Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2015
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2015 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2015, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 463.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
NSC November Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ’n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde),
proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk
gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 80 minute
AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ’n OPSTEL van 400–450 woorde.
1.1
Hiér kuier, speel, leef en lag ons. [50]
1.2 Hou hierdie oomblikke in ’n
dagboek vas! [50]
1.3 Lees sluit deure oop. [50]
1.4 Geluk is soos ’n bril –
dikwels soek jy naarstiglik
daarna terwyl dit
vóór jou oë sit!
– Fliegende Blätter – [50]
1.5 Skryf ’n OPSTEL wat met die paragraaf hieronder as ’n INLEIDING begin.
Jy moet dié inleidingsparagraaf in jou ANTWOORDEBOEK oorskryf.
Ek dink terug aan daardie Oukersdag toe ek voor die
winkelvenster gaan staan en ewe skielik iemand met my
hoor praat het. Dít het my lewe verander ... [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2015
NSS
1.6 Kies EEN van die volgende visuele prikkels en skryf ’n opstel daaroor. Verskaf
jou eie opskrif.
1.6.1
[Uit: www.photostock.com] [50]
1.6.2
[Uit: www.photostock.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2015
NSS
1.6.3
[Uit: www.spiralstairs.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elkeen.
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jou skoolloopbaan is verby. Jou oupa en/of ouma is baie bekommerd oor die
rigting wat jy wil inslaan.
Skryf ’n BRIEF aan jou oupa en/of ouma en stel hom/haar/hulle gerus. [25]
2.2 HULDEBLYK
Jou geliefde troeteldier is onlangs dood nadat hy/sy etlike jare deel van jou
lewe was.
Skryf ’n HULDEBLYK oor dié dier. [25]
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Sosiale media
Dit gons, twiet en gesels saam!
Kan dit goed wees vir ons?
Of beïnvloed dit ons negatief?
Skryf ’n ARTIKEL vir ’n tienertydskrif waarin jy die voor- en nadele van sosiale
media bespreek. Gebruik bogenoemde opskrif. [25]
2.4 DIALOOG
Jy het ’n vriend/vriendin wat deesdae al meer waarde aan uiterlike vertoon en
materiële besittings heg: hoe groter en blinker, hoe beter!
Jy voel baie sterk daaroor dat uiterlike vertoon en besittings nié bepalend is
nie: die vere maak beslis nie die voël nie!
Skryf die DIALOOG waarin julle mekaar van julle onderskeie standpunte
probeer oortuig. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2015
NSS
2.5 AGENDA EN NOTULE
Gedurende die 2016-Junievakansie bied organiseerders in Reitz, Mosselbaai,
Christiana en Estcourt elk ’n kultuurfees of sportontwikkelingstoernooi aan.
Die skoolkoor/’n Sportspan beplan om een van dié feeste of toernooie by te
woon.
As sekretaris van die skoolkoor/sportspan moet jy die reëlingsvergadering
beplan en die notule daarvan neem.
Stel die AGENDA vir hierdie reëlingsvergadering op en skryf dan die
toepaslike NOTULE. [25]
2.6 FORMELE BRIEF
Jou skoolhoof is onlangs deur ’n keuringspaneel van die Departement van
Basiese Onderwys as die beste skoolhoof in die land aangewys.
Skryf ’n GELUKWENSINGSBRIEF waarin jy hom/haar met hierdie
uitsonderlike prestasie gelukwens. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2014 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper