ouma, wat
die Engel kan sien en met hom gesprekke kan voer. Sy laat dus die Engel toe om haar
alleenheid op te hef./Bv. bl. 93: Van die Engel het ek geswyg.
• Na Iris se studies, besluit sy nie soos die norm om ’n werk in haar studieveld te
soek nie, maar gaan werk by dr. Anders./Bv. bl. 41: “En volgende jaar?” “Werk.” “Waar?”
“By dokter Anders.”
• Iris gaan alleen na die partytjie waar sy Peter ontmoet en het dus nie nodig om in
groepsverband te funksioneer nie./Bv. bl. 36: Dit was ’n studentepartytjie, maar hy het nie
vir my na ’n student gelyk nie.
• Iris skep ’n fantasiewêreld/droomwêreld met karakters wat na haar luister omdat sy
alleen voel./Bv. bl. 40: Wanneer ek alleen was, het ek my storie poleer en al my karakters
se motiewe verfyn.
• Iris besluit om alleen oorsee te gaan en steur haar nie aan opmerkings dat dit nie die
regte ding vir ’n jong meisie is om te doen nie./Bv. bl. 86: Ek weet wat ek doen en ek wou
buitendien altyd oorsee gegaan het.
• Tydens die oorsese besoeke het Iris alleen rondgeloop of gevoel./Bv. bl. 97:
Niemand het die deur oopgegooi en my naam geroep nie, daar was niemand om my te
omhels en te verwelkom nie.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Parys/Frankryk/Europa √ 1
New York/Vermont/Amerika √ 1
7.2 Pa het self besluit om plaas toe te trek./sy gesin agter te laat./
Hy kies om net biltong te eet. √ 1
EN
Ja 1
Sy kom plaas toe./lê ’n groentetuin aan./kook vir hom gesonde kos. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
7.3 Pa is ongekompliseerd./het nie tyd vir nonsens nie./gee nie voor nie. √ 1
Die kandidate kan enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman aanbied
vir TWEE punte, bv.
Sy gee tee uit ’n koffiepot./
Sy ry sonder remme en gebruik ’n sandbank om haar motor te stop./
Sy gee die babahanddoeke vir gebruik. √√ 2
7.4 Hy los gesprekke oor vrouesake/emosionele dinge vir Ma en Johanna./
Dit is in Pa se geaardheid om nie baie te kommunikeer nie./
Dit is nie vir Iris belangrik om met Pa ’n verhouding te hê nie./
Iris leef in ’n fantasiewêreld./is afwesig./
Pa sien Iris as onbelangrik./
Iris se pa is sedert haar geboorte afwesig. √ 1
7.5 Johanna is die instaan-moeder vir Iris./
Johanna sê openlik dat Iris haar gunsteling is./
Sy waarsku Iris teen die anderskleuriges in Amerika./
Johanna gaan uiteindelik by Iris en Peter bly. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan.
EN
Ja
Johanna ondersteun Kara se keuse van ’n lewensmaat./
Johanna het openlik gesê dat Kara een van haar gunstelinge is./
Johanna verkies om by Iris en Peter te bly toe Ma plaas toe trek.
Johanna het vir Elsa met haar kinders gehelp./’n stringetjie pêrels vir haar
troudag geleen.
OF
Nee
Johanna het van Elsa by Iris geskinder./
Johanna verkies om nie by Kara of Elsa te bly nie. √
1
Die kandidaat bied ’n eie motivering binne die konteks van die roman vir EEN
punt aan.
7.6 ’n Iris is ’n gedeelte van die oog.
Iris is in die Griekse mitologie die godin/in diens van hoër gode.
Iris is die Griekse godin van die reënboog.
’n Iris is ’n embleem, o.m. as die fleur de lis op die Franse vlag. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan.
7.7 Die tema is die mens se hunkering na die groot oomblik in sy/haar lewe. √ 1
Die leser kom tot die besef dat sy/haar hele lewe ’n “blomtydperk” kan wees –
dit word nie beperk tot een magiese oomblik nie./
Die realiteit van ’n geroetineerde voorstedelike bestaan kan net so magies
wees soos die beste fantasie. /
Moenie so na jou ideale oomblik hunker dat jy die lekker van die lewe mis
nie. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
7.8 Teen die agtergrond van Peter se sweisongeluk./se ongeluk. √ 1
7.9 Die leser besef dat Iris ook emosioneel kan optree./
Die leser besef dat Iris verantwoordelikheid vir haar optrede aanvaar./
Die leser wonder of Iris die waarheid oordra. √ 1
7.10 Iris is nou hartseer/moedeloos terwyl sy in Teks A bekkig/opgeruimd was. √
In Teks B is sy volwasse/beskermend/bekommerd oor Peter terwyl sy in Teks
A jonk/naïef/onvolwasse/onverskillig staan/selfsugtig is/gaan dit oor haarself/ 1
haar eie blomoomblik/nie weet van Peter se planne nie.
Sy het daarna uitgesien om by Peter te gaan kuier, maar nou vrees sy hy is
blind – dit sal tog hul lewe saam beïnvloed.
Sy was opgewonde oor die ontwikkeling van hul verhouding, maar nou vrees
sy hy is blind – dit sal tog hul lewe saam beïnvloed.
Iris is jammer vir Peter./ontsteld oor wat gebeur het.
Daar is ’n intiemer verhouding as wat in Teks A bestaan het. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan.
7.11 Die Engel bevestig sy vroeë woorde dat hy nie vir Iris (se veiligheid)
verantwoordelik is nie./Iris is vir haar eie veiligheid verantwoordelik./
Die woorde kan as blote gerusstelling/groet dui voordat Iris hospitaal toe ry./
Die leser mag dalk dink die Engel weet Iris gaan in ’n motorongeluk betrokke
wees./
Die leser mag dalk dink iets gaan op pad hospitaal toe met Iris gebeur.
Dit impliseer dat Iris daar moet wees as Peter gesond word (en nie self in ’n
ongeluk beland nie)./
Hy voorspel dat Peter gesond sal word. √ 1
7.12 Die Engel stel haar gerus./is goed vir haar./beteken baie vir haar. √ 1
EN
Iris wil vir die Engel haar dankbaarheid betoon./
Iris wil die Engel vly met mooi woorde./
Iris wil hê die Engel moet weet hy is spesiaal. √ 1
EN
Ja
Die Engel beskerm haar toe hy die yster reggesit het.
Die Engel gee in Frankryk vir Iris raad om haar nie aan die ongeskikte man se
negatiewe opmerkings te steur nie.
In Amerika sê hy vir Iris hoe om teenoor Peter op te tree toe Peter moeg is.
Die Engel raai Iris aan om saam met Peter vakansie te gaan hou pleks van ’n
modelloopbaan te volg.
Die Engel laat haar besef ’n naam is net ’n naam./die lewe is nie ’n storieboek
nie.
Die Engel het haar in Vermont in die hospitaalkamer geselskap gehou.
Die Engel het getrou by haar gebly as hy elke aand by haar in die tuin is.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Nee 2
Die Engel het nie die sweisapparaat afgeskakel nie.
Die Engel het vir haar gesê sy moet self die toekoms opdroom. √√
Die kandidaat bied TWEE gepaste voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk
aan.
25
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: (B)V Baas voor (groei/rus/omgee)
(B)N Baas na (groei/rus/omgee)
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Baas is ’n swerwer wat na sy ouers se dood nie regtig ’n heenkome het nie, want hy
mag, as uitlander, nie die Sable-Ranch-plaas erf nie./hy moet, as uitlander, sy beeste skiet
om iets van sy erfporsie te bekom./Bv. bl. 12: Hy word as ’n uitlander beskou en beland in
’n jare lange politieke oorlog om iets van sy erfporsie te probeer behou. Uit desperaatheid
word hy jagter. Maande lank jag hy meedoënloos sy eie beeste in die mopanieveld van
Sable Ranch.
• As swerwer begin Baas sy swerftog deur na sy familie in die Houtboschberg terug
te keer, want hy soek na iets van die gemeensaamheid van vroeër./Bv. bl. 13: In 1991
pak hy sy aardse besittings op die Land Rover en gaan terug na sy plek van herkoms om
iets van die drome van sy jeugjare terug te vind./Bl. 14: In die huise van die enkele
familielede wat nog in die gebied oor is, kry Baas die warmte van gemeensaamheid
waarna hy dikwels na sy pa en ma se dood verlang het.
• In sy swerftog bly Baas soekend, want hy is nie gelukkig waar hy is nie./bosbouwerk
bevredig hom nie./besluit om ’n toergids in Botswana te word./Bv. bl. 14: Hy aanvaar ’n
pos as toergids by ’n safarimaatskappy.
• Baas kies tydens sy swerftog om sy oupagrootjie se drome na te jaag, want hy kan
sy onrustigheid nie meer keer nie./Bv. bl. 15: Hy kan sy ongedurigheid nie langer besweer
nie.
• Die toergidswerk bring ook nie vervulling nie, want hy word ’n bootsman wat bedags
droom oor/beplan aan sy eie boot./Baas bedank sy werk om na Barotseland te gaan./Bl.
15: By ’n ander toergids koop hy ’n tweedehandse motorboot en ’n sleepwa en bedank uit
sy werk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Hy reis na Manaka en verken die Zambezi met ’n tweedehandse motorboot, want hy
is op sy gelukkigste wanneer hy besig is om in sy oupagrootjie se voetspore te volg./Bv.
bl. 15: Hy wys die werksaanbod vir eers van die hand. Mark onderneem om na sy kamp
om te sien toe Baas met net die noodsaaklikste bagasie sy reis voortsit, eers weswaarts
tot waar die Zambezi sy boggel maak.
• Baas word die nuwe bootsman op Mark James se Zambezi Joy, so vaar Baas met die
Zambezi Joy, en is net sporadies op Manaka. Baas het nog nie ’n plek gevind om tot rus
te kom nie./Bv. bl. 34: Die Zambezi Joy kry ’n nuwe bootsman, wat ook as stuurman dien.
• In 1991 vestig Baas hom op Manaka toe die padnetwerk verbeter/die Zambezi Joy
verkoop word, want hy koop die Zambezi Joy met die hoop om dit te verander vir gebruik
as sy toeristeboot en so tot rus te kom./Bv. bl. 38: Twee jaar ná Baas as bootsman op die
Zambezi Joy begin werk het, knars die Zambezi Buffalo Transport se ratte tot stilstand. Dit
gee hom die geleentheid om die boot te koop. Dit is die kans van ’n leeftyd. Die soort geld
wat hy nodig het om sy eie boot te bou, besef hy lank reeds, het hy doodgewoon nie.
• Aanvanklik wil Baas eerder onbetrokke bly/nie vir ander omgee nie, as hy nie veel
met die Lozi’s te doen wil hê nie./hom vererg wanneer siek mense by hom aanklop/
wanneer die khuta van hom verwag om sy voertuig in hulle belang te gebruik./Bv. bl. 34:
Want jy het haar weggejaag maar agterna het jy tog die malariapille gebring./Bl. 57: …
Solank die houer van ’n konsessie gereeld betaal en sy verpligtinge teenoor die stam
nakom deur sy lewensmiddele tot die beskikking van die mense te stel, kan ’n konsessie
nie gekanselleer word nie./Bl. 108: … Omdat hy sy LDV stukkend gery het agter die pale
van die khuta aan!
• Hy dink dat hy in isolasie/alleen ’n bestaan kan maak, nie die plaaslike bevolking
nodig het nie as hy vir Grace wegjaag./Bv. bl. 93 “Laat my toe om in my eie taal duidelik
vir jou te sê hoe ek voel: Loop. En bly asseblief van my af weg."/Bl. 94 "Ek sal my eie
probleme oplos, dankie.”
• Baas wil niks met Christenskap te make hê nie/as Christen omgee vir iemand nie,
want hy vererg hom oor Grace se mededeling dat ouma Essie sê hy is ’n Christen./met ’n
doel na Manaka gestuur is./Bv. bl.91: “Ek het maar net gedink ek sal jou mond toehou.
Die laaste keer toe iemand jou ’n Christen genoem het, het jy baie lelik gepraat.”/Bv. bl.
43: Wat ... het haar dié idee gegee? sê hy in Afrikaans.
• Die sendelinge se teenwoordigheid maak Baas woedend, want hy wil hulle nie op sy
werf hê nie./wil nie Manaka met ander mense deel nie./Bv. bl. 82: “Wat soek julle in my
kamp?”/Bl. 84: “Dit maak seker nie van mens ’n helikopter-pilot nie, maak dit?” Baas vat
steeds nie sy hand nie.
• Baas worstel met sy situasie/ervaar baie innerlike konflik, want hy wil nie die mense
van Manaka versorg/vir hulle medisyne gee/gepla word/met godsdiens gekonfronteer
word nie, want dan kan dit beteken dat hy vir die ander mense op Manaka omgee./
Bl. 126: “Ek is nie in Barotseland om welsynswerk te doen nie.”/Bl. 87: “Sê vir hulle hulle
kan ... vlieg.”
• Met die verloop van tyd word Baas beïnvloed deur Grace wat hom help met die
keuses wat hy moet maak/herinner aan sy droom, want sy is in haar wese ’n Christen
wat omgee, hulp verleen en medemenslik leef./sy herinner hom telkens aan die goeie
mens wat hy is./wys vir hom wat dit is om te vergeef./Bl. 228: … “Niemand het genoeg vir
hom omgegee nie,” sê Grace stil.
• Baas word ook deur ouma Essie gehelp om antwoorde op sy vrae te kry, want sy
gee vir hom die lyfband van muluti Joseph sodat hy in sy rol as geestelike leier kan
ingroei./sy gee vir hom allerlei teksgedeeltes om te lees./leef die voorbeeld uit van wat
Baas inherent is./antwoord hom op sy vrae oor wat van ’n mens ’n Christen maak./Bv. bl.
197: Ouma Essie nooi Baas om die begrafnis van die vrou wat dood is, by te woon./Bl.
202: Jou reg om ’n Christen te wees maak van jou ’n Christen.
• Baas se gesprek met Whitey dra ook by tot sy veranderde siening, want hy hoor dat
omgee in hulle familie se bloed loop./Bv. bl. 234: Is dit dalk ook hoe die familiekwaal werk
waarvan Whitey gepraat het? En hoe 'n kampvuur in die nag werk, bo, langs die Zambezi
op die Angolagrens waar Manuel met ’n bekertjie droë boontjies sit en wag vir Iemand …?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Uiteindelik aanvaar Baas sy rol as geestelike leier op Manaka/volg hy in sy
oupagrootjie se voetspore. So kom hy op Manaka tot rus/beëindig sy swerfskap,
want hy bid by ouma Essie se siekbed./hy gee muluti Joseph se lyfband terug./suggereer
dat hy die herstel van die sendingkerk gaan doen./herstel die houtbankies wat wil aandui
dat Manaka, soos in die verlede, ’n plek gaan wees waar die gemeenskap/kinders byeen
gaan kom./skiet Morena om Johnnie se vrou en kind los te koop./Bv. bl. 243: “Dankie,
ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”/Bl. 243: “Dankie, Here. Amen.” sê
Baas./Bl. 244: “Die deure en die vensters vir die kerk het gekom,” sê Baas./Bl. 244:
Meneer Johnnie help hom die planke en die stutpaaltjies te verf .../Bl. 244: By sy kamp
dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan dit bokant Manaka se naambord
teen die stutpaal vas.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Riekert √ 1
Hy het probeer om aandele in Baas se boot te koop./Hy wil met diamante
smokkel. √ 1
Hy word deur die polisie gevang. √ 1
9.2 Baas se oupagrootjie het die eerste Brindle na Manaka gebring./het ook ’n hond
met dié naam gehad./Die honde was van dieselfde ras. √ 1
9.3 Baas wou aanvanklik nie die armes en die siekes help nie, maar hy het tog later.
Baas wou nie vir Grace pille gee toe sy siek geword het nie, maar hy het in die
donker na Ouma Essie geloop en dit vir haar gaan gee.
Baas wou die wildsvleis aan die siekes en armes verkoop, maar gee dit weg
wanneer hulle nie kan betaal nie.
Baas wou nie die sendelinge op sy werf hê nie, maar hy verdra hulle.
Baas wou nie betrokke wees by die herstel van die kerkie nie, maar gebruik sy
Land Rover om goed aan te ry.
Baas word woedend vir die khuta, maar doen tog soos hulle van hom verwag.
Baas vererg hom vir die sendelinge, maar haal sy woede op hout of die
worsboom uit.
Baas wou niks met Grace te doen hê nie, maar laat toe dat sy hom help.
Baas wou nie die leier van Manaka wees nie, maar aanvaar later sy rol as
geestelike leier.
Nadat Ouma Essie ingegryp het, het Baas sy leierskap/Christenskap
aanvaar. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.4.1 Baas was so kwaad vir die sendelinge/Griesel dat hy die worse van die
worsboom afgeskiet het./
Baas toets sy geweer. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
9.4.2 Nanna slaap saam met oom Scholtzie onder die afdak.
Nanna slaap by Ouma Essie en Grace.
Nanna gee haar sweetpakbroek vir Grace om aan te trek.
Nanna voel gemaklik om vir die vroue te sing toe sy die kerkvroue weer
terugbring na die kerk.
Nanna is nie skaam om haar gedagtes met Baas te deel nie.
Nanna laat toe dat daar aan haar hare gevat word. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE gepaste antwoorde uit die roman vir EEN punt elk
aan.
9.4.3 Baas wou alleen wees, maar hy besluit om die sendelinge se teenwoordigheid
te verduur./
Baas wou niks met godsdiens te make hê nie, maar die sendelinge se koms/
teenwoordigheid konfronteer hom met godsdiens wat tot sy besluit bydra om
betrokke te wees by die herstel van die sendingkerk./laat hom aanhoudend vrae
oor godsdiens vra. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt aanbied.
9.5 Hy is vererg vir (omdat) Nanna (saam met hom gaan jag)./
Die sendelinge kom krap sy lewe om. √ 1
9.6 Nee
Baas het niks met sy skoonfamilie en/of sy huislike probleme en/of sy armoede
te make nie.
Dis nie Baas se skuld dat Chisupo kwansuis vir meneer Johnnie getoor het nie.
Baas wou eerder vir meneer Johnnie op die jagtog saamneem.
OF
Ja
Dis Baas se skuld dat Chisupo sy toorkrag gebruik het om meneer Johnnie in
die ellende te laat beland.
Chisupo wou keer dat die plaaslike mense vir Baas help.
Chisupo wou sy boosheid gebruik om die Christendom te beveg. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE motiverings uit die roman vir EEN punt elk aan.
9.7 Alomteenwoordige verteller/Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller weet wat in Baas se gedagtes aangaan./
Die verteller is ’n objektiewe waarnemer van Baas se onsekerheid./
Die verteller beskryf Baas se optrede. √ 1
9.8 Ja.
Whitey en Baas se name is dieselfde naam as wat in die bas van die kremetart
uitgekrap is. √
Whitey en Baas het dieselfde oupagrootjie wie se naam in die kremetart
uitgekrap is. √ 2
Ja
Baas bly hom uitvra./suggereer dat daar ’n verband is. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
9.9 Albei is met ’n doel na Manaka gestuur./gestuur om op Manaka te help. √ 1
Met die herstel van die kerk neem hy sy oupagrootjie se plek as geestelike leier
op Manaka in.
Met die herstel van die bankies onder die worsboom neem hy sy oupagrootjie se
plek as geestelike leier op Manaka in.
Hy kerf sy naam onder sy oupagrootjie se naam uit en neem so sy oupagrootjie
se plek as geestelike leier op Manaka in.
Hy spyker die buffelkop/Morena se horings by Manaka se ingang vas en neem
so sy oupagrootjie se plek as geestelike leier op Manaka in.
Hy gee vir Ouma Essie haar oorlede man se lyfband terug en neem so sy
oupagrootjie se plek as geestelike leier op Manaka in.
Baas aanvaar Grace in sy lewe toe hy haar vra om hom net Baas te noem.
Leef volgens die reëls van die gemeenskap en neem so sy regmatige plek op
Manaka in. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE optredes vir EEN punt elk aan.
9.10 Die mens staan in ’n verhouding met die natuur./
Die mens staan in verhouding met ander mense./het altyd verbintenisse met
ander mense. √ 1
Jy staan nie alleen nie./staan altyd teenoor ander mense met wie jy moet
saamleef./vir wie jy verantwoordelikheid moet aanvaar./
Naasteliefde/Ubuntu/Omgee behels dat ’n mens beskikbaar moet wees vir
dienslewering./
Ons moet mense volgens hulle dade oordeel, eerder as volgens hulle
woorde./velkleur./agtergrond. √ 1
Die kandidaat bied die tema en ’n gepaste boodskap binne konteks van die
roman aan.
25
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: S Sus Bet
C Oom Chai
K Kenneth Kleinhans
Die kandidaat gee ’n gepaste inleiding.
• Sus Bet gee om, want sy gee ’n vyfpondnoot vir ’n arm man wat deur Stoffel Jones sleg
behandel word./Bv. bl. 81: Bet vat sy hand, sit die stukkie papier daarin en vou sy vingers
daaroor toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Sus Bet ontferm haar oor Ta Vuurmaak, want sy versorg hom wanneer hy oud is en
maak sy blyplek skoon./Bv. bl. 84: Sy het altyd op Saterdae sy cabin aan die kant gaan
maak en sy klere gewas.
• Sus Bet gee om vir oom Flip, want sy ondersteun sy droom en help hom om dit te
verwesenlik./Bv. bl. 80: ... my Flippus het nie baie geld nie. Net as jou prys billik is en
ons kan dit bekostig, kan ons dalk besigheid doen.
• Sus Bet gee vir Broer om, want sy help hom om selfversorgend te wees deur vir hom
te wys hoe om kaas te maak van die oorblywende bokmelk en magou van die
mieliemeel. /Bv. bl. 85: Sus Bet het ook vir Broer geleer hoe om magou van mieliemeel
te maak.
• Sus Bet is mededeelsaam, want sy het die geld wat Oom Flip vir haar gegee het
gebruik om vir hulle twee iets lekkers te koop./Bv. bl.49: Sy het dan vir hulle bruinsuiker
gekoop en soms ‘n blikkie kondensmelk..., en elkeen het dan die helfte uitgesuig.”
• Sus Bet gee baie vir oom Flip om, want sy waarsku hom om nie weer diamante te
steel nie, andersins sal hy in die tronk beland./Bv. bl. 66: Ek kon hulle ook gevat het, het
Oom Flip by homself gedink, maar my Bet het gesê ek moet dit nie weer doen nie./sy
het hom getroos wanneer hy hartseer was./Bv. bl.73: Bet het sy trane met die handdoek
afgedroog.
• Sus Bet het vir Ta Vuurmaak gevra om die stories van die verlede aan die jongelinge te
vertel/sy het Ta Vuurmaak volgens die Griekwa-kultuur begrawe, omdat sy omgegee
het vir die Griekwa-kultuur./Bv. bl. 83: Daar was Griekwa-kinders wat Sus Bet wou hê
die stories van hul afkoms moes hoor en onthou./Bv. bl. 90: ... sodat Ta Vuurmaak die
laaste kon wees om ’n Griekwa-begrafnis te kry.
• Sus Bet het vir haar medemens omgegee, want sy help Kaatjie tydens Heinrich se
geboorte omdat daar nie ’n vroedvrou is nie./Bv. bl. 267:Sus Bet het die naelstring
geknip./want sy staan tydens tant Wonnie se verknorsing haar by./Bv. bl.226: Hoe gaan
dit, Wonnie? vra Sus Bet... Jy moet sê, jy weet mos ons kom ’n ver pad saam.
• Oom Chai gee vir sy medemens om, want hy gee Ta Vuurmaak se naam op vir die
oorlogmedaljes en uitbetaling./Bv. bl.13: Ek het jou naam ook opgegee... / Vir jou
betaling, Vuurmaak, het ek ook geteken./hy staan Corporal Lewies by met die
troureëlings./Bv. bl.19: Toe kry ek ‘n plan. George, het ek gesê, waarvan hou die
Engelsman die meeste? En whiskey ... Ons twee base was platsak en maar te bly om
ons die dag af te gee.../want hy misbruik nie oom Chai wat die Vatmaargoed opgepas
het nie./Bv. bl. 21:... gee hy my twee pond om te koop wat ek nodig het en terug te gaan
en onse aardse besittings verder op te pas./hy laat vir hul ‘n kerk oprig./Bv. bl.25: ... ons
in Vatmaar het ‘n sendingkerk nodig.
• Oom Chai gee vir sy medemens om, want hy het die opdrag gegee dat daar vir die
verbrande ouma ’n graf gegrawe moet word en hy het die Onse Vader saam met haar
dogter gebid./Bv. bl. 8: Chai het toe vir ons boys gesê om die grawe en pikke te bring en
’n graf te grawe net langs die lyk./Chai het dit saam met haar gesê.
• Hy is ook glad nie geneë om die Boeremense se huise af te brand nie, want hy voel
die huise is huise wat ook liefde huisves./Bv. bl. 11: Wel, ek het gedink ek kan nie staan
en kyk hoe die Boere oor niks moet ly en hoe vrouens en kinders uit hulle huise gevat
word en hoe alles aan die brand gesteek word op orders van die Queen nie.
• ’n Groot daad van omgee was toe Oom Chai Ruth se trourok betaal het, want hy
het gesien haar ouers was arm./Bv. bl. 18: Toe het ek stilletjies met een van haar tantes
afgespreek dat ek vir haar geld sal gee om vir Ruth trouklere te koop.
• Die toonbeeld van liefde wat geen grense ken nie, was sigbaar tydens Ouma Lewies
se begrafnis. Oom Chai het George Lewies vertroos./Bv. bl. 42: Toe het die twee ou
vriende hulle arms laat sak en sonder om na te dink het elkeen sy kakiesakdoek
uitgehaal en die ander se gesig afgedroog.
• Oom Chai trou met Bettie en beskerm die familienaam en red Bettie se naam so./Bv.
bl. 273: Hulle het bymekaargekom om die onaangenaamheid in die familie te bespreek,
en na hulle hom ’n gat in die kop gepraat het, het hy ingestem om Bettie en die
babaseun met hom terug te vat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Vatmaar beleef Kenneth Kleinhans se omgee wanneer hy die kliniek op Vatmaar
inisieer./Bv. bl. 296: Wat ons in Vatmaar nodig het, sê hy, is ’n kliniek.
• Kenneth het gesien Suzan en Kaaitjie was in die nood oor hul ma daarom het hy
aangebied om borg vir Tant Wonnie te betaal./Bv. Do you have a telephone number of a
lawyer?
• Boitjie Afrika beleef Kenneth se omgee toe Kenny hom help met die sokkerspan en
die sokkerveld, want Boitjie was nie geletterd nie./Bv. bl. 302: Goed, nou het jy twee
pond./Bl. 303: Ek sal jou sê wat ek sal doen, maar dan moet jy dit oorskryf en
onderteken, want dit moet jou handskrif wees.
• Geleerdheid is vir Kenneth belangrik, daarom lees hy vir Kaatjie voor./Bv. bl. 154: Hy
het haar nou al ’n paar nuwe woorde en hulle betekenisse geleer.
• Kenneth het gesien Kaatjie en Suzan was in die nood oor hul ma, daarom het hy
aangebied om te gaan kyk wat aangaan./Bv. bl. 153: Kenneth Kleinhans het die kardoes
gevat en agter op sy bicycle se nuwe bagasierak vasgemaak.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1.1 Kliniek Katrina √ 1
11.1.2 Kenneth wou Kaaitjie so eer/onthou. √ 1
Kaaitjie is dood a.g.v. gebrekkige mediese sorg. √ 1
Mr. Burns √ 1
11.2 Kenneth en Suzan het vir mekaar lief geraak.
Kenny het in Heinrich ’n kind gehad wat hom plesier verskaf het.
Die Masonic Temple is drie dae voor sy inwyding voltooi. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.3 Net Sus Bet weet waar die geheime bestanddeel/veldwortel gevind kan word
wat in die khadie voorkom./
Sus Bet is bekend vir die khadi wat sy maak. √ 1
11.4 Sus Bet het Oom Flip omgepraat om diamante van die sorteertafel vir homself
te vat.
Sus Bet het gesê dat hulle so moet steel/vat dat die witmense niks agterkom
nie.
Sus Bet het vir Oom Flip aangesê om van die geld/sjielings en sikspense wat
vir die water betaal is, vir homself te vat.
Sus Bet het Oom Flip met soene manipuleer dat hy diamante sal vat as hy
haar liefhet. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
11.5 Manipulerend. Sus Bet manipuleer Oom Flip om diamante te steel.
Vrygewig. Sy (en Oom Flip) gee graag hul bydrae/’n tiekie vir die kerk.
Skelm. Sus Bet dink nie dat daar enige fout is om te steel nie.
Tradisievas. Sus Bet is die bewaarder van die Griekwakultuur./begrawe Ta
Vuurmaak op die Griekwa manier.
Ondernemingsgees. Sy verkoop khadi.
Ondersteunend. Sus Bet help oom Flip om sy droom van ’n vervoerbesigheid
te verwesenlik.
Behulpsaam. Sus Bet versorg Ta Vuurmaak tot sy dood./help Kaaitjie.
Goedhartig. Sy gee vir arm mense wat deur Stoffel Jones sleg behandel word,
’n vyfpondnoot. √√√√ 4
Die kandidate bied TWEE karaktereienskappe vir EEN punt elk en EEN bewys
vir elke karaktereienskap ook vir EEN punt elk aan.
11.6 Sy wou die hooggeplaastes dronk kry om te wys dat hulle ook maar net mense
is. √
Sus Bet wou die witmense terugkry vir die mishandeling wat sy op die
delwerye moes deurmaak. √ 2
11.7 Teacher Elsa wil Kenneth se aandag trek./verlei./sien Kenny as ’n moontlike
eggenoot. √ 1
Sy sê aan George Lewies dat sy nie met ’n bruin man wil trou nie, maar met ’n
wit man soos haar pa/terwyl sy vir Kenneth begeer.√ 1
Beide kante van die kontras moet vir EEN punt aangetoon word.
11.8 Hy is nog lief vir Kaaitjie/is nog in rou oor Kaaitjie, maar Teacher Elsa kan sy
verlange/gemis beantwoord. √ 1
Mevrou Bosman het Kaaitjie in die tronk laat gooi wat haar gesondheid geknou
het./Kaaitjie se briewe onderskep en dit het nooit vir Kaaitjie bereik nie. √ 1
Nadat Kaaitjie haar straf vir dros uitgedien het, is sy dood met die geboorte
van haar baba. √ 1
11.9 Ou Chetty het die eerste sokkerbal vir Vatmaar gegee. √ 1
Boitjie Afrika het die idee gehad om ’n sokkerspan op die been te bring./het die
brief vir die dorpsraad geskryf./het die span afgerig./bestuur. √ 1
Kenneth Kleinhans het die brief geskryf wat Boitjie moes oorskryf./sokkerveld
uitgemeet./pale geskenk./die grond identifiseer./die kalk geskenk. √ 1
11.10 Ja
Hy probeer nie meer Boitjie van die baan wees nie, maar skakel by die
gemeenskap in./
Boitjie is verantwoordelik daarvoor dat die jonger manne nou sokker teen
ander spanne kan speel./
Boitjie het aanvanklik dagga gerook, maar nou help hy met sokkerafrigting.
Die sokkerspanne het hom as ’n leierfiguur respekteer toe hulle aanbied om
met die brandende huis te gaan help. √
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
Nee 1
Hulle ken Boitjie as iemand wat eerder sê: “Ek-is-heppie-my-broerchie” as om
in die gemeenskap betrokke te wees./
Die jonger manne ken Boitjie as iemand wat lief is vir dans./oom Chai se Bettie
van oom Chai vervreem het. √
Die kandidaat se antwoord moet binne die konteks van die roman gemotiveer
word.
11.11 Kenneth Kleinhans beskik oor leierseienskappe/tree as leierfiguur na vore./
Kenneth Kleinhans gee om vir die gemeenskap./
Hy is inskiklik./pas in by die gees van saamstaan wat in Vatmaar heers.
Kenneth beskik oor deursettingsvermoë. √ 1
25
TOTAAL AFDELING B: 25
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: G Gappie Martin
A Apostel George
M Miss Africa
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Gappie was die tweede in bevel van die bende en het die bendelede se versoek, dat
hulle vroue wil verkrag, oorgedra. Map moes toestemming verleen dat die vroue
verkrag kon word./Bv. bl. 33: Say the word, sê Gappie Martin, en hy sê vir my "Chief" ...
• Die keuse wat Map uitoefen om toestemming vir Gappie te verleen, lei tot latere
wroeging, want hy voel hy kon nie nee sê toe Gappie mooi vra nie/maar hy het nie besef
dit is sy ma en suster wat verkrag word nie./Bv. bl. 33: Toe sê hy vir my "Chief", en hy vra
vir my mooi ...
• Gappie beïnvloed Map om toestemming vir die verkragting te gee en dit
traumatiseer Map se familie, want sy suster is na die verkragting dood./Bv. bl. 34: Klein-
Meisie het net daar gelê. Sy’t nog half gelewe, maar sy was klaar dood gewurg.
• Die toestemming wat Map vir Gappie verleen, het ’n invloed op Map, want dit lei tot sy
ma se verkragting/Antie Grootmeisie se stomheid. Antie Grootmeisie praat nie met Map in
die tronk nie./Bl. 34: Toe tel een van hulle oek vi' Ma, vi' Grootmeisie Jacobs ... van 'ie
grond af op ... sy't gehuil, Ma, en toe sy wiet dis ek, het sy nie gekan praat nie, nie tot
vandag toe nie ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Gappie Martin se versoek lei daartoe dat Map as moordenaar gebrandmerk word as
hy na die verkragting, een van die skuldiges met ’n mes doodsteek toe hy besef dit is sy
suster se stem wat hy tydens die gebeure gehoor het./Bv. bl. 34: en ek stiek hom met die
mes, en ek stiek hom, en ek stiek hom en ek stiek hom, en ek stiek hom, en ek skrie die
heeltyd, en ek skrie …
• Map het toegegee aan Gappie se versoek, so het hy ’n skuldige gewete, omdat hy nie
moes toestemming vir ’n verkragting gee nie. /Bv.bl. 34: Die Here het my swaar gestraf ...
• Map is sy vryheid ontneem omdat hy homself aan die polisie oorgegee het, hy het die
tronkstraf wat aan hom opgelê is, aanvaar./Bv. bl. 35: Ek het myself op-gegie. Ek het getry
om 'it ... soes 'n man te vat ...Apostel George en miss Africa het ’n positiewe invloed
op Map, want sy lewens- koers begin verander. Hulle laat hom insien dat hy verkeerd
opgetree het en dat hy in die toekoms eerder soos Johnny moet optree en nie soos Map,
die bendeleier, nie./Bv. bl. 47: Ek sil nie weer ... aanvang nie! Ek sweer 'it, voor 'ie Here ...
Voor Ma ... voor Apostel George!
• Apostel George beïnvloed Map om homself te bekeer en Map voel vrygemaak van die
las van die gebeure./Bv. bl. 10: Apostel George, hy’t vir my gewys, die lig!Apostel George
het Map na sy bekering gelei; en dit lei daartoe dat Map by God vergifnis vir sy dade
gekry het. Hy is nie meer dieselfde bendeleier van vroeër nie./Bv. bl. 35: Ek het twaalf jaar
gekry. Ek het sewe jaar geserve. Ek is yt op parole. Ek het klaar gepraat. So God vergewe
my.
• Waar Map voorheen verbitterd (Bl. 14: Wit bastards!!) was omdat hy nie ander werk
as dié van ’n boodskapper kon kry nie, veroorsaak Apostel George se invloed dat Map
nou net om ’n kans vra./Bv. bl. 10: Hulle moet my net ’n kans gee, daar buitekant ...
• Die gebruik van die beeld van Saulus wat Paulus geword het, oortuig Map dat hy ook
verander het./Bv. bl. 27: En Saulus, wat nou Paulus word …
• Apostel George vermaan Map en wys hom die pad aan, om hom nie nou met Blanchie
te bemoei, maar die pad na die Here te loop./Bv. bl. 28: Laat vir Blanchie staan, my broer!
Praise Him!
• Onder Apostel George se invloed is Map se lewenskoers verander, hy is nie meer
dieselfde Map as vroeër, die bendeleier, nie. Apostel George sê dat Map verander het./Bv.
bl. 29: … en hy Map Jacobs kom huis toe, missies Jacobs, dieselfde Map Jacobs, maar
nie dieselfde Map Jacobs nie, want hy is skoon gewas …
• Onder Apostel George se invloed kom Map tot die besef dat sy geloof die
belangrikste in sy lewe moet wees, want so kan hy vry word van sy verlede./Bv. bl. 30:
'Cause in die end is dit die Here selwers wat ek die liefste moet hê, meer as even vir Ma,
meer as even vir ... Blanchie ...
• Map tree vergewensgesind teenoor Blanchie op wanneer hy onder die invloed van
Apostel George tot bekering kom./Bv. bl. 46: Ek mind nie wat Blanchie gedoen het
meanwhile nie, ek mind van niks, even as 'it waar is sy het 'n abortion gehad van ’n wit
vark of van enige iemand ... Here Jesus, wie is ekke om te mind! Apostel George, ja, jy sê
vir my, wie is ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ... soes niks ...
• Apostel George help Map om verantwoordelikheid te neem wat hy nie voorheen
geneem het nie, wat ’n aanduiding is dat Map sy lewenskoers verander het./Bv. bl. 46:
Apostel George het my gewys, en ek was al lankal ge-convince ek het ... aangevang ... en
ek is sorry, Blanchie ... ek was nie meer die ou wat jy op skool geken het nie, ek het ’n
regte vark geword, maar nou, ek het weer ge-change.
• Apostel George moedig Map aan om te bieg en so die gevangenis waarlik vry te
verlaat./Bv. bl. 29: Gaan, jy is waarlik vry, Map Jacobs.
• Apostel George moedig Map aan om die gevangenis te verlaat en die slegte dinge
agter te laat./Bv. bl. 29: Staan op, verlaat nou die gevangenis ... En laat die dooies agter,
laat die dooies hulle dooies self begrawe, broer Jacobs, jý verlaat die gevangenis …
• Apostel George berei Map voor dat die gemeenskap hom moontlik steeds kan
verwerp, maar in God sal hy troos vind./ewige genade en redding ontvang./Bv. bl. 28: Jy
moet nie worry nie, Map Jacobs, laat los jouselwers net in die sorg van die wit lig van die
Here .../bl. 44: Apostel George, ek wiet jy’t my ge-warn lat dit so sal wies, maar ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Apostel George wys Map daarop dat hy nie uitgelewer hoef te wees aan sy
omstandighede as hy op die Kaapse Vlakte woon nie./Bv. bl. 28: Jy kom van die Cape
Flats af, broer Jacobs, my nuwe broer. Hoekom bekommer jy jou, die Here Jesus het
gekom van Nasaret!
• Apostel George dra daartoe by dat Map en Antie Grootmeisie versoen./Bv. bl. 28:
Miessies Jacobs, die Here het jou seun aan jou teruggegee.Nadat Map uit die tronk
gekom het, is Apostel George se invloed nog sigbaar in die vergewensgesindheid
wat Map openbaar teenoor die gemeenskap wat hom nog nie vergewe het nie./Bv. bl.
46: Die band net so, Oompie Paulsen-hulle ... even hulle net so, dieselde ... Map Jacobs,
obviously, sal die band nou ’n naam gee, so steer ma’clear van Map Jacobs af, nou ...
allerande ekskusies ...
• Onder Miss Africa se invloed, koester Map nie kwade gevoelens teenoor Blanchie as
sy nie in die tronk vir hom kom kuier nie, hy het ook verander en Blanchie hoef nie meer
bang te wees nie./Bl. 9: ... maar ek verkwalik haar nie ... Die social worker het weer moet
my gepraat, sy’s nogal vrinnelik .../Bl. 10: sê vir haar sy moenie bang wies nie, ek is ’n
anner man, oldou ek is of course oek nog Map Jacobs ... sê vir haar, Ma ...
• Nadat Miss Africa met Map ’n gesprek gevoer het, beïnvloed sy hom so dat hy bereid
is om enige werk te doen en beskou dit nie meer as benede hom nie./Sy help Map om
werk te vind/Bv. bl. 10: ek het gesê vir haar enige soorte werk, ’it maak nie saak wat nie ...
Dit maak nie saak nie ... Ek wil net daai kans hê, om te wys ... lat ek ’n annerste man is ...
• Onder die invloed van miss Africa wil Map praat oor wat vroeër gebeur het, dat hy
alles presies moet vertel, die implikasie is dat hy nie voorheen die volle waarheid vertel het
nie./Bv. bl. 11: Miss Africa, sy sê ek moet ytpraat moet iemand, ek moet once an’ for all vir
iemand wat ek kan trust, sê exactly wat gebeur het daai nag ...
• Miss Africa beïnvloed Map om uit te praat teenoor iemand wat hy werklik lief het en
so bieg Map vir die eerste keer teenoor sy ma oor wat die aand gebeur het toe sy stom
geword het./om ook vergifnis by haar te kry./verantwoordelikheid vir sy aandeel te
neem./Bv. bl. 12: jy sal nooit kan rus voorlat jy alles ... ytge-praat, en ge-vertel het vir
iemand wat jy werklik liefhet nie ...
• Map neem miss Africa se woorde ter harte en bieg ook teenoor Blanchie, want miss
Africa het hom beïnvloed om te bieg teenoor diegene wat hy lief het./Bv. bl. 60: Ek het vir
jou ... alles ge-vertel ... Blanchie ... voor Apostel George voor die Here ... en voor Ma.
• In die tronk het Map se karakter so ontwikkel dat sy gedrag ten goede verander het en
Miss Africa hom kan meedeel dat hy vir parool in aanmerking geneem is./Bl. 9: Sy sê
parole is nou due vir my .
• Miss Africa ondersteun/bemoedig Map wanneer sy hom verseker dat die gemeenskap
hom wel ’n kans sal gee./Bv. bl. 10: Die social worker, miss Africa, sy't moet my gepraat, sy
meen hulle sal vir my ’n kans gee.
• Miss Africa ondersteun Map se werksoekery aktief en probeer die werkgewers
voorberei sodat hulle vir Map ’n geleentheid sal bied./Bv. bl. 45: Miss Africa, die social
worker, sy help ... maar, dan kom jy daar, en although Miss Africa ge-phone het, voor 'ie
tyd,
• Miss Africa probeer die gemeenskap voorberei op Map se parool wanneer sy
onderhoude met Richie wil voer./Bv. bl. 56: Die social worker, Miss Africa, wat's haar case?
Wil vir my oek like interview ... oor Map se saak ... oor sy parole ...
• Na Map se vrylating het sy lewenskoers sodanig verander dat hy weer soos die
Johnnie van ouds was, maar waar Map verbitterd was en by misdaad betrokke was, gaan
hy nou sy verantwoordelikheid as leier van die gemeenskap nakom./Bv. bl. 62: Dan wend
Map sy oë af en hy hoor – en ons hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel het,
voorheen./Bl. 82: In hierdie drama is die saksofoon die koning van die instrumente wat deur
die leier in die gemeenskap, Map, bespeel word.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Cavernelis het Blanchie misbruik om geld te maak./
Cavernelis dink hy’s beter as ander mense. √ 1
13.2 As gevolg van die sosio-politieke situasie is hulle vasgevang./
Wetgewing beperk hulle mens-wees./
Hulle het nie finansies om te verhuis nie. √ 1
EN
Werkloosheid/misdaad/armoede hou hulle figuurlik vas aan die Kaapse 1
Vlakte./kan daarom nie ontsnap nie. √
EN
Hy sê die Kaapse Vlakte/Group areas is ’n prison./’n wasteland./hou hulle
vasgevang. √ 1
13.3 Cavernelis werk baie hard./
Cavernelis smous onderklere vir ’n ekstra inkomste./
Cavernelis stel Blanchie beskikbaar vir die wit mans in die hoop van ’n
modelkontrak vir haar. √ 1
13.4 Die Apartheidstelsel bring mee dat die gemeenskap in ’n uitsiglose bestaan
vasgevang is./dwing hulle om daar te woon./ontneem die mense van
geleenthede./is die antagonis in die drama./is die oorsaak van die intrige. √ 1
Deur Tommy se skinderstories word die waarheid oor die gebeure/karakters
aan die leser/kyker oorgedra./
Tommy se woorde skep spanning in die drama as hy noem dat almal op Map
se vrylating gewag het./
Tommy is die tritagonis in die drama. √ 1
Die stelsel bring mee dat Map, op grond van sy velkleur, nie ’n gepaste werk
kry nie./lid van bendes word./nie verder kan studeer nie. √
Tommy dra ná Map vrygelaat is, stories by hom aan oor Blanchie, wat Map
ontstel. √ 2
13.5 Cyril beledig/intimideer/spot met/is vermakerig teenoor Cavernelis as hy dit
doen.
Cyril trek Cavernelis se aandag. √√ 2
Die kandidate bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
13.6 Cyril weet dat Map op parool gaan uitkom, maar Cavernelis weet dit nie. √ 1
Cavernelis vrees Map se reaksie as hy sou uitvind dat Cavernelis toegelaat het
dat Blanchie by die Lonely Hearts/as model in Constantia werk. √
Cavernelis vrees dat Blanchie moontlik haar verhouding met Map kan
hervat. √ 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
13.7 Cavernelis beplan om sy familie weg te neem uit die township/vir hulle beter
omstandighede te voorsien. √ 1
Hy sterf./reis na die ewigheid. √ 1
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
13.8 Cavernelis het Blanchie en Johnnie verbied om mekaar te sien, maar na sy
dood kan hul verhouding openlik voortgesit word./
Blanchie het verniet haar eer op die spel geplaas om by die Lonely Hearts te
werk, na Cavernelis se dood is hulle vasgevang in die township. √
EN
Maud het gehoop dat hulle wel uit die township sal wegkom, maar haar
omstandighede gaan moontlik nou verswak omdat Cavernelis dood is./nie meer
kan geld inbring nie./Maud se woorde, dat Cavernelis hulle nie uit die
omstandighede sal kan bevry nie, word waar ten spyte van Cavernelis en
Blanchie se harde werk om geld te maak. √ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. Beide kante van die
ironie word vir een punt aangebied.
Indien die kandidaat Blanchie en Maud saam in die antwoord aanbied, kry die
antwoord TWEE punte solank beide kante van die ironie aangebied word, bv.
Blanchie en Maud se harde werk/strewe om uit die township te kom is
tevergeefs/is in die township vasgevang terwyl Cavernelis deur die dood bevry
is.
13.9 Teen die einde van die drama is die stemming emosioneel gelaai./hoopvol.
Daar heers nou vergewensgesindheid./versoening./aanvaarding./vrede. √ 1
Map verkry vergifnis van Antie Grootmeisie./vergewe Blanchie en hulle aanvaar
mekaar. √ 1
13.10 Cavernelis is sorgsaam, want hy wou net die beste vir sy gesin hê./
Cavernelis is hardwerkend omdat hy twee werke gedoen het om hulle uit die
township te kon wegneem./
Cavernelis is nie bemoeisiek nie, want hy het nie ander gepla nie. /
Tree hoflik/respekvol teenoor La Guma op al is hy moeg en wil in die huis
gaan./
Cavernelis is trots op sy Bolandse afkoms./goeie Afrikaans wat hy praat/goeie
opvoeding. √√ 2
Die kandidaat bied EEN soortgelyke waarde en EEN voorbeeld daarvan, vir
EEN punt elk aan.
Cavernelis is immoreel/het ’n gebrek aan morele waardes/
Cavernelis se verwaarlosing van sy familie/
Cavernelis se selfsug/ √
1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
13.11 Die kandidaat se eie mening, bv.
Ja
Daar is hoop vir hulle as daar vergifnis kom aan die einde/Map en Blanchie
vergewe mekaar se verkeerde optredes./
In die gees van Kersfees is daar verlossing wat by die titel van die drama
aansluit./
Map kan moontlik ’n positiewe rolmodel vir die gemeenskap word.
OF
Nee
Sowel Blanchie as Map is werkloos sonder enige werkvooruitsigte.
Cavernelis se dryfkrag om Blanchie daar weg te kry, is weg na sy dood./niks in
die township het verander nie.
Map se tatoeëermerke/tronkrekord kelder hom.
Blanchie se reputasie strem haar om ’n goeie werk te kry. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.
25
MIS – Reza de Wet
VRAAG 14: MIS – LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole: M Miem
Me Meisie
G Gertie
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Miem wend pogings aan om haar uitsiglose bestaan te verbeter wanneer sy bly werk
om ’n beter lewe vir haar en Meisie te probeer bewerkstellig. Dit hou vir haar finansiële
voordeel in./Bv. bl. 6: Die skêr is al weer stomp, Meisie, jy moet dit slyp. Meestal beesmis. So
dertig perdemis en tien vark. ja, ons doen goed die maand.
• Miem sien Konstabel se koms as ’n geleentheid om vir Meisie ’n moontlike
liefdesuitkoms te bied, want sy moedig ’n verhouding aan./Bv. bl. 24: Meisie kook die
heerlikste kos, weet u?
• Miem glo dat Gabriël tog ondertoe sal kom wanneer Meisie tot trou kom, wat moontlik
daarop dui dat sy alle hoop op ’n beter verhouding met hom ook nie heeltemal uitgesluit het
nie./Bv. bl. 48: Ek is seker hy sal afkom ... as Meisie die dag trou.
• Miem gebruik ook die koms van die konstabel as tydelike ontvlugting van haar
vasgevangenheid wanneer sy haar hart teenoor hom oopmaak./Bv. bl. 31: Van na die
Depressie af. Dit was vir my arme man te veel.
• Miem is vasgevang in haar huwelik daarom ontvlug sy deur haar hart vir Konstabel oop te
maak./Bv. bl: 47: Dit is so lank laas ... lank laas ... dat ’n man vir my goeienag gesê het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
• Miem erken dat die Konstabel se teenwoordigheid iets in haar aanwakker, so bied hy
aan haar tydelike seksuele bevryding./Bv. bl. 48: om ’n man hier te sien ... dié tyd van die nag
... wel ... dit maak weer dinge in my wakker. Gertie beweeg weg van haar uitsiglose
gevangenskap wanneer sy Konstabel se geselskap opsoek, want sy is alleen en
eensaam./Bv. bl. 43: Konstabel, ek wil graag iets vra. Ek hoop nie u gee om nie.
• Gertie verander, sy word ’n seksuele wese wanneer sy die polisieman se tante begin
naboots, maar dié proses word onderbreek en sy "krimp" weer terug na die oujongnooi wat
sy is./Bv. bl. 47: GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige spieël.
• Gertie wat meegevoer word deur die Konstabel se vertelling van sy tant Hannie, is ’n
poging tot seksuele bevryding./Bv. bl. 45: GERTIE wieg heen en weer met haar lyf skerp
agteroor en haar kop heeltemal terug.
• Gertie se verandering na Hannie is tydelike bevryding, want dan skrik sy terug en
vlug./Bv. bl. 47: GERTIE lyk verward, asof sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en
haarnaalde van die tafel af en verdwyn vinnig deur die agterdeur.
• Gertie leef haar in Konstabel se wêreld in en stel haar oop om gemanipuleer te word,
juis omdat sy wil losbreek van haar vasgevangheid./Bv. bl. 45: Nog. (Sag en byna smekend)
Nog, as u wil.
• Meisie probeer haar vasgevangendheid ontsnap deur bv. nie ’n vingerhoed te dra nie./Bv.
bl. 4: Ja, jy wil mos nie ’n vingerhoed gebruik nie.
• Meisie doen moeite om die stank van die mis te verminder deur roosbome voor haar
venster te plant./Bv. bl. 26: Ek ... het roosbome voor my venster geplant.
• Meisie wil haar huislike omstandighede/haar ma se houvas op haar ontsnap deur in die
nag stilletjies weg te loop na die sirkus./Bv. bl. 29: Ek klim deur die venster, spring af
tussen die rose, gaan deur die tuinhekkie en hardloop na die skougronde.
• Meisie probeer die huis ontsnap deur by die venster uit te loer/haar aan die
sirkusliggies te verwonder./Bv. bl. 28: Hier, by die venster. Ek kyk na die groot tent en al
die liggies!
• Die verandering van die konstabel tot magiese nar skep die geleentheid vir Meisie se
rituele dans wat haar hunkering na verandering duidelik wys./Bv. bl. 50: Die KONSTABEL
trek die baadjie stadig en met groot behae aan.
• Die uiteindelike wegdans van Meisie kan as die losbreek van haar huidige omstandighede
beskou word./Bv. bl. 51: Sy dans na die agterdeur.
• Meisie hunker na ’n totale permanente bevryding en sy verander in die slot om bevry te
word van haar ma./Bv. bl. 51: Sy breek skielik weg van hom.
• Ons leer Meisie ken as ’n gehoorsame dogter, maar uit die slotbeeld sien ons hoe sy
verander het in ’n bevryde, onafhanklike vrou./Bv. bl. 51: Haar dans word uitbundiger.
• Meisie verbreek haar vasgevange bestaan wanneer sy teen die einde van die drama
verander. Die gedagte word in die slottoneel beklemtoon./Bv. bl. 51: Voordat sy oor die
drumpel dans, staan sy stil en kyk om na die KONSTABEL.
• Meisie se kaalvoetdans skep die illusie van vry word van die aardse en daarom is die
feit dat sy kaalvoet dans juis deurslaggewend./Bv. bl. 51: Jy het mos gesê sonder skoene.
• Meisie wil aan die einde van die drama ook losbreek van Konstabel om haar vryheid en
onafhanklikheid behoorlik te vier en te geniet./Bv. bl. 51: Sy breek skielik weg van hom.
• Meisie breek van haar vasgevangenheid los in die slot, want sy dans uitbundig oor die
drumpel die nag in./Bv. bl. 51: Die KONSTABEL maak die gaasdeur oop en sit ’n klip
daarvoor. Sy dans na die agterdeur. Voordat sy oor die drumpel dans, staan sy stil en kyk om
na die KONSTABEL.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 15 MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Hy sê dat hy blind/’n konstabel/spesiaal gestuur/Snuf in die neus is. √ 1
Die konstabel voel met die wit kierie om nader aan Meisie te beweeg./
Hy laat toe dat Gertie hom tot by die stoel lei omdat hy blind is./
Hy gee voor dat hy hulle identiteit kan ruik/uitsnuffel. √ 1
Die kandidate moet na die woorde sowel as die handeling van Konstabel
verwys.
15.2 Die kandidaat motiveer die keuse wat uitgeoefen word, bv.
Lag, want Konstabel het die vroue om die bos gelei sodat hy Meisie kon
ontvoer./die hofnar het sy doel bereik.
Stroef, die konstabel beweeg ook soos ’n marionet wanneer hy uit die huis
dans. √ 1
15.3 Hulle het jolyt/vrolikheid op die laaste aand in Augustus, wanneer daar meisies
op die dorp verdwyn, nodig.
Die vroue beleef spanning/vrees om dié aand alleen/sonder beskerming te wees
en jolyt/vrolikheid sal die spanning verlig.
Hul lewe word deur swaarkry gekenmerk, daarom het hulle ’n behoefte aan jolyt.
Gertie het ’n uil in haar voortuin gehoor wat ’n voorteken van die dood is,
daarom sal jolyt/ligsinnigheid haar daarvan laat vergeet. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
15.4 Dit verwys na die huise waar dogters gaan verdwyn./
Die verwys na die tipiese omstandighede wat in die huise moet heers waar die
dogters verdwyn. √ 1
Hulle bly afgesonderd.
Die hond/afwesige Gabriël beskerm nie die vroue nie.
Die vroue vertrou die patriargale polisieman blindelings.
Miem het ipekonders nes Sannie Koen, wat ook verdwyn het, se ma.
Miem sit op Meisie se kop./laat haar nie vryheid toe nie.
Meisie se ontevredenheid en frustrasie stem met Rienie en Sannie s’n ooreen
wat by die meisies wat verdwyn het, se omstandighede inpas.
Daar is ’n jong dogter in die huis. √√√ 3
Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan. Daar moet minstens
EEN antwoord vir elke deel van die vraag aangebied word.
15.5 Miem wil die Konstabel alles vertel, maar die leser/kyker vermoed dat die
Konstabel reeds kennis van die verdwynings dra./die oorsaak van Meisie se
verdwyning sal wees./
Die vroue weet nog nie dat Konstabel die skurk is nie, maar die gehoor/’n ander
karakter vermoed dit reeds. √ 1
Albei kante van die saak moet in dramatiese ironie vir EEN punt
genoem/geïmpliseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
15.6 Die sakke sluit by die titel Mis aan, want dis sakke mis wat Miem-hulle verkoop
om ’n inkomste te verdien. √ 1
Die sakke sluit by die tema van bevryding aan, want Meisie wil van haar
benouende omstandighede/sakke mis bevry word. √ 1
15.7 Dominerend/baasspelerig/matriargale houding/optrede √ 1
Miem is die beskermer (van Meisie se liggaam, siel en gees).
Miem is onderdanig./gedienstig aan gesag./aanvaar gesag (van die
Konstabel). √√ 2
Die kandidaat bied TWEE ander gepaste karaktereienskappe binne konteks van
die drama aan vir EEN punt elk.
15.8 Miem is nie verstandig nie/tree nie verstandig op nie, want sy het ’n
vreemdeling/die Konstabel in hul huis toegelaat./te maklik vertrou./die waarheid
omtrent die verdwynings van Meisie weerhou. √ 1
Miem is nie verstandig nie/tree nie verstandig op nie, want haar dominerende
houding teenoor Meisie gaan veroorsaak dat sy Meisie gaan verloor./
Miem hou Meisie weg van die sirkus, maar wanneer sy vertroulik met Konstabel
wil praat, word Meisie na buite gestuur waar die sirkusmusiek hoorbaar is. √ 1
Die kandidaat bied TWEE geskikte redes binne konteks van die drama aan vir
EEN punt elk.
15.9 Ja
Meisie was figuurlik aan die slaap, maar Konstabel se koms gaan haar wakker
maak./bevry./prik haar vinger met ’n naald nes die Slapende Skone./
Meisie wag nes die Slapende Skone op haar prins.
OF
Nee
Meisie was opstandig om nie ’n vingerhoed te gebruik nie./
Meisie raak nie soos die Slapende Skone aan die slaap nie. √ 1
15.10 Meisie √ 1
15.11 Blind/nie sien nie/’n Mens kyk dikwels die ooglopende mis./Skyn-werklikheid √ 1
Die Konstabel gee voor dat hy blind is./
Hulle is blind vir gevaar./
Almal gee voor./
Die konstabel is die enigste wat vir Meisie raaksien. √ 1
Miem/Meisie/Gertie/Die vroue sien nie die Konstabel as onheil nie./is blind vir
die onheil wat die Konstabel bring./is blind vir sy valsheid./gee sy stok aan, maar
besef nie dat hy hulle mislei nie.√ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
15.12 Meisie √ 1
Hy het meegehelp dat sy saam met hom verdwyn./help haar om te vlug./ 1
Konstabel sal die vroue beskerm. √
Ja
Meisie het na vryheid gesmag wat sy saam met die Konstabel kon beleef./
Die vroue voel veilig met die beskerming van die Konstabel.
OF
Nee
Alhoewel Miem aanvanklik die Konstabel se hulp verwelkom het, het sy nie
voorsien dat die Konstabel Meisie sou help om te vlug nie. √ 1
Die kandidaat verskaf ’n motivering binne konteks van die drama.
25
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 31 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed -Enkele goeie punte ter onderwerp -Geen verwysing na die
Diepte van argument, -Reeks treffende geïnterpreteer ondersteuning van die -Byna geen punte wat gedig nie
verantwoordbaarheid en argumente wat behoorlik -Respons redelik onderwerp die onderwerp -Leerder het nie die
insig in teks uit die gedig gerugsteun gedetailleerd -Enkele argumente word ondersteun nie genre en gedig onder
is -Enkele deeglike ondersteun, maar -Onvoldoende begrip die knie nie
7 PUNTE -Uitstekende begrip van argumente gegee, maar bewyse nie altyd van genre en gedig
die genre en gedig nie almal ewe goed oortuigend nie
gemotiveer nie -Basiese begrip van
-Begrip van genre en genre en gedig
gedig duidelik
STRUKTUUR & TAAL 3 2 1 1 0
Struktuur, logiese vloei -Samehangende -Duidelike struktuur en -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Struktuur swak
en aanbieding struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning -Ernstige taalfoute
Taalgebruik, toon en styl -Argumente goed argument -‘n Goed -Argumente nie logies -Foutiewe styl
gebruik in opstel gestruktureer en daar is -Vloei van argumente gestruktureerde logiese gerangskik nie
duidelike ontwikkeling kan gevolg word vloei en samehang -Taalfoute beduidend
3 PUNTE -Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en ontbreek in die opstel -Toon en styl nie geskik
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Geringe taalfoute; toon nie
beïndruk en is korrek en styl meestal gepas
-Grammatika, spelling
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 9–10 7 5 4 0–2
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 32 DBE/November 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
-Uitsonderlike respons: -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die van die onderwerp; nie interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp Uitstekende respons: onderwerp goed alle aspekte in detail onderwerp: byna geen -Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer ondersoek nie aspekte in detail vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid en -Diepgaande -Respons redelik -Enkele goeie punte ter ondersoek nie -Argumente oortuig nie
insig in teks interpretasie van gedetailleerd ondersteuning van die -Min punte wat die -Leerder het nie die
onderwerp -Enkele deeglike onderwerp onderwerp ondersteun genre en teks onder die
15 PUNTE -Reeks treffende argumente gegee, maar -Enkele argumente word -Baie min relevante knie nie
argumente wat behoorlik nie almal ewe goed ondersteun, maar argumente
uit die roman/drama gemotiveer nie bewyse nie altyd -Weinig begrip van
gerugsteun is -Begrip van genre en oortuigend nie genre en teks
-Uitstekende begrip van teks duidelik -Basiese begrip van
die genre en teks genre en teks
STRUKTUUR & TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
-Samehangende -Duidelike struktuur -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur -Logiese vloei van struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
en aanbieding -Uitstekende inleiding en argument -Logika en samehang is -Argumente nie logies van argumente
Taalgebruik, toon en styl slot -Inleiding, slot en ander duidelik, maar met foute gerangskik nie -Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel -Argumente goed paragrawe -Enkele taalfoute; toon -Taalfoute beduidend styl laat hierdie skryfstuk
gestruktureer en daar is samehangend en styl meestal gepas -Toon en styl nie geskik misluk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling georganiseer -Paragrafering meestal nie -Styl en toon nie geskik
-Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en korrek -Paragrafering foutief nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020 hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo hlayiso.com

Memorandum
Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2016 hlayiso.com

Question paper
Afrikaans HL P3 Nov 2016 hlayiso.com
More from Grade 12 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal

Question paper
AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2)

Question paper
Afrikaans HL P1 Nov 2025

Question paper
AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024 hlayiso.com

Question paper
