Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V2
2016
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 28 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016, 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 569.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
NSC June Exam 2016
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)11 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2016
SSE – Memorandum
NASIENRIGLYNE
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word
die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die
eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag
beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
nagesien.
6. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7. Opstelvrae:
As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te lank is,
assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is
slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die
aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
motivering/bewys verdien die punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Een sprong vir ... – Joan Hambidge
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
B – Beelde I – Inhoud
BS – Beeldspraak S – Struktuur & Taal
S – Stylfigure
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Die maanbeeld word in die verbreking van die verhouding aangewend waar die
spreker sê dat die geliefde hom/haar na die maan gestuur het, wat impliseer dat die
verhouding verbreek is./Versreël 5: jy stuur my na die maan
• In die gesprek met die geliefde word die beeld van die maankors gebruik om die
herinneringe te verbeeld wat die spreker tot die insig lei dat die liefde ’n illusie is./
Versreël 14: neem stukkies maankors saam
• In die klimaks/hoogtepunt van die gedig is die maanbeeld aangewend om die insig
waartoe die spreker kom, aan te dui, naamlik die besef dat die werklikheid net so mooi
en romanties op die aarde kan wees as wat romanse met die maan geassosieer
word./Versreël 15–16: en weet na maande die maan is hier
• In die vergelyking word die spreker, wat koersloos deur sy/haar lewe beweeg met
Neil Armstrong vergelyk wat in die lugdrukvrye atmosfeer, ook koersloos, beweeg het./
Versreël 6: à la Neil Armstrong beweeg ek in die lugdrukvrye atmosfeer ...
• Die spreker se besinning oor die pyn en verbittering van die verbreekte verhouding
word metafories met kraters wat op die maan karteer word, gelykgestel./Versreël 8:
karteer die kraters
• Die spreker gebruik ’n hiperbool om die beloftes van die gewese liefde aan te dui
wat daartoe lei dat die spreker nie van die verbreekte verhouding herstel nie./
Versreël 3–4: want jy het my die maan, sterre en uitspansel beloof.
• Die spreker gebruik teenstelling om aan te toon dat die verhouding verby is. Dit
staan in teenstelling met die maan en maanbeeld wat in die gedig voorkom./Versreël 10:
(dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet.
• Die emosionele pyn wat die verbreekte liefdesverhouding vir die spreker bring, word
deur die paradoks, stil verwoesting wat gesaai word, aangedui./Versreël 18: karteer die
kraters, die stil verwoesting wat jy saai
• Die insig waartoe die spreker in die klimaks kom, is dat beloftes wat ’n (volgende)
geliefde maak, nie sonder meer geglo word nie/die lewe sonder die geliefde is nie maklik
nie./Versreël 19–20: ek weet die maan is beslis nie van kaas
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
10
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Busrit in die aand – Elisabeth Eybers
Vraag Antwoord Punt
2.1 “hulle”/”sy” √ 1
2.2 “wat huis toe (gaan)”/
“dis laat”/
“Skaduwee-skimme gly (verby)” √ √ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir een punt elk aan.
2.3 Assonansie √
Dit ondersteun die somber stemming./
Dit vertraag die leestempo. √ 1
2.4 Die letterlike bus word ’n figuurlike kaperskuit √ 1
2.5 Polisindeton. √ 1
Die leser beleef die ry/sukkel van die bus./
Die leser beleef ’n visuele/klankmatige voorstelling van die bus se gesukkel. √ 1
Dit is geslaagd, want die polisindeton beklemtoon die gesukkel van die bus. √ 1
2.6 Die kontras tussen die verliefdes en die ander passasiers word uitgehef./
Die vrolikheid van die verliefdes in die bus word uitgehef./
Die verliefdheid van die paartjie word beskryf. √ 1
10
OF
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Sonsverduistering – PJ Philander
Vraag Antwoord Punt
3.1 “geruisloos” √ 1
3.2 Dit rym met “trek”.
Dit het ’n negatiewe konnotasie.
Die maan se skadu lyk soos ’n vlek op die son.
Die maan se skadu hou met die titel verband. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3.3 “die vlek van skadu”/
“dreigend swart die kol”/
“n koue vreemde skemerte” √ 1
3.4 Om te leef soos wat God wil hê./
Die wil van God./
Leiding wat God deur natuur aan die mens gee.
Kennis van God (se wil). √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2016
SSE – Memorandum
3.5 Dit verwys na die hemel./
Dit verwys na die hiernamaals./
Dit word figuurlik bedoel. √ 1
’n Voorgevoel/’n mens se geloof lei ’n mens Huiswaarts, maar die mens beskik nie
daaroor nie.
Die mens se keuse om gehoorsaam aan die duisternis te wees, veroorsaak dat hy/sy
nie weet om tydig Huiswaarts te keer nie.
Omdat die mens se pad verduister/onsigbaar is, kan die mens nie tydig Huiswaarts
keer nie.
Hoewel ons sou verwag dat die mens gevaar sou aanvoel, is hul dommer as skape/
tree hul nie instinktief soos die skape op nie. 2
Die kandidate moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied. Die kandidaat
bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3.6 ’n Somber/mismoedige/neerslagtige/onheilspellende stemming √ 1
Die mens se ongehoorsaamheid/verlorenheid/vashou aan die sonde word beskryf./
Die duisternis oorheers./
Dit ondersteun “skaduwee” wat “alle lig” verduister./
Dit sluit aan by “Sy pad onsigbaar is”. √ 1
10
OF
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Safari – DJ Opperman
Vraag Antwoord Punt
4.1 ’n Uittog/trek/uitstappie/jagtog/trekgeselskap/ontdekkingstog/reis (in die veld) √ 1
Die mens is op ’n lewensreis./
Die mens gaan van geboorte tot sy dood op ’n lewensreis./
Die mens se lewensreis word aan ’n safari gelykgestel. √ 1
4.2 Al drie woorde verwys na mense wat vorentoe beweeg./dui beweging aan.
Al drie woorde verwys na mense wat op reis gaan./
Al drie woorde dui op die verloop van mense se lewens. √ 1
4.3 Dit dui aan dat die mens baie hoogte- en laagtepunte/fases/stadiums gedurende sy/
haar lewe beleef. √ 1
4.4 Ja
Die gebrek aan leestekens beklemtoon die gedagte dat die optog sonder keer na ’n
noodwendigheid/die graf afloop./
Die gebrek aan leestekens beklemtoon die gedagte dat die optog sonder steurnisse op
’n noodwendigheid/na die graf, afloop. √
1
4.5 Dit illustreer die gaatjie in die grond waarna verwys word.
Dit is ’n visuele voorstelling van die gat./graf.
Dit wys skok/verbasing/dui op gelatenheid.
Dit dien as ’n punt aan die einde van die lewe.
Dit sluit aan by/illustreer die “Niks” in versreël 1. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2016
SSE – Memorandum
4.6 Die kandidaat moet die boodskap uit die tema formuleer – nie bloot die tema (die
verganklikheid van die mens) neerskryf nie, bv.
Geniet jou lewensreis. √ 1
Die gedig is ’n visuele voorstelling van die lewensreis wat nie ’n reguit pad is nie, maar
kronkel. √ 1
10
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
gedig vir mammie – Selwyn Milborrow
Vraag Antwoord Punt
5.1 Die gedig handel nou oor enige ma./handel nie oor ’n spesifieke ma nie. √ 1
5.2 Wanneer die spreker nie kon slaap nie, het sy/haar ma hom/haar aan die slaap
gesing/vir hom/haar stories voorgelees/beskermend laat voel. √ 1
5.3 Metafoor √ 1
Die verskrikvoël jaag gevaar weg soos die spreker se ma (se oë) die nagmerries
weggejaag het. √ 1
5.4 Die strofes waarin die versoeke voorkom, is korter./
Vraagsinne word gebruik./
Retoriese vrae word gebruik. √ 1
5.5 “maar” √ 1
Die ma gaan sterf. √ 1
5.6 Hy besef ’n gedig gaan nie sy ma vir ewig by hom hou nie. √ 1
Hy besef eintlik sy ma is aan die einde van haar lewe.√ 1
Hy vra ’n paar somers/jare en nie ’n lang tyd nie. √ 1
10
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
K – Keuses van Iris beïnvloed haar se lewe I – Inhoud
S – Struktuur
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Iris kies om die “dienares van hoër gode” as die verklaring vir haar naam te aanvaar
wat daartoe lei dat sy ander se wense uitvoer, eerder as haar eie./Bv. bl. 10: Iemand wat
altyd moes regstaan vir ander, belangriker gode. Ouers, susters, onderwysers.
• Iris se keuses versterk haar buitestanderskap, veral as sy meer ’n toeskouer as ’n
deelnemer aan die lewe is./Bv. bl. 25: Ek het hulle (my susters) fyn dopgehou, hulle
lewens geëvalueer en dit as ’n teoretiese oefening gesien om vas te stel hoe ek in ’n
soortgelyke situasie sou optree.
• Iris se keuse om te eksperimenteer versuur haar verhouding met haar susters as sy
toegelaat word om dinge te doen wat nie vir hulle beskore was nie./Bv. bl. 15: “Het Ma ons
ook toegelaat om dit te doen?” wou hulle geskok weet toe ek een aand my tande staan en
borsel met die uitgekrapte as uit die kaggel.
• Iris se keuse om in ’n eksistensiële periode te tob het tot gevolg dat haar susters haar
kritiseer./Bv. bl. 53: My kloosterrokke was almal grys of swart. “Jy lyk so druipstert,” was
Elsa se kommentaar. “Asof jy ’n vlugteling is.”
• Tydens die eksistensiële periode van Iris se lewe maak sy ’n vrye keuse om soos
Aspoestertjie te leef, maar haar ouers en susters se reaksie daarop laat haar
onbelangrik voel./Bv. bl. 25: Ek het nooit gelag nie en smiddae laat deur die tuin geloop en
tob oor die sin van die wêreld en my plek in die groter bestel. Niemand het eens opgekyk
nie ...
• Iris se keuse om by dr. Anders te gaan werk as ’n stoelassistent en om nie ’n beroep
te volg waarvoor sy opgelei is nie, bring konflik tussen haar en haar pa./Bv. bl 41: “En dis
waarvoor ek haar drie jaar op universiteit gehou het, om by die tandarts te werk. Spoeg
weg te vee.”
• Iris kies ’n beroep wat haar toelaat om haar kop onbetrokke te laat en haar die
geleentheid te gee om haar fantasiekarakters uit te brei./Bv. bl. 42: Ek wou nie ’n werk hê
wat my gedagtes in beslag sou neem nie.
• Sy kies om saam met Riekie matriekafskeid toe te gaan terwyl hy haar verveel.
Riekie word as Richard omgetower./Bv. bl. 19: Buitendien moes ek ’n maat hê vir die
matriekafskeid en Riekie was op sy ongekunstelde manier aantreklik. Aanvaarbaar.
• Iris se keuse om alleen na die partytjie te gaan bring haar in kontak met Peter wat
haar wys op ander ryk betekenisse van haar naam en haar laat goed voel daaroor./
Bv. bl. 36: “Die fleur de lis. Jy weet tog wat dit is?” “Ja.” “Daar het jy dit dan. ’n Naam vol
ryke assosiasies.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Iris se keuse om saam met Peter na sy woonstel te gaan, laat haar haar
maagdelikheid verloor en die werklikheid begin haar fantasie oorheers./Bv. bl. 40: Peter
was werklikheid. Hy het hare op sy bors, voorarms en bene gehad. Sy asem het soet
geruik, na wyn. Hy het my ernstig ontklee ...
• Iris se keuse om saam met Peter te slaap kon moontlik haar blomoomblik wees,
want haar ma het die volgende oggend opgemerk dat sy goed lyk./Bv. bl. 41: “Jy lyk goed
vir iemand wat ...” Ek het vinnig opgekyk. “Wat wat?”
• Iris maak ’n keuse ten opsigte van haar verhouding met Peter as sy ’n vliegkaartjie
na Amerika koop en so ’n nuwe rigting in hul verhouding inslaan./Bv. bl. 79: Peter se
laaste, onduidelike poskaart het voorgestel dat ons mekaar in New York ontmoet, die
naweek voor Kersfees.
• Iris se keuse om vir Peter te gaan kuier bevestig dat sy ontwikkel van iemand wat die
werklikheid vermy tot iemand wat betrokke raak by die werklikheid as haar emosies
duideliker blyk./Bv. bl. 97: Ek het neerslagtig op die bed gaan sit en om my rondgekyk. Dit
was nie die romantiese herontmoeting wat ek my voorgestel het nie.
• Iris kry bevestiging vir haar keuse om Peter in Amerika te gaan besoek by sy ma
omdat die inligting wat Ans oor haar seun deel, Iris laat besef dat sy fisies na hom
verlang./Bv. bl. 85: Ek het geknik en my binnegoed voel draai van verlange.
• Iris kies om saam met Peter na Vermont te gaan en nie ’n loopbaan as model aan te
gryp nie en verspeel so haar kans op ’n moontlike blomtyd. /Bv. bl. 133: As jy wil blom
onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan
Vermont toe.” ... “Ek kan nie onbepaald sit en wag dat jy tot jou sinne kom nie.”
• Iris laat die Engel toe om deel van haar lewe te word en as haar beskermengel,
raadgewer en klankbord dra hy by tot haar insig oor haar naam en haar blomtyd./
Bv. bl. 187: “Die lewe is nie ’n storieboek nie.” “En ’n naam is net ’n naam.”/Bv. bl. 195:
“Party mense blom ongesiens.”
• Iris kies later om verantwoordelikheid vir haar eie lewe te neem en besef dat sy self
verantwoordelik is vir haar keuses as die Engel haar daarop wys wanneer sy hom
verantwoordelik hou vir Peter se ongeluk./Bv. bl. 217: “As jy môre op die dak loop en gly
en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die dak te loop, is jou keuse. Peter se werk is sy
keuse.” Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar ook
omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting.
• Iris se keuse om haar hart oop te maak teenoor Billy, die taxibestuurder, bring insig
oor haar naam en blomtyd./Bv. bl.104: “My suster het nog nooit aan hierdie goed gedink
nie. Iris is haar naam. Dis al. Toeval, dis wat dit is. My ander suster is Daisy.”/Bv. bl. 105:
“Nie alle bolle kom tot bloei nie.”
• Iris raak so betrokke by die werklikheid dat sy haar fantasiekarakters laat verdwyn
en is selfs bereid om die Engel te laat gaan./Bv. bl. 214: Ek het ook met die Engel gepraat
en voorgestel dat hy van werkgewer verander en hom by Ma aansluit aangesien ek nie
regtig sy dienste op ’n daaglikse grondslag nodig gehad het nie.
• Iris besluit om met Peter te trou en ontvang daarmee saam alles wat haar tevrede en
gelukkig maak as Peter haar ouerhuis vir hulle as woonhuis koop en daarmee saam die
kwart-voor-sewe-lelie, Polder, Johanna en die Engel./Bv. bl. 214: Ek was in die wolke
omdat ek die tuin en die kwart-voor-sewe-lelie geërf het ...
• Iris kies om haar fantasiewêreld agter te laat en volkome betrokke te raak by haar
werklikheid as sy Peter se groot invloed op haar lewe besef met sy ongeluk./Bv. bl. 215:
“Ag,” het ek gesê. “Peter.” Toe het ek begin huil. My oë kon dit nie help nie.
• Iris kies om haar te vereenselwig met die kwart-voor-sewe-lelie en laat gaan so haar
beheptheid met haar naam omdat sy, soos die lelie, ook bestem is om te blom en dat
haar blomtyd ook nie volmaak hoef te wees nie./Bv. bl. 220: Dis halfsewe en ons hou die
lelie dop ... “Wees geduldig,” sê ek. “Dis amper tyd.”
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2016
SSE – Memorandum
OF
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Sy het Riekie deur Hannes, wat by Elsa gekuier het, ontmoet. √ 1
Die manier waarop Riekie “Haai” gesê het./
Die manier waarop Riekie gegroet het. √ 1
7.2 Sy is ’n dromer./verbeeldingryk. √ 1
Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.
7.3 Sy het aan haar ma gesê om haar te verbied om hom te sien. √ 1
Haar ma het nie na haar geluister nie./
Iris se ma was ontsteld oor Kara wat ’n non wou word. √ 1
Sy sê reeds aan die begin van die roman dat niemand/Ma haar (nie) ernstig opneem
nie./
Een van die ander susters het altyd net ’n groter krisis beleef wat Ma se aandag vereis
het. √ 1
7.4 Daar is slegs een keer in ’n leeftyd ’n blomgeleentheid. √ 1
Iris besef daar is meer as een blomgeleentheid in jou lewe./
Iris besef elke dag is ’n blomgeleentheid. √ 1
Dit sluit aan by die een knop waarvoor Iris en Johanna wag om oop te gaan. √ 1
7.5 Sy sê dat sy nie ’n broeikas is nie./
Sy sê haar liggaam behoort aan haar. √ 1
Sy en Claude het kinders./
Sy en Claude wil ’n huis vol kinders hê. √ 1
7.6 Frederik √ 1
7.7 Dit is geloofwaardig. √ 1
7.8 In Vermont/die vakansiehuis √ 1
Sy sal dit geniet om huis-huis te speel./
Sy sal dit geniet om (twee regte) kinders te versorg. √ 1
Met Bettie in dieselfde ruimte het die kinders verkies dat Iris hulle moet versorg./
Iris raak deel van die vakansiegesin.√ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2016
SSE – Memorandum
7.9 Hy tree as ’n beskermengel op. √ 1
Hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir Peter se keuses nie./Hy beskerm nie vir Peter
toe hy ’n ongeluk by die werk gehad het nie. √ 1
7.10 Bettie het gif gedrink. √ 1
Iris het gedink sy gaan ’n heldin wees wanneer sy Bettie van ’n gifdood red, maar
Bettie het slegs te ryk geëet./
Iris wou dat hulle Bettie hospitaal toe neem, maar uiteindelik beland Iris self in die
hospitaal. √ 1
7.11 Hulle verdra nie vir Bettie nie./Hulle wil nie hê dat Brian met haar trou nie./Hulle luister
nie na haar nie. √ 1
7.12 Innerlike konflik. √ 1
Bettie wil graag met Brian trou, maar hy wil nie weer trou nie. √ 1
Iris se konflik word opgelos as Riekie uit haar lewe verdwyn. √ 1
Bettie se konflik word nie opgelos nie, want Brian wil steeds nie met haar trou nie. √ 1
25
OF
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
B – Baas se reaksie op verlies van ouers I – Inhoud
G – Grace se reaksie op verlies van ouers S – Struktuur & Taal
E – Ouma Essie in hulle lewens
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2016
SSE – Memorandum
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Baas se ouers word op Sable Ranch/in Suid-Rhodesië deur vryheidsvegters
vermoor, want dit was die tyd toe talle Suid-Rhodesiërs in ’n onafhanklikheidstryd
betrokke was./Baas was nie daar om hulle te beskerm nie./Bv. bl. 11: … loop hom in
Afrika se onafhanklikheidstryd vas./Hy doen verpligte militêre diens en bevind hom, as lid
van die berugte Selous Scouts van Suid-Rhodesië, midde-in die bloedige slagting van
baie jare./Terwyl hy elders in die bosoorlog vasgevang is, kry hy ’n berig dat Sable Ranch
vir ’n tweede keer aangeval is./Later kry ’n buurman sy pa se lyk in die kliniek …/
bl. 12: … Sy ma se lyk kry hulle in haar wildskuiling.
• Baas se ouers was onskuldige slagoffers van die bloedige stryd, want hulle het net
goed gedoen aan die mense van Suid-Rhodesië/was betrokke by sendingwerk en het ’n
kliniek op die plaas ingerig om die plaaslike bevolking te help./Bv. bl. 11: … Later kry ’n
buurman sy pa se lyk in die kliniek wat die Chipmans op die plaas gebou het om basiese
hulp en medisyne aan die plaaslike bevolking beskikbaar te stel.
• Grace se ouers is ook vermoor/doodgemaak, want Suid-Afrikaanse troepe/wit soldate
het vir hulle voertuig ’n landmyn in die pad gestel./Suid-Afrikaanse troepe het die
vryheidstryd in Zambië probeer stuit./Bv. bl. 78–79: Dit is die voornaam wat altyd aan die
oudste seun in die Mulambwa-families gegee word. Muluti Joseph se tradisionele naam
was ook Sitali. Hulle is ’n familie indoenas. Haar pa was jonk toe hy die hoofindoena
geword het./bl. 78–79: Iemand het kom sê naby die pontboot by Senanga het ’n bussie
oor ’n landmyn gery. Toe dit begin reën, het hulle kom sê hoofindoena Sitali Mulambwa en
sy vrou is dood.
• Grace se ouers het nie verdien om deur wit soldate doodgemaak te word nie, want
hulle was nie betrokke by militêre aksies/geweld nie./het net aan ander goed gedoen./
Bv. bl. 78: ... Haar pa was jonk toe hy die hoofindoena geword het.
• Baas ontwikkel ’n wrok teenoor swart mense omdat hy verbitterd is oor die manier
waarop sy ouers dood is./Bv. bl. 63: Na my ma en pa deur ’n spul barbare vermoor is.
• Baas kom in opstand teenoor sy geloof/lees uiteindelik glad nie meer die Bybel nie
as gevolg van die onregverdigheid./Bv. bl. 13: … Selfs toe Baas later die Bybel minder
gereeld uithaal …
• Baas onttrek hom grootliks en voer ’n afgeslote, privaat lewe wat fokus op sy eie
drome omdat hy alles wat vir hom kosbaar is, verloor het./Bv. bl. 13: … Baas verloor al sy
familiebesittings, insluitende die plaas./Bl. 14: … Tog besef hy dat ’n mens mettertyd
familie ontgroei, dat Houtboschberg se drome nie meer drome wil wees nie …
• Op Manaka wil Baas glad nie by die plaaslike bevolking betrokke wees nie, want hy
het niemand in sy lewe nodig nie./Bv. bl. 63: “Ek is net heeltemal gatvol! Dink jy ek het
Barotseland toe gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en
hongersnood? Na my pa en ma deur ’n spul barbare vermoor is?”
• Baas wil nie al die armes en siekes versorg nie omdat hy voel hy is nie met ’n doel na
Manaka gestuur nie./hy reeds al sy geld gebruik het om die siekes en armes te versorg./
hy sy boot wil klaarmaak t.w.v. die toerismebesigheid./Bv. bl. 43: “Sê vir daardie ouma
Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie hier om enigiemand te kom help
nie. Ek is hier om my boot op die Zambezi te kry.”
• Baas wil nie by die sendingkerk se doen en late betrokke wees nie, want hy wil niks
met godsdiens te make hê nie./Bv. bl. 13: … Selfs toe Baas later die Bybel minder gereeld
uithaal, …
• Grace koester nie ’n wrok teen wit mense/Suid-Afrikaners nie, want sy is ’n Christen
wat vergewensgesind leef./reeds die soldate vergeef het./net goed doen aan ander
mense./ volgens die ubuntu-beginsel leef./sy weier om deur Baas weggejaag te word./
Bv. bl. 94: Ek wil jou help./Bl. 95: … Maar die Here wil nie hê ek moet verskonings gebruik
om weg te kom van iemand wat my nodig het nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Baas het vir ouma Essie in sy lewe nodig, want op Manaka gee sy vir Baas rigting en
leiding t.o.v. godsdiens./sy is die Profeet van die Bybel wat Baas met sy innerlike konflik
help./vir Baas help om antwoorde te vind op sy godsdiensstryd./vir Baas help om
uiteindelik as geestelike leier sy oupagrootjie se voetspore te volg en sy rol te aanvaar./
sy help hom om deur ’n veranderde leefwyse ook sy ouers se dood te aanvaar./
Bv. bl. 117: “Ons is deur die kerk tot by Ngweze gebring.”/Bl.118: “Tot daar weer ’n
kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees.”
• Ouma Essie help Baas met sy sosiale aanpassing op Manaka, want sy organiseer die
verhouding met die sendelinge./neem leiding om die sendelinge en Baas in vrede op
Manaka te laat bly./ruk die khuta in die bek omdat hulle Baas uitbuit en hom eintlik
wegjaag./Bv. bl. 46: Die man wat wit is, is baie siek, sê sy by die Plek van die
Kremetartbome vir meneer Kebbey./Bl. 105: Aan ouma Essie se hand hang ’n
hoenderhen onderstebo.
• Ouma Essie help Baas om sy rol as geestelike leier te aanvaar, want sy sê
aanhoudend vir hom dat sy doen en late van hom ’n Christen maak./gee vir hom haar
oorlede man se lyfband sodat hy simbolies in die geestelike leier se voetspore kan
ingroei./Bv. bl. 112: Daar was altyd bankies onder die worsboom./Bl. 118: Dit is die plek
wat die Here deur die khuta aan hulle toegewys het. Die ander man wat wit is, sal vir julle
sê wat om te doen om ’n dak oor julle koppe te kry./Bl. 118: En wie weet of jy nie met die
oog op ’n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie./Bl. 121: Dis my muluti Joseph se
lyfband. ’n Sterk man moet ’n sterk lyfband dra. Haal maar af die biesies wat Tibelelo
gevleg het./Bl. 202: Jou reg om ’n Christen te wees maak van jou ’n Christen./
Bl. 210: ... Ek het My laat vind deur dié wat My nie gesoek het nie ...
• Grace het ook vir ouma Essie in haar lewe nodig, want Grace se ouers is dood en haar
ouma versorg haar met lewensmiddele en gee vir haar huisvesting./Bv. bl. 57 Grace het
by die sendingstasie by haar oupa en ouma Essie grootgeword.
• Ouma Essie duld nie dat die khuta vir Grace inloop nie/kry vir Grace werk as tolk
wat dit vir haar moontlik maak om ’n inkomste te verdien./Bv. bl. 165: Die mens met wie
daar gepraat moet word oor die salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie ...
• Ouma Essie se voorbeeld van naasteliefde, geloof en mededeelsaamheid beïnvloed
Grace om dieselfde te doen, want sy help Baas om sy innerlike konflik op te los en lei
hom so tot aanvaarding van sy ouers se dood./Bv. bl. 185: ... Miskien kan ons vir haar nog
’n dosis gee. Daar is ook nog Disprins in die noodhulpkis van die sendelinge. Haar koors
is baie hoog./Bl. 199: Baas bly staan, sy kop geboë. Dit is die liedjie wat Grace gesing het
toe hy besig was om Briekwa te begrawe …/Bl. 220: Grace loop die water in om die plank
aan te gee wat ingeslaan moet word./Bl. 236: “Was dit Namibiese troepe?” vra Baas.
“Nee, Suid-Afrikaners.”
• Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2016
SSE – Memorandum
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Whitey is baie jare aan haar bekend./
Whitey is iemand uit die plaaslike bevolking./
Whitey is nie wit nie./
Whitey het vroeër vir haar vertel dat haar ouers dood is, iets wat mense baie nader
aan mekaar bring./
Whitey is meer van ’n vriend./familie. √ 1
Baas is ’n vreemdeling./
Baas is ’n wit man./
Baas het dit baie duidelik gemaak dat hy sy privaatheid koester./
Baas wil nie iets met die plaaslike bevolking te make hê nie./
Baas bly sy Christenskap ontken./
Baas is steeds meneer Baas. √ 1
9.2 Baas het nie eintlik vir Grace geken nie.
Baas het nie ’n vertrouensverhouding met haar gehad nie.
Baas het gesê hy wou niks met die plaaslike bevolking te doen hê nie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk aan.
Baas begin nou ’n vertrouensverhouding met Grace bou.
Hy ken haar beter as in Ngweze.
Hy leer van omgee by haar.
Baas hoor by almal dat Christenskap en omgee sinoniem is.
Baas sien by Grace en Whitey dat omgee tussen mense belangrik is. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk.
9.3 Baas besef dat hy nie ’n wrok teen Barotseland se mense mag koester oor sy ouers
se dood nie./
Baas besef dat hy moet vergewe en aangaan met sy lewe. √ 1
Hierdie gesindheidsverandering maak dit vir hom moontlik om toe te laat dat Manaka
voortaan as sendingstasie/vir sendingwerk gebruik mag word./
Hy kan sy plek as geestelike leier op Manaka inneem. √ 1
9.4 Grace is aangedaan./
Grace soek na woorde./
Grace soek ’n uitweg uit die situasie./
Grace sou kon dink dat Baas, as Suid-Afrikaner, deel het aan haar ouers se dood. √ 1
9.5 Baas is geskok oor die implikasie van haar woorde./besef sy volk is verantwoordelik
vir Grace se ouers se dood.
Whitey dink terug aan die nag toe hy die tyding moes oordra./
Whitey besef dat Baas eintlik ’n Suid-Afrikaner is (wat hom aandadig maak)./
Baas en Whitey besef dat Grace nooit enige wrok teen witmense gekoester het nie./
Hulle besef dat Grace vir hulle ’n voorbeeld van vergewensgesindheid stel. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2016
SSE – Memorandum
9.6 Baas impliseer dat hy en Whitey dieselfde oupagrootjie het./die eerste Baas Dennis
Chipman ook Whitey se oupagrootjie is./Baas impliseer dat hy en Whitey familie is. 1
Whitey is geskok daarom sak hy op die bed neer./
Whitey wil seker maak/bevestig/kontroleer dat die inligting werklik daar staan./dat hy
iewers hoort./dat daar familietrekke is, daarom vat hy die Bybel en lees self. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.7.1 Muluti Joseph/Die induna van God/Haar oorlede man/Die vorige geestelike leier op
Manaka se lyfband. √ 1
Hy het in sy rol as geestelike leier ingegroei./
Hy is gereed om sy plek as geestelike leier in te neem. √ 1
9.7.2 Ja
Hy bid vir die eerste keer in jare.
Hy doen vir Ouma Essie ’n gebed.
Hy tree reeds as geestlike leier in die gemeenskap op.
Hy suggereer dat hy die herstel van die kerk sal lei./sy rol as geestelike leier aanvaar.
Hy sê dat daar vir hom (en die ander) werk is wat gedoen moet word. √√
2
Die kandidaat bied TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.
9.8 Hy bevestig dat hy sy oupagrootjie se doen en late op Manaka gaan voortsit./hy die
leier op Manaka sal wees soos in die tyd van sy oupagrootjie.
Hy herstel die bankies onder die worsboom sodat die gemeenskap/kinders daar kan
byeenkom./sodat kinders daar geleer kan word.
Hy en meneer Johnnie werk skouer aan skouer.
Hulle het ander mense op Manaka nodig./Hy koester nie meer ’n wrok teen die
plaaslike bevolking nie. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE redes vir EEN punt elk aan.
9.9 Ja
Albei tree soos familie op.
Hulle reik uit na mekaar.
Hulle is nou mededeelsaam.
Hulle vertrou mekaar. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE ooreenkomste vir EEN punt elk aan.
9.10 Die seuntjie moet in ’n boom klim om te kyk of hy die boot sien./
Die seuntjie moet hom help om Baas se boot te kry. √ 1
9.11 Die alomteenwoordige verteller is objektief in sy beskrywing van die gebeure./weet
wat al die karakters doen, dink en sê./weet hoekom Whitey die seuntjie leen./kan op
verskillende plekke wees./help met karakterisering in teks D./beskryf die verhoudings
tussen die verskillende karakters as hulle saambid./as hulle hande vat./ √ 1
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2016
SSE – Memorandum
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
W – Tant Wonnie verliese I – Inhoud
S – Struktuur & Taal
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Tant Wonnie was een van die armstes op Vatmaar, want sy is gedwing om haar
groot huis te verkoop en in ’n agterkamer te bly./Bv. bl.107: Hulle het op ander se
genade in ’n buitekamer gebly wat eens op ’n tyd aan hulle behoort het.
• Piet de Bruin het ook nie die erfposie wat Tant Wonnie uit Sannah Vosloo se boedel
moes ontvang, aan haar gegee nie./Bv. bl. 135: En van daardie dag af probeer hy my
terugbetaal.
• Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde
vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap./Bv. bl. 268: Toe
haar kind die laaste swakke asem uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan
staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ...
• Tant Wonnie se goedheid word uitgebuit deur die gemeenskap, soos deur Settie en
Johnny September as sy vir hul rit na Vatmaar betaal./Bv. bl. 190: Hy lig weer die bottel.
Die twee lag weer en toe smyt hy die bottel by die kapkar uit.
• Tant Wonnie ‘verloor’ haar kind omdat ander mense haar kind vat om te gaan werk,
want Anna de Bruin het Kaatjie net gevat en vir Mevrou Bosman as kinderoppasser
gegee./Bv. bl. 135: Miesies de Bruin, jy het geen reg om my kind vir die Bosmans te gee
nie ...
• Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie wettiglik
met hom getroud was nie en dus nie geregtig was op sy oorlogspensioen nie./
Bv. bl. 206: Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay-office
toe ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
• Tant Wonnie verloor weer alles, want met haar terugkoms is haar kamer geplunder en
haar besittings gesteel./Bv. bl.136: Alles wat binne was, was geplunder.
• Tant Wonnie aanvaar haar ontslag uit die diens van die De Bruins omdat sy weet
hulle was eintlik dié wat verleë was./Bv. bl. 130: Toemaar, daar was ’n dag wat jy my
nodig gehad het ...
• Tant Wonnie verloor haar werk by die De Bruins omdat Piet se suster oorlede is wat
Tant Wonnie teen sy attensies verdedig het. Sy moet terugkeer na Vatmaar./Bv. bl. 136:
Na Sannah Vosloo se begrafnis is Tant Wonnie en Suzan alleen terug Vatmaar toe.
• Tant Wonnie leef in armoede en met slegs Kaatjie se hulp, moes sy en Suzan van voor
begin./Bv. bl.136: Sy en Suzan het ’n nuwe lewe in armoede begin ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Tant Wonnie word verder verneder toe Piet de Bruin haar op sy vragmotor laai en
met opset die langste pad na die polisiekantoor toe ry omdat hy haar wou terugkry vir
haar weiering van sy seksuele attensies./Bv. bl. 142: Piet de Bruin het die langste
moontlike pad deur die Pan gery na die charge-office toe.
• Tant Wonnie ervaar intense hartseer omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die oorlog
sterf en ses van haar kinders in die Groot Griep./Bv. bl. 180-181: My Heinrich het nooit
van die oorlog af teruggekom nie ... ek het ses met 1918 se Groot Griep verloor. Hulle is
almal saam in een sloot begrawe ...
• Settie September se vals beskuldiging van Tant Wonnie het veroorsaak dat sy vir
altyd die goedgunstigheid van die Vatmaar-gemeenskap verloor het, omdat hulle
haar altyd as ’n dief sou beskou./hul was nie by die hofverrigtinge nie./Bv. bl. 228: Maar
Wonnie, het jy nie al die mense na haar huis toe sien gaan nie?
• Tant Wonnie is van haar waardigheid ontneem toe sy saam met die polisieman op die
perd moes stap na die tronk./Bv. bl. 157–161: “Die polisieman het van sy perd afgeklim en
haar hande voor haar lyf vasgeboei, ’n prisonier moet voor die perd uitloop ...”
• Tant Wonnie ervaar vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht werk omdat
Piet de Bruin haar probeer verkrag./Bv. bl. 135: Jou vuilgat, jou vuilgat! het ek gesê ... Piet
de Bruin het soos ’n gekweste bul weggeloop. En van daardie dag af probeer hy my
terugbetaal.
• Tant Wonnie voel haar lewe lank dat sy iets moet terugbetaal nadat Piet de Bruin
probeer het om haar seksueel te verlei./Bv. bl.135: En van daardie dag af probeer hy my
terugbetaal.
• Tant Wonnie ervaar vernedering omdat haar intieme briewe van Heinrich met die
gemeenskap gedeel is nadat Moira Jacobs dit vir Tant Wonnie moes lees en alles wat
daarin staan uitgeblaker en die inhoud aangedik het./Bv. bl. 207: Nou hierdie Moira het
altyd jou vader se briewe vir my gelees. Die volgende dag het die hele Vatmaar geweet
wat daarin staan.
• Tant Wonnie is gebroke oor Norman se dood, want sy besef sy het hom al die tyd
liefgehad./Bv. bl. 215: Toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek weggeloop en my hart
gaan uithuil ...
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
OF
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Oom Flip het diamante gesteel. √ 1
Bennie was ’n vleisdief. √ 1
11.2 Vatmaar is ’n fiktiewe woonplek ongeveer 8 km (vyf myl) van Du Toitspan af. √ 1
11.3 Settie September het gesê sy het haar ring gesteel. √ 1
Tant Wonnie was ’n Rehoboth-baster/nie blank nie/wat op grond van rasse-
klassifikasie so sleg deur die blanke polisieman behandel is./
Tant Wonnie was baie arm;/daarom behandel die polisieman haar as deel van die
laagste vlak van die bevolking.
Die polisieman het nie respek vir Tant Wonnie nie. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2016
SSE – Memorandum
11.4 Die verteller dra kennis van al die gebeure in teks E./
Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/inwoners) se
handelinge./
Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/die inwoners) se
ingesteldheid.
Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/die konstabel/die inwoners)
se emosies. √ 1
11.5 Die wit man is blatant rassisties./word as blatant rassisties gestereotipeer./
Die wit man word gestereotipeer dat hy geen respek vir ’n ander ras/vrou het nie.√ 1
Die Müller-vroue word in hierdie roman gestereotipeer as sterk./vreesloos. √ 1
11.6 Familiewaardes
Ewige liefde
Ware liefde
Getrouheid
Hardwerkendheid √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE waardes vir EEN punt elk aan.
Ja
Gesinne leef in vrede en liefde saam./
Ek is bewus van baie voorbeelde waar ware liefde seëvier.
OF
Nee
Die hegte familiestruktuur is nie meer in vandag se samelewing so belangrik nie./
Liefde het goedkoop geraak.√ 1
Die kandidaat bied EEN soortgelyke motivering vir EEN punt elk aan.
11.7 Spanning/Afwagting √ 1
11.8 Diensbaarheid
Onselfsugtigheid
Trots
Medemenslikheid
Deursettingsvermoë √√ 2
Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.
Die kandidaat bied TWEE karaktereienskappe vir EEN punt elk aan.
Hulle misbruik haar/haar goeie geaardheid./
Hulle het haar nie betaal nie/volgens die waarde van die werk wat sy gedoen het
betaal nie.√ 1
11.9 Beide die geregsdienaars verneder die oortreders. √ 1
11.10 As jy Engels kan praat, is jy beter as ander mense. √ 1
Ja
Oom Chai sê hulle dink hulle is beter as ander./
Suid-Afrika het toe nog sterk bande met Brittanje gehad./
Engels is hoër geag as Afrikaans. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2016
SSE – Memorandum
11.11 Die predikant behoort nie betrokke te wees by diefstal nie, maar hy gebruik nou die
Bybel as regverdiging vir die steel van die diamant. √
Die predikant behoort ’n waarheidsverkondiger van die Bybel te wees, maar hy
verdraai nou die Bybel om sy gewete te sus. √ 2
Alhoewel hy die waarheid praat, het die waarheid hom nooit vry gemaak nie./
Die waarheid het nooit tot sy vryheid gelei nie, want hy is ’n jaar later tydens die
eerste winter in die tronk oorlede.√ 1
Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied.
11.12 Vatmaar het sy ontstaan te danke aan goed wat maar net gevat is./
Sommige goed in Vatmaar is op oneerlike wyse bekom./
Hulle het nie geweet van die agste gebod nie. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
EN
Ja 2
Diefstal is ’n algemene verskynsel in ons samelewing vandag.
Die mens wil nie verantwoordelikheid vir verkeerde dade aanvaar nie.√√
Die kandidaat gee TWEE soortgelyke gemotiveerde menings vir EEN punt elk.
Aangesien diefstal strydig met die landswette is, kan NEE nie as antwoord aanvaar
word nie.
25
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
AM – Antie Grootmeisie beïnvloed Map I – Inhoud
BM – Blanchie beïnvloed Map S – Struktuur & Taal
BC – Blanchie beïnvloed Cavernelis
MC – Maud beïnvloed Cavernelis
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
• Antie Grootmeisie se verkragting./die dood van haar dogter laat Map in die tronk
beland/aan ’n skuldgevoel ly/sewe jaar van sy lewe in die tronk deurbring, want hy
voel verantwoordelik vir Antie Grootmeisie se toestand./stomheid./Bv. bl. 9: ... Ek is
jammer, oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma al gesê, ek is jammer oor dit
alles .../Bl. 15: Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat geverloor het daai selfde
aand nog ...
• Danksy Antie Grootmeisie se volgehoue besoeke./ondersteuning hou Map vol om
sy lewe in die tronk te verbeter/met sy bekeringsproses in die tronk, want sy ma se
liefde vir hom is tasbaar./hy weet dat sy hom nie verwerp nie./hy is steeds haar kind./
Bv. bl. 9: Ek is jammer, oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma al gesê, ek is
jammer oor dit alles .../Bl. 9 Ek het ge-change hierso in die tronk in. Ma wiet self./
Bl. 62: ANTIE GROOTMEISIE (praat vir die eerste keer in jare): Johnnie ...
• Antie Grootmeisie verwerp Map nie/ondersteun Map vir sewe jaar daarom neem Map
se inherente goedheid beheer van sy lewe./Bv. bl. 29: ... maar die Here, Hy het my
vergewe .../Bl. 29: Kyk, hy het nuwe klere aan!/Bl. 62: ANTIE GROOTMEISIE (praat vir
die eerste keer in jare): Johnnie ...
• Die teenwoordigheid en invloed van die vroue, Antie Grootmeisie en Blanchie maak
Map se uitsiglose bestaan in die tronk positiewer./Bv. bl. 10: Het Ma al vir Blanchie gesê
van my, lat ek vir Ma gesê het ek het die Here gekry hierso ...
• Blanchie het ’n positiewe invloed op Map se tronkbestaan, veral wanneer sy hom
besoek omdat hy van skooltyd af lief is vir haar en daarom, wil hy hê sy moet weet hy is
weer Johnnie./Bv. bl. 11: ... lat ek ’n annerste man is ... Ma ... Sê tog vir Blanchie wat ek
sê .../Bl. 13: Ek het ... vir haar ... liefgehad ...
• Blanchie is die rede waarom Map sy lewe in die tronk wil verander omdat hy
deurgaans in die tronk vra dat sy ma haar die ware toedrag van sake moet gaan
vertel./Bv. bl. 25: Ek het vir Blanchie gesê, Hy breek die gevangenis vir my oop!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Blanchie besoek Map nie meer nie, want sy werk by die Lonely Hearts./as
model./assosieer nie met hom in die tronk nie./haar pa verbied haar om met Map/Johnnie
iets te make te hê./en dit veroorsaak konflik by Map./Bv. bl. 23: Hy’s ’n ... ’n misdadiger .../
Bl. 23: Jy moet nou weg van hom af ... weg, weg, weg van hom af ...
• Map word vrygemaak, want Blanchie besef haar eie skuld./Bv. bl. 60: Ek is so vuil,
Johnnie .../bl. 60: Johnnie ...
Maud ondersteun Cavernelis se droom om uit die township te kom, want sy doen ook
ekstra naaldwerk./sy meen hulle verdien beter./Bv. bl. 1: Skaars by die huis, skaars by die
huis, dan is hy weer vort./Bl. 42: ... wat kan sý tog inkry moet die naaimasjien moet die
dressmaking ...
• Maud moedig Cavernelis aan om hulle uit die township te kry, want sy dink hulle is
beter as die ander mense./verdien beter./Bv. bl. 3: Ek sê vir jou, we must get óút of here,
óút, óút ...
• Maud herinner hom gedurig aan sy drome van ’n beter lewe en dit spoor hom aan
om harder te werk, maar sy kla aanhoudend omdat hy so hard werk./nie vir haar tyd het
nie./Bv. bl. 2: God, you’re a good man ... I’m sure you’re a good man./Bl. 4: Not to worry,
Cavernelis-darling ...
• Maud se uiteindelike reaksie op die nuus dat Blanchie nie die kontrak gekry het nie
lei tot Cavernelis se selfdood, want hy kan nie haar gramskap/ontnugtering verduur
nie./Bv. bl. 54: Fóóls! Bloody stupid fools! Jus’ look at us now, kyk nou ... hoe humiliate
julle vir ons!!!
• Cavernelis se strewe na ’n beter lewe word aangevuur, want Blanchie aanvaar die
werk wat haar pa vir haar kry./Bv. bl. 42: Daar was ’n rumour al, ma’ ek moet sê dis nou
maar net ’n rumour, lat Blanchie ... well ... ’n abortion gehad het .../Bl. 55: ‘Is alles Daddy
se skuld!
• Cavernelis se besef dat hulle as gesin vir mekaar se ondergang verantwoordelik is,
lei tot sy selfmoord, want hy besef dit het nie die vryheid gebring waarna hy so gesmag
het nie./’n mens kan nie jou vryheid op so ’n manier koop nie.
• Blanchie se uitbarsting/beskuldiging laat Cavernelis besef dat hy Blanchie misbruik
het, want hy voel skuldig en die uiteinde daarvan is sy selfdood./Bv. bl. 54: So jy’t rêrig
gedink Blanchie gaat Paris toe! En lat die geld sal kom? ... You must be joking,
Cavernelis-darling!/Bl. 59: Daddy! ... Johnnie ... hy word nooit so nie, hy’t nog ... nooit ...
nog ... so ... Toe ... loop hy net ... weg ...
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
25
OF
VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Map se goeie gedrag het hom parool besorg. √ 1
Map is veronderstel om 12 jaar tronkstraf uit te dien./
Map is na sewe jaar ’n vry man. √ 1
13.2 Map het net sy suster en Ma probeer beskerm./
Hy het homself gaan oorgee./
Map het onmiddellik skuld erken. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2016
SSE – Memorandum
13.3 Richie is skynheilig./inmengerig./bemoeisiek. √ 1
Richie en Cyril praat oor alles en almal, maar nou klink hy onskuldig deur te sê dit het
niks met hulle te make nie.√ 1
Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied.
13.4 Lag gee ’n verklaring van die aksie wat die karakter moet uitvoer./
Lag gee nodige inligting vir die regisseur. √ 1
Die kerrimskyfies is “kinders” verskaf belangrike agtergrondkennis./
Die kerrimskyfies is “kinders” verskaf inligting vir die leser om die handeling/intrige
beter te verstaan. √ 1
13.5 Die dramaturg gebruik “sy”/“haar”./
Die dramaturg maak nie “die ou lady” se identiteit direk bekend nie. √ 1
Die dramaturg verwys nie na ’n spesifieke aand nie./
Die dramaturg verwys nie na gebeure op daardie spesifieke aand nie. √ 1
13.6 Ja.
Richie sê hy was bly hy was nie daardie aand saam nie, wat daarop dui dat hy al
voorheen ook by sulke dinge betrokke was.
Die twee is ook leeglêers wat niks beter is as die manne wat daardie aand saam met
Map was nie.
Hulle praat nou net so omdat hulle gelukkig (verlig) is dat hulle nie in ’n soortgelyke
situasie beland het nie.
OF
Nee.
Richie/Hulle was moontlik voorheen by sulke dinge betrokke, daarom weet hy wat
aangaan.
Diegene wat by sulke gebeure betrokke raak, kan tereg “varke” genoem word.
Richie/Hulle moet ook verantwoordelikheid vir hul dade (as bendelede) aanvaar. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE bewyse vir EEN punt elk aan.
13.7 La Guma is ’n selfaangestelde politieke kommentator./
La Guma is ’n aktivis./
La Guma is ’n karikatuur weens sy obsessie met politiek/fiksheid./
La Guma belig die milieu/agtergrond/sosio-kulturele omstandighede./
La Guma dra by tot konflik by ander karakters. 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2016
SSE – Memorandum
13.8 Kaapse Vlakte. √ 1
Die ruimte frustreer hulle./
Die ruimte lei tot ’n lae moreel./
Die ruimte veroorsaak dat hulle nie hoop/’n toekomsverwagting het nie.√ 1
Die inwoners is vasgevang in ’n metaforiese tronk.
Hulle is vanweë die landswette van die tyd gedwing om op die Kaapse Vlakte te woon
waaraan hulle nie kan verander nie.
Die ruimte is gekenmerk deur misdaad en sosiale probleme.
Ledigheid lei tot sosiale en maatskaplike misdrywe waarvan die mense deel word.
Hul bedrywighede in dié omgewing hou verreikende en uiters negatiewe gevolge in. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
13.9 Cavernelis wil niks van Map Jacobs se doen en late weet nie./
Cavernelis wil die feit dat Map uit die tronk kom, ignoreer./
Cavernelis ignoreer die gedagte dat Map weer moontlik deel van hul lewe kan raak. √ 1
13.10 Die lot van mense wat in ’n uitsiglose bestaan vasgevang is./
Die lot van mense wie se kanse op uitkoms min is./
Ontworteling/
Uitgeworpenheid/
Die weggooibares/
Die vergete mense/
’n Soeke na identiteit. √ 1
13.11 Albei is maniere om jou identiteit/herkoms te bevestig. √ 1
Nee.
Cavernelis wou nooit in die township bly (behoort) nie.
Cavernelis beskou tatoeëermerke as eie aan misdadigers soos Map.
Cavernelis beskou homself as ’n Bolander./het geweet waar hy hoort. √√ 2
Die kandidaat kan nie JA as antwoord aanbied nie.
13.12 Adam Small teken protes aan oor onderdrukking./die ontmagtiging van die mens./die
apartheidsbeleid./armoede. √ 1
Die mense leef in haglike omstandighede, ’n wasteland.
Onregverdigheid is aan die orde van die dag wanneer blankes voorkeur vir werk kry.
Sosiale en maatskaplike probleme, soos bendes en werkloosheid, vier hoogty.
Probleme soos verkragting van Antie Grootmeisie en Klein-Meisie kom onder die loep.
Apartheidwetgewing het hierdie nedersetting tot gevolg.√√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan.
25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2016
SSE – Memorandum
MIS – Reza de Wet
VRAAG 14: MIS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ’n breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
KODE
S – Sirkus I – Inhoud
S – Struktuur & Taal
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Die sirkus beklemtoon die armoedige bestaan wat Miem-hulle voer aangesien die
sirkus as die eksotiese in die drama voorgestel word./Bv. bl. 3: Die kombuis van ’n
armoedige huisie op ’n kleinhoewe net buite ’n plattelandse dorpie./Bl. 29: Ek sien die
tent. Die groot tent en die liggies.
• Die sirkus as simbool van die bose skep afwagting by die kyker/leser wat wonder
watter negatiewe invloed die sirkus op die karakters gaan hê./Bv. bl. 11: Die dwase! Maar
ek was my hande in onskuld.
• Die sirkus veroorsaak konflik tussen Miem en Meisie, want Meisie kyk na die liggies
terwyl Miem haar verbied het./Bv. bl. 7: Liggies! Jy weet ek het jou verbied!
• Die teenwoordigheid van die sirkus veroorsaak dat Miem vir Meisie verwyt oor die
invloed van Meisie se ongehoorsaamheid op Miem se gesondheid. Daardeur probeer
Miem ’n houvas op Meisie verkry./Bv. bl. 7: Ek kon vir twee weke net gortsop eet.
• Vir Miem simboliseer die sirkus die bose, want dis iets waarteen ander gewaarsku
moet word./Bv. bl. 11: Ons het gewaarsku en gewaarsku, maar hulle wou nie hoor nie. As
ek dink aan die aaklige mense.
• Die sirkus laat Miem besef dat Meisie ontevrede/ongelukkig in haar omstandighede
is, maar sy is onkundig oor die werklike rede vir Meisie se ontevredenheid./Bv. bl. 11: Dit
sal haar goed doen. Sy is mos alewig ontevrede.
• Gertie se vertelling oor die sirkus laat haar vermoed dat die meisies elke keer verdwyn
het wanneer die sirkus in die dorp is./Bv. bl. 13: Die sirkusgedoente was die vorige kere
ook hier. Op dieselfde aand! Wie weet, miskien is hy een van hulle!
• Die onheil waarvan die sirkus die simbool is, veroorsaak dat Miem vir Konstabel in
hul huis toelaat om hul te beskerm, onwetend dat hy Meisie gaan verlei, die bose is./
Bv. bl. 15: Kom gerus binne.
• Die sirkus veroorsaak dat Gertie nie eerlik teenoor Miem kan wees nie, want sy jok
oor haar rede om na die sirkus te gaan./Bv. bl. 11: Sien ... ek wou na hierdie arme
skepsels gaan kyk ... hierdie armsalige en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge
kan tel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2016
SSE – Memorandum
• Met Gertie se vertelling van haar besoek aan die sirkus is dit duidelik dat sy haar
neerdrukkende oujongnooibestaan deur die sirkus kan ontsnap./Bv. bl. 13: Kyk na MIEM
en MEISIE asof sy wakker word.
• Meisie voel vasgevang in haar omstandighede, sy mag nie die sirkus besoek nie en die
sirkus word haar simbool van bevryding./Bv. bl. 12: Sy is mos alewig ontevrede./bl. 30: En
elke jaar het sy my streng belet om sirkus toe te gaan.
• Meisie verander van skaam om met die Konstabel te praat na opgewonde wanneer sy
deur die venster na die sirkusliggies kyk en daardeur betower word./Bv. bl. 28: besig om te
loer. Opgewonde.
• Die sirkus veroorsaak skuldgevoelens by Meisie, sy vra Konstabel om nie vir haar ma
te sê dat sy na die liggies kyk nie, daardeur word die Konstabel Meisie se vertroueling./
vriend./Bv. bl. 28: Moet tog nie vir my ma sê nie, asseblief.
• Meisie voel aangetrokke tot die kleurryke, flambojante hofnar wat haar aan die sirkus
herinner en dit lei tot haar bevryding./Bv. bl. 52: Hy maak ’n effense buiginkie en wys haar
met ’n sjarmante handgebaar by die huis uit.
• Die sirkusmusiek wat in die verloop van die drama gehoor kan word, dra tot die
eenheid van die drama by./Bv. bl. 15: Deur die oop deur kan die sirkusmusiek gehoor
word./Bl. 19: Die aaklige musiek. Dit hinder u seker ook, Konstabel.
• Die sirkusmusiek, wat elke keer wanneer die deur oopgemaak word, gehoor kan
word, skep spanning./Bv. bl. 4: Die sirkusmusiek is baie belangrik en word altyd gehoor
wanneer die agterdeur oopgemaak word.
• Die sirkusmusiek dra tot Meisie se verleiding/bevryding by wanneer die Konstabel
haar dwing om ’n rukkie daarna te luister./Bv. bl. 51 MEISIE: Asseblief! Maak toe die
venster. Ek mag nie die musiek hoor nie! Asseblief. KONSTABEL: Net vir ’n rukkie.
• Die sirkusmusiek betower Meisie en dra so tot haar bevryding by wanneer sy op die
maat van die musiek by die huis uitdans./Bv. bl. 51: Sy beweeg haar kop effens op maat
van die musiek. Dan begin sy fyn danspassies uitvoer wat herinner aan dié van ’n
marionet.
• Die Konstabel word deur die sirkusmusiek betower om van Konstabel na ’n
hofnar/pierrot te transformeer en Meisie so uit haar omstandighede te bevry./Bv. bl. 49: Hy
staan met sy rug na die gehoor en luister na die sirkusmusiek./Bl. 50: Hy luister na die
musiek en glimlag effens. Dan beweeg hy sy kop van kant tot kant. Byna droomverlore
voer hy, sonder om weg te beweeg, ’n paar danspassies uit wat herinner aan dié van ’n
marionet.
• Die hofnar bevry Meisie, want sy dans op maat van die sirkusmusiek by die agterdeur
uit./Bl. 51: Haar dans word nog uitbundiger.
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.
25
OF
VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Gertie wil sê dat hulle dankbaar is vir sy beskerming gedurende daardie nag./dat hulle
in die gevreesde nag veilig sal wees. √ 1
15.2 Sy is afhanklik van haar ma se goedkeuring.
Sy is bang dat haar ma met haar sal raas./ontevrede sal wees.
Sy is bang dat haar ma weer sal siek word.
Sy is gewoond daaraan om oor alles rekenskap te gee. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke redes vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2016
SSE – Memorandum
15.3 Dis 31 Augustus 1936 wat vir hulle gevaar inhou.
In die vorige twee jaar het daar telkens op dié spesifieke nag ’n jong meisie verdwyn.
Die drie vrouens is alleen in die huis sonder ’n manlike beskermer.
Gertie stel belang in die Konstabel./probeer Konstabel beïndruk. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE redes vir EEN punt elk aan.
15.4 Nee
Hy beplan om Meisie later in die nag weg te voer./uit die huis te neem./te ontvoer./
Hy beplan om die vrouens te mislei. √ 1
15.5.1 Sy beskerm Meisie.
Sy is bang dat iemand vir Meisie sal wil kom ontvoer.
Sy wil nie vir Meisie aan die bose invloed van die sirkusmusiek blootstel nie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk aan.
Ja
Sy onderdruk/domineer Meisie so dat Meisie smag na vryheid van haar beperkende/
beklemmende omstandighede. √ 1
Nee kan nie as ’n antwoord aangebied word nie.
15.5.2 Sy is van mening dat die gevaar buite is, maar die gevaar is reeds in die huis in die
persoon van Konstabel./
Sy vertrou die Konstabel omdat hy ’n uniform dra, maar hy is die towenaar-hofnar wat
Meisie gaan bevry./
Die sirkusmusiek is nie die euwel/bose/negatiewe invloed nie, maar sy is die oorsaak
van Meisie se ontevredenheid./
Die sirkusmusiek is nie die euwel nie, maar haar siekte is die oorsaak van Meisie se
ontevredenheid./
Die sirkusmusiek is nie die euwel nie, maar haar beheptheid met die beswering van die
bose is die oorsaak van Meisie se ontevredenheid. √ 1
Albei kante van die ironie moet aangebied word.
15.6 blind staar (teen die feite) √ 1
misgekyk het √ 1
15.7 Ja
Dit wil Miem/die leser voorberei op die gebeure van die nag./
Dit beklemtoon Konstabel se valsheid en manipulering./
Dit skep spanning./
Dit herinner die leser/vrouens aan die dreigende gevaar.
Dit vorm deel van die verwikkeling van die drama. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.
NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2016
SSE – Memorandum
15.8 Gertie leef haar in Konstabel se beskrywing van tant Hannie in.
Gertie word so deur Konstabel gemanipuleer dat sy meegevoer word.
Gertie ervaar nou die sensualiteit waarna sy so smag. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
“beswyming” √ 1
Gertie wil graag van haar eensame bestaan bevry word./
Gertie is ook ’n gevangene van haar omstandighede./
Gertie wil graag van haar oujongnooiskap bevry word./
Gertie wil graag van haar vervelige bestaan bevry word. √ 1
15.9 Dit dra by tot spanning./maak die leser bewus van die onheilspellende buiteruimte.
Dit dra by tot afwagting √ 1
Dit skep ’n valse gerustheid. √ 1
15.10 Dit dui op Miem se eie valsheid. √ 1
15.11 TEKS J
Sy is ’n eensame/ongelukkige/gefrustreerde vrou wat smag na haar man se
teenwoordigheid./
Sy is self ’n gevangene wat smag na bevryding van haar omstandighede./
Sy gee net voor om so sterk en in beheer te wees. √ 1
EN
TEKS I
Sy wil Meisie se liggaam en siel teen alles wat boos is, beskerm./
Sy besweer die bose deur Meisie teen al die negatiewe, wêreldse invloede te
beskerm./
Miem is ’n dominerende ma./
Miem is ’n sterk ma./
Miem is ’n kwaai ma./
Miem is ’n onsimpatieke ma./
Miem het nie begrip vir haar kind se behoeftes nie./
Miem het nie begrip vir haar kind se verlangens nie. √ 1
EN
Sy is baie onverantwoordelik deur Konstabel in die huis toe te laat./
Sy is baie onverantwoordelik deur te dink dat iemand met ’n uniform aan kan vertrou
word./
Sy is baie onverantwoordelik deur Meisie aan Konstabel af te smeer./
Sy is baie onverantwoordelik deur haar eie selfsugtige begeertes (t.o.v. Gabriël) bo
Meisie se veiligheid te stel./
Sy is baie onverantwoordelik deur Meisie nooit vryheid te gun nie./
Sy is baie onverantwoordelik deur nooit moeite te doen om ’n beter verhouding met
Meisie te hê nie. √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 27 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed -Enkele goeie punte ter onderwerp -Geen verwysing na die
Diepte van argument, -Reeks treffende geïnterpreteer ondersteuning van die -Byna geen punte wat gedig nie
verantwoordbaarheid en argumente wat behoorlik -Respons redelik onderwerp die onderwerp -Leerder het nie die
insig in teks uit die gedig gerugsteun gedetailleerd -Enkele argumente word ondersteun nie genre en gedig onder
is -Enkele deeglike ondersteun, maar -Onvoldoende begrip die knie nie
7 PUNTE -Uitstekende begrip van argumente gegee, maar bewyse nie altyd van genre en gedig
die genre en gedig nie almal ewe goed oortuigend nie
gemotiveer nie -Basiese begrip van
-Begrip van genre en genre en gedig
gedig duidelik
STRUKTUUR & TAAL 3 2 1 1 0
Struktuur, logiese vloei -Samehangende -Duidelike struktuur en -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Struktuur swak
en aanbieding struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning -Ernstige taalfoute
Taalgebruik, toon en styl -Argumente goed argument -‘n Goed -Argumente nie logies -Foutiewe styl
gebruik in opstel gestruktureer en daar is -Vloei van argumente gestruktureerde logiese gerangskik nie
duidelike ontwikkeling kan gevolg word vloei en samehang -Taalfoute beduidend
3 PUNTE -Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en ontbreek in die opstel -Toon en styl nie geskik
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Geringe taalfoute; toon nie
beïndruk en is korrek en styl meestal gepas
-Grammatika, spelling
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 9–10 7 5 4 0–2
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2
Downloaded from hlayiso.com 28 DBE/2016
SSE – Memorandum
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
-Uitsonderlike respons: -Toon begrip van die -Redelike interpretasie -Onbevredigende -Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die van die onderwerp; nie interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp Uitstekende respons: onderwerp goed alle aspekte in detail onderwerp: byna geen -Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer ondersoek nie aspekte in detail vraag te beantwoord
verantwoordbaarheid en -Diepgaande -Respons redelik -Enkele goeie punte ter ondersoek nie -Argumente oortuig nie
insig in teks interpretasie van gedetailleerd ondersteuning van die -Min punte wat die -Leerder het nie die
onderwerp -Enkele deeglike onderwerp onderwerp ondersteun genre en teks onder die
15 PUNTE -Reeks treffende argumente gegee, maar -Enkele argumente word -Baie min relevante knie nie
argumente wat behoorlik nie almal ewe goed ondersteun, maar argumente
uit die roman/drama gemotiveer nie bewyse nie altyd -Weinig begrip van
gerugsteun is -Begrip van genre en oortuigend nie genre en teks
-Uitstekende begrip van teks duidelik -Basiese begrip van
die genre en teks genre en teks
STRUKTUUR & TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
-Samehangende -Duidelike struktuur -Enkele bewyse van -Struktuur toon tekens -Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur -Logiese vloei van struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
en aanbieding -Uitstekende inleiding en argument -Logika en samehang is -Argumente nie logies van argumente
Taalgebruik, toon en styl slot -Inleiding, slot en ander duidelik, maar met foute gerangskik nie -Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel -Argumente goed paragrawe -Enkele taalfoute; toon -Taalfoute beduidend styl laat hierdie skryfstuk
gestruktureer en daar is samehangend en styl meestal gepas -Toon en styl nie geskik misluk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling georganiseer -Paragrafering meestal nie -Styl en toon nie geskik
-Taalgebruik, toon en -Taalgebruik, toon en korrek -Paragrafering foutief nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek -Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper