Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1220226 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450 woorde. Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 As ek toe geweet het wat ek nou weet, sou ek ... [50] 1.2 Almal verdien om met respek behandel te word. [50] 1.3 ʼn Gebrek aan kennis lei tot ʼn donker toekoms. [50] 1.4 Die liefde vergaan nooit nie. [50] 1.5 Op daardie oomblik was hy/sy die held. [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer. 1.6.1 [Uit: www.suiderkruis.co.za] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.6.2 [Uit: www.dnaindia.com] [50] 1.6.3 [Uit: www.unwto.org] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou ouma/oupa, wat nie naby jou woon nie, verjaar binnekort. Jy besluit om ʼn geskenkpakkie vir haar/hom te stuur. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF wat jy saam met die pakkie aan hierdie familielid gaan stuur waarin jy haar/hom gelukwens met haar/sy verjaardag. Vertel ook vir haar/hom wat jy beplan om gedurende die September-vakansie te doen. [25] 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Suid-Afrikaners het gemengde gevoelens oor die inenting teen die Covid-19 virus. Baie mense ondersteun die inenting en ander is daarteen gekant. Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening hieroor lug. [25] 2.3 HULDEBLYK Een van jou klasmaats is die afgelope naweek in ʼn motorongeluk oorlede. Skryf ʼn HULDEBLYK oor hierdie klasmaat. Dit gaan by julle skool se saalopening gelees word. [25] 2.4 TYDSKRIFARTIKEL Volgens die Handves van Menseregte het jy die reg om in ʼn beskermde, gesonde omgewing te woon. Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL vir ʼn tienertydskrif met die opskrif: Tieners voel nie meer veilig nie. [25] 2.5 TOESPRAAK Vir tieners het sosiale media ʼn kritiese manier geword om na hulself te kyk en hul liggame met ander syne te vergelyk. Jy word uitgenooi om tydens ʼn jeugsaamtrek ʼn toespraak oor liggaamsaanvaarding te lewer. Skryf jou TOESPRAAK met die titel: Aanvaar jou liggaam. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.6 ONDERHOUD Een van jou rolmodelle het jou skool besoek. Jy kry die geleentheid om ʼn ONDERHOUD met hierdie persoon te voer en hom/haar oor sy/haar suksesresep uit te vra sodat jy dit in julle skoolkoerant kan plaas. Skryf jou onderhoud met hierdie persoon. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all