Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Supplementary November 2016, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Supplementary November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 846.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Supplementary November 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS 1: ARTIKEL
AI, DIE SONDES VAN ONS VOOROUERS!
In watter sondes het ons voorouers ons voorgegaan?
1 Suid-Afrikaners deel ’n kommerwekkende erfenis: die sondes van ons
voorouers. Hierdie sondes het aanleiding gegee tot ’n nalatenskap van legio
siektes en probleme wat tans verreikende gevolge vir baie Suid-Afrikaners en
ons omgewing inhou. Hoe manifesteer sommige van hierdie sondes in die
samelewing?
2 “Buitengewoon baie Suid-Afrikaners rook,” sê dr. Yussuf Saloojee, uitvoerende
direkteur van die Nasionale Raad Teen Rook. “Toe sigaretadvertensies nog
deur ons voorvaders toegelaat is, het dit ’n sterk buitelewetema gehad en
Suid-Afrikaners was ontvanklik vir dié soort advertensies omdat ons graag in
die buitelug gelewe het. Die waarheid is egter: sigaretadvertensies met ’n
buitelewetema het nierokers onbewustelik beïnvloed om te begin rook en rook
het ’n verslawende invloed.”
3 “Wat soos ’n paal bo water staan, is dat die ouervoorbeeld deurslaggewend is!
Kinders wie se ouers rook, is geneig om self te rook wanneer hulle groot is. Dit
is blykbaar so dat rokers makliker met dwelms waag,” aldus Saloojee.
4 Nog ’n groot krisis is drankverbruik: Suid-Afrika se drankverbruik tel onder die
hoogste ter wêreld. “Plaaslike gebruikers drink sowat 20 liter suiwer alkohol
per persoon per jaar,” sê prof. Charles Parry, direkteur van die Mediese
Navorsingsraad (MNR) se navorsingseenheid oor alkohol- en dwelmmisbruik.
5 “Hoewel baie Suid-Afrikaners nié drink nie, vergryp omtrent ’n derde van
diegene wat wel drink, hulle gereeld. Alkohol is, gevolglik, die derde grootste
bydraer tot dood en gestremdheid in Suid-Afrika. Dit dra grootliks by tot
epilepsie, hoë bloeddruk, diabetes, asook mond- en lewerkanker. Die gevolge
van gereelde alkoholmisbruik kos die ekonomie sowat R38 miljard per jaar,”
aldus Parry. “Baie gesinne ly gebrek omdat een of al twee ouers die grootste
deel van hulle salarisse aan drank bestee.”
6 Moet hierdie buitensporige drankmisbruik nie voor die deur van talle ouers en
voorouers gelê word nie? Hoe lyk die voorbeeld wat talle ouers stel of gestel
het?
7 Ongelukkig is dit nog nie die einde van die eietydse probleme wat vir ons
nagelaat is nie!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
8 “Byna 70% van Suid-Afrikaanse vroue is oorgewig. Dít is vir ons ’n baie groot
bron van kommer,” aldus dr. Vash Mungal-Singh, uitvoerende hoof van die
Hart-en-beroerte-stigting in Suid-Afrika. Hy sê vetsug is aan die toeneem
onder jonger Suid-Afrikaners; hulle eet, soos hulle voorouers, te veel sout. Dit
lei tot hoë bloeddruk, maag- en kolonkanker, niersiektes en, les bes, tot
verhoogde cholesterol wat tot hartaanvalle en beroertes bydra.
9 Suid-Afrikaners eet van toentertyd af graag vleis en daar is ’n verband tussen
die inname van gepreserveerde (met sout behandel om dit te bewaar) vleis
en kolonkanker. Dit is vanselfsprekend dat iets soos biltong wat vir ons
voorouers ’n lekkerny was, baie nadelig vir die liggaam is,” sê dr. Carl
Albrecht, hoof van die navorsingseenheid by die Kankervereniging van
Suid-Afrika.
10 Weens die moontlikheid van ekonomiese vooruitgang het talle van ons
voorouers gedurende die vorige eeu na stede gestroom. Sodanige
verstedeliking het negatiewe gevolge gehad: dit het hulle gesondheid
benadeel. “Navorsing toon dat stedelinge makliker kanker kry as mense wat
op die platteland woon,” sê Albrecht. “Die voorkoms van kanker is drie of vier
keer hoër in die stad. Mense verdien meer geld in die stad en kan goed soos
sigarette en kitskos makliker bekostig. Daarby hou lugbesoedeling in stede
ook groot risiko’s in.”
11 “Ons, net soos ons voorouers, is natuurmense en versot op die buitelug en
die son en ons betaal ’n duur prys hiervoor: velkanker op die hande, gesigte
en rûe van Suid-Afrikaners,” volgens Albrecht. Die oormatige blootstelling aan
die son gaan dus nie ongestraf verby nie.
12 Die nalatenskap van ons vaders strek veel verder as ons eie liggame: die
nie-bewaringsbewustheid van ons voorouers laat ons omgewing kreun onder
die las van besoedeling.
13 ’n Skrikwekkende aantal spesies wat aanvanklik in Suid-Afrika bestaan het, is
uitgewis. Pleidooie uit wetenskaplike oorde om kweekhuisgasse te beperk en
aardverwarming te stop, val op dowe ore! Terwyl natuur- en weerkundiges op
grond van intense navorsing toenemend pleit vir ’n kollektiewe wil om die
omgewing se voortbestaan te verseker, kap derduisende mense steeds bome
af en bemors die lug, see en die aarde.
14 Is hierdie apatie¹ jeens die omgewing dan nie ook die gevolg van ons
voorouers se voorbeeld en optrede nie?
15 Mark Tennant, ’n natuurkenner, waarsku: “Daar is ’n magdom diere, insekte,
voëlsoorte en reptiele wat bedreig word terwyl die meeste ma’s (en sommige
pa’s) die verkeerde voorbeeld stel deur ’n spinnekop sommer net dood
te slaan!”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
16 “Die heel belangrikste wat ’n kind moet leer, is respek vir alle lewende wesens.
Hierdie respek wat die kind teenoor die omgewing aanleer, sal ook respek vir
hom-/haarself en alle ander lewe ontwikkel. Eers dán sal almal groener dink en
leef, besoedeling begin bekamp, herwin, bewaar en uiteindelik selfs gesonder leef!
Dis die eerste en enigste voorwaarde vir ’n toekoms!”
17 Ouers, onderwysers, magnate, regeringslui en wêreldleiers: kinders is ons
toekomstige omgewingsbestuurders! Onthou dus: ons erf wel gewoontes, leefstyle
en gevolglike siektes by ons voorouers – nie die aarde nie! Dít leen ons by ons
nageslag.
¹ a-pa-tieˊ s.nw. Onverskilligheid, lusteloosheid [a + pathos gevoel]
[Uit HAT 2000]
[Aangepas uit BEELD, 25 September 2013 en “Die planeet in hulle hande”, www.vrouekeur.co.za]
1.1 Waartoe het die “sondes” gelei wat ons volgens paragraaf 1 van ons
voorouers geërf het? (1)
1.2 Gee TWEE redes waarom sigaretadvertensies met ’n buitelewetema meer
kwaad as goed gedoen het. (2)
1.3 Waarom is die stelling in die laaste sin van paragraaf 3 nie noodwendig ’n
feit nie? (1)
1.4 In paragraaf 5 neem prof. Parry baie sterk standpunt in teen alkoholmisbruik.
Watter lewenstylsiektes is volgens hom die gevolg van alkoholmisbruik? (4)
1.5 Gee ’n woord uit paragraaf 7 wat bewys dat die skrywer van hierdie artikel
subjektief by die teks betrokke is én sê waarom hierdie subjektiwiteit
aanvaarbaar is. (2)
1.6 Waarom is dit volgens die teks nadelig om biltong te eet? (1)
1.7 Verduidelik die ironie in paragraaf 10. (2)
1.8 Herlees paragraaf 11.
Is die “prys” wat Suid-Afrikaanse sonaanbidders “betaal”, inderdaad “duur”?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.9 Is die gebruik van personifikasie in paragraaf 12 binne konteks funksioneel?
Motiveer jou antwoord. (1)
1.10 In paragraaf 14 word die mens van “apatie” jeens die aarde beskuldig.
1.10.1 Bewys uit paragraaf 13 dat hierdie beskuldiging die waarheid is. (3)
1.10.2 Hoe sal mense wat nié apaties is nie, teenoor die diereryk optree? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.11 Haal TWEE opeenvolgende woorde uit paragraaf 13 aan wat die oplossing
kan wees vir ma’s en pa’s (in paragraaf 15) se negatiewe voorbeeld met
betrekking tot bewaring. (1)
1.12 Som die tema van die teks in ’n enkele sin op. (1)
1.13 Beoordeel die gepastheid van paragraaf 15 en 16 en motiveer of dit by die
titel en subtitel aansluit. (3)
EN
TEKS 2: VISUELE TEKS
1 Ongesonde kos se prys is 69% laer as
2 dié van gesonde kos.
3
Hoe smag ek
nou na vars
groente en
vrugte!
4 FIGUUR 1
Groeiprobleme
Ondergewig
Oorgewig
Oormatig oorgewig
[Aangepas uit www.rapport.co.za/KaapRapport]
1.14 Waarom eet mense in Suid-Afrika relatief ongesond? (1)
1.15 Dink jy die visuele voorstelling ondersteun die wens in die gedagteborrel?
Motiveer jou antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.16 Is die visuele voorstelling, na jou mening, diskriminerend? Motiveer jou
standpunt. (1)
1.17 Watter afleiding kan ’n leser uit FIGUUR 1 oor Suid-Afrikaners se massa
maak? (1)
1.18 Haal die sin uit paragraaf 8 in TEKS 1 aan wat die beste by dié visuele
voorstelling aansluit. (1)
1.19 Wat was die Rapport-redaksie se doel met hierdie visuele teks? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
1. Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE voordele wat lees
vir lesers inhou.
2. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
HOE OORGEHAAL IS JY VIR LEES?
Geletterdheid is die vermoë om te lees, te skryf en die geskrewe woord te verstaan. Lees
is een van die eerste vaardighede wat aangeleer word; sonder hierdie belangrike
vaardigheid is daar verreikende gevolge: ’n kind wat sukkel om te lees, sukkel om
te leer.
Volgens Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox, is dit
van die uiterste belang dat kinders goed moet kan lees.
Lees help jou kind om ’n uitgebreide woordeskat te ontwikkel. Verder verbeter lees ’n kind
se taalvaardigheid ten opsigte van sinskonstruksie.
Lees gee meer terug as wat ingesit word – kinders leer beter fokus sodat hulle
konsentrasie verbeter. Dit is so dat moderne kinders deur elektroniese toestelle se klank
en beweging oorweldig word. Lees bied vir hulle brein die nodige stilte wat so
onontbeerlik in vandag se gejaagde lewe is.
Lees en spel gaan hand-aan-hand, want die een ontwikkel die ander. In die sakewêreld is
spelfoute uiters onprofessioneel en dus onaanvaarbaar. Swak spelling is deesdae die
gevolg van SMS-taal en ’n swak leesvermoë; speltoetsers op rekenaars is nooit volkome
korrek nie! Lees is dus die antwoord!
Vir ouer en kind is leestyd ’n spesiale manier om daagliks kwaliteittyd deur te bring: iets
wat deesdae al hoe minder in moderne huishoudings plaasvind. Samesyn tussen ouer en
kind is in hierdie tyd van gebroke huise en verwarde jongmense lewensbelangrike
ankers.
Lees stimuleer ’n wye algemene kennis, iets wat min mense het, maar almal begeer. Hoe
groter die verskeidenheid tekste wat kinders lees, hoe wyer strek hulle algemene kennis.
Intensiewe navorsing het getoon dat leesaktiwiteite reeds voor skool op informele wyse
deur ouers toegepas moet word. Ouers moenie van skole verwag om ’n liefde vir lees by
hulle kinders te vestig nie. Indien ouers nalaat om hierdie verantwoordelikheid na te kom,
sal hulle kinders moeilik ’n leeskultuur aanleer.
Anders as wat ons dink, is die Internet nie die einde van die geskrewe woord nie; woorde
is, immers, boustene wat op alle vlakke van die samelewing iets verklap van die skrywer
se opvoedingstandaard: ’n e-pos aan ’n voornemende werkgewer of ’n skyfievertoning,
vol spelfoute, voor honderde kongresgangers kelder onmiddellik drome en lei tot skande
en skaamte.
[Aangepas uit www.thereadingclinic.co.za]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1 Op soek na nòg groter ruimte?
2 Gesonder milieu?
3 Geriefliker plek?
4 Of minder ruimte? Straks minder luuks?
5 Ons bied jou die nommerpas plek vir jou
6 behoeftes en smaak.
7 Indien ons dit nie pasklaar gereed het nie,
8 sál ons hemel en aarde beweeg om dit
9 nét vir jou – gewaardeerde kliënt – te vind!
10 Jou behoeftes maak vir ons saak! EIENDOMME
11 Ons is nie verhuurders nie. www.redefine.co.za
12 Ons is mense! 0860redefine
[Aangepas uit www.bdlive.co.za/businesstimes]
3.1 Verbeter die spelfout in reël 1. (1)
3.2 Gebruik ’n homoniem van die onderstreepte woord in reël 1 in ’n verklarende
sin. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.3 Waarom word die vergrotende trap in reël 1–3 by herhaling gebruik? (1)
3.4 Hoekom is die idioom, naamlik dat iets/iemand ’n hondelewe lei, hier van
toepassing? (1)
3.5 Gee ’n sinoniem vir die vetgedrukte woord in reël 4. (1)
3.6 Met watter emotiewe woord dui die advertensie in reël 5–6 aan dat die
eiendom aan die huurders se verwagtinge sal voldoen? (1)
3.7 Skryf net die hoofsin wat in die onderstreepte sin voorkom, neer. (1)
3.8 Gebruik die woorde “hemel en aarde” (reël 8) denotatief in ’n enkelvoudige
sin. (1)
3.9 Hoekom is die woordgebruik in reël 10 geslaagd? (1)
3.10 Waarmee manipuleer dié advertensie aspiranthuurders om vir seker Redefine
Eiendomme, en nié ander verhuurders nie, te gebruik? (1)
[10]
EN
VRAAG 4: VISUELE TEKSTE
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEESTER
Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3
Raampie 4 Raampie 5 Raampie 6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
Raampie 7 Raampie 8 Raampie 9
Raampie 10 Raampie 11 Raampie 12
Raampie 13 Raampie 14 Raampie 15
[Uit: www.daniecronje.co.za]
4.1 Verduidelik die pleonasme wat in raampie 1 voorkom. (1)
4.2 Vervang “in die middae” in raampie 2 met EEN woord. Skryf net die
woord neer. (1)
4.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van Neelsie se woorde in raampie 3? (1)
4.4 Gebruik “verweer” (raampie 4) as selfstandige naamwoord in ’n
verduidelikende sin. (1)
4.5 Skryf ’n besitlike voornaamwoord in raampie 6 neer. (1)
4.6 Herlees raampie 7–9 en voltooi die volgende sin deur slegs die ontbrekende
voorsetsel neer te skryf:
Neelsie verkeer ... ’n wanindruk oor sy eie wiskundige vermoëns. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
4.7 Herlees raampie 10–12. Verduidelik hoekom Meester se reaksie in
raampie 11 so gepas is. (1)
4.8 Die woord “hewige” (raampie 14) en “heftige” word dikwels verwar. Formuleer
’n sin waarin jy die woord “heftig/heftige” gebruik. (1)
4.9 Watter belangrike inligting verswyg Neelsie in raampie 15? (1)
4.10 Op watter wyse word die verhouding tussen taal en mag uit Meester se
woorde in die teks bevestig? Verwys spesifiek na raampie 4, 7 of 10. (1)
[10]
EN
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WAT VROUE OOR MANS, EN ANDERSOM, DINK ...
1 Ek het my bedenkinge oor mans wat sommer so tjoef-tjaf was, want vir my is
bad (5.1) (terapie). Hoe vinniger ek bad, hoe vinniger (5.2) spring ek op my
perdjie! Niks is behaaglikers as om my lyf in (5.3) verruklike skuimbolle te
week nie.
2 Ek sal maklik in die donker sit en droë brood eet in ruil vir ’n vol, warm bad, al
kerm elke (5.4) BBP oor elektrisiteit! Natuurlik bewonder ek vroue wat
gereeld in ’n (5.5) katspoegie water kan bad, maar ék is (5.6) spandabelrig –
ek week ure!
3 Dawie Roodt hét respek vir ’n vrou se badtyd, maar selfs vir ’n ervare
ekonoom bly vrouens se badkamerrituele ’n misterie.
4 (5.7) Hoe vroue so tydsaam kan wees, gaan sy verstand te bowe, want
mans neem glo selde langer as ’n minuut; soms net sekondes, sê hy.
“ ’n Suksesvolle stort word gekenmerk daardeur dat minstens vyftig persent
van die man se lyf ná die stort droog is ...” Skuimbolle en spattende water
kenmerk mans se luidrugtige stortsessies!
5 (5.8) Ek is onlangs aangesê om asseblief te gaan bad sodat ons kan ry. Ek
was vies. (5.9) My man het my onnodig aangejaag. Ek het lankal klaar gebad
en geklee.
6 (5.10) Is dit moontlik dat hy nie die verskil kan sien nie?
[Aangepas uit Finesse, Mei 2013]
5.1 Skryf die afgeleide vorm van die woord wat in paragraaf 1 tussen hakies
staan, neer. (1)
5.2 Watter konnotasie heg ons aan die onderstreepte frase in paragraaf 1? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
5.3 Tot watter woordsoort behoort die vetgedrukte woord in paragraaf 1? (1)
5.4 Skryf die onderstreepte afkorting in paragraaf 2 volledig in woorde. (1)
5.5 Gee die betekenis van die vetgedrukte woord in paragraaf 2 met behulp van
’n gepaste intensiewe vorm. (1)
5.6 Gebruik ’n antoniem vir die gekursiveerde woord in paragraaf 2 in ’n
verduidelikende sin. (1)
5.7 Benoem die vetgedrukte sinsdeel in paragraaf 4. (1)
5.8 Herskryf die eerste sin in paragraaf 5 in die direkte rede. (1)
5.9 Verbind die onderstreepte sinne in paragraaf 5 met behulp van die voegwoord
“aangesien”. (1)
5.10 Skryf die slotsin in die toekomende tyd. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper