Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2018 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201812 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Supplementary November 2018, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Supplementary November 2018

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 RIGLYNE Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Dít sal ek beslis nie mis nie. Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel oor 'n spesiale funksie/konsert/geleentheid wat hy/sy nie sou wou misloop nie, aanbied. 'n Verhaal kan ook aangebied word oor 'n insident wat baie sleg afgeloop het, iets waaraan die kandidaat nie herinner wil word nie. As 'n beskrywende opstel kan die fokus val op mense, emosies, insidente wat die kandidaat graag sal wil vergeet. As argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of redes aanvoer oor die noodsaaklikheid van negatiewe ervarings, mislukkings, teleurstellings en konflik, waaraan hy/sy nie graag herinner wil word nie, maar tog nodig gehad het om te kan groei. As bespiegelende opstel kan 'n kandidaat besin oor die besluit om slegte ervarings agter te laat. [50] 1.2 In die kollig Indien die kandidaat die opstel as 'n verhalende opstel aanbied, sal die kandidaat vertel hoe die individu daarin geslaag het om sy/haar oomblikke in die kollig te geniet./hoe hy/sy in die kollig beland het. Die kandidaat kan in 'n beskrywende opstel fokus op gevoelens wat deur die kollig meegebring word en/of op insidente wat lewe in die kollig positief/negatief maak. Indien die kandidaat 'n argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, moet die kandidaat kyk na die positiewe of negatiewe van ʼn goeie selfbeeld/narsisme en as bespiegelende opstel kan die karaktereienskappe van narsiste/voor- en/of nadele van 'n lewe in die kollig onder die loep kom. [50] 1.3 Van alle waardes wat die mens behoort te hê, is respek die belangrikste! Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of argumenterend kan wees. 'n Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema of lewensles fokus na aanleiding van 'n bepaalde gebeurtenis. By 'n bespiegelende interpretasie kan die kandidaat verskillende waardes teen mekaar opweeg./besin oor die belangrikheid van respek in ons samelewing. In 'n argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat enige ander waarde belangriker is. [50] 1.4 Ons taal het in dié grond geweek ... Die onderwerp vra vir 'n opstel wat sal handel oor een of ander aspek van Afrikaans as taal. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat fokus op interessante woorde./gebruik van woorde./insidente a.g.v. taal. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel hoe hy/sy geleer het om waardering vir die taal te ontwikkel./hoe Afrikaans ontwikkel het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die mooiste woorde in Afrikaans./die waarde van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika./oor die gevare wat die taal tans bedreig. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat skryf oor die stryd om die behoud van Afrikaans en /of die toekoms van Afrikaans. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne 1.5 Die lekkerste lekker Indien die kandidaat die opstel as 'n verhalende opstel aanbied, kan hy/sy vertel wat hy/sy ervaar het as die lekkerste lekker: dit kan slegs een insident/saak wees, of die opstel kan op verskillende goed fokus. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende goed/sake/insidente/woorde/mense wat vir hom/haar groot lekkerte veroorsaak het, beskryf. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel moet die kandidaat redeneer oor die meriete van lekker goed/lekker insidente/boeke ens. teenoor negatiewe goed. Hy/Sy kan ook redeneer oor die voor- en/of nadele verbonde aan lekker dinge. In 'n bespiegelende opstel kan/mag die kandidaat lewensvraagstukke wat met vreugdes/blydskap/sukses/ens. verband hou, bepeins. [50] 1.6.1 Oupa en Ouma/Twee ouer mense Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende opstelle, bv. 'n beskrywing van die verhouding tussen die oupa en ouma./van die invloed wat grootouers op kinders het. 'n Verhaal kan handel oor alles wat by die oupa en ouma/ouer mense/gebeur het./hoe die een weggeval en die ander moes leer om alleen voort te gaan. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel of daar in die ouderdom steeds vreugde te vind is. In 'n argumenterende opstel kan geargumenteer word dat kinders vir die versorging van hulle bejaarde ouers verantwoordelik is. [50] 1.6.2 Die blom wat deur die beton groei 'n Verhalende opstel kan 'n storie vertel van geluk wat oor 'n lang tyd gekom het of van die einde van 'n tydperk van swaarkry. Beskrywend of bespiegelend kan daar gekyk word na die kontras of ironie in die uitbeelding, van die blom se groei as teken van hoop ten spyte van seer of hindernisse in die lewe. Kandidate kan argumenteer of redeneer of die blom die reg het om hier oor te neem of liewers uitgespit moet word. [50] 1.6.3 Die man wat op boeke staan Hierdie onderwerp kan lei tot verhalende, bespiegelende, beskrywende, beredeneerde en argumenterende opstelle. 'n Verhaal kan handel oor twee mans wat vasgevang is en plan gemaak het om uitkoms te vind. As bespiegelende opstel kan die kandidaat die waarde van boeke en lees ondersoek. Lees/Leeservarings/Lesers kan beskryf word. Die kandidaat kan ook beredeneer/argumenteer waarom lees horisonne verbreed en die mens ʼn voorsprong bo ander bied. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. RIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Hierdie brief word aan 'n familielid van die skrywer gerig en is 'n dankiesê vir die moeite gedoen om die notas per pos aan te stuur. Die briefskrywer behoort te verwys na die belangrikheid van die eksamennotas, die rede hoekom dit daar agtergebly het en die manier waarop dit by die skrywer uitgekom het. Hou in gedagte:  Die formaat is informeel.  Daar moet 'n adres van die afsender, datum, 'n aanhef, 'n inleiding en 'n gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die hulp wat ontvang is.  Die styl is logies en volgens 'n spesifieke doel.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, beskrywende taal is nodig.  Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n informele brief voldoen.  Die brief moet informeel afgesluit word, gevolg deur die skrywer se naam. [25] 2.2 HULDEBLYK Bring hulde aan 'n gestorwe neef/niggie. Hou die volgende in gedagte:  Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van dood behoort gegee te word.  Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps- betrokkenheid kan ingesluit word.  Die fokus behoort te wees op die positiewe gesindheid van die neef/niggie/wat die neef/niggie vir die skrywer beteken het.  Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees en moet kan bydra/behoort by te dra tot die vertroosting van die familie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne  Moet waarderend wees.  Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.  Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.  Spreker kan eufemismes gebruik. [25] 2.3 RESENSIE Die resensie handel oor 'n nuwe Afrikaanse film wat oor 'n morele (of sosiale) kwessie handel. Die resensent fokus op aspekte wat belangrik is: o.a. milieu, intrige, karakterisering, hoofkarakters/filmsterre, fotografie, musiek. Die resensent moet 'n waardeoordeel oor die fliek uitspreek. Hou in gedagte:  Die detail van die fliek soos vereis in resensies.  Die formaat van die resensie moet in ag geneem word.  Die resensent moet 'n evaluering van die fliek met die oog op tieners se voorkeure/afkeure aanbied.  Register kan informeel wees om te pas by die leesgehoor.  Dit is die respons van die resensent en gewoonlik subjektief.  Dit gee al die toepaslike feite wat die leser nodig mag kry. [25] 2.4 FORMELE BRIEF: AANSOEK Hierdie formele brief word aan die voorsitter van die vlooimark gerig. Daar word aansoek gedoen om 'n stalletjie by die maandelikse vlooimark/markdag en die wins sal aan die plaaslike kinderhuis geskenk word. Hou in gedagte:  Die formaat is formeel.  Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die aansoek om 'n stalletjie te verkry ten einde die winste aan die plaaslike kinderhuis te skenk.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.  Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief voldoen.  Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. [25] 2.5 DIALOOG Die gesprek vind plaas tussen twee vriende oor een van die vriende se oneerlikheid tydens die afgelope eksamen. Die gesprek behoort 'n ernstige ondertoon te bevat; konflik kan ter sprake kom. Hou in gedagte:  Twee mense voer 'n gesprek.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.  Elke nuwe spreekbeurt word op 'n volgende reël geskryf.  Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui, bv. Piet: (apologeties) of Piet (apologeties):  'n Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25] 2.6 FORMELE TOESPRAAK Die leerder spreek die konferensiegangers by die toerismekonferensie toe. Die toespraak se kern moet handel oor jongmense van die gemeenskap se rol met betrekking tot die bevordering van toerisme. Die inhoud behoort positief te wees. Hou in gedagte:  By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Voorsitter/ Geagte Dames en Here  Die styl moet pas by die geleentheid en die gehoor.  Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.  Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.  Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.  Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.  Die slot moet die gehoor tot nadenke stem. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, interessant oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp Hoë vlak vir beplanning; volwasse en en lewer bewys van -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Bewustheid van doel, stem leser tot volwassenheid en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke -Organisasie baie samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike goed en insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en samehangend, liggaam en samehang, insluitend insluitend inleiding, samevatting/slot inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder -Toon, register, styl en Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor woordeskat nie gepas woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks vir doel, gehoor en Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie konteks nie konteks; van vertroue, en 'n deurlopende om betekenis oor te basies -Woordeskat so Woordkeuse; indrukwekkend gepaste toon word dra -Toon en woordkeuse beperk dat dit Taalgebruik en -Toon retories treffend gebruik -Toon is gepas skaars toepaslik onmoontlik is om sin konvensies, en effektief -Grammatika en -Retoriese middele -Baie beperkte te maak punktuasie, -Grammatika en spelling grootliks gebruik om betekenis woordeskat grammatika, spelling spelling feitlik foutvry foutvry te versterk -Knap gedaan -Baie goed gedoen 15 PUNTE 13 10 7 4 -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik -Voldoende -Taalgebruik uitstekend en toon is en oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende retories effektief effektief teenstrydighede word -Weinig indien enige Lae vlak -Grammatika en -Toon gepas en opgemerk sinsverskeidenheid spelling feitlik foutvry effektief -Toon oor die -Woordeskat baie -Baie goed tot knap -Enkele foute in algemeen gepas en beperk gedaan grammatika en beperkte gebruik van spelling retoriese middele -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige punte -Noodsaaklike punte Kenmerke van teks; ontwikkeling van van details ontwikkel geldig ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer foutief foutief -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin -Opstel maak nog -Opstel maak nie sin 5 PUNTE uitsonderlik effens sin nie gekonstrueer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 BEPLANNING & -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis kennis van kenmerke verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van met groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings idees en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend ondersteun die fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie onderwerp 15 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail -Nodige reëls van en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die formaat nie toegepas -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp nie uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat en woordeskat stem Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir nie ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en gehoor en konteks konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks nie Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika -Besaai met foute en Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike verward Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute -Woordeskat nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat geskik vir doel nie 10 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all