Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NOVEMBER 2017
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 577.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 29
This exam
NSC November Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/November 2017
NSS
9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/November 2017
NSS
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. '' 'n brief van hulle vakansie'' Opstelvraag 10 6
2. ''Versagtende omstandighede'' Kontekstuele vraag 10 7
3. ''Nog in my laaste woorde'' Kontekstuele vraag 10 8
4. ''oupa Thomas Daniel Granfield'' Kontekstuele vraag 10 9
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. ''Pleitskrif van die aarde'' Kontekstuele vraag 10 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 15
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15
10. Vatmaar Opstelvraag 25 18
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 18
12. Onderwêreld Opstelvraag 25 21
13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 21
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 24
15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 24
16. Mis Opstelvraag 25 27
17. Mis Kontekstuele vraag 25 27
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/November 2017
NSS
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
GETAL VRAE MERK
AFDELING VRAAGNOMMER
BEANTWOORD ()
A: Gedigte 1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte 5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman 6–13 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama 14–17 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
'n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach
vir oubaas:
1 Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
2 oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
3 die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
4 op die knieë van hul Gij Here God lê;
5 noudat ek agter 'n baard kou kan ek huil
6 as hulle snags my naam fluister met die ruite
7 donker knippende oë in die wind, oor die visolie
8 vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak
9 In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
10 en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
11 in 'n kortbroek en speel krieket op die duine
12 en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis
13 want hys 'n bokser dokter boer
14 'n kaptein en 'n held 'n indoena tussen grysaards –
15 En as die reën soos 'n gesluierde bruid oor die see kom
16 word die lieflinghond (Trixie) lam;
17 drie dae veg die veearts en buig dan die knie
18 en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
19 die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
20 'n soenoffer in die diep grond se skoot
21 want nou is hulle minnaars
22 stil bome in die najaar met die wind
23 strelende drome in die takke
24 onder komete leeftye lang wêrelde
25 My ooms sterf soos kapok in die son
26 hartaanval beroerte kanker en tering
27 en my pa word stiller en meer verskriklik
28 van dop tot dop
29 Hier waar die harde winters en nat somers
30 my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
31 die soet hart van my moeder
32 my pa se stil en bitter krag
[Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]
In die gedig, " 'n brief van hulle vakansie", dink die spreker na oor sy ouers se
aftakeling as gevolg van ouderdom.
Bespreek dié stelling in 'n opstel van 250–300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Versagtende omstandighede – Peter Snyders
1 Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik
2 innie hiemel,
3 maa Here, vergiewe,
4 die hiemel issie my soort liewe,
5 ek hou van sing en harpmusiek
6 maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.
7 En Here, dit sal hel vi my wies
8 om met niks-doen myself elke dag te vervies;
9 en sover dit die goudstrate
10 en pearly-gates betref,
11 wat baat dit?
12 Klip en teer is veels meer werd.
13 Maa Here, hou my baas asseblief tog daa
14 want waa hy nie kan exploit nie
15 is hy tog te naar;
16 en hou hom dop want sonner om te aarsel
17 sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.
18 Ja, Here, ekket my foutjies oek
19 en waar amil perfek is
20 sal ek heeldag vloek,
21 want volle perfection en contentment
22 sal my torture tot binne-in my fonnement.
23 En dan boenop hoor ek
24 seks is yt –
25 soe stuur my aire hel toe
26 of waar ek my talent kan gebryk.
27 En as ek te goed is
28 om gebraai te word
29 laat my lieweste trug kom, Lord
30 as kunstenaar na 'n land
31 in 'n historiese tyd –
32 soes Suid-Afrika,
33 waar ek kan teer
34 op 'n tesamebeleid.
35 En tussen die revolutions
36 (hou my aanie underdog se kant)
37 sorg dat ek by Florrie
38 (vroeër mevrou Soetwater)
39 voorit te laat is, beland.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/November 2017
NSS
40 Laat my dan liewer hier
41 oppie aarde ly
42 as om vir iewag in u
43 grafstienhiemel te bly.
[Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992]
2.1 Wie is aan die woord in hierdie gedig? Waarom is dié persoon as spreker in
hierdie gedig geloofwaardig? (2)
2.2 Gee die ironie in versreël 3–4 in jou eie woorde. (1)
2.3 Benoem die stylfiguur in versreël 7 en gee TWEE redes vir die mening wat
die spreker in versreël 7 huldig. (3)
2.4 Wat is die verband tussen ''historiese tyd'' (versreël 31) en ''tesamebeleid''
(versreël 34)? (1)
2.5 Wat is die funksie van die parentese in versreël 36? (1)
2.6 Waarom kan die gediginhoud as satiries beskou word? Sluit dié satire by die
gedigtitel aan? Motiveer jou antwoord. (2)
[10]
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Nog in my laaste woorde – NP van Wyk Louw
1 Nog in my laaste woorde sal jy wees,
2 nog in die laaste skeemring van my dink
3 en weet, as ek alleen in die bitter vrees
4 van sterwe lê, en al die mindre sink
5 in my deur vaal vergetelheid: veel haat,
6 veel liefde wat kon waag om min te vra,
7 ure wat rus geken't, of blote daad,
8 en nie die teken van jou onrus dra,
9 o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind
10 vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand;
11 wat áls kon eis en nooit volkome vind
12 versadiging! Dán weet ek het jou hand
13 my jeug se oopgelate kring voltooi:
14 mooi is die lewe en die dood is mooi.
[Bron: Die halwe kring: 1937]
3.1 Met wie voer die ek-spreker hier 'n gesprek? (1)
3.2 ''as ek alleen in die bitter vrees van sterwe lê'' (versreël 3–4)
Wat beteken dié woorde in die konteks van die gedig? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/November 2017
NSS
3.3 Herlees versreël 4–5.
Wat is vir die spreker van ''mindre'' belang? Stem jy met die spreker se
uitspraak daaroor saam? Motiveer jou antwoord. (2)
3.4 Benoem die beeldspraak in versreël 9. Waarom is dié beeld gepas? (2)
3.5 Wat is die funksie van die alliterasie in versreël 11–12? (1)
3.6 Herlees versreël 12–14.
Waarna verwys ''Dán''? Tot watter gevolgtrekking kom die spreker in die
slotreël? Dink jy die inversie in die slotreël ondersteun dié gevolgtrekking?
Motiveer jou antwoord. (3)
[10]
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda S Kamfer
1.
1 dis vandag my oupa Thomas
2 se verjaardag
3 dit sou gewees
4 het
5 hy is dood
6 toe ek in matriek was
7 dit is al wat ek regtig van
8 matriek kan onthou
9 die oggend toe die telefoon lui
10 het my ma nie kom sê nie
11 sy en my pa het opgestaan
12 en is weg hospitaal toe
13 al die grootmense my oupa se kinders en hulle
14 mans en vroue is hospitaal toe
15 ek wou saamgaan
16 ek wou net my oupa
17 belowe dat ek okay sou wees
18 dat ek eendag 'n boek gaan skryf
19 en hom nooit sal vergeet nie en
20 dat ek die liefste vir hom was
21 my ma het 'n paar uur later
22 gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak
23 sy het niks gesê van my oupa nie
24 haar woorde het soos vlermuise oor my gevlieg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/November 2017
NSS
25 ek het gewag vir iets
26 vir Pappa is dood
27 of dis verby of hy's oorlede
28 maar sy't aanhou praat oor kos
29 toe ek haar uiteindelik stop en vra
30 het die vlermuise aanhou vlieg
31 ''ja, vroeg vi-oggend''
2.
32 die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie
33 maar
34 dat die aarde aanhou draai het
35 dat ek aanhou leef het
36 dat alles wat verkeerd was nog steeds verkeerd is
37 dat ek kon slaap en wakker word
38 matriek slaag en aan 'n toekoms dink
39 die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat
40 ek moes doen
41 en al wat ek regtig wou doen was om te huil
42 ek wou dae aaneen huil
43 ek wou sy leeftyd uithuil
44 ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees
45 ek wou huil oor die onregverdigheid
46 en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my
47 en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my
[Bron: grond/Santekraam, 2009]
4.1 Wat is ongewoon in hierdie titel? (1)
4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 24 en in versreël 30. Hoekom is die
beeld in versreël 30 funksioneel? Motiveer jou antwoord. (3)
4.3 Wat is die funksie van die herhaling van ''ek'' in versreël 42–45? (1)
4.4 Watter stemming oorheers in die gedig? (1)
4.5 Dink jy die ''onregverdigheid'' in versreël 45 is 'n universele probleem?
Motiveer jou antwoord. Watter les kan die leser oor dié ''onregverdigheid'' leer
na aanleiding van die gedig? (2)
4.6 Verwys na versreël 1–31 en 32–47.
Hoe verskil die twee dele ten opsigte van uiterlike bou en inhoud? (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/November 2017
NSS
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Pleitskrif vir die aarde – Fanie Viljoen
1 Begrawe ons woonplek onder berge bottels.
2 Bederf ons drinkplek met drywende plastiek.
3 Besoedel ons suurstof met 'n rookkombers.
4 Wat maak dit saak?
5 Kap jou bome.
6 Mors jou olie.
7 Stort jou gif.
8 Wat maak dit saak?
9 Rommel word mos altyd
10 weggevat
11 weggewaai
12 weggespoel.
13 Vergeet daarvan.
14 Totdat jy eendag, soos die aarde nou,
15 stik van hitte,
16 bid vir reën
17 smeek vir genade
18 onder jou ashoop van weggooigoed.
[Bron: Vonk@verse 1]
5.1 Benoem die klankeffek/halfrym in versreël 1 en gee die funksie daarvan in
hierdie spesifieke versreël. (2)
5.2 Benoem die beeldspraak in versreël 3. (1)
5.3 Benoem die soort vraag in versreël 4 en sê wat die funksie van die
alleenplasing van dié versreël is. (2)
5.4 Die tipografie van versreël 9–12 sluit by die gediginhoud aan.
Gee 'n rede vir dié stelling. (1)
5.5 Wie is die ''jy'' in die laaste strofe? Watter stemming skep die spreker in dié
versreëls? Dink jy die spreker se waarneming in versreël 15–17 oor wat met
die aarde gebeur, is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (3)
5.6 Watter boodskap dra die spreker met hierdie gedig aan die leser oor? (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
In die roman Die kwart-voor-sewe-lelie beleef Iris konflik as gevolg van haar interaksie
met ander mense.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 Peter het verkies om te swyg.
2 ''Jy hoor wel van my,'' het Joe gesê, aan sy voorkop geraak en vertrek. Ek
3 was eintlik spyt, want sonder sy weerligafleidende effek was ek uitgelewer
4 aan hierdie vreemdeling met wie ek veronderstel was om 'n kamer te deel.
5 ''Hoe gaan dit met jou studie?'' het ek beleef gevra.
6 ''Goed.''
7 ''Is jy amper klaar?''
8 ''In Mei.''
9 ''O. En dan?''
10 ''Dan gaan ek huis toe.''
11 Ek het sy leë koppie gevat en dit in die badkamer uitgespoel. ''Die mense
12 hou nie eintlik van ons nie,'' het ek gesê toe ek terugkom. ''Van Suid-
13 Afrikaners.''
14 ''Nee,'' het hy saamgestem. ''Nie eintlik nie.''
15 ''Hy's moeg,'' het die Engel skielik agter my gesê.
16 Ek het soos gewoonlik omgedraai al het ek geweet daar gaan niks te siene
17 wees nie.
18 ''Wat is dit nou?'' het Peter gevra en oor sy gesig gevryf.
19 ''Niks nie. Ek dag ek hoor ... Jy's seker moeg?''
20 ''Nogal. Ek het heelnag op die lughawe gesit omdat hulle gesê het daar's
21 'n kans dat die vliegtuig gisteraand al sou vertrek.''
22 ''Dan wil jy seker nou slaap?''
23 Hy het op die rand van die bed gaan sit. ''Tensy jy iets anders beplan het.''
24 ''Ek wou gaan eet het. Daar's 'n plek net 'n paar tree van hier.'' ...
25 ''Maak my wakker wanneer jy terugkom,'' het hy gesê en lankuit oor die
26 bed geval. Sy kaal rug het my week gemaak en ek het skielik onthou waarom
27 ek altyd antwoord op sy roepstem. ''En moet om hemelsnaam nie met
28 vreemde mense praat nie.''
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/November 2017
NSS
7.1 In watter ruimte bevind Iris haar in TEKS A? (1)
7.2 Watter karaktereienskap van Peter kan ons aflei uit die gebeure wat TEKS A
onmiddellik voorafgaan? (1)
7.3 Watter bydrae lewer Joe tot Iris se lewensfilosofie? Wat is Peter se reaksie op
dié bydrae? (2)
7.4 Noem TWEE afleidings wat jy oor die verhouding tussen Peter en Iris na
aanleiding van hulle gesprek in reël 5–10 kan maak. (2)
7.5 Iris en haar gesin behandel alle rasse gelyk.
Motiveer dié stelling met DRIE voorbeelde uit die roman. (3)
7.6 Watter rol van die Engel kom in reël 15 na vore? Noem nog TWEE rolle wat
die Engel in Iris se lewe vervul. Dink jy die Engel se optrede in reël 15 sluit by
die motto van die roman aan? Motiveer jou antwoord. (4)
7.7 Gehoorsaam Iris Peter se versoek in reël 27–28 net nadat die gesprek
plaasgevind het? Motiveer jou antwoord. (1)
EN
TEKS B
1 ''Wie's Bettie?'' het sy gevra. ''Hoekom het sy gif gedrink? Met watter soort
2 mense is jy deurmekaar?'' Sonder om haar hand oor die mondstuk te hou,
3 kon ek hoor hoe sy my storie aan iemand herhaal. ''Wie's daar?'' het ek
4 gevra.
5 ''Elsa-hulle. Ons het nou net van die tafel af opgestaan. Pa lê 'n bietjie.''
6 Dit was 'n onbevredigende gesprek. Behalwe dat ek vir haar gesê het dis 'n
7 goeie plan, kon ons nie eintlik iets bereik nie. Ek het die gehoorstuk neergesit,
8 my gesig na die muur gedraai en aangekondig dat ek wou slaap. Peter en die
9 verpleegster is saam daar uit.
10 Die dokter, wat langs my op die bed gesit en gesels het, het voorgestel dat
11 ek ten minste 'n dag of twee in die hospitaal bly. Vir die wis en die onwis. Ek
12 het nie omgegee nie, want vir die rit bergop na die houthuis het ek nog nie
13 kans gesien nie. Bettie, Brian en die kinders het in die namiddag kom kuier en
14 die kinders was geïnteresseerd in my harde wit been, tot een van die dokter
15 se kinders verby die venster gebrom het met 'n batteryaangedrewe
16 speelgoedmotortjie. Daarna is hulle saam uit om te speel.
17 Dit was 'n pragtige dag, kon ek deur die venster sien. Die son het geskyn
18 op die wit landskap en die yskegels bokant my venster het druppend en
19 deursigtig op die vensterbank gesmelt. Die blonde verpleegster het my
20 oorskietbrood op die vensterbank gesprinkel sodat ek kon lê en kyk hoe die
21 voëltjies dit verorber.
7.8 Wat is die rol van die newekarakter, Bettie, in die roman? (1)
7.9 Watter soort verteller is in reël 1–4 aan die woord? Wat is sy/haar funksie hier? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/November 2017
NSS
7.10 Herlees die onderstreepte woorde in reël 6–7.
Watter afleiding maak jy oor Iris en haar ma se verhouding? Gee nog TWEE
ander voorbeelde uit die roman wat hierby aansluit. (3)
7.11 Hoe verskil Iris se gemoedstoestand in reël 7–9 in TEKS B van haar
gemoedstoestand in TEKS A? Wat is die rede vir die veranderde
gemoedstoestand in TEKS B? (2)
7.12 Dink jy Iris se besoek aan Vermont het 'n positiewe invloed op haar
verhouding met Peter? Motiveer jou antwoord met DRIE redes. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/November 2017
NSS
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
In die roman Manaka Plek van die Horings ervaar Baas innerlike konflik as gevolg van
sy interaksie met ander mense op Manaka.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 Die drome oor sy ma en pa wil hom nie los nie. Hy onthou sy gesprek met
2 Mart kort voor sy vertrek.
3 ''Jy moenie dat hierdie dinge jou vang nie, my ou neef,'' het sy gewaarsku
4 toe hy nie sy ma se Bybel wat sy vir hom gebêre het, wou saamneem nie.
5 ''Ek het mos oupagrootjie se Bybel,'' het hy gesê en die Bybel agter haar
6 op die kombuistafel neergesit.
7 Sy wou nie kopgee nie. ''Dis nie goed wat in 'n mens se klere bly sit nie,
8 Baas. Moenie maak of dit nie bestaan nie. Dit is meer as twintig jaar sommer
9 net so weg. Miskien die beste jare van enige mens se lewe ... Jou pa en ma,
10 die plaas wat jy verloor het, die beeste. Jy het baie verander, Baas. Jy het nie
11 eens vir Ngwako in die hospitaal gaan kuier nie. Hy het na jou gevra toe ons
12 hom gesê het jy is hier.''
13 Hy het nie vir Ngwako gaan kuier nie. Hy het na die murasies op die plaas
14 gaan kyk om weer te luister na die borrel van die bosloerie in die plantasie en
15 die skopsuiltjie ...
16 Al waaroor hy tóé jammer was, was dat hy nie sy pa en ma uit die land
17 gevat het ná die eerste aanval op die plaas nie. Tog het hy geweet hy sou sy
18 pa nooit van sy kliniek af kon wegkry nie. ''Die ding wat jou pa oor sy kliniek
19 gehad het, is 'n ding wat in die Chipmans se bloed loop,'' het Mart hom
20 herinner.
9.1 Op Manaka het Baas, net soos in reël 1, oor sy ma gedroom. Watter droom
oor sy ma sluit by die godsdienstema aan? (1)
9.2 Herlees reël 3–6.
Wat is die eintlike rede vir Baas se weiering om sy ma se Bybel saam met
hom Manaka toe te neem? Op watter manier was dié Bybel tóg op Manaka
belangrik? (2)
9.3 Baas gee later in die roman sy oupagrootjie se Bybel weg.
Vir wie gee hy die Bybel? Wat is Baas se motivering vir dié daad? Dink jy dit
was vir Baas maklik om van sy oupagrootjie se Bybel afstand te doen?
Motiveer jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/November 2017
NSS
9.4 In die onderstreepte sinne in reël 10–11 beskuldig Mart vir Baas daarvan dat
hy verander het en sy noem 'n voorbeeld van dié verandering.
Gee TWEE ander voorbeelde van sy verandering en gee ook die rede vir
hierdie verandering. (3)
9.5 Gee TWEE redes waarom die gebruik van die alomteenwoordige verteller in
reël 13–17 effektief is. (2)
9.6 Herlees reël 18–19.
9.6.1 Wie gebruik op Manaka soortgelyke woorde met betrekking tot Baas
se oupagrootjie? Op watter wyse bevestig dié persoon se eie dade
dat dieselfde Chipman-"ding" in sy bloed "loop"? (2)
9.6.2 Dink jy Baas aard na sy pa? Motiveer jou antwoord met DRIE
bewyse. (3)
EN
TEKS D
1 Laatmiddag kry hulle Nanna en ouma Essie by die Land Rover. Hulle het
2 die Land Rover herken en stilgehou. Hulle is op pad van Ngweze af terug na
3 Manaka toe. Griesel is nie by hulle nie. Hy het siek geword, sê Nanna. Hy is
4 in die hospitaal. Dit is malaria. Hy is baie moedeloos. Sy het oom Scholtzie
5 gebel om vir hom te sê. Hy sê hy kom so gou moontlik. Daar is ook goed wat
6 hy vir hulle moet bring.
7 Ouma Essie klim nie uit die Datsun om hulle te groet nie. Sy voel nie
8 lekker nie. ''Dit is my kop,'' sê sy.
9 Grace sê nie vir hulle die dekgras en die hoop balke en al Nanna-hulle se
10 besittings het uitgebrand nie. Sy sê net die boot is weg.
11 Ouma Essie kyk na Baas. Haar oë huil. Sy gee vir hom 'n brief wat in
12 Mubuyu se possak was. Hy gaan eenkant toe om dit te lees. Dit is van Baas
13 Dennis, sy neef in die Houtboschberg. Die reisagente is mal oor die idee van
14 'n toerboot op die Zambezi, skryf hy. Hulle beplan wêreldwye bemarking.
15 Wanneer kom jy dan weer 'n skoot kuier? sluit neef Baas die brief af.
16 Baas loop teen die rant uit en gaan sit op 'n klip.
17 ''Ons moenie dat Nanna en my ouma alleen op Manaka aankom nie,'' sê
18 Grace langs hom.
19 Hy antwoord nie.
20 ''Ek kan saam met hulle ry as jy en meneer Johnnie eers verder wil soek
21 na die boot ...''
9.7 Hoe verskil Baas en Griesel se reaksies nadat hulle albei op Manaka malaria
kry? (1)
9.8 In watter opsig beïnvloed onderskeidelik Griesel en Nanna se
teenwoordigheid op Manaka Baas se siening van Christenskap? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/November 2017
NSS
9.9 In reël 9–11 is dit duidelik dat Grace en ouma Essie albei omgeemense is.
Gee DRIE ander voorbeelde daarvan in die roman. Dink jy ouma Essie se
omgee het Baas beïnvloed? Gee 'n rede vir jou antwoord. (4)
9.10 Reël 2 in TEKS C en reël 13 in TEKS D verwys na die plaas Houtboschberg
waar Baas grootgeword het.
Hoe sluit Baas se kinderjare op Houtboschberg aan by die verwysing na sy
boot in reël 21 van TEKS D? (1)
9.11 Baas "soek na die boot" (reël 20–21). Waar vind hy/hulle die boot? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/November 2017
NSS
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman Vatmaar beleef Tant Wonnie en Oom Chai konflik as gevolg van hulle
interaksie met mense.
Bespreek die stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
1 Ek wou nie teruggaan na ons huis in die Vrystaat nie, het Chai gesê,
2 omdat ek gehoor het Steven, my ouer broer, veg saam met Generaal Joubert
3 en dat die burgers almal 'n goeie woord vir hom het. En dan was daar nog jy,
4 Vuurmaak, met ons goed hier naby die vlei. En hierdie Engelsman wat gesê
5 het ek is sy vriend, ek kon ook nie van hom ontslae raak nie.
6 Toe ons by die plek kom wat hulle noem die Military Headquarters, is die
7 Cape Boys afbetaal en al ons name en adresse is opgeskryf sodat hulle ons
8 oorlogsmedaljes kon aanstuur. Ons het almal ons adresse opgegee as C/o
9 Du Toitspan Post Office. Ek het jou naam ook opgegee, want ek het gedink
10 miskien het jy ook ''next of kin'', soos hulle 'n mens se familie noem. Vir jou
11 betaling, Vuurmaak, het ek ook geteken. Ek het gesê jy is dood en dat ek jou
12 familie ken.
13 Laat ons Ta se oorlogsmedalje sien, het ons kinders vir Ta Vuurmaak een
14 Sondag na pensioendag gevra. Een wou weet: Hoeveel Boere het Ta
15 doodgeskiet?
16 Die ou man het net gelag, sonder om sy mond oop te maak. Chai het vir
17 my my geld gebring. Die medalje het ek geruil vir 'n bottel sjerrie, het hy gesê.
18 Die Corporal het Oom Chai verder vir Ta Vuurmaak vertel, het gesorg dat
19 ek drie maande langer betaal word as wat ek gewerk het omdat ek sy enigste
20 vriend was.
11.1 Steven en Chai is broers.
11.1.1 Chai is uiteindelik tog terug Vrystaat toe. Waarom? (1)
11.1.2 Gee EEN rede waarom die burgers almal 'n goeie woord vir
Steven het. (1)
11.2 Na wie verwys Chai in reël 4–5? Is dit geregverdig dat Chai só na hierdie
karakter verwys? Motiveer jou antwoord. (2)
11.3 Bewys uit die gebeure in reël 6–12 van TEKS E dat Oom Chai ''skelm-slim'' is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/November 2017
NSS
11.4 Steven en Chai kry beide tydens die oorlog met afgebrande plase te doen.
Hoe tree Steven en Chai onderskeidelik op met die ''goeters'' op die
afgebrande plase? Watter EEN van die karakters se optrede stem met
Vatmaar se siening van die agtste gebod (Jy mag nie steel nie) ooreen?
Motiveer jou antwoord. (4)
11.5 Watter beloning ontvang Steven vir sy weldade tydens die oorlog? Dink jy
Chai verdien 'n soortgelyke beloning? Motiveer jou antwoord. (2)
EN
TEKS F
1 Boitjie Afrika was 'n oujongkêrel wat by sy ma en sy broer Percy, sy
2 skoonsuster Frieda en dié se twee kinders gebly het. Sy ma is dood en hy
3 kon nie met Frieda oor die weg kom nie. Dit het vir hom gelyk of dit sy broer
4 was wat wou hê dat sy hom uit die huis uit moet dryf. Percy kon net nie
5 gewoond raak aan sy happy-go-lucky-manier van lewe nie, want oor die dag
6 van môre het hy hom nooit bekommer nie want sy ma se pensioen was mos
7 daar.
8 Percy en Frieda het aan die Apostolic Faith Mission behoort en hulle het
9 gesê Boitjie het die duiwel in sy hart. En hulle het gebid, partykeer hard sodat
10 Boitjie moes hoor, en God gevra om hom die huis te laat verlaat want hulle
11 het geweet Hy hoor hulle gebede.
12 Toe het Boitjie onthou hy het 'n suster op 'n plek met die naam Vatmaar,
13 naby Du Toitspan. Hy het nie die adres geken nie en daar was ook niemand
14 anders wat geweet het nie. So een pay day het hy sy besittings in die trommel
15 gepak, stasie toe geloop en 'n enkelkaartjie Du Toitspan toe gekoop – sonder
16 om sy Kaapse familie te sê waarheen hy gaan, want hy het besluit om nooit
17 weer terug te kom nie.
18 Hy het sy ''something'' ingepak – 'n pakkie vir wanneer hy koerasie nodig
19 gehad het – en 'n bottel sjerrie vir die pad. Op Du Toitspanstasie is hy
20 aangesê om die drywer van die kapkar te vra om hom Vatmaar toe te vat.
11.6 By wie gaan bly Boitjie Afrika op Vatmaar? (1)
11.7 Herlees reël 3–7.
11.7.1 Watter ander karakter op Vatmaar jaag Boitjie Afrika uit sy huis en
wat was die oorsaak van hierdie konflik? (2)
11.7.2 Dink jy dit is geregverdig dat Boitjie Afrika uit dié huis gejaag is?
Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
11.8 Watter tipe verteller kom in TEKS F voor? Gee TWEE voordele van hierdie
tipe verteller soos dit in TEKS F van toepassing is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/November 2017
NSS
11.9 Herlees reël 15–17.
11.9.1 Watter karaktereienskap van Boitjie Afrika kan jy hier aflei? (1)
11.9.2 Gee EEN verdere bewys uit die roman dat Boitjie Afrika oor dié
karaktereienskap (VRAAG 11.9.1) beskik en gee EEN bewys uit die
roman dat Boitjie Afrika karakterontwikkeling ondergaan. (2)
11.10 Wat was die rede vir die ontstaan van Vatmaar? Hoe sluit dit onderskeidelik
by Chai in TEKS E en Boitjie Afrika in TEKS F aan? (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/November 2017
NSS
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
In die roman Onderwêreld beleef Greg konflik as gevolg van sy interaksie met
ander mense.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
1 TJ is 'n groot skaakspeler. Rêrig passievol. ''Jy moenie vergeet nie, Greg,''
2 sê hy, ''ons ouens is pionne, jy lyk nes die pion langs jou. Heeltemal
3 vervangbaar. En iewers in hierdie skaak-game kan iemand besluit hy gaan
4 jou offer.''
5 ''Vir wat?''
6 ''Wie weet? 'n Groter beloning? Om die game te wen?''
7 Ek dink 'n ruk daaroor na. Toe TJ opstaan en by die koshuisdeur instap,
8 besluit ek: ek gaan dit nie toelaat nie. As hulle dink 'n pion kan nie terugbaklei
9 nie, maak hulle 'n fout. Vandag sal hulle een sien baklei.
10 Die eerste rugbywedstryde het al op die A- en B-rugbyvelde begin toe 'n
11 onderwyser die matrieks nader roep. Dok Pienaar staan en wag vir ons. Hy
12 vryf sy hande en op sy gesig is daar 'n vet alles-is-oukei-glimlag. ''Almal
13 hier?'' vra hy en sy valse glimlag trek nog breër. Hy kyk ons aan asof hy,
14 netjies uitgevat in sy sportbaadjie, vanoggend een van ons is. Ons beste pel.
15 Hy wil iets by ons hê, weet ek.
16 Dok wag totdat al die seuns om hom stil is voor hy begin praat.
17 ''Manne, julle lyk goed vanoggend! Magtig, dit voel amper of ek voor
18 'n Springbokspan staan.'' Hy gee 'n klein laggie. Polish net ons ball, weet ek.
19 Ek lag nie saam met die ander ouens nie. ''Ek glo julle is reg vir daardie
20 piesangboere?
21 Wat ek van hulle gesien het, het my nie juis beïndruk nie. Hulle lyk maar klein
22 teen julle ouens. Gaan julle hulle vandag trap?''
23 ''Hur-rah!'' roep die ouens vasberade uit een keel.
13.1 Wat gaan die gesprek tussen TJ en Greg in TEKS G vooraf? (1)
13.2 Tydens die soektog na Eckardt offer TJ vir Greg.
13.2.1 Hoe offer TJ vir Greg? Gee TWEE redes waarom TJ só optree. (3)
13.2.2 Dink jy Eckardt beskou Greg as 'n pion in 'n skaakspel? Motiveer jou
antwoord. (1)
13.3 Wie is die verteller in TEKS G? Waarom is juis dié verteller effektief te oordeel
aan die onderstreepte sin in reël 8–9? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/November 2017
NSS
13.4 Noem TWEE karaktereienskappe van Dok Pienaar wat jy uit reël 13–15 kan
aflei. Openbaar Dok Pienaar dieselfde karaktereienskappe teenoor Greg se
pa in die uitvoering van sy plig as skoolhoof? Gee TWEE redes vir jou
antwoord. (4)
13.5 Herlees reël 18–20.
13.5.1 Noem EEN karaktereienskap van Greg wat jy uit dié reëls kan aflei
en sê hoe hierdie karaktereienskap konflik tussen hom en Dok
Pienaar veroorsaak. Wat is Greg se pa se bydrae om dié konflik op
te los? (3)
13.5.2 Watter tema kan jy uit dié konflik (VRAAG 13.5.1) tussen Dok
Pienaar en Greg aflei? (1)
EN
TEKS H
1 Ek het 'n program gebruik wat mens sommer in 'n winkel sal kan koop. Met
2 'n bietjie modification, het ek dit reggekry dat die user aan die ander kant nie
3 eens sal sien as ek op sy system werk nie. En die beste van alles – omdat die
4 program vir alledaagse gebruik gemaak is, sal 'n virusprogram dit ook nie
5 uitvang nie. Dit is klein genoeg om te mail aan 'n gebruiker. En dit install
6 sonder dat hulle dit agterkom.
7 Dissit!
8 As ek by Dok se rekenaar wil uitkom, moet ek 'n RAT daarop install. Dit sal
9 onmoontlik wees om net by sy kantoor in te stap en dit te doen, maar daar is
10 'n ander manier … My hart begin sommer vinniger klop … Social engineering!
11 Ek kyk op my horlosie. Dis nou net ná twee. Die skool se PA's werk tot
12 vieruur. Twee ure om die RAT op Dok se rekenaar te kry.
13 Ek kry my selfoon en 'n skoolbrosjure wat al die telefoonnommers op het.
14 My oë gly oor die lys. Wie sal ek bel? Ah!
15 Die eerste oproep.
16 Joan Gibbs antwoord: ''Goeiemiddag, Lawson Kollege. Doktor Pienaar se
17 kantoor.''
18 ''Goeiemiddag, mevrou,'' sê ek, ''meneer Cloete hier. Ek moet vir Dok kom
19 spreek oor iets. Vanmiddag nog. Ek hoor hy is weer môre op pad
20 Johannesburg toe.'' Dis wat in Joan se dagboek gestaan het.
21 ''Dis korrek.'' Joan klink heel saaklik.
22 ''Watter tye sal hy op kantoor wees?''
23 ''Doktor Pienaar is nou op kantoor, maar hy het 'n afspraak van drie tot vier
24 met 'n paar van die vakhoofde in die personeelraadsaal.''
13.6 Wie se blog lees Greg in TEKS H? Gee 'n rede waarom hy die blog lees. (2)
13.7 Wat is social engineering en hoe word Joan en Greg slagoffers daarvan? (3)
13.8 Wat is die verband tussen die Butcher in die Nursery Rhyme Project en
Eckardt se pa? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/November 2017
NSS
13.9 Dink jy Eckardt het sy uiteindelike doelwit met onderskeidelik die Owen-gesin
en Dok Pienaar bereik? Gee EEN rede ten opsigte van ELKEEN. (2)
13.10 Herlees reël 9 van TEKS G en reël 8 van TEKS H.
Dink jy Greg sou terugbaklei gekies het as hy vooraf geweet het wat die
gevolge van sy ondersoek sou wees? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
In die drama Krismis van Map Jacobs dra omstandighede daartoe by dat die
hoofkarakter van Johnnie na Map en weer na Johnnie verander.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
1 CYRIL: Moenie so panic nie, ou dad. Ons verstaan. Dink jy ons verstaan
2 nie? Jy en die missies (wys boontoe), julle wil vir julle ytkoep
3 hierso yt die township yt. Julle spaar vir 'n plotjie grond en 'n hys,
4 somewhere else. In 'n decent coloured area. (Beklemtoon
5 ''decent''.) Julle wil hierso yt onse township yt escape. (Wys na
6 die geboue.) Right? Djulle fit mos nie in nie, dis nie julle soorte
7 lewe nie! Nie onse types nie! (Wys na Richie, na Tommy, na
8 homself.) ... Fair enough! (Lag.)
9 TOMMY: Los nou vir uncle Cavernelis af, man!
10 Dan verskyn missies Cavernelis bo.
11 MAUD: Cavernelis, please, laat staan die rubbish and go your own way.
12 Wat staan jy nog daar? Kry jou koers en kom in!
13 CYRIL: Daar's 'ie orders! Good luck, ou dad! Hoe sil jy sê, ou Tommy?
14 To health, wealth and happiness ... and living like real persons!
15 Hê! Living like real persons! Best of luck, mister Cavernelis, best
16 of luck ...
17 Stilte dan –
18 CYRIL: (venynig): En mister Cavernelis, mister Cavernelis wiet natuurlik
19 lat Map Jacobs ytkom nou, die sewende vannie maand, op
20 parole, ja ... Map Jacobs ... (Begin lag.) Net nou lat Blanchie
21 sukke luck beginne strike!
22 Cavernelis verstyf, staar. Cyril lag. Richie dan ook.
23 CAVERNELIS: (ongelowig): Map ... Jacobs?
24 CYRIL: Het mister Cavernelis dan nie gewiet nie? Ek mien van Map
25 Jacobs, lat hy ytkom nie? (Hy lag en lag.)
26 MAUD: (roep): Cavernelis!
27 CAVERNELIS: Map ... Jacobs? (Hy staar.)
28 CYRIL: (lag): Onthou Mister Cavernelis nog, vi' Map Jacobs? Onthou
29 mister Cavernelis nog? (Lag.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/November 2017
NSS
15.1 In reël 1–7 gee Cyril redes vir Cavernelis se pogings om uit die spesifieke
ruimte weg te kom.
Wat doen Cavernelis om uit die spesifieke ruimte weg te kom? By watter
tema in die drama sluit hierdie reëls aan? (2)
15.2 Watter politieke besluit het tot die ruimte in VRAAG 15.1 aanleiding gegee?
Op watter manier is die mense sosiaal-maatskaplik deur dié situasie
beïnvloed? (2)
15.3 Herlees reël 9–12.
Haal die sin uit hierdie reëls aan wat op versoening dui. Waarom kan ons sê
dat dié versoenende woorde nie geloofwaardig is nie? (2)
15.4 Na watter karaktereienskap van Maud verwys Cyril in reël 13? (1)
15.5 In reël 14 wens Cyril vir Cavernelis net die beste toe.
Wat doen Cyril om sy eie lewe beter te maak? Gee TWEE redes waarom
hierdie spesifieke woorde van Cyril in die slot van die drama ironiese
betekenis vir Cavernelis se gesin kry. (3)
15.6 Cyril sê vir Cavernelis van Map se vrylating in reël 18–29.
Wat is sy doel met dié brokkie nuus? Gee EEN rede vir Cavernelis se reaksie
in reël 22. Is Cavernelis se reaksie oortuigend? Motiveer jou antwoord. (3)
TEKS J
1 MAP: Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la Guma, en
2 Blanchie ... almal ... almal ... (Lag, dieselfde lag, en staar voor
3 hom uit.) Almal hier, almal in hierdie strate, in hierdie huise,
4 almal ... (Lag.) En die employers, o, almal die employers ... Hulle
5 is almal so sympathetic ... Blanchie, ja even Blanchie, almal is so
6 sympathetic ... But ... (sê dit baie hard) but, but, but, but ...
7 sympathetic, but ... (Stil. Lag weer.) Even Cyril en Richie! ...
8 Apostel George, ek wiet jy't my ge-warn lat dit so sal wies, maar
9 ... well ... 'is tough luck, Apostel George ... (Dan, skielik, skreeu
10 hy.) 'Is tough luck, Here! (Dan praat hy, sagter, met Antie
11 Grootmeisie, iewers in die huis.) 'Is tough luck, Ma! Lyster Ma?!
12 (Hy staan op, en praat asof hy voor die spieël staan.) Here! ... en
13 Ma! ... (Kyk na die baie tatoeëermerke op sy lyf.) ... Nei ... (Lag.)
14 ... Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie! Map
15 Jacobs, hulle vát jou nét nie so nie! 'Cause why? 'Cause hulle
16 kan sién waarvandaan jy kom, jou history is op jou arms, op jou
17 lyf, op jou nek, op jou gesig even ... jou history en jou geography,
18 jou ... alles! (Lag weer.) Hulle vat ga' vir jou so nie! (Stil, maar die
19 straat beweeg, en hy wys na almal daar.) Ma! Ek was al by 'n
20 hele élf employers. Miss Africa, die social worker, sy help ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/November 2017
NSS
21 maar, dan kom jy daar, en although Miss Africa ge-phone het,
22 voor 'ie tyd, sê die manager se secretary, of so iemand, Have
23 you got any testimonials, mister Jacobs, ...
15.7 In reël 6 herhaal Map die woord ''but''.
Wat wil hy met dié herhaling beklemtoon? (1)
15.8 In reël 20–29 van TEKS I lag Cyril en in reël 2–7 van TEKS J lag Map.
Watter gemoedstoestand openbaar elkeen onderskeidelik met dié lag?
In watter opsig sluit dié lag van Map en Cyril onderskeidelik by hulle
toekomsverwagting aan? (4)
15.9 Herlees reël 8–9.
Wie is Apostel George? Wat is sy aandeel in die naamsverandering wat Map
ná sy vrylating ondergaan? (2)
15.10 Stem jy saam dat Map oor leierseienskappe beskik? Gee TWEE redes vir jou
antwoord. (2)
15.11 Wat is die rede waarom Map al die tatoeëermerke op sy lyf het? Bring dié
tatoeëermerke vir Map vreugde? Gee 'n rede vir jou antwoord EN dui aan of
Johnnie in die slot van die drama van die eertydse Map verskil. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/November 2017
NSS
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
In die drama Mis dra Meisie se moeilike omstandighede by tot haar besluit om uit haar
omstandighede weg te breek.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS K
1 GERTIE loer ook deur die sleutelgat.
2 GERTIE: (bewonderend) Selfs in die donker kan ek sien hy het 'n
3 goeie houding. Regop rug. Skouers terug. So 'n man kan 'n
4 mens vertrou.
5 MIEM: Net 'n oomblik, Konstabel. Ek sukkel 'n bietjie met die slot.
6 (Sluit die deur oop) So ja. (Maak die deur oop) Kom gerus
7 binne.
8 Die KONSTABEL kom binne. Hy dra 'n ronde
9 donkerbrilletjie en 'n helm. In die een hand hou hy 'n wit
10 kierie vas en in die ander 'n groot leersak of 'Gladstone
11 bag'. Daar heers 'n doodse stilte terwyl MIEM, MEISIE en
12 GERTIE hom sprakeloos aankyk. Deur die oop deur kan die
13 sirkusmusiek gehoor word.
14 KONSTABEL: (na 'n stilte. Glimlag) Soos u kan sien, is ek heeltemal blind.
15 En u vind dit ontstellend. Hoe kan ek 'n ogie oor u hou as ek
16 niks kan sien nie? Dames, wees tog gerus. Hulle noem my
17 nie verniet Snuf-in-die-neus nie. (Hy tik met 'n voorvinger
18 teen sy neus.) Wat ek nie al kon uitsnuffel nie!
19 MIEM: (onseker) Naand, Konstabel.
20 GERTIE: Naand, Konstabel.
21 KONSTABEL: Nee, wag eers. Moet julle tog nie aan my voorstel nie. (Hy
22 begin in die lug rondsnuffel.)
23 MEISIE maak die deur vinnig toe. MIEM en GERTIE hou
24 hom roerloos dop.
25 KONSTABEL: As ek dit nie mis het nie, is daar drie dames hier
26 teenwoordig.
27 GERTIE: Dis reg, ja.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/November 2017
NSS
28 KONSTABEL: (hou sy hand uit vir stilte) Asseblief. (Prewel) Tog eienaardig.
29 Hulle het vir my gesê hier woon net twee. In elk geval, kom
30 ons gaan voort. (Loop nader. Gaan staan voor MIEM. Sak sy
31 kop effens en snuif asof die reuk van onder kom)
17.1 Gee TWEE redes vir Gertie se optrede in reël 1. (2)
17.2 Op watter wyse bevestig Gertie se woorde EN optrede in reël 2–4 dat sy
mense verkeerd beoordeel? (2)
17.3 Is dit vir jou oortuigend dat Miem in reël 5 met die slot sukkel? Motiveer jou
antwoord. (1)
17.4 Noem DRIE funksies van die toneelaanwysings/neweteks in reël 8–11. (3)
17.5 Is daar 'n rede vir die verwysing na die sirkusmusiek in reël 13? Gee TWEE
redes vir jou antwoord. (2)
17.6 Wat suggereer Konstabel aan die vroue met sy naam, ''Snuf-in-die-neus'', in
reël 17? Wat bedoel hy met die onderstreepte sin in reël 18 EN op watter
wyse mislei hy die vroue met hierdie woorde? (3)
17.7 By watter betekenis van die titel sluit Konstabel se woorde in reël 25 aan? (1)
17.8 Waarom is Konstabel se woorde in die onderstreepte sin in reël 29
'n bevestiging van sy woorde in reël 18? (1)
EN
TEKS L
1 KONSTABEL: Dan sal ek 'n vae beeld kan vorm.
2 MIEM: Maar natuurlik, Konstabel. Met graagte. Meisie, sê vir die
3 konstabel dit sal 'n plesier wees.
4 Meisie sê niks.
5 KONSTABEL: Natuurlik, as die jong dame nie wil nie ...
6 MIEM: Ag, nee wat, sy is maar net skaam. Is dit nie so nie, Meisie?
7 (Dreigend) Is dit nie so nie?
8 MEISIE: (Sag) Ja, Ma.
9 KONSTABEL: Goed so, Juffrou, as u miskien hier voor my kom staan ...
10 MEISIE loop stadig na die KONSTABEL en staan voor hom.
11 KONSTABEL: (steek sy hand uit en raak aan haar) Goed so. Kniel nou.
12 Hier. Reg voor my.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/November 2017
NSS
13 MIEM en GERTIE hou die KONSTABEL en MEISIE
14 roerloos dop. MEISIE kniel stadig. Die KONSTABEL steek
15 sy hand uit en streel oor haar hare. MEISIE maak haar oë
16 toe en gooi haar kop effens agteroor.
17 KONSTABEL: (prewel) Mooi ... mooi ...
18 Die Konstabel raak saggies aan MEISIE se gesig. Hy vee
19 sag, met die agterkant van sy vingers, oor haar ooglede en
20 raak dan met die punte van sy vingers aan haar wimpers.
21 Dan vee hy met 'n vingerpunt oor haar lippe. Sy hande gly
22 by haar nek af. Wanneer hy klaar is, sit hy weer sy hande
23 op sy skoot.
24 MIEM: (trots) Sy is mooi, nè?
25 KONSTABEL: Ja, Mevrou.
26 MEISIE staan op en beweeg stadig terug na haar stoel.
27 Daar is 'n kort stilte. MEISIE werk aan haar sak. MIEM en
28 GERTIE kyk na die KONSTABEL. Die KONSTABEL kyk
29 voor hom uit. Die valdeur klap hard oop. MEISIE kyk op.
30 'n Slopemmer sak stadig na onder.
31 MEISIE: Kyk, Ma! Hier kom dit!
17.9 Watter versoek gaan Konstabel se woorde in reël 1 vooraf? (1)
17.10 In reël 2–7 is Miem se woorde en optrede 'n duidelike bewys van haar
dominerende houding.
Motiveer die stelling. (2)
17.11 Meisie se optrede in die loop van die drama lewer bewys van haar opstand
teen haar ma se dominering.
Noem VIER voorbeelde van Meisie se opstandigheid. (4)
17.12 In TEKS K en TEKS L openbaar Konstabel hom as 'n manipuleerder.
Hy manipuleer al drie vroulike karakters.
Noem by ELKE vroulike karakter 'n bewys van Konstabel se manipulering. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper