Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2016 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201611 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2016, 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2016

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL • Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. • Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. • Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Dit was toe nie ’n doodgewone dag nie! Die kandidaat kan die verloop van ’n dag wat alles behalwe doodgewoon was, beskryf. As verhaal kan die kandidaat skryf oor onverwagte gebeure/’n gebeurtenis wat ’n doodgewone dag in sy/haar/’n karakter/karakters se lewe verrassend verander het. Die kandidaat kan ’n bespiegelende opstel aanbied wat fokus op sy/haar emosies en belewing van insidente wat kleur aan doodgewone dae gee. Daar kan ook geargumenteer/beredeneer word dat ’n doodgewone dag nie werklik so doodgewoon is nie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.2 Die aand toe Ouma begin dans het Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ’n Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema fokus in ’n verhaal van ’n ouma wat nooit gedans het nie/in die openbaar gedans het nie/vir ’n bepaalde ruk nie gedans het nie en hierdie aand dans/leer om te dans/’n nuwe dans probeer. Op ’n figuurlike vlak kan dit die verhaal wees van ’n ouma se vreugde. By ’n bespiegelende interpretasie kan hierdie onderwerp op ’n lewensles fokus, bv. dat ’n mens byvoorbeeld nooit te oud is om te dans (die lewe te geniet) nie. Indien die kandidaat skryf dat dit vreugde in Ouma se lewe gebring het om te dans, kan dit as ’n beskrywende opstel aanvaar word. [50] 1.3 Die Suid-Afrikaanse jeug word onderskat. Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As ’n verhalende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld skryf oor ’n jongmens wat onderskat is en die wêreld toe anders bewys het toe hy/sy iets groots reggekry het. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat die redes ondersoek waarom die SA-jeug onderskat word. By ’n argumenterende aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig dat die SA-jeug onderskat word. Die kandidaat kan ook hierdie kwessie beredeneer. [50] 1.4 Die verste berge is die blouste ... Kandidate kan die opstel as ’n beskrywende opstel aanbied waarin beskryf word hoe verskillende berge blouer word hoe verder ’n mens wegbeweeg. Die onderwerp kan figuurlik dui op drome en ideale wat besonder mooi is of die verlange na iets of iemand. Die verhalende opstel kan fokus op hoe hy/sy te werk gegaan het om by die verste berge uit te kom. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin of dit sinvol is om drome en ideale te probeer verwesenlik/of dit wenslik is om die staptog na die verste berge aan te pak. Die belangrikheid van drome met die oog op die toekoms kan beredeneer word. [50] 1.5 2017 Die kandidaat kan hierdie onderwerp as ’n verhalende opstel aanbied en hierdie jaartal/syfers gebruik om ʼn interessante storie te vertel. Die kandidaat kan in ’n beskrywende opstel omstandighede rondom hierdie jaartal/syfer beskryf: 2017 is bv. die jaar waarin die meeste kandidate die volwasse lewe/beroepswêreld/tersiêre studies sal betree; die kandidaat kan hierdie interessante aspek by sy/haar skryfwerk betrek. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die moontlikhede wat hierdie jaartal/syfer vir hom/haar inhou. As beredenerende en argumenterende opstel kan die kandidaat ’n saak uitmaak of 2017 positief of negatief gaan verloop. [50] 1.6.1 Kinders met bakkies Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende en argumen- terende/beredeneerde opstelle, bv. ’n beskrywing van kinders wat honger is en graag iets te ete wil hê. ’n Verhaal kan handel oor hoe kinders baie honger is en gelukkig genoeg is om in ’n situasie te beland waar iemand vir hul kos gee of oor kinders in slegte omstandighede. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel hoekom elke mens die basiese reg het om behoorlike voeding te ontvang. In die argumenterende/beredenerende opstel, kan die kandidaat die maatskaplike kwessie van wanvoeding/hongersnood onder die loep neem. [50] 1.6.2 X Die kandidaat kan hierdie opstel as ’n verhalende opstel aanbied om ’n interessante storie oor ’n letterlike kruisie te vertel. Die kandidaat kan ook in ’n verhaal na regte/verkeerde dinge/pleisters verwys. In ’n beskrywende opstel kan die kandidaat gebeure rondom die trek van ’n letterlike/figuurlike kruisie beskryf. Die kandidaat kan ook bespiegel rondom onderwerpe wat op verskeie vlakke met hierdie kruisie geassosieer kan word. As beredenerende en argumenterende opstel kan die kandidaat ’n saak uitmaak vir/teen kwessies rondom hierdie letterlike/figuurlike kruisie/insigte en/of wat hierdie kruisie by iemand mag tuisbring. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.6.3 Sonneblomme Die sonneblomme/natuur/positiewe mense/dinge in jou lewe kan in ’n beskrywende opstel beskryf word. In ’n verhalende opstel kan die kandidaat skryf hoe sonneblomme (letterlik/figuurlik) ’n belangrike rol in iemand se lewe gespeel het. Die noodsaaklikheid van ’n mooi omgewing/positiewe oomblikke kan beredeneer word. Die kandidaat kan ook bespiegel oor die omgewing/skoonheid van die natuur/mense wat jou positief beïnvloed. Hierdie onderwerp kan ook geargumenteer en beredeneer word as die kandidaat skryf oor die noodsaaklikheid, al dan nie, van positiewe invloede in jou lewe en die natuurskoon. [50] SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: • Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis). • ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. • Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied. • ’n Verrassende slot rond die inhoud af. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: • Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). • Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. • Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie. • Stylfigure kan gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte: • Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word. • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. • ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening. • Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte: • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. • Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. • Dis persoonlik van aard. • Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie. • Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte: • Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word. • ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee. • ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. • Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou. • ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. • Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. • Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die brief se doelwit is oorreding: die briefskrywer behoort allerlei redes aan te voer waarom die beplande emigrasie nie moet plaasvind nie./waarom die skrywer se broer/suster in Suid-Afrika moet bly. Hou die volgende in gedagte: • Informele taal, register en styl behoort gebruik te word. • Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom. • Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word. • Die formaat van die brief is belangrik. • Briewe behoort ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê. • Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word. • Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg. • Die brief behoort informeel afgesluit te word. [25] 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Die brief word aan die pers geskryf om standpunt in te neem ten opsigte van die toename van vuisgevegte in skole. Hou die volgende in gedagte: • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos dit vir formele briewe geld. • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. • Skryf in eenvoudige, direkte taal. • Die inleidingsin moet treffend wees en dadelik die leser se aandag trek. • Die saak waaroor die brief handel, moet dadelik gestel word. • Die saak moet objektief gestel word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Argumente word logies en beredeneerd gestel sonder om emosioneel betrokke te raak. • Dis bloot ’n geleentheid om ’n saak te stel. Die redakteur/koerant kan nie self die probleem oplos nie. • Geen mooiskrywery nie. • Skryfstukke moet duidelik, op die man af en logies wees. • Gebruik ’n formele register, bv. “u” i.p.v. “jy/jou”. • Sluit die brief formeel af en gee die skrywer se titel, voorletters en van. [25] 2.3 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde aan ’n vriend, Janneman, wat onlangs oorlede is. Die kandidate moet die huldeblyk met die volgende woorde begin: Janneman was baie meer as net ’n vriend. Hy was ... Hou die volgende in gedagte: • Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte, name van gesinslede agtergelaat word gegee./kan gegee word. • Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee word. • Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene, persoonlike herinneringe van familie en vriende kan genoem word. Die leser moet ’n duidelike beeld van die oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word. • Dit wat Janneman besonders gemaak het, moet bespreek word. • ’n Persoonlike boodskap soos ’n gedig kan bygevoeg word. • Die taal, styl en register is formeel. • Gebruik eufemismes, bv. sag heengegaan in plaas van gesterf. [25] 2.4 INFORMELE VERSLAG ’n Leerder skryf ’n informele verslag oor sy/haar uitruilbesoek aan ’n ander skool. Hou die volgende in gedagte: • Gee presiese terugvoering oor gebeure. • Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite. • Gebruik semiformele taal, register en styl. • Gebruik selfstandige naamwoorde/die derde persoon/feitelike beskrywings, tegniese woorde en frases. • Dit moet geskik wees om tydens ’n personeelvergadering aan die personeel, wat die sukses van die uitruilooreenkoms moet evalueer, voorgelê te word. [25] 2.5 TYDSKRIFARTIKEL In hierdie artikel neem die kandidaat die onderwerp, “Die ons-wil-als-hê-generasie”, onder die loep. Hou die volgende in gedagte: • In tydskrifartikels kom die persoonlike voorkeure en afkeure asook die spesifieke styl van die skrywer sterk na vore. • Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Die styl kan beskrywend en figuurlik wees en ’n beroep op lesers se verbeelding doen. • Name, plekke, tye, gebeurlikhede, standpunte en enige ander besonderhede behoort ingesluit te word. • Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei. • Daar is geen vaste formaat vir die tydskrifartikels nie. [25] 2.6 TOESPRAAK Tydens Onderwysersdag bedank ’n klasverteenwoordiger sy/haar spesiale onderwy- ser/onderwysers vir die belangrike rol wat hy/sy/hulle in sy/haar skoolloopbaan gespeel het. Hou die volgende in gedagte: • Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan wanneer, waar, hoekom (doel), wie (gaste by die geleentheid) en wat. • Inleiding moet belangstelling wek. • Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés. • Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik. • Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n samevatting van die toespraak nie. • Klem behoort te val op die bydrae wat die onderwyser(s) in die kandidaat se skoolloopbaan gemaak het. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van ’n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant Lae vlak volwasse samehangend, samehangend en -Skaars ’n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -’n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks nie Hoë vlak konteks; van vertroue, en ’n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van detail ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all