Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 1220188 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Supplementary November 2018, 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Supplementary November 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 70 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: LEESBEGRIP Nasien van die leesbegrip:  Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon word.)  Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.  Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die aanhalingstekens ontbreek nie.  Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.  Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.  Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.  Aanvaar dialektiese variasies. VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.) Vraag Antwoord Punt 1.1 Die skrywer het per ongeluk op die betrokke Facebook-blad afgekom./toevallig die inligting raakgesien. √ 1 1.2 Verbale/mondelinge kommunikasie √ Nieverbale kommunikasie √ Metafore √ 3 1.3 Uitdagings word nie positief ervaar nie./ Uitdagings maak die lewe moeilik/onaangenaam. Uitdagings maak ons seer./gee ons opdraande. √ 1 1.4 'Prima materie'/'rou materiaal' √ 1 1.5 Skinderstories word vertel (versprei)./ Oorlogsgeskiedenis wat nie altyd positief is nie word vertel./ Stories word soms met verkeerde feite/onwaarhede oorgedra./ Stories (bv. films/feëverhale) handel dikwels oor negatiewe aspekte. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.6 Hulle het na stories geluister. √ Hulle het na hulle ouers se tongval geluister. √ Hulle het na hulle ouers se woordeskat geluister. √ 3 Ja Taalontwikkeling vind plaas wanneer kinders na ouers/volwassenes luister. OF Nee Ouers vertel nie meer stories aan hulle kinders nie./het nie meer tyd om vir kinders stories te vertel nie./Kinders lees self. √ 1 Die kandidaat bied enige soortgelyke motivering vir EEN punt aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.7 Stories het 'n saambindende krag./is die algemene band wat mense saambind. √ 1 Southwood en die Afrikane/Albei glo in opleiding vir storievertellers/dat storievertelling ’n kunsvorm is. √ 1 1.8 Die storieverteller werk steeds met die prima materie./die menslike belewenis./ kultuur./gebeure./gevoelens./lewenslesse./geskiedenis. √ 1 Stories word steeds aan ander oorvertel. √ 1 1.9 Sy kon skielik die stories duidelik voor haar sien afspeel./ Die stories het skielik lewend/werklik geraak./ Die stories het meer betekenis/diepte/'n ekstra dimensie gekry. √ 1 1.10 Dit bind mense (ongeag hulle kultuur/ouderdom/intelligensie/ras/geslag/klas) saam. √ 1 Dit bied aan mense 'n 3D-voorstelling./Mense kan hulle die gebeure makliker visueel voorstel./Dit dwing die luisteraar om eie visuele konteks te skep./Stories kan as ’n kunsvorm beskou word. √ 1 1.11 Paragraaf 11 dui aan dat stories mense touwys maak ten opsigte van lewenslesse. √ Volgens paragraaf 11 gee stories ruimte vir deernis/begrip vir ander mense. √ Na aanleiding van paragraaf 11 is dit duidelik dat jy, deur stories, vrede in jou (uitdagende) situasies kan vind. √ 3 Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan. Die invloed waarna in paragraaf 5 verwys word (oplossings vir probleme; genesing; groter begrip vir onsself; bevry die verteller en die luisteraar) moet in die antwoord wat aangebied word, op paragraaf 11 van toepassing gemaak word. 1.12 Elke mens het 'n storie./ Mense hou van stories./ Dis ’n plek waar stories vertel kan word. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.13 Verskillende lettertipes Titel is groter geskryf (as die verduideliking van die inhoud). Die uitleg is interessant/anders/in 'n informele register gedoen./ Uittreksels uit die stories/(volks-)liedjies wat in die boek verskyn./ Kort, kernagtige inligting./ Rym √ 1 1.14 Ja Die woordgebruik/woorde soos 'ribstuk'/'kwarriebos' prikkel die leser se nuuskierigheid wat oorredend kan wees. √ OF Nee Nie almal sal aanklank vind by die tipe taalgebruik nie. 1 Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.15 Die menslike belewenis/kultuur/gebeure/gevoelens. √√√ 3 Die kandidaat kan ook belewenis en kultuur in die antwoord omskryf, bv. Die (onvertelde) stories van Afrikaans wat in boekvorm vertel word./ Stories oor die geskiedenis van woorde/die Klein-Karoo se kind word vertel. Die kandidaat noem enige DRIE vir EEN punt elk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.16 Ja Die titel, Elkeen het 'n storie, word bevestig wanneer selfs die Klein-Karoo se kind 'n onvertelde storie vertel./ Die Klein-Karoo se kind het ook 'n storie wat bewys dat elkeen/alle mense wel 'n storie het. OF Nee Daar is baie ander gemeenskappe met/sonder stories wat nie hier vermeld word nie./ Klein-Karoo se kind kan die onderwerp/titel van 'n storie wees./ Die titel in TEKS A is “Elkeen vertel ’n storie” terwyl TEKS B die woorde “onvertelde stories” noem. Die onbekende woorde is verwarrend waarvan die betekenis nie verstaan word nie. √ 1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks aan vir EEN punt. TOTAAL AFDELING A: 30 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Nasien van die opsomming  Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te voorsien nie.  Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.  Slegs stadiums wat in volsinne aangebied word, verdien punte.  Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste opsomming nagesien.  Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.  Punte word soos volg toegeken: o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit) o 3 punte vir taal o Puntetotaal: 10  Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie: o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe  Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het. o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe LET WEL:  Tel van woorde: o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is. o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming. o Korter opsommings wat die vereiste stadiums bevat, mag nie gepenaliseer word nie.  Die kandidaat bied sewe van die keuses in sy/haar antwoord aan. Sien egter die hele opsomming na en nie die eerste sewe keuses wat aangebied word nie. MOONTLIKE PARAGRAAF As ns die planeet wil red, moet ons groener leef. Kies jou aankope so dat die planeet nie daardeur skade Iy nie. Jou volgende vakansiebestemming behoort op grand van sy betrokkenheid by natuurbewaring gekies te word. Ry minder met voertuie - stap is 'n goeie keuse. Beraam allerhande planne om water te bespaar. Dis 'n slim keuse om bioafbreekbare middels te koop. Kies ook om die aarde te help deur inheemse bome aan te plant. Om gemors en afval te hersirkuleer is boonop 'n keuse in belang van die aarde. Getal woorde: 79 OF AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING 1 Om die planeet te red, moet ons groener A Jy moet kies om groen te leef. leef. 2 ... dink vooruit wat die uitwerking van jou B Kies jou aankope so dat die planeet nie koop op ons planeet gaan wees ... en daardeur skade Iy nie kies dan om in belang van die aarde te koop. 3 ... kies jou vakansie eerder by ... C Kies jou volgende vakansie- vakansieoorde (wat) ingestel is op bestemming op grond van sy natuurbewaring. betrokkenheid by natuurbewaring. 4 deur werk toe te stap. D Ry minder met voertuie - stap is 'n goeie keuse. 5 Waterbesparing Iyk dikwels onnodig, E Beraam allerhande planne om water te maar is die regte keuse ter wille van ... bespaar. aarde. 6 ... dat jy doelbewus kies om bio- F Dis 'n slim keuse om bioafbreekbare afbreekbare skoonmaakmidde/s te middels te koop. koop. 7 ... inheemse bome te plant! Ongeag G Kies om die aarde te help deur van waar jy bly: plant gereeld bome! inheemse bome aan te plant. 8 Hersirkulering is 'n keuse ten gunste van H Om gemors en afval te hersirkuleer is die aarde. 'n keuse in belang van die aarde. Getal woorde: 79 TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES Nasien van hierdie afdeling:  Spelling: o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat geassesseer word. o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die taalstruktuur getoets word. o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.  Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die instruksie aangedui. VRAAG 3: ADVERTENSIE Vraag Antwoord Punt 3.1 -kliniek/kliniek √ 1 3.2 (wat hulle) volle potensiaal (wil) bereik/ leerders wat sukkel √ 1 3.3 of/en/asook √ 1 3.4 Die sukkelende leerling benut die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel. √ 1 Die kandidaat bied 'n eie sin met 'sukkelende' aan vir EEN punt. Die woord moet korrek gespel word. 3.5 onthouvermoë √ 1 3.6 bied √ 1 3.7 (Edublox) beklemtoon met die woord 'sleutel' dat hulle prestasie/leer ontsluit./oopsluit./ Die woord 'sleutel' dui aan dat sukses vir jou oopgaan met behulp van beter lees- en leervermoëns. √ 1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan, maar 'oopsluit'/ 'ontsluit'/'moontlik maak' is die kernbegrip. 3.8 Ja Boeke is die sleutel tot verbeterde leesvermoë./is noodsaaklik vir die verbetering van lees./'n Mens lees gewoonlik uit boeke. √ Leer/Presteer dui op die progressie wat plaasvind as gevolg van Lees./Die woord Presteer is die gevolg van Lees en Leer. √ OF Boeke is die sleutel as jy jou leesvermoë, √ leer/prestasie wil verbeter. √ 2 Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 3.9 Die pad loop oor die kruin van die berg./ Hy/Sy kry hierdie erkenning terwyl hy/sy op die kruin van sy/haar beroep is. √ 1 Die kandidaat bied 'n eie sin met 'kruin' aan vir EEN punt. [10] VRAAG 4: STROKIE Vraag Antwoord Punt 4.1 Die skool word geverf./het die kinders gestraf./begin om 8:00./het lekker basaar gehou./visse het so pas hierlangs geswem. √ 1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord met 'skool' in 'n ander betekenisverband vir EEN punt aan. 4.2 Kry jy nie meer enige oefening by die skool nie?/ Kry jy nie oefening by die skool nie?/ Kry jy geen oefening by die skool nie? √ 1 Die vraagteken moet in die sin voorkom om die punt te verdien. 4.3 Dui die seun se aarseling/huiwering aan./Dui onsekerheid aan./aan dat die seun na 'n slim antwoord soek./ Dit beklemtoon die ironie wat volg. √ 1 4.4 'vinnig' √ 1 4.5 My arme kind!/ Kry jy met die lekker magie nog enige oefening by die skool? √ 1 Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 4.6 Hy verstaan nie al die veranderinge nie./ Hy voel onseker/verward oor die verwikkelinge./ Niks maak meer vir hom sin nie. √ 1 4.7 Pa gee die rede vir sy opmerking./onsekerheid./verwarring./onbegrip./verduidelik waarom die seun so voel. √ 1 4.8 Nee Daar is niks wat seuns beter/vinniger/sterker as meisies kan doen nie./ Deesdae is geslagsgelykheid aan die orde van die dag. OF Ja Dit is eenvoudig so dat seuns se arms sterker is as die meeste meisies s'n./balle beter/sterker as meisies kan gooi./ 1 Seuns speel eerder balspeletjies as meisies. √ 4.9 Ek het mos twee hande./tien tone./goeie oë./'n liefdevolle ma en pa. √ 1 4.10 Sy wil die seun se vooroordeel verander./ Sy wil hom bewus maak daarvan dat hy verkeerd is oor meisies./ Sy wil hom oortuig daarvan dat meisies kan gooi. √ 1 [10] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: ARTIKEL Vraag Antwoord Punt 5.1 dié √ 1 5.2 na √ 1 5.3 beter √ 1 5.4 Die sjef stileer sy/haar geregte met die oog op foto's. √ 1 Die kandidaat bied 'n eie geskikte sin met 'stileer' vir EEN punt aan. 5.5 blog √ 1 5.6 tussen √ 1 5.7 Dit dui op die ouderdom van die skrywer toe sy oor haar toekoms besluit het./drome wat ’n dogtertjie koester. √ 1 5.8 gedink/gedog √ 1 5.9 Ek wat nou koeksisters bak, is gek na eet./ Ek is gek na eet wat ongesond is. √ 1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin as antwoord aan. 5.10 Enigiets van 'n goeie hamburger, Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n vars gebakte Franse baguette met botter en 'n wig cheddarkaas is vir my onweerstaanbaar./ Ek hou van enigiets van 'n goeie hamburger, Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n vars gebakte Franse baguette met botter en 'n wig cheddarkaas. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all