Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
AFRIKAANS HUISTAAL V2
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2013 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 22 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 476.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 8Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 10Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
NASIENRIGLYNE
As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
As ʼn kandidaat in Afdeling A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.
As ʼn kandidaat in Afdeling B en C twee konteksvrae of twee opstelvrae
gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word
geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in Afdeling B en C beantwoord
het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een konteksvraag en
een opstelvraag beantwoord is.
As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
tweede antwoord word geïgnoreer.
As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
word dit as korrek beskou.
Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die
kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As
die opstel te lank is, laat ʼn oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde toe en
ignoreer die res van die opstel.
Konteksvrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit
vereis nie, word nie gepenaliseer nie.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.
Inhoud
Kode 7 7 gemotiveerde feite
Kode 6 6 gemotiveerde feite
Kode 5 5 gemotiveerde feite
Kode 4 4 gemotiveerde feite
Kode 3 3 gemotiveerde feite
Kode 2 2 gemotiveerde feite
Kode 1 1 gemotiveerde feit
Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie
by struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv.
Sonsverduistering se uiterlike bou is ʼn bewys van die feit dat dit ʼn sonnet is.
Uiterlike bou. (1 feit)
Die gedig bestaan uit ʼn oktaaf/8 versreëls en ʼn sestet/6 versreëls
In die oktaaf is daar omarmende rym/abba cddc en in die sestet
kruisrym/efgefg
Innerlike bou se aansluiting. (2 feite)
In die oktaaf kry ons die natuurbeeld
In die sestet kry ons die toepassing op die mens (mensbeelding)/
In die strofes met omarmende rym, word die sonverduistering bespreek.
In die strofes met die kruisrym word die toepassing op die mens gemaak.
Ooreenkoms oktaaf en sestet. ( 3 gemotiveerde feite)
r.2 – skadu teenoor r.9 skaduwee (nie meer letterlik nie)
r.3 – son teenoor r.10 “alle lig” God en Christus
r.4 – skemerte teenoor r.11 verduister
r.6 – kortste pad teenoor r.11 Sy pad
r.7 – stalwaarts teenoor r.14 Huiswaarts
Funksionaliteit van hierdie ooreenkomste. (1 gemotiveerde feit)
Dit is funksioneel.
Dit beklemtoon die dwaasheid van die mens om nie betyds tot God te keer nie.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. die ooreenkoms tussen
die sestet en die oktaaf is funksioneel.
[10]
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
OF
VRAAG 2: KONTEKSVRAAG
2.1 Die titel dui op ʼn sekere soort kennis van water en die gedig handel oor die
vernietigende effek van water. √ (1)
2.2 “skeef gearseer” √ (1)
2.3 2.3.1 Angstig/Bangheid √ (1)
2.3.2 Die b-alliterasie/Die ui-assonansie √ (1)
2.4 2.4.1 Hy wou die haas waarmee die mense van die water probeer
wegkom, beklemtoon. √ (1)
2.4.2 Dit dui op die verskillende stemme/toonhoogtes van die mense se
noodkrete. √ (1)
2.5 Die leser ervaar dit as uiters ontstellend, want die krete van die mense hou
lank aan/stop nie/is skynbaar nimmereindigend √ (1)
2.6 Die mense is geskok; hulle voel magteloos en ontredderd. √ (1)
2.7 Nee, beide dui daarop dat die aksie voortgaan. √ (1)
2.8 Dit wat gebeur is afgryslik en die woorde suggereer dat die drywende lyke
afgryslik is om te aanskou./
Dit wat gebeur is onmoontlik om regtig aan iemand oor te dra en die woorde
dui op sy magteloosheid om die ellende van die gestorwenes aan die leser
oor te dra. √ (1)
[10]
OF
VRAAG 3: KONTEKSVRAAG
3.1 Dit beklemtoon die dromerige stemming./
Die s-alliterasie dra by tot die dromerige stemming. √ (1)
3.2 D / “dan gryp die onwerklikheid ons” √ (1)
3.3 3.3.1 Metafoor √ (1)
3.3.2 Dit laat ons in gedagtes verlore raak./
Alles versink in ʼn wasige droomwêreld. √ (1)
3.4 Surrey en Delft roep die illusie van ou beskawings op – ʼn beeld van ʼn
rustige bestaan, nl. die dromerige onwerklike romantiek van Surrey en die
valse rustige beelde van Delft. √√ (2)
3.5 Die Afrika-wêreld. √ (1)
3.6 Dit is geslaagd, want die miere se geskarrel lyk net soos ʼn rukwind. √
OF
Dit is nie geslaagd nie, want daar is geen ooreenkoms tussen dit wat met
mekaar vergelyk word nie. √ (1)
3.7 Die nuus uit die binneland is dat die natuurelemente (soos die bergwind,
miershoop, droogte, brand) die binnelander laat besef hy in Afrika is. √ (1)
3.8 Dit lig duidelik die verskil tussen Afrika en Europa uit./
Dit illustreer duidelik die hardheid/onvoorspelbaarheid van Afrika. √ (1)
[10]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 4: KONTEKSVRAAG
4.1 Die gewese geliefde √ (1)
4.2 Die maan word met romanse geassosieer en die maanlanding was as ʼn
onmoontlike gesien, net so het die spreker gedink ʼn gebroke verhouding
was vir haar ʼn onmoontlike. √ (1)
4.3 Die parentese √ en die ellips. √ (2)
4.4 4.4.1 Die maan is nie ʼn planeet nie. √ (1)
4.4.2 Dit beklemtoon die feit dat sy haar misgis het met die liefde. √ (1)
4.5 Soos die maankors bewysstukke is van die besoek aan die maan, is haar
foto’s ʼn bewys van hierdie gewese verhouding. √ (1)
4.6 Dit kan haar wegneem van die seer van die gebroke verhouding./
Net soos jy deur ʼn lugskip van glas kan sien, net so kan jy aan haar poësie
haar seer sien. √ (1)
4.7 na maande √ (1)
4.8 Die langerwordende versreëls in strofe 2 en 3 laat die gedig soos ʼn
ruimtetuig lyk. √ (1)
[10]
EN
VRAAG 5: OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inhoud
Kode 7 7 gemotiveerde feite
Kode 6 6 gemotiveerde feite
Kode 5 5 gemotiveerde feite
Kode 4 4 gemotiveerde feite
Kode 3 3 gemotiveerde feite
Kode 2 2 gemotiveerde feite
Kode 1 1 gemotiveerde feit
Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv. die digter
dwing die leser om anders na die donkie te kyk.
Verkeerde opvattings oor donkies. (3 feite)
Die donkie word tradisioneel as dom gesien en geminag.
Die digter wil hê dat ons anders daaroor sal dink, want dit is juis die donkie
wat Christus gewillig en gehoorsaam in Jerusalem ingedra het.
Daarom moet die donkie geag word.
Hoe die gebruik van alliterasie, idiomatiese taalgebruik en intertekstualiteit
die teendeel bewys. (3 gemotiveerde feite)
Die d-alliterasie beklemtoon die donkie en stel dit teenoor die perde. So word
mense teenoor Jesus gestel. Die alliterasie beklemtoon en kontrasteer en is
daarom funksioneel.
Die digter gebruik idiomatiese taal, bv. “man en muis” moet hulde aan die
donkie bring. Dit wil sê almal.
Hy sluit af deur intertekstueel na ʼn Afrikaanse liedjie te verwys wat bevestig
dat die donkie eintlik ʼn wonderlike dier is.
ʼn Ander siening oor die donkie. (1 gemotiveerde feit)
Ek het ook nog altyd gedink ʼn donkie is dom, maar noudat die alliterasie die
donkie teenoor die perde stel, sien ek dat die donkie nog beter is as
perde./maar nou dat ek die idioom weer bestudeer, besef ek die donkie moet
eintlik geag word.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. die digter het my
beslis anders na die donkie laat kyk. [10]
OF
VRAAG 6: KONTEKSVRAAG
Om te dink – Henning Pieterse
6.1 dat donkies dom diere is/dwase dikwels/pronk met perdebloed √
doop hul donkies/darem deur (1)
6.2 Dit beklemtoom hoe dom die donkies is. (1)
6.3 Ja, esels het ook perdebloed./
Nee, hoëlui noem net hul donkies esels om voor te gee. √√
Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees. (2)
6.4 Die esels spog met perdebloed, maar die kruising maak hul nog minder
opreg./
Die donkies het ʼn suiwerder bloedlyn, maar word geminimaliseer. √ (1)
6.5 dan √ (1)
6.6 Ja, die woorde beklemtoon/dien as steunpunte/vertraag die tempo om die
donkie se gehoorsaamheid/gewilligheid aan te toon.
Dit dui aan dat die fout nie by die donkie lê nie; hy is gehoorsaam aan God.
√√ (2)
6.7 Almal moet die donkie eer. √ (1)
6.8 o die donkie is ʼn wonderlike ding. √ (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 7: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv.
Johanna, Iris se ma en Bettie het ʼn definitiewe vormende invloed op Iris se lewe gehad.
Die manier waarop elkeen Iris se lewe verryk het, te noem. (3 feite)
Johanna se nugterheid het Iris se lewe verryk.
Iris se Ma se uniekheid het ʼn vormende invloed op Iris.
Bettie se uniekheid en tog ook soms haar nugterheid het Iris se lewe beïnvloed.
Bewyse van hierdie maniere te gee. (3 feite)
Johanna is georganiseerd. Sy is die een wat weet waar die sleutels in die huis is/sy
is die een wat die huishouding behartig.
Sy is reguit. Sy huiwer nie om Elsa oor haar katoenonderklere aan te spreek nie.
Sy is altyd opgeruimd.
Sy is wel ter tale. Sy kommunikeer met almal, selfs vreemdes bv. Claude, ewe
maklik.
Iris se ma is uniek. Sy laat Iris haar tande met as borsel./Ten spyte van Iris se
versoek dat hul Riekie se besoeke tydens eksamentyd moet stopsit, ignoreer Ma
dit./sy laat toe dat Peter en Iris gaan swem sonder klere./Sy aanvaar vir Johanna en
Claude./Sy leef in ʼn wêreld van haar eie.
Ten spyte van haar eksentriekheid, is Ma altyd daar vir haar kinders en kleinkinders.
Sy brei vir haar kleinkinders truie en help Elsa deur na die kleinkinders te kyk.
Bettie se nugterheid kom na vore wanneer sy ontsteld is oor die modelkontrak wat
Iris van die hand gewys het’.
Bettie se uniekheid word gesien in haar beroep as loodgieter/haar totale
afhanklikheid van Brian.
Bettie het ʼn baie swak selfbeeld en sukkel om met Brian se kinders oor die weg te
kom.
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
Die gevolg van hierdie verryking in Iris se lewe te bespreek. (6 gemotiveerde feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (3 gemotiveerde
feite, terwyl die ander 3 feite by enige karakter aangebied mag word)
Johanna se nugterheid/georganiseerdheid rondom die hantering van ʼn huishouding,
help Iris om haar eie huishouding te kan hanteer t.s.v. die feit dat sy ook maar in ʼn
wêreld van haar eie leef.
Johanna se reguit manier om mense te hanteer, help Iris om die portier in die hotel te
kan hanteer en hom op sy swak maniere te wys. Dit lei daartoe dat haar verblyf
draagliker is – veral in die tyd sonder Peter.
Johanna se reguit manier om mense te hanteer, help Iris om haar aanstaande
skoonpa se agterdog jeens haar engel te hanteer sonder dat daar konflik tussen hulle
ontstaan.
Johanna se opgeruimdheid leer Iris van blymoedigheid en daarom kon sy t.s.v.
moeilike en te neerdrukkende wagtyd op Peter, nog steeds New York geniet/Bettie
hanteer en blymoedig bly/die tydperk oor kerstyd in die hospitaal hanteer. Sy laat
haar selfs deur die Engel tot ander insigte rondom haar naam bring.
Johanna se welsprekendheid leer Iris om maklik met mense te kommunikeer.
Daarom was sy so ʼn aanwins vir dr. Anders se praktyk/raak sy maklik aan die gesels
met vreemdelinge soos Billy, die vrou van Tegucigalpa, Joe en die vuurhoutjieman..
Iris is van jongs af in kontak met Johanna se sterk persoonlikheid. Dit het Iris gehelp
om te besef sy kan New York vrou alleen takel.
Die feit dat Ma Iris haar tande met as laat borsel, is ʼn bewys van haar uniekheid. Dit
bevestig ʼn aardsheid en andersheid by Iris. Dit maak ook van Iris ʼn interessante
wese en laat haar haar lewe anders leef.
Ma se hantering van Riekie en Peter en Iris se swemsessie wys op ʼn volkome
vertrouensverhouding. Dit het weer die grondslag vir Iris se verhouding met Peter
gelê. Sy het Peter volkome vertrou.
Ma se aanvaarding van Johanna en Claude as deel van die familie, is heeltemal
eksentriek vir die tyd waarin die verhaal afspeel. Dit beïnvloed Iris se siening t.o.v.
rasseverskille/afkoms. Daarom is sy baie gemaklik met die verhouding wat tussen
haar en Billy ontstaan. So het sy iemand wat haar in New York kan help terwyl sy op
Peter wag. Billy lei haar ook na die insig dat ʼn naam, maar net ʼn naam is.
Ma se altyd daarwees vir haar kinders en Pa, leer Iris waardevolle vrou-wees lesse.
Wanneer Peter dan in ʼn ongeluk is met sy oë, weet Iris hoe om hom te ondersteun.
Sy kan ook Bettie help met Brian se kinders en die krisis rondom Bettie se gifdrinkery
hanteer.
Bettie se nugterheid rondom Iris se modelkontrak, laat Iris weer twyfel oor haar
blomtydperk en laat haar besef daar is meer in die lewe. Hierdie voortdurende twyfel
oor ʼn blomtydperk laat Iris later met die hulp van die Engel tot ander insigte kom.
Bettie se totale afhanklikheid van Brian en haar swakselfbeeld, laat Iris al hoe sterker
na vore tree. So ontwikkel sy tot ʼn selfstandige vrou wat die leisels by Bettie
oorneem.
Motiveer of hierdie verryking geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
Die invloed van veral Ma en Johanna is definitief geloofwaardig. ʼn Mens kan nie by
ander mense in ʼn huis leef en dan nie beïnvloed word nie. Veral Ma se uitkyk op
rasseverskille en die hantering daarvan, moes ʼn definitiewe invloed op Iris gehad het.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. die drie karakters het ʼn
definitiewe invloed op Iris se vorming gehad.
[25]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
OF
VRAAG 8: KONTEKSVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
8.1 8.1.1 In die hospitaal/in Vermont √
Sy dink oor haar toekoms./Sy besin oor haar toekoms. √
Sy word gedwing om na te dink en sy het tyd om rustig met die
Engel te praat. √ (3)
8.1.2 Sy het hom by haar ouma geërf. √ (1)
8.1.3 Beskermer/raadgewer/bring haar tot belangrike insigte/geselskap/is
deel van haar fantasiewêreld. √ (1)
8.1.4 Die einde sou definitief beïnvloed gewees het, want dit is die Engel
wat Iris tot die insig bring dat daar meer as een blomgeleentheid in
jou lewe kan wees. √√ (2)
8.2 8.2.1 Ek-verteller/Eerstepersoonsverteller √
is geslaagd, want dit maak die gebeure meer geloofwaardig
dis die beste soort verteller om Iris se emosies (gevoelens) te
beskryf/omdat die roman so spesifiek op Iris se gevoels- en
fantasiewêreld fokus. √ (2)
8.3 Fantasie/droom √ en werklikheid. √ (2)
8.4 Iris verkies aanvanklik haar fantasiewêreld, want √
so kan sy van haar saai bestaan ontsnap. √
Toe sy Peter ontmoet het, het haar fantasiewêreld oorbevolk geraak. √ (3)
8.5 Bettie meen dat Iris die modelkontrak nie van die hand moes wys nie omdat
so ʼn kans net een keer in ʼn leeftyd voorkom. √ (1)
8.6 Iris glo ook dat mens net een keer in jou leeftyd blom en dit kon haar
blomoomblik gewees het. √ (1)
8.7 Ja, want aan die einde van die boek wag sy nog steeds dat die lelie moet
oopgaan.
Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees. (2)
8.8 8.8.1 Die taxibestuurder in New York. √ (1)
8.8.2 Ten spyte van die destydse politieke situasie wat mense op
grond van velkleur wou skei √,
het Iris ʼn gemaklike verhouding met Billy, die swart
taxibestuurder/Iris sien die mens raak en nie die velkleur nie. √
Die motto sê dat daar humoristies met sekere temas/situasies
omgegaan sal word. √ (3)
8.8.3 Billy luister na haar √,
terwyl Iris gevoel het niemand in haar gesin luister na haar
nie. √ (2)
8.9 Iris se geneigdheid om te fantaseer./Iris soek voortdurend geleentheid om te
blom./Iris maak moeilik keuses. √ (1)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 9: OPSTELVRAAG
MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv.
Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond en uitlewing daarvan het gevolge vir Baas,
die sendelinge en die Khuta ingehou.
Noem wat Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond is. (3 feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 feite), terwyl die
ander feit by enige karakter aangebied mag word.
Ouma Essie is deur die Kruger sendelingegpaar aangeneem en op ʼn Vrystaatse
sendingstasie grootgemaak.
Ouma Essie was die eerste swart meisie wat by die Bybelkollege in Witsieshoek
ingeskryf was.
Ouma Essie ontmoet Joseph Sitali Mulambwa daar, trou met hom en gaan na die
Sengagebied vir sendingwerk.
Grace word deur Ouma Essie op die sendingstasie grootgemaak.
Grace is diep gelowig en glo dinge gebeur volgens God se wil.
Bewyse te gee van Ouma Essie en Grace se geloofsuitlewing. (3 feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 feite), terwyl die
ander feit by enige karakter aangebied mag word.
Ouma Essie berispe die Khuta omdat hulle nie meer open met gebed nie.
Omdat Ouma Essie self met haar geloof geworstel het, is sy die een wat ʼn antwoord
vir Baas op sy vraag rondom Christenskap het.
Sy begin met die herstelwerk op die sendingstasie, omdat sy God se woord wil
versprei.
Grace versorg Baas t.s.v. die feit dat hy haar wegjaag.
Grace is die persoon wat eerste met Baas oor Christenskap praat.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
Aan te dui wat die gevolg van hierdie geloofsuitlewing as tussenganger tussen
Baas, die sendelinge, die khuta en versoener tussen kulture was.
(6 gemotiveerde feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 gemotiveerde
feite), terwyl die ander feite by enige karakter aangebied mag word.
Ouma Essie tree telkens as tussenganger tussen Baas en die khuta en Baas en die
sendelinge op. So verseker sy kontinuïteit in die uitdra van God se woord en werk.
Sy gee om vir haar medemens. Ouma Essie duld nie dat die Khuta Grace inloop nie.
Hierdeur gee sy aan Grace ʼn menswaardigheid./Sy gee vir Baas ʼn hondjie in die plek
van Brindle. Hierdeur bewys sy aan Baas dat ʼn Christen aan sy dade geken word.
Ouma Essie sorg vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie orkestreer.
Sy gee dus betekenis aan hul daar wees.
Omdat ouma Essie Baas se twyfel in God verstaan, is sy die een wat vir hom die
duidelikste antwoord op sy vraag het. Baas besef dan later dat Manaka sy roeping is.
Grace besef die onmin tussen Baas en die sendelinge moet opgelos word. Sy spreek
Baas hieroor aan en tree as bemiddelaar op. Dit lei daar toe dat Baas hul tog op
Manaka verdra.
Grace wen Baas se vertroue en hy vertel haar van sy droom. Dit is dan ook sy wat
hom herinner aan sy droom wanneer hy wil tou opgooi. Sy is dus verantwoordelik vir
Baas se aanbly op Manaka.
Grace verduidelik aan die blankes hoe die Khuta werk en hoe jy veronderstel is om
teenoor gesagsdraers op te tree./Sy verduidelik die Lozi-tradisies aan hulle. Dit lei
daartoe dat verhoudinge herstel kan word en die khuta die blankes laat aanbly.
Te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
Ouma Essie se rol as bemiddelaar tussen Baas en die khuta en Baas en die
sendelinge is geloofwaardig. Baas wou nie die sendelinge daar hê nie. Dit sou dus
logies wees dat hy hul sou verwilder het, maar Ouma Essie se tussenkoms het dit
verhoed.
Gesien vanuit Ouma Essie se Christenskap is haar optrede teenoor Grace en Baas
wanneer sy vir hom die hondjie gee, geloofwaardig. Ouma Essie se Christenskap het
baie duidelik in haar optrede na vore gekom.
Die sendelinge het aanvanklik glad nie gedink dit is hoe die sendingstasie lyk nie en
hul het nie geweet waar om te begin nie. Dit sou egter logies wees dat hul maar sou
oppak. Ouma Essie wou weer die sendingstasie sien funksioneer en daarom was haar
optrede dus geloofwaardig om hul te help om aan die gang te kom.
Grace is diepgelowig daarom is haar handeling as tussenganger geloofwaardig.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. Ouma Essie en Grace se
geloofsagtergrond en die uitlewing daarvan het net positiewe gevolge ingehou.
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 10: KONTEKSVRAAG
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
10.1 Sy oupa en hy het honde op Manaka. √ (1)
10.2 10.2.1 Griesel het in Baas se slaaphut √
ingebreek. √
Hy is ʼn sendeling wat nie behoort te steel/in te breek nie. √ (3)
10.2.2 Hy is nie tuis nie, want hy is in die hospitaal (omdat hy ernstig
malaria opgedoen het.)/Hy is siek. √ (1)
10.2.3 Hulle kom hervestig die sendingstasie. √ (1)
10.2.4 Nee, want hy kry die antwoord by Ouma Essie. √√
Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees. (2)
10.3 Derdepersoonsverteller is √
geslaagd, want dit stel die leser in staat om die verhaal objektief te
ervaar./om elke karakter se siening te hoor. √ (2)
10.4 10.4.1 Hy het die boot van Mark James gekoop. (1)
10.4.2 Hy wil toeriste daarmee op die Zambesi vervoer/Hy wil hulle
blootstel aan ongerepte Afrika./Die uiteindelike doel van Baas was
om die mense te help. √ (1)
10.4.3 Die boot het in die rivier afgespoel, √
nadat Chisupo dit losgemaak het. √
Ja, Baas het uiteindelik besef hy hoort op Manaka. √ (3)
10.5 ʼn Mens se dade verklap of jy ʼn Christen is, al dan nie. √ (1)
10.6 Baas gee vir ander om. √ (1)
10.7 Ja, want sy het vir hom die antwoord oor Christenskap gehad. . √ . √
Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees. (2)
10.8 10.8.1 Nanna is bedagsaam/sorgsaam/hulpvaardig/vrygewig/dienend √
Griesel is selfsugtig/gemaksugtig/egoïsties/suinig/
meerderwaardig √ (2)
10.9 10.9.1 Dennis Chipman 1/(noemnaam) Baas 1/oupagrootjie √ (spesifiseer
watter Dennis Chipman dit is) (1)
10.9.2 Hy het skoenlappers kom vang (vir die Kanadese
staatsmuseum), √
maar het toe die sendingstasie gestig. √
Baas aanvaar Christenskap/lees weer Bybel/doen goed aan
ander. √ (3)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
VRAAG 11: OPSTELVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleiding:
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv. in Vatmaar is daar
ooreenstemmende manlike en vroulike karakters wat ʼn beduidende rol in Vatmaar speel,
Twee ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond van
hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel, te noem. (4 feite)
Ta Vuurmaak en Sus Bet;
Oom Chai en Tant Wonnie.
Bewyse te gee van ooreenkomste t.o.v. die rol wat hul speel. (2 feite)
Kandidate moet een ooreenkoms tussen Ta Vuurmaak en Sus Bet gee vir ʼn punt en een
ooreenkoms tussen oom Chai en tant Wonnie vir die ander punt.
Ta Vuurmaak is die een met die meeste kennis van die geskiedenis van die
nedersetting.
Hy dra met sy verhale aan die kinders sy kennis aan die volgende geslagte oor.
Hy het stene gemaak en aan Vatmaar se mense verkoop.
Sus Bet is ook ʼn Griekwa. Sy moedig die seuns aan om Ta Vuurmaak se stories te
hoor.
Sy het khadi gemaak en aan Vatmaar se mense verkoop.
Oom Chai neem die leiding in die stigting van Vatmaar/bou van kerk/begin van Skool.
Hy is in beheer van die inwyding van die kerk en is ʼn ouderling.
Tant Wonnie is ʼn goeie mens wat (ondanks haar armoede) vir ander omgee en help
waar sy kan.
Sy het Oom Chai gehelp met die totstandkoming van die kerk. Sy het die mense geld
laat insamel vir die grond.
Aan te dui wat die gevolge van hierdie karakters se teenwoordigheid op Vatmaar is.
(6 gemotiveerde feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 gemotiveerde
feite), terwyl die ander feite by enige karakter aangebied mag word.
Ta Vuurmaak deel ʼn universele goedheid mee toe hy aan die jong seuns sê: “Deel
met jou broer wat jy het. Dit sal vermenigvuldig terugkom.”/
Hy leer die seuns omtrent die kompleksiteit en ook die eenvoud van die natuur. Hy
kweek dus by die jeug respek vir die natuur/
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
Hy leer die seuns van die Griekwa-kultuur. Sonder Ta Vuurmaak sou die gemeenskap
in Vatmaar beslis armer gewees het aan kultuurgoed.
Sus Bet se bemoeienis met die seuns wat na Ta Vuurmaak se stories moet luister, het
gesorg dat die Griekwa-kultuur op Vatmaar nie uitsterf nie.
Oom Chai het die dorp met vatmaar-goed begin. Hy verskaf dus ʼn heenkome vir talle
uitgewekenes.
Vir Oom Chai was die oprigting van ʼn kerk baie belangrik, want hy wou die kinders
gedoop sien kom. Dus het hy gesorg dat die gemeenskap die Woord van God
bekom/stigting van die skool dat almal kan leer lees.
Tant Wonnie is as’t ware die verpersoonliking van liefde. Vatmaar kon aan haar sien
wat ware Christenskap was.
Sy het aan Vatmaar se mense geleer om nie net bakhand te staan en ontvang nie,
maar self iets te doen. So kweek sy ʼn selftrots by die gemeenskap en samehorigheid.
Te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig is. (3 gemotiveerde feite)
Kandidate kan enige een van hierdie karakters se bydrae beoordeel.
Die feit dat die Griekwakultuur vandag nog bestaan, is ʼn bewys dat dit van geslag tot
geslag oorgedra moes word. Dit maak dus ʼn karakter soos Ta Vuurmaak en sy bydrae
op Vatmaar geloofwaardig.
Die feit dat daar ʼn dorp soos Vatmaar bestaan, is ʼn bewys dat daar wel iemand soos
oom Chai die leiding moes neem om hierdie dorp tot stand te bring. Daarom is sy
bydrae op Vatmaar geloofwaardig.
Die bestaan van die kerk op Vatmaar is ʼn bewys dat daar mense soos oom Chai en
Tant Wonnie moes wees. Daarom is hulle bydrae op Vatmaar geloofwaardig.
Slot:
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. hierdie karakters het almal dus ʼn
sterk ooreenkoms ten opsigte van die rol wat hul in Vatmaar gespeel het.
[25]
OF
VRAAG 12: KONTEKSVRAAG
VATMAAR – AHM Scholtz
12.1 Hulle is op pad na die polisiestasie √,
want hulle word van onwettige besit van diamante verdink. √
Die onmenslike behandeling, bv. die uittrek van die klere beeld die tema
uit. √ (3)
12.2 Hy het diamante (van mnr. Swartz) gesteel./
Hy het diamante (van sy werkgewer) gesteel √ (1)
12.3 Sy het op haar eie die weggesteekte diamante onder die klip probeer
steel. √ (1)
12.4 Bet het onder onaangename omstandighede gewerk, √ terwyl Siesie Lena
se werkgewer haar goed behandel het. √ (2)
12.5 Dit sou verskil het, want sy sou nie die geld gehad het om van haar
werkgewer af weg te gaan nie. Sy sou in armoede bly leef het. √√ (2)
12.6 Derdepersoonsverteller √
is geslaagd, want dit stel die leser in staat om die verhaal objektief te
ervaar./om elke karakter se siening te hoor. √ (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
12.7 Siesie Lena moes haar erfgoed gaan haal, √
en Bet gaan met Oom Flip trou. √ (2)
12.8 Hulle wou ʼn beter lewe lei. √
Die diamante is uiteindelik (aan mister Hallstone) verkoop en Oom
Flip, Bet, Siesie Lena en Janman het elkeen 200 pond gekry. √
Hulle is onskuldig bevind, want die polisie kon nie die diamante by/aan
hulle vind nie. √ (3)
12.9 In die tydperk was daar geweldige vooroordele tussen mense, veral as hul
ongeletterd was, en sou die wat die mag gehad het, hierdie mag gebruik
het, ongeag die bewyse. √√ (2)
12.10 Hulle het diamante gevat wat nie aan hulle behoort nie en die titel impliseer
dat jy maar kan vat. √√ (2)
12.11 12.11.1 Hy was ʼn delwer wat ʼn diamantkoper geken het. √ (1)
12.11.2 Hy het hulle geheim aan die polisie verklap. √ (1)
12.11.3 Hy het nie ʼn verhouding met die groep nie/hy is bereid om
die groep uit te lewer. √
Jakob Kierie wou al die geld vir homself hê/wou dit doen vir
eie gewin, √
maar oom Flip het terwille van ʼn beter lewe vir Bet
deelgeneem. √ (3)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 13: OPSTELVRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Dramas het ʼn vaste struktuur.
Inleiding:
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv. elke drama het ʼn vaste
struktuur van ses fases.
Die fases te noem. (6 feite)
Die drama bestaan uit die eksposisie/aanloop/bekendstelling/uiteensetting;
motoriese moment;
die verwikkeling;
die krisis;
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
die klimaks/hoogtepunt/uitbarsting/breekpunt/katarsis/ommekeer van die spanning of
konflik en
die oplossing/ontknoping/afloop/afwikkeling.
Elkeen van hierdie fases met ʼn voorbeeld uit die drama toe te lig en te verduidelik
waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
In die eksposisie/uiteensetting word dialoog gebruik om die karakters bekend te
stel, hulle verhouding teenoor mekaar uit te beeld, die tyd en plek (ruimte) van die
handeling uit te beeld en die omstandighede/moontlike botsing aan die gehoor
bekend te stel.
In “Krismis van Map Jacobs” word die gehoor ingelig dat Cavernelis hard werk om vir
sy familie uit die township te kry.
Die gehoor neem kennis dat Maud afgeskeep voel en graag meer aandag van
Cavernelis wil hê. Hul kom ook agter dat die Cavernelisse nie meng met die res van
die gemeenskap nie.
Volgens die stelinkleding (dekor en rekwisiete) blyk dit dat die gemeenskap arm is en
ʼn uitsiglose bestaan voer.
Die eksposisie is funksioneel want dit verseker dat die gehoor die verloop van sake
kan volg.
Die motoriese moment is die gebeurtenis wat die handeling aan die gang sit.
Hier is dit die vraag oor wat Map gaan doen as hy vrygelaat word. Spanning word
geskep en hou die leser so betrokke by die drama.
In die verwikkeling bly die gemeenskap bespiegel oor hoe Map gaan reageer as hy
vrygelaat word, veral oor die storie van Blanchie en die wit mans. Hierdie bespiegeling
sorg dat daar toenemende spanning is.
Die krisis is wanneer Mister Cavernelis selfmoord pleeg.
Dit bring die spanning tot ʼn hoogtepunt, want Blanchie wend haar nou na Map. Nou
moet Map besluit hoe hy gaan reageer.
Die klimaks is nou wanneer Map die besluit neem om Blanchie te vergeef, nie wraak
te neem nie en voor sy ma in boetedoening neerval.
Die spanning wat tot nou toe gebou is, word met hierdie besluit nou omgekeer.
Tydens die afloop word alle spanning opgelos wanneer tant Grootmeisie Map Johnie
noem.
Dit dui daarop dat daar heling en vergifnis plaasgevind het.
Kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
Dit is ʼn oop slot, omdat die leser hier twee afleidings kan maak. Die feit dat tant
Grootmeisie haar spraak terug kry, kan dui op vergifnis.
Map en Blanchie se omhelsing en vergifnis dui daarop dat hul verhouding weer gaan
wees soos vantevore.
Die klank van die saksofoon laat ook daardie idee by die leser.
Terselfdertyd kan hierdie idee dat als weer soos vantevore gaan wees ook daarop dui
dat niks verander het nie.
Die mense is nog steeds uitgelewer en vasgevang.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. in die drama Krismis van Map
Jacobs is daar dus ʼn vaste struktuur met ʼn geslaagde oop slot.
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
VRAAG 14: KONTEKSVRAAG
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
14.1 14.1.1 Maud se woonstel het haar ʼn verhewendheid gegee √
en nou is hulle gekke in die gemeenskap en almal gaan
agteraf oor hulle praat en hulle gaan uitlag. √ (2)
14.1.2 Sy het nooit uit haar woonstel gekom nie en Engels gepraat. √√ (2)
14.2 “Now stop crying sweetheart, crying won’t help” √ (1)
14.3 Blanchie sal ʼn modelkontrak in Parys (Frankryk) kry √
en dit sou beteken hul kon vinniger uit die township. √
Dit is geloofwaardig, want hy was bereid om sy dogter te gebruik om
hul vinniger te help geld maak/hy was bereid om die gemeenskap se
gramskap op die hals te haal; net om vinniger geld te maak √ (3)
14.4 Ja. √ Sy sou hulle dan kon dagvaar. √
OF
Nee. √ Selfs skriftelike kontrakte is nie veel werd as jy met skurke wat jou
misbruik deurmekaar is nie. √
(Die geldige motivering bepaal die punt.) (2)
14.5 ʼn Mooier meisie √ of ʼn nuwe minnares het haar plek ingeneem. √ (2)
14.6 Sy wou Cavernelis help om so vinnig as moontlik so veel as moontlik
geld in die hande kry √
om uit die township te ontsnap en weg te trek na beter
omstandighede. √
Die gemeenskap het Cavernelisse as hoogmoedig beskou en hul
getreiter. √ (3)
14.7 Prostitusie √ (1)
14.8 Hulle was bevrees oor wat Map gaan doen as hy daarvan uitvind. √ (1)
14.9 Blanchie beteken rein/wit en sy is as gevolg van haar “werk” definitief nie
meer rein nie. √√ (2)
14.10 Daar was volgens gerugte ʼn koerantberig oor Blanchie se toekomstige
modelwerk in Parys √./
Die koerant het oor Blanchie geskryf: Top Township girl for Paris? √ (1)
14.11 Maud is self net so skuldig omdat sy ook, soos Cavernelis en Blanchie, uit
die township wil wegkom. √ Tommy sê dat sy nie anders as Cavernelis is
nie. √ (2)
14.12 Cavernelis pleeg selfmoord. √
Dit waarvoor hy so hard gewerk het, realiseer nie en hy laat sy gesin
agter sonder enige toekoms. √
Aan die einde kan tant Grootmeisie praat, omdat Cavernelis ook boete
gedoen het. √ (3)
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 15: OPSTELVRAAG
MIS – Reza de Wet
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleiding:
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding, bv. elke drama het ʼn vaste
struktuur van ses fases.
Die fases te noem. (6 feite)
Die drama bestaan uit die eksposisie/aanloop/bekendstelling/uiteensetting;
motoriese moment;
die verwikkeling;
die krisis;
die klimaks/hoogtepunt/uitbarsting/breekpunt/katarsis/ommekeer van die spanning of
konflik
en die oplossing/ontknoping/afloop/afwikkeling.
Elkeen van hierdie fases met ʼn voorbeeld uit die drama toe te lig en te verduidelik
waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
In die eksposisie/uiteensetting word dialoog gebruik om die karakters bekend te
stel, hulle verhouding teenoor mekaar uit te beeld, die tyd en plek (ruimte) van die
handeling uit te beeld en die omstandighede/moontlike botsing aan die gehoor
bekend te stel.
In “Mis” word die gehoor ingelig dat Gabriël reeds vir sewe jaar op die solder woon.
Die gehoor neem kennis dat Miem baasspelerig/dominerend teenoor Meisie optree en
haar beskermer is, dat Meisie se bestaan benouend en ingeperk is.
Volgens die stelinkleding (dekor en rekwisiete) blyk dit dat hulle arm is en mis verkoop
om ʼn bestaan te maak. “Mis” speel in 1936 na die Depressie af in ʼn eng plattelandse
gemeenskap.
Die eksposisie is funksioneel, want dit verseker dat die gehoor die verloop van sake
kan volg.
Die atmosfeer is gespanne oor die “naderende onheil” en bonatuurlike bedreiging –
Miem verwys daarna.
Gertie se koms verhoog die spanning – sy wil nie alleen wees nie op dié aand –die
gesprekke sentreer om die twee vorige verdwynings van Rienie Pieterse en Sannie
Koen.
Miem koppel die verdwynings aan die koms van die sirkus. Die verwysing na die sirkus
as euwel vorm die basis van die tema oor beswering (om iets weg te dryf/af te weer)
en bevryding (om vry te raak van dit wat beperkend is), asook die ewige stryd tussen
die bose (euwels) en die goeie. Die verwysings na die sirkus veroorsaak ook
botsing/konflik tussen die Miem en Meisie.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
Die motoriese moment is dié gebeurtenis wat die verdere handelinge aan die gang sit
(aktiveer).
In “Mis” vorm die “blinde” konstabel se koms die motoriese moment wat die handeling
aan die gang sit en die spanningslyn verhoog – die drie vroue het reeds spanning
geskep deur hulle dialoog oor die “naderende onheil” en verdwynings van Rienie
Pieterse (gefrustreerd oor haar ma se ipekonders – siektes) en Sannie Koen (wil
ontvlug oor haar pa wat dominerend is).
In die verwikkeling/ontwikkeling word die handeling verder gevoer.
Die situasie word meer gekompliseerd, konflik tussen die opponerende magte óf
standpunte is onafwendbaar – die spanning neem toe.
Spanning word geskep deur die uitsteltegniek rondom die vraag: Gaan die geskiedenis
van verdwynings voortgesit word?
In “Mis” se verwikkeling word die uitwerking wat die konstabel op elkeen van die vroue
het, getoon.
Konstabel beïndruk die drie vrouens met sy betowerende persoonlikheid en fisiese
vermoëns (skerp gehoor en reuksintuig) om hulle ouderdomme en geslag vas te stel.
In “Mis” se verwikkeling raak die gehoor al meer bewus dat die konstabel nie is wie hy
voorgee om te wees nie.
Die krisis sentreer rondom die karakters en hulle behoefte aan bevryding.
Elkeen se gesprek met die konstabel ontbloot hulle diepste verlangens. Die vraag
ontstaan hoe die konstabel daarop gaan reageer en wat hy met die onthullings gaan
doen.
Gabriël se teenwoordigheid op die solder is onvoorspelbaar en die kyker/leser weet nie
of en wanneer hy gaan afkom nie.
Die klimaks, hoogtepunt, onvermydelike krisis in“Mis” vind plaas wanneer die
konstabel tot ʼn siende hofnar of pierrot (ʼn hanswors uit die Franse toneel met ʼn
witgemaakte gesig, wit jas en ʼn puntmus) verander/transformeer.
Die gehoor besef dat die konstabel net voorgee om hulle beskermer te wees.
Konstabel is ʼn “bevrydingsfiguur”.
Meisie verskyn kaalvoet en in haar aannemingsrok en dans onder sy betowering by die
agterdeur uit en die konstabel haar in sy hofnarklere volg – hy bevry haar so.
Meisie se transformasie van ʼn skaam, onseker meisie na die fladderende, dansende
vlinder kan as die ommekeer, wending in “Mis” beskou word – haar bevryding.
Meisie lag ( vir die eerste keer in die drama) en dans onder die betowering van die
hofnar by die agterdeur uit.
Kommentaar op oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
Dit is ʼn oop slot, omdat dit is onseker is wat Meisie se lot werklik is, alhoewel daar
genoeg suggesties gelaat word dat haar lot dieselfde is as Rienie Pieterse en Sannie
Koen. Terselfdertyd is daar die moontlikheid dat dit tog nie Meisie se lot was nie.
Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot, bv. in die drama Mis is daar dus ʼn
vaste struktuur met ʼn geslaagde oop slot.
[25]
OF
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 16: KONTEKSVRAAG
MIS – Reza de Wet
16.1 Gertie kyk na die sirkusliggies buite. √ (1)
16.2 Sy vorm deel van die Calvinistiese skynheiligheid. √/Sy smag om daar te
wees./Sy is nuuskierig. (1)
16.3 Die sirkusruimte is vrolik en helder verlig √, terwyl die kombuis
benouend/beklemmend/morbied en dof verlig is. √ (2)
16.4 Miem is dominerend/gasvry/besorgd. √ (Enige 2) (2)
16.5 Meisie is bekommerd oor gevaar wat van buite kan kom, terwyl die gevaar
eintlik alreeds binne in die huis is in die persoon van die konstabel. √√ (2)
16.6 As streng Calvinis glo sy dat alles buite die kerk boos is. √
Dit is geloofwaardig, want Miem is besonders eng/konserwatief. √
Die uiteindelike gevolg is dat sy haar dogter verloor/dat sy haar dogter
wegdryf na die konstabel. √ (3)
16.7 16.7.1 Sy is gedienstig/wil hom tevrede stel. √ (1)
16.7.2 Gertie vind bevryding deurdat sy deur middel van Konstabel
se vertelling van tant Hannie transformeer./Sy word as’t
ware tant Hannie wat uittrek en dans en mooi hare het en
word so bevry van haar beklemmende bestaan. √
Die bevryding is nie volledig nie √,
want Miem kom in en Gertie moet na buite vlug in haar
onderklere. As sy terugkom, het sy weer haar ou klere aan
en is sy weer vasgevang. √ (3)
16.8 Hy bring ʼn innerlike verandering/ommekeer by die ander karakters te
weeg. √ (1)
16.9 Sy wil nie vir Gertie alleen by die konstabel los nie, want sy wil Meisie aan
hom afsmeer. √
Dit bring spanning, want die gehoor besef Konstabel is nie wat hy voorgee
om te wees nie. √ (2)
16.10 Gabriël sit op die solder. √ (1)
16.11 Hulle verkoop sakke mis. √ (1)
16.12 Daar kom kuier geen jongmense as gevolg van die stank nie/Meisie
werk dag en nag en het geen jongmenslewe nie. √
Meisie plant roosbome om die stank te verdryf./Sy loer na die
sirkusliggies en het al weggeglip na die sirkus. √
Die plant van die roosbome was nie suksesvol nie, want dit het nie die
stank van die mis verdryf nie./Die wegglip na die sirkus en die loer na
die liggies het haar in die moeilikheid laat beland en was dus nie
suksesvol nie. √ (3)
16.13 Nee. √ Miem het die konstabel nie weer gesien nie, maar Meisie wel omdat
sy in die geheim afgespreek het om die konstabel weer te ontmoet. √ (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
(SEPTEMBER 2013)
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN DIE POËSIE OPSTEL: HUISTAAL 10 PUNTE
-Baie goeie -Opstel goed -Duidelike struktuur & -Sommige bewyse -Bewyse dat -Swak aanbieding en -Moeilik om te bepaal
TAAL
koherente struktuur. gestruktureer. logiese vloei van van struktuur. struktuur swak gebrek aan beplanning of onderwerp
-Uitstekende inleiding -Goeie inleiding en argumente. -Opstel toon beplan is. beïnvloed vloei van aangespreek is.
en samevatting. samevatting. -Inleiding, gebrek aan -Argumente nie argumente. -Geen bewyse van
Struktuur, logiese, vloei en
-Argumente goed -Maklik om samevatting en struktuur, logika en logies gerangskik -Taalfoute en beplanning of logiese
gestruktureerd en argumente en ander paragrawe koherensie. nie. verkeerde styl uiteensetting nie.
ontwikkeling is gedagtegang te koherent -Minimale -Taalfoute is sigbaar. veroorsaak onsukses- -Taal is swak.
aanbieding. Taal toon en styl
duidelik volg. georganiseer. taalfoute, toon en Toon en styl nie volle skryfstuk. Toon en Verkeerde taal en
-Taal, toon en styl -Taal, toon en styl -Kan vloei van styl meestal van toepaslik vir die doel styl nie toepaslik vir styl.
volwasse, treffend en korrek en toepaslik argumente volg. toepassing. van teks nie. doel van teks. -Paragrafering nie
wat in opstel gebruik word.
korrek. vir doel. -Taal, toon en styl -Paragrafering -Paragrafering -Paragrafering korrek, koherensie
-Goeie aanbieding. grootliks korrek. meestal korrek. gebrekkig verkeerd. ontbreek.
INHOUD
-Interpretasie van onderwerp. Diepte van argumente, 7 6 5 4 3 2 1
verantwoording en beheersing van gedig 80 – 100% 70 – 79% 60 – 69% 50 – 59% 40 – 49% 30 – 39% 0 – 29%
-In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte ten volle
verken. 7
-Uitstaande respons: 90%+. Uitstekende respons: 80 – 89%
-Reeks treffende en uitgebreide argumente wat uit gedig
80 – 8 – 10 7 – 7½ 7–8
ondersteun word 100%
-Genre en gedig word uitstekend verstaan.
-Bo-gemiddelde interpretasie van onderwerp, alle aspekte
bevredigend verken.
6
-Uitgebreide respons. 7½–8½ 7–8 6½ – 7½ 6–7
-Reeks sterk argumente wat uit gedig ondersteun word. 70 – 79%
-Genre en gedig word baie goed verstaan.
-Verstaan gedig en interpretasie van onderwerp goed.
-Redelike uitgebreide respons.
5
-Sterk argumente word gegee, maar dit is nie altyd goed 7–8 6½ – 7½ 6–7 5½ – 6½ 5–6
gemotiveer nie. 60 – 69%
-Genre en gedig word verstaan.
-Redelike interpretasie van onderwerp, nie alle aspekte in
gedig verken nie.
-Etlike goeie argumente ter ondersteuning van onderwerp. 4
6–7 5½ – 6½ 5–6 4½ – 5½ 4–5
-Meeste argumente ondersteun onderwerp, maar bewyse is 50 – 59%
nie oortuigend.
-Genre en gedig word basies verstaan.
-Baie alledaagse, middelmatige poging om vraag te
beantwoord.
-Baie min diepte in die begrip van en tydens die respons op 3
5–6 4½ – 5½ 4–5 3½ – 4½ 3–4
onderwerp. 40 – 49%
-Argumente nie oortuigend en baie min bewyse uit gedig.
-Leerder het nie volle begrip van genre en gedig nie.
-Swak begrip van onderwerp.
-Respons word herhaal en dit is soms nie ter sake nie.
-Geen diepte in argumentering nie, interpretasie verkeerd, 2
4–5 3½ – 4½ 3–4 1 – 3½
ondersteunende argumente nie verantwoordbaar uit gedig 30 – 39%
nie.
-Baie swak begrip van genre en gedig.
-Respons soms in verhouding met onderwerp, moeilik om
argumente te volg of dit is nie van toepassing nie.
-Swak poging om vraag te beantwoord. Paar relevante 1
3–4 1 – 3½ 0–3
argumente wat gegee is, is nie verantwoordbaar uit gedig 0 – 29%
nie.
-Baie swak begrip van genre en gedig.
22
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2013)
RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA
Let op die verskil in die puntetoekenning vir inhoud versus struktuur en taal
INHOUD [15] STRUKTUUR EN TAAL [10]
KODES EN
Interpretasie van die onderwerp. Grondige argumente, verantwoording Struktuur, logiese vloei en aanbieding. Gebruik van taal,
PUNTETOEKENNING
en begrip van die voorgeskrewe werk. toon en styl in opstel.
In diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte van die onderwerp Samehangende en gestruktureerde opstel.
Kode 7 is ten volle nagevors. Uitstekende inleiding en afsluiting.
Uitmuntend Uitmuntend
A Uitstekende reaksie. (90+, uitmuntende reaksie) Argumente is goed gestruktureerd en duidelik ontwikkel.
12 tot 15 punte 8 – 10 punte
80 – 100% Reeks pakkende argumente, uitgebreid; ondersteun uit die teks. Taal, toon en styl is gevorderd, treffend en korrek.
Uitstekende begrip van genre en voorgeskrewe teks.
Bo-gemiddelde interpretasie van onderwerp. Alle aspekte van die Opstel is goed gestruktureerd
Kode 6 onderwerp is geskik nagevors. Goeie inleiding en afsluiting.
Verdienstelik Verdienstelik
B Gedetailleerde reaksie. Argumente en gedagtelyn is maklik om te volg.
11 punte 7 punte
70 – 79% Reeks grondige argumente is gegee, goed ondersteun uit teks. Taal, toon en styl is korrek en gepas vir die doel.
Baie goeie begrip van genre en teks. Goeie aanbieding.
Toon begrip en het onderwerp goed geïnterpreteer. Duidelike struktuur en logiese vloei van argumente.
Kode 5 Taamlik gedetailleerde reaksie op die onderwerp. Inleiding, afsluiting en ander paragrawe is samehangend
Beduidend Beduidend
C Sommige grondige argumente is gegee, maar nie almal is baie goed georganiseer. (koherensie)
9 of 10 punte 6 punte
60 – 69% gemotiveer nie. Vloei van argumente kan gevolg word.
Begrip van genre en teks duidelik. Taal, toon en styl is grootliks korrek.
Taamlike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte is in detail Geringe bewyse van struktuur.
nagevors nie. Goed gestruktureerde en logiese vloei en samehang
Kode 4
Voldoende Sommige goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp. Voldoende ontbreek.
D
8 punte Meeste argumente is ondersteunend, maar bewyse is nie altyd 5 punte Min taalfoute; toon en styl is meestal gepas.
50 – 59%
oortuigend nie. Paragrawe is meestal korrek.
Basiese begrip van genre en teks.
Baie gewone en gemiddelde poging om die vraag te beantwoord. Beplanning van die struktuur is gebrekkig.
Kode 3 Baie min diepte en begrip in reaksie op die onderwerp. Argumente nie logies gerangskik nie.
Matige Matige
E Argumente nie oortuigend nie en baie min verantwoording uit die teks. Paragrawe is foutief.
6 of 7 punte 4 punte
40 – 49% Leerder het nie houvas en volle begrip van genre en teks nie. Opvallende taalfoute. Toon en styl nie gepas vir die doel
nie.
Houvas op die onderwerp is swak. Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed
Kode 2 Reageer herhalend en soms van die punt af. die vloei van die argumente.
Basiese Basiese
F Geen diepte in argumentering; verkeerde interpretasie/Argumente word Taalfoute en foutiewe styl maak opstel onsuksesvol.
5 punte 3 punte
30 – 39% nie verantwoord uit die teks nie.
Baie swak houvas op genre en teks
Reaksie soms in verhouding met die onderwerp, maar dis moeilik om Moeilik om te bepaal of die onderwerp aangespreek
Kode 1 ontoepaslike argumente te volg. word.
Ontoereikend Ontoereikend
F tot H Swak poging om vraag te beantwoord. Geen bewyse van logiese beplanning nie.
0 tot 5 punte 0 – 2 punte
0 – 29% Min toepaslike punte met geen verantwoording uit die teks. Geen paragrawe en koherensie nie.
Baie swak houvas op genre en teks. Swak taalgebruik. Verkeerde styl en toon.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper