Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220176 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2017, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde, ens.), redigeer en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 80 minute AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2017 NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 Dit was sterk skemer ... [50] 1.2 Die anker(s) in my lewe [50] 1.3 Weg met byname ... of nie? [50] 1.4 Wanneer stiltes praat [50] 1.5 Mars, my (ons) nuwe woning(?) [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die nommer en jou eie titel neer. 1.6.1 [Bron: http://i1.wp.com/maroelamedia.co.za] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2017 NSS 1.6.2 [Bron: https://za.pinterest.com/explore/street-art] [50] 1.6.3 [Bron: http://www.freepik.com/free-vector/] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2017 NSS AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elk. Skryf die nommers neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Daar heers onmin in jou huis: jou ouers weier volstrek dat jy gedurende die Desembervakansie saam met jou vriende wegbreek. Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou ouers waarin jy probeer om hulle te oortuig om jou toe te laat om saam met jou vriende weg te breek. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: VERSOEK Die plaaslike skool het 'n tekort aan boeke vir die biblioteek/mediasentrum. Rig 'n VERSOEK aan die voorsitter van die Gemeenskapsforum in jou omgewing waarin jy hom/haar vra om boeke vir die biblioteek/mediasentrum te skenk en so 'n verskil in die leerders se lewens te maak. [25] 2.3 HULDEBLYK Aan die einde van jou skoolloopbaan wil jy graag by 'n geleentheid hulde bring aan 'n weldoener in die gemeenskap wat jou ondersteun het. Skryf die HULDEBLYK. [25] 2.4 FORMELE VERSLAG Jy moet aan die skoolhoof verslag lewer oor die geslaagdheid van 'n musiekkonsert wat by julle skool aangebied is. Skryf die FORMELE VERSLAG. [25] 2.5 KOERANTARTIKEL Skryf 'n KOERANTARTIKEL met die opskrif: Besin eer jy begin: "stuur" maak die lewe suur! Die doel met die artikel is om leerders van die gevare van sosiale media bewus te maak. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2017 NSS 2.6 ONDERHOUD Jy het die geleentheid om 'n onderhoud met die Minister van Basiese Onderwys te voer oor die uitdagings wat 'n matriekjaar vir die matrikulant inhou. Skryf die ONDERHOUD na afloop van die gesprek neer. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all