Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1220167 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Supplementary November 2016, 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Supplementary November 2016

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ’n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 ’n Reis om te onthou [50] 1.2 Die dag toe ek gewaag het ... [50] 1.3 KENNIS MAAK DIE VERSKIL. [50] 1.4 “Vriendskap is altyd ’n heerlike verantwoordelikheid – dis nooit net vanselfsprekend nie.” ~ Kahlil Gibran ~ [50] 1.5 Skryf ’n opstel wat met die onderstaande paragraaf afsluit. Jy moet dié slotparagraaf in die ANTWOORDEBOEK oorskryf. Ja, so gaan dit met ons dromers. Dis ’n lewe van hoogtes en dieptes, hoop en nóg ’n keer hoop. Maar ék wil nie anders wees nie. Sonder drome sterf ’n mens. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.6 Kies EEN van die volgende visuele prikkels en skryf ’n opstel daaroor. Verskaf jou eie opskrif. 1.6.1 [Uit: www.photostock.com] [50] 1.6.2 [Uit: www.photostock.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.6.3 [Uit: www.photostock.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde elk. 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou vriend/vriendin se ouerhuis is onlangs deur ’n natuurramp verwoes. Skryf ’n BRIEF aan hom/haar waarin jy hom/haar bemoedig. [25] 2.2 BRIEF AAN DIE PERS Die moderne jeug is lam in die knieë! Suurstofdiewe en rusbankruspers gee die toon aan! Waar kry ons manne en vroue met woema en wilskrag, met murg in die pype vir die eise van die toekoms? Die bostaande boodskap word landwyd deur middel van sms’e versprei. Reageer op hierdie beskuldiging deur middel van ’n BRIEF AAN DIE PERS. [50] 2.3 HULDEBLYK Jou gunstelingonderwyser(-es) gaan binnekort aftree as gevolg van ernstige gesondheidsprobleme. Jy moet namens julle klasgroep by die afskeidsfunksie vir dié unieke mens ’n huldeblyk lewer. Skryf jou HULDEBLYK. [25] 2.4 RESENSIE Die redakteur van die plaaslike biblioteek se maandblad het jou gevra om jou gunstelingboek vir dié maandblad te resenseer. Skryf die RESENSIE. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.5 GESKREWE ONDERHOUD Een van jou skool se leerders het nasionale kleure in ’n sportsoort verwerf en moes Suid-Afrika oorsee verteenwoordig. Ná sy/haar terugkeer uit die buiteland moet jy, as joernalis van die skool se koerant, met hom/haar ’n onderhoud voer. Skryf dié ONDERHOUD neer. [25] 2.6 KOERANTARTIKEL Jy is ’n joernalis van julle skoolkoerant. Die redakteur vra jou om ’n artikel oor die onderstaande onderwerp te skryf: Jy ís wat jy eet! Skryf dié KOERANTARTIKEL. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all