Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202032 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020, 32 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2020

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRHL.2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2020 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye. OGGENDSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "Versagtende omstandighede" Opstelvraag 10 6 2. "Nog in my laaste woorde" Kontekstuele vraag 10 8 3. " 'n vigslyer sterf" Kontekstuele vraag 10 9 4. "Twee kleuters in die Kontekstuele vraag 10 10 Vondelpark" EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. " 'n Aandlied" Kontekstuele vraag 10 12 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 13 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 13 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16 10. Vatmaar Opstelvraag 25 19 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19 12. Onderwêreld Opstelvraag 25 21 13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 21 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 23 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 23 16. Mis Opstelvraag 25 26 17. Mis Kontekstuele vraag 25 26 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK NOMMER BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Versagtende omstandighede – Peter Snyders 1 Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik 2 innie hiemel, 3 maa Here, vergiewe, 4 die hiemel issie my soort liewe, 5 ek hou van sing en harpmusiek 6 maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg. 7 En Here, dit sal hel vi my wies 8 om met niks-doen myself elke dag te vervies; 9 en sover dit die goudstrate 10 en pearly-gates betref, 11 wat baat dit? 12 Klip en teer is veels meer werd. 13 Maa Here, hou my baas asseblief tog daa 14 want waa hy nie kan exploit nie 15 is hy tog te naar; 16 en hou hom dop want sonner om te aarsel 17 sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel. 18 Ja, Here, ekket my foutjies oek 19 en waar amil perfek is 20 sal ek heeldag vloek, 21 want volle perfection en contentment 22 sal my torture tot binne-in my fonnement. 23 En dan boenop hoor ek 24 seks is yt – 25 soe stuur my aire hel toe 26 of waar ek my talent kan gebryk. 27 En as ek te goed is 28 om gebraai te word 29 laat my lieweste trug kom, Lord 30 as kunstenaar na 'n land 31 in 'n historiese tyd – 32 soes Suid-Afrika, 33 waar ek kan teer 34 op 'n tesamebeleid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS 35 En tussen die revolutions 36 (hou my aanie underdog se kant) 37 sorg dat ek by Florrie 38 (vroeër mevrou Soetwater) 39 voorit te laat is, beland. 40 Laat my dan liewer hier 41 oppie aarde ly 42 as om vir iewag in u 43 grafstienhiemel te bly. [Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992] Die spreker maak in die gediginhoud én die titel van ironie gebruik om versagtende omstandighede aan te bied. Bespreek die ironie in die gedig in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Nog in my laaste woorde – NP van Wyk Louw 1 Nog in my laaste woorde sal jy wees, 2 nog in die laaste skeemring van my dink 3 en weet, as ek alleen in die bitter vrees 4 van sterwe lê, en al die mindre sink 5 in my deur vaal vergetelheid: veel haat, 6 veel liefde wat kon waag om min te vra, 7 ure wat rus geken't, of blote daad, 8 en nie die teken van jou onrus dra, 9 o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind 10 vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand; 11 wat áls kon eis en nooit volkome vind 12 versadiging! Dán weet ek het jou hand 13 my jeug se oopgelate kring voltooi: 14 mooi is die lewe en die dood is mooi. [Bron: Die halwe kring, 1937] 2.1 Waarna verwys die spreker in versreël 1? (1) 2.2 Waarom is die herhaling van "nog in" en "laaste" in versreël 2 onderskeidelik effektief? (2) 2.3 Wat is die funksie van die leesteken in versreël 9? (1) 2.4 Is die stemming in versreëls 9 tot 14 somber? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2) 2.5 Watter TWEE soorte eindrym kom in versreëls 9 tot 14 voor? Hoekom verander die eindrym in versreëls 13 en 14? (3) 2.6 Wie bring die spreker tot die gevolgtrekking in versreël 14? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. 'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant 1 die takelwerk word afgetakel 2 stadig sien sy geliefdes hom inplof 3 die bekende vlees na binne stort 4 hulle sien hom reeds stof word 5 iets wil huil oor die bros vel 6 wat soos dun seil oor brose stokke lê 7 oor die mond wat iets wil sê 8 die gewig van lug 9 is vir die hand te swaar 10 die lyf 11 nou klein en seer 12 het byna alles reeds verleer 13 net die oë bly groter staar 14 soek na raad teen al die skade 15 na die genade van sag gaan 16 na verstaan [Bron: Poësiepalet, 2007] 3.1 Met watter woord in die titel dui die spreker aan dat die gedig algemeen van toepassing gemaak kan word? (1) 3.2 Benoem die stylfiguur in versreël 2. Wat word met die gebruik van die stylfiguur beklemtoon? (2) 3.3 Herlees versreëls 5 tot 7. Is die woordgebruik van die woorde "bros" en "brose" onderskeidelik ten opsigte van die vigslyer se toestand effektief? Motiveer telkens jou antwoord. Hoe sluit die sinekdogee in versreël 7 by dié allitererende woorde aan? (3) 3.4 In versreëls 1 tot 4 word die vigslyer se liggaam metafories aan 'n skip gelyk gestel. Haal die woorde in versreëls 5 tot 7 aan wat dié metafoor verder uitbrei. (1) 3.5 Hoe hef die tipografie in versreël 10 die vigslyer se kleinerwordende liggaam uit? (1) 3.6 Haal die eufemisme in versreël 15 aan. By watter woord in die titel sluit hierdie eufemisme aan? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers 1 Twee kleuters in die Vondelpark bly staan 2 'n klein oneindigheid lank hand-in-hand. 3 Smetloos geteken dryf die dubbelswaan: 4 gesplete hart van hals en dubbelhals, 5 geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan, 6 geslote snawel dynserig vervals 7 met eenkant lug en water anderkant. 8 Versadig van die roerlose gesig 9 pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand 10 vir verdergaan, sleep haar tot ewewig 11 as sy nog strompelend omkyk na die swaan. 12 Verby die bome druis die straatrumoer. 13 Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer, 14 bromfiets tot motor, sal hy konstateer 15 – die wiel sy ordeteken – dat hy lid 16 is van die kollektiewe Lilliput. 17 Maar sý sien webbe onderwater roer. 18 Miskien is dit die laaste dag van staar 19 en grondelose verwondering. Wat sou 20 hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar? 21 'n Saaklike barbaar, 'n fyn sadis, 22 'n doktrinêre Hollandse meneer? 23 En sý 'n druk slagvaardige mevrou 24 met 'n allure van dít-is-soos-dit-is? 25 Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer. [Bron: Balans, 1962] 4.1 Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit versreëls 1 tot 2 neer wat die kleuters se verwonderde reaksie aandui. (1) 4.2 Op watter wyse sluit die strofebou van versreëls 1 en 2 by die titel aan? (1) 4.3 Met watter woord in versreëls 13 tot 16 suggereer die spreker dat die man iemand is wat in die gemeenskap verdwyn? (1) 4.4 Haal albei die oksimorons uit versreëls 19 tot 22 aan. Kies EEN van jou antwoorde en motiveer waarom dit binne konteks 'n oksimoron is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2020 SS/NSS 4.5 Watter retoriese middel word in die slotreël gebruik om die noue verwantskap tussen werklikheid en nie-werklikheid te beklemtoon? Hoekom is dié verwantskap tekenend van die dogtertjie/vrou se leefwêreld? (2) 4.6 Dink jy die gebruik van "Smetloos" en "dubbelswaan" in versreël 3 dra by tot die tema in die slot van die gedig? Motiveer jou antwoord deur na dié woorde afsonderlik te verwys. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2020 SS/NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. 'n Aandlied – Ina Rousseau 1 Die oomblik 2 Toe die Donderdag afsak in die see, die klokke 3 Vir die aand-biduur ophou om te lui, 4 Die duiwe terugvlieg na hulle hokke 5 En die lewerik stilbly in die lemoenhoutboom 6 Is die ysterlong in die hospitaal afgeskakel 7 En uitgestoot in die gang; wat oorbly opsygesit; 8 Apparate losgeskroef en afgetakel; 9 Lakens verwyder na die outoklaaf*… 10 En die persoon wat toegang tot die kamer 11 Geweier is, het omgedraai en weggedwaal, 12 En die twaalf papawers met hulle krenkende, strak 13 Meeldrade geslinger in die naaste 14 Vuilisblik. * Outoklaaf: Lugdigte kamer of houer wat met stoom onder druk gevul kan word en wat o.a. gebruik word om te steriliseer of te kook. [HAT] [Bron: Taxa, 1970] 5.1 Gee VYF opeenvolgende woorde uit versreël 2 wat by "Aand-" in die titel aansluit. (1) 5.2 Hoe sluit versreëls 2 tot 5 by die inhoud van versreël 1 aan? Dink jy die lengte van versreël 1 teenoor versreëls 2 tot 5 se lengte is effektief? Motiveer jou antwoord. (2) 5.3 Herlees versreëls 6 tot 9. By watter woord in versreël 8 en versreël 9 onderskeidelik sluit die woord "ysterlong" (versreël 6) aan? Hoekom pas die ellipsteken/beletselteken in versreël 9 by die strofe se inhoud? (3) 5.4 Benoem die beeldspraak in versreëls 12 en 13. Is dié beeldspraak geslaagd? Motiveer jou antwoord. (2) 5.5 Met watter woord in versreëls 12 tot 14 suggereer die spreker in die gedig die besoeker se emosie? (1) 5.6 Verskil die eindrym in versreëls 10 tot 14 van die eindrym in versreëls 1 tot 9? Gee 'n rede vir jou antwoord. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Iris ervaar dat sy vanweë haar andersheid nie inpas nie. Bespreek hierdie deurlopende tema in die roman in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A "Ons gaan hom mis. Hy promoveer mos een van die dae." Ek het geknik om te wys ek stem saam met al drie bewerings. "Nog van die ou soort wat wil trou en tuinmaak." "Ek weet nie van die tuinmaak nie," het ek gesê en haar vertel van Joe en die modelleerkontrak en die briefie wat ek vir hom by die hotel gelos het toe ons 5 douvoordag daar weg is. "Nee!" het Bettie gekryt. Sy het haar hand oor haar mond gedruk en gelyk asof sy gaan huil. "Jy moes dit nie gedoen het nie! So 'n kans kry 'n mens net een keer in 'n leeftyd." Ek het nie krag gehad om haar te vertel van die Engel se neerbuigende "Jou dom 10 aap" nie. Daarom het ek net my skouers opgehaal. "Ek het Amerika toe gekom om vir Peter te sien en miskien bietjie van die land. Nie om te werk nie." Sy het steeds ontsteld gelyk en om haar aandag af te lei, het ek haar gevra wat sy doen en of sy werk. Haar antwoord het my verras. Ek het my voorgestel sy is 'n sosiale werkster of 'n onderwyseres of iemand verbonde aan 'n rehabilitasiesentrum. Sy het 15 gelyk na iemand wat hard probeer om iets reg te kry en nooit daarin slaag nie. Die alkoholiste wat sy probeer rehabiliteer het, het net weer begin drink, die gebroke gesinne wat sy met welsyn en goeie bedoelinge op die pad van regskapenheid gehelp het, het mekaar net van voor af gehaat … 7.1 Na wie verwys Bettie in reël 1? (1) 7.2 Gee 'n rede waarom Iris aanvanklik dink dat sy nie wil trou nie. Dink jy die vakansie by Bettie en Brian dra by tot Iris se onwilligheid om te trou? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (3) 7.3 Hoe verskil die beroepe wat Bettie en Brian onderskeidelik beoefen van hulle persoonlikhede? (2) 7.4 By watter tema sluit Bettie se woorde in reëls 8 en 9 aan? Dink jy Iris se konflik hieroor beperk haar ontwikkeling? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2020 SS/NSS 7.5 Die Engel vervul die rol van raadgewer in Iris se lewe (reëls 10 en 11). Noem TWEE voorbeelde van raad wat die Engel in Amerika vir Iris oor menseverhoudinge gee. Hoekom het Iris 'n raadgewer in haar lewe nodig? (3) 7.6 Hoe verskil Iris se beroepskeuse van haar pa se verwagting van haar? Gee TWEE redes waarom sy iets anders doen as wat haar pa verwag. (3) EN TEKS B "Swart met 'n geel bek. 'n Huishoudelike soort voël. Hou van mense, maak nes in geute, stoepbalke, onder afdakke of sommer op die grond." "Het jy en jou broer 'n gesamentlike studie gemaak van name en die betekenisse?" het ek gevra. Hy het gegrinnik en meteens nes sy broer gelyk. "Nee, dis net 'n stokperdjie." 5 "En jou naam dan?" "Kom van Johan, wat Jon geword het. Ma is Johanna, wat Anna en toe Ans geword het." "Ons het ook 'n Johanna," het ek vertel. "Een van jou susters?" 10 "Amper." Hy het 'n hand vol grondboontjies geskep, teruggelê teen die bank en hulle een vir een in sy mond gegooi. "Pa sê jy kan goël," het hy tussen twee monde vol gesê. "Ek weet nie waar kom hy daaraan nie." "Goël?" het Merel gevra. Sy het agter die rusbank op haar knieë gehurk en die 15 grondboontjies opgetel wat Jonsie mis gegooi het. "Sy praat met geeste," het Jonsie verduidelik. "G'n wonder Piet weet nie wat hom getref het nie." Merel het haar kop skuins gedraai en vraend opgekyk na my. Sy het nogal na 'n spreeu gelyk met haar lang, skraal lyf en blouswart hare, behalwe dat haar lippe rooi 20 was, nie geel nie. "Wat leuk," het sy opgemerk. "Kan jy die boeke uit die boekrak laat val?" het hy gevra. "Nie tensy ek die boekrak omstamp nie." Dwarsdeur die ete het die oom my onderlangs dopgehou. Ek het so normaal moontlik probeer optree en die gesin vergas met my ondervindinge in New York. 25 7.7 Wat gee aanleiding tot Iris se besoek in TEKS B? (1) 7.8 Van watter belang is die inligting wat in reëls 1 en 2 verskaf word vir Iris se verhouding met Jonsie en Merel? (1) 7.9 Watter betekenis van Iris se naam het Peter tydens hul eerste ontmoeting gegee? Het hierdie betekenis tydens hulle ontmoeting by Iris se voorkoms gepas? Motiveer jou antwoord. (2) 7.10 Noem TWEE voorbeelde van Johanna se invloed op Iris se selfstandigheid. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2020 SS/NSS 7.11 Is Iris se negatiewe gesindheid teenoor haar skoonpa geregverdig? Motiveer jou antwoord. (1) 7.12 Herlees reëls 7 tot 9 van TEKS A en reëls 24 tot 25 van TEKS B. Identifiseer die ruimtes in TEKS A en TEKS B onderskeidelik. Op watter wyse beïnvloed die Engel se teenwoordigheid in Iris se lewe Bettie (TEKS A) en Ans ("die oom" se vrou) (TEKS B) se optrede teenoor Iris? (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2020 SS/NSS MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Ouma Essie se woorde en optrede het 'n bepalende invloed op Baas se siening en uitlewing van Christenskap op Manaka. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C Die vark moes eers met die laaste van die eerste reeks Brindles klaarspeel voor hy by Baas kon kom. Hulle word saam in 'n vergete plaaskerkhof in die digte reënwoude van die Houtboschberg begrawe. Een van die talle legendes wat aan elke nuwe Chipmangeslag oorgedra word, wil dit hê dat Baas later in sy lewe net een tand oorgehad het en dat hy daarmee, tot met 5 sy dood op nege en tagtigjarige leeftyd, steeds sy daaglikse el wildsbiltong geëet het. 'n Kleinseun van die buffeljagter van Barotseland word na sy ouma Johanna se mense vernoem en Page Chipman gedoop. Hy sluit hom by sy pa Baas en ouer broer (ook genoem Baas) aan, en word boswerker in die inheemse woude van die Hout- boschberg. Page trou met Grace Bosman, 'n meisie uit 'n gesiene Boerefamilie. 10 In Maart 1952 word nog 'n geslag bygevoeg toe Page en Grace Chipman se enigste kind gebore word, die vierde geslag Chipmans, met die naam Dennis, ook met die noemnaam Baas. Die jong Dennis Chipman bring smiddae ná skool en gedurende vakansies saam met sy pa Page sy tyd deur in die woude waar die bosreuse met byle neergevel en 15 met putsae verwerk word – kiaat, mahonie, vaalbos, witstinkhout. Toe sy pa die eienaar van 'n saagmeule word, is hy in die fabriek waar die hout verwerk word ewe tuis as in die bos. Op laerskool reeds is dit duidelik dat hy, soos sy oupagrootjie, lank gaan wees, rankerig gebou, met breë skouers wat effens vooroor buig – die tekens van 'n sterk 20 man in wording. 9.1 Watter gebeurtenis lei daartoe dat die stigter van die Manaka sendingstasie na Suid-Afrika terugkeer? (1) 9.2 Onder watter ander bynaam het Baas Dennis, die Buffeljagter van Barotseland, bekend gestaan en waarom is dié bynaam aan hom gegee? (2) 9.3 Dink jy Baas, die hoofkarakter, se heldeverering vir sy oupagrootjie het hom voorberei vir die tyd in Barotseland? Motiveer jou antwoord met DRIE feite. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2020 SS/NSS 9.4 Watter karaktereienskap van Page en Grace Chipman reflekteer in die volgende? 9.4.1 Baas se hantering van die mense van Manaka (1) 9.4.2 Baas se uiteindelike besluit oor die kerk op Manaka (1) 9.5 Aan wie erken Baas later sy negatiewe gevoelens teenoor die moordenaars van sy ouers? Watter TWEE feite oor dié persoon se lewensverhaal dwing Baas om skaam te voel oor sy eie wrokkigheid? (3) 9.6 Oor watter TWEE dinge is Baas spyt as hy aan sy ouers terugdink? Dink jy dit is regverdig dat hy homself hieroor kwalik neem? Motiveer jou antwoord deur na albei sake te verwys. (4) EN TEKS D Van die rivier se kant af word die veraf gekef van die honde harder. Die trop kom teen die bult uit. Hulle maak hoë tjankgeluide soos wanneer hulle agter prooi aan is. Dan sien hulle die donker figuur voor die honde uithardloop. Dit is meneer Chisupo. Longwane hardloop langs hom. Sy keer hom na die rantjie toe aan. Baas struikel tussen die ysterklippe deur teen die ongelykte af. Maar dit is te laat. Met sy goiingsak 5 onder die arm en sy kapmes in die hand, storm meneer Chisupo op volle vaart die vlamme in. Hy val binne-in die hoop brandende balke. Vir 'n oomblik lyk dit of hy gaan opstaan. Sy liggaam trek stadig agteroor. Hy ruk asof iets in hom ontplof. "Hoe verskriklik," sê Whitey. "Niemand het genoeg vir hom omgegee nie," sê Grace stil. 10 "Omgee, ja. Dis sendingbloed." Baas raak aan Grace se skouer. "Is dit wat van jou 'n Christen maak?" "Ja. En die weet," antwoord sy. "Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna. Kom, ons moet die tyding gaan oordra." Die wind draai. Hulle loop verby die vuur. Die honde maal onrustig om hulle. 15 Longwane spring tjankend teen Baas op. By Fumi roep Grace lank voor iemand uit die lapa kom. "Meneer Daaimon is nie by die huis nie," sê sy. "My tante Maria sê sy weet nie wanneer hy terug sal wees nie. Miskien kan ons met die ngambela gaan praat." Duskant Mubuyu kry hulle die groot trop buffels in die pad. 20 9.7 Waarvoor gebruik meneer Chisupo die kapmes en hoe lei dié gebeure tot Baas se aanvaarding van sy rol op Manaka? (2) 9.8 Meneer Johnnie verklaar in 'n stadium hoekom meneer Chisupo nie vir Baas probeer toor nie. Hoe bewys meneer Chisupo se dood dat meneer Johnnie reg was? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2020 SS/NSS 9.9 Herlees reël 10. Waarom is Grace se woorde 'n beskuldiging teenoor haar en Baas onderskeidelik? (2) 9.10 "Omgee, ja. Dis sendingbloed." (reël 11) Waarom is hierdie woorde op Whitey aan die een kant en Nanna aan die ander kant van toepassing, maar 'n aanklag teen ds. Griesel du Pisani? (3) 9.11 Herlees reël 7 van TEKS C en reël 20 van TEKS D. Wat is die naam van die leierbuffel op Manaka en hoe hou die skiet van dié buffel verband met die buffeljagter van TEKS C? (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2020 SS/NSS VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG 'n Sentrale tema in die roman is dat 'n mens mag "vat" wat nie aan jou behoort nie; dit geld vir die Boere en Engelse gedurende die Tweede Vryheidsoorlog asook die Vatmaar-inwoners. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Dit was toe dat Kaaitjie agter die boomstam uitkom en laggend sê: Dit is seker ek, Mineer. Hy het daar gestaan en sy bicycle vasgehou terwyl sy na hom toe aankom. Wat kan ek vir Mineer doen? het sy gevra. Hy het saggies vir homself gesê: Dis sy! Dieselfde meisie met dieselfde kleur rok. 5 Maar nou kon hy sien dat die rok haar nie pas nie. Dit moet tweedehands wees. Hy het sy hand uitgesteek en gesê: My naam is Kenny. Sy het gelag, en toe hy vra: En joune? sê sy: Kaaitjie. Hy het by homself gedink: Jy is net my Kaaitjie, te groot rok of te nie. Toe vra hy haar waar sy die Sondag na hulle eerste ontmoeting was, en sy vertel dat dit haar 10 maandelikse Sondag af was, wanneer sy altyd haar loon kry en dit na haar Ma-Ma in Vatmaar toe vat. Ek spandeer gewoontlik net vyf sjielings op kos, want as ek te veel koop, raak dit te swaar om Vatmaar toe te dra, het sy gesê. En wat doen jy met die orige vyf sjielings, Kaaitjie? 15 Ek gee dit vir my Ma-Ma, Mineer. Reken, het hy gedink. Nog so kinderlik, of eenvoudig, soos ons dit in Graaff-Reinet noem, en in haar armoede is haar glimlag so onskuldig en eerlik. Dan kry jy tien sjielings 'n maand? het hy gesê. Ja, Mineer, my Ma-Ma sê ons moet dankbaar wees vir die bietjie want as die baie 20 eendag kom, sal ons weet om dit te waardeer. 11.1 Waar het Kaaitjie en Kenneth mekaar vir die eerste keer ontmoet? (1) 11.2 Dink jy die sosiopolitieke omstandighede wat in Vatmaar heers, beïnvloed Kaaitjie se werksomstandighede? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3) 11.3 Op watter manier veroorsaak Kaaitjie en Kenneth se verhouding vir Mevrou Bosman, vir Kenneth en vir Tant Wonnie onderskeidelik pyn? (3) 11.4 Is die tema dat 'n mens mag vat wat nie aan jou behoort nie op Mevrou Bosman van toepassing? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2020 SS/NSS 11.5 Sowel Tant Wonnie as Onie-as beleef Piet de Bruin se optrede. 11.5.1 Gee 'n voorbeeld van Piet de Bruin se onregverdige optrede teenoor Tant Wonnie en Onie-as onderskeidelik. (2) 11.5.2 Op watter Tswana-manier betaal Onie-as die witman terug? Betaal Tant Wonnie mense wat lelik teenoor haar optree, op 'n lelike manier terug? Motiveer jou antwoord. (2) 11.6 Op watter TWEE maniere word Tant Wonnie se verwagting (in reëls 20 tot 21 van "baie" wat "eendag" sal kom) waar? Watter TWEE mense maak dit moontlik dat Tant Wonnie beter dae beleef? (4) EN TEKS F … maar toe loop hy agter sy nuutgevonde liefde en sy kind aan. Hy het agter haar geloop en nie 'n woord gesê nie. Sy het voor geloop asof sy geweet het waarheen sy gaan. Maar in haar eenvoud het sy net een ding in haar kop gehad – om nooit weer op daardie klipstoele te sit nie. Party van Vatmaar het agter hulle aangeloop, soos 'n gespeende kalf agter sy 5 koeima aan loop. By die halfway-house het Suzan en Kenny gaan staan sodat hy die baba verder kon abba en sy die sak by hom kon oorvat. Hulle het omgedraai en hulle se hande hoog in die lug gehou en so, sonder 'n woord, gegroet. Boitjie Afrika en sy sokkerspan het agter in die paaitjie bly staan en nie teruggegroet nie. Voor hy uiteindelik teruggedraai het Vatmaar toe, het hy net gesê: 10 Ek het hom liewe' gehad as my eige broe'. Al het ek hom soe kôt geken. Dit was die laaste keer dat Vatmaar vir Kenneth Kleinhans, Suzan en klein Heinrich gesien of van hulle gehoor het. En Vatmaar was daarna nooit weer dieselfde nie. Suzan se eerste treinreis 15 Dit was Suzan se heel eerste treinreis. Kenny het byna al sy geld gebruik om vir hulle en "onse kind", soos hulle Heinrich genoem het, derdeklas-kaartjies te koop, en om vir sy gereedskap in die guard-van te betaal. Sy het gesê: Vat alles of anders moet ons weer terugkom hiernatoe. Kenny het net een gedagte in sy kop gehad en dié het hy probeer wegjaag: Wat 20 sal Dad en Ma sê? 11.7 Watter gebeure gee aanleiding daartoe dat Kenneth en Suzan Vatmaar vir goed verlaat? (1) 11.8 Waarom was dit vir Suzan so belangrik om nooit weer op Vatmaar se "klipstoele" te sit nie? (1) 11.9 Op watter manier dra Kenneth tot die totstandkoming van Boitjie Afrika se sokkerveld by? Noem EEN ander nalatenskap in Vatmaar wat Kenneth tot stand gebring het. (2) 11.10 Hoe verskil Kenneth se werksomstandighede van die inwoners van Vatmaar s'n? Hoe dra sy agtergrond hiertoe by? (2) 11.11 Herlees reëls 6 tot 9 van TEKS E en reëls 16 tot 21 van TEKS F. Watter TWEE tekortkominge van Kaaitjie (in TEKS E) diskwalifiseer haar as droomskoondogter vir Kenneth se ouers? Waarom is Kenneth in TEKS F so bekommerd oor wat sy pa en ma sal sê? (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2020 SS/NSS ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Opstand teen gesag is 'n deurlopende tema in die roman. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde deur na Greg te verwys. [25] VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G Hy staan hier tussen ons, maar op 'n manier is hy eenkant. Arms gevou. Sy oë vasgenael op die donker gat in die grond. Skaduwees trek lang swart strepe oor die plaveisel. Stemme slaan vas teen die geboue. Ons wag, asems opgehou totdat … die eerste bleek vingers oor die rand van die 5 mangat vou. 'n Kop verskyn. Kwanele hou sy hand uit, vat die Trapper s'n vas, trek hom uit. Die jong seun kom staan voor my en vir 'n oomblik lank kyk ek hom vas in die oë. Dan gee ek hom die geheime Lawson Kollege-handdruk. En uit die Trapper se sak haal ek die klein flitsliggie. Die een wat ons in al die Trappers se sakke sit as hulle geblinddoek en in die rondte getol word, voordat hulle in die mangat wegsak. Maar op 10 daardie stadium is jy so gedisoriënteerd en bang dat jy dit nie eens agterkom nie. Jy word in die donker tonnels losgelaat, maar jy word die gereedskap gegee om jou te help om jou pad te vind. Die verbasing op die Trappers se gesigte is een wat hom daarna herhaaldelik gaan afspeel, weet ons almal. Ek glimlag. "Lux hominum vita," sê ek. "Lig is die lewe vir die 15 mensdom." Toe haal ek die doek wat om die Trapper se oë vasgebind was en wat nou los om sy nek hang, af. Ek vou dit op en sit dit in die Trapper se ander hand. "Om te onthou dat ons hier is om mekaar te help. Nou en in die toekoms." 13.1 Waarom is Eckardt (reël 1) hier "eenkant"? Hoekom het Eckardt vroeër die aand die Tonnel-seremonie vrygespring? (2) 13.2 Gee 'n rede waarom Eckardt later in die roman eers saam met Greg en dan later sónder Greg die Tonnel gebruik. (2) 13.3 Waarom lei die woorde én optrede van sy medeskoliere later in die roman tot Greg se innerlike konflik? Verwys in jou antwoord na hulle woorde én ook na hulle optrede. (2) 13.4 Waarom is die onderstreepte sin 'n vooruitwysing na die tema van "social engineering"/sosiale manipulering? Hoekom is dié sin ironies met betrekking tot Greg se lewe ? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2020 SS/NSS 13.5 Die uitvoering van Greg se woorde in reëls 17 en 18 veroorsaak later in die roman vir hom probleme. 13.5.1 Met watter TWEE volwassenes ervaar Greg uiterlike konflik as gevolg van sy soeke na Eckardt? Noem TWEE voorbeelde van innerlike konflik wat hy as gevolg van sy soeke na Eckardt ervaar. (4) 13.5.2 Het Greg met sy soeke na Eckardt die skoolleuse, "Lig is die lewe vir die mensdom", bewaarheid? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS H "Toe jy vir Dok ontmasker het as die Butcher, het jy, sonder dat jy dit weet, ook jou pa vir die honde gegooi. Met al daardie dokumente wat jy vir die polisie gegee het, is dit net 'n hop, skip en 'n jump verder en hulle kom arresteer jou pa ook vir sy aandeel in Project Nursery Rhyme." Die oomblik is soos 'n reusegolf wat my alleen op 'n strand kry, oor my breek, my 5 platvee, uitmekaarruk. Só voel dit 'n ruk lank, maar dan is dit asof dieselfde brander my weer regop trek, of sy krag in my lyf begin opstoot; my 'n uitlaatklep gee vir my woede. En toe ek sien, is Eckardt op die grond. Met my vuiste wat hom tref. In die gesig. Bloed oor my hande. Hy keer, stamp my van hom af. Ek val met my rug teen een van die groot ysterpotte voor die galery se deur. Byt op my tande teen die seer. Nou is 10 Eckardt by my. Sy houe tref eers my bors, dan my gesig. Pyn skiet deur my kop. Ek het lus en lê net daar dat hy my doodmaak. Dit voel amper vir my of ek dit verdien omdat ek my pa, my eie pa, op só 'n manier in die steek gelaat het. Ek voel hoe die bloed uit my neus stroom. Ek proe dit op my lippe, sien die nat rooi kolle op my klere wat aan my lyf kleef. 15 Eckardt is sterker as wat ek gedink het. Watse woede is in hom? 13.6 Wat is Greg se pa se naam in Project Nursery Rhyme? Op watter TWEE maniere ondersteun Dok Pienaar se naam sy dade in die roman? (3) 13.7 Watter insig oor sy pa (vroeër in die gastehuis) veroorsaak dat Greg in die slot van die roman oor sy pa huil? (1) 13.8 Verskil Greg se "woede" (reël 7) van Eckardt se "woede" (reël 16)? Motiveer jou antwoord. (1) 13.9 Dink jy Eckardt se optrede teenoor Greg kan geregverdig word? Motiveer jou antwoord en noem TWEE gevolge wat Eckardt se wraaksug vir die Owen-gesin inhou. (3) 13.10 Op watter manier het John sy pa in die steek gelaat? (1) 13.11 Herlees reëls 16 tot 17 van TEKS G en reëls 1 tot 4 van TEKS H. Op watter DRIE maniere is die letterlike handeling in TEKS G (reëls 16 tot 17) op 'n figuurlike wyse van toepassing in TEKS H (reëls 1 tot 4)? (3) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde die positiewe en negatiewe invloed wat die milieu op die Kaapse Vlakte op Map het. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I MAP: Dit maak nie saak nie … Ek wil net daai kans hê, om te wys … lat ek 'n annerste man is … Ma … Sê tog vir Blanchie wat ek sê … Sy knik. Stilte. MAP: Ma lyk goed. Hoe gaan it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou … Dis regte mense daai, Oompie Paulsen- 5 hulle. Oompie Paulsen en Kaffi'tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou al hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is 'n lang tyd, maar 'is oek 'n kort tyd, ek onthou al hulle name even … en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, wat is sy van nou weer … en Tommy Sobotker, Tommy moet sy goetertjies! … Kan Ma gló, ek kom ýt, op die sewende … 10 O ja, Freddy la Vitta … Sy knik. MAP: Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir hom ek het ge-veranner, Ma … Hy hoef nie meer te worry oor my moet Blanchie nie … Sewe jare. Onthou Ma nog vir Uncle Cavernelis moet sy suitcase 15 moet die soft goods (lag 'n bietjie), die overtime-werk om ekstra geld te verdien, geld, geld, geld … vir 'n plot grond en 'n huis in Grassy Park, of even in Belhar weg van die township af … (Hy lag.) Antie Grootmeisie ontsteld. MAP: Ek het vir Uncle Cavernelis alles vergewe, sê vir hom … Hy't later gedink 20 ek is rubbish, ek wiet. Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste! (Hy pleit.) 15.1 Watter TWEE persone help vir Map in die tronk om 'n nuwe begin te kan maak? (2) 15.2 Waarom sê Map nie self vir Blanchie dat hy verander het nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2020 SS/NSS 15.3 Wat suggereer Map met die onderstreepte woorde in reël 5 oor die verhouding tussen die orkeslede? Waarom is hierdie woorde van Map ironies ten opsigte van die orkes nádat parool aan hom toegestaan is? (2) 15.4 Noem TWEE ooreenkomste tussen Tommy Sebotker, Cyril en Richie. Gee TWEE bewyse dat Cyril van Cavernelis verskil wat werk en sosiale interaksie onderskeidelik betref. (4) 15.5 Wie is die eerste persoon wat by Map, nádat hy op parool vrygelaat is, nuus aandra? Hoe sluit Map se reaksie op dié nuus by sy veranderde lewensbenadering aan? (2) 15.6 Wat bereik Map met die verwysing na Cavernelis in reëls 13 en 14 en waarom kry Map nie die geleentheid om met Cavernelis versoen te raak nie? (2) 15.7 Het Map in reël 20 Cavernelis se betrokkenheid by Blanchie se werk in die masseersalon in gedagte? Motiveer jou antwoord. Gee TWEE redes waarom Cavernelis se dood tot die versoening tussen Map en Blanchie bydra. (3) EN TEKS J CAVERNELIS: (hard): Map! BLANCHIE: (ook hard): Nee! Nie Map nie! … Johnnie … CAVERNELIS: Maar Blanchie … kind … het jy gehoor, het jy dan nie gehoor, wat gebeur het … Blanchie? BLANCHIE: Maar … Daddy … (Dan huil sy) … 'Is nie soes Johnnie nie … 'is 5 nie … CAVERNELIS: Bly stil! BLANCHIE: (ken haar pa nie só teenoor haar nie): Daddy! Stilte. CAVERNELIS: Ek is … jammer … Blanchie … Maar … Dis hy … 10 BLANCHIE: Daddy! … Ag, Here, Daddy … CAVERNELIS: (stukkend): Hy's 'n … 'n misdadiger … BLANCHIE: Nee! Dis … dis 'n lieg! … CAVERNELIS: Ja! (Van sy wysie af.) Ja! Ja!! Ja!! Jaa!! BLANCHIE: O Here God, wat het gebeur!? Daddy … 15 CAVERNELIS: Jy moet nou weg van hom af … weg, weg, wég van hom af … BLANCHIE: Daddy … Daddy! … Johnnie … Johnnie, hoekom? … Johnnie … Sy huil. Cavernelis nog net so, starend. Die lig verander. Cavernelis verdwyn, en Blanchie is by Map, in die tronk. BLANCHIE: (bitter): Hoekom kom ek jou nog sien!? … Hoekom … kom ek jou 20 nog sien!! MAP: Blanchie … BLANCHIE: Hoekom … MAP: Blanchie … ek … BLANCHIE: Johnnie … 25 MAP: … ek het gesê ek is … sorry, man … ek … BLANCHIE: Johnnie … Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2020 SS/NSS MAP: … Ek wil oek iets gewies het … jy't tog ge-verstaan … BLANCHIE: (sluk): Okay … MAP: Ek was goed op skool … Jy't … ons het … mekaar geken … op 30 skool … BLANCHIE: Johnnie … MAP: Innie Elsies, jy onthou … BLANCHIE: (haar gemoed skiet vol): Ja … MAP: Blanchie … Die varke, toe het hulle't vir my my gesê, daar's 'n job, 35 dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir messenger … Jy't gewiet … Ons het problems gehad met geld … ek kon nie verder gaan nie, net matriek … Toe's al die jobs vir wittes … Net messenger vir my! … BLANCHIE: Johnnie … 40 15.8 Waarom praat Cavernelis in reël 1 van "Map" terwyl Blanchie die man "Johnnie" noem? (1) 15.9 Volgens haar woorde in reël 5 is Blanchie goedgelowig. Watter ander droom van Blanchie lei uiteindelik ook tot ontnugtering? (1) 15.10 Herlees reël 12. Hoekom is Cavernelis se emosie geloofwaardig? Dink jy Cavernelis tree deurgaans korrek op teenoor Blanchie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3) 15.11 Is die terugflits in reëls 20 tot 40 funksioneel? Motiveer jou antwoord. (1) 15.12 Herlees reëls 16 tot 18 van TEKS I en reëls 38 tot 39 van TEKS J. Gee die politieke omstandighede in die township wat bydra tot Map se woorde in reëls 16 tot 18 in TEKS I en reëls 38 tot 39 in TEKS J. Hoe sluit TEKS I en TEKS J by die tema van die drama aan? (3) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2020 SS/NSS MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde die positiewe en die negatiewe invloed wat Meisie se ouers op haar lewe het. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS K MIEM: Aag, nee wat, Meisie, jy is veels te nederig. Wil nooit eers geprys word nie. En dan help sy my nog met die sakke. (Laggie) Maar nou ja, 'n jong man is nou eenmaal so. 'n Mooi gesiggie is belangriker as deugde. Maar dié het sy ook. So mooi soos 'n engel. MEISIE: Ma! 5 MIEM: Jy hoef nie skaam te wees nie, Meisie. En haar hare is so lank en sag. Ek wens u kon haar sien, Konstabel. 'n Fees vir die oog. Miskien wil u haar hare voel? Toe, Meisie, laat die Konstabel aan jou hare voel. MEISIE: (huilerig) Ma. 10 KONSTABEL: Dit is regtig nie nodig nie, Mevrou. MIEM: Sy is viets en fyn. (Suggestief) Maar haar heupe is tog breed genoeg. (Kry skielik 'n blink idee) My wêreld, Gertie, ons het nog nooit jou bed opgemaak nie. GERTIE: Ek sal dit self doen. 15 MIEM: Beslis nie. Kom, dan help ek jou. GERTIE: Kan dit nie wag tot later nie? MIEM: Nee, dit word laat. (Maak 'n betekenisvolle kopbeweging wat net GERTIE kan sien) Kom nou. GERTIE: (baie onwillig) Nou ja, dan. 20 MIEM: Meisie sal jou geselskap hou, Konstabel. Sy is 'n bietjie ingetoë maar as jy haar aanmoedig, kruip sy uit haar dop. Kom, Gertie. GERTIE volg MIEM. Hulle verdwyn deur die gangdeur. Die KONSTABEL sit doodstil. MEISIE is ongemaklik en vroetel met haar hande. 25 MEISIE: (na 'n stilte) Ek is jammer. KONSTABEL: En waaroor, Juffrou? MEISIE: Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan mense nie. KONSTABEL: Werklik, Juffrou? Kry u nie besoekers nie? MEISIE: Nie eintlik nie. 30 KONSTABEL: En … waarom nie? So 'n aantreklike, jong dame? 17.1 Na watter "sakke" verwys Miem in reël 2? Waarom is hierdie "sakke" die enigste uitweg vir Miem en Meisie? (2) 17.2 Waarom sou 'n mens vir Miem van valsheid kon beskuldig as sy Meisie in reëls 1 en 2 komplimenteer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2020 SS/NSS 17.3 Hoekom is dit enersyds verstaanbaar en andersyds ironies dat Miem Meisie se deugde aan Konstabel besing? (2) 17.4 Watter gesindheid by Gertie word deur haar onwilligheid in reël 20 gesuggereer? Watter TWEE handelinge van Gertie later in die drama versterk hierdie suggestie? (3) 17.5 Op watter TWEE maniere oortuig Konstabel deur die loop van die aand vir Meisie om hom te vertrou? Gee TWEE redes waarom Meisie so 'n maklike slagoffer van Konstabel is. (4) 17.6 Herlees reëls 21 tot 22. Is hierdie woorde vooruitwysend na die slot van die drama? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS L MEISIE: Nee! Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan dink nie. Om te dink, is om te doen. KONSTABEL: (byna verleidelik) Maar jy kan tog vir my sê. Net een keer. Ek is 'n vreemdeling. En blind. MEISIE: (onseker) Ek weet nie … 5 KONSTABEL: (fluister) Niemand sal ooit weet nie. MEISIE: Nou goed, ek sal vir u vertel en dan sal ek daarvan vergeet. (Knyp haar oë styf toe) Vir altyd en vir ewig. (Stilte. Begin vertel en leef haar heeltemal in. Sagte vlae wind word gehoor en dit word geleidelik effens harder) Een jaar was die sirkus hier. Soos nou. Maar dit was 10 'n warm aand. ' 'n Vroeë somer,' het my ma gesê. 'Dit bring droogte en pestilensies.' (Sag) Dis bedompig in die huis. Ons maak die vensters oop en toe gaan ons slaap. Skielik skrik ek wakker. Ek lê in die donker en luister na die musiek. Dis asof die musiek al harder word. Die takke skraap teen die dak. Die gordyne waai, op maat van 15 die musiek. Ek gaan staan voor die venster. Ek sien die tent. Die groot tent en die liggies. Die musiek word harder en harder. Ek klim deur die venster, spring af tussen die rose, gaan deur die tuinhekkie en hardloop na die skougronde. Sommer net so. Kaalvoet oor die dorings. Ek loop tussen die hokke deur. 'n Tier grom. Ape raas. Ek 20 staan by die tent. (Laggie) Toe sien ek 'n gaatjie en ek loer daardeur. (Maak die 'gaatjie' met duim en voorvinger en loer daardeur) 17.7 Waarna verwys Meisie in reël 1? (1) 17.8 By watter tema van die drama sluit Meisie se woorde in reëls 1 tot 2 aan? Noem TWEE bewyse uit die drama dat Meisie juis die teenoorgestelde doen. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2020 SS/NSS 17.9 Dink jy Konstabel se byvoeging van "En blind" in reël 4 is 'n geslaagde vorm van manipulering? Motiveer jou antwoord. (1) 17.10 Waarom het Meisie rose voor haar kamervenster geplant? Hoe word haar opstandigheid deur hierdie daad geïllustreer? (2) 17.11 Noem DRIE ooreenkomste tussen Meisie en die twee meisies wat die vorige twee jaar verdwyn het. (3) 17.12 Herlees reël 28 van TEKS K en reël 21 van TEKS L. Hoe motiveer hierdie twee spreekbeurte onderskeidelik die feit dat Meisie in haar ouerhuis slegs 'n toeskouer is wat na die lewe kyk? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all