Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 27 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 487.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
1. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor
die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
voorskrifte by elke vraag in ag.
2. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
3. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te
help.
4. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Voorgestelde tydsindeling.
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
INHOUDSOPGAWE
Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Sonsverduistering Opstelvraag 10 5
OF
2. ʼn epistemologie van water Konteksvraag 10 6
OF
3. Nuus uit die Binneland Konteksvraag 10 8
OF
4. Een sprong vir ... Konteksvraag 10 10
EN
Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
5. Om te dink Opstelvraag 10 11
OF
6. Om te dink Konteksvraag 10 12
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 13
OF
8. Die kwart-voor-sewe-lelie Konteksvraag 25 14
OF
9. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16
OF
10. Manaka Plek van die Horings Konteksvraag 25 17
OF
11. Vatmaar Opstelvraag 25 19
OF
12. Vatmaar Konteksvraag 25 20
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
13. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 22
OF
14. Krismis van Map Jacobs Konteksvraag 25 23
OF
15. Mis Opstelvraag 25 25
OF
16. Mis Konteksvraag 25 26
* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSVRAAG
onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
KONTROLELYS
Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.
VRAAG- GETAL VRAE MERK
AFDELING
NOMMER BEANTWOORD
A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2
A: Gedigte (Ongesiene gedig) 5–6 1
B: Roman (Opstel- of kontekstuele vraag) 7 – 12 1
C: Drama (Opstel- of kontekstuele vraag) 13 – 16 1
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Sonsverduistering – PJ Philander
1 Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
2 van skadu en verklein die sekelboog
3 van son tot dreigend swart die kol daar hoog
4 ʼn koue vreemde skemerte laat trek
5 wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
6 ʼn vaal streep donkies met die kortste pad
7 oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
8 die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
9 Oor gans die mensdom hang ʼn skaduwee
10 wat alle lig van God en Christus so
11 verduister dat Sy pad onsigbaar is.
12 En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
13 het nie ʼn skaap se voorgevoel of glo
14 dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
[Uit: Uurglas, 1955]
Bespreek die sonnet, Sonsverduistering, in ʼn opstel van 250 – 300 woorde deur
aandag te gee aan die volgende:
die UITERLIKE bou. (1 feit)
hoe die INNERLIKE bou by die uiterlike bou aansluit. (2 feite)
die ooreenkomste wat in die oktaaf en die sestet aangetref word, te
vergelyk. (3 gemotiveerde feite)
die funksionaliteit van hierdie ooreenkomste te bespreek.
(1 gemotiveerde feit)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 2: KONTEKSVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
ʼn tipe epistemologie van water – Breyten Breytenbach
1 Die hemel was somber suf van die gietende reën
2 skeef gearseer, gebuig deur windstrome ...
3 Dit was getint in vuur se kleure voortgebring uit
4 bliksemskigte
5 wat die wolke gereep en verfladder het, die fakkels
6 waarvan die groot waters oor die oorspoelde valleie
7 geslaan en oopgekloof het, en waar dié ontbloot is
8 het die omgebuigde boomkruine sigbaar geword in die
9 dieptes ...
10 dat jy daar kon sien saamgewriemel op die baie bergspitse
11 allerlei diere die marmotjies die girafs die skuifelende reptiele
12 oplaas getem met die peupel mans en vroue wat boontoe
13 gevlug het met kind en kraai. En die landerye
14 onder water se brandertoppe was besaai van tafels,
15 katels, arke, balies, kosyne, stompe, karavane, vrieskaste,
16 kateders, kroegtoonbanke en ʼn flottielje vlotte
17 saamgeflans in nood en vrees vir die dood
18 (so glibberig, so log), waarop ʼn norring vare en moere met
19 kroos
20 kon hurk terwyl hulle arpeggio’s eoniese krete
21 en verwyte en jammerklagte uiter, lamgeslaan
22 deur die wind se woede wat die waters laat rol
23 laat rol laat rol het ... tesame met die glinsterende
24 groen lyke van die verdrinktes, ʼn mompeling
25 van dooie vleis weer en weer en weer ...
[Uit: Die ongedanste dans, 2005]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
2.1 Toon aan hoe die titel by die inhoud van die gedig aansluit. (1)
2.2 Identifiseer die woorde wat aandui dat die reën skuins val as gevolg van die
sterk wind. (1)
2.3 Lees weer reël 8.
2.3.1 Watter atmosfeer heers in dié versreël? (1)
2.3.2 Hoe verkry die digter hierdie atmosfeer? (1)
2.4 Die spreker maak van uiters beskrywende woorde gebruik.
2.4.1 Wat wou die skrywer met die woord saamgeflans in reël 17 bereik? (1)
2.4.2 Verduidelik die gebruik van die woord arpeggio’s in reël 20? (1)
2.5 Toon aan hoe die woord eoniese (reël 20) die leser se ervaring van die
mense op die vlotte beïnvloed? (1)
2.6 Verduidelik die personifikasie in:
“lamgeslaan/deur die wind se woede wat die waters laat rol laat rol laat rol
het” (reël 21/22) (1)
2.7 Motiveer of die funksionaliteit van die leestekengebruik in reël 23 en reël 25
verskil. (1)
2.8 Motiveer waarom jy ook die woorde “ʼn mompeling van dooie vleis weer en
weer en weer …” as die slotwoorde sou gebruik. (1)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 3: KONTEKSVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Nuus uit die binneland – Peter Blum
Vir Dirk Opperman
1 Soms in die winter as die reën sag stuif
2 op grasperke, dig en diep soos ʼn tapyt –
3 as hy die rotsige bergreeks wegskuif
4 agter ʼn misgordyn – as voor die ruit
5 popliere, eike en kastaiingbome
6 saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
7 terwyl ons oor ʼn ou beskawing lees –
8 dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
9 van waters wat kalmeer, en in die gees
10 vou grys en sat die graafskap Surrey oop.
11 Soms in ʼn najaarsdag se skemerty
12 stap ons in ʼn stil straatjie en gewaar
13 deur ʼn ou bolig, kunstig uitgesny
14 in vlegtende patroon van druif en blaar,
15 die lig van verre dae: Ons word gesluk
16 soos deur ʼn mond; die luiterse getik
17 van ʼn ou horlosie vervang ons ontstoke
18 harte se ritme in die kamerhoek,
19 en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
20 in die vernislaag van ʼn Delftse doek.
21 Maar as die bergwind so rukkerig waai
22 en tussen ons rondkrap soos ʼn stok
23 in ʼn miershoop – in die palms blaai
24 nes ʼn barbaar in ʼn keurige boek –
25 dan is ons rillend buite alle mure
26 wat ons opstapel in redelike ure
27 met doel en plan –
28 ruik ons droogte en brand, en gerug
29 van sprinkaan, aardbewing en oproer
30 op daardie skroeiende binnelandse lug
31 – dan, dan
32 weet ons op watter vasteland ons boer.
[Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
3.1 Hoe het die s-alliterasie in die eerste vier reëls die stemming van die gedig
beïnvloed? (1)
3.2 Watter EEN van die aangehaalde gedeeltes/reëls uit strofe 1 vorm die kern
van dié strofe?
A “as die reën sag stuif op grasperke” (reël 1/2)
B “as hy die rotsige bergreeks wegskuif” (reël 3)
C “en ons versink in blaargroen drome” (reël 6)
D “dan gryp die onwerklikheid ons” (reël 8) (1)
3.3 ons versink in blaargroen drome (reël 6)
3.3.1 Watter beeldspraak kom hierin voor? (1)
3.3.2 Verduidelik die beeldspraak in EEN volsin. (1)
3.4 Verklaar die verwysing na ou beskawing (reël 7) deur die moontlike
verband(e) daarvan met die graafskap Surrey (reël 10) en die Delftse doek
(reël 20) aan te dui. (2)
3.5 Watter wêreld roep die verteller met sy vergelykings in strofe 3 op? (1)
3.6 Bespreek die funksionaliteit van die vergelyking in reël 22. (1)
3.7 Toon die verband tussen die titel van die gedig en reël 32. (1)
3.8 Strofe 1 en 2 se rympatrone kom ooreen. Bespreek die geslaagdheid
daarvan om strofe 3 se rympatroon te laat afwyk van die ander strofes s’n. (1)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 4: KONTEKSVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Een sprong vir... – Joan Hambidge
1 Jy wil weet
2 waarom herstel ek nie-
3 want jy het my die maan,
4 sterre en uitspansel beloof.
5 Jy stuur my na die maan
6 en á la Neil Armstrong beweeg
7 ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8 karteer die kraters, die stil verwoesting
9 wat jy saai, plant 'n vlaggie van rekapitulasie
10 (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw'rige planeet.
11 Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12 genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13 wys my foto's vir diegene wat wil sien,
14 neem stukkies maankors saam
15 en weet ná maande
16 die maan is hiér.
17 Jy wil weet
18 waarom vergeet ek nie –
19 omdat ek weet die maan
20 is beslis nie van kaas.
[Uit: Kriptonemie: 1989]
4.1 Wie word in die gedig aangespreek? (1)
4.2 Motiveer waarom juis die maan en Neil Armstrong se maanlanding gebruik
word om ʼn gebroke verhouding te simboliseer? (1)
4.3 Watter TWEE stylfigure in strofe 2 beklemtoon die beëindiging van die
verhouding? (2)
4.4 In strofe 2 word ʼn wetenskaplike fout deur die digter begaan.
4.4.1 Watter fout begaan die digter? (1)
4.4.2 Watter doel dien hierdie fout in die gedig? (1)
4.5 Bepaal die verband tussen die “foto’s” en die “maankors”? (1)
4.6 Watter eienskap word aan die poësie gegee deur dit met ʼn “lugskip van glas”
te vergelyk (reël 11 en 12)? (1)
4.7 Watter TWEE opeenvolgende woorde dui aan dat dit lank geneem het om
die seerkry te verwerk? (1)
4.8 Verduidelik hoe die tipografie en die hele gedagte rondom Neil Armstrong se
maanlanding by mekaar aansluit. (1)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
EN
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.
Om te dink – Henning Pieterse
1 dat donkies dom diere is
2 heet dwase dikwels so
3 hoëlui doop hul donkies esels
4 wat darem deur kruising
5 pronk met perdebloed
6 as langoor dan vir Jesus
7 in Jerusalem presies kon
8 dra
9 waar God hom
10 vra
11 moet man en muis mos hulde bring:
12 o, die donkie is ʼn wonderlike ding!
[Uit: Woordreise, 2004]
Die gedig dwing die leser om anders te dink oor die donkie.
Bespreek in ʼn opstel van 250 – 300 woorde hoe hierdie boodskap oorgedra word
deur na die volgende te verwys:
verkeerde opvattings oor donkies. (3 feite)
hoe die gebruik van alliterasie, idiomatiese taalgebruik en intertekstualiteit die
teendeel bewys. (3 gemotiveerde feite)
waarom jy nou ʼn ander siening oor ʼn donkie huldig. (1 gemotiveerde feit)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 6: KONTEKSVRAAG
Om te dink – Henning Pieterse
1 dat donkies dom diere is
2 heet dwase dikwels so
3 hoëlui doop hul donkies esels
4 wat darem deur kruising
5 pronk met perdebloed
6 as langoor dan vir Jesus
7 in Jerusalem presies kon
8 dra
9 waar God hom
10 vra
11 moet man en muis mos hulde bring:
12 o, die donkie is ʼn wonderlike ding!
[Uit: Woordreise, 2004]
6.1 Gee ʼn voorbeeld van halfrym uit strofe 1. (1)
6.2 Wat is die funksie van hierdie halfrym? (1)
6.3 Is daar, volgens strofe 1, ʼn verskil tussen ʼn donkie en ʼn esel? Motiveer jou
antwoord. (2)
6.4 Watter ironie is opgesluit in die esels se pronk met perdebloed? (1)
6.5 Haal die woord uit strofe 2 aan wat daarop dui die donkie behoort vir almal
goed genoeg te wees. (1)
6.6 Is die funksionaliteit van die alleenplasing in reëls 8 en 10 geslaagd?
Motiveer jou antwoord. (2)
6.7 Verklaar man en muis en hulde bring in reël 11. (1)
6.8 Haal die intertekstualiteit wat in die gedig voorkom, aan. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
behandel het.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Iris se lewe word deur Johanna, Iris se ma en Bettie verryk, party van hulle vanweë
hulle uniekheid en ander weer vanweë hul nugterheid. Maar hoe beskeie elkeen
se rol ook mag wees, almal het ʼn vormende invloed op die hoofkarakter.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde deur:
die manier waarop elkeen Iris se lewe verryk het, te noem. (3 feite)
bewyse te gee van hierdie maniere waarop hul Iris se lewe verryk
het. (3 feite)
die gevolg van hierdie verryking in Iris se lewe te
bespreek. (6 gemotiveerde feite)
te motiveer of hierdie verryking geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 8: KONTEKSVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.
1 “Met wie is jy nou besig?” het die Engel gevra.
2 “Ek dag jy kan gedagtes lees? Met myself, natuurlik. Die ander kon ek in ʼn
3 paragraaf of ʼn paar sinne afmaak; ek self is meer gekompliseer.”
4 “Ja,” het hy saamgestem.
5 “Ek word daartoe gedwing,” het ek geprotesteer. “Ek is ʼn student van homo
6 sapiens. As ek rotte kon gebruik, het ek seker. Jy kan hulle in koue aanhou en
7 soveel keer per dag verby die hokke loop en aantekeninge maak aangaande
8 hulle gedrag. Ek kan nie dieselfde met mense doen nie. Ek kan ook nie
9 marmotte in plaas van rotte gebruik nie. Marmotte dreig nie om gif te drink
10 nie. Rotte maak nie hulle beddens nat omdat hulle nie wil hê hulle pa moet
11 met Bettie trou nie. En die enigste eksemplaar in gevangenskap, kan jy maar
12 sê, is ek self. Ek is te alle tye beskikbaar en gewillig om mee te doen, om
13 ontleed te word.”
14 “Ek het niks gesê nie,” het die Engel gesê.
15 “Maar ek moes my motiewe verduidelik.”
16 “Waarom?”
17 “Wel, omdat ek bang is jy dink …”
18 “Dink wat?”
19 Ek het geswyg. “Wat gaan ek doen?” het ek uiteindelik gevra. “Ek wou
20 teruggaan New York toe. Ek wou weer in die strate rondloop en met Billy
21 gesels. Hy gaan lag as hy my been sien. Hy gaan vra of die moordenaars my
22 toe tog beetgekry het. En Joe gaan lekker kry. Hy gaan sê dis my verdiende
23 loon, dis wat gebeur met meisies wat goue kanse, soos hy my wou gee, deur
24 hulle vingers laat glip.”
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
8.1 “Met wie is jy nou besig?” het die Engel gevra. (reël 1)
8.1.1 Sê waar Iris haar bevind, waarmee sy besig is en verduidelik in
watter TWEE opsigte die ruimte Iris help om tot sekere insigte te
kom? (3)
8.1.2 Hoe het Iris aan die Engel gekom? (1)
8.1.3 Noem ʼn funksie wat die Engel in Iris se lewe vervul. (1)
8.1.4 Verduidelik of die einde van die roman beïnvloed sou wees as Iris
nie die Engel in haar lewe gehad het nie. (2)
8.2 Lees reël 1 tot 13.
8.2.1 Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou
uit oor die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel. (2)
8.3 Tussen watter TWEE wêrelde bevind die verteller haar voortdurend? (2)
8.4 Noem watter EEN van die TWEE wêrelde Iris aanvanklik verkies, asook die
rede vir hierdie keuse. Bepaal die rede hoekom Iris deur die loop van die
verhaal van keuse verander. (3)
8.5 Wat was Bettie se mening oor die verteller se blomgeleentheid? (1)
8.6 Hoe sluit haar mening by Iris se lewensuitkyk aan? (1)
8.7 As jy hierdie lewensuitkyk in ag neem, sou jy sê die slot van die boek is
geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. (2)
8.8 “Ek wou teruggaan New York toe. Ek wou weer in die strate rondloop en
met Billy gesels.” (reël 19 tot 21)
8.8.1 Wie is Billy? (1)
8.8.2 Wat kan jy uit reël 19 tot 21 aflei omtrent die verteller se verhouding
met Billy in die lig van die destydse Suid-Afrikaanse politieke
situasie? Verduidelik hoe sluit hierdie verhouding by die motto van
die boek aan. (3)
8.8.3 Verduidelik kortliks waarom die verteller se kommunikasie met Billy
verskil van haar kommunikasie met haar eie gesin. (2)
8.9 Watter karaktertrek van die verteller blyk uit hierdie uittreksel? (1)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Ouma Essie en Grace demonstreer praktiese geloof en tree telkens as versoeners
tussen groepe op en bewerkstellig so wedersydse begrip.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde deur:
te noem wat Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond is. (3 feite)
bewyse te gee van Ouma Essie en Grace se geloofsuitlewing. (3 feite)
aan te dui wat die gevolg van hierdie geloofsuitlewing as tussenganger
tussen Baas, die sendelinge, die khuta en versoener tussen kulture
was. (6 gemotiveerde feite)
te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
VRAAG 10: KONTEKSVRAAG
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.
1 Die bastou breek. Die honde storm. Griesel ruk die slaaphut se deur
2 oop, struikel na binne en klap dit toe.
3 Oor die rivier flits weerlig. Die honde maal besluiteloos rond en gaan
4 soek skuiling aan die windafkant van die stapel planke by die
5 bootstellasie. Oom Scholtzie kom terug van Mubuyu af. Hy bring die
6 paar stukkies vuurmaakhout in wat hy op die houthoop bymekaar kon
7 skraap. Hulle oornagtasse en ander bagasie wat kan natreën, stapel
8 hy ook onder die afdak opmekaar en hang Griesel se grondseiltjie
9 aan die windkant as beskerming teen die dreigende storm.
10 Nanna vat vir Griesel skoon klere en sy tandeborsel. Hy staan op sy
11 knieë langs die bed in die slaaphut. Sy sit die goed versigtig langs hom
12 neer. Op die trommel brand ʼn paraffienlampie. Daar is ʼn geraamde
13 swart en wit foto van ʼn middeljarige man en vrou met ʼn jonger man
14 tussen hulle. Aan ʼn stuk bastou teen die muur hang ʼn portret van ʼn
15 bejaarde man met hoë wangbene, ʼn gladgeskeerde gesig en
16 dringende oë. Die jong man op die foto lyk baie na die ou man.
10.1 Waarom kan beweer word dat die honde die verlede en hede aan mekaar
verbind? (1)
10.2 Lees weer reël 1 en 2.
10.2.1 Sê waar Griesel hom bevind, hoe hy daar gekom het en hoe dit in
kontras met sy beroep staan. (3)
10.2.2 Waarom is Baas nie tuis nie? (1)
10.2.3 Wat is die doel van Griesel-hulle se koms na Manaka? (1)
10.2.4 Verduidelik of die insig waartoe Baas in verband met Christenskap
kom beïnvloed sou wees as die sendelinge nie na Manaka gekom
het nie. (2)
10.3 Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou uit oor
die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel. (2)
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
10.4 In reël 5 is daar sprake van ʼn bootstellasie.
10.4.1 Hoe het Baas die boot bekom? (1)
10.4.2 Wat is die eienaar se uiteindelike doel met die boot? (1)
10.4.3 Noem die rede waarom Baas nie die doel bereik het nie, asook of
iemand daarvoor verantwoordelik was. Bepaal of hierdie handeling
die verloop van die intrige beïnvloed. (3)
10.5 Wat is Grace se siening rondom Christenskap? (1)
10.6 Hoe sluit Baas se handelinge by hierdie siening aan? (1)
10.7 As jy Grace se siening in ag neem, sou jy sê Baas se optrede by Ouma
Essie se siekbed is geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. (2)
10.8 Lees weer reël 10 en 11.
Daar kom verskeie karakterverskille tussen Nanna en Griesel voor.
10.8.1 Gee EEN karaktertrek van elkeen om die verskil tussen Nanna en
Griesel uit te lig. (2)
10.9 Lees weer reël 14 tot 16.
10.9.1 Van wie is die portret (reël 14)? (1)
10.9.2 Noem waarvoor hy aanvanklik na Afrika gekom het en waarop
hierdie besoek uiteindelik uitgeloop het. Verduidelik hoe hierdie
laaste handeling Baas beïnvloed. (3)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Daar is ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond van
hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde deur:
twee ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond
van hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel, te noem. (4 feite)
bewyse te gee van ooreenkomste ten opsigte van die rol wat hul speel. (2
feite)
aan te dui wat die gevolge van hierdie karakters se teenwoordigheid op
Vatmaar is. (6 gemotiveerde feite)
te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig is. (3 gemotiveerde feite)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 12: KONTEKSVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
1 Hulle moes al hulle goed vat en voor twee mans op bicycles uit dra. Jakob Kierie
2 het agter saam met die wit poelisieman geloop. By die poeliesstasie het die sersant
3 gevra: What is the charge?
4 Let us search them first, sê die poelisieman. One of their sort says that they have a
5 diamond to sell.
6 Siesie Lena kon dit verstaan, maar Bet en Flippus het net die woord “diamond”
7 geken.
8 Hulle is oor en oor deurgesoek. Jakob Kierie was baie seker dat hulle diamante by
9 hulle het en hy het aanhou sê: Baas, ek het die diamante gesien.
10 Nee, het Siesie Lena gesê, Sir, ons het net die trein Kimberley toe kom vat en van
11 daar af Postmasburg toe.
12 Toe hulle niks kry nie, roep die sersant sy vrou, want hy was seker dat die
13 diamante onder die lelike lappe op Bet se rok vasgewerk was.
14 Come! sê die sersant se vrou en maak die deur toe. Sy bevoel die lapplekke. Toe
15 maak sy die deur oop en roep: Manuel!
16 Die bruinman kom deur toe en sy sê: You look.
17 Sy gee vir hom die rok aan en maak weer die deur toe. Hy het gevoel en gekyk en
18 seker gemaak daar is niks in nie. Die hele tyd het Jakob Kierie na die speurder se
19 hande gekyk sonder om ʼn oog te knip, want hy was lekker getrek.
20 Siesie Lena was klaar deurgesoek. Die sersant se vrou sê toe vir haar: You go. Sy
21 het Bet haar rok laat uittrek. Dit was baie vuil en sy het dit op die vloer neergegooi
22 en gesê:Sit on the bench. (Voor die witvrou haar aangesê het om te gaan, moes
23 Siesie Lena ook op die bank sit.)
24 Bet het geweet wat om te verwag. Sy het opgestaan en gesê: Miesies, ek het my
25 maandsiekte. Toe het sy haar hande saamgeslaan soos iemand wat bid en weer
26 gesê: Miesies. En toe gehuil: Ek het my maandsiekte.
27 Die sersant se vrou kon sien Siesie Lena verstaan Engels en sê: Let the other
28 woman come here. What does she say? vra sy vir Lena.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
12.1 Sê waarheen hierdie karakters op pad is, waarom hul daarheen gaan en in
watter opsig die ruimte help om die tema van lyding uit te beeld? (3)
12.2 Watter verkeerde daad het Oom Flip gepleeg? (1)
12.3 Waarom is dit korrek om te sê Siesie Lena was nie opreg met haar
bedoelings teenoor Bet nie? (1)
12.4 Verduidelik in EEN volsin hoe die werksomstandighede van Bet en Siesie
Lena verskil het. (2)
12.5 Verduidelik of Bet se lewensverloop sou verskil het as hierdie voorval nie
plaas gevind het nie. (2)
12.6 Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou uit oor
die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel. (2)
12.7 Noem die redes wat Siesie Lena en Bet aangevoer het sodat hulle hul
werkplekke kon verlaat om hul plan uit te voer. (2)
12.8 Noem wat die werklike rede was waarom die groep die diamante wou
bekom en motiveer of hulle in hul doel geslaag het. Wat was die gevolg
van die inhegtenisneming? (3)
12.9 Motiveer waarom hierdie gevolg ongeloofwaardig is wanneer jy die tydperk
waarin die roman afspeel, in ag neem. (2)
12.10 Hoe pas hierdie groep se handeling by die titel van die boek? (2)
12.11 Jakob Kierie het agter saam met die wit poelisieman geloop.
12.11.1 Wie was Jakob Kierie? (1)
12.11.2 Waarom loop hy nie saam met die groep nie? (1)
12.11.3 Wat kan jy ten opsigte van sy verhouding met die groep hieruit
aflei? Verduidelik hoe hierdie handeling verskil met dié van oom
Flip. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
OF
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas
behandel het.
VRAAG 13: OPSTELVRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Dramas het ʼn vaste struktuur.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde deur:
die fases in die korrekte volgorde te noem. (6 feite)
elkeen van hierdie fases met ʼn voorbeeld uit die drama toe te lig en te
verduidelik waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
VRAAG 14: KONTEKSVRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.
1 Blanchie, Maud en Cavernelis in hulle flat.
2 MAUD (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
3 CAVERNELIS (heeltemal uit die veld geslaan): Maar... maar Maudie...
4 Blanchie...
5 Blanchie, met ʼn stuk papier – ʼn brief in haar hande. Sy huil.
6 BLANCHIE: ‘Is nie wáár nie...
7 MAUD: Maar’it is wáár! You’ve read the letter, my dear...Now stop crying,
8 sweetheart, crying won’t help...
9 Blanchie huil.
10 CAVERNELIS (hulpeloos): Maar... ek het nie gekan dink...
11 MAUD (wreed): Maar jy’t nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of course
12 het jy nie gekan dink... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.) Blanchie,
13 that’s life, my sweetheart... that’s people, man... You trust them, you
14 trust them, you do things for them, an’ they fuckinwill just dump you, like
15 that! (Sy beduie.) Trust me, I’ve been through it all...
16 CAVERNELIS: Die vuilgoed...
17 MAUD: ... when they’ve used you, that’s it... Maar ek het vir jou gesê,
18 sweetheart, those white dandies, die klomp fashion-moffies... hulle sil vir
19 jou use tot lat hulle jou klaar ge-use het, en dan... dúmp hulle vir jou...
20 Next pretty girl in the queue, please...
21 CAVERNELIS: Die vuilgoed... En hoekom net... nóú...
22 MAUD: In the queue, in the béd... I know the swine, sweetheart! All the sweet
23 talk, all the promises, while hulle jou use vir hulle eie purposes...
24 BLANCHIE (snikkend): Daddy... Antie Maud...
25 CAVERNELIS: Maar hulle’t gesê... gebelowe... jy gaan Paris toe...
26 MAUD: Shit, Cavernelis-darling, “gesê”, “gebelowe”... That’s no contract, my
27 dear! An’ even contracts are cheap! It all depends on whom you’re
28 dealing with! Ek het vannie begin af gewiet...
29 CAVERNELIS: Okay, Maudie...
30 MAUD: Okay wat!... So, jy’t rêrig gedink Blanchie gaat Paris toe! En lat die geld
31 sal kom? (Lag sinies.) You must be joking, Cavernelis-darling!
32 CAVERNELIS: Maar...
33 MAUD: No, my dear, ’it werk nie so nie... Comes the next pretty face, prettier
34 than this one,an’ there goes this one... Promises are cheap! That’s how
35 those gentlemen operate, Cavernelis-darling... Het jy nie gewiet nie?
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
14.1 Lees reël 1.
14.1.1 Verduidelik hoe dra dié ruimte by tot Maud se werklike
ontsteltenis van die gekanselleerde kontrak? (2)
14.1.2 Hoe het Maud haar verhewendheid teenoor die gemeenskap
gewys? (2)
14.2 Maud het min simpatie met Blanchie. Skryf ʼn sin neer om dit te bewys. (1)
14.3 Noem waarvan Cavernelis, volgens Maud, vas oortuig was, wat die
verkryging van die kontrak vir die Cavernelisse sou beteken en of
Cavernelis se verslaentheid geloofwaardig is. (3)
14.4 Sou dit ʼn verskil gemaak het as Blanchie ʼn skriftelike kontrak met die
modelagentskap gehad het? Motiveer jou antwoord. (2)
14.5 Gee TWEE redes, volgens Maud, waarom Blanchie nie die kontrak gekry
het nie. (2)
14.6 Verduidelik die oorsaak waarom Blanchie by vriendskappe oor die
kleurgrens en skoonheidswedstryde betrokke geraak het en wat die gevolg
hiervan vir die Cavernelisse was. (3)
14.7 Waarvoor was die skoonheidswedstryde eintlik ʼn dekmantel? (1)
14.8 Waarom skep die gemeenskap se kennis van Blanchie se leefstyl,
spanning in die drama? (1)
14.9 Waarom is Blanchie se naam ironies? (2)
14.10 Wat bedoel Maud as sy verwys na “You and the Sunday newspapers”? (1)
14.11 Verdedig Cavernelis en Blanchie teen Maud se beskuldiging van “Yes, you
and your daddy! All for the money, all for the money, the money ...!” (2)
14.12 Hoe ontsnap Cavernelis uit hierdie situasie, verduidelik hoe dit verband
hou met die tema van uitsigloosheid en watter verband hierdie handeling
het met antie Grootmeisie se slotwoorde. (3)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
VRAAG 15: OPSTELVRAAG
MIS – Reza de Wet
Dramas het ʼn vaste struktuur.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400 – 450 woorde deur:
die fases in die korrekte volgorde te noem. (6 feite)
elkeen van hierdie fases met ʼn voorbeeld uit die drama toe te lig en te
verduidelik waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 16: KONTEKSVRAAG
MIS – Reza de Wet
Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
1 MIEM (kwaai): Gertie, kom weg daar by die venster en trek die
2 gordyne toe. ʼn Mens weet nooit wie vir ons kan staan en loer nie.
3 MEISIE: Dink Ma so? Dink Ma daar’s iemand daar buite?
4 MIEM: Kan wees. ʼn Mens weet nooit. (Gerusstellend) Maar moet
5 jou tog net nie ontstel nie. Dan slaap jy weer sleg. Ek is seker jy hoef nie
6 bang te wees nie. Wagter sal ons darem waarsku. En dan is daar natuurlik
7 die konstabel.
8 Die konstabel se stok val. Gertie tel dit vinnig op en gee dit vir hom.
9 GERTIE: Daar’s hy, Konstabel!
10 KONSTABEL: Baie dankie, Juffrou.
11 GERTIE: Dit is ʼn plesier, Konstabel. (Giggel. Sien vir Meisie wat
12 ʼn sak op die stapel sit) Die arme kind wat so laat moet werk … Sy is seker
13 doodmoeg … Ek dink sy behoort te gaan slaap. Is jy moeg, Meisie?
14 MEISIE: Ja, ek is.
15 GERTIE: En jou ma is ook glad nie gesond nie. Sy het ook haar rus
16 nodig. Miem, hoekom gaan slaap julle twee nie? Ek sal die konstabel vir ʼn
17 rukkie geselskap hou.
18 MIEM (onwillig): Nou ja, dit is seker laat. En môre moet ek
19 douvoordag op wees om ʼn ogie te hou (wys na die sakke) oor die
20 misbesending. Sien ons u môreoggend, Konstabel?
21 KONSTABEL: Ek is jammer, maar na twaalf is ek weer vort.
22 MIEM: Ja, dan is die gevaar seker verby. U moet tog hier kom
23 inloer as u in die distrik is.
24 KONSTABEL: Ek sal, Mevrou. Dankie vir u gasvryheid.
25 MIEM: En dankie vir u hulp, Konstabel. Sonder u sou ons nie ʼn
26 oog kon toemaak nie.
27 KONSTABEL: Dit is my werk, Mevrou.
28 MIEM: Sê nag vir die konstabel, Meisie.
29 MEISIE (skaam): Nag.
30 KONSTABEL: Goeienag.
31 MIEM: Nou dan gaan ons maar, Konstabel. Ek hoop ons sien u gou weer.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
16.1 Waarna het Gertie staan en kyk? (1)
16.2 Wat suggereer hierdie handeling van Gertie? (1)
16.3 Verduidelik die kontras tussen dit waarna Gertie kyk en die ruimte waar die
hoofgebeure afspeel. (2)
16.4 Watter karaktertrekke van Miem kom uit bostaande uittreksel na vore? (2)
16.5 Herlees spreekbeurt 2.
Verduidelik die dramatiese ironie in Meisie se woorde “Dink Ma daar’s
iemand daarbuite?” (2)
16.6 Verduidelik wat die oorsaak van Miem se antagonisme teenoor die sirkus
is, motiveer waarom dit geloofwaardig is en sê wat die uiteindelike gevolg
van hierdie antagonisme was. (3)
16.7 Lees die neweteks in reël 8.
16.7.1 Wat suggereer hierdie handeling oor Gertie se houding teenoor
die konstabel? (1)
16.7.2 Watter verband hou die gesprek hierna met die tema van
bevryding en lewer kommentaar op die geslaagdheid van hierdie
bevryding. (3)
16.8 Wat is die rol van die konstabel in die drama? (1)
16.9 Noem hoekom Miem onwillig is om te gaan slaap en waarom hierdie
onwilligheid spanning in die drama skep. (2)
16.10 Waarom is Miem en Meisie die broodwinners? (1)
16.11 Hoe maak hulle ʼn bestaan? (1)
16.12 Beskryf hoe hierdie bestaan Meisie benadeel en hoe sy dit beveg. Lewer
kommentaar of hierdie handeling enigsins suksesvol is. (3)
16.13 Herlees die laaste spreekbeurt: “Ek hoop ons sien u gou weer.”
Is hierdie wens van Miem later vervul? Verduidelik. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper