Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Supplementary November 2018, 12 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Supplementary November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 595.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Supplementary November 2018
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
ELKEEN VERTEL 'N STORIE
– Elsabe Pepler
1 In 2015 het ek op Facebook oor die Storieklub van Kaapstad gestruikel. Ek
het die Facebook-inskrywing opgevolg met 'n besoek aan hierdie Storieklub
in 'n kerkie in Distrik Ses. Die kerkie was volgepak. Ek het toe besef mense
hou van stories, veral wanneer dit deur 'n goeie storieverteller oorgedra word.
2 In my latere navorsing oor stories het Jonathan Gottschall se verwysing na 5
die mens as 'die storievertellende dier' in sy trefferboek, The Storytelling
Animal: how stories make us human, my getref. Met verbale en nieverbale
kommunikasie en metafore vertel ons, volgens Gottschall, elke dag vir
mekaar wat ons voel en dink, hoe die lewe ons raak en hoe uitdagings ons
karnuffel. Stories is die enigste manier hoe ons sin kan maak oor ons eie 10
vrae oor waarom ons hier is, waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan.
Sy brein-op-fiksie-navorsing bewys mense se emosie sneller die brein- en
liggaamsreaksies wanneer hulle na stories luister of na films kyk.
3 Baie van ons dink wanneer die storievertellende dier sterf, is die besittings
wat hy/sy agterlaat, belangrik. Dit is nié. Die vraag is eerder: Wat was sy/haar 15
stórie?
4 Die storieverteller werk met hierdie rou materiaal – prima materie – van die
mens se geskiedenis: sy menslike belewenis, kultuur, gebeure, gevoelens,
lewenslesse en avonture. Stories word oor geslagte heen oorvertel, hetsy
deur kampvuurstories oor jagters, films, feëverhale, dierefabels, slaaptyd-, 20
skinderstories of oorloggeskiedenis.
5 Die invloed van stories is belangrik. In stories kry ons oplossings vir
probleme; in ander genesing en groter begrip vir onsself wanneer ons anders
kyk na die storie van ons eie lewe. Die beste is: dit bevry die verteller én die
luisteraar – veral wanneer die stories persoonlik en waar is. 25
6 'n Verdere waarde is 'n direkte verband tussen taalontwikkeling en die
mondelinge storievertelling. In baie kulture is dit die enigste wyse waarop taal
aan kinders oorgedra word. Deur voortdurend te luister na die ouers se
tongval en woordeskat, ontwikkel die jong geslag se taalkennis.
7 'n Verstommende onlangse ontdekking oor Westerse stories is dat honderde 30
bekende stories vertel is vóórdat Engels of Frans bestaan het, en dat die
stories wat mense vandag nog ken, waarskynlik in 'n uitgestorwe taal op
rekord geplaas is. Daar word bespiegel dat stories 27 000 jaar gelede die
enigste leermedium in baie lande was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
8 Stories en storievertelling is dus niks nuuts nie. Hoekom is daar steeds 'n 35
behoefte aan formele storievertelling soos in Distrik Ses? Gilly Southwood
het die antwoord. Sy het 'n storieverteller geword omdat stories die een
algemene band is wat alle mense, ongeag kultuur, ouderdom, intelligensie,
ras en geslag of klas saambind.
9 Sy glo soos, onder andere, die Afrikane van ouds dat dit 'n kuns is waarin jy 40
opgelei moet word. Sy het hulp gesoek en Doug Lipman raak gegoogle. Hy
het haar by die Internasionale Skool vir Storievertel in die kuns van
storievertel opgelei. Daar het sy die Brit, Sue Hollingsworth, 'n internasionale
storiekundige, wat jaarliks 'n intensiewe storiekursus aanbied, ontmoet. 'Sue
se kursus het storievertel skielik in my brein van 2D na 3D verander,' sê Gilly. 45
10 Storievertel dwing die luisteraar om sy/haar eie visuele konteks te skep.
Gottschall se brein-op-fiksie-navorsing toon juis dat ons neurons spesifieke
sinapse afvuur wanneer ons met Heidi se avonture, Harry Potter se vrese of
die skrik vir Antjie Somers gekonfronteer word.
11 Hollingworth beklemtoon dat stories nooit enige reëls aan mense moet 50
opdwing nie, maar eerder ruimte moet gee vir kreatiwiteit, verbeelding en
veral emosies soos deernis. Deur stories maak een geslag 'n volgende ook
touwys in lewenslesse, waardes en karakterontwikkeling. Sy sê sekere
stories is moeiliker as ander om te vertel, veral persoonlike stories wat 'n
mens kwesbaar laat, maar dis juis in hierdie kwesbaarheid dat ander mense 55
déúr jou storie vrede met hul eie stories maak.
12 In Suid-Afrika is die vertel van persoonlike stories 'n bekende gebruik. Voor
die koms van televisie en die Internet het vorige geslagte hul tyd deurgebring
deur hulle eie stories, heldedade, slaaptyd- en kampvuurstories te vertel.
Vandag se stories, in boek- of digitale formaat, verskil nie hiervan nie. 60
13 Ten spyte van al die tegnologiese ontwikkeling is daar steeds talle
'ongeletterde' mense. Wêreldwyd is storievertel een van die heel oudste
gedokumenteerde wetenskappe en opvoedingsmetodes waarmee
ongeletterde mense opgevoed word. Die taak van storievertelling is 'n
formele een waarvoor 'n mens oor tyd as storieverteller moet kwalifiseer. Jy 65
moet vaardighede aanleer en gereeld toetse ondergaan.
14 Of jy 'n opgeleide storieverteller is, of net doodgewoon van stories hou, kom
ons vertel stories! Elke mens het, na alles, 'n storie. Dit is waarom daar 'n
Storieklub in Distrik Ses bestaan!
[Verwerk uit Taalgenoot, Herfs 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
TEKS B: VISUELE TEKS
1 Klein-Karoo se kind
2
3 askoek • skuinskoek
4 saam te bly • saam kind te kry • lyk mos mode vir my • maar
5 vir my gaan jy nie kry • Bokkie, jy kan maar rol soos ’n bol,
6 maar na my toe sal jy weer kom hol.
7
8 Ribstuk Sy’t mos weggeraak ... my net daar gelos, daar
9 by die kwarriebos.
10 As jy my trap en skop, wie sal vir jou lap en stop?
11
12 Die hond het my beskyt van die tafel afgesmyt.
Ilse Salzwedel
[Bron: www.maroelamedia.co.za]
VRAE: TEKS A
1.1 Wat bedoel die skrywer met die onderstreepte sin in paragraaf 1, met
spesifieke verwysing na 'gestruikel'? (1)
1.2 Op watter wyses kommunikeer die 'storievertellende dier' stories? (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.3 Wat impliseer die skrywer met die woord 'karnuffel' in paragraaf 2? (1)
1.4 Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit paragraaf 4 neer wat presies dieselfde
beteken as 'menslike belewenis, kultuur, gebeure, gevoelens, lewenslesse en
avonture'. (1)
1.5 Storievertelling en die inhoud van stories is nie altyd positief nie.
Gee TWEE bewyse uit paragraaf 4 vir hierdie stelling. (2)
1.6 Op watter DRIE maniere het kinders in die verlede taal aangeleer? Dink jy
vandag se kinders leer taal op dieselfde manier aan? Motiveer jou antwoord
binne konteks. (4)
1.7 Wat het Gilly Southwood gemotiveer om 'n storieverteller te word? Hoe sluit
haar standpunt oor die kuns van storievertelling by dié van die Afrikane aan? (2)
1.8 Herlees paragraaf 4 en 8.
Wat is die TWEE ooreenkomste tussen vandag se stories en die stories van
'n eeu gelede? (2)
1.9 Wat beteken die onderstreepte woorde in paragraaf 9 binne konteks van die
teks? (1)
1.10 Daar word beweer dat mense voordeel uit stories trek.
Noem TWEE voordele uit paragraaf 8–10 wat stories bied. (2)
1.11 In paragraaf 11 word uitgebrei op die invloed van stories waarna in
paragraaf 5 verwys word.
Motiveer hierdie stelling met DRIE redes. (3)
1.12 Waaraan skryf jy die bestaan van 'n storieklub in Distrik Ses toe? (2)
VRAE: TEKS B
1.13 Watter tegniek gebruik die uitgewer op die boekomslag om die leser se
aandag te trek? (1)
1.14 Dink jy die woordgebruik in reël 8–9 oorreed die leser om hierdie boek se
stories te lees? Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS A EN TEKS B
1.15 Lees reël 5–9 van TEKS B en paragraaf 3 van TEKS A.
By watter DRIE aspekte van 'prima materie' sluit hierdie reëls op die
boekomslag aan? (3)
1.16 Ondersteun die titel van TEKS A die inhoud van reël 1, 2, 7 en 11 in TEKS B?
Motiveer jou antwoord. (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van die SEWE keuses wat ons in
belang van die planeet moet maak.
LET WEL:
Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
Dit is nie nodig om die opsomming 'n titel te gee nie.
Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
LEEF 'N GROENER LEWE TER WILLE VAN ONS PLANEET
Om die planeet te red moet ons groener leef. Dit behels dikwels om eenvoudiger te
leef, versigtiger te kies en gemaksug prys te gee. Corné Coetzee het ondersoek
ingestel.
Ter wille van die planeet en ter wille van ons kinders en hul kinders moet ons 'n bietjie
meer dink oor die keuses wat ons maak. Voordat jy iets koop – 'n nuwe yskas aanskaf,
of selfs kitskos eet – dink vooruit wat die uitwerking van jou koop op ons planeet gaan
wees ... en kies dan om in belang van die aarde te koop.
Wanneer jy jou volgende vakansie beplan, vind uit watter vakansieoorde ingestel is op
natuurbewaring en kies jou vakansie eerder by sulke plekke. Beperk die negatiewe
gevolge van duur, gerieflike motors se uitlaatgasse deur werk toe te stap. Is gemaksug
dan nie 'n red-die-aarde-leefstyl se doodsteek nie?
Waterbesparing lyk dikwels onnodig, maar dit is die regte keuse ter wille van ons
sterwende planeet. Deesdae word onder andere waterdigte tydhouers vir die stort
geïnstalleer wat suurstof by die water klits sodat jy minder water gebruik.
Om ter wille van die aarde groener te leef, impliseer dat jy doelbewus moet kies om
bio-afbreekbare skoonmaakmiddels te koop. Koeksoda, boraks, wassoda, wit asyn of
suurlemoensap en suiwer seep kan die basis vorm van byna alles wat in die huis
skoongemaak moet word – boonop is almal bio-afbreekbaar.
Aardverwarming, chaotiese weerpatrone, droogtes of oorstromings en 'n groter-
wordende gat in die osoonlaag is op almal se lippe. Ons vrees dat inheemse woude as
gevolg van ontbossing en die opkoms van industrieë sal verdwyn ... Hierdie situasie
kan nog maklik omgekeer word deur inheemse bome te plant! Ongeag van waar jy bly:
plant gereeld bome!
Hersirkulering is 'n keuse ten gunste van die aarde. Jy kan, byvoorbeeld, 'n eenvoudige
herwinningstelsel ontwerp: plaas vyf houers in of naby die kombuis. Gebruik een vir
afvalkos, een vir plastiek, een vir blikke, een vir skoon papier of kartonverpakking en
jou gewone vullisdrom vir bottels. Sonder veel moeite word jou gemors óf verkoop vir
hergebruik, óf verwerk in nuwe artikels. Deur hierdie eenvoudige proses van
hersirkulering help jy ons planeet.
Ter wille van ons planeet, ons kinders en hulle kinders móét ons groen keuses maak!
[Bron: http://showme.co.za/lifestyle/20-wenke-vir-n-eenvoudiger-groener-lewe]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1
2 Lees- en leerkliniek
3 Vir leerders wat hulle volle potensiaal
4 wil bereik ... leerders wat sukkel om te
5 lees en te spel ... leerders wat
6 wiskundige vaardighede wil bemeester.
7 Ontwikkel studievaardighede,
8 onthouvermoeë en konsentrasie!
9
10
11
12
13
14
[Bron: www.kruiners.co.za/advertensie-edublox]
3.1 Vervang die skryfteken in reël 2 met 'n gepaste woord. (1)
3.2 Skryf 'n frase uit reël 3–4 waarmee die adverteerder die leser wil oorreed. (1)
3.3 Vervang die beletselteken/ellips in reël 4 met 'n gepaste voegwoord. (1)
3.4 Gebruik die onvoltooide/teenwoordige deelwoord van 'sukkel' in jou eie sin. (1)
3.5 Verbeter die spelfout in die vetgedrukte woord in reël 8 deur die woord korrek
neer te skryf. (1)
3.6 Skryf die gesegde in reël 9–11 neer. (1)
3.7 Waarom is die konnotatiewe gebruik van 'sleutel' in reël 9 gepas? (1)
3.8 Dink jy die gebruik van boeke en die woorde 'Lees, Leer en Presteer' is in
hierdie advertensie gepas? Motiveer jou antwoord. (2)
3.9 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 13 in 'n verklarende sin. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: SPOTPRENT
Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
SPRAAKBORREL 1 SPRAAKBORREL 2
My kind! Kry jy nog enige Ja ... ek hardloop elke
oefening by die skool? dag vinnig snoepie
toe!
RAAMPIE 1
Snoepies maak SA kinders ál
vetter.
[Bron: www.netwerk24.com]
4.1 Gebruik 'skool' in SPRAAKBORREL 1 in 'n ander betekenisverband in 'n sin
van jou eie. (1)
4.2 Herskryf die onderstreepte woorde in SPRAAKBORREL 1 in die ontkennende
vorm. (1)
4.3 Wat is die funksie van die beletselteken in SPRAAKBORREL 2? (1)
4.4 Skryf die bywoordelike bepaling van wyse in SPRAAKBORREL 2 neer. (1)
4.5 Brei die onderwerp in SPRAAKBORREL 1 met 'n byvoeglike bepaling uit. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
TEKS F
GROEIPYNE
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Daar is nie
meer sin in
die wêreld
nie.
Daar is
vanjaar
meisies in
Hoe was die sy span.
bofbalproewe?
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Is jy ongelukkig Ek kan gooi! 'Ma' is steeds 'n tipe meisie.
Dis bofbal!
net omdat daar Meisies
meisies in jou kan nie
bofbalspan is? gooi nie! Ek het gesê
meisies, nie
ma's nie.
[Bron: http://www.netwerk24.com]
4.6 Wat impliseer die seuntjie met sy woorde in RAAMPIE 2? (1)
4.7 Op watter wyse sluit die pa se woorde in RAAMPIE 3 by die seuntjie se
opmerking in RAAMPIE 2 aan? (1)
4.8 Is die vooroordeel van die seuntjie in RAAMPIE 5 geregverdig? Motiveer jou
antwoord. (1)
4.9 Gebruik 'het' in RAAMPIE 6 as 'n oorganklike werkwoord in 'n sin van jou eie. (1)
4.10 Wat is die doel met die ma se antwoord in RAAMPIE 6? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
GOEIE INHOUD IS DIE ANTWOORD
1 Die bekroonde kosblogger Sam Linsell word beskou as een van die
invloedrykste Suid-Afrikaanse kosskrywers in die digitale sfeer.
2 Sy het 90 999 volgelinge op Instagram, Twitter, Facebook en Pinterest en
'n bykomende 162 000 op Tumblr. Sy lewer ook twee blogs per week,
(5.2) ... gelang van haar ander werk.
3 Nege jaar gelede het sy besluit die korporatiewe wêreld is vir die voëls.
Sy het haar huis in Johannesburg verkoop, 'n goeie pos as handelsmerk-
bemarker vaarwel geroep en Kaap toe getrek. Sy wou vir haarself werk en
meer kreatief wees.
4 Sedertdien span sy as stilis, kosskrywer en -fotograaf haar kosblog in vir
onder meer bemarking. En sy is nog nie een dag spyt oor haar besluit nie.
5 'Baie min mense kan nét uit hul blog geld maak. Maar dis deur jou blog wat
mense bewus word van jou vaardighede en vir jou werk aanbied.' Sy werk in
die gedrukte, digitale en filmmedia.
6 Sam kry baie internasionale werksopdragte en het al vir vier publikasies in
Amerika en Australië, asook verskeie Suid-Afrikaanse publikasies as
fotograaf en stilis gewerk.
7 As klein dogtertjie wou Sam 'n soetgebaksjef wees. Op 'n stoeltjie langs haar
ma het sy (gedagte): 'Ek is gek na eet. Enigiets van 'n goeie hamburger,
Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n varsgebakte Franse baguette met
botter en 'n wig cheddarkaas.'
[Verwerk: Sarie, November 2016]
5.1 Verander die onderstreepte lidwoord in paragraaf 1 na 'n aanwysende
voornaamwoord. (1)
5.2 Voltooi die vaste uitdrukking in paragraaf 2 deur die ontbrekende voorsetsel
in te vul. (1)
5.3 Gee die vergrotende trap van vergelyking vir die onderstreepte woord in
paragraaf 3. (1)
5.4 Gebruik die afgeleide werkwoord van 'stilis' in paragraaf 4 in 'n sin van jou
eie. (1)
5.5 Skryf die leenwoord in paragraaf 5 neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
5.6 Wat is die betekenis van die onderstreepte voorvoegsel in paragraaf 6? (1)
5.7 Waarom is die gebruik van die woorde, 'klein dogtertjie', in paragraaf 7
effektief? (1)
5.8 Lei die korrekte vorm van die woord tussen hakies in paragraaf 7 af deur 'n
metamorfeem/klinkerwisseling te gebruik. (1)
5.9 Brei die onderstreepte sin in paragraaf 7 deur middel van 'n byvoeglike bysin
uit. (1)
5.10 Brei die laaste sin van hierdie artikel tot 'n volsin uit. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper