You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans HL P3 Nov 2016 hlayiso.com

Subject: Afrikaans HlGrade 1220166 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2016 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur ’n breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde te gebruik) en jou werk taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2016 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf ’n opstel van 400–450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Dit was toe nie ’n doodgewone dag nie! [50] 1.2 Die aand toe Ouma begin dans het [50] 1.3 Die Suid-Afrikaanse jeug word onderskat. [50] 1.4 Die verste berge is die blouste ... [50] 1.5 2017 [50] 1.6 Kies EEN van die volgende visuele prikkels en skryf ’n opstel daaroor. Skryf die nommer en jou eie titel/opskrif neer. 1.6.1 [Uit: https://antiworldnews.files.wordpress.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2016 NSS 1.6.2 [Uit: http://www.i2symbol.com/symbols/] [50] 1.6.3 [Uit: http://fotoskool.co.za/photo/sonneblomme] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2016 NSS AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou broer/suster oorweeg dit om te emigreer. Jy voel dis beslis die moeite werd om in Suid-Afrika te bly. Skryf ’n informele brief aan jou broer/suster en oorreed hom/haar om in Suid-Afrika te bly. [25] 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Die volgende is die hoofopskrif in die Rapport: Houe val by skool: twee leerders in hof Skryf ’n formele brief aan die pers waarin jy jou mening oor die toename in vuisgevegte in skole gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur Rapport Posbus 4341 Johannesburg 2000 [25] 2.3 HULDEBLYK ’n Vriend, Janneman, is onlangs oorlede. Jy wil graag aan hom hulde bring. Skryf die huldeblyk. Jy moet soos volg begin: Janneman was baie meer as net ’n vriend. Hy was ... [25] 2.4 INFORMELE VERSLAG Jou skool en ’n ander skool het ’n uitruilooreenkoms. Jy was bevoorreg om gedurende die eerste kwartaal een week by die ander skool deur te bring. Skryf ’n informele verslag oor dié week by die gasheerskool aan die personeel van die gasheerskool sodat hulle die sukses van dié uitruilooreenkoms kan evalueer. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2016 NSS 2.5 TYDSKRIFARTIKEL [Uit: http://www.vrouekeur.co.za] Skryf ’n tydskrifartikel vir ’n tienertydskrif oor die onderwerp: Die-ons-wil-als- hê-generasie. [25] 2.6 TOESPRAAK Het jy al die spesiale onderwyser(s) wat deel van jou hoërskoolloopbaan was, bedank? Skryf ’n toespraak wat jy, as klasverteenwoordiger, op Onderwysersdag oor dié onderwyser(s) wat ’n invloed op jou hoërskooljare gehad het, gaan lewer. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Afrikaans HL P3 Nov 2016 hlayiso.com | Hlayiso