Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
*AFRHL3*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 7 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 362.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.2Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.3Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.4Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.5Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.6Letterkunde (Literature / Set Works)100 marks
Show all 13 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer Transaksionele Teks (30)
AFDELING C: Korter Teks: Transaksioneel/
Naslaan/Informatief (20)
Jy word sterk aangeraai om 80 minute aan AFDELING A, 40 minute aan
AFDELING B en 30 minute aan AFDELING C te bestee.
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart, diagram, vloeidiagram,
sleutelwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die
finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ’n streep deur die
beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.
7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif.
LET WEL: Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die woorde
getel word NIE.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde.
1.1
Ek het dit uiteindelik reggekry. [50]
OF
Bedel, bedel … Moet jy gee?
1.2
[50]
OF
1.3
Woorde kan nie regmaak waar dit
die mens versplinter het nie. [50]
OF
Die ongenooide gas.
1.4
[50]
OF
1.5
Daar is net een Rooikoos Arendse. [50]
OF
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
1.6 1.6.1
[Bron: Internet] [50]
OF
1.6.2
[Bron: Pultzer winning images] [50]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.6.3
[Bron: www.clipartOF.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn SKRYFSTUK van 180–200
woorde.
2.1 ARTIKEL
Jy het die voorreg gehad om Lady Gaga of enige ander bekende sanger/es
of rolprentster te ontmoet tydens haar/sy toer in Suid-Afrika. Skryf ʼn
ARTIKEL vir jul skoolkoerant oor haar/hom nadat jy ʼn onderhoud met
haar/hom gevoer het. [30]
OF
2.2 FORMELE BRIEF – AANSOEK
Jy wil volgende jaar baie graag verder studeer. In Die Burger van
3 September 2013 is daar ʼn advertensie geplaas om kandidate aan te
moedig om vir ʼn beurs van hul keuse aansoek te doen.
Skryf hierdie AANSOEKBRIEF. [30]
OF
2.3 TOESPRAAK
Jy word gevra om by ʼn oueraand ʼn toespraak te lewer oor die volgende
onderwerp: Tieners het grense nodig.
Skryf die TOESPRAAK neer.
[30]
OF
2.4 INFORMELE VERSLAG
Jy was deel van ʼn omgeegroep wat die plaaslike Dierebeskermings-
vereniging besoek het. Dit gaan baie sleg daar.
Skryf aan die plaaslike munisipaliteit ʼn INFORMELE VERSLAG om hulle in
te lig oor wat daar aangaan. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING C: KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE-/NASLAAN-/
INFORMATIEWE TEKSTE
VRAAG 3
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn SKRYFSTUK van 100–120
woorde.
3.1 ADVERTENSIE
Jy het onlangs ʼn nuwe tatoeëersalon begin.
Ontwerp die ADVERTENSIE waarin jy jou dienste as ʼn tatoeëerkunstenaar
aanbied.
LET WEL: Dit is ʼn informatiewe teks. Jy sal dus GEEN punte vir
versiering verdien nie. [20]
OF
3.2 INSTRUKSIES
Jou troeteldier is baie siek en jy moet die naweek ʼn sportbyeenkoms op ʼn
ander plek bywoon.
Skryf die INSTRUKSIES aan die persoon wat na jou siek troeteldier
omsien, neer. [20]
OF
3.3 DAGBOEK
Jy het aan ʼn plaaslike talentkompetisie deelgeneem. Maak ʼn dagboek-
inskrywing oor die aand, voor en na afloop van die kompetisie.
Skryf dié TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper