Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
FEBRUARIE/MAART 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Supplementary November 2016, 27 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Supplementary November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 522.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Supplementary November 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte
beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
tweede antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
word dit as korrek beskou.
7. Literêre opstel
As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel
te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener.
Die memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as
korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle
na te sien.
8. Kontekstuele vrae
As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie,
word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat gee ’n gepaste inleiding.
• Staat is ’n protesgedig, want die titel, staat, en die datum onderaan die gedig,
1975, dui daarop dat hierdie gedig gemik is op die politieke situasie van destyds.
• Die protes blyk ook uit die lede van die wit minderheidsregering, die wit krap
(versreël 2–3), wat hulleself as meerderwaardig en foutloos beskou het.
Hierdie meerderwaardigheid het tot opstand gelei.
• As die gedig teen die agtergrond van die politieke bedeling van die
sewentigerjare gelees word, kan swart (versreël 11) beskou word as die swart
meerderheid wat onstuitbaar was/die magte wat die regering omver wou werp.
• Die swart mierbataljon (versreël 11) het die parate (versreël 12) regering
binnegedring, ten spyte van die regering se waaksaamheid (steeltjiesoog,
versreël 4 en waaksaam omhoog, versreël 6)
• Die gediginhoud kan ook as universeel beskou word, omdat die titel sonder ’n
lidwoord is. Daarom kan dit op alle state/instansies van toepassing gemaak word.
• Die gedig kan ook wyer as bloot regerings geïnterpreteer word, want die titel
kan ook verwys na ’n toestand van sake, byvoorbeeld: ’n huwelik wat ’n staat van
liefdeloosheid bereik het of waar kommunikasie ’n probleem is./’n skool wat eens
op 'n tyd ’n spogskool was en mettertyd tot ’n verleentheid verval het./’n
maatskappy wat eens op ’n tyd sterk en voorspoedig was maar as gevolg van
wanbestuur of korrupsie tot ’n val gekom het.
• Die staat kan verwys na die mens as verganklike wese wat die dood, wat so
stil deur enige pantser kan dring, vrees. Bv. maar wanneer en hoé het die swart
mierbataljon dié parate pantser binnegekom? (versreël 10–12)
• Die universele betekenis van die gedig word uitgehef deur die gebruik van die
woord niemand (versreël 7). Dit dui daarop dat die verganklikheid op alle mense/
instansies van toepassing is.
• Die universele betekenis word deur die gebruik van die woord ook (versreël
9) na vore gebring (beklemtoon) omdat dit die onsekerheid oor die dood/
verganklikheid beklemtoon.
• Die in hom (versreël 9) verwys na al die mense (d.w.s. speler, leser,
toeskouers en/of lede van die staat) wat in so ’n staat van doodsheid en
passiwiteit kan verkeer.
• Die universele betekenis word beklemtoon deur die gebruik van die woord
miere (versreël 11) wat nie noodwendig mense hoef te wees nie, maar wat op
negatiewe dinge kan dui (euwels) – korrupsie/misdaad/selfverryking/vernietiging/
verval van standaarde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Die universaliteit kan selfs verder uitgebrei word, want die miere in versreël 11
kan verwys na die stilgroeiende sonde wat die mense nie kan ontkom nie. Bv.
versreël 12: dié parate pantser binnegekom?
Die kandidaat gee ’n gepaste slot. [10]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Vroegherfs – NP van Wyk Louw
Vraag Antwoord Punt
2.1 Kruisrym/Gekruiste rym √ 1
2.2 Metafoor √ 1
Versreëls 11–12 is die toepassing van die metafoor op die mens se lewe./
handel oor die wyse waarop die mens “ryp” wil word./tot volwassenheid
kom./gestroop word van waan en hoogmoed./gesuiwer word./vernuwing
ondergaan. √ 1
2.3 word √ 1
Die blare/wingerde verbruin./verkleur goud.
Daar is minder wolke in die lug wat ’n helder lug tot gevolg het.
Die blare van die bome val af wat die bome kaal laat.
Elke blom word vrug. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.
2.4 Dit sluit by die gebed/toepassing in die sestet/versreël 9–14 aan./
Die spreker vra dat iets in sy lewe moet gebeur./
Die woorde dui op ’n gebedsversoek dat iets in sy lewe moet gebeur./
Dit toon die dinge/gebeure aan wat die stropingsproses moet laat gebeur. √ 1
2.5 Die spreker versoek om van die oppervlakkighede wat eie aan die jeug is,
gestroop te word. √ 1
2.6 Die kandidaat gee sy eie geskikte antwoord, bv.
’n Middeljarige/volwassene/bejaarde √ 1
In die mens se middeljare/later jare stroop jy jouself van dit wat onbelangrik in
jou lewe is./leef jy jou lewe gestroop van bagasie wat jy saamdra. √ 1
10
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Sonsverduistering – PJ Philander
Vraag Antwoord Punt
3.1 Die gedig se inhoud word in ’n oktaaf en sestet verdeel.
In versreël 1–8 (die oktaaf) word die natuurbeeld geskep en in versreël 9–14
(die sestet) word die beeld op die mens van toepassing gemaak.
Die gedig word deur die struktuur (bv. die punt en die rymskema) in ’n oktaaf
en sestet verdeel. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.
3.2 vlek √ 1
3.3 “vlek van skadu”/“sekelboog van son”/“swart die kol”/“dreigend swart” √ 1
3.4 Die kommas aan weerskante van die woord swygsaam./Deur die parentese √ 1
3.5 Die menslike onverskilligheid (teenoor God)/Die figuurlike sonsverduistering/
Die mag van die bose (oor die mens wat die lig verduister.)/Die sonde/Die wil
van God wat verduister word.√ 1
“Oor gans die mensdom” √ 1
3.6 Die mens keer hom nie betyds tot God nie. √ 1
Dis ironies dat die slimmer mens nie ook instinktief soos diere huiswaarts (na
veiligheid – God) keer nie. √
Ek stem saam, want die mens weet nié meer instinktief wat die regte ding is
om te doen nie. 1
OF
Ek stem nie saam nie, want die mens weet uit sy verwysingsraamwerk/die 1
Bybel wat reg of verkeerd is. √
10
OF
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Die huis luister – Daniël Hugo
Vraag Antwoord Punt
4.1 Personifikasie √ 1
Dit beklemtoon die boodskap dat huismense eerder moet luister as om mekaar
te verinneweer. √ 1
4.2 Die huis hoor alles./Alle geluide in die huis word vergroot/duideliker gehoor./
Die binnekant van die huis is nie vol liefde nie./
Dit is negatief omdat die gesin nie wil luister nie. √ 1
4.3 Alliterasie/v-alliterasie/s-alliterasie √ 1
Dit laat jou die onophoudelike verwyte/negatiwiteit hoor. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
4.4 Bewaar √ 1
4.5 “Julle gebede”/“om hulp” √ 1
4.6 Die huis luister./Die huis bewaar die geheime/verlede. √ 1
Die huismense word nie gehelp nie, want die huis is nie in staat om hulp aan te
bied nie.
Die huis kan nie die geroep om hulp beantwoord nie.
Die huis verweer. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE gevolge vir EEN punt elk aan.
10
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag-in-’n-bottel – Joan Hambidge
Vraag Antwoord Punt
5.1 Die geliefde/spreker se vrou/man √ 1
5.2 Inversie √ 1
Dit beklemtoon dat die boodskap nie op ’n ander tyd gestuur kan word nie. √ 1
5.3 Albei het ’n boodskap in ’n bottel gestuur./
Vir albei was dit ’n onverwagse handeling./
Albei het geliefdes gehad. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE ooreenkomste vir EEN punt elk aan.
5.4 Dit is ’n aanduiding dat dit die woorde in die brief is. √ 1
5.5 Liefde/teerheid √ 1
... van my liefde. √ 1
5.6 Nee, as /
Ja, as (kan ook beteken dat die brief ontvang word) √ 1
5.7 Ja
Dit bewys dat die spreker se pyn in sy/haar hart geskryf is./dat die spreker
sy/haar seerkry alleen dra, want die boodskap is stil./bevestig dat hy/sy
seergekry het, want die pyn is geskandeer en dit behoort dus pynlik te wees.
OF
Nee
Die boodskap is nie stil nie, maar in ’n bottel geplaas wat ander kan vind en
daarvan kennis kan neem.√ 1
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Iris voel aanvanklik dat sy nie wil trou nie, omdat sy nie vasgevang wil wees in
die soort huwelike wat sy om haar ervaar nie./Bl. 82 : “Ek wil nie trou nie.” ... My
redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid was nie net
vanweë my eie ouers se huwelik nie; ...
• Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
blomoomblik is, want Joe kan dalk nuwe deure vir haar oopmaak./Bl. 101: “Sies,”
het die Engel in my oor gesis./Die Engel probeer Iris oortuig om saam met Peter
Vermont toe te gaan./Bl. 133: “Sien jy?” het die Engel gesê. “Jou dom aap.”
• Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots
hoef te wees nie, want sommige blom ongesiens./stil-stil./Bl. 195: Party mense
blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
• Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar
toekoms te doen het nie, want ’n naam is net ’n naam./Bl. 187: “Net sowel,” het
hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag
bespreek het nie.”
• Die Engel lei haar tot die insig dat hy nie haar toekoms bepaal nie, omdat sy
haar eie toekoms moet opdroom en kyk of sy daarvan hou./Bl. 179: “Droom dit op
en kyk of jy daarvan hou.”
• Die Engel laat Iris besef dat die lewe nie ’n storie is nie, want sy is
verantwoordelik vir haar keuses en eie lewe./Bl. 217: “Ek is nie ’n loopring nie.”
• Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom./Alhoewel Iris
besluit om met Peter te trou, vra sy tog die Engel of dit die regte besluit was./Bl.
209: “Nou ja. Waarom vra jy dan? Ek was self nie seker nie. Goedkeuring,
miskien.”
• Peter laat Iris twyfel oor die betekenis van haar naam, omdat hy hewig van
haar verskil oor die belangrikheid wat sy aan haar naam en die een blomoomblik
heg./Bl. 132: “Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing.”
• Peter stel haar voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam
met hom na Vermont toe te gaan. Hy is moeg gewag vir haar soeke na haar
blomtyd en weiering om haar tot ’n vaste verhouding te verbind./Bl. 133: “Ek gaan
nie in jou pad staan nie, Iris. As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Aan die einde van die roman verstaan Iris dat die lewe nie ’n soeke is na een
hoogtepunt is nie, omdat elke dag saam met Peter sy eie spesiale oomblikke
inhou./sy nie sonder Peter kan klaarkom nie./Bl. 209: “Sonder Peter kan ek tog
regtig nie klaarkom nie.” /Bl. 220: “Wees geduldig”, sê ek. “Dis amper tyd.”
• Die werklikheid saam met Peter kan net so magies wees as die beste
fantasie, daarom is Iris bereid om vrede te maak met die realiteit van ’n
geroetineerde voorstedelike bestaan./Bl. 187: “Gebeur dinge nie maar sommerso
nie? My lewe bestaan uit onsamehangende flardes.”
• Iris se gesprekke met Billy lei haar tot gedeeltelike insig, omdat sy teenoor
hom moet erken dat sy nog eers moet uitvind wie die hoër Gode is voordat sy kan
blom./Bl. 104: “Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die eerste een is wel van
toepassing.”
• Billy waarsku Iris oor haar blomtyd, omdat nie alle bolle tot bloei kom nie./Bl.
105: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit?”
• Die Engel het ongetwyfeld die sterkste invloed op Iris, want hy lei haar tot ’n
besef van die werklikheid.
• Die Engel laat haar haar toekoms opdroom, omdat hy wil hê sy moet
gaandeweg besef sy is self verantwoordelik vir haar eie keuses./Bl. 179: “Droom
dit op en kyk of jy daarvan hou.”/Die Engel lei haar totdat sy besef ’n naam is net ’n
naam./Bl. 187: “Net sowel,” het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en
enigiets wat ons vannag bespreek het nie.”
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot. [25]
OF
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Vraag Antwoord Punt
7.1 Die verteller wil laat blyk dat die kinders baie Kersgeskenke gekry het./die
kinders se houding teenoor die kersgeskenke aantoon. √ 1
7.2 Hulle kom nie goed oor die weg nie. √ 1
Die kinders wil nie hê dat Brian met Bettie moet trou nie. √ 1
Junior dreig om sy bed met opset nat te maak. √ 1
7.3 Peter is by met die geboorte van die kinders terwyl haar eie pa nie met haar
geboorte by was nie.√
Peter wou graag kinders hê terwyl Iris se ma haar as ’n glips beskou het. √ 2
7.4 Ja
Iris wag op die oomblik van volmaakte sintese/haar blomoomblik en intussen
doen sy ’n werk waarby haar kop onbetrokke bly. √ 1
“is dit wanneer sy kaktus blom.” √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
7.5 Die kandidaat gee sy/haar eie antwoord wat hy/sy as die karakter se oomblik
van glorie, binne konteks van die roman, beskou, bv.
Peter se oomblik van glorie is om ’n suksesvolle ingenieur te wees. √
Brian se oomblik van glorie is sy kinders uit sy eerste huwelik. √
Bettie se oomblik van glorie is dat sy in ’n verhouding met Brian staan. √
Iris se oomblik van glorie is toe sy met Peter trou. √ 4
7.6 Uiterlike konflik √ 1
Iris beskuldig hom dat hy nie gekeer het toe Peter sy oë in ’n sweisongeluk
beseer het nie. √ 1
7.7 Hy het ’n verhouding met sy student terwyl hy met Elsa getroud is. √ 1
Peter √ 1
Ja, niemand anders het kans gesien om met hom te praat nie./dit is vir Iris
noodsaaklik om die familie bymekaar te hou./Iris se pa het geweier om met
hom te praat.
OF
Nee, nie een van die betrokke partye het ooit weer iets hieroor gepraat nie. √ 1
7.8 Ja
Die redes vir Hannes se ontrou sal meer betroubaar aangebied word. √
Nee
Hannes speel ’n onbenullige rol in die roman wat dit nie nodig maak om van
die gebeure uit sy oogpunt kennis te neem nie. √ 1
Die kandidaat gee sy/haar eie gepaste mening binne die konteks van die
roman.
7.9 Elsa √ 1
Sy is ’n feminis./onafhanklik in haar huwelik. √ 1
7.10 Die kandidaat bied ’n eie gepaste rol (wat wel een van die Engel se rolle in Iris
se lewe is) en motivering aan, bv.
Beskermengel √ 1
Iris kan as Peter se beskermengel optree om hom van ander moontlike
ongelukke te beskerm. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
7.11 Toe Iris in Vermont in die hospitaal was (met haar gebreekte enkel). √ 1
“Jou oomblik van glorie”/“iemand wat glo sy moet ’n ster wees” √ 1
Die kandidaat bied ’n eie gepaste boodskap aan, bv.
Ek moet my lewe voluit leef en nie wag vir ’n groot gebeurtenis wat my goed
sal laat voel nie. √ 1
25
OF
VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.
• In Barotseland kan Baas die Zambezi Joy koop en restoureer. Dus word sy (en
sy oupagrootjie se) droom verwesenlik./Bl. 39: Mark moet, as deel van hulle
ooreenkoms, die boot met die vragmotor se hyskraan op ’n paalstellasie lig vir die
herstelwerk aan die romp.
• In Barotseland verwesenlik Baas as volwassene sy droom, omdat hy die
plekke waar sy oupagrootjie gebly het, opspoor./Bl. 18: Laatmiddag kry Baas die
bougainvilleabos waarvan Mark gepraat het ... Langs die verwronge stam hang ’n
stuk sinkplaat met die woorde ‘Manaka Evangelical Mission’ netjies op geverf.
• Baas droom om die streek se toerisme te ontwikkel, en is daarom ernstig oor
die instel van ’n gereelde pontboot op die Zambezi. Hy deel sy planne met
Manuel./Bl. 30–31: Hy wil mense van ander lande kom wys hoe die mense van die
Zambezi leef ... Daarvoor sal ’n ryk toeris uit Europa of Amerika sy beursie omdop.
• Baas se droom oor sy planne met die Zambezi Grace is so sterk dat hy selfs in
sy koorsdrome tydens sy malaria-aanvalle bekommerd is oor sy boot./Bl. 41: “My
boot!” kerm hy. “Die water kom!” Hy gloei van die koors.
• Die werklikheid en sy drome word verenig as Baas bedags na die spore van die
buffels soek en snags droom oor hoe hy sy ideaal verwesenlik en die groot bul
skiet./Bl. 36: Party nagte droom hy dat hy met die Mott-Mauser agter die groot bul
met die hink in sy voorpoot aan is – kaalvoet, soos hy altyd op Sable Ranch gejag
het.
• Baas droom oor die dag wanneer hy die groot buffelbul kan skiet, omdat hy
dan die horings bokant Manaka se naambord kan vaskap en so die plek
toeëien./Bl. 244: By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan
dit bokant Manaka se naambord teen die stutpaal vas.
• Die verwagting word by Baas geskep dat hy sy oupagrootjie se droom van ’n
slagplaas kan verwesenlik omdat die vleiskopers al hoe meer word en hy ’n
inkomste daaruit verdien./Bl. 39: Buffelvleis sal sterk in aanvraag wees by die
plaaslike bevolking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Baas begin algaande twyfel of die bootdroom op Manaka verwesenlik gaan
word, maar ouma Essie bevestig sy droom omdat sy glo dat hy deur die Here
gestuur is./Bl. 122: “Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome
wat Hy vir hulle gee om te droom, jongman.”
• Aanvanklik sneuwel Baas se droom oor die Zambezi Grace, want Chisupo het
die toue gesny en die boot het weggedryf./Bl. 230: Die boot is weg. Die toue
waarmee die stellasie se dwarspale vasgemaak was, hang aan flarde. Dit is
afgekap.
• Die gevreesde malaria-siekte wat in dié milieu (die waters van die Zambezi)
voorkom, bied Baas ’n geleentheid op ’n nuwe droom, omdat hy daardeur
Grace ontmoet en ’n moontlikheid van ’n toekoms saam ontstaan./Bl. 246: Hulle
loop agter mekaar in ’n olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in ’n baie ou
kanaal vasgespoel het, te gaan soek.
• Ouma Essie koester haar eie droom op Manaka dat haar kleinkind, Jos, die
oppergesag van die khuta moet oorneem./Bl. 242: “My kleinkind Jos ... Dié een
wat die naam dra van sy oupa, my muluti Joseph Mulambwa ... Dit is die droom wat
die Here sy kind gegee het om te droom.”
• Die koms van die sendelinge op Manaka is vir ouma Essie ’n antwoord op
haar gebede (droom) vir ’n sendingstasie, want sy is bekommerd oor haar
mense se gebrek aan Christelike waardes en hul afvalligheid./Bl. 192: “Die tradisie
van die trawante van Satang!” skreeu ouma Essie. “En hy is nie ’n doktor nie, hy is
’n towenaar, ’n moloi!”
• Ouma Essie droom dat daar op Manaka ’n opvolger vir haar man (die vorige
sendeling) is, wat verwesenlik word as haar man se lyfband perfek vir Baas
pas./Bl. 121: Baas vat die lyfband van fyngevlegte voorslagriempies wat ouma
Essie uit haar voorskoot se sak haal en met al twee hande na hom uithou ... Die
lyfband pas.
• Ouma Essie droom dat daar eendag weer ’n kerkgebou op Manaka sal wees
en sy glo die Here het die plek, by die bouvallige kerkgebou, waar die sendelinge
moet bly, aangewys./Bl. 118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die
kerk wees. Dit is wat die Here sê.”
• Ouma Essie droom dat sy eendag weer haar huis op Manaka sal terugkry,
omdat die khuta haar huis, wat sy en haar man self gebou het, weggeneem het./Bl.
170: “As julle na vier of vyf jaar nie weer iemand gekry het om Manaka te huur nie,
sal ek en Tibelelo miskien ons huis kan terugkry en dit gaan regmaak.”
• Ouma Essie se droom dat haar kleinseun, Jos, die nuwe leier op Manaka
word, word bewaarheid as hy ingehuldig word as die nuwe hoofindoena van die
khuta./Bl. 241: Die khuta lei die man uit die lapa. Dis ’n lang man. Tussen die
mense wat rasend van spanning meegevoer word, haal meneer Kebbey die
kombers af. Dit is meneer Jos.
• Ouma Essie se droom dat Baas muluti Joseph se plek as geestelike leier sal
oorneem, word deels bewaarheid as Baas haar man se lyfband vir haar teruggee
omdat hy daardeur aandui dat hy sy eie leiersrol in Manaka gaan vervul./Bl. 243:
“Dankie, ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”
• Ouma Essie se droom van sendelinge op Manaka word nie bewaarheid nie,
maar Baas neem die plek van versorger in met ’n sterk moontlikheid dat hy ook die
geestelike leier sal word./Bl. 243: “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Ouma Essie se droom van ’n kerkgebou op Manaka word bewaarheid, omdat
oom Scholtzie nuwe vensters en deure vir die kerk bring./Bl. 242: Oom Scholtzie
wag vir hom (Baas) onder die worsboom by die Dyna. Hy het dit gehuur om die
kerk se vensters en deure te bring wat die gemeentes gekoop het uit die geld wat
ingesamel is.
• Die Du Pisani-egpaar het ’n droom om die Woord van die Here te verkondig,
daarom is hulle in Barotseland om as sendelinge te werk./Bl. 53: “Ons is hier om
die Woord van die Here aan ongeredde siele te bring,” kondig Griesel aan. “Ons sal
ook siek mense kan help.”
• Die mense van Manaka se reaksie vernietig Griesel se sendingdroom, omdat
die mense nie sý boodskappe verstaan nie, maar eerder geraak word deur Nanna
se kinderliedjies./Bl. 205: Aan die einde van die diens sê Griesel dié wat hul harte
vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens staan
tydsaam op en begin wegstap .../”Jesus loves me! This I know,” sing sy en Grace ...
Die vrouens gaan staan.
• Die omstandighede en tradisies op Manaka voed Griesel se
meerderwaardigheid en dit kelder sy sendingdroom/lei daartoe dat Griesel
erken dat sy sendingdroom ’n misplaaste droom is, omdat sy meerderwaardige
houding juis dit is wat nie van ’n sendeling verwag word nie./Bl. 113: “Ek hou nie
daarvan om behandel te word soos iets wat die kat ingedra het nie ... Ook nie deur
enige janrap en sy maat waarmee ek my ruimte moet deel nie.”
• Griesel erken self dat sy sendingdroom op Manaka sneuwel as hy na malaria
uit die hospitaal ontslaan word en besluit om nie weer terug te gaan na Manaka
nie./Bl. 242: Hy wil nie in Barotseland bly nie. Hy sê hy weet nou dit was nie sy
roeping nie.
• Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot. [25]
OF
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
Vraag Antwoord Punt
9.1 Joseph Sitali √ 1
9.2 Baas beplan om, nes sy oupagrootjie, die Buffeljagter, buffels te jag.
Baas se droom is om in sy oupagrootjie se voetspore te volg en op Manaka,
die Plek van die Horings, te gaan bly en werk.
Die sirkel word simbolies voltooi wanneer Baas Morena se horings teen die
naambord vasspyker. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.3 Dit is die voortsetting van sy oupagrootjie se nalatenskap. √
Die groei van die plant bring saam met Baas hernuwing vir Manaka. √
Baas se vertroeteling van die plant voltooi die werk wat sy oupagrootjie begin
het. √ 3
9.4.1 Baas het na die antwoord, op wat van jou ’n Christen maak, gesoek. √ 1
Ouma Essie beantwoord die vraag, naamlik dat jou dade jou ’n Christen
maak. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
9.4.2 Nee
Hy het gehelp om die sendingstasie te vestig./wou sy Christenskap uitleef. √ 1
9.5 Baas is nie in bevel nie./die besluitnemer nie./Die khuta neem die besluite. √ 1
9.6 Ja
Baas leer om saam met ander mense te werk.
Baas kry ’n antwoord op sy kwelvraag oor Christenskap.
Baas leer by Grace mededeelsaamheid/medemenslikheid/van die liefde. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Nee, kan nie as ’n antwoord aangebied word nie.
9.7 Hulle het moontlik ’n toekoms saam./is moontlik in ’n liefdesverhouding. √ 1
Grace is Baas se vertroueling. √ 1
9.8 Respek √ 1
Nee
Hy respekteer nie die khuta nie, want hy was sy hande nadat hy mnr. Kebbey
gegroet het. √ 1
Makoa√ 1
9.9 Nee
Dit is die kulturele gebruik dat Nanna op die grond moet sit terwyl die man op
die stoel sit. √ 1
9.10 Die mense buite stamverband betaal konsessies (huur) aan die khuta. √ 1
’n Stuk van die grond waarop Baas konsessie betaal het, word aan die
sendelinge toegeken. √ 1
Daar word van Baas verwag om meer konsessie te betaal terwyl hy nie meer
geld het nie. √ 1
9.11 Baas sê dat hy nie na Manaka gekom het om welsynwerk te doen nie,/mense
te help nie, √ maar Baas gee vir die mense malariapille./vleis./ry hout vir die
khuta aan./help meneer Johnnie om sy skuld vir sy vrou en kinders te
betaal. √ 2
Griesel sê dat hy die mense van Manaka wil help, maar help nie om die
olifante uit die landerye te jaag nie./Hy staan afsydig teenoor die mense van
Manaka./respekteer nie die mense van Manaka nie. √ 2
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.
• Oupa Lewies kon net met Ruth trou nadat hy ’n bruidskat betaal het, want dit
is die gebruik van haar mense./Bl. 11: Yes, they all like me but the old aunty said: If
you really want her you must give bogadie (lobola) …
• Nadat George die bogadie betaal, sal die hoofman aan hom ’n stuk grond laat
uitwys waar George sy hut kan bou en ’n veekraal en ploegland kon begin,
want dit was een van die trougebruike van Ruth se mense./Bl. 11: Hy het vir ons
alles vertel wat ons wou weet oor die trougebruike van sy mense.
• Die troureëlings is deur ’n ouma en ’n jong man hanteer, want dit was die
gebruik dat die bruid nie self iets met die reëlings te doen het nie./Bl. 15: Die
volgende dag het ’n ouma en ’n jong man ons kom sien. Die ngosi het hulle gestuur
om die troue aanmekaar te sit.
• Ta Vuurmaak het genoem dat ’n hottentotsgot nie doodgemaak mag word
nie, want die Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê omdat hulle
deur ’n ander Skepper as die verkleurmannetjie gemaak is./Bl. 85: Maar daar was
groen en bruin hottentotsgotte van verskillende groottes, en ons mag hulle nie
doodgemaak het nie. Ons Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê …
• Deel van Ta Vuurmaak se grootwordjare was dat die seuns, wanneer hulle
groot genoeg is, die gifkewers gewys is wat waarskynlik in die pyl en boog
gebruik kon word./Bl. 86: … en die klein pyl en boog wat onse pa-goed vir ons
gemaak het, en wanneer die seun groot genoeg was, het hulle vir hom die gifkewer
gewys.
• Ta Vuurmaak het van die Grootman van God, Heitsi Eibib, se voorkennis
vertel, want dié het vertel dat daar mense sou kom wat net die teenoorgestelde
van hul kultuur is./Bl. 86: Onse Grootman van God, Heitsi Eibib, die boodskapper
van Tsui, God van Alles, het Ta Vuurmaak op ’n ander dag gesê, het baie winters
voor die witman gekom het vir ons vertel dat daar mense sou kom wat net die
teenoorgestelde van ons is in hoe hulle lyk en leef.
• Volgens Ta Vuurmaak moet ’n mens nooit verby ’n plek loop waar klippe op
’n hoop gegooi is sonder om ook ’n klip op te tel en dit op die hoop te gooi
nie, want almal met Griekwa-bloed (en Boesman-bloed) moet dit doen./Bl. 87: Tel
self ’n klip op en gooi dit op die hoop, al moet jy dit ook ver gaan haal. Almal met
Boesman-bloed en Griekwa-bloed in sy lyf moet dit doen, ook al is sy bloed met
ander bloed gemeng.
• Die drie bediendes wat Heitsi Eibib gehad het, is een van die vertellings van
Ta Vuurmaak, hulle was Son-eters (die opkoms en ondergang van die son), maar
het ook die werk gehad om na die behoeftes van Heitsi Eibib om te sien./Bl. 88: Dit
was hulle werk om te kyk agter die behoeftes van Heitsi Eibib en die mense het vir
hulle heuning, volstruiseiers en dit wat in die aarde groei, gebring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Dit was die gebruik om na een van die Ouderlinge te gaan om gesond
gemaak te word, want hulle kon met Heitsi Eibib praat om die kleur wat uit die
sieke se kop straal, van siek na gesond te verander./Bl. 88: Mense het van naby en
ver na die drie Ouderlinge gekom om hulle te laat gesond maak.
• Ta Vuurmaak het vertel dat die gees nie kan doodgaan nie, want dit behoort
aan Tsui-Goab en verlaat die liggaam om na hom te gaan wanneer jy
doodgaan./Bl. 88: Dit kan nie sterf nie, want dit behoort aan Tsui-Goab. Hy is die
Skepper van alles.
• Daar is ’n geloof dat jy wakkerdood kan wees as jy deur ’n gees seergemaak
word en jy moet die regte kruie gebruik om gesond te word./Bl. 89: Party
kruiebossies kan jy eet en van die wortel van die mor-plant maak jy khadie. En julle
ken almal die smaak van morogo.
• Geld sal onverwags na jou toe kom, slegs een keer, indien jy met Nuwemaan
na ’n tiekie kyk, na die maan kyk, die tiekie omdraai en in jou sak sit./Bl. 89: Die
tiekie sal groei en geld sal onverwags na jou toe kom. Maar net een keer.
• Sus Bet het die tradisie van khadie laat voortleef, want sy het dit gemaak en
aan die inwoners van Vatmaar verkoop./Bl. 47: … en sy met haar khadie – ’n drank
wat lekker dronkmaak – van heuning en veldwortel wat net sy geweet het waar om
te grou en wat sy altyd vingeralleen gaan haal het.
• Sus Bet het in haar vertelling van mense gepraat as Mies en Baas soos
wat die gewoonte van dié tyd was./Bl. 49: En so, wanneer Mies Mollie en Baas
Filemon …
• In die Griekwa-tradisie neem die pa se broer die rol van die ouer oor indien
die pa dood is, so het haar pa se oudste broer die hoof van hul huis geword./Bl.
53: My pa was al dood en sy oudste broer was hoof van onse huis. Hy het gesorg
vir my ma en vir ons kinders.
• Dit is die gebruik dat ’n Griekwa-vrou sekere dinge moet weet soos wat Siesie
Lena aan Sus Bet geleer het, die geboorte van ’n kind, wanneer iemand sterf, hoe
om khadie te maak./Bl. 55: Sy het my geleer hoe om khadie te maak en waar om
na die wortel te soek.
• Siesie Lena het ook aan Sus Bet van kruie vertel, want sy het gesê dat Sus Bet
sal weet wanneer sy die bossies sien, omdat Griekwa-vroue daardie gawe het./Bl.
55: Siesie Lena het my alles van kruiebossies vertel, hoe hulle lyk en waarvoor ’n
mens hulle kan gebruik. Sy het gesê ek sal weet as ek hulle sien omdat alle
Griekwa-vroue daai gawe het.
• Die gebruik was dat elkeen, nes Sus Bet en Oom Flip gemaak het, ’n sluk
water moet neem wanneer die put gegrawe is, want op daardie manier word jy
deel van die put./Bl. 82: Die put is gegrawe. Soos die gebruik was, is die eerste
beker water rondgegee sodat elkeen ’n sluk kan vat om deel te word van die put.
• Met die dood van Ta Vuurmaak het Sus Bet hom behandel soos wat die
Griekwa-tradisie vereis het./Bl. 95: Die ta is in die karos toegerol en hulle het die
lyk met sy knieë onder sy ken teen die boom sitgemaak.
• Griekwa-tradisies is gebruik met die dood van Ta Vuurmaak, want die goed
wat Ta Vuurmaak nooit meer kan gebruik nie, is verbrand./Bl. 96: … onse Ta het
my, toe hy nog sterk was, gevra om hom soos ’n Griekwa te begrawe./Bl. 96: Hy
het die eer gehad om die goed te verbrand wat nooit weer gebruik sal word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Sus Bet het Ta Vuurmaak volgens Griekwagebruik begrawe. Ta Vuurmaak is
op sy hurke, met sy gesig na waar die son opkom, in die graf geplaas terwyl die
drie kruie gebrand is en sy die woorde, Tsui-Goab, Tsui-Goab, vat wat aan Tsui-
Goab behoort, moes sê./Bl. 96: Toe die lekker ruik van die drie kruie saam met die
rook uit die vuur uit opslaan, het Sus Bet seker gemaak dat die liggaam van die ta
op sy hurke was, met die gesig na waar die son opkom.
• Daar was nie ’n vleisfees, soos gebruiklik, na die begrafnis van Ta Vuurmaak
nie, want hy het nie kinders nagelaat nie./Bl. 97: Daar sal nie vandag ’n vleisfees
wees nie, het Sus Bet vir die mense gesê, Ta Vuurmaak het nie vir ons ’n nageslag
gelaat nie.
• Dit is suksesvol dat daar meer as een verteller in die roman voorkom,
aangesien daar verskillende groepe mense op Vatmaar woon, en so kan elkeen se
gebruike en tradisies oorgedra word.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot. [25]
OF
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz
Vraag Antwoord Punt
11.1 Hy is wees gelaat na die oorlog./moes steel om te oorleef. √ 1
Toe hy Ma Khumalo se pappot van die vuur wou steel, word hy betrap en
ingenooi in haar huis. √ 1
Hy leer by haar om hom oor ander te ontferm./nie te lieg nie./nie te steel nie. √ 1
11.2 Ons is ma en kind./Ons hoort bymekaar. √ 1
11.3 Hy word uitgekryt as ’n wit boer.√
Hy ontvang ’n paar stewels/klere as vergoeding.√
Hy word aangestel as bode./later bevorder tot posman.√
Daar is nou genoeg geld in die huis sodat sy nie meer ’n wasvrou hoef te wees
nie.√ 4
11.4 Liefde ten spyte van rasverskille/oor kleurgrense/oor rasgrense heen √ 1
11.5 Dit is nie kwetsend binne die romangegewe nie./
Dit is soos die mense dit daardie tyd gebruik het./
Dit maak die verhaal histories eg.√ √ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk.
11.6 Norman word verstoot deur sy eie mense, witmense, maar die swart vrou, Ma
Khumalo, aanvaar hom onvoorwaardelik.√ 1
Ma Khumalo ontferm haar oor ’n persoon wie se ras/bevolkingsgroep haar
gewoonlik sleg behandel het. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
11.7 Komberse is simbolies van haar aanvaarding van hulle as familie.√ 1
Die naamsverandering dui simbolies op die ou verlede wat hulle nou
agterlaat./Dit dui op ’n nuwe toekoms wat hulle saam met Ma Khumalo
ingaan.√ 1
11.8 Ma Khumalo aanvaar die Moslemmeisie in haar huis ten spyte van haar
Christelike waardes./Mary lê haar Moslemgeloof af en neem Ma Khumalo se
Christelike geloof aan. √ 1
11.9 Vat maar my liefde./gasvryheid./simpatie./
Vatmaar is ’n toevlugsoord waar mense tuiskom. √
Gesindheid van ruimhartigheid/goedgesindheid/welwillendheid. √
Sy maak hulle onvoorwaardelik deel van haar gesin./
Sy skep vir hulle die geleentheid om iewers te behoort. √ 3
11.10 Die verteller/Sy beleef die gebeure eerstehands/dra dit meer geloofwaardig
oor.√ 1
11.11 Leerder se eie mening, bv.
Ja
Die gebeure en gebruike is nie meer van toepassing op vandag se lewe nie. √
Verskille tussen ras en geloof is afgeskaf en sulke idilliese gemeenskappe
soos Vatmaar bestaan nie meer nie. √
OF
Nee
Dit is steeds die werklikheid waarmee die leser van vandag gekonfronteer
word./waarmee hy kan vereenselwig.√
Daar is nog steeds onverdraagsaamheid tussen rasse. √ 2
11.12 Leerder se eie mening, bv.
Kenneth Kleinhans is ’n man wat ver gekom het in die lewe./
Alhoewel sy status hoër was as die meeste mense op Vatmaar, het hy
vasgebyt om die liefde van die ongeletterde Kaatjie te verower./
Deur sy toedoen is daar vandag ’n kerk en ’n sokkerveld op Vatmaar en ’n
supermark en rioolstelsel op pad./
Die gemeenskap van Vatmaar salueer ’n bruin man van stoffasie. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE redes vir EEN punt elk aan.
25
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Die Kersorkes se naam, Star of the Redemption, is ironies, omdat dit op die
verlossing van sonde, soos Map dit met sy bekering ontvang het, sinspeel, maar hy
word weggewys toe hy weer lid van die orkes wou word./Bl. 46: “Even die
verskoning: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map, maar
ons het nie gewiet nie ...”
• Die Kersorkes word deel van die gemeenskap se verwerping en Map se soeke
(na identiteit om iewers te behoort), omdat hulle, net soos die werkgewers waar
hy aanklop vir werk, hom nie ’n kans wil gee nie./Bl. 46 “Die band is nét so,
Oompie Paulsen-hulle ... even húlle, net so dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal
die band nou ’n naam gee ...”
• Die naam van die orkes, wat ook dui op die Betlehemster en die redding wat
Christus se geboorte bring, sluit ironies aan by die tema van verwerping en
identiteitloosheid, want Map word juis in dié tyd van hoop en redding voor
Kersfees nie weer ’n tweede kans in die orkes gegun nie./Bl. 42: Tommy eggo Map
se verwagting: “So, dié Krismis is jy seker weer terug innie band ...”
• Die naam van die orkes kan ook dui op emosionele bevryding vir Map, want
dit sinspeel op die verlossing van sonde en sy bekering met die daaropvolgende
vergifnis vir sy dade./Bl. 29: “Soos ’n oogwink is dit alles, sê Hy wat die Here is ...
Gaan in die vrede van God, Map Jacobs ...”
• Die Kersorkes dra by tot die karnaval-atmosfeer in die straat omdat dit die
inwoners, wat Tommy insluit, help om van hul uitsiglose bestaan te vergeet./Bl. 5:
Hulle practise al vir Krismis! Dan loep hulle mos! /Bl.5: Wel, Oompie Paulsen wil hê
al die koppe moet hulle kant toe kom vi’jaar ...
• Die orkes ondersteun die atmosfeer van spanning oor Map se vrylating en die
gemeenskap se onkunde oor Map se bekering, want die orkes speel dramaties
sy laaste akkoorde as Cyril verwys na hul vrees as Map moet uitvind van
Blanchie./Bl. 7: “Al wat ek sê is, ek wil nie by wies as hy weer hierso is nie, en hy
vinnie at last yt van Blanchie nie ... Nie daai bastard nie!”
• Die orkes dra by tot die vestiging van die spanning oor Map se vrylating as
Miriam verneem na Map Jacobs om sy mate te neem, want die instrumente raak
skielik stil asof daar ’n ernstige kwessie is./Bl. 37: ’n Stilte en erns kom oor die
groep wat so pas nog gelag het. Al die instrumente is stil, behalwe ’n enkele banjo
wat halfhartig ingestem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Die reaksie van die orkes op Miriam se navrae is ’n vooruitwysing op Map se
verwerping deur die orkes na sy vrylating, want in die volgende toneel is Map
vrygelaat waarna hy sê dat die orkes nie ’n plek vir hom het nie./Bl. 46: Map
Jacobs, obviously, sal die band nou ’n naam gee.
• ’n Deel van Map se hoop in die tronk is sy herinneringe aan die orkes, want hy
praat van sy parool en die orkes in dieselfde asem./Bl. 11: Die band practise seker
al vir Krismis. Ek onthou ... Kan Ma glo, ek kom ýt, op die sewende ...
• Die orkes suggereer ’n tyd toe dit goed gegaan het met Map omdat hy toe deel
was van die orkes en as voorspeler saam met hulle bekers gewen het./Bl. 43: Ek
onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble man ... toe julle al die
koppe gevat het daar op die Common ...
• Daar is waardering vir Map as saxofoonspeler, want Tommy verwys na Map se
bedrewenheid met die instrument en die prys wat hy ontvang het vir sy spel./Bl. 43:
Maar hel, die sax en jy, bo almal ýt ... Toe vat julle die first vir solo oek!
• Tommy is die enigste een wat Map terug verwelkom en hoop by hom skep om
weer aan die orkes te behoort, want hy verwys na die orkes se oefening asof hy
Map daar verwag./Bl. 43: Dan speel jy seker weer innie band vi’jaar ... Dan siet ek
jou seker by die practise, Sondagmarrag …
• Niemand kan die saxofoon soos Map speel nie, want niemand kon Map eintlik
as beste saxofoonspeler in die orkes vervang nie./Bl. 43: Kaffi’tjie Arries het getry,
maar well, saxophone is nie sý instrument nie ...
• Die saxofoon is ’n middel waardeur Map weer kon behoort en bevryding kon
smaak, omdat hy weer identiteit as ’n orkeslid kon kry, maar dit word hom
ontneem./Bl. 46: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map ...
• Die saxofoon simboliseer ’n tyd van onskuld, hoop en goedheid toe Johnnie
se lewe nog belofte getoon het./Bl. 43: Ek onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie
jaar voor jou ... trouble man ...
• Map word as ’n leier in die gemeenskap gesien, omdat hy as die beste speler
simbolies verbind word met die koning van die instrumente, die saxofoon./Bl. 5: Die
saxofoon klim bo die ander instrumente uit.
• Die saxofoonspel in die slottoneel, soos Map dit vroeër gespeel het, sorg vir
hoop en ’n positiewe toekoms, want dit suggereer dat Map weer sy plek in die
gemeenskap inneem en die versoening tussen hom en sy ma as sy saam met die
klanke van die instrument sy naam sê./Bl. 62: Dan wend Map sy oë af en hy hoor –
en óns hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel het, voorheen./Bl. 62: ANTIE
GROOTMEISIE (praat vir die eerste keer in jare): “Johnnie ...”
• Apostel George se lofuitinge/lofsange is deel van Map se bevryding in die
tronk omdat hy Map daardeur lei tot bekering; bekering maak hom vry./Bl. 25:
Praise the Lord! Map Jacobs, praise the Lord!
• Map se bekering en bevryding van sy skuldlas word bevestig wanneer hy
intens met die Apostel saamsing./Bl. 28: Dan swetend, begin die Apostel sing, en
uiteindelik sing Map ewe intens saam.
• Map is intens betrokke by die bekeringsproses en kwytskeldingsproses deur
sy deelname aan die sang, want hy is moeg as hulle klaar gesing het./Bl. 28: Map
en Apostel George is uitgeput wanneer hulle klaar is met die lied.
• Map en Apostel George eggo pryswoorde, ’n soort geestelike refrein, omdat
hulle daardeur Map se bekering bevestig./Bl. 27: Halleluja, Map Jacobs! Sê
Halleluja! ... Halleluja, Here Jesus! ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Dit is simbolies dat die geestelike sang op die agtergrond begelei word deur
onder andere ’n saxofoon, omdat dit ’n vooruitwysing is na die slot wanneer Map
die saxofoon hoor speel soos hy dit vroeër gespeel het en Map dan ’n vry man
is./Bl. 28: ... en uiteindelik sing Map ewe intens saam. Kitare – en ’n saxofoon – op
die agtergrond.
• Tommy se klingels is ’n verkoopstruuk, omdat hy vasgevang is in die
werklikheid van die township en verplig word om ’n inkomste te genereer om te kan
oorleef./Bl. 44: Dan gaan Tommy maar met sy karretjie vort, en roep, nie baie
oortuigend nie – “... Beautiful bangles, bangles, bangles ...”
• Tommy se smousaktiwiteite gee hom ook ’n mate van bevryding, omdat dit
hom so tussen die klingels en opvryf van sy trinkets deur geleentheid bied om sy
neus in ander se sake te steek, iets wat hy sterk ontken./Bl. 40: Tommy Sobotker
vra oek nie juis yt nie, hy hou sy nies maar net by sy eie sake, by sy trinketjies, by
sy bangles en sy ringetjies ...
• Tommy se klingel bied ontvlugting uit ’n verleentheid as hy Map se hand wil
skud, maar Map net retireer en lag./ Bv. bl. 44: Dan gaan Tommy maar met sy
karretjie vort, en roep, nie baie oortuigend nie – ...
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot. [25]
OF
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Vraag Antwoord Punt
13.1 Dit gee ’n aanduiding van die milieu.
Die inleiding tot Map se monoloog word gegee.
Aanwysings word gegee wat Map en die ander karakters tydens hierdie toneel
moet doen.
Die aanduiding dat Map as verteller gaan optree, word gegee. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir TWEE punte aan.
13.2 Die verhooglig word op Map gefokus. √ 1
Die leser/kyker neem van Map se kant van die saak kennis. √ 1
13.3 Cyril het gesê dat Map as leier verantwoordelikheid moet neem. √ 1
Cyril glo Map het gekry wat hy verdien. √ 1
13.4 Map wat nie in die gemeenskap tuis voel/nie werk kry/aanvaar word/van sy 1
geskiedenis kan loskom nie. √
Ja
Map het verander./tot inkeer gekom./is bekeer./verdien ’n nuwe geleentheid. √
Map het nie na sy vrylating na die bendelewe teruggekeer nie/soek werk, wat
bewys dat hy verander het. √
OF
Nee
Map het net vir die dood van Ivan Philander geboet, hy verdien nie simpatie 1
nie. √
Map is nog nie lank op parool uit nie, hy moet homself nog bewys. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
13.5 Sy tatoeëermerke. √ 1
13.6 Miss Africa moedig vir Map aan om uit te praat teenoor iemand wat hy liefhet.
Sy reël onderhoude vir hom met die werkgewers.
Sy het hom gehelp om parool te kry. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir DRIE punte aan.
13.7 Nee
Die kerrimspelers het niks anders om te doen nie. √
Dit hou hulle weg van bende-bedrywighede. √
OF
Ja
Hulle kan probeer om ’n entrepreneur, soos Cavernelis, te wees./
Hulle kan eerder in die gemeenskap betrokke raak./
Die talent wat hulle het, vermors hulle. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir TWEE punte aan.
Die kandidaat gee eie gepaste motiverings.
13.8.1 Tommy is die een wat nie sy eie besigheit mind nie, maar oor ander skinder./
Tommy sê dis nie hulle besigheid toe Cyril en Richie oor Blanchie se werk praat
nie, maar hy is die een wat daarvan praat./
Tommy sê vir Map dat hy nie wil uitvra nie, maar sê net daarna dat Antie
Grootmeisie nie veel van sy vrylating beduie het nie./
Tommy sê dat hy net glo wat sy oë sien, maar tog glo hy dat Blanchie ’n aborsie
gehad het./
Tommy sê dat die stories oor Blanchie ’n leuen is, maar na Map se vrylating
vertel hy vir Map daarvan. √√√√ 4
Die kandidaat bied VIER antwoorde vir VIER punte aan.
13.8.2 Cavernelis √ 1
13.9.1 Apartheid word in die buitewêreld gekritiseer.
Die politieke bestel wat in Suid-Afrika kan verander.
Die Wet op Groepsgebiede wat onder druk van die buiteland kom. √√ 2
“revolution” √ 1
13.9.2 Hy is ernstig./hou hom nie met onbenullighede op nie. √ 1
13.10 Ja
Vanweë die politieke omstandighede is hulle uitgelewer en kan nie iets daaraan
doen nie. √
OF
Nee
Dit is elke mens se eie keuse hoe hy sy omstandighede gaan hanteer en dit
verbeter. √ 1
Die kandidaat bied ’n eie, geskikte motivering aan.
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL Mis – Reza de Wet
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Die pa wat tradisioneel die versorger en beskermer van sy gesin moet wees,
sit al sewe jaar op die solder terwyl sy vrou en kind ’n sukkelbestaan voer./Bl.50:
MIEM: Ons het net genoeg gehad om hierdie lappie grond te koop. Hierdie
pondokkie. ’n Paar dae na ons ingetrek het, was hy skielik skoonveld.
• In plaas daarvan dat die pa die vroue versorg, voed hulle hóm deur ’n
mandjie met kos na die solder te hys./Bl. 7: MEISIE staan ietwat onwillig op en
bind die mandjie haastig aan die onderpunt van die tou vas.
• Die pa dra niks by tot die ondersteuning van sy familie nie, maar eis vir sewe
jaar lank die aandag van die vroue en dra by tot hul sware las./Bl.8: MIEM:
Onthou die slopemmer! Dis al twee dae!
• Dit is die terugtrekking van die pa na sy finansiële krisis wat die vroue
vasvang in hierdie ruimte van armoede./Bl. 27: MIEM: ... Na die Depressie kan
ons nie huishulp bekostig nie. Sy maak die beddens op, vee die vloere, doen die
skottelgoed, was en stryk ...
• Die enigste kontak met die afwesige Gabriël is deur ’n valdeur in die plafon
waardeur die kosmandjie en slopemmer op en af gehys word./Bl. 17: GERTIE: (na
’n stilte. Sag, terwyl sy na die tou kyk wat opgetrek word) En hoe gaan dit daarbo?
• In plaas van vertroue in die pa as die beskikbare versorger, is Meisie bang vir
haar vervreemde pa./Bl. 7: Ek is bang ... As ek opkyk, sien ek sy benerige, wit
hand.
• Gabriël voel moontlik die naderende onheil aan, maar doen niks om die vroue
te beskerm nie./Bl. 8: MIEM: Ek dink hy voel dit aan. Die onheil.
• Gabriël reageer nie toe sy hond, Wagter, die aankoms van die konstabel
aankondig nie omdat hy homself van die rol as beskermer van die huis onttrek
het. /Bl. 27: MIEM: Hy was my man se hond. Ek kry met hom niks uitgerig nie
• Gabriel (nes die aartsengel) is veronderstel om sy gesin te beskerm, maar hy
is letterlik bo sy gesin verhewe, tog sien Miem hom steeds as hul bewaker en
beskermer as sy hom teen die Konstabel verdedig./Bl. 34: MIEM: Dit lyk my u
verdink my arme man! Vir arme Gabriël wat geen vlieg kan skade doen nie.
• Gabriël se afwesigheid veroorsaak seksuele frustrasie by Miem wat lei tot
haar ontboeseming teenoor Konstabel oor haar behoefte aan ’n man./Bl.54: MIEM:
... Konstabel ... om ’n man hier te sien ... dié tyd van die nag ... wel ... dit maak
weer dinge in my wakker.
• Die Konstabel doen hom voor as ’n lid van die polisiemag om oënskynlik die
vroue te beskerm, maar hy verkry so toegang tot die huis om sy planne met die
vroue uit te voer./Bl. 18: MIEM: ... Dis waar! Hy is ’n konstabel.
• Die uniform stel die konstabel in staat om die vroue te manipuleer omdat hy
met sy donkerbril en wit kierie die drie vroue se wêrelde binnedring./Bl. 18: Die
konstabel kom binne. Hy dra ’n ronde donkerbrilletjie en ’n helm. In die een hand
hou hy ’n wit kierie vas ... Soos u kan sien, is ek heeltemal blind.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Konstabel verteenwoordig beide die beskermer en die verleier in een
persoonlikheid as hy die vroue in sy lokval lei./Bl. 18: KONSTABEL: ... Hoe kan
ek ’n ogie oor u hou as ek niks kan sien nie?
• Die konstabel se “blindheid” is ’n bate wat van hom in die vroue se oë ’n
geskikte beskermer juis op dié aand maak./Bl. 21: KONSTABEL: ... Ek word
gebruik vir ... spesiale gevalle.
• Konstabel se teenwoordigheid vul die vroue met dankbaarheid omdat hulle
nou beskerm voel./Bl.18:GERTIE: Ek was besig om te sê dat ons so dankbaar is
om u vanaand by ons te hê.
• Miem vertrou die konstabel sonder voorbehoud met haar dogter en laat hom
toe om alleen met haar buitentoe te gaan, so word Konstabel ’n beskermer./Bl.
41: MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die agterdeur.
• Miem sien die konstabel as ’n beskermer van haar huwelik omdat sy glo dat
Gabriël van die solder sal afkom as Meisie dalk met die konstabel trou./Bl. 51:
MIEM: ... Ek is seker hy sal afkom ... as Meisie die dag trou.
• Die konstabel beskerm nie vir Gertie deur haar te verlei om tydelik van haar
seksuele frustrasies ontslae te raak nie as sy haar inleef in sy vertelling van
Hannie./Bl. 49: Daar is ’n kalm ekstase op haar gesig. Haar bewegings is stadig,
byna soos dié van ’n persoon onder hipnose.
• Konstabel beskerm Meisie teen anonimiteit wanneer hy haar op haar regte
naam aanspreek omdat hy haar tydelik teen haar werklikheid beskerm./Bl. 30:
KONSTABEL: Jy’t ’n mooi naam, Margareta.
• Die konstabel beskerm Meisie teen haar eie skuldgevoelens as hy haar uitlok
om te praat oor haar besoek aan die sirkus./Bl. 31: MEISIE: Nou goed, ek sal vir u
vertel en dan sal ek daarvan vergeet ...
• Die konstabel se simpatieke oor beskerm Meisie emosioneel teen haar
haglike omstandighede./Bl.30: MEISIE: ... Kos, slopemmer! Sakke! Eers was my
hande sag ... En nou, eelte op al my vingerpunte!
• Die konstabel as beskermer, word ’n bevryder, as hy sy uniform se baadjie
omdop en sy werklike identiteit ontbloot./Bl. 52-53: Met vinnige, flambojante
bewegings wat herinner aan ’n towenaar ... draai hy die binnekant van die baadjie
buite toe ... Dit is die
baadjie van ’n hofnar ... MEISIE: ... Maar waar is die konstabel dan? KONSTABEL:
Dit is ek. Ken jy my nie?
• Die konstabel word Meisie se bevryder as hy haar uit haar haglike
omstandighede wegtoor./Bl. 54: Voordat sy oor die drumpel dans, staan sy stil en
kyk om na die Konstabel. Hy maak ’n effense buiginkie en wys haar met ’n
sjarmante handgebaar by die deur uit.
• Die Konstabel bevry Meisie van haar gevangeskap met die moontlikheid dat
sy dieselfde pad as die ander twee vermiste meisies kan loop./Bl. 19: Sy het
geen tas gevat nie en sy is weg in haar aannemingsrok ... sonder skoene!
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG Mis – Reza de Wet
Vraag Antwoord Punt
15.1 Die sirkus. √ 1
“sirkusmusiek” √ 1
15.2 Ja
Dit lyk asof die konstabel se gesag deur die hond aanvaar word. √
OF
Nee
Konstabel het waarskynlik ook die hond betower/omgekoop om nie te blaf
nie. √ 1
15.3 Hy lyk soos ’n konstabel wat vertroue inboesem./
Hy laat die suggestie by Miem dat Gabriël sal afkom as hy en Meisie saam is./
Hy laat die suggestie by Gertie dat sy soos sy tant Hannie is./
Hy laat die suggestie by Meisie dat hy na haar luister.
Hy noem haar op haar naam wat die suggestie van veiligheid by haar
laat. √√√ 3
Die kandidaat verskaf DRIE antwoorde vir DRIE punte.
15.4 Hy en Meisie is toe nie getroud nie, dus het Miem se verwagting dat Gabriël
van die solder sal afkom, nie gerealiseer nie. √ 1
Gertie wou hê dat Konstabel in haar (en nie Meisie nie) belangstel, daarom is
sy teleurgesteld in haar verwagting. √ 1
Die konstabel het ’n jong meisie/iemand uitgesnuffel wat hy kan bevry. √ 1
15.5 Die vroue sien nie die boosheid/onheil/gevaar wat in Konstabel skuil nie./
Die vroue besef nie dat ’n blinde konstabel hulle nie kan beskerm nie. √ 1
Meisie gaan saam met Konstabel./word deur hom verlei./bevry. √ 1
15.6 Onheil/vrees/spanning √ 1
Ja
Miem het klaar van die verdwyning vertel wat die oorsaak van die spanning
is. √
OF
Nee
Terwyl Konstabel in Miem se huis is, bly die onheil/vrees/spanning
teenwoordig. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
15.7 In Teks A is die verwagting dat Konstabel wat ’n geregsdienaar is, ook na die
meisies sal soek. √ 1
Miem spreek Konstabel direk in reël 2–6 in Teks B aan wanneer sy aan
Konstabel sê dat hulle oor die verdwynings praat. √ 1
EN
Konstabel noem dat hy al baie dinge kon uitsnuffel; dus ook die meisies. √ 1
Terwyl Konstabel voorgee om die vroue te beskerm, gaan hy vir Meisie se
verdwyning verantwoordelik wees. √ 1
15.8 Meisie is bang vir die wind wat buite waai, terwyl die eintlike gevaar in die huis
is. √ 1
15.9.1 Sannie se ma en Miem het albei ipekonders. √ 1
15.9.2 Ja
Albei meisies word emosioneel deur hul ma’s gemanipuleer./Albei meisies is
in hul omstandighede vasgevang en kan nie ontsnap nie. √ 1
Bevryding √ 1
“sirkusmusiek” √ 1
15.10.1 Gabriël √ 1
Gabriël is moontlik bewus van die gevaar wat die vreemde man in die huis
bring./Gabriël is moontlik gefrustreerd omdat hy niks aan die gevaarlike
situasie in die huis kan doen nie. √ 1
15.10.2 Terwyl Miem se woorde gerusstellend is, is die kreet angsbevange. √ 1
25
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 26 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed -Enkele goeie punte ter onderwerp -Geen verwysing na die
Diepte van argument, -Reeks treffende geïnterpreteer ondersteuning van die -Byna geen punte wat gedig nie
verantwoordbaarheid en argumente wat behoorlik -Respons redelik onderwerp die onderwerp -Leerder het nie die
insig in teks uit die gedig gerugsteun gedetailleerd -Enkele argument word ondersteun nie genre en gedig onder
is -Enkele deeglike ondersteun, maar -Onvoldoende begrip die knie nie
7 PUNTE -Uitstekende begrip van argumente gegee, maar bewyse nie altyd van genre en gedig
die genre en gedig nie almal ewe goed oortuigend nie
gemotiveer nie -Basiese begrip van
-Begrip van genre en genre en gedig
gedig duidelik
STRUKTUUR & TAAL 3 2 1 1 0
Struktuur, logiese vloei -Samehangende -Duidelike struktuur en -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Struktuur swak
en aanbieding struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning -Ernstige taalfoute
Taalgebruik, toon en styl -Argumente goed argument -’n Goed -Argumente nie logies -Foutiewe styl
gebruik in opstel gestruktureer en daar is -Vloei van argument kan gestruktureerde logiese gerangskik nie
duidelike ontwikkeling gevolg word vloei en samehang -Taalfoute beduidend
3 PUNTE -Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en ontbreek in die opstel -Toon en styl nie geskik
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Geringe taalfoute; toon nie
beïndruk en is korrek en styl meestal gepas
-Grammatika, spelling
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 9–10 7 5 4 0–2
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 27 DBE/Feb.-Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
-Uitsonderlike respons: -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die van die onderwerp; nie interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp Uitstekende respons: onderwerp goed alle aspekte in detail onderwerp: byna geen -Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer ondersoek nie aspekte in detail vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid en -Diepgaande -Respons redelik -Enkele goeie punte ter ondersoek nie -Argumente oortuig nie
insig in teks interpretasie van gedetailleerd ondersteuning van die -Min punte wat die -Leerder het nie die
onderwerp -Enkele deeglike onderwerp onderwerp ondersteun genre en teks onder die
15 PUNTE -Reeks treffende argumente gegee, maar -Enkele argument word -Baie min relevante knie nie
argumente wat behoorlik nie almal ewe goed ondersteun, maar argumente
uit die roman/drama gemotiveer nie bewyse nie altyd -Weinig begrip van
gerugsteun is -Begrip van genre en oortuigend nie genre en teks
-Uitstekende begrip van teks duidelik -Basiese begrip van
die genre en teks genre en teks
STRUKTUUR & TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
-Samehangende -Duidelike struktuur -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur -Logiese vloei van struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
en aanbieding -Uitstekende inleiding en argument -Logika en samehang is -Argumente nie logies van argumente
Taalgebruik, toon en styl slot -Inleiding, slot en ander duidelik, maar met foute gerangskik nie -Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel -Argumente goed paragrawe -Enkele taalfoute; toon -Taalfoute beduidend styl laat hierdie skryfstuk
gestruktureer en daar is samehangend en styl meestal gepas -Toon en styl nie geskik misluk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling georganiseer -Paragrafering meestal nie -Styl en toon nie geskik
-Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en korrek -Paragrafering foutief nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper